
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 691
Die mens se onsterflike lewe.
Woensdag 20 Mei 2009 00:15
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Waarvandaan kom werklik die mens se onsterflike lewe.
Daal dit dalk vanuit die hemel na die aarde benede.
Sodat die mens kan lewe om na goed of kwaad te kan strewe.
Elke geslag vertel aan die volgende die verhale van ʼn vergane verlede.
Hul moedig hul kinders aan om na ʼn beter toekoms te kan strewe.
Maar in die verganklikheid van die illusie
is al wat werklik bestaan die oomblik van die hede.
So soek die mens voortdurend vir sy bestaan na die een of ander onnodige
rede.
Hul ervaar hulself onsterflik in die getalle van hul baie lede.
Ja, hierin vind baie die rede vir die voortbestaan van die lewe.
Daarom bou hul vir die groot populasies enorme stede.
Voortdurend word hul in hul soeke na meer nou voortgedrewe.
In hul kort lewenspan
wil hul nie in vrees voor die armoede, ontbering en dood bewe.
Desperaat probeer hul daarom
na die een of ander vorm van vrede en vooruitgang strewe.
Met genot en gemak wil hul hulself die heeltyd nou omgewe.
Maar spoedig voel die mens homself in sy vooruitgang heeltemal verhewe,
en ʼn hele wêreld poog om soos die beste konings te kan lewe.
Ja in hul soeke na meer ontwikkeling in die materiële-
verloor hul kop en raak in hul pogings nou heeltemal oordrewe.
In elke nuwe oomblik van hul lewe
wil die mensdom nou iets nuuts belewe.
Elke gebeurtenis en insident raak by die dag net al hoe meer omstrede.
Die mens omskep sy kosbare lewe
in ʼn illusiewaan waar hy na niks en nêrens swewe.
O vanwaar kom die kosbare lewe
en na wat is dit waarna dit ewig strewe.
Waarom laat die dood en die vernietiging die mens altyd in angs so bewe.
Ja waarom wil die mens in sy soeke
sy kosbare lewensgees in die dood van die begeerte na die materiële begewe.
Waarom nie eerder sy kringloop in eenvoud en liefde voltooi
om so weer na die oerbegin van die onsterflike lewe te kan strewe.
Openbaring 692
Die “Oxford-English show must go on”
Donderdag 21 Mei 2009 08:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
“The show must go on” ja die wêreldvertoning gaan voort.
In een mandjie word alles deurmekaar gegooi elkeen na sy eie soort.
Sodat dit aan ʼn Nimrodstelsel, ja, ʼn eenwêreldkomplot kan behoort.
Met goedbeplande toesprake word deur gemoduleerde spreekbuise
Satan se agenda aan ʼn dom wêreld verwoord en verkoop.
Almal jubel en juig en sê:
Met hierdie hoogdawerende intelligensie wil ons vereenselwig,
ja, daarmee gaan ons akkoord.
Aan ʼn skyn gepoleerde eenwêreldstelsel
wil almal nou hoogmoedig maar sinneloos behoort.
Vloeiend vloei vanuit die algemene politieke mond die 'Oxfordengels'
en almal gaan met ʼn eenwêreldtaal akkoord.
In globale eenheid poog almal om as ʼn enkel soort
in Satanshoogmoed bymekaar te kan hoort.
Om ʼn enkel liggaam trek Satan om die wêreld
al hoe stywer die strop van sy besittings koord.
So stil-stil sonder enige merkwaardige bloedverlies
geskied wêreldwyd nou die grootste identiteits volksmoord.
Verkrag in grys lê die verskeidenheid van kleur en geur, ja, die smaak en
spys
wat het eens as ʼn godgegewe geskenk aan almal behoort.
Almal praat nou gekultiveerde Engels en poog na ʼn illusie standaard
waaraan hul nooit as ʼn unieke soort sal kan behoort.
Maar die einde van ʼn tydvak is hier
en die spreiligte is besig om hul glans in ʼn oneindige duisternis te
verloor.
Maar die “show must go on”
ja, die politieke vertoning gaan tot op die bitter einde voort.
Satan delegeer
en almal wil in ʼn rol homself in hierdie belaglike politieke
wêreldvertoning vertoon.
Solank goed uitgewerkte toesprake deur aangeleerde gemoduleerde aksente kom
as die misplaaste woord,
skreeu ʼn hele dom wêreld;
aan hierdie intellektuele belaglikhede wil ons met ons hele hart en siel
behoort.
Openbaring 693
Liefdadigheid begin nié in jou eie huis.
