
e-pos: judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 611
Die kerke se netelige situasie.
Donderdag 12 Maart 2009 18:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die weerlig slaan met bliksemstraal en vuur.
In hul eie bloed staan die hoogmoedige lidmaat se naam geskryf
teen sy eie kerk se oordeelsmuur.
Die prys wat hul vir hul verraad gaan betaal is baie-baie duur.
Met kerke en beheerrade, in plaas van God, wou hulle mos die skouer skuur.
Hierdie swakkelinge het hulself as werkers van Satan laat uitverhuur.
Tot genesing is daar vir geen kerk ewig ooit weer ʼn helings kuur.
In die verdoemenis wag op hierdies die ewige onblusbare vuur.
Vanuit die hemelruim word ʼn oordeel reeds vir hul gestuur.
Brandende oordeelsklippe van vuur word op ʼn baie bose węreld afgestuur.
Onder God se Heilige Naam
wou hul mos hul leuens as die waarheid vir almal uitstuur.
Vir die hoer van Babilon en haar bose dogters lyk die tye nou uitermatig
baie guur.
Ondenkbaar die lyding wat die pous en sy helgesante gaan verduur.
Tydsaam gaan die oordeelsengele op hierdies se penarie nou voortborduur.
Onder God se naam het hul mos hul drogleerstellings oor die węreld
uitgestuur.
Ja, die skrif staan teen die Vatikaan se muur.
Oor Rome slaan die weerlig met bliksemstraal en vuur.
Die węreldraad van kerke word met 'n oordeel getref, ja, dodelik sekuur.
Die klok het geslaan.
Vir die Godsverraaier het die tyd gekom vir ʼn verskriklike godverlate uur.
In kameraadskap probeer die kerkbeheerliggame
nou met hul bondgenoot, die politiek, die skouer skuur.
Maar spottend word hul as ʼn onbruikbare prostituut nou weggestuur.
Laggend open Satan wyd vir hierdies nou die hel se poorte,
na die ewige onblusbare vuur.
Openbaring 612
‘n Toekomsblik nie ver van nou vandaan.
Saterdag 14 Maart 2009 05:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In ‘n toekomsblik nie ver van nou vandaan,
is daar ‘n klompie mense wat in bewaring blymoedig om hul Verlosser staan.
Maar daar is ook massas wat hals-oor-kop doelloos na nęrens gaan.
Getraumatiseerd en verbouereerd staan hul rond,
tevergeefs is hul berouvolle traan.
Maar oor die hemele weerklink die blye klank van engele wat juig.
God se kinders staan nou nader om saam te trek in een Goddelike tuig.
Lank genoeg het hul teen hul sin voor węreldstrukture gebuig.
Tot oorlewing vir hulself ‘n pad oopgebeur deur węreldsondes so ruig.
Veilig word hul nou vergader op ‘n plek van bewaring
waar hul kinders kan speel en van vreugde juig.
Maar ook die węreldling het op die vlug geslaan,
in hul dorpe en stede is dit net die stilte wat suis.
Waar is al die neonligte,
ja die nimmereindigende ritme en polsslag van die grote stad se gedruis.
Kyk hoe lę ‘n deel van ‘n grote bose węreld nou stukkend vergruis.
Deur leë strate kom die klank van winde wat droewig om leë huise suis.
In ongelooflike stiltes staan gestroop van hul gruwels, die geboue nou
skielik kuis.
Ja eensaam en verlate staan sonder enige lewe
nou menig eens so begeerde huis.
‘n Verlate pelgrim sal van deur tot deur gaan
en vind- nęrens in die grote stad is daar iemand tuis.
Miskien het die bewoners geskrik vir die dodelike kieme gedra deur ‘n kleine
muis.
Of dalk het hul gevlug vir die waansin wat in oorlog en onlus deur die
węreld suis.
Of dalk was hul inderhaas deur hul stadsvaders
oor komende kataklismes vanuit hul stede ontruim.
Ironies is dit; oor die plek van hul skuiling
kleef nou die tsunami se doodsstankskuim.
