
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 671
Die Goddelike skepping -deur die mens verag.
Saterdag 2 Mei 2009 06:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Waarna is dit wat die mens so desperaat nog streef.
Om al die chaos, wanhoop en pyn op hierdie aarde te kan oorleef.
Is dit sodat sy siel as ʼn wese in `n geestes- lewensdimensie kan voortleef.
Of is dit bloot `n instink
sodat ook homo- sapiens as `n spesie op die aarde kan oorleef.
Hoe fyn en in 'detail' het Ek nie die menslike liggaam
in die moederskoot geweef.
Sodat Ek met my Gees oor die waters van sy wese kon sweef.
Met My Lig het Ek die helfte van sy duisternis met My dag omgeef.
Sodat hy met die Goddelike kennis na `n ewige lewensdag kon streef.
Daardeur vanuit die vaste aarde van sy liggaam
na `n oneindige geestelike ruimtesfeer te kon streef.
Met die asem van My eie Gees het Ek voorsorg getref
dat iets van MY self in die spieëlbeeld tot lewe ewig voort kan leef.
Maar die lokstem van die verleiding
het listig deur die wese van die mens kom vibreer.
Deur die verleiding word gefluister; naïef is jy in die onskuld gekluister,
maar deur die kennis van goed en kwaad word jou lewenskennis breër.
In sy strewe na vooruitgang
raak die mens toe van die Goddelike gees en kennis toe net al hoe leër.
In plaas van sy goeie Skepper begin die mens homself te eer.
Oor die landgoed van sy eie liggaam roep hy uit die titel "lord O heer".
In plaas van `n beskermer is dit as die verwoester
wat hy hom nou na sy aarde keer.
As `n selfaangestelde koning vra hy van die materie net al hoe meer.
In die kennis van die kwaad
laat hierdie vernietiger homself nie meer langer keer.
En as `n spieëlbeeld van Satan
wil die mens in hoogmoed hom nou deur sy naastes laat eer.
In eiewaan sien die duisternis in die wese
op die lewenslig van die mens nou neer.
Sodat die Gees van God nie meer langer as `n sagte simfonie
oor die waters van die menslike wese kan sweef.
Bitter vra daarom die lewensfilosofie
waarna is dit wat die materiële mens so desperaat nog streef.
Om al die chaos, wanhoop en pyn deur homself
op hierdie aarde geskep te kan oorleef.
Openbaring 672
In ellende vasgevang sit ’n wêreldpopulasie.
Saterdag 2 Mei 2009 16:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In ellende vasgevang
sit `n wêreldpopulasie as slawe in `n wêreldsisteem groef.
Oral-oor het hul die vermoë verloor
om hul oor hul verlore geestes toestand te bedroef.
Sag het Ek na dit wat Myne is onophoudelik geroep,
ja, na dit wat heilig is het Ek met geen moeite te groot, gesoek.
Met geduld het Ek `n heilige volk vermaan
moet my nie langer met jul gruwels bedroef.
Ja, Ek het jul dringend gewys om My nie meer langer te versoek.
Met langdurige geduld
het Ek die kosbare uitverkore kronieke vermaan en hul beproef.
Nou kyk die grote Vader na `n betraande eens heilige volk en vra:
My kind waarom in jou verlorenheid nou so diep bedroef?
Saam met `n verlore wêreldbevolking
is jul vasgevang in die bindende slawebande van `n matriks groef.
Hoe lank het Ek hul nie beloof Ek sal jul van jul gruwelsondes reinig -
maar nooit moes jul My Heilige Gees weer met jul arrogansie bedroef.
Ek het hul vertel;
veilig in MY liefde sou hul nooit weer oor vergete sondes hoef te wroeg.
Ook het Ek hul daarop gewys-
stadig maar seker draai stywer die eindtyd se skroef.
Hul genooi- trek nouer die eindtydlaer in die vorm van `n perd se hoef.
Deur die opening daarvan
sal jul Verlosser na binne kom om in julle midde te vertoef.
Agter Hom sal die heilige ingang verseël
en die verseëldes sal nooit weer na hul Skepper hoef te soek.
In die beskerming van die Allerhoogste
sal hul in ewige saligheid nou vertoef.
Ewig nooit sal Satan dit wat heilig is weer steek onder die loef.
`n Loflied hef Sion nou aan
met haar gesig nooit weer vasgevang in ellende so stroef.
Sy roep en sê: My Elohim, ek sal nooit weer probeer om U te troef.
