e-pos judithdebeer@webmail.co.za

       
   openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 61
Die rebellie van materie.

27 Julie 2007 12:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Vir God as ʼn dorsvloer, ja, dit is waarvoor hierdie klein aarde in die hele
kosmos opgestel is. Voete, van beide goed en kwaad, is besig om
korrels los te trap en die kaf is besig om van die koring geskei te word.
Vanuit My oneindige skeppinge, kom alle geestelike eindprodukte na
hierdie aarde, om as mense beliggaam te word en hulle finale lewensproses te kom deurstaan.

Ook sal daar weer in hierdie eindtye, ʼn keuse tussen My en die gevalle engel van die lig gemaak word. Hierdie keer is daar egter ʼn verskil, Ek sal nie weer as die Skepper nie, maar as die Verlosser van die mens kom staan en weereens sal daar ʼn rebellie
van die materie, teenoor die Waarheidslig van die Gees wees.

Om hierdie toets met lof te kan slaag, sal Myne met die hoogste Goddelike
standaard toegerus word. Die salighede en ordes wat vir hierdie wenners van die eindtyd voorberei is, is vir geen menslike verstand te begryp nie. Vanuit nietige klein mense, gaan daar aartsengele tevoorskyn kom.
Die getalle van hierdie, gaan egter baie min wees.


Openbaring 62
Pessiektes vir Europa, Asië en Afrika.

29 Julie 2007 09:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Vanuit die molekulęre węreld tree die versteurde klein mikroskopiese bewonertjies aggressief nader om wraak te neem, en om ʼn dodelike slag onder die bevolking van die węreld te kom slaan. Waar die verskillende gesondheidswaghonde, węreldwyd oorgehaal sit en wag vir die sogenaamde voëlgriep om te muteer, gaan daar behalwe dit, ook nog die uitbreek van ʼn paar ander pessiektes wees, wat verreikende gevolge oor groot gebiede van veral Europa, Asië en Afrika gaan hę
wat die grootste onderspit hiervan gaan delf.

Met die komende erge oorstrominge, asook die daarmee gepaardgaande waterbesoedeling, wat oor groot landelike gebiede gaan versprei, gaan daar ʼn nuwe kiem vanuit cholera muteer, wat ʼn slagting onder die reeds baie siek bevolking van Afrika gaan teweegbring.

Die huidige opgradering van gesondheidsdienste gaan van byna geen nut in daardie tyd wees nie. Die sogenaamde nuwe vinnige tuberkulose, wat inderwaarheid niks anders as die oplewing van ʼn baie ou siekte is nie, gaan ook rampspoedige gevolge hę.
Dit en ander siektetoestande gaan węreldwyd sulke katastrofiese gevolge hę, sodat goed gevestigde infrastrukture daaronder gaan knak.

Ek wil egter die wat aan my behoort die volgende versekering gee, dat daar diegene onder julle sal wees wat ʼn natuurlike weerstand teen bogenoemde siektes sal besit, wat julle van hierdie verskrikking, om baie goeie redes, sal vrywaar, sodat julle in hierdie tye vir My werksaam kan wees.


Openbaring 63
Dalk het jy ’n mede ligdraer gehuisves.

30 Julie 2007 09:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Sonder dat julle daarvan bewus is, het sommiges onder julle, al engele as gaste gehuisves. Om hartlik en gasvry teenoor ʼn broer of vreemdeling te wees, is vir My
een van die kosbaarste eienskappe, wat Ek by een van My kinders op hierdie Aarde kan aantref.

Min wetend, is dit seker een van die grootste voorregte, wat julle op hierdie Aarde
te beurt kan val, om een of meer van julle geestelik-ontwaakte broers of susters, as gaste in julle woninge te kan ontvang. Waar daar een of meer van hierdie is, daar is
Ek baie sterk teenwoordig, omdat Ek lewend in hierdie harte is.

Huidiglik en met die hulp van my geestelike dienende geeste, sorg Ek dat My onwetende ligdraers, wat nou op hierdie aarde as mense teenwoordig is, mekaar op die mees onverklaarbare manier ontmoet. Ontvang mekaar daarom met die grootste vreugde, omdat dit die weersiens van geeste is, wat vir ondenkbare tye in die nouste kontak, in hulle verskillende ordes, met mekaar werksaam was.

