e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 681
’n  Swart gordyn vir ’n ondeursigtige nag.

Saterdag 9 Mei 2009 09:30
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Hoe swart die nag waarop soveel eons al so lank wag.
Onrein die voete wat op die heiligdom staan om op die oordeel te wag.
Hoe uitermatig swaar oor `n wêreld breek nou sy eie sondes drag.
Was dit maar al O Satan wat jy in jou grootheids- illusiewaan kon vermag.
Soos `n natgereënde hoender staan jy pateties daar in jou gloriedag.
Wat is daar oor waarna jy nog in jou leë inhoud kan smag.
Ja, so uitermatig swart is jou oomblik van jou kamma glorie prag.
Nêrens meer `n bietjie lig of glans wat op `n verdoemde wêreld wag.
Onder een sambreel wat jy nou op jou oordeelsdag van pes en honger wag.
Miljoene lyke wat onder swart plastiek op die stoostkrapers wag.
Deur die pes kom die dood nou grynsend vir jou lag.
Wie van die heiliges het die lig van God saam met hul verag.
Die brug na die verdoemenis word nou ook vir hul gesak oor die hel se grag.
Vanuit Afrika sak oor die wêreld 'n swart gordyn vir 'n ondeursigtige nag.
Dit is jou gloriedag O Satan
waarin jy maar net weer in jou eie duisternis gaan versmag.
Maar oor Sion breek My ewige uitverkore dag.
Oor jou My kind sal My heilige engele in vreugde oor jou geboortedag vir ewig lag.
In My groot genade sien Ek jou aan met My Goddelike blik so sag.
In die tyd van verdrukking
moet Myne sonder twyfel of vrees op My koms in hul midde wag.
In jou donker triomfnag O Satan waar die ewige afgrond op jou wag.
Is dit met trotse Vadervreugde wat Ek oor My pasgebore baba buk
om haar met al My liefde toe te lag.

 

Openbaring 682
'n Gebroke sondaar se belydenis en hulpgeroep.

Sondag 10 Mei 2009 21:41
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer
Smekend roep `n gebroke sondaar: O my Verlosser wil U my nie kom heel.
Verlate in my eie sondeval is niks in my totaliteit meer heel.
In my liefdelose toestand is daar niks wat ek met ander kan deel.
Hoe geestelik armoedig is ek tog nie in my geheel.
In my eie selfsug het ek `n godverlate toestand vir myself verseël.
Hoogmoedig het ek myself as `n heerser oor my naastes verbeel.
As `n selfaangestelde regter was ek vinnig daar met my oordeel.
Aan liefde en barmhartigheid het ek my bitter min geskeel.
Aan `n Ander se pyn en ellende het ek my gesteur nie te veel.
Met ander se hoop, verwagting en liefde met minagting gespeel.
Nydig en naywerig was my tong en daarmee het ek haat en tweespalt uitgedeel.
Op ander neergesien en ywerig afgebreek aan hul waardes en moreel.
O Watter lot het ek nie oor myself vir die ewigheid verseël.
In `n toekomsblik kyk ek nou met afgryse na my eie selfgeskepte oordeel.
En ek roep smekend na U om `n sondaar in `n verlore toestand te kom heel.
Moet O God in `n geregverdigde oordeel U nie op my kom wreek.
Deur my eie toedoen lê my siel verslaan en stukkend gebreek.
In selfverwyt staan ek voor U hulpeloos en week.
Maar iewers in my wese is tog `n goeie vonk van U versteek.
Anders sou ek in my smart nie my hand na U om hulp kon uitsteek.
Daarom staan ek nou voor U om vergifnis van U af te smeek.
By die voet van die kruis sak ek hulpeloos pateties ineen.
Verdrietig kom ek oor al my sondes nou voor U ween.
As `n Sondaar vra ek U; wil U my asseblief nie met U vergifnis liefde seën.
En met U hulp en genade staan ook ek van nou af die sonde teen.
Blymoedig sal ek nou opreg na die welstand van my naastes verneem.
Sonder om in oordeel oor hul tekortkominge te teem.
Die hoogmoed wil ek met U hulp oorwin en my nou aan die nederigheid uitleen.
Ja, gereinig deur U bloed wil ek nie meer as sondaar -
maar as U kind vir ander daar staan tot `n seën.
 

