
e-pos: judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 621
Visioen van die lyke.
Maandagnag 23 Maart 2009
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In `n droomvisioen gebeur die volgende. By `n baie ou -
maar hoë gebou,
word agt of nege swartmense se vermoorde lyke, saam met die moordwapens,
deur drie verskillende reeksmoordenaars, neergegooi. `n Blanke jongman
word na `n baie ou sangoma-vrou, wat in `n baie ou tradisionele Afrika
huisie woon, gestuur. Op haar beurt bring sy nege baie ou verslete
tradisionele komberse vanuit haar huisie tevoorskyn en oorhandig dit sodat
die lyke daarin toegedraai kan word. Die komberse sowel as die omgewing
stink erg na die dood.
Openbaring 622
Węreldlinge se duisternag in die donker put.
Maandag 23 Maart 2009 07:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In `n donker put wat besig is om almal onder te kry,
terwyl die mens weg van die lig al hoe dieper in die duisternis ingly.
In hierdie tyd is daar soveel wat die dood vir hulself beny.
Hul roep en sę: O sterwensoomblik wil jy ons nie van ons ellende kom bevry.
Maar die dood systap hul om hul laggend te vermy.
Terwyl hy spottend sę: Die węreld het uiteindelik sy verdiende loon gekry.
Waar is nou jul kerk met sy biegvader waar julle jul sondes kan bely.
Ja, waar is jul predikers om jul van die bande van die duisternis te kan
bevry.
Waarom het jul in `n tyd van geestelike oorvloed
nie die Gees van God in jul harte gekry.
In `n godverlate toestand is Hy nou nęrens in `n verlore węreld vir jul te
kry.
Maar in die hart van die uitverkore verseëldes
daar sal jy die Gees van God nog kry.
Wat tot op die laaste bitter oomblik vir die ryk van die LIG sal stry.
In die węreld se voorspoedtyd
het die węreldling hierdies mos soos die pes vermy.
Neerhalend na die kop gewys en gesę:
Op ons węreldvoorspoed pad sal ons nie by hierdie armes van gees agter bly.
Maar in hierdie tyd is dit Ek wat sę:
Salig is die wat arm van die węreldgees is- in My liefdesryk sal hul ewig
bly.
Ja, in die koninkryk van My hemele sal hul vir ewig salig bly.
Daarom sę Ek aan Myne:
Moet julle nie in hierdie tyd deur swartgallige węreldoomblikke laat
onderkry.
Maar juig en jubel -in hierdie duisternag waar alles in die donker put ingly
-
is My LIG nog net in jul suiwer harte te kry.
Ja, terwyl `n bose węreld nou onkeerbaar in sy eie duisternis ingly,
word die ligdraers van God
deur `n hele verlore węreld in hul onderbewussyn diep beny.
Daarom sę Ek weer:
In die donker oomblikke waar `n verlore węreld Myne wil onderkry.
Weet daarom; as MY uitverkorenes is jul uit ondenkbaar baie geeste gekry -
om tot die bitter einde vir die LIG teen die duisternis te kom stry.
Openbaring 623
Die aarde sal uiteindelik self beheer oorneem.
Dinsdag 24 Maart 2009 07:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In heb en heerssug wil die een land oor die ander regeer.
Mekaar se rykdomme word die heeltyd oor en weer begeer.
Soos `n boelie knou die grotes die kleintjies af en maak hul seer.
Hul lok hul aan en stoot hul af om hul selfrespek daardeur te kan breek.
Die grotes sę: saam met ons staan jul sterk -
maar op jul eie is jul weerloos en week.
Draf as kleinhondjies saam met ons trop
en wys die węreld wat in julle steek.
Saam word ons `n moondheid wat alles in sy pad sal stukkend breek.
Ons gewoontes, taal en godsdiens sal ons julle ook aanleer.
Met `n verenigde weermag sal ons oor die hele węreld as wenners marsjeer.
Ons mans en vroue ruil ons uit -
in verbastering sal ons almal as een nasie absorbeer.
So is al die swakker lande as opponente deur die grotes nou uitgekanselleer.
Die Ooste en die Weste is nou ernstig besig om op mekaar te spioeneer.
Om sodoende op mekaar se swakplekke te kan konsentreer.
