e-pos judithdebeer@webmail.co.za

       
   openbaringe@yahoo.com   

Openbaring 71
Al wat kortkom is jou eie wil.

6 Augustus 2007 10:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
ʼn Volk verguis deur drank, dagga en allerhande dwelms.
Dit is waar ʼn derde van die Boervolk in die “gutters” lę.
My hulp- die is in oormaat daar,
My liefdes helpende hand is werklik waar.
In droewig dronkverdriet,
is Ek die enigste vriend en steunpilaar.

Alleen en weggegooi, lę eenkant daar,
ʼn oorgedoseerde sukkelaar.
Hoeveel maal het Ek die lewenslig weer aangesit,
met My Goddelike skakelaar.
Met ʼn tweede kans,
is ʼn kosbaar kind weereens gespaar.

Al wat hierdie mens vir My moet sę:
“God, ek het gestruikel en hard geval.
Help my op, U pad sal ek nou stap, al is hy smal.”

Ja, Ek wil jou help,
vir jou is My hulp in oormaat daar.
My liefdes helpende hand, is werklik waar.


Openbaring 72
Kerke en groepe leer ons verkeerd.

6 Augustus 2007 16:00

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer

Volgens die maatstawwe en oordeel van die hedendaagse samelewing
en bykans alle kerke, is die klein groepie wat My węreldwyd verteenwoordig,
ʼn klomp vuil gespuis, wat, as dit maar net moontlik was, hulle met die grootste
plesier en dan ook nog heel barbaars, netsoos wat dit in die antieke tye die geval
was, julle sou stenig of nog erger, soos Ek self, sou kruisig.

Innerlik vererg hulle hulself gruwelik en smalend, ja spottend word die
oog geknip. Met die tong in die kies, wil hul kwansuis skerpsinnig van hul
laat hoor; wat het julle, wat ons nie het, hoekom sal God julle kies
en ons verstoot. Ja waar kom jy aan ʼn stem wat jy in jou bors kan hoor.
Dan nog meen om die Meester in jou hart te stoor.

Ons het die Bybel, ja ons het die woord. Geletterd en geleerd, sal ons slegs
die woord vanuit ons kerk en groep aanleer.
Wanneer jul in deemoed broederlik wil nader tree, word hoogmoedig opgeruk hul neus. Voordat jul nog ʼn liefdeswoord kan spreek, word My boodskap aan die węreld doodgeskree. So verwerp hulle self die lig en terwyl hulle spottend vir jul lag, raak
hul verlore in die duisternis van die donkerste nag.


Openbaring 73
My kinders beskik oor ongekende krag.

7 Augustus 2007 10:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
ʼn Enkeling wat vir My soos ʼn rots bly staan,
is meer werd as ʼn honderdduisend
wat vir die węreld kom en gaan.
Vir baie, sal hulle die pad na My oopbaan,
in ʼn tyd wat die węreld sal vergaan.

Die wat vir bonatuurlike krag van My kom nader staan,
dom verkeer hy in ʼn grootheidswaan.
Terwyl jy swak maar dapper, jou plek vir My kom volstaan.
Groter as ʼn reus sal jy jou weg deur ʼn duiwelsnes kan baan.

Ja, die grootte van jou krag, lę in die swakte van jou weerloosheid.
Terwyl jy magteloos as ʼn enkeling, teen ʼn bose węreld staan.
Met ʼn onbuigbare wilskrag, op jou punt bly staan.
In hierdie wilskrag lę daar al die Goddelike krag.
Verhef jou bo alle węreldmag.
Daardeur beskik ʼn kind van My, oor ongekende krag.


Openbaring 74
Die kerk is ’n rowersnes.

8 Augustus 2007 9:00

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
ʼn Sweep- dié is Ek besig om te vleg waarmee Ek die węreld baie hard mee gaan tref. Oral waar die mens ookal gaan, daar is die kerk met geld- en fondsinsameling. Ja, sodat hoor en sien, daarvan kan vergaan. Hiervan sien die armes nie ʼn sent daarvan.

Die kerk het ʼn rowersnes geword, wat die weduwee uitsuig. Ook die mens se siel die afgrond in verpes. Die mens, vas oortuig daarvan dat hy My dien, wil geen kwaad in hierdie swendelaars insien. Tierend soos ʼn wyfieleeu wat beskermend oor haar welpies staan, sal hul nou vegtend oor korrupsie waak.

Die mens, die dink van My, sy God, maar min, om My in so ʼn bedrogspul te wil vind. Die offer wat Mammon van hul vra, hieraan dra hul baie swaar. Ek, wat hulle hiervan
wil bewaar, vir My kan hulle in hul blindheid, glad nie meer gewaar.

Ja, ʼn sweep, die is Ek besig om te vleg, waarmee Ek die węreld en sy kerk
ongenadiglik gaan tref. Weereens kom Ek self om die węreld te kom reinig
van hierdie liederlike rowersnes.


Openbaring 75
Satan grou vir homself 'n graf.

