
e-pos
judithdebeer@webmail.co.za
openbaringe@yahoo.com
Openbaring 81
Ons gaan dit misverstaan.
15 Augustus 6:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vreemde ligte sal daar aan die hemel brand.
Groot sal wees die fakkel wat in die see gaan land.
Verskrik sal die maan nader aan die Aarde staan.
Hoë golwe sal vernietigend oor berg en binnelande gaan.
Weggekalf sal wees kuslyn se sand en strand.
Eens droë land sal onder water en modder vergaan.
Ja, vreemde ligte sal daar aan die hemel brand.
In ʼn enkel dag sal vier seisoene oor ʼn kleine land kan gaan.
Vuur sal vanuit die hemel op die Aarde val om dorp en stad,
Ja, ook die bos en veld te kom verbrand.
Waar eens die poolys was, daar sal nou lawa brand.
In die Sahara sal sneeuvlokkies saggies land.
Terwyl die mensdom oor gestorwe kinders in rou vergaan,
sal die volk van Mammon verbaas rondstaan.
Die vreemde ligte wat aan die hemel brand,
in verdorwe wysheid, het hulle dit heeltemal misverstaan.
Openbaring 82
Leeg sal wees elke koringaar.
16 Augustus 5:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die Aarde sal in armoede niks wil baar.
Leeg sal wees elke koringaar.
In vergete voorspoed jaar
het min regerings iets opgegaar.
Groot is die honger nood
wat weemoedig uit menig oog sal staar.
Mekaar se vlees die gaan die mensdom verteer.
Daar is geen manier om die honger van die wêreld weg te keer.
Terwyl daar in die doodstank van die mens,
baie voedsel vir die vlieë en ook die brommers gaan wees,
sal brood ʼn vae herinnering vir die mensdom wees.
Goud of noodfonds, ja, geld sal van geen nut wees
en sal geen kos na ʼn honger wêreld bring.
Veevoer sal soos manna wees.
Meedoënloos sal mense daaroor meeding
en mekaar om die lewe bring.
ʼn Ma wat geen voedsel vir haar kinders sal kan bring,
sal haar lieflingskind, met ʼn wiegelied aan die slaap sing,
terwyl sy hom saggies om die lewe bring.
In haar smart sal sy, sy kosbaar vlees
aan haar ander kinders gee,
om die kosbare lewe nog ʼn dag aan hul te bring.
Steeds wil die goddelose nog altyd bras, lag en baljaar
terwyl ʼn ongekende hongersnood,
die wêreld meedoënloos die gesig in staar.
Openbaring 83
Oorsprong is vars en onvervangbaar.
17 Augustus 2007 5:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die mens, deur Satan aangespoor, is met die hele skepping, asook homself,
ontevrede en daarom probeer hy deurentyd om alles en almal, ook homself te
verander. Daar is selde iemand wat tevrede met hom- of haarself is, laat
staan nog hulle lewensmaat.
Paartjies trou met mekaar, sodat die een die ander na sy smaak kan verander
en ook die volmaakte kinders wat hul van My kry, die word omvorm om na hul
voortdurende nuwe beeld te misvorm.
Ja, met die vinnige tempo waarmee die lewe tans beweeg, moet die mens
homself aanmekaar verander. Kleding is seker die beste voorbeeld hiervan.
Wat vandag hoogmode is, is more hoogs belaglik en moet met ʼn nuwe gier
vervang en verander word.
Alle gewasse van die Aarde en ook die vrugte wat hulle gee, word gekultiveer
en geneties word dit so aangepas dat dit hul oorspronklike
vrugbaarheid heeltemal verloor. So word ook alle diere en vee deesdae
geneties aangepas.
Ook die kroon van My skepping, die mens, word hierin nie ontsien nie en word
tot in sy fynste chromosoom en D.N.A gevat en willekeurig verander en
gemanipuleer. Ja, ook kristal en metaal word die hele tyd verander.
