
e-pos: judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 651
Wat is groot en wat is waarheid.
Vrydag 17 April 2009 11:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Kinderklein maar bekkig tog so goed getryn.
Wil die moderne kleuter dikwels weet wat is regtig groot en wat is klein.
Oneindig in die heelal staan ons son as `n ondenkbare stoffie tog so klein.
Watter grootte kan ons aarde homself hierteenoor nou toe eien.
Teenoor die olifant sę die mier ek is oneindig baie klein.
Ja, elke liggaam word `n heelal waarin elke sel van hom verdwyn.
Op sy beurt word die sel `n grote son wat weer oor sy eie atome skyn.
Verontwaardig is die kleuter
wat oor modderhandjies homself die vraag toe eien.
Wat is nou eintlik onrein en vuil en wat is skoon en rein.
Vanuit die grond groei ons voedsel nog ewig altyd rein en plein.
Waarom maak die grond aan my kinderhande
nou van my `n kleine modder-swyn.
Teenoor die volwasse sonde
staan ek in my kinderonskuld voor God baie rein.
In die witleuen is daar ook glad nie iets wat vir die kind wil rym.
Oor grootmense wat mekaar die heeltyd met mooi woordjies wil verklein.
Om in kamma liefde - haat en nyd na mekaar toe uit te sein.
So wil menig kinderhart dikwels van My weet
waarom die waarheid in die witleuen moet verdwyn.
Ja, kinderklein maar bekkig tog so goed getryn -
wil verward vandag se kinders weet wat is nou regtig groot en wat is klein.
Soos `n klein volwassene moet hul die heeltyd voor ander verskyn.
Maar wil hul as `n kleine filosoof
hul ouers vra oor dit wat nie vir hul wil rym.
Moet hul baie vinnig in `n fantasiewęreld met hul speelgoed gaan verdwyn.
Openbaring 652
Nog altyd is daar hoop.
Saterdag 18 April 2009 05:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Meer as een persoon wil van jou weet of `n vorige
openbaring wat handel
oor die 'ja of nee' stem betrekking op hul sou hę indien hul in hul
onkunde verkeerd sou stem. In `n teenvraag wil Ek weer graag van hulle
weet - hoeveel van hul het nadat hul in lojale trou met `n 'ja' agter die
wereld aan wou tou, in opregte berou hieroor vir vergifnis na My gekom.
Weereens wil ek hul daaraan herinner- aan `n folterpaal op Golgota het
Ek gesterf sodat Ek almal wat in opregte berou, hoe groot hul misstap
ookal was, terug vir My koninkryk kan werf. Ook wil Ek hul daaraan
herinner waar daar lewe is, is daar nog altyd hoop en waar eersgenoemde
vraag `n mens nog pla is daar verseker nog `n helder vonk van die Gees wat
tot die gewete spreek oor en nooit sal die hoop die een wat by die voet
van die kruis met My hieroor wil praat, dit ewig ooit berou.
Openbaring 653
'n Tyd, twee tye en 'n halwe tyd!
Saterdag 18 April 2009 20:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Weemoedig die heildronk en suur die wyn.
Baie stik in hulle bloed en krul van die pyn.
In hierdie tyd moet dit wat heilig is die moorddadige massas vermy.
Vir drie en `n half termyn is onrein besig om rein te ondermyn.
Binne twee en `n half-jaar is alles verby vir die węreldswyn.
Dit wat nou bestaan sal vir ewig in die niet verdwyn.
Waar is nou die hoop wat vir hierdie laaste geslag moet verskyn.
Die groot dag van die toorn het naby gekom en wie gaan staande bly.
Ja, wie is daar van die węreld wat die oordeel gaan kan vermy.
Konings, grotes en rykes
gaan soos molle in mensgemaakte spelonke probeer bly.
Terwyl paddastoele soos wolke oor die aarde uit gaan dy.
Ja, die wysers stap aan en spoedig is die tyd verby.
In `n geldlose stelsel is dit ook in die nabye toekoms met geld verby.
`n Ster aan die hemel gaan op die aarde val- soos van `n boom haar oorryp
vy.
Die heel dapperes sal skreeu: O wee in ons angs het ons almal voete van
klei.
Kyk hoe skud die aarde- ook sy is besig om woedend met ons te baklei.