 

Openbaring 683
’n Gesig oor Yasser Arafat.

Maandag 11 Mei 2009 17:45 
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer
Yasser Arafat verskyn onverwags en met `n charismatiese houding in `n
gesig aan my. Die een oomblik glimlag hy breed en opgewonde waarna hy sy
kop laat sak om na `n akkerblaar in sy hande te kyk. Skielik verander die
blaar na pikswart en verpoeier tussen sy vingers. Hy kyk op en sy gesig
verander in die van Saddam Hoesein wat sy vingers onder sy Arabiese tulband
insteek om dit na agter, van sy kop af te stoot, waarop hy so met sy hand
in sy hare bly sit. Hy lyk verbaas en terselfdertyd diep geskok en
getraumatiseerd. Hy mompel- daar is geen oplossing nie en verfrommel en
verpoeier nog meer akkerblare tussen sy vingers.

 

Openbaring 684
Die ondeurgrondelikheid van die Skepper.

Dinsdag 12 Mei 2009 09:19
http://www.openbaringe.co.za/  


Judith de Beer
Oor die ewigheid het die Skepperhand deur die stand van sterre
Sy onuitspreeklike naam geskryf.
Die kleine onopsigtelike aarde
is as Sy geboorteplek as die heel belangrikste planeet ingelyf.
Wie is daar wat tot sy bittere spyt -
wil staan teenoor tyd in die ewigheid se kryt.
In die nimmereindigheid altyd so ondeurgrondelik wyd -
bestaan daar nêrens `n materiële denke wat `n begrip het van die regte tyd.
Daar is geen mensehand
wat die ondeurgrondelikheid van die Skepper neer kan skryf.
Nog minder `n mensemond wat die warm liefdes sentrum van Elohim kan beskryf.
Daar is geen tydelike vlees wat kan vertoef in die volmaakte geestelike verblyf.
Ook bestaan daar geen materiële vaartuig
wat ewig deur die oneindigheid kan voortdryf.
Elke son en planeet vergaan soos elke liggaam op die een of ander tyd.
In hul leë agtergelate ruimte waaraan moet `n mens nou meet hul tyd.
Maar `n uitgebrande son ondenkbaar eons gelede reeds `n lyk -
se lig skiet steeds onverpoos voort deur die ewigheid oneindig wyd.
In die onverganklikheid van sy kernlig
lê die geheim van alles wat om hom sou wentel se D.N.A. en data ewig opgeskryf.
So is elke mens se naam en informasie
in sy stoflike D.N.A. in die aarde se liggaam opgeskryf.
Maar in die LIG van die ewige Skepperwese
is net die name van die uitverkorenes in die Boek van die lewe,
ja, die ewigheid se tyd opgeskryf.
Wie se naam daarom nie in hierdie ewige heilige skrif verskyn -
word weer in die kringloop van die materiële verganklikheid uitgedryf.



Openbaring 685
Breed was die weg van die sonde.

