
e-pos: judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 631
Politiek staan net vir bedrog op bedrog.
Dinsdag 31 Maart 2009 20:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Op elke politieke bord en embleem
staan daar wêreldwyd nog altyd geskryf bedrog op bedrog.
Kandidate dans soos barbare en skreeu; ons sal vir jul almal sorg.
Kom trek by ons naam jul kruis
en `n beter toekoms gaan ons vir jul waarborg.
Elke opposisie sing dieselfde liedjie
maar uit hul monde is dit sommer bog.
Die een beloof ekonomiese stabiltieit -
die ander `n gratis huis op `n hele morg.
Deur leuen op leuen
kom vanuit alle politieke spreekbuise net die grootste bedrog.
Elke politieke party hoop op meer outoriteit,
ja, van mag en beheer soek hul net nog en nog.
Van die een land tot die ander kronkel reg om die aarde
in bondgenootskap nou `n eenwêreldorde se veelkoppige slang-gedrog.
Maar elke kop van hierdie politieke-gedrog
gaan binnekort net vir homself wil sorg.
Die twee sterkste koppe staan eers onderlangs,
dan openlik vir mekaar teenoor die ander nou borg.
Hul onttrek van die ander koppe alle lewensmiddele,
ja, die meel en ook die rog.
Verbouereerd sê die ander koppe:
Julle was ons vriende of so het ons gedog.
Maar die twee sterkste moondhede sê:
Ons luister nie meer langer na die wêreld se patetiese bog.
Sporadies open hul nou hul monde
en tref die ander met `n vernietigende vuurtrog.
Dit wat eens op `n tyd bondgenote was
verdwyn vinnig in `n misdamp van vog.
Van kontinent tot kontinent reg om die wêreld
kronkel nou `n eenwêreldorde se tweekoppige slangdraak gedrog.
Beide koppe besluit nou is die tyd dat elkeen vir homself moet sorg.
Wee O wee nou is dit die Gog en Magog
wat hul nekke teenoor mekaar strek vir die heel laaste oorlog.
Die draak-slang wil nou met net een gekroonde hoof
as koning oor die hele wêreld spog.
Maar weereens is dit wee O wee
deur die onthoofding van die een kop
verloor die draak nou al sy lewensvog.
Ja, so staan daar nog altyd wêreldwyd
op elke politieke plakkaat en embleem net bedrog op bedrog.
Openbaring 632
Die oorgang vanaf begin tot einde.
Woensdag 1 April 2009 08:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Terwyl nog `n nag in `n môregloed wegtaan
en `n nuwe dag vol belofte voor die mens kom staan.
Nog `n somer vir altyd in `n herfs vergaan -
dit vermaan en sê: Binnekort sal ook jy in die winter oor moet gaan.
Die winter wat op sy beurt nou vinnig nader staan,
lag en sê: Vanuit my dooie winterslaap gaan ek in die lente ontwaak
om in die blom en bloeitydperk
vir jou O Somer weer voorspraak te kom maak.
So kom daar vanuit `n wateroog `n fontein se ontstaan,
om kabbellend baldadig oor spoelklippies te kan gaan.
Maar stroompies vloei as `n magtige rivier nou vinnig saam -
om as `n eenheid saam `n weg na die see oop te baan.
In eenheid wil die waters as die oseane om die aarde gaan,
om vandaar as vrye deeltjies in die atmosfeer as wolke weer op te gaan.
So kom ook die mens as biljoene selletjies
as `n eenheid vanuit die baarmoeder, klein, hulpeloos en naak.
Om in asemnood met `n kreet tot die aardse lewe te ontwaak.
In sy groei en leer probeer hy om iets van sy lewe te kom maak.
Kort voor lank maak hy goed of kwaad nou sy aardse saak –
om vir God of satan te kom staan in sy materiële lewenstaak.
Ja, so het in `n enkel mens
oneindig baie gelyksoortigheid hulself bymekaar kom maak.
Om in die sterwensoomblik weer vryvloeiend
as `n eenheid los van die aardse materie te kan raak,
om hul so vir ewig te kan voeg by die Goeie of die kwaad se saak.
So terwyl die een geslag in die ander kom en gaan –
moet hul mekaar onafgebroke in die liefdesleer van God vermaan.
Sodat al die geslagte as `n eenheid op die einde saam,
as `n oneindige wolkeskare voor hul God te kan staan.
