
e-pos: judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 661
Godverlate is die węreldling deur sy vraatsug.
Saterdag 25 April 2009 14:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Wyd oor węreldvlaktes kom klaend die klank van `n gevalle
mensdom koor.
Treurig kom hul wanhoopslied begelei op `n stukkende ou węreldviool.
Staan nou nader word gul die uitnodiging gerig
aan `n onsigbare verbeeldings-gehoor.
Hul wink en sę:
Kom nader sodat jul ons klaaglied beter kan aanhoor.
Skerpsinnig was ons deur ons eie vindingrykheid
mateloos beďndruk en bekoor.
Maar aan die einde van ons ontwikkelingspad
het ons net oneindig baie ellende vir ons self gestoor.
Dekades lank vir onsself onverpoos die grootste rykdomme oopgeboor.
Met die materie het ons gespeel en geëksperimenteer
en ongelooflike artikels daaruit getoor.
Onversadigbaar het ons gesmag na meer en meer
en daardeur ons eie siel vermoor.
Die roepstem in ons hart na God
met ons eie onversadigbare vraatsug doodgesmoor.
Ja, `n grote węreldpopulasie
voel oor al hul tevergeefse pogings nou ellendig goor.
Hul vra hulself wat is daar nog oor om te wen of te verloor.
Hul kla en sę:
Ons sit tot verby ons nekke toegedek in ons eie uitskot, ja, in ons eie
riool.
Godverlate is daar niemand wat wil luister na ons ellendige klaaglied
of iets daaroor wil aanhoor.
`n uitgediende węreldsisteem
is besig om ons stadig maar seker dood te versmoor.
In ons verlore illusiewęreld is daar geen toekoms, geen hoop,
ja, treurig vir die węreldling is daar nęrens niks meer oor.
Openbaring 662
’n Verrassing vir die hoogmoedige, węreldling.
Saterdag 25 April 2009 15:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Ewig en altyd is die węreldling se hart in hul hoogmoed
kliphard versteen.
Wie bluf die węreldling wat in selfbejammering
met krokodiltrane oor sondes wil ween.
God en engele wil oortuig hul is van al hul begeertes en sondes gespeen.
Terwyl hul om vergewing smeek
met dieselfde asem na `n belangrike plek in die hemel vir hulself verneem.
Neus in die lug kyk hul na die uitverkorenes
en verwys na hul as idioties, eenvoudig en ekstreem.
Ja, uit die hoogte kyk hul na die heiliges en sę:
'Skoert' ons sal dit van hier af verder neem.
Langs God sal ons staan
terwyl hemelskares met oorverdowende applous sal kom op hulle been.
So onvervangbaar belangrik wil almal altyd na ons teenwoordigheid verneem.
'Kyk' die grote God kon nie wag om ons weer in Sy midde op te neem.
Ja, hul kyk op God se opregtes neer en sę:
Oor julle afwesigheid sal die hemel nooit nie ween.
Maar oor ons baie belangrike hoofde
moet die Goddelike seën ewig altyd in oorvloed neer reën.
Maar die heilige engele staan nou nader en sę:
Wat betref julle ewige akkommodasie sit ons nou met `n effense probleem.
Nie eers `n heel agterste sitplek is vir jul gereserveer om in plaas te kan
neem.
Slegs oordeel en vernietiging is al wat op jul onheilige hoofde neer gaan
reën.
Binnekort sal jul net soos die rykman by Lasarus smeek
om `n druppel water uit die voetwaskom van die heiliges geneem.
Openbaring 663
Gesig van 'n baie onstuimige see.
Saterdag 25 April 2009 23:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Ek raak aan die slaap net om wakker te ruk. In `n gesig
sien ek die volgende: Ek sien `n baie onstuimige see
waarin `n groot skip amper soos die Titanic sink.
Tussen die baie groot golwe dryf baie rommel rond.
Net hierna sien ek `n klomp verrinneweerde seiljagte
en beskadigde vissersbote- ek hoor oor `n nuusbulletin
hul praat van vermiste persone en vaartuie.
Openbaring 664
Hoe lank wil jul My nóg beproef!
Sondag 26 April 2009 05:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die stem van die Gees pleit en roep - na verlore kinders
is Ek op soek.
Met die grootste geduld roep Hy; hoe lank wil jul My nog beproef.
Millenniums lank van vroeg tot laat onverpoos het Ek vir jul geswoeg.
Maar tot op die laaste oomblik sal Ek aanhou roep al is Ek ook hoe moeg.
Ek sal dreig en met julle baklei en die mens deur My toorn laat wroeg.
Sonder ophou sal Ek na `n tyd vra waar ons mekaar uiteindelik kan ontmoet.
Ek sal die mens nooi na die Paradys
en hul vertel van `n lewe daar oneindig baie soet.
Hul vertel- staan teenoor die sonde sterk en hou in My liefde goeie moed.
Onthou aan `n kruis het Ek vir sondaars met My Goddelike bloed geboet.
Ja, Ek pleit en raas, Ek roep en versoek-
ewig altyd probeer Ek om die sondaar in die wedergeboorte te ontmoet.