Vrydag 22 Mei 2009 04:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Al hoe nouer om elke lewensvonk spiraal die liefdeskring –
om die essensie van sy oorsprong en bestaan na vore te kan bring.
Is dit vanuit die koue ruimte na ʼn warm sentrum
wat die liefde probeer indring.
Of word vanuit die warm liefdes sentrum
die liefde na ʼn koue buite atmosfeer gebring.
Met die warm sonskynstrale vanuit die ruimte
word ʼn koue wintersoggend verdring.
Sodat ʼn koue klein voëltjie
sy warm liefdes minneliedjie vir ʼn nuwe dag kan sing.
Van binne na buite of buite na binne – hoe dit ookal sy-
die liefde is ʼn weerkaatsing van homself wat alles deurdring.
Die sterkste sal oorwin
so klink die oorwinningslied wat die natuur nog altyd sing.
Maar die beelddraers van Elohim sing:
Laat ons die swakstes onder ons eerste huistoe bring.
Ja, om te troos, versorg en onderhou
was nog altyd die ware liefde se eerste prioriteit en nering.
Maar as teenstander hiervan staan die dood
om in die eie oorlewing die naasteliefde te verdring.
In hierdie eieliefde manifesteer Satan
om homself in die selfsug na vore te kan bring.
So klink die lied wat die eieliefde homself nou toesing.
Kyk, in my eie oorlewing en lewensbehoeftes
staan ek teenoor niemand te gering.
In die versorging van myself en my gesin
word net die beste van alles na ons gebring.
So sal ek my tyd op hierdie aarde
met die liefde vir die dooie materie deurbring.
Nouer en kouer sirkel nou om hierdie kosbare lewens-liefdesvonk
in ʼn al hoe kleiner wordende kring.
So word telkemale die essensie van die lewensoorsprong maar net weer
na die koue onpersoonlikheid van die ewige dood terug gebring.
Openbaring 694
Deur eie eersug het hierdie volk gefaal.
Saterdag 23 Mei 2009 08:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de
Beer
Stuiptrekkend – geslag lê die karkas in hierdie tydvak se heel laaste uur.
ʼn Eens Goddelike veelsydige volk
staan met sy rug verslaan teen die muur.
Ja, met bebloede knieë kruipend voor ʼn wêreldorde, stukkend geskuur.
Godverlate staan hul sonder enige hoop en verwagting
ʼn leë toekoms en intuur.
Ewig nooit word vir ʼn vreesagtige oorloper hulp vanuit die hemel gestuur.
Lank gelede is hierdie heilige volk ook as slawe
gratis aan hul onderdrukkers uitverhuur.
Ja, heilige instrumente en voorwerpe
is na onrein afgodstempels oorgestuur.
Maar onder die grootste druk het Daniël sy God bemin
al het hy wát verduur.
Tot sy ewige redding
het God se Engel saam met hom deurstaan die teregstellingsvuur.
Teenoor ʼn populasie-massa het hy sy God nie versaak
en in die kuil van die dood kon geen rasende leeu
hom in bloedlus aangluur.
Ja, vreesloos het Daniël vir sy Elohim gestaan - sy knieë nie een oomblik
voor koninklike druk gebuig in sy mees benouende uur.
In ʼn toekomsblik is aan hom gewys hoe sou ʼn verre uitverkore volk
voor ʼn wêreld se Mammon goue kalf, hul verhouding met hul God versuur.
Dit nadat die beste land ter wêreld aan hul gegee was om te bestuur.
In grondstowwe was daar meer rykdomme
as wat hulle ooit sou kon verduur.
Maar as "geëerdes" wou hul eerder
met die grotes van die wêreld skouer skuur.
Met ʼn stemreg het hul verkies om hulself as goedkoop slawe
aan ʼn oorkoepelende eenwêreldorde uit te verhuur.
Maar in ʼn komplot-brousel raak die pappot mos altyd baie vinnig suur.
Lank gelede het eens ʼn Daniël, Hanánja, Misael en Asárja
dapper vir hul God en vaderland probeer staan in hul mees benouende uur.
Maar trapsgewys deur die toedoen van ʼn de Klerk, P. Botha,
van Schalkwyk, Mulder en vele meer,
word ʼn heilige volk nou deur onrein voete vertrap en tot stof geskuur.
Maar eens is daar gesweer en ʼn tyd, tye en ʼn halwe tyd het gekom
om tot op die bitter einde te verduur.
In hierdie tyd word dit wat heilig is met bloed en trane
vir die ewige tempel in die nuwe Jerusalem skoongeskuur.