Minagtend begin hul leiers nou op mekaar se magsgebiede te urineer.
Waarskuwend begin hul saggies grom om mekaar dalk binnekort te verrinneweer.
Die een moondheid probeer die ander deur die onthouding
van hul bates te manipuleer.
In die proses word die węreldekonomie net alhoemeer beseer.
Hul vra mekaar; waar is jou goud se glans, is dit oor jul valuta wat jul so
ween.
Die aanvraag na jul koopware is węreldwyd nou daarmee heen.
Met verskillende geldstelsels kan ons nie meer winsgewend
oor en weer spandeer.
Die węreldwye koopkrag sal ons nou onder een hoof moet akkommodeer.
Maar die vraag is nou onder wie se outoriteit word dit beheer.
Europa swaai nou wulps haar borste heen en weer.
Uitdagend sę sy: Ek het die hele Weste, Australië,
dele van Afrika en nog vele meer onder my beheer.
Daarom sal ek die hele węreld met my Euro beheer.
Die Ooste krap sy kop en sę: `n Reus laat hom nie deur `n hoer beheer.
Maar kom ons sit om die tafel en probeer nog `n keer
om soos groot mense te kommunikeer.
Maar die aarde sę: Hierdie idiote is besig om my uitermatig baie te
irriteer.
Hul bereik niks om mekaar die heeltyd oor en weer te wil blameer.
Ja, mekaar met babbeltaal te probeer teer en veer.
Terwille van die ware kinders van God wat hul nie met hierdie drek wil
assosieer,
gaan ek deur groot kataklismes die węreld `n enorme les kom leer.
Om hul daardeur aan te moedig en hul so tot besluitneming te aktiveer.
Sodat hul nou eenmaal deur die merk van die dier
`n węreldekonomie wat nie meer bestaan nie te kan beheer.
Ja, sodat Satan nou eenmaal kan leer -
daar is nie `n manier waarop hy in die skepping as `n god gaan kan regeer.
Ja sy sug en sę: Ek is moeg en geďrriteer
laat elkeen homself nou baie vinnig keer,
na dit waarna hy in sy wese hunker en begeer.
Sodat ek vir eens en altyd kan optree
en myself in woede kan uitgee.
Waarna ook ek in `n Sabbatsrus in `n duisendjarige vredesryk
my versorgingsliefde weer na my kinders uit kan projekteer.
Openbaring 624
In alle opsigte wil ek U verstaan.
Dinsdag 24 Maart 2009 14:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
O Vader in heel my bestaan is U alles waarom my lewe nou
wil gaan.
Hoe U ookal voor my kom staan -
in my liefde wil ek U in elke gedaante verstaan.
Kom U as die grote Elohim om my oor my sondes te vermaan.
Sal ek berouvol nederig klein voor U groot Wese kom staan.
Dapper sal ek vra: Eens ewige ontoeganklike Lig -
vergeef my kleine sondaar hier waar ek staan voor U grote aangesig.
Maar as die LAM het U kom staan in U vergewings liefdesplig,
om my ewig vanuit die vuilste sondes op te kan lig.
Deur U bloed is ook ek tot reinheid nou gestig,
om my ordestaak in U hemele te kan verrig.
Ja, hoe U ookal voor my kom staan -
ek gaan probeer om U my God in elke gedaante te kan verstaan.
Kom U as `n baie wyse Rabbi voor my staan.
Gaan ek sę: O God U grote Wysheid wil ek ewig prys,
dankie dat U my nooit in my onkunde van U wegwys.
Maar met die grootste geduld vir ons die wysheidsweg na U hemele aanwys.
O Vader in watter gedaante U ookal voor ons kom staan -
in elke faset van die lewe wil ons U so graag verstaan.
Kom U as die groot geneesheer voor my staan sę ek:
ek is kranklik in my vlees en gees,
O my Skepper in my benoudheid roep ek na U myself nou swak en hees.
Geen beter geneesheer was daar ooit as U gewees,
wil U my daarom asseblief tog nie genees.
O My Vader hoe U ookal voor my kom staan -
groot of klein, sterk of swak - in elke gedaante wil ek U so graag verstaan.
Kom U as `n kleine kindjie nou voor my staan.
Vinnig sal ek buk om die Skepper van hemel en aarde in my arms op te kan
raap.