Maar helaas kom vir elk die einde van sy tyd,
waar God hul nooit weer in liefde sal beproef-
of die mens sal aanmoedig om die sonde te vermy
en aan hul vertel die vader daarvan was nog altyd die grootste boef.
Ja, vir elkeen kom spoedig die tyd om hul tydelike verblyf te groet.
Om in diepe berou nou oor verspilde kanse te gaan boet.
Terwyl Ek so desperaat na die mens roep-
om hul na die wedergeboorte van hul siel en gees te roep.
Is daar miljoene wat met hul weiering die Gees daagliks diep bedroef.
So kom ook nou die einde van `n tydvak waar die Gees droefgeestig sug:
Ek is oneindig moeg.
Die goeie Vader besluit:
My Gees het lank genoeg vir `n ondankbare mensdom tevergeefs geswoeg.
Hy laat kom Sy heilige engele vanuit die vier windstreke
en laat hul weet genoeg is nou genoeg.
Ondankbaar was die Goddelike moeite in lande van verlore hoop ingeploeg.
Bitter klein is die opbrengs -
maar gaan haal elke korrel, ja, bring in My kosbare klein oes.
Vir hul aan `n kruis het Ek nie tevergeefs met bloed gesweet en gewroeg.
Maar vir hul ewige destinasie het Ek betaal met my edel Goddelike bloed.
Bring daarom met sorg in; hierdie kleine kosbare oes.
Verseël en bewaar alles hiervan om as edel saad in `n volgende tydvak,
`n enorme oes vanuit hul, vir die ewigheid te kan oes.
Openbaring 665
Wee elkeen wat God opsetlik spottend vermy.
Sondag 26 April 2009 05:15
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Waarom en waaroor wil die mens in sy kort bestaan die
heeltyd met God stry.
Hoekom laat die mens hom ewig altyd deur die sonde onderkry.
Die mens probeer deurentyd om God in geloofsraamwerke en kerke te kry.
Terwyl hul terselfdetyd Hom om elke hoek en draai systap en vermy.
Jare het gekom en gaan en die dae raak nou kort en die tyd is naby.
Kort voor lank is alles vir die węreldling vir ewig verby.
Na die Brood van die lewe is sondaars gul genooi; 'kom kry'.
Open jul hart en laat jul deur die Gees van God verbly.
Moet jul nie deur die juk van sonde en versoeking laat onderkry.
In `n geslote dimensie gaan die verlorenes
oor die afwesigheid van God ewig treurig moet ly.
Salig is daarom die wat standvastig in hul geloof by hul Meester bly.
Salig is die wat hul oor die koms van die Seun van die mens verbly.
Ja, salig is die wat in volharding die sonde met alles probeer vermy.
Salig is die wat hul deur die druk van `n bose węreldsisteem nie laat
onderkry.
Salig is hul wat weerloos maar dapper vir die koninkryk van God gaan stry.
Salig is hul wat as moderne martelare soos hul Messias eens gaan ly.
Terwyl hul in doodsangs en pyn hul nog steeds in hul grote God gaan verbly.
Maar wee die een wat hom deur verkeerde węreldkeuses gaan laat onderkry.
Wee hul wat gaan toelaat dat Satan ewig die mag oor hul siel gaan kry.
Wee elkeen wat die gees van God opsetlik spottend gaan vermy-
en wat homself oor die lydingsbeker van `n uitverkorene gaan verbly.
Wee elkeen wat `n struikelblok in die pad gaan lę
van die wat vir die koninkryk van God moet stry.
Ja, wee hul in hul dag wat hul- hul loon in oordeel gaan kry.
In hierdie dag sal Sion haar oor haar regverdige God verbly.
Sy sal weet hoe groot is die loon vir `n kryger
tot op die einde vir haar God gestry.
As mede erfgenaam gaan sy saam met haar Verlosser
haar ewig oor haar goddelike erfenis verbly.
Openbaring 666
Die getal van ’n mens- 666
Maandag 27 April 2009 21:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Ses-ses-ses die nuwe maan kyk trietsig Wes.
Ses-ses-ses `n oordeelsengel slyp en toets sy mes.
Ses-ses-ses `n paniekerige węreld doen sy bes.
Ses-ses-ses `n oordeelsengel lag en sę: Ek is hier met die pes.
Ses-ses-ses erger dinge gebeur binnekort met die oorlewende res.
Ses-ses-ses wat broei daar volgende vanuit die duiwel se nes.
Ses-ses-ses die ekonomie stort in duie en gee nou bes.
Ses-ses-ses die merk van die dier verskyn met `n trippel ses.
Ses-ses-ses die skrif is aan die muur vir almal tot `n dure les.
Ses-ses-ses met heilige bloed wil die hoer haar wraakdors nou les.
Ses-ses-ses laat die wysheid die getal bereken.
Dit is die getal van `n mens en dit is ses-ses-ses.
Openbaring 667
Meesterlike leiding.
Dinsdag 28 April 2009 09:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In die spreuk
word die Waarheid en die leuen, ja, goed en kwaad van mekaar geskeur.