Maar dit wat vuil is, word saam met die onreine
na die ewige vernietigingsvuur gestuur.
Staan daarom vas O Sion; vanuit ontelbare menigtes
is julle as ʼn Goddelike huurling vir hierdie tydsfase gehuur.
En ook jy O Daniël staan weer onwrikbaar saam met Migael
tot hulp vir hierdie uitverkorenes in hul midde deur Myself gestuur.
Openbaring 695
'n Gesig van twee mans op perde.
Saterdagnag 23 Mei 2009
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In ʼn droomgesig gebeur die volgende: Twee mans op perde
deurkruis die see. Die water is half deursigtig en vlak - op verskeie
plekke op die bodem van die see, sien mens verwoeste stede.
ʼn Gedagte kom op dat die perde die lang swemtog nie gaan oorleef nie
waarop die een man onverwags antwoord; jy dink dit maar hierdie perde
het al deur die diepste waters gegaan en hulle kom niks oor nie.
Openbaring 696
Die raaisel om Daniël.
Sondag 24 Mei 2009 18:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de beer
Sommige onder julle wonder waarom daar in ʼn vorige
openbaring na
Daniël in die vuur verwys word en so terloops antwoord Ek dat die
betrokke stelling handel omtrent Daniël, die Engel en die
teregstellingsvuur en nie omtrent sy drie vriende in die vuuroond nie.
Maar indien een van julle op jul beurt bietjie meer lig op die volgende
vraag kan werp, kan Ek dit dalk oorweeg om op My beurt die sluier
so ʼn bietjie meer oor die dieper geestelike betekenis hiervan te lig.
Waar was Daniël wat op daardie stadium ʼn baie pertinente rol in die
hofhouding van Nebukadnésar gespeel het en daarom direk
betrokke was en self ook onder die proklamasiewet sou val,
waarna elke landvoog, bevelhebber, goewerneur, raadsman, regter,
hoofamptenaar, bestuurder en skatmeester, met ander woorde
die hele parlement van daardie tyd beveel was om die betrokke
geleentheid by te woon.
Nêrens word melding gemaak dat iemand verskoon sou word, met die
bywoning hiervan sowel as die uitvoering daarvan nie.
Die koning het
bevel gegee dat elke mens met die aanhoor van die geluid
van die siter,
luit, harp, doedelsak sowel as elke ander musiekinstrument
neer moes
val en hulle uitstrek om die goue beeld te aanbid.
Doof was Daniël beslis
nie sodat hy dit nie dalk as verskoning kon aanvoer
om nie die Babelse
lawaai te kon hoor nie.
Ook het Daniël juis as ʼn voorbeeld vir die blakende
gesondheid gestaan
en was dit daarom ook nie moontlik dat hy as gevolg
van die een of ander
siektetoestand afwesig kon wees nie.
Op Daniël se versoek is sy drie
vriende aangestel oor die bestuur van
die provinsie Babel - waarom was hynie betrokke by hul weiering om
neer te val en die goue beeld te aanbid nie.
Ja, hoekom skitter Daniël so op hierdie geskiedkundige geleentheid
in sy afwesigheid.
Openbaring 697
Nebukadnésar se droombeelde toé en nou.
Maandag 25 Mei 2009 08:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
So kom ʼn wêreld globaal as ʼn eenliggaam maar net weer
bymekaar.
Om hul eenparig teen die outoriteit van die ewige Lig te kan skaar.
Uit ʼn brokkie hier en ʼn stukkie daar
staan die droombeeld weer saamgeflans nou klaar.
Met soveel moeite kry Satan elke keer maar net ʼn drogbeeld uitgebaar.
Met sy hoof van goud en drekvoete van yster en klei
staan hy grotesk weer daar.
Om hierdie drog-eenheid is ʼn hele wêreld besig
om hul eenparig saam te skaar.
Om knielend en aanbiddend na die werke van hul eie hande te kan staar.
So kom die verlede en die hede,
ja, primitief en modern sonder ʼn toekoms bymekaar.
Oor duisende jare was daar geen geestelike ontwikkeling
en groei by die mens sigbaar.
Hoeveel tydfases moet nog kom en gaan
voordat die duisternis in die mens gaan opklaar.
Gaan die mens soos ʼn selfverdoemde vlieënde Hollander
ewig agter goud en handel vaar.
Kom daar ewig nooit ʼn tyd wat die mens sal sê aan rykdomme
het ons vir eens en altyd genoeg opgegaar.