Al my moed sal ek bymekaar nou skraap
om met U te speel en te baljaar
en ek sal U vra of ek saam met U deur U hemelruim op `n pretvlug mag vaar.
In elke gedaante wil ek U so graag ervaar.
Sou U in die gedaante van `n boemelaar voor my kom staan.
Sou ek U miskien onnadenkend oor die luiheid wou vermaan.
Dalk sou ek vir U preek en sę:
Het U nie geweet sonder `n werk met `n loon gaan dit maar baie swaar.
Maar nogtans sou ek my arm in liefde om U slaan en U vertel:
God is daar om elke swakheid van ons met deernis te kan verstaan.
Daarom kom ek nou so swak en klein voor U te staan
om aan U te vra - O help my God om net iets van myself te kan verstaan,
sodat ek iets van U grote almag in my kleine wese uiteindelik kan verstaan.
Openbaring 625
Tyd is illusie wat kom en gaan.
Woensdag 25 Maart 2009 19:15
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Tyd is illusie wat kom en gaan,
waarin alles wat ontstaan,
maar net weer moet vergaan.
Om en om beweeg die aarde om die son,
wie is daar wat kan bepaal hoeveel maal was dit al om.
Waar begin die ewigheid en hoe het dit ontstaan,
wanneer eindig dit en hoe gaan dit vergaan.
Wie het elke son op sy regte plek in die ruimte vasgegom,
terwyl die planete met hul mane ewig swaai daarom.
In die ewige ratwerk waar alles net om hul eie tyd kan gaan,
wie kan hieruit bepaal watter tyd is dit wat ewig vas gaan staan.
Het die mens se lewensvonk vir sy bestaan na die aarde gekom,
of het dit as `n deel van die aarde daaruit voortgekom.
Ja, alle tyd is `n illusie gekoppel aan dit wat ontstaan -
wat na sy materiële lewenspan,
maar net weer moet vergaan.
Die verlede het ewig in sy eie gister omgekom -
en daar bestaan geen toekoms wat regtig weet wat vir hom kom.
Ja, die groot tydsberekening van God
sal niemand ooit werklik kan verstaan,
daarom is dit die beste vir die mens
om vas in sy geloof in God te bly staan.
Openbaring 626
Trek die volle wapenuitrusting van God aan.
Donderdag 26 Maart 2009 11:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In hierdie moderne tyd word `n baie ou historiese
waarskuwing
opnuut dringend, na die laaste geslag van hierdie tydvak gebring
en verseker sal daar `n paar vanuit `n enorme węreldpopulasie wees,
wat die volle implikasie van hierdie eens heilige gespreekte woorde,
uiteindelik sal kan verstaan, wat as volg lui:
Trek die volle wapenuitrusting van God aan -
omdat jul worstelstryd nie noodwendig teen bloed en vlees,
ja, in 'kontak' - man teenoor man gaan wees nie.
Dit sal teen owerhede – teen saamgesnoerde węreldmagte
en heersers wees, wat op hulle beurt toegerus is,
met die magte en kragte van die duisternis –
ja, in hierdie kritiese tyd is al wat bose gees is, saam met hul
duister-heer, op hierdie aarde uit en neergewerp - om in die gedaante
van węreldregeerders, onder een globale bose genootskap,
die heerskappy van hierdie węreld aan Satan te kan oorhandig.
Aan Myne - wat hierdie woorde uiteindelik in die regte konteks
begin verstaan, vir hulle bring Ek daarom weereens die baie ou
waarskuwing - gepaardgaande met goeie ou raad - weer vars na vore
en aan julle sę Ek: Trek My volle wapenuitrusting aan
sodat dit wat heilig is, in hierdie verskriklike tyd weerstand
sowel as teenstand, teen `n bose węreld sal kan bied.
Julle moet julle met My Waarheid omgord en beveilig julself
met die borswapen van My geregtigheid, om sodoende
met nuwe skoene die blye Boodskap van My duisendjarige
vredestydperk oor die hele aarde te kan uitdra. Weet ook dat Satan
in hierdie tyd, nie een van sy sataniese pyle en praktyke –
vanuit sy bose koker - op julle gaan spaar nie.