In die openbaring
lę die waarskuwing tot oorlewing vir die toekoms tot bewaring.
In die visioene
kom toekomsgebeure na vore en ontbloot Satan met al sy legioene.
In `n gesig
word berig oor gebeure binnekort op `n sondige węreld gerig.
In die lering
word die mens onderrig om homself te onthou van die ewige ontbering.
In die Psalm
kom `n lofrede wat tot in die oneindigheid sal weergalm.
Die een wat daarom Psalm sing
sal die eer namens almal om hom na God toe bring.
So sal ook die een wat werklik sien
die ander onvoorwaardelik met sy gawe dien.
Die een wat die Waarheid spreek
kom om hom met geweld op die leuen te wreek.
So kom ook na die aarde die profeet
sodat globaal `n węreld van sy probleme kan weet.
In `n volkie soos hierdie
het elke uitverkorene iets van bogenoemde in homself so `n bietjie.
Vir die węreld tot `n eindtyd oordeel
het die twee getuies van alles hierbo `n maat daarvan te veel.
Wee daarom elke valse profeet
wat in God se naam wil spreek –
in Hades word die bloed van verlorenes vir ewig op hul gewreek.
Openbaring 668
Grynsend op sy vaal perd.
Dinsdag 29 April 2009 21:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Verpletterd op die aarde spat `n oordeelsengel se skaal.
Waarom word `n węreld se knieë so vinnig slap, waar is nou al hul staal.
Ja, waarom lyk die węreldling gestroop van sy hoogmoeds- eiewaan
nou so blootgestel en kaal.
Oor honderde waarskuwings het die mens ligsinnig gesmaal.
Gedink dit word uit die duim gesuig vir `n verbeeldings verhaal.
Vindingryk het Ek met My uitverkore volk gepraat in hul eie taal.
Hul vertel daar kom die ryperd van die dood en hy is baie vaal.
Maar hoogmoedig arrogant het hul My in elke opsig gefaal.
Dit wat wou staan vir `n węreld word nou saam met die węreld fyngemaal.
Waarheen sal die węreldling nou vir hul redding heen nael.
Na hul kerke kan hul nou maar vinnig gaan -
hul kan hul heer maar aanroep en vra na hulle Baäl.
Maar met `n oordeel oor hulself gebring daarmee is hul nou opgesaal.
Vanuit `n węreld-massa roep vele luidrugtig wil U nie tot ons redding neer
kom daal.
Met al ons 'liefde' sal ons U verseker nou wil onthaal.
Maar verpletterd op die aarde spat `n oordeelsengel se skaal.
Woedend kyk hy na hul geveinsdheid met `n volgende oordeelstraal.
Ja, die vaalperd van die dood galop oor die węreld
met die doodsengel grynsend in sy saal.
Openbaring 669
Dit is verby met die heilige volk.
Dinsdag 29 April 2009 22:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Oneindig die hemelskares wat na die aarde kyk deur `n
dimensionele ruit.
Die heilige volk se mag is heeltemal verbreek in `n land in Afrika Suid.
Die mens se kosbare lewe beteken binnekort nie meer `n bloue duit.
Terwyl die mensdom selfbejammerend luidrugtig hul neuse kliphard snuit.
Vreesbevange sę: Daar is geen entstof waarmee ons- ons teen die pes kan
spuit.
Lę die bose en loer, ja, hy lek sy lippe af vir `n enorme buit.
Wie en wat gaan die onbeheerste skares in hul vrees kan stuit.
Selfs die sekuriteitsmagte sal spoedig saam met die massas muit.
Terwyl mense wanhopig sal trek vanuit sommige stede uit.
Kom daar boonop vanuit hierdie chaos die stank van oorlogkruit.
Bomme bars los dat die nasies se ore daarvan tuit.
Deur dit alles lag dawerend die dood en hy sę dit alles skeel my nie `n
bloue duit
Openbaring 670
Die tyd van oordeel het nou gekom.
Donderdag 30 April 2009 23:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
`n Duister wese vlieg laag oor die aarde
om die situasie goed op te kan som.
Donker, afgryslik duister is die tyd wat nou oor die aarde kom.
Sag en ritmies kom vanuit Afrika die oeroue klank van die drom.
Teen `n bloedrooi agtergrond dans silhoeëtte in `n kring al om en om.
Vanuit hul midde kom `n sagte onheilspellende gebrom.
Die kleingelowiges raak nou in hul vrees stil en stom.
Vir oulaas doen die Satan sy rondtes as `n engel van die lig vermom.
Laggend kyk hy na die gemeentes en sę:
So slim maar tog so uitermatig dom.
Spoedig gaan die uitgediende kerke ook nou aan hul einde kom.
Die Mammon strukture wat die geloofstrukture regop moet hou
val ook nou om.
Groot skares wat nou aan die ark se deure hamer en roep:
Laat ons ook binne kom.
Maar `n stem antwoord:
Ewig is jul aan die liefde vir die materie vasgegom.
Daarom het die tyd van oordeel nou oor die węreld gekom.
![]() |