Revelation 632
Translated by Judith de Beer.
Holy for God they shall forever glow.
Wednesday 1 April 2009 08:30
Judith de Beer
While another night in new morning glory die,
a new day full of promise stand before thy human sky.
While another summer in its end into autumn fly,
it mourns and say – soon in the coming winter thy shall also die.
But the winter laugh and say – let me try.
Out of my winter sleep into the new spring I shall shout it to the sky.
The summer comes again so that the sun can fully shine.
From out the deepest mountain pond, is a new fountain to be born
so that the spring water shall joyfully over pebbles storm.
Little rivers shall in compassion a mighty river form.
To the ocean the waters shall now flow in heavy storm.
United in the waters around the earth the ocean form.
In freedom to the atmosphere
the sunshine will take again the waters to the sky.
United in a billion cells,
weak the human came from mother womb without the mighty proud.
As he gasps for air, the human cry –
I want to live to never die.
To adulthood he grows to ask the tender life – why o why.
Between good and evil weak the humans desperate cry –
for better or for worse I shall stand for God, yes I shall try.
Or maybe I shall stand for darkness
and for Satan as a demon I shall spy.
United with his countless thoughts and memory –
In death thy human now lonely in dimensions fly.
For its soul to take in freedom now it’s permanent stand.
Will he go to Hades-land
or will he walk into eternity with God hand in hand.
So while countless generations over centuries come and go,
from the beginning to the end the following had to tell each other so.
To live by God and let his love always
like a mighty river between them flow.
So that in the end of time
all generations in unity as holy clouds for God shall ever glow.
Openbaring 633
Triomfantlik sal Sion langs God staan.
Woensdag 2 April 2009 23:45
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Sion kom staan voor haar Skepper
en toon oor haar sondes die diepste berou.
Sy vra: O God wys ons U weg en help ons om ewig aan U vas te hou.
Leer ons Vader; om in hierdie tyd vas op U te vertrou.
Om al ons verlanges en hoop in volkome vertroue na U uit te hou.
Ja leer ons om ons geloof vas op U rots te bou.
Help ons om nooit die liefde van ons naastes te weerhou.
Voor die hele wêreld wil ons trots met U ons God, nou kom skou.
Aan almal wil ons wys- in ons liefde vir U staan ons nooit weer lou.
Ja, Sion sweer aan haar God nou haar ewige lojaliteit en trou.
In `n moeilike tyd waar die verlorenes hul lippe gaan stukkend kou.
Ja in `n tyd waar die duiwel
as loon die hel vir sy volgelinge uit gaan hou.
In wanhoop die wêreldling vir homself `n graf gaan grou -
en daar niemand meer oor gaan wees
om die stukkende stede op te kan bou.
In hierdie tyd sal daar `n bruid-sluier om Sion vou -
vanuit die hemel sal dit kom as God se helende genade dou -
en voor die hele oneindigheid sal God met sy bruid Sion trou.
Triomfantlik sal sy haar hand met haar troupand vir almal omhoog hou.
Haar gevolg sal sy jubelend toeroep -
`n nuwe vredesryk is nou vir ons almal gebou.
Kyk die nuwe stad Jerusalem is vir altyd in ons midde nou.
Ewig in ons liefde het ons op ons Vader vertrou
en daarom sal U O Vader en ons –
nooit weer die liefde van mekaar kan weerhou.
Openbaring 634
Jakob (Israel) en die nuwe kind.
Vrydag 3 April 2009 10:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Oor die velde van Europa het Jakob eers as slaaf
maar toe as verskrikking in tien stamme gekom.
Afvallig het hul as heidense groepe
in wilde nomadestamme saamgedrom.
Maar deur die eeue het hul as die magtige nasies
oor Europa weer as bloubloed uitgeblom.
Van daar het vanuit hulle `n uitverkore baba
vir die aarde as `n nuwe nasie na vore gekom.
In hierdie kind was al Jakob se talente -
goed sowel as kwaad die totale slotsom.
Ragel se suiwer edelbloed het vanuit Frankryk vir hierdie kind gekom -
en die res van die oorblyfsel het as basterbloed omgekom.
Vanuit Duitsland het die wakker denke van Josef gekom -
en dit is bewaar in hierdie kind vir `n einde wat moes kom.
Die oorblyfsels van Josef het in Europa se Gosen agtergebly
vir die honde om daarom saam te kon drom.