Ja, die tyd het naby gekom
waar die Messias ewig in die midde van Sy kleine beminde gaan vertoef.
Openbaring 673
Die betekenis van nommer sewe.
Sondag 3 Mei 2009 08:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Jou nuuskierigheid geprikkel deur die nommer ses-
vra jy My daarom na die betekenis van nommer sewe.
Ek antwoord jou: Daarin lê die geheim van die ewige lewe.
Met My Skeppingsgees sal EK ewig oor alle waters swewe.
Met sewe seë het Ek die vastelande van die aarde omgewe.
Voor MY heilige aangesig sal alles wat boos is vir ewig moet bewe.
Sewentig maal sewe moet die kind van God sy naastes vergewe.
Na die sewe lê die agtste ewige Sabbat om na te strewe.
Nooit moet die sondaar se moed hom na My begewe.
In die sewe lê die koningskap van Melgisedek ewig verhewe.
Met Sy Sewe Heilige Geeste is Elohim ewig altyd omgewe.
Reik daarom uit na die Goddelike eienskappe in die heilige sewe.
Soek daarom die poort na verlossing deur die Messias
na die ewige onverganklike lewe.
Openbaring 674
'n Gesig oor Sjinese.
Sondag 3 Mei 2009 23:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In `n droomgesig ervaar ek die volgende: Ek hardloop saam
met `n Sjinese
meisie deur `n Afrika bos. Sy wys na verskeie murasies en sê: Dit en
dat het ons bygedra tot Afrika se ontwikkeling, maar nou word alles in ons
gesig terug gegooi en word ons saam met julle agtervolg, sodat hulle ons
ook kan vervolg. Ons bars deur `n bos en kom op `n strand uit waar haar
oupa halflyf in die see met `n net staan en visvang. Hy skiet die een na
die ander vangs op die strand uit en ek komplimenteer hom met sy tegniek.
Waarop hy antwoord die vangs is deesdae maar swak. Ek kyk na die strand
en sien die visse het skielik bene en almal van hul loop terug die see in.
Eenkant lê `n enorme viskop maar die lyf makeer.
Openbaring 675
Meer duidelikheid omtrent die koningin van Skeba.
Maandag 4 Mei 2009 10:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Iemand wil meer duidelikheid hê oor twee verskillende
openbarings
wat handel oor die koningin van Skeba en veral oor die verskil
ten opsigte van die geskenke waaroor sy oënskynlik gelukkig,
maar terselfdertyd ook ontevrede was.
Ek antwoord jou as volg:
Millenniums lank het die Afrika-boorling homself minderwaardig
teenoor die meer ontwikkelde Adamiet gevoel en in hul strewe
om hulself gelyk te kon stel aan bogenoemde, het die bogenoemde
meer intellektuele heerseres, wat `n direkte afstammeling van Kain was
en wat met haar stam op hul beurt, weer op `n hoër beskawings-
ontwikkelingspeil as die res van die meer primitiewe Afrika stamme was,
letterlik probeer om vir haar en haar volgelinge `n pad na die
ontwikkelingspeil van Israel oop te koop - om dit sodoende op haar beurt
weer in haar landstreek, tot almal daar se voordeel te kon implementeer.
Oorlaai met rykdomme vanuit haar verafgeleë Afrika streek het sy met haar
enorme ryk karavaan en dubbelsinnige-agenda by die hofhouding van
Salomo opgedaag. Redelik ver gevorderd betreffende die myn-tegnieke
van daardie tydperk, was sy gretig om nie net daarvan -sowel as haar
besonderse wysheids-filisofieë uit te ruil nie - maar was sy veral daarop
ingestel om terselfdetyd heelwat meer oor die verskillende infrastrukture
van Israel te bekom. Maar slim en uitgeslape soos wat Salomo nou
eenmaal was - was hy op sy beurt nie bereid om sekere aspekte van
die sukses van sy koninkryk met ander hofhoudings en lande te deel nie.
Met die baie fyn diplomasie van daardie tyd het die betrokke tafereel
homself ten aanskoue van vele ander teenwoordige hofhoudings afgespeel.
Met `n oorvloedige alternatiewe vergoedings geskenkpak het Salomo
haar met oorbodige geskenke, vanuit sy skatkamer -
op sy beurt ontvang van ander konings - na haar koninkryk terug gestuur.