Selfs die Goddelike woord word gedurigdeur aangepas en verander. Wat ironies
is,
is dat hoe meer alles verander, hoe meer kosbaar raak alles wat oorspronklik
is. Oorsprong is vars en onvervangbaar. Daarom is dit prysloos en kan geen
etiket,
hoe duur ookal, daaraan gehang word nie.
Alles wat heeltemal oorspronklik is, is suiwer en wat suiwer is, is in
maagdelike ooreenstemming met My Goddelike orde en is daarom direk van My
afkomstig.
Ek het alles en so ook vir julle volmaak geskape. Streef daarom opnuut na
die
unieke volmaakte oorsprong binne julle. Daarin sal julle die Liefde van My,
julle Skepper, vind.
Openbaring 84
ʼn Oordeel wat Ek bring.
19 Augustus 2007
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Elke woord wat Ek nou spreek,
is ʼn oordeel wat Ek oor die Aarde bring.
Daardeur word elke ou profesie volbring.
Lank het Ek die wêreld dringend vermaan,
maar doof het hulle doelloos rond bly staan.
Terwyl die wêreld woed en raas,
plek, plek besig is om te vergaan,
kan dit nog steeds in geen bose verstand indring,
dat God besig is om sy oordeel oor die wêreld te volbring.
Mammon gaan sy stryd verloor.
So gaan ook goud sy glans verloor.
Wat is daar nou vir die wêreld oor,
van My het hul niks in hul hart gestoor.
Vele male het Ek My kinders dringend kom vermaan,
My kroos, die wil Ek saggies op kom raap.
Veilig wil Ek hulle teen My Vaderbors vashou.
Maar nou is dit die tyd, vir Myne om manmoedig op te staan.
Klein is hulle getal, maar met My hulp,
sal hul mekaar se hande, stewig oor die hele wêreld vind.
As My uitverkore volk,
sal Ek hulle as ʼn eenheid, saam kom bind.
Soos een man sal hulle My nuwe lied,
oor ʼn skone wêreld kan kom sing.
Vrede sal daar orals wees, met God se kinders,
wat oor Sy nuwe skepping gaan kom heers.
Openbaring 85,
Deur satan se lis.
19 Augustus 2007
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Self het Ek die lewe in Adam ingeblaas en in die awendwind het Ek hand aan
hand, saam die eerste mensepaar, in die tuin van Eden gewandel. Met raad en
bystand het Ek hul vertel waaroor die lewe handel en om alles in My skepping
met respek en liefde te behandel.
Slu het satan in die paradys rondgesluip, om die eerste mense met lis te kom
verlei
en hul so van God se vriendskap, hulp en bystand te kom skei. Al die sonde
van die vlees en wat die wêreld ook kon bied, het hy lokkend voor hul
oopgesprei. Min kon
hul vermoed dat dit die dood was, wat hy vir alle mense voorberei.
So het daar biljoene mense oor duisend jare, in smart gekom en gaan en deur
die moederskoot het God as Mens weer ʼn reddingspad na die wêreld oop kom
baan.
Weer het Ek as broer en beste vriend, saam met die mens oor die Aarde kom
wandel, met raad en bystand hom opnuut kom maan, om alles in My skepping met
respek en liefde te behandel.
Slu het Satan weer orals rondgesluip, vanuit die tempel die mense met lis
verlei en deur die dood aan die kruis, wou hy die mens weer van My skei.
Maar deur die dood, het ek die lewe ewig vir My kinders toeberei. Weer het
daar biljoene oor tweeduisend jaar, in smart gekom en gaan. Geklee in goud
en glans, het Satan tussen volkere kom staan.
Met geld en mag het hy hul deeglik kom mislei en weer reguit op die pad van
die
dood gelei. Nog eenmaal sal Ek na die Aarde kom, om wat Myne is te kom red
uit die bose mensdom. En alles sal in stilte verstom, oor die oordeel wat
God, oor die hele wêreld sal laat kom.