Woensdag 13 Mei 2009 08:15
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer
Daar was nog altyd na die ewigheid die keuse van twee verskillende weë.
Onaantreklik was die smal weg maar so aanlokkend verleidend die breë.
Op die breë weg word die mens onthaal op alles wat die wêreld kan gee.
Ja, met drank en dwelms, seks en geweld,
vir die ouer gardes selfs met koek en tee.
Lê wyd die illusie laan waarop die mens homself laat gaan
agter die verleiding van bose feë.
Agter elke sonde hardloop hulle gretig aan en na hul vernietiging rek hul die treë.
Vir dit wat die wêreld bied sê die groot meerderheid nooit nie nee.
Ydel laat die mens hom van vroeg tot laat in wêreldmodes vir wêreldsondes klee.
Die unieke identiteit lê gebreek, verkrag in biljoene eentonige kopieë.
Geprogrammeer kan hul net op `n eenwêreldsisteem reageer
en niemand voel daaroor verleë.
Maar gedetermineerd hardloop almal voort op die wye wêreldweg
met al hoe langer treë.
Vir die aangebode Woord en Waarheid sê hierdie wêreld-dwase altyd nee.
Hul spot en sê:
Met groot vreugde laat ons- ons vir die sonde en ons bruilofsfees met Satan klee.
Onversadigbaar na meer en meer moet die wêreld op sy breë weg net gee en gee.
In absolute boosheid loop die geld soos breë riviere na `n nimmereindigende see.
Onder die gewig van `n vraatsugtige wêreldpopulasie
gee hierdie weg onder sy eie ekonomie nou mee.
Die wêreldling gryp na sy kop en roep:
Ewig met ons verby op ons breë oorvloeds-weë.
Aan die einde van die breede weg
is daar nou geen begeerte om ons siel aan die hel oor te gee.
Laat ons daarom nou vinnig oor na die regverdige smal weg toe tree.
Nie een van hulle voel oor hierdie laakbare aksie van hul die minste verleë.
Maar steeds in eie waan roep hul voorbarig:
Heer o Heer na ons kan U nou maar nader tree.
Maar nou is dit die oordeelsengele wat koud, hard en duidelik sê: Nee! 
Ja, smal was die weg wat na die Godsryk lei en versigtig was elke treë.
Maar breed was die weg van die sonde
wat vir jul gaan eindig in die hel se oneindige vlammesee.

 

Openbaring 686
Ja, as `n sondaar in vergewingsnood.

Donderdag 14 Mei 2009 18:00
http://www.openbaringe.co.za/ 
 
Judith de Beer
Verlore vanuit `n gevangenis het eens `n man
met sy gemoed onseker stukkend en seer,
aan die Meester van die heelalle die volgende boodskap laat weet.
As U voorloper het ek getrou die mense oor U koms geleer.
Ek het hul vertel U sal hul kom red en reinig van elke skeet.
Aan hul gesê; gewas deur water moet jul voor Hom verskyn om Hom te eer.
Daarom het ek as `n voorbeeld voor jul kom staan as `n askeet.
In hoop en verwagting het die uitverkore volk gekom om meer omtrent U te leer.
Opgewonde in hul hoop en verwagting wou hulle alles omtrent U weet.
Met harde woord moes ek hul meer as eenmaal keer -
gelyk aan U wou hul my dikwels heeltemal te veel eer.
Ek het hul vermaan en vertel as `n boodskapper was my maat vir my uitgedeel.
Aan hul vertel ek is nie werd om U skoenriem vas te maak om U daardeur te eer.
Ook wou ek my deur U laat was - maar U het my in my voorneme gekeer.
Daarna het ek deur my hand met `n waskom
`n maat van die Jordaan oor U hoof uitgemeet.
Met die geopende sig van my gees sien ek hoe daal God se Gees
in die vorm van `n spierwit duif op U neer.
Dit is My seun in wie Ek `n welbehae het-
Laat Elohim nou met Sy eie stem oor die oneindigheid weet.
Vanuit die mond van my volgelinge ontsnap nou die grootste blydskap kreet.
Hul jubel en juig terwyl hul getuig; ewig het ons nou die Waarheid beet.
Slegs vir U wou hul nou volg
en op `n paar na staan ek alleen- hul het my die rug toegekeer.
O Waarom het ook ek U nie gevolg, wat was fout met hierdie dom askeet.
Wou ek as die voorloper my nou nie as `n naloper na U toe keer.
Misrabel sit ek nou in my gevangenis en wil deur `n bode van U weet.
Ja, deur my eie hoogmoed wil ek nou my onsekerheid op U, op U my God
en ook my familielid projekteer.
Is U werklik die Een en waarom het U van U voorloper vergeet.
Waarom moet ek u hulp, liefde en bystand in my oomblik van nood ontbeer.
Terwyl U in oormaat U goddelike barmhartigheid aan soveel sondaars uitdeel.
Ja, is U werklik die een; dit wil ek nou in my verstotenheid van U weet.
Waarom ignoreer U my, is U dalk met U uitgediende kneg verveeld.
In `n naggesig het ek gesien ek het `n afspraak met die beul
en ek het my dit nie verbeel.
O help my met `n antwoord - ek weet my teregstelling word binnekort verseël.
Maar voor sy sterwensoomblik
het die Gees vir Johannes weer sy toekomsmaat uitgedeel.
In die verre toekoms sal jy weer `n verlore geslag van My wederkoms laat weet.
Kleiner as die kleinste hemelkind
sal Ek jou hierdie keer in die nederigheid kom meet -
ja, as `n sondaar in vergewingsnood en nie weer as `n vlekkelose askeet.
Sal jy die boodskap van My wederkoms aan `n baie wederstrewige volk kom leer.
Net soos elke ander sondaar sal jy self alles oor My verlossingsliefde wil weet.
My hand sal ek in hierdie tyd na jou uitsteek
en bevry vanuit die dood sal jy nooit weer my aanwesigheid en liefde moet ontbeer.
Laat daarom elkeen op jou eindtyd missiepad duidelik die volgende weet.
Tot uitverkiesings redding kom die MESSIAS as KONING MELGISEDEK spoedig
op die wolke vir al sy kinders weer.