Met die geboorte van hierdie mense op Aarde, is hulle heeltemal van hulle geestelike geheue ontneem, sodat die vrye wil tot volle wasdom kon kom. Nou is dit egter die
tyd van die geestelike ontwaking in die vlees, en die sleutel tot die raaisel lę eerstens
in die Liefde tot My en daardeur sal die herkenning van die een hemelse wagter tot
die volgende een lei.


Openbaring 64
ʼn Nuwe Aarde in voorbereiding.

31 Julie 2007 9:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Soos ʼn reusagtige maag wat slegte spysvertering ondervind, reageer die
ingewande van die Aarde, terwyl die planeet soos ʼn dronkaard sy weg al
slingerend om die son baan, sy metgesel- die maan, saam laat struikel in
sy dronkmansdans. Haar liefkosend nader trek om haar net weer
onbedagsaam weg te stamp.

In die dieptes kreun en steun die aardplate oormekaar en verskuiwings
in die interne dele van die planeet raak skrikwekkend groot. Ten einde laaste, gaan
ʼn geweldige aardbewing sy skrikverskyning op die bodem van die see, sowel as die oppervlakte van die Aarde maak, wat tot voorbereiding van die nuwe aarde sal wees.

Die see sal nuwe kontoere vasstel, terwyl nuwe bergreekse hulself bo see en land gaan verhef. Groot dele van Europa sal in ʼn ewige watergraf wegsink. Nuut sal ʼn maagdelike land sy plek op aarde vind. So sal ook baie eilande hul weg op die seebodem vind, terwyl nuwes hul plek in die son sal vind.


Openbaring 65
Die tyd van verwoestende stormwinde.

1 Augustus 2007 6:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Noodtoestand op noodtoestand, so sal dit bang oor die hele Aarde klink.
Soos die laaste blaar wat in die najaar val, sal later nog net ʼn enkele stem
droewig opklink. Elkeen vir homself, ja elkeen vir homself.

Sidderend sal die Aarde onder die woedende aanslag van storm en tolwind beef.
Ja, so iets het die aarde nog nooit beleef. Onskuldig soos ʼn spelende warrelwind,
sal die aanloop van verwoestende stormwinde wees. Wat menig stewig stad, soos verstrooide rommel oor wye vlaktes sal laaglę. Wispelturig gaan die stormwind, self die keuse van sy verwoestingspad kan hę.

Luidrugtig gaan die winde, bo die knal van donderweer,
uittartend vir die mense skree:
hou op jammer, hou op treur,
julle wou na vele teregwysing julle mos nie bekeer.

Bulderend gaan die storms lag.
Loeiend gaan die winde dit weer uitkreet;
Vir God die wou julle mos nie eer,
ons is gestuur om die aardbewoners te kom verteer.

Maar stil en saggies
sal die woedende wind homself bedaar,
die oomblik wanneer hy een
van My kleintjies sal gewaar.


Openbaring 66
Vandag het jou eenvoud My bekoor.

2 Augustus 2007 17:15
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Kom My kleine volk, wees vrolik en bly.
Ek, jou Abba Vader is nou naby.
Vandag het jy met jou eenvoud My bekoor.
Kom open jou geestelike oor.
Sodat jy behoorlik kan hoor.

O’ Sion, jy is omring van My ganse engelekoor.
Op vleuels van My Wysheid
gaan jy ewig saam met My sweef.
Na jou as voorbeeld,
gaan engele en hemelskares streef.

As lieflingskind hoef jy nooit weer voor My aangesig te beef.
Aan My Sy, gaan jy as My beminde vir ewig leef.
Op vlerke van liefde gaan Ek jou My nuwe stad indra.
Wat jy in liefde van My vra,
daarteen het Ek geen beswaar.
Lieflik is My kleine Sion,
haar het Ek ewig vir Myself bewaar.


Openbaring 67
Vanuit Ubuntu roep dringend die Afrika-gees.

3 Augustus 2007
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
In hul sterk oorlewingsdrang ondervind die kinders van Afrika, die onafwendbare bedreigings, wat oral en in alles, ja ook in die natuur lę en wag. Pes, hongersnood
en ook natuurrampe, ja, dit is wat op die mense van Afrika wag. Op hulle sterk oorlewings-instink, verlaat die bewoners hulleself.