België het hom in al die tale
soet op die kind se tong as Naftali kom vermom-
en vry soos `n wildsbok
huppel die woorde wat nou oor die vlaktes van Afrika kom.
Maar deur Engeland het Simeon en Levi as Godloënaar en geweldenaar,
ja, as `n broederverraaier ook in die kind se midde gekom.
Maar as teenvoeter en tot `n redding vir die uitverkore erfgenaam
sal Dan as `n doodsekel tot oordeel oor hulle kom.
Vanuit die Nederlande, ja, die 'Holland' met sy dyke daarom -
het die swakheid van die eersgeborene, die moederhoereerder, Ruben,
met sy liberale denke tot `n val vir hierdie kind gekom.
Maar veral hierdie kaf
sal in `n vinnig komende einde in die reinigingsvuur omkom.
Maar by die Suidekant van die see
sal ook jy in hierdie kind woon O Sebulon
en gewillig en trou soos `n esel van aard
sal ook Issaskar se geen weer in haar na vore kan kom.
Ja, Jakob se karakter sal in hierdie kind deur Gad sterk na buite kom -
op sy heel swakste sal hy sy vyand aan die hakskeen gryp
om hom wreed om te laat kom.
Vanuit Aser het ewig vir die Boer sy landbouertalent na vore gekom
en hierdeur sal die uitverkore kind ewig nooit van die honger kan omkom.
Tot voortplanting van die klein geniepsige wolf Benjamin,
het `n sustertjie van hom ook by die uitverkore kind uitgekom -
maar die res van hom sal saam met die valse Juda, as die totale Jodedom
in `n verslane ou leeu omkom.
Die nuwe kind word nou in die bloed van die LAM gewas
in `n heilige waskom.
Ja, as Silo is dit wat hierdie kind volmaak gereinig
vir `n nuwe tydvak tot seën vir die hele aarde gaan kom.
Openbaring 635
Die Christendom se baälpriesters en hulle afgod.
Sondag 5 April 2009 15:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Terwyl die Christendom nou hul arms verwelkomend
vir elke wêreldgeloof in broeder naasteliefde uithou.
Kom daar vanuit die geledere van die Leviete,
Baälpriesters na vore om hulself as wêreldredders voor te hou.
`n Reuse afgod het hulle uit alles wat die wêreld bied gebou-
om daardeur `n nuwe struktuur vir die hele wêreld uit te kan hou.
Die hoof van die beeld word uit die Joodse geloof
vir die wêreld as rolmodel voorgehou-
om te rus op die magtige bors van Mohammed
wat `n groot deel van die wêreldpopulasie onder die duim moet hou.
Die vele arms van die Hindoe geloof
wys in alle rigtings om almal rigtingloos te hou.
Deur die reuse buik van Buddha word die drog-illusie in stand gehou.
So word die hele gewig van die beeld
aan die bene van die voorvadergees toevertrou.
Nog erger as voete van klei staan hierdie beeld
op die Christelike wêreldraad van kerke trou.
Ja, op voete uit `n mengsel van die vuilste menslike ontlasting gebou.
Waar een van hierdie voete trap
kom `n afgryslike stank om die hele omgewing gevou
en vanuit die aarde se oppervlak
styg daar `n damp na die hemelruim grys en grou.
Oor die wêreldpopulasie kom daar `n neerslagtigheid om nou
depressief om miljoene soos `n vuil kombers te vou.
Maar die Baälpriesters dans
en stamp met hul voete terwyl hul op hul eie maaksel vertrou.
Hul moedig die hele wêreld aan om agter hul gruwelgod aan te tou.
Hul verkrag en kasty hul eie gewete
om met die walglike gruwel voor die hele wêreld te skou.
Van dagbreek tot sononder skreeu hul hulself in hulle gesigte blou
en van hul sterkste aanhangers kom vanuit die gemeentelede van die
drie susters en charismatiese kerke wat bewonderend agter hul aantou.
In volle oorgawe buk hierdies voor die voete van drek
om dit te kus en teer teen hul bors vas te hou-
om so ewig hul kosbare siel en trou vir die afgod gedrog uit te kan hou.
Maar `n wolkie verskyn aan die hemelruim so groot soos `n arend se klou.
Daaruit verskyn magtige oordeelswolke
oor `n hele wêreld onheilspellend grys en grou.