In haar slingerpad om haar eie baan, laat die aarde nou hope van puin.
Geen wetenskap wat kan bepaal
waar blaas die engel van oordeel sy volgende basuin.
In sy oordeelstaak is hierdie engel ontoeganklik in ‘n baie grimmige bui.
Verwoes lę 'n aarde se oppervlak wat eens was ‘n pragtige natuurlike tuin.
Op die berge se toppe staan Sion op ‘n veilige kruin.
In ‘n heilige stilte lig hul die ramshoring en blaas in ‘n nuwe lied
tot eer van God op die ewige basuin.
Openbaring 613
Sluit my net in jou liefde in.
Sondag 15 Maart 2009 07:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In verrukking en euforie word deur alle eeue die liefde
altyd nog so mooi besing.
Onsterflik is die woorde van die opregte liefde waar dit alle ewighede
binnedring.
Dansend huppel die melodieë deur die nimmereindigende ruimtes
om hulde aan die liefde te kan bring.
Om baldadig terug te keer om ewig om die voorwerp van die liefde te kan
kring.
Die visuele verseëling van die liefde kom daarom altyd in die vorm van ʼn
ring.
Daar is niks so helend soos soentjies van liefde
op ʼn stukkende plekkie aangebring.
Wat is mooier as ʼn kleuterhandjie wat in kinderliefde
ʼn blommetjie na jou toe bring.
Ja, wat is teerder as die liefdeswoorde van ʼn troebadoer
in die maanlig vir sy maagd gesing.
Hoe edel ʼn beseerde kreupel leeuwyfie
wat haar jagtog vir haar welpies in moederliefde bring.
Net so edel is die stukkende hande van ʼn ambagsman
wat sy loon in liefde vir sy gesin huis toe bring.
Hoe beskryf ʼn mens die eerste liefdesblik van
ʼn moeder
vir haar eerste liefdeskind.
Die liefde wil net gee en nogmaals gee; in ruil wil dit net bemin.
Al wat dit die heeltyd vra- is; sluit my net in jou liefde in.
Maar die grootste gawe wat die liefde ooit kan bring.
Is wanneer dit die kosbare lewe -
vir die oorlewing van die naaste as ʼn offer bring.
Daarom was die hoogtepunt van die ewige LIEFDE -
op die hoogste suiwer frekwensie in alle ewighede toegesing.
Op die dag waar God Sy lewensliefdesbloed -
tot ewige lewe vir sondaars sou bring.
Openbaring 614
Is ons vry of word ons beheer.
Maandag 16 Maart 2009 07:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vanaf ons geboorte is daar so oneindig baie wat ons moet leer.
Deur te skreeu weet ons vinnig om ons moeder te beheer.
Met ons glimlaggies koer almal weer om ons teer.
Vinnig leer ons kruip en skuur in die proses ons nerfies deur.
Kort voor lank leer ons om te kan loop - sit jy jou een voet voor die ander
neer.
In ons kleuterjare raak dit moeilik om ons op ons vernielsugtige pad te
keer.
Vinnig kom die tyd en in die skool is daar baie meer
as net die skryfkuns om aan te leer.
Hier word jy geleer om te kan oorleef - moet jy jou emosies kan beheer.
Ook om soos outomaatjies in reguit lyne te kan marsjeer.
Die beskawingspeil met sy norme word nou die heeltyd op jou geprojekteer.
Dit wat die leerkragte wil - word teen jou sin die heeltyd op jou
afgeforseer.
Tussen die lyne word jy geleer
om nie soseer jou ouers se siening of waardes te respekteer.
Maar węreldstrukture en outoriteite die moet jy met jou alles eer.
Besluit jy om met jou vrye wil in eie keuse hierop te reageer.
Word daar vinnig besluit hier is ʼn rebel
ons sal hom breek en na ons hand moet leer.
Maar meeste van hierdie rebelle het ʼn streep wat niemand ewig ooit sal kan
breek.
Hulle het ʼn geen wat teen elke boei of ketting gaan rebelleer.