Versterk julle self daarom deurentyd in jul geloof tot My, sodat julle
weerstand teen hom sal kan bied en versterk julle daarom ook met die
verlossingsgenade van My gees. Plaas dit as `n veiligheidsmaatreël
oor jul aardse denke en laat My Woord `n lewende swaard
op jul tonge word, sodat julle die bose vyand ewig daarmee
kan verslaan en moenie aan die slaap raak terwyl julle van nou-af
permanent vir My op wag sal staan nie.
Waak en bid - terwyl julle jul self verbly, omdat die tyd naby gekom
het vir jul ' Groot Bevelvoerder' om in jul midde te kom staan.
Openbaring 627
'n Aardbewing lę voor.
Donderdagaand 26 Maart 2009
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In `n droomvisioen sien ek `n groot stad waar daar chaos
heers,
ambulanse en brandweerwaens jaag met beseerdes rond.
Die stad het oral torings en koepels en dit lyk vir my soos Turkye.
In `n persverklaring sę die stadsvaders `n aardbewing het hul getref.
Openbaring 628
Selfs alle waters se ordes is versteur.
Vrydag 27 Maart 2009 02:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Daar is iets sinister in die water en die weer -
wat hul nie meer langer deur hul ordestoestande gaan beheer.
Iets is iewers nie pluis nie- word binnekort węreldwyd openlik geďnsinueer.
Globaal wil almal mekaar oor en weer
oor aardverwarming nou dringend kom leer.
Mekaar blameer en sę, ja, jul het die atmosfeer met jul vuilis besmeer.
Basies is daar niks wat ons kan doen om hierdie krisis nou af te weer.
Veranderde weerpatrone kom om die węreld op sy dak om te keer.
Orkaan en sikloon kom alles in hul pad tot rommel omkeer.
In hittegolwe gaan nog meer verwoede brande oor die aarde skeur,
wat die waterdeeltjies in die atmosfeer tot ongekende woede gaan aktiveer.
Die riviere en die water van die see
gaan hul in hul ordes ook nie meer langer laat beheer.
Wie is daar wat die enorme sneeustortings op die berge gaan kan keer.
Selfs die waters in die dieptes van die aarde skommel onrusbarend alhoemeer.
Ja, die aarde grom en sę;
Ek het gewaarsku ek kom die goddeloses `n dure les mos leer.
Weet daarom ook jy O mens - uit water is ook jou liggaam geformeer.
Daarom is die onrusbarendheid van die waters
besig om ook by baie mense in te tree,
oral begin die mensdom węreldwyd kranksinnig op te tree.
Openbaring 629
Die kerke gaan al hul lidmate verloën.
Vrydag 27 Maart 2009 22:10
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Terwyl `n węreld stadig maar seker verbrokkel en vergaan.
Sal My stryders die heeltyd net van krag tot krag gaan.
Terwyl die goddeloses voortspoed in hul sinnelose węreldwaan.
Sal My kinders net al hoe vaster in hul beginsel en geloof bly staan.
In haat en oorlogstryd sal volkere mekaar probeer verslaan.
Maar die verseëldes sal in eenheid
hul arms al hoe hegter in liefde om mekaar slaan.
Terwyl regerings voor mekaar se deur sal lę die bitterblaam.
Sal die uitverkorenes teenoor mekaar, hul liefde vir hul God beaam.
Te laat gaan kerke nou hul gemeentes in die Waarheid wil vermaan.
Hulself verontskuldig en sę:
Julle het ons die heeltyd heeltemal misverstaan.
Maar drie maal drie keer
kraai oor die węreldraad van kerke die oordeels-haan.
`n Duisendmaal verloën - laat sy al haar lidmate net so wees nou staan.
Godverlate het hierdie węreldlinge nou nęrens waarheen hul kan gaan.
Maar die heiliges sing; in die naam van ons God staan ons nou saam.
Ons Verlosser kom om nou in ons midde te staan.
Ja, Hy self kom vee van ons oë die laaste smartvolle traan.
Openbaring 630
Węreldgeletterde dwase dink hulle weet alles!
Saterdag 28 Maart 2009 23:50
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Daar was, is en sal nooit weer iets so gevaarlik wees soos
`n węreld
geletterde dwaas, wat dink dat hy `n antwoord op elke moontlik aspek
rakende die menslike bestaansvorm het nie - hetsy dit nou betrekking
het op die vordering van die beskawingspeil van die mensdom
en of dit nou `n probleem is, wat opgeduik het juis as gevolg hiervan nie.