Maar die skrif is aan die muur
en geweeg en te lig bevind staan geskryf met goddelike hand weer daar.
ʼn Eenwêreldboom het lank genoeg sy onsuiwer bastervrug
vir ʼn hele wêreld bewaar.
In waansin sal hierdie orde saam met sy selfgeskepte Raka
na ʼn eie ondergang heen staar.
Hierdie keer word daar geen penwortel
vir ʼn moontlike latere herstel bewaar.
Ja, die skrif is aan die muur
en ʼn enorme eenwêreldorde beeld
raak vir sy gebreklike swak voete nou te swaar.
En ʼn uitgeputte wêreldekonomie sug swaarmoedig en sê:
binnekort is dit met my ook ewig klaar.
Maar die groot gruwel lag en sê:
in die dag van jou afsterwe staan ek in jou plek klaar reeds daar.
In ʼn stikdonker duisternis
sal die nag oor ʼn verlore wêreld nooit weer kan opklaar.
Maar tot oordeel staan vir hierdie laaste fase
die sewe Geeste van Elohim voorbereid reeds daar.
In eenheid vat hul mekaar se hand
om God se uitverkorenes ewig te kan bewaar.
Die bewoners van die nuwe aarde sal ongeskonde maar gelouter
deur die eindtyd teregstellingsvuur gaan
en ewig kom hul in die Nuwe Jerusalem bymekaar.
Openbaring 698
Hoé kon jul My nog nooit gewaar?
Dinsdag 26 Mei 2009 14:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Moeg teen homself baklei en leeg gestry
staan gestroop die mens alleen nou daar.
Hy was hier en hy was daar maar oral op sy pelgrimsreis
het hy na nêrens heen gevaar.
Hy vra van hier na waar - so lank so moeg –
na leë wolke heen gestaar.
Twee millenniums het gekom en gaan
en elke jaar het leeg in homself verjaar.
Ook seisoene het gekom en gaan
en in hierdie herfs val ookal weer die laaste blaar.
Tweeduisend jaar waarin elke nuwe geslag hoopvol vra
Hoe lank moet ons nog na die leë wolke staar.
Vir ons tot reddingshoop is vanuit hierdie aarde
eens God se kind gebaar.
Om maar net weer tot ons verdriet
in die wolke van die wêreld weg te vaar.
Ons het die voorwerp van ons liefde nog nooit gesien –
maar ons het U lief dit is raar maar baie waar.
Maar in die oorkoepelende wêreldbevolking
het die duisternis die lig kom verdring,
die moed gebreek en die hoop is klaar.
In sy boosheid is die wêreld besig
om die een gruwelsonde op die ander uit te baar.
So raak in hierdie verskriklike tyd
die laaste naasteliefde ook op en klaar.
ʼn Kleine kudde wat desperaat nou vra;
hoe lank moet ook ons nog na die leë wolke staar.
Voordat ook ons na benede val
soos die dorre- herfs se heel laaste blaar.
Maar saggies streel Ek oor die hoof
van hierdie baie kosbare kleine kinderskaar.
Saggies fluister Ek deur My Gees:
My liewe kind van die oerbegin staan Ek reeds
in die sentrum van jul wese tot jul redding ewig daar.
Hoe is dit moontlik dat jul My nie in die lewe
van jul eie godgegewe identiteit kan gewaar.
Ja, op die geesteswolke van jul harte
staan Ek ewig nog altyd daar.
Ek wink en waai en nooi jul om saam met My
in die onmeetlike liefde te kom baljaar.
Eens het Ek in die wolke van verdriet
van die mens se fisiese sig weggevaar.
Maar nog nooit het Ek ʼn kind van My verlaat –
in My Gees was Ek vir elkeen van julle nog ewig altyd daar.
Openbaring 699
Maak dié ook jou verhaal.
Woensdag 27 Mei 2009 13:45
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Lank gelede was daar eens ʼn man van durf en daad –
as ʼn man van die veld was hy gelouter tot die suiwerste staal.
Oral waar hy gaan het sy manlikheid viriel vanuit hom gestraal –
oor sy buitensporige krag sowel as die van sy seuns
was vertel menig baie verhaal.
Oor elke mensgemaakte wet het hy met die grootste minagting gesmaal.
Hy sou eerder sterf voordat hy vir ʼn aalmoes op sy knieë moes neerdaal.
As die man van die veld was hy bykans altyd met stof oortrek so vaal.
Met ongekende krag het hy homself dikwels speels onder ander
se bagasie soos ʼn lasdier opgesaal.