Juis deur die opvoedingsdwang ontbrand hul rebelse streep.
Tevergeefs gaan jy hierdies, hoe goed bedoel ookal, iets teen hul sin kan
leer.
Met paai of harde woorde kan die węreld maar kom en sę:
Dit is nou eenmaal die norme waarop jy jouself moet beheer.
Maar hierdies lag en tart en sę ek sal met my vrye wil op my eie manier
probeer.
Ewig nooit sal enige struktuur my in my vryheidsvlug kan keer.
In die rebelgeledere is daar nou een van twee groepe
waarheen hierdies hulself heen gaan keer.
Die grootste groep besluit; psigopaties sal ons in eie belang
deur dwang ons self laat geld en ander nou beheer.
Die minderheidsgroep besluit sonder dwang wil ons in vryheid leef.
Juis hierdeur sal ons ander se lewe eer en ook respekteer.
Ironies genoeg sal die węreld baie eerder
die bose rebelse groep in hul midde akkommodeer.
Terwyl hul openlik minagtend die vrye adelaars van God sal ignoreer.
Maar eens op ʼn tyd het Ek My juis na hierdie aarde gekeer.
Om die vryes van siel weg van bose bindende strukture te keer.
Ja, na ongeletterde vrye vissers het Ek My gekeer.
Vissers tot vryheid van die mense sal julle wees, ja, so het Ek hul kom
leer.
Weg van die bindende bande van die hel sal jul My skape terug na Vryheid
keer.
So het My apostels die mense van toe af kom leer.
Om hul slegs onder die liefdeswet van God te beheer.
Die tyd het gekom en gegaan en die verlede het die hede die rug toegekeer.
In hierdie moderne tyd staan ʼn handvol van My goeie rebelle
oor die hele węreld vir die vryheid weer.
Daar is geen bose struktuur wat hul op hul vryheidsweg gaan kan keer.
Alle bindinge in węreldstrukture gebind
word binnekort in die Hades-gevangenis uitgekeer.
Maar in ewige vryheidsvlug sal Myne hul nou ewig na My toe keer.
Openbaring 615
Praktiese goddelike kennis is Lewe.
Maandag 16 Maart 2009 18:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Hoe treurig is die mens se bestaan,
wat oortuig daarvan is na sy liggaamlike dood is dit ewig met hom gedaan.
Om watter rede moes hy op hierdie aarde ontstaan,
om ʼn selfbewussyn te kan wees wat net weer moet vergaan.
ʼn Bewussyn wat veronderstel is om deur middel van sy sintuie alles
van die grote skepping op ʼn praktiese wyse uit te leef
om dit so beter te kan verstaan.
Met oë wat alle beeldmateriaal na binne kan dra,
om aan die brein te kan vra wat sien ons daar.
Maar oombliklik het die brein klaar hierdie beeldmateriaal aan die siel
oorgedra -
aan haar selfbewussyn gee sy nou die kennis waarom sy vra.
Op haar beurt is dit die siel wat nou nuuskierig deur haar vensters na buite
staar.
Deur hierdie sielvolle lewensblik erken verskillende mense se siele ook
mekaar.
Deur ʼn fyn senuwee netwerk wat geen wetenskap ooit werklik sal kan verstaan,
kan die mens deur sy sensitiewe gevoel ook alles na binne dra
en kan hy daarom weereens deur sy brein aan sy siel nou vra:
Watter ongelooflike sensasie het ek nou oor my hele vel ervaar.
Die siel antwoord:
In jou wandeling het jy in die aandwind, God in ʼn koel briesie om jou
gewaar.
Oombliklik sal die vensters van die siel ook nou op na die sterre staar.
In die hoop om ietsie meer van haar dierbare Skepper te kan gewaar.
Maar deur die neus is dit wat die mens
nou iets baie bekoorliks om haarself gewaar.
Hemels die geur wat deur die brein na die siel toe gaan.
Sy geniet die rosegeur wat die natuur genotvol deur die lug om haar
uitstraal.