Watter weerstand het hierdie voete van ontlastingdrek
om die beeld teen die stormwater regop te kan hou?
Waar is ook nou die mag van hierdie Levitiese baälpriesters
wat hul uit die oordeelshand van God se magtige engel gaan hou?
Afvallig was jy O Christendom in jou liefde vir My mos ontrou.
Daarom word hierdies in die ewige afgrond van vuur
vir ewig van die volmaakte nuwe ryk van God weggehou.
Openbaring 636
'n Goeie verlede maar 'n leë toekoms.
Maandag 6 April 2009 10:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die waarheid was gratis aan `n hele wêreld gebied -
maar die mens het verkies dat die leuen as oordeel oor homself moet geskied.
Wat sou dit nou help om die heel beste dokter na `n dooie lyk te ontbied.
Wat het `n ontrou hoer om as losprys vir haar selfrespek aan te kan bied.
Wat baat dit `n volk sonder `n land
om met `n wagter op `n muur sy omgewing te bespied.
Wat help `n landsvlag lank gelede in die niet-
wat nou wapper in die hand van die grootste deugniet.
Wat beteken die patriotiese woord van `n eens trotse volkslied-
in die mond van `n verraaier wat skeinheilig reg daaraan probeer laat
geskied.
Wat baat dit die mens om te klou aan `n verlede
wat nooit weer dieselfde sal kan bied.
Ja, wat baat die goddelike suiwerheid `n bastervolk
wat homself in hoerery oorgegee het aan dit wat die Bileamsleer bied.
Hoe tragies is `n afgodsdienaar
wat verwag dat die enige God reg aan sy saak moet laat geskied.
In hierdie tyd waar `n leë toekoms in sy eie bose verlede verskiet -
wat kan biljoene verlorenes nou as losprys vir hul siele bied.
Openbaring 637
Elkeen net vir homself tot die einde.
Maandag 6 April 2009 22:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Met hul eie oë sal die uitverkorenes skrikkerig na die
oordeel loer-
maar niks van hierdie verskrikking sal in hul rigting beweeg of roer.
Van oor die hele wêreld
kom daar binnekort `n waansinklank van groot oproer.
Siende blind beweeg vlugtelinge voort
terwyl hul vreesagtig oor hul skouers loer.
Sterwend op hierdie slagveld lê alleen `n swaar gewonde troep-
niemand sien sy pyn of voel oor sy verlore jeug geroer.
As antwoord op sy noodroep kom vinnig die antwoord stoer-
jammer maar lyk ek miskien dalk vir jou soos jou broeder.
In my eie stryd op oorlewing
staan ek daarom vir niemand pa as die se hoeder.
In `n tyd soos hierdie
kyk omtrent niemand eers meer na hul eie moeder.
Ja `n hele wêreld spat uiteen.
Niemand het die krag om eers oor hul verlore geliefdes te kan ween.
Die een probeer wanhopig by die ander ietsie te ete leen,
maar oor `n stukkie brood slaan die een die ander dood met `n harde steen.
Genade! genade! roep menigeen desperaat
maar van hierdie luukse is daar nêrens meer geen.
`n Gebroke wêreld strompel moedeloos voort
maar niemand weet meer regtig waarheen.
`n Pasgebore baba word summier tot `n hongerdood gespeen-
sy honger moeder eet hom op sonder om oor hom te ween.
In dierlike oorlewing word menigtes van hul menslikheid ontneem.
Vir `n verlore wêreld
is daar nêrens meer iets oor van God se goedertierenheid of seën.
Daarom word die uitverkorenes van hierdie heltonele weggeneem.
Hoe sê `n kind van God vir ander se ellende nee-
maar gee hul toe is dit vir hul ook daarmee heen.
Ja, in hierdie tyd kom daar oor die wêreld
hartverskeurend `n droewige geteem.
Ook in die dae van Noag was dit soortgelyk.
Voor die groot ellende was daar geen wêreldling
wat sy ore aan die vele waarskuwings wou uitleen.
Maar die dae raak kort en vinnig nader die tyd
waar miljoene in hul ellende tevergeefs gaan ween.
Openbaring 638
Die mensdom gaan nou sy vrugte pluk.
Dinsdag 7 April 2009 21:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In die naklank van oeroue kerkklokke wat vir oulaas oor
die aarde beier.
Staan Majestueuse kerktorings wat ook nog eenkeer die lug in steier.