Ja, drie en `n halftermyn is onrein besig om rein te ondermyn.
Binne twee en `n half-jaar is alles vir die węreldswyn verby.
Naskrif.
'n Tyd, twee tye en 'n halwe tyd!
"Vir drie en `n half termyn"..
Openbaring 654
Die koningin van die Suide se wraak.
Saterdag 19 April 2009 06:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de beer
Vanuit `n verre gryse verlede kom `n bloedstollende
oorlogskreet.
Sy wys haar vinger beskuldigend en sę nou sal julle almal weet.
Die koningin van die Suide kom om haar op die dwaasheid te wreek.
Om die goddelike kennis te kon bekom
het ek my vir die wysheid na Salomo begeef.
Lank-lank gelede het ek my hand diep in die rykdom sak van Afrika gesteek.
Sodat ook ons iets van die goddelike wysheid kon leer.
Ja, met goud en Olien en vele meer-
kom die versiering van die tempel toe vanuit Afrika se eie streek.
Salomo was in sy wysheid hoër as die Ooste en wyer as die hele Egipte
gewees-
en daar was niemand vanuit die volkere wat vir hom tot leermeester kon wees.
Maar swyend as teenvoeter vir hom was ek 'Skeba' in donker Afrika versteek.
Maar wysheid wou dit nog altyd self weer teen die groot 'Wysheid' meet.
Voor ek my kon kry verlaat ek my met my omkoopgeskenk
na jou O' Salomo se landstreek.
My wysheid wou ek by jou aanvul en verbreed.
Maar minagtend het jy met my eiesoortige wysheid die gekgeskeer.
My raaisels het jy minagtend voor almal as loutere onsin oopgebreek.
Die hoogmoed het toe reeds klaar by jou sy kop uitgesteek-
en meewarig het jy met my kennis voor ander hofhoudings die vloer mee gevee.
Maar my baie ryk geskenk, gekoop met my volk se bloed en sweet-
ja, dit was vir die versiering van jou tempel heeltemal aanvaarbaar gewees.
Oënskynlik verryk van jou wysheidsgees het ek my waardig,
maar arm na siel en liggaam na duister- donker Afrika terug begeef.
Maar op my pad terug het jou God my self kom leer:
ja, Hy het my getroos en vertel; deur die mond van Salomo het Ek Israel self
geleer,
om nooit vir ander gode - My die rug toe te keer.
Sou hul dit waag sou Ek hul vanuit hul woning en hul land uitskeur.
Vanuit hul toekomstempels en kerke
sou hul nooit weer die waarheids-wysheid vir ander volkere kon leer.
In plaas van wysheid
sou net die bose leuen op die afgod nalopers se tonge kon gebeur.
Ja, almal sal in daardie tye met hul spot en vra, wat het met die heilige
volk gebeur.
Waarom het hul geliefde God hul aan stukkies laat skeur.
Maar jy O koningin van die Suide
sal in hierdie tyd opstaan vir hul tot `n bloedige oordeel.
`n Klein reine oorblyfsel sal Ek ook vir Myself in Afrika versteek.
Iets van jou wysheid sal Ek tot hul oorlewing in hul gees oopbreek.
In die Suide van donker Afrika sal Ek tot hul verdere suiwering My op hulle
wreek.
Gereinig en nederig van gees sal `n klein groepie weer biddend
hul hande na My vir die Wysheid uitsteek.
Oorvloedig sal die Wysheid in die laaste dae
My woorde oor hierdie volkie oopbreek.
Wee elkeen wat sy rug in hierdie tyd
vir oulaas op My Wysheid en Waarheid sal keer.
Jy O Skeba sal met `n wrede oorlogskreet -
oor die skade op jou nakomelinge deur die Weste vir hul geleer-
sal jy met `n oeroue seergemaakte gemoed jou met `n oordeel
deur My aan jou gegee op hulle wreek.
Maar sag in jou Afrika boesem sal jy tot die
bitter einde-
My kosbare klein oorblyfsel, ja, die draer van My Melgisedek Wysheid,
in jou eiesoortige wysheid vir My versteek.
Openbaring 655
Die heilige Gees het hul diep bedroef.
Sondag 19 April 2009 17:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de beer
Onder die vaandel van die sogenaamde 'Christendom'
is `n volmaakte leer totaal verwoes.