Maar aan geen tempeldienaar het hy homself ooit tot hulp beskikbaar gestel –
maar met ʼn knorrige antwoord was hy altyd vir hul oorgehaal.
Terwyl hul op hul beurt weer minagtend oor sy intelligensie kon spot en
smaal.
Met ʼn kaal bolyf en spiere wat bult het hy sy manlike krag so pragtig
uitgestraal.
Ja, uit hierdie ongekompliseerde wese
het die wydheid en reinheid van God se velde gestraal.
Simon van Cirene was ʼn man van durf en daad gemaak met ʼn wil van staal –
en daar was niks of niemand
wat hom in ʼn oomblik van swakheid op sy knieë kon laat neerdaal.
Maar eendag het hierdie wagter van die veld hout vir ʼn arm weduwee loop
haal -
op sy pad kruis hy ʼn paar manne wat met mekaar praat in die Hebreeuse taal.
Een van hulle trek sy aandag
en hy kyk vas in ʼn paar oë wat die mees ongekende LIEFDE uitstraal –
swak laat hy nou sy vrag val
om op sy knieë voor die Groot Liefde in die stof van die aarde neer te kan
daal.
In ʼn enkele oomblik is hierdie kragreus deur die liefde oorwin
en hy wou hom nie een enkele oomblik daarteen staal.
Hy het nou net geleef vir die oomblik wat sy ewige Meester hom sou kom haal.
Vanaf daardie oomblik het Simon almal wat wou luister onthaal
op sy goddelike liefdes verhaal.
Die tempeldienaars het gespot en lag met sy opregte maar gebrekkige
lippetaal.
Tong in die kies het hul gesê;
die moroon van die veld wil hom ook nou vir die kamma Messias laat haal.
Maar ʼn begeerte het in Simon ontbrand
om God met iets van homself vir Sy oneindige liefde te betaal.
Maar behalwe sy bomenslike fisiese krag
het hy niks anders gehad om vir sy God uit te kon haal.
Maar spoedig kom daar ʼn dag
en spottend word hy deur die tempeldienaars vir ʼn sekere taak laat haal.
En met sy hele hart en al sy manlike krag
skuif hy saam met God onder die folterpaal.
Oor hierdie liefdesdaad van Simon van die veld
het ʼn stilte oor wenende engeleskares neergedaal.
Ja, oor ʼn man gebou met vlees van yster en staal –
deur ʼn enkele goddelike liefdesblik het hy sy eie manlike krag gefaal.
Maar daardeur het hy die ewige liefde vir homself op die hals gehaal.
Maak daarom die verhaal van Simon van Cirene julle eie persoonlike verhaal –
en wees kragtig die dag wanneer ʼn wêreld met sy oordeel
jul tot diens vir jul Elohim kom haal.
Openbaring 700
Wie sal werklik hierdie woorde kan verstaan.
Donderdag 28 Mei 2009 11:45
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Ewig waai die wind nog net waar dit wil -
maar voor die outoriteit van God staan dit skielik stil.
Wie is daar onder die mens wat as magtige mans voor My wil kom staan -
om hulself te verontskuldig en sê ons het geen deel aan die eindtydblaam.
Waar is die wat saggies in hul harte na My roep nederig en stil -
My eerbiedig toefluister; O my God alleen U grote wil.
Maar in groot getalle kom die mens om My te beïndruk
nou voor vals profete staan -
hul weet al hul slim plannetjies vir die wêreld is nou na die maan.
Hoe duister was nog altyd ʼn wêreld se hoogmoeds-sondebril.
Waarom skrik hul nou dat die wêreld saggies onder hulle begin te tril.
As groot profete wil almal nou skielik op die hoogste verhoog kom staan -
maar nie lank gelede terug
het hul die hele wêreld oor nuwe profesieë vermaan.
Dit is mos maklik om te sê die ekonomie is nou na die maan -
terwyl dit en ander infrastrukture reeds begin vergaan.
Ja in sy hoogmoed bly die mens se hart ewig altyd kil -
hul wil ander leer maar voor elk van hul oë hang daar die digste skil.
Niemand probeer hard genoeg om in God se liefde oor te gaan -
maar desperaat probeer almal om heel voor in die lyn te kan staan.
Spoedig kom die dag
en my sagte fluistering raak binnekort nou koud en kil -
die wat heel voor staan word agtertoe gedwing en dit is God se wil.
Drie keer kraai die haan en die mens word nog 'n maal vermaan -
hoekom is daar so min wat werklik hierdie woorde kan verstaan.
![]() |