9 Augustus 2007 6:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Wie is die mense wat daaraan dink, om My, in My eie woorde vas te wil bind. Ja,
wat My vrymakende Liefdesleer wil onderskep. Dit met menslike hoogmoed en die slang se lis, in ʼn dodelike valstrik te wil omskep.
Om sodoende kinders van My, wat soos jong adelaars alreeds in volle vryheidsvlug,
in My waarheidshemele rondsweef, te wil vang.

Ja, wie is dit wat so ʼn vrygemaakte kind, in ʼn doodsval met ʼn verdraaide leer wil
bring. Daar waar Ek afwesig is, is elke woord op sigself morsdood.
Dit is net Ek wat die lewe en die lig weer met My Goddelike asem terug kan bring.

Hoe groot en hoogmoedig ookal die woord, uit die mond van ʼn valse geleerde, is
dit ʼn valstrik vir die dood. Vir hierdie gatgrawers van Satan sę Ek nou, dit is vir
hulself wat hulle die graf nou grou.

Reeds is Ek besig om My weg weer na die aarde te vind. In warm menslike harte
gaan Ek neerdaal. Met liefde My woord, soos helder lewende water,
oor ʼn dorre węreld laat stroom.


Openbaring 76
Die węreld se eie oordeel.

10 Augustus 2007 11:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer

Die mensdom leef in ʼn gekkeparadys.
Die węreld het homself onder die oordeel gebring. Met My wederkoms
kom ek om hierdie oordeel te volbring. Die hoogste menslike intellektuele
denke is die laagste vorm en mees primitiefste vlak van waarneming by
die Gees. Dit, omdat die mens se strewe daarop gemik is om met sy intellek, sy beskawingspeil deurentyd te wil verhoog en dit met die uitsluitlike doelwit om die menslike vlees te wil verhoog.

Daarom is alle moeilike werksaamhede op aarde meestal daarop gefokus
om ʼn voorspoedige lewensbestaan en om dit vir ʼn paar bevoorregtes
te verseker. Die Gees is vir die mensdom bloot ʼn tipe van ʼn gewete,
wat weereens deur die węreld en sy trawante ingespan word om ʼn tipe
van ʼn geregtelike en ʼn geestelike orde onder die mensdom te vestig.
Waarmee die węreldinstellings die mensdom maklik mee kan beheer.

Dit het niks te doen met die geregmatige beheer en uitoefen van misdaad nie.
Maar dit is uitsluitlik daar om die massas mee te beheer. Dit is waarom daar verskillende klasse onder die mensdom is. Daar is ʼn klein minderheid wat oor
almal wil heers en regeer. Onder hulle is die massas wat hulself moet beheer en op bogenoemde se wetgewing moet reageer.

Waar die beskawingspeil nog laag is, daar word hierdie tipe wetgewing nog
brutaal op die nasies afgeforseer. Hoe hoër die beskawingspeil, daar word dit oënskynlik al hoe meer verfynd en listiger ingespan en ʼn węreld vol slawe word soos redelose diere met breinspoeling deur selfaangestelde gode beheer.

Met elke tydvak waar hierdie enorme gruwel in so ʼn kas of menslike kaste sy verskyning op aarde maak, daar moet Ek inspring en dit ongedaan kom maak.
Daarom sę Ek weer, die węreld het homself onder die oordeel gebring en met My wederkoms, kom Ek dit slegs volbring.


Openbaring 77
Die Vader se doel met planeet Aarde.

11 Augustus 2007 10:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Wat verskeidenheid betref, is daar nie nog so ʼn planeet as juis hierdie klein aarde
van julle nie. Die doel van hierdie planeet vanaf alle ewighede was, dat alles, wat as geestelik vanaf die oerbegin ontstaan het, die geleentheid kan kry om as lewe, in ʼn materiële omhulsel, hulself prakties op hierdie “iets van alles" Aarde te kan uitleef en met die maatstaf van positief en negatief of goed en kwaad, so na hulle volmaaktheid te kan streef.

Nadat die Aarde na vele ontwikkelingsperiodes, ʼn sekere volmaaktheid bereik het, sodat dit iets van die oeroorspronklike Skeppersgees kon bevat, is die mens na My beeld as ʼn kreatiewe selfbesluitende heerser op Aarde geplaas. ʼn Vonk van My eie Goddelike Gees is as motivering binne hom geplaas, om sodoende ʼn begeerte in homself te ontwikkel, om net soos My, sy Skepper, wat getrou oor Sy hele skepping waak, ook in ʼn harmoniese balans en verantwoordelik, oor die hele Aarde en sy
mede-skepsele te kan waak.

Om positief te wees, is om altyd te wil groei en vorentoe te wil beweeg.
Om negatief te wil wees, is om agteruit te beweeg en sodoende te disintegreer. My Gees is die positiewe punt en negatief is alle vlees. So het die negatiewe disintegrasie van die omhulsel, wat die lewe vir sy verblyf op Aarde huisves, die dood geword.

Maar net so onsterflik soos wat die lewe (siel) met sy intrek in sy materiële liggaam
hier op Aarde was, net so onsterflik is sy met haar vertrek daarvan. As ʼn maatstaf
het Ek ʼn Liefdesvonk van Myself aan elke mens geskenk.