Alle probleme waarmee die węreld huidig te kampe het, is juis
as gevolg van hierdie 'briljantes' se sogenaamde 'breinkinders' wat die lig,
tot die węreld se duisternis gesien het. Ja, wat het die węreld nou
daaraan dat sy wetenskap so ver gevorder het, sodat kern en atoom
gesplit kan word, tot waar dit net nie meer verder moontlik is nie.
Wat het die węreld tot sy langtermyn voordeel daaruit bereik,
om die ongekende kragte hiervan in te span om sodoende in die
sogenaamde energie-behoeftes van die mensdom – maar eintlik
veel meer in die behoeftes van die industriële nywerhede te kon voorsien.
Die uiteinde hiervan is dat die węreld bloot op die langeduur opgeskeep
gaan sit, met soveel onnodige kernkragstasies, wat op hul beurt soveel
uiters negatiewe afval tot gevolg het, dat hierdie planeet – indien daar
nie Goddelike ingryping gaan plaasvind nie - vir die volgende miljoene jare,
nooit daarvan ontslae sal kan raak nie.
Nog is dit die einde nie en die mens het so ver gegaan, om hierdie kragte
ook tot wapens vir hulself in te span.
Ja, om hul lande en magsgebiede kwansuis daardeur te beveilig,
is met dodelike kernbomme na vore gekom, om mekaar sodoende te kan
manipuleer en beheer. Die uiteinde van hierdie saak is dat bykans
elke vierkante meter van hierdie planeet onder wedersydse kruisvuur van
hierdie dodelike wapens is, terwyl die sogenaamde 'wyse maghebbers'
van hierdie planeet - besig is met `n kinderagtige mag en beheerspel - van,
lanseer jy joune, dan lanseer ek myne.
So het die mens op bykans elke gebied deur sy onbeperkte intelligensie,
die diepste en mees heiligste ordes binnedring, om daardeur alles
vanaf die 'mikro tot en by die makro', onder hulle beheer te verkry en dit
wat
sigbaar is, was nie meer vir hulle genoeg nie en ook die onsigbare is nie
langer deur hul met rus gelaat nie.
So het hulle ook die diepste psige van die menslike wese gepenetreer,
om daardeur beheer oor die onafhanklike vrye denke en bewussyn
van die mens te kon verkry. Ja, die delikate godgegewe gewete,
wat deur God in Sy Wysheid, as `n fyn balans in die menslike natuur
ingeweef is, sodat die mens sy beginsels daardeur kon uitleef en handhaaf
tot voordeel van homself en ook ander, sowel as sy omgewing.
Maar ook hierdie essensiële goddelike orde, is deur die węreld
se 'geleerde stommerike' verkrag en `n verwronge węreldnorm is geskep,
waardeur hierdie 'helgesante' nou die węreldpopulasie beheer.
Ja, wat het die węreld nou aan `n gebreinspoelde robot-geslag,
wat nie die vaagste benul het, wie of wat hulle is, of hulle kom en of hulle
gaan nie, wat nog te sę, weet wat die doel van hulle bestaan is nie.
Die briljante 'baanbrekers' van die węreld het ook op mediese gebied,
vir bykans elke siekte toestand `n voorkomende entstof gevind - waardeur
hulle nie net die mikroskopiese węreld tot groter hoogtes
gemotiveer het om deur mutasie hulself te versterk nie - maar ook die
menslike liggaam in die proses, van sy natuurlike weerstand beroof het.
Hoe verstaan `n mens `n węreld wat deur sy 'briljante' insette sy
onontbeerlike lewensbronne, ja, die suurstof sowel as die water met
chemikalieë besmet en dit daardeur onbruikbaar maak,
om dit maar net weer, met net sulke dodelike chemikalieë te probeer reinig.
Ja, so sal mens kan aanhou en al die boeke van hierdie węreld
sal nie genoeg wees, om al die dwase nagevolge van die sogenaamde
'super-slimmes' te kan beskryf nie en so het die begin van die einde
van hierdie planeet op die dag begin – waar die eerste 'briljante dwaas'
begin "dink” het en hierdie denke van hulle in die praktyk omgesit het.
![]() |