 


Openbaring 687
'n Gesig oor die pad van verwoesting.

Saterdagnag 16 Mei 2009
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
In `n gesig sien ek `n breë pad wat met `n draai oor `n brug gaan.
Die hele pad is oortrek met enige iets denkbaar van ontwortelde
bome tot stukke beton. So ver as wat ek kan sien ontsier hierdie
rommel die hele weg.

 


Openbaring 688
Die bose sonde-nuusdraer se onvermydelike oordeel.

Sondag 17 Mei 2009
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer
Van Oos na Wes van Noord na Suid het die duiwel weer oor die aarde gegaan.
In nog `n vergadering aangekom word aan hom deur `n hemeljurie gevra:
Satan waar kom jy nou alweer vandaan.
Die duiwel lag terwyl hy uittartend soos `n kapokhaan
voor `n uitgekose hemelskare kom staan.
Grootdoenerig steek hy sy vingers in sy kruisbande, skraap sy keel en sê:
Die duisternis het die Lig nou heeltemal kom verslaan.
Hoogdawerend praat hy voort; as `n aanklaer is ek hier
om voor die Skepper te kom lê die wêreld se sonde-blaam.
Selfs die uitverkorenes ken nie die verskil tussen goed en kwaad
en niks daarvan kan hul meer verstaan.
Waarop daar vir hom `n antwoord soos `n bliksemslag vanuit die hemel slaan.
Miskien het die geval van My kneg Job jou teen hierdie tyd weer heeltemal ontgaan.
Ja, eenmaal het jy ook so uitdagend voor My kom staan.
Kruis en dwars het jy as die sonde-nuusdraer oor die hele wêreld gegaan.
Wil jy nou dalk hierdie keer as die aanklaer van My uitverkorenes voor My kon staan.
Hul met jou gruweltong van oordeel voor `n hemeljurie kom stukkend slaan.
O Satan daar waar jy as die wêreldorde met jou verwronge oordeel
oor dit wat goed is staan.
In jou eie oë as die regerings van die wêreld tog so vernaam.
Dit wat sleg is vir `n wêreld voorhou as die goeie in `n bose raam.
Hul wil kom aankla oor dit waaroor jy jou behoort te skaam.
Met hoerery, bedrog, moord en aborsie
laat jy die wêreld in jou bose wettestelsels vergaan.
Oor elke verbasterde daad in die vlees sowel as die geloof
gloei jy van trots in jou duister waan.
Maar oor `n verdrukte-onderdrukte regverdige stort jy ewig nooit `n traan.
Maar nogtans wil jy triomfantlik as `n aanklaer
oor My uitverkore verseëldes kom staan.
Om My daarop attent te maak sodat ek hul met my grote oordeel moet vermaan.
Net soos met Job wil jy dat Ek jou toelaat
om hul ewig in wanhoop tot op die ashoop van Hades te verslaan.
O Satan hoe lank gaan jy nog voortploeter in jou ewige verlore sotheidswaan.
Om as `n teenstander teenoor My in die ewige oneindigheid te wil staan.
Vir jou tot ewige oordeel swenk en swaai die maan in haar wentelbaan -
so harig soos `n verslete goïngsak die donker tot die nuwe,
ja, vanaf die sekel tot die bloedrooi volmaan.
In jou hoogmoed sal jy ewig val
en nooit is daar iemand wat oor jou sal stort `n hartseer traan.
Weet daarom Satan waar jy alweer nader kom met jou oordeel blaam.
Daar is niemand wat met enige beskuldiging tussen My en My verseëldes kan staan.
Vir hul is van alle ewigheid berei die weg na die ewigheids laan.
Maar vir jou O Satan het Ek ewig lank genoeg vermaan.
In sak en as is dit net jyself wat na die ashoop van jou eie Hades gaan.