Hoogmoedig dink hierdies hulle is ver bokant God bevoeg.
Uit hul verdraaide leer
laat hul die gelowiges met hul verwronge eentonige Bybelverse wroeg.
Terwyl hul net soos die tempeldienaars van ouds God agteraf in die gesig
spoeg.
Terwyl die laaste ligdraers die heeltyd vir hul venynige klippe moet koes.
Op veral twee gebiede het hierdie węreldbedrieërs God te ver getroef.
In gemeenskap met ander gelowe het hul die heilige volk met afgodery
beproef.
Hul het my volk laat vergeet hul mag My ewig nooit met ander gode gelykstel
of troef.
Hul het die heilige volk aangemoedig om te verbaster
en so die heilige Gees diep te bedroef.
Ja, die heilige kronieke
wou hul in een bastermandjie met hul Bileamsleer vir ewig verwoes.
Daarom het die tyd nou gekom dat Satan na hartelus onder hierdie bedrieërs
kan oes.
Oneindig diep lę vir hul die hel se ewige onoorkombare groef.
Satan se demone ywer en draai stywer die klampe van die pynigingsbank se
skroef.
Laat hul daarom weeklaag met gesigte in hul pyn so stroef.
Die heilige Gees het hul diep bedroef -
daarom sal hul in hul onvergeeflike sonde vir ewig moet wroeg.
Openbaring 656
Die mens het ernstig teenoor God verbrou.
Maandag 20 April 2009 11:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Te lank wou die węreld van vroeg tot laat die heeltyd net
produseer.
Terwyl bose tone nou tot vernietiging oor die hele aarde vibreer,
sit die hele węreld met `n onoorkombare enorme kopseer.
Almal wil almal oor onherstelbare foute nou blameer.
Maar watter kant toe almal ookal redeneer.
Ja hul self oor gedane verbroude sake wil korrigeer.
Feit bly staan vir die węreldmag wou hul alles om hul na hul sin manipuleer.
Ja, die węreldbevolking is huidig erg getraumatiseerd.
Met elk van hul pogings raak alles net meer gekompliseer.
Beleggers wat nou treur oor `n geldmark erg verslons en verrinneweer.
Die groot moondhede se uitkoopplan word nou węreldwyd deur almal gekopieer.
Maar die ekonomie sal in sy huidige toestand nooit weer kan stabiliseer.
Ja, deur vraatsug het die mens sy planeet geteer en veer.
Hoe hul ookal nou deur skadebeheer probeer-
om die wolf en dood in al sy gedaantes van die deur weg te keer.
Onoplosbaar is die huidige węreldprobleem
vir die 'regerings' heeltemal te gekompliseer.
`n Węreld wat nou agterkom
hy kan sy vertroue nie langer op die groot moondhede projekteer-
het vergeet hul het hul God
in hul hoogmoedige besluitnemings heeltemal geďgnoreer.
Met hul nuttelose geld probeer hul nou hul swendelaar-leraars imponeer.
In hul skatkis en kerkkoffer
probeer hul tot hul redding groot bedrae te deponeer.
Ja, in groot groepe kom hul bymekaar
en probeer om God met hul getalle te imponeer.
Waarom poog die mens ook altyd om die groot ondeurgrondelike, volwasse,
verantwoordelike Skepper met soetsappige woordjies te verkleineer.
Ja, in hul selfgeskepte nood die grote Messias-Verlosser
altyd as `n kleine 'liewe Jesus' in hul selfbejammerings-klaaglied te
akkommodeer.
Wanneer hul HOM met hierdie vleiwoordjies nie kan manipuleer -
HOM skielik hoogdawerend met `n 'Heer O` Heer' wil imponeer.
Die tyd loop uit en te laat raak dit vir menigeen
om die tekens van die tye te bestudeer-
en vir oulaas volwasse as opregte gelowiges met Hom te kan kommunikeer.
Hierdie aarde het Ek met My grote liefde geformeer.
Die tyd het naby gekom wat ek dit met My oordeel gaan stukkend skeur.
Openbaring 657
Angstig staan die siel, naak en kaal
Dinsdag 21 April 2009 12:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Teen die vrees vir die dood moet die mens hom met sy alles
staal.