Openbaring 86
My hedendaagse vissers.
20 Augustus 2007 00:30.
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In My lewensskuit wil Ek nog eenmaal,
My hedendaagse vissers bring.
Vir oulaas moet hul nog een keer,
die laaste edelvisse na My koningshuis toe bring.
Onheilspellend is die donker nag,
maar daarvoor is hierdie dapper knegte egter glad nie bang.
In woeste storm, gaan hul My kosbaar visse vir My vang.
Reeds lank voor hul geboorte, het hierdie vissers,
hul trou aan My beloof.
Plegtig, het hul aan My gesê,
dat Satan niks van hierdie vangs sou roof.
Gevaarlik is die bose oseaan, wat in hierdie tye die visse dra.
Daarom wil Ek in liefde, aan My liewe vissies vra,
laat My vissers julle vinnig vang, om jul na My en veiligheid te dra.
Ja, in My lewensreddingskuit,
wil Ek net nog eenmaal My laaste vissers bring,
om die laaste edelvisse,
na My nuwe Jerusalem te bring.
Openbaring 87
ʼn Vreemde ster wat homself goed verskans.
20 Augustus 2007 21:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Aan die suiwer hemelkrans.
Daar waar al die baie sterre glans.
Het daar iewers ʼn vreemde ster homself verskans.
Teen hom staan die wêreld geen kans.
Met sy krag stoot hy die kleiner Aarde van balans.
Die aarde swenk en swaai.
Dit laat baie winde kwaai rondwaai.
In menig donker nag
sal daar ʼn skouspel wees van ʼn sterrereën.
In hierdie dae sal skaars wees God se seën.
In Etiopië en menig plek, sal dit glad nie reën.
Droewig gaan daar oor die wêreld heen,
baie honger kinders ween.
Die son sal homself verduister en in ʼn donker wolk,
daar sal ʼn sprinkaanplaag vernietigend oor die Aarde gaan.
Weg sal wees die laaste graan.
Hele volkere gaan onder ʼn dodelike pes vergaan.
Daarmee saam is wet en orde na die maan.
Rooi van woede sal hierdie vreemde pendelaar,
die Aarde tugtig met sy sekelroede.
Bitter sal die water wees na al die vloede.
Ja, daar waar al die sterre glans- iewers daar.
Is ʼn vreemde ster wat homself goed verskans.
Openbaring 88
Die geskiedenis herhaal telkemale.
21 Augustus 2007 6:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Geskiedenis het die manier om homself telkemale te herhaal.
Menigmaal het My volk hard geval, maar trou het Ek My kinders elke maal weer
opgehelp. Vanuit Gosen tot in Kanaän. Ja, vanaf die een vrugbare landstreek
tot
en by die ander, het Ek hul telkemale gelei. Wanneer dit met hierdie volk
voorspoedig gaan, vergeet hul vinnig dat Ek, hul God bestaan en is hul
geneig om My vinnig uit
hul hart te stoot. Elke maal val hul vrugbare land, in ander volkere se
skoot.
Wanneer hul in verdrukking en ellende gaan. As slawe- hul klaaglied op bring
na My oor, is Ek skielik goed genoeg, om weer dit aan te hoor. Moet Ek
vinnig nader staan, om hul weer uit hul ellende te kom haal.
My kinders wil My, hul hemelse Vader, net as ʼn gebruiksartikel misbruik. Van
liefde
in hul hart vir My, daarvan is geen spoor. Net soos wat Ek Israel uit hul
slawehuis
vanuit Egipte deur ʼn onherbergsame woestyn, terug na Kanaän gelei het. So
het
Ek weer My volk, vir die laaste paar eeue van hierdie verlossingsperiode, na
die punt van Afrika gebring.
Ja, hier waar dit drup van Melk en heuning, het Ek hul weer vrugbaar kom
maak.
Trou het Ek weereens vir Myself ʼn oorblyfsel bewaar. Maar vinnig het hul
priesters weer ʼn afgodsbeeld vir hul gemaak. Vlytig het hulle om hul goud
gedans.