Oënskynlik so waardig as moontlik het Skeba die aftog geblaas
(met hierdie vir haar bykans waardelose en nuttelose geskenke)
en na haar landstreek terug gekeer.
Waarop Ek self haar met goddelike deernis genader het en aan haar
in `n toekomsblik geopenbaar het dat ook sy in die einde van
die tye as `n oordeel oor die konings van die aarde sou opstaan.
Soos met alles het ook die geskiedenis `n manier om homself te herhaal.
Tot en met heden vandag gebeur dit gereeld in die opsig dat die meer
ontwikkelde koninkryke vanaf die Noorde, Ooste tot die Weste - Afrika
deur middel van slim manipulasie uitbuit, om sodoende hulle rykdomme te kan bekom.
Menigmaal het verskillende Afrika leiers oënskynlik hoogs tevrede van
onderhandelingstafels af opgestaan, om net later met skok en teleurstelling
agter die kap van die byl te kom
en te vind dat hul behoorlik aan hul neuse rondgelei was.
Openbaring 676
Abba-Vader se doel met ons aardse lewens.
Dinsdag 5 Mei 2009 16:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Om iewers oor die doel van die lewe te begin
-moet mens heel eerste oor die behoefte van die liggaam besin.
In die fisiese behoefte wou die liefde
deur middel van haar liggaam net hartstogtelik bemin.
Vanuit hierdie behoefte het nuwe lewe as `n fisiese mens begin.
Met `n behoefte tot die polsende lewe het die embrio sy eie hartklop begin.
Sodat hy die nodige voedingstowwe tot elke nuwe sel in wording kon bring.
Afhanklik van die moederliggaam
was die nuwe liggaam se behoefte spoedig nie te gering.
In `n behoefte na suurstof vir lewe
het die mens se eerste kreet deur die atmosfeer gedring.
Die moederliefde wou nou na elke klein behoefte
omsien van haar nuwe kleinding.
So het in behoefte op behoefte van die liggaam
die lewe vir die mens op aarde begin.
Die behoefte na die slaap is daar om die energieke aktiwiteite met rus te
verdring.
In slaap en opstaan, eet en drink, ook in die wisseling van temperatuur,
ja, in elke aksie willekeurig of onwillekeurig
is die behoefte altyd daar om hom iewers in te dring.
Vinnig kom die mens tot die slotsom
die 'eie ek' se behoefte is teenoor `n ander se behoefte nie te gering.
Net die heel beste wil die mens in sy eie behoefte nou vir homself laat
nader bring.
In die behoefte van die liggaam
laat Satan homself ook nou onopsigtelik nader bring.
Kort voor lank 'baar' hy selfsugtige klein demoontjies -van hul `n hele
string.
Vervul tog net al ons behoeftes is al wat hul van die oggend tot die aand
wil sing.
Stil en eenkant staan die Gees wat ook haar enkel behoefte wil nader bring.
Sy roep en vra:
"Ag my behoefte wat ek tot redding van die mens wil bring nie te gering".
Ek wil die Lig van God na die siel toe bring
om die duisternis om haar te kan verdring.
Sodat sy kan ontdek in die vele behoeftes van haar liggaam
word die behoefte van haar siel heeltemal verwring.
Maar elke behoefte van die liggaam raas net harder
om die stem van die goeie Gees te kan verdring.
Maar spoedig kom die dood in sy vele vorms van behoeftes-ontbering.
In die leweloosheid van die dood
is daar ewig geen behoefte meer wat die dooie liggaam in beweging kan bring.
Die siel nou gestroop van haar behoeftes voorsiening-nering-
is nie by magte om haar oor te gee aan die sagte ewige goddelike streling.
Sy stort haar daarom desperaat in die dooie behoefte neer
sonder enige hoop of bekering.
Maak daarom die koninkryk van die hemel jul eerste prioriteit,
ja, jul grootste behoefte en jul ewige nering.
Weet daarom ook elke noodsaaklike aardse behoefte
word hierna deur God aan jul in die regte balans voorsien en gebring.
Openbaring 677
Algehele tekorte, skaarste, pessiektes en hongersnood wag!
Woensdag 6 Mei 2009
23:45
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In die Ooste staan die rysoes binnekort verdor, dood en
geel.
Wyn raak skaars en so ook die druiwetros aan die prieel.
Die vleisprodusente roep:
Deur pessiektes kan ons nie meer met ons stoetvee teel.
Die wêreld roep:
in hongersnood staan ons almal nou onder dieselfde sambreel.