Voordat die aarde haar oeroue onderhoudings ordes-taak begin weier.
Sy strompelend en moeg in haar baan om die son begin steier.
Terwyl sy oral magteloos begin oopbreek soos `n brose oeroue eier-
sy al hoe moeër en traer in haar kosmiese taak begin te luier.
Ja terwyl sy argeloos heen en weer skommel en skud,
terwyl sy hartverskeurend snik ek het misluk.
Die eerste mensepaar het ek ontvang met soveel liefde en geluk.
Maar nou het die mensdom geword my straf, ja, my grootste juk.
Teen my aardse-moederhart
wou ek elke mense kind net met liefde vasdruk.
Maar hoe liefkoos `n Moeder, `n Godloënaar, moordenaar en `n skurk.
Daarom sal ek my hart van liefde vanuit my diepste binneste ruk.
In selfvernietiging sal ek in aardbewing myself uitmekaar uit skud.
Niemand op my oppervlak gun ek meer enige voorspoed of geluk.
Waarom sal ek myself so trou na elke omwenteling die heeltyd skik.
Met my magnetiese veld sal ek alles in die ruimte om my na my toe ruk.
Die vrugte van `n bose mensdom gaan ek nie meer langer duld of pluk.
In my sonnestelsel het ek as `n aarde
heeltemal deur my kinders se toedoen misluk.
Daarom sal ek hul nou wys hoe wreed is ek as die skurk.
Daarom sal in die naklank van kerkklokke
wat verpletter op die aarde gaan beier.
Met majestueuse kerktorings wat agter hul na benede gaan steier.
My aardplate sal hul sware las oral oor die planeet nou begin weier.
Vanuit my ingewande sal lawa vloei
soos vanuit `n gebreekte dop van `n brose eier.
Ja, in selfsug is dit nou die aarde
wat haar samewerking vir `n bose mensdom op vele gebiede gaan weier.
Openbaring 639
Visioen van 'n groot kettingbotsing
Woensdag 8 April 2009 03:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In `n visioen sien ek `n groot kettingongeluk waarin swaarvoertuie,
vragmotors en heelwat motorvoertuie by betrokke is, daar heers chaos op
die toneel en brandweerwaens en ambulanse met flitsende rooiligte jaag
heen en weer.
Openbaring 640
Die tyd van die laaste verseëling.
Woensdag 8 April 2009 18:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die tyd van die laaste verseëling het uiteindelik naby
gekom.
Ja vir die bloed van die lam
om op die voorhoof van die heiliges te kan kom.
Die dae raak kort en die tyd gaan nou vinnig om.
Sion roep nou hartstogtelik na haar Bruidegom-
ja, met haar alles smag sy nou na Hom.
Hy antwoord haar; laat die wat vuil is nou na die heilige waskom toe kom-
en laat die wat honger het na die tafel met die Brood van die Lewe kom.
Laat die wat dors het ook nou na die ewige lewende Water toe kom
en nooit sal een van hulle in dors van die dood omkom.
Hy roep en sê O Sion laat Ek en jy mekaar nou halfpad tegemoet kom -
sodat My ewige son vir altyd oor jou lieflike hoof kan opkom.
Die lokstem van Satan
sal binnekort vir `n duisend jaar oor die wêreld verstom -
en binnekort is die tyd vir die goddeloses ook ewig om.
Ja `n heilige tyd het nou gekom,
vir die bloed van die Lam
om in verseëling op die voorkop van die heiliges te kan kom.
Revelation 640
Translated by Judith de Beer.
The time for the final sealing has come.
Wednesday 8 April 2009 18:00
Judith de Beer
At last the time for the final sealing has come close.
Yes for the blood of the lamb to come upon the
foreheads of the holy.
The days become short and time passes swiftly.
With all her heart Zion now calls to her groom –
let the sinner come to the holy basin.
Ye invite those in need and hunger to the living table
to be fed with the bread of life so that those who are thirsty
can drink from the living water, so that none
of them in worldly thirst will fade away in death.
Run o Zion run.
Halfway My love we shall meet.
Over your holy head My mighty Sun shall ever shine.
Hand in hand Me and you as one We will be combined.
For a thousand years the voice of Satan– in his evil charm
will end and soon for his evil followers shall also come to end.
The time is near for the blood of the Lamb to come upon the
foreheads of the holy.
![]() |