Ek het moeg geword van kinders wat My net in nood wil ken. Net soos in die
dae van Noag, gaan Ek die wêreld met ʼn oordeel tref. Wie in doodsangs gaan
skree "Here, Here", vir hulle gaan Ek glad nie ken. Maar ʼn kind van My, wat
My, nog altyd met liefde in sy hart rond dra, vir hom gaan Ek uit baie groot
gevare dra.
Openbaring 89
Die tyd raak baie min.
23 Augustus 2007 5:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
My kinders wil Ek nader lok en in liefde met hul raas. Daar is geen steen
wat Ek onaangeroer sal laat, om hul in hierdie tyd te kom vermaan. Sodat nie
een van hulle verlore sal gaan. Ja, al moet Ek Myself, tot vervelens toe
herhaal, die paar opregtes
wat nog oor is, is baie kosbaar. Verseker kom Ek hul na My en veiligheid toe
haal.
Hoe groot ook al die woedende winde. Selfs ʼn orkaan van ongekende krag.
Die sal ʼn engel van My, in sy verwoestende weg kom stuit, om ʼn enkel kind
van My, eers vinnig vanuit sy pad te gryp. Net om daarna weer die winde los
te laat. Ook weer hulle krag te ontsluit, sodat hul baie van die goddelose
vir die dood kan buit. Met ʼn kontrak het Ek My naam geskryf, op almal wat
aan My behoort.
Alle kragte wat daar in die skepping is, staan eerbiedig en respekvol terug,
wanneer hulle hierdie kinders gewaar, wat My Grote Naam, onwetend op hul
voorhoof dra. Daarom dat Ek in liefde met My kinders raas, "die tyd raak
baie min, vinnig moet julle vir beskerming, nader aan My kom staan".
Openbaring 90
Die paar berouvolle gebede is verhoor.
24 Augustus2007
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vanweë hoogmoed, gierigheid, hoerery en egbreek.Ja, die lys is te lank om op
te noem. Maar bowenal, hierdie volk se ontrouheid jeens My, hul God. Wat die
grootste van al hul gruwels was, het Ek hul daar getref waar dit die seerste
maak en toegelaat dat hulle deur hulle eie toedoen onder die skoen van ander
volkere gekom het.
Maar geen outoriteit van enige aard ookal, het Ek aan hulle huidige
oorheersers toegestaan, om druk op hierdie skoen uit te oefen nie en hulle
sodoende te vertrap,
te onderdruk en selfs toe te laat dat hulle wreed uitgemoor word nie.
Hierdie nasies
het hul self die reg toegeëien, om met menslike toorn in My werke in te
meng.
Ja, daar waar Ek self besig was om My volk te tugtig. Om hulle sodoende
terug na
My te lei. Vanuit hierdie klein verdrukte volk, het daar ʼn paar berouvolle
en opregte gebede na My Vader oor opgeklink. Hul smeking het as volg gelui:
“Red ons uit die hand van ons verdrukkers.”
Met genade het Ek hierdie gebede aangehoor.
Die huidige heersers en hul volgelinge, wat ʼn onreg teenoor die wat Myne is,
gepleeg het. Ja, hulle sal deur die hand van ʼn magtige engel vas teen die
aarde van Afrika geslaan word. Daar sal ʼn groot geweeklaag wees. Die pes,
wat soos ʼn dief in die nag tussen die bewoners rondsluip, se slagoffers sal
in ʼn kort tydsbestek, van een na tien opstyg. Waar daar ʼn duisend elke dag
sou sterf, sal dit nou tienduisend wees.
Ook sal daar ʼn gees van verwarring en wantroue onder hulle wees. In eenheid
het
hul krag gelê en dit sal Ek verbreek. Skrik en verwarring sal nou die nuwe
eenheid,
aan die onderpunt en ook die hele Afrika wees.
![]() |