Tussen die hel en die paradys is Niemandsland kortstondig besluiteloos vaal.
Daar staan die siel gestroop van sy omhulsel naak en baie kaal.
Na die dieptes van die doderyk wil sy in haar angs nie neerdaal.
Duisternis en lig wat om die beurt nou om haar wink en straal.
Angstig vra die siel hul na hul bedoeling en hul taal.
Honend is dit die donkernag wat teenoor die beangste siel nou smaal.
Daar is niks waarteenoor jy jou vrees vir die verlorenheid kan staal.
Roekeloos het jy met jou aardse lewe vir altyd die Lig gefaal.
Daarom moet jy vir ewig nou na my Hades-duisterland afdaal.
Maar deur die donkernag kom van ver `n Liggie wat soos `n Son nou straal.
Eerbiedig wyk die nag terwyl die dag om die siel neerdaal.
Die Lig verdryf die vrees en omvou die koue siel met `n warm liefdes straal.
Sag fluister die Gees:
Op Golgota het ek lankal reeds vir jou sonde klaar betaal.
Daarom staan Ek nou teenoor die duisternis
om jou vir die land van Lig te kom haal.
Maar met die vryheid van jou keuse
is dit net jyself wat jou ewigheids- destinasie kan bepaal.
Openbaring 658
Fataal was getrek die laaste kruis!
Woensdag 22 April 2009 21:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Hoe banaal-fataal is `n węreld verstandelik heeltemal
gestrem.
Wat het hul gedink kon hul wen met `n kruis getrek deur `n pen.
Om dit deur God verdoem te probeer red met die patetiese mag van `n stem.
Wie ookal gaan wen in hierdie laaste wedren.
Daar is geen politieke platform
waardeur die mens meer enige voordeel uit kan wen.
Die tyd het gekom en `n veer gee mee in die węreld se tyd van die 'Big Ben'.
Harig val `n mantel en die węreld hoor weer Elia se stem.
Michael tree weer na vore om Satan nog `n maal te kom tem.
Die Swaard van oordeel trek oor die węreld sy kruis met `n bloedige lem -
en `n bose węreld hoor binnekort hoe klink die oordeel se stem.
Openbaring 659
Visioen oor Tradisionele vroue.
Donderdag 23 April 2009 03:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In `n gesig sien ek `n swartvrou geklee in tradisionele
Afrika drag. Sy
kyk skielik op en haar gesig vertrek in verwronge vrees. Sy begin in
stadige aksie in die ronde tol en sak in mekaar, sy is dood voordat sy die
grond tref. Direk hierna sien ek nog `n vrou, ek erken haar as die speaker
van die parlement, sy open haar mond en skreeu `n afgryslike kreet. Vir `n
derde keer sien ek weer `n swartvrou sy is asvaal in haar gesig en terwyl
sy na haar bors gryp vra sy vir water. Sy sę: my kop is dronk en alles
word swart om my.
Openbaring 660
Nou is God se kinders almal verseël.
Donderdag 23 April 2009 06:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de beer
`n Engel laat sak sy hand en sę: Die kinders van God is
nou almal verseël.
Die tyd is om en nou bly niks op die aarde meer heel.
Wellustig het Satan nou genoeg van die hel op die aarde uitgeteel.
Biljoene siele het hy vir die verdoemenis vir Hades gesteel.
`n Tweede engel laat sak sy hand en sę:
Vanuit twaalf stamme is daar vanuit elk nou twaalf duisend verseël.
Aan die mag van Satan steur ons, ons in die minste nie meer veel.
Die winde gaan in hul oordeel alles nou woedend vanuit hul pad kom vee.
Die derde engel laat sak sy hand en sę:
My beskerming onttrek ek ook uiteindelik van die see.
Magtig die golwe en giftig die see wat sy oordeel nou oral gaan uitdeel.
Menig seeman sal nou vreesbevange in afgryse gryp na hul keel.
Die vierde engel laat sak sy hand en sę:
Ek laat kom die oordeel nou oor die hele aarde in sy volle geheel.
`n Derde van boom en plant gaan brand in winde van koue en vuur -
wat is nou oor van die wyn en die groen prieel?
Wyd oor die węreld sal groen koringlande nou pikswart staan -
wat het geword van die brood, ja waarheen is nou al die meel?
![]() |