Wie gebruik hiervan maak, sal vir ewig ʼn woning by My, in ʼn nuwe geestelike liggaam vind. Wie hierdie liefdesvonk in homself egter nie kan vind, se gees is soos die eerste mens, deur die slang verblind en sal sy weg deur koue Eons, alleen moet vind.

Daarom het Ek, om die lewenstryd vir die mens te kom verlig, self na die Aarde in ʼn materiële liggaam gekom, om die negatiewe liggaamlike dood te kom oorwin, dit in
die positiewe ewige lewe te omskep en dit so vir die mens makliker kom maak, om sy weg weer na My terug te vind.


Openbaring 78
So sal julle My Stem ken.

12 Augustus 2007 17:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Eenmaal op Aarde het ek gesę: Wie nie teen My is nie, die is vir My.
Nou is daar baie wat wil weet, wanneer is iemand vir, of wanneer teen My.
Alles wat daar in die Bybel is, hoe verdraai dit ookal soms daar staan.
Daar sal My Gees die opregtes lei om die waarheid elke maal daaruit te haal.

Maar daar is ook baie wat die waarheid in die Bybel buig en draai, sodat dit in hul
doel- en leerstellings kan inpas. Hoe sal mens nou weet, wanneer iemand vir of teen My staan? Wanneer iemand My woord wil bring, moet dit altyd wees om My, en nie
sy eie wil, te kom volbring.

Nederig opreg en kosteloos, sal ʼn kneg van My dit na My skape bring. Op hul beurt
sal hul dadelik weet dat hierdie stem aan My behoort. Maar wanneer een die woord
na mense bring en hoogmoedig wil bewys dat hy alleen alle antwoorde oor My ken. Homself voor die mense wil verhoog. Nog boonop bakhand staan met ʼn prys, om homself, uit My uit, te wil verryk.

Wanneer hulle ook ʼn ware kneg van My gewaar, vinnig nader staan om hom as ʼn gesant van Satan af te kraak, wat met Beëlsebul se hulp, sy taak hier op Aarde kom vervul. Baie hoog en trots is hierdie valse leraars se verhoog. Fyn stel hulle hul goddelose boog, om baie siele deur hierdie leuenagtige pyle vir ewig te kan dood.

Om die onderskeid te kan ken, kom vra My, jul Verlosser self, om wolf en herder uit mekaar uit te kan ken.


Openbaring 79
Daar is nog ʼn bietjie hoop.

13 Augustus 9:50
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Soos ʼn bewende klein knaagdiertjie wat in ʼn muisval sit en wag. So sit julle volk vasgevang in ʼn onontkombare situasie, wat julle vir julleself geskep het. Ja, slim
het sy baas deeglik in Suid-Afrika gevang.

Net soos ʼn gemuilbande esel, wat nie links of regs kan kyk nie. So strompel julle
reguit op julle pad van selfvernietiging voort. Die goeie ou leer wat deur oorlewering van geslag tot geslag, ja, van ouers tot kinders oorgedra was en die fondament van julle eens voorspoedige klein volkie was, die was net nie meer goed genoeg nie en blindelings het julle die "slimjanne" onder julle gevolg.

Gereed om toegegooi te word, lę ʼn blinde volk saam met sy blinde leiers
in ʼn sloot. Nog steeds hier waar hulle lę, verbeel hulle hulself dat alles
nog voorspoedig gaan en het hul geen idee van die doodsgevaar waarin
hul verkeer. Indien hulle sou weet hoe benard hul posisie is, sou hulle
permanent op hul knieë voor My – hul Vader, wees.

Die skrif, die is al lankal teen die muur en slegs deur My Goddelike wil is die Ark se deur nog op ʼn skrefie oop vir die een wat vir oulaas hom na My wil keer en hom baie vinnig onder die veiligheid van My Vaderhand wil bring. Terwyl Ek vermaan is daar nog ʼn bietjie hoop. Wee die dag wat My stem vir die węreld stil gaan word. Geseënd
is die vir wie My stem in daardie tyd sal voortbestaan.


Openbaring 80
Deur die swak geslag.

14 Augustus 2007 5:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In die swartste nag het Ek alreeds na die Aarde gekom. Net soos die profeet van
ouds, gooi Ek deur middel van ʼn mens, weer My woord van yster en metaal, op
die waters van die aarde neer. Waar dit op die oppervlak bly dryf.

My profeteseuns die wil Ek dringend leer, Ek wag, maar vanuit die gestuurdes is daar maar min, wat vir My na vore wil kom, om die ware kleed van sak te neem, sodat Ek direk uit hulle mond kan spreek.

Met slegs die hulp van een of twee moet Ek Myself deur die swak geslag, aan die
mens kom hoorbaar maak. Hulle van die komende oordeel kom leer. Ook die vrede
van My nuwe leer, wat vanuit die nuwe Jerusalem sal kom.

Die profesie wat lui, dat uit ʼn grote stad, slegs die stem van een sal kom, is nou besig om in vervulling te gaan.