 



Openbaring 689
Gesig van die swart-grys mot.

Maandagnag 18 Mei 2009
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer

In `n droomgesig gebeur die volgende: Terwyl die goeie Gees Hom eers
stelselmatig maar dan al hoe vinniger van die wêreldmense onttrek, hang daar
skielik `n groteske kokon vanaf `n boom waarna dit oopbreek en `n gees in
die vorm van `n reuse swart-grys mot kom daaruit tevoorskyn - wat op haar
beurt haar eiers in al die wêreldmense gaan lê. Die lig in hul oë verdof
en almal begin soos siellose outomate op te tree.

 

 

Openbaring 690
Pynlik sal wees die skeiding.

Dinsdag 19 Mei 2009 17:30
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer
Twee volbloed broers sal in `n wingerd of op `n land werk.
Die een word vir Satan en die verderf
en die ander een vir Elohim en die ewigheid gemerk.
Ja, so kom daar `n tyd wat goed en kwaad finaal van mekaar gaan onttrek.
Almal wil weet hoe gaan hul die finale breek in familiebande kan verwerk.
Baie redeneer in samewerking met die wêreld kan hul die eie veiligheid versterk.
Maar daar is `n klein groepie wat met hul alles hul ewige heil by hul God wil beperk.
In beide geval gaan elk hulself met hul sterkste bates versterk.
So gaan die kwaad homself met die uiterste van al sy duister boosheid omtrek.
Maar die goeie sal haarself met die suiwerste reinheid van die Lig deurtrek.
Die intellek aan beide kante sal deur die verstand
die genade van God daarin opmerk.
Die boosheid sal dit self verhard
om nie die liefdepyn van broederlike naasteliefde in homself te kan opmerk.
So sal ook die goeie verstaan dat dit wat suiwer-goddelik is
niks van die boosheid in die Goeie kan intrek.
Ja, so sal twee by `n meul staan om samehorig tot op die laaste saam te werk.
Maar goed sowel as kwaad
sal een van hierdie vir hulself in `n oomblik vir die ewigheid merk.
In hierdie oomblik sal die broederliefde homself van die mens onttrek.
Gun daarom jouself O Sion nou die luukse van trane oor verlore geliefdes
voordat jy moet onttrek.
Maar weet dat jou Verlosser jou in jou oomblik van pynlike verdriet gaan versterk.
Ja, twee broers van een ouerpaar sal saam in een familie besigheid werk.
Maar daar kom `n tyd en die een word vir die wêreld en Satan
en die ander een vir God en die ewigheid gemerk.