`n Engel roep en sê:
Van alle lewensmiddele is daar binnekort nie meer veel.
Laat ons daarom die rantsoene nou onder die heiliges uitdeel.
Gee in `n dag se rantsoen `n bietjie olie en `n handvol meel.
Wee elkeen wat dit sal waag om iets van `n heilige weg te probeer steel.
Maar die wêreldorde lag en sê:
Kalmeer; julle is alweer besig om jul self te verbeel.
Konsentreer liewer op vermaak
en kyk hoe die wêreldspanne vir julle rugby en sokker speel.
Maak stil die doemprofete, ja gryp hul nou hardhandig aan die keel.
Vir moontlike hongersnood toestande
tref ons deurentyd die heel beste voorsorgmaatreël.
Kyk in honger Afrika is ons die heeltyd besig om tonne meel
aan die armes uit te deel.
So- steur jul aan die vele moontlike kataklismes nou regtig nie te veel.
Maar in hul hoogmoed raak die wêreldorde gesante
vir die oordeelsengele nou eenmaal net een te veel.
Hul sê: Die tyd het nou gekom en ons maal jul nou binnekort fyner
as jul goedkoop generies-aangepaste meel.
Ja die tyd is hier en die oordeel word ten einde laaste
oor hierdie wêreld droginstelling verseël.
Openbaring 678
’n Sluimerende pes gaan miljoene pynlik wegraap.
Donderdag 7 Mei 2009 01:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Gebreinspoel deur die wêreldmedia
is die mensdom dommer as die domste aap.
Ja die domme-stomme mens se laaste bietjie 'common sense'
is deur hul owerhede onderdruk en gekaap.
Willoos staan hul maar tot slagting nader soos troppe skaap.
Nog `n bietjie sluimer ja nog `n bietjie slaap.
Voor die wêreld nog sy oë kan uitvee
het verskillende peste miljoene weg kom raap.
Deur radiogolwe gaan vernietigend en onophoudelik
die hoë frekwensie van die "haarp".
Heeltemal te laat gaan die mens tot sy oorlewing wil raap en skraap.
Maar die massas haal hul skouers op en sê:
Ons regerings sal toesien dat niks ons skaad.
Daarom vertrou ons volkome op die staat
en volg in elke opsig die wêreldmoondhede se goeie raad.
Maar vir hierdie ongeërgdes raak vinnig vol hul eindtydmaat.
Donker raak dit nou vir die wêreld in sy eerste doodsnikke te laat.
Ja nog `n bietjie sluimer en nog `n bietjie slaap.
Die dood loer deur `n sluimerende pes
om miljoene in die nabye toekoms weg te kom raap.
Openbaring 679
Gesig van 'n pawiljoen ongeluk.
Donderdag 7 Mei 2009 17:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In `n gesig sien ek hoedat `n pawiljoen of stellasie in
duie stort.
Daar is baie mense by betrokke en daar heers chaos.
Openbaring 680
Die voorafgaande openbaring se uitleg.
Vrydag 8 Mei 2009 09:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Jy wil meer weet oor die voorafgaande openbaring en gesig
wat jy gehad het
en Ek antwoord jou: Net soos wat `n liggaam toegerus is met sy siel en gees.
Net so is elke openbaring, gesig of profetiese uitspraak meerledig
van aard en sal dit op die regte tyd in die praktyk manifesteer - maar
terselfdetyd beskik dit altyd ook oor `n dieper geestelike betekenis.
In die geval van die gesig wat jy gehad het, dui dit op `n toekomsblik waar
daar wel `n fisiese ineenstorting van `n mensgemaakte konstruksie gaan
plaasvind - maar terselfdetyd dui dit ook op `n platform wat `n wêreldorde
daargestel het om veral deur middel van die media die wêreldbevolking te
beheer.
Hierdie valse platform met sy nuttelose strukture en leë beloftes gaan in
die komende tye met die verskillende kataklismes wat gaan volg totaal in
duie stort, omdat die mense spoedig in die oorkoepelende chaos gaan
agterkom dat hulle hul vertroue in `n sisteem sonder enige waarheid of
meriete geplaas het. Na hierdie gebeure is die tyd van soetsappige onsin
waardeur die mensdom gemanipuleer was ook finaal verby en so ook die
tydperk van die vrye wil en keuse en die mensdom sal deur `n bose struktuur
met die ergste denkbare dwang beheer word.
![]() |