In sommige lande begin regerings beheer oor bevolkingsgroepe te verloor.
Soos vasgekeerde diere in die omgewing van ʼn aktiewe vulkaan, wat op die punt staan om uit te bars, daar trap verward die bewoners rond, om uitmekaar te spat.

Vanuit Ubuntu roep dringend die Afrika-gees almal bymekaar. Getrou aan sy soort
wil almal gemeenskaplik aan sy soort behoort.
Ja, vanuit die voorvader se gees roep daar sterk tot sy kinders die oorlewingsgees
en saam vlug almal onder die verskrikkingsgees.

Waarheen ookal hierdie kudde gaan, daar laat hy vrugbaar grond,
bebloed as droog woestynland na.


Openbaring 68
Ek is nie waar julle soek nie.

4 Augustus 2007 15:00

http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
En daar sal baie wees wat My in hierdie tye sal soek, maar vanweë die leuen wat onuitwisbaar in baie harte gevestig is, sal die mensdom My in geeneen van hulle sogenaamde ‘raamwerke’ of ‘leerstellings’ vind nie.

Hulle sal nog meer mislei word en dit deur verskillende stemme, wat vanuit
dorre en leë politieke en kerklike woestyne sal opklink en wat spoggerig
die ou geprofeteerde woorde, leuenagtig tot hulle voordeel sal verkondig.
"Kyk die Christus is nou lewend in ons midde".

Wat die hart van vol is, daar loop die mond van oor. Jubelend sal skares
van mense hulle haas om na hierdie valse lokstem te kan luister en in hulle
hordes sal hulle agter die leuen van die antichris en sy dooie christus gaan.
Skaterend sal Satan, op die ryperd van die ewige dood, die lus van sy vangtou om
die gevalle verlorenes styf trek. Meedoënloos sal hy hulle na die ewige afgrond trek. Geen gehoor sal op hulle jammerlike geweeklaag gegee word nie.

Daarom sę Ek aan die wat aan My behoort: waak sonder om te slaap en bid sonder
om op te hou. Sodat My stem lewend en herkenbaar binne julle kan wees.
Sodat julle nie mislei sal word nie.


Openbaring 69
Die visioen oor die wolkbank.

5 Augustus 2007 13:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Kyk, ʼn baie dik donker wolkbank, een soos wat die węreld nog nooit
gesien het nie, is besig om saam te pak en dit sal ʼn ongekende
duisternis en rou oor ʼn groot deel van die Aarde bring.
Sy omvang sal strek vanaf die hele groot Brittanje, asook Ierland, vanwaar
dit al hoe wyer oor die Atlantiese oseaan sal saampak, om die grootste
gedeelte van Noord-Amerika, wat die hele Kanada insluit, te oordek.

Van hier sal dit verder oor die groot oseaan strek, om oor die Filippynse
eilande te gaan. Hierdie swart wolkmassa sal nog verder verdig, om oor Korea tot onder in Viëtnam en Thailand te gaan. Eers in Indië sal hierdie wolkbank sy einde
vind.


Openbaring 70
Ek aanbid my God soos ék wil!

5 Augustus 2007 17:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Van bo na onder en onder na bo is alles en almal geometries en simmetries in menig selgroep węreldwyd verdeel. So word alles en almal in ʼn Babelse piramiede netjies ingegroepeer. Vanuit hierdie orde probeer die węreldorde om elke mens met breinspoeling te beheer.

Hoe om te staan of te loop, te sit of te klee,
of jy kom en of jy gaan,
hierdie weg sal die węreldmoondhede,
deur die media vir die robotmens oopbaan.
Hoe ook die mens hom moet bekeer.
Dit sal ook ʼn eenwęreldgodsdiens hom vinnig kom leer.

Die Godgegewe vrye wil word vinnig vir die ganse mensdom, deur hul beheer. Die mens van sy vrye wil ontneem, is niks beter as die redelose diere nie. Om almal eenders te wil wees, maak van al die mense vee.

Daar is niks wat Satan so kan pla, soos ʼn kind van My,
wat uitdagend voor hom staan, sy voet neerstamp en sę:
Ek sal eet en klee, sit of staan, kom en gaan.
Ook my God aanbid, net soos wat ék wil.
Langs so ʼn dapper kleintjie, sal Ek self kom staan.
Wee die struikelblok, as God se hand hom slaan.