So stap die mens op sy wandeling deur ʼn vrugteboord
met ʼn drag van somervrugte baie swaar.
Deur ʼn vars vrugtesmaak is dit die tong wat nou baldadig daar baljaar.
Vrolik lag die siel ook saam en sę:
Maak jouself vir ʼn feesmaal van nog meer smake klaar.
Maar die ore sę: Stil! luister eers na die simfonie van paddas en krieke
wat daar by die watervoor baljaar.
Die siel raak stil en sę: Sowaar orals in die natuur is God ewig altyd daar.
Aan die ongelowige wil Ek nou daarom vra:
Hoeveel data het die siel nie vir haarself in hierdie kort wandeling
deur die materiële węreld vir haar ewige verblyf in die geesteswęreld
nie nou opgegaar.
So om die heeltyd sinies te wil verklaar - die selfbewussyn is daar -
om net weer in ʼn oomblik tot niks te vergaan.
Hoe armoedig gaan hierdies eendag nie in die geestesryk
doelloos moet rondstaan.
So bitter min praktiese goddelike kennis het hul met hul lewe oor die aarde,
vir hulself, in hul data-bank vir die ewige geestesryk gespaar.
Openbaring 616
Wyse soekers vind en dwase bly blind.
Dinsdag 17 Maart 2009 15:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Daar is soekers wat soek en altyd vind.
Maar die wat hul deur die duisternis laat bind - ewig bly hulle altyd blind.
ʼn Swyn sal nooit deur kosbare woorde die Waarheid kan vind.
Maar die wyse soeker sal dat niks sy kennis ooit laat bind.
Ja, deur goddelike kennis wil die wyse die lewe win.
Maar die spotter lag en sę: ons almal is in elk geval die duiwel s'n.
Die wyse sę: Nooi die Waarheid in- die tyd raak min.
Maar die dwase sę: laat die noodlot sy dobbelwiel maar spin.
Die soeker sę: die lewe wil ek vind
ek wil staan as God se kind.
Maar die verlorene lag en sę:
Ek het klaar my siel verloor daarom waai ek maar saam met die wind.
Openbaring 617
Julle wat op 'n valse godheid vertrou.
Woensdag 18 Maart 2009 06:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die mensdom was aan God en daardeur aan homself
ongelooflik ontrou.
Deur middel van sy intellek wou die mens homself as ʼn god uithou.
ʼn Beskawing ewig ongekend - wou hul verby die Wysheidshemele bou.
Deur die arbeid van hul hande wou hul sę:
Kyk hier is nou ʼn godheid om te aanskou.
Daar is geen god op hierdie aarde of in die hemel wat ons visueel kan
aanskou.
Daarom sal ons liewer op die werke van ons hande vertrou.
Infrastrukture sal ons tot ons oorlewing vir ons self nou bou.
Voor ʼn industriële god sal ons staan ewig getrou.
Deur die politiek en die regstelsel sal ons die heersersepter oor die aarde
hou.
Oral oor die węreld sal ons geloofstrukture, kerke en tempels bou -
vir ʼn mensdom wat nou eenmaal op ʼn godheid wil vertrou.
Met beton en glas sal ons uit die rykdom van die aarde
ʼn 'Jerusalem' tot aan die wolke bou.
Deur ons intellek staan ons teenoor ons self as die groot 'argitek' getrou.
Maar die vrymesselaar het homself
in sy volmaakte negentig-gradehoek vasgebou.
In `n driehoek simboliek wou hulle die beskawing
ver bokant God se outoriteit uitbou.
Maar met hul piramide het hul maar net weer `n graftombe bo-oor hulself
gebou.
Met `n flambojante beskawingspeil
wou hul ongelooflike stede oor die hele węreld bou.
Sodat al die volkere hul werke in heerlikheid daarin kon aanskou.
Ja hierin wou `n eenwęreldorde hulself as die antwoord op alles
en daardeur as `n godheid aanskou.
In asemrowende stadions as landmerke
wou hul die mensdom in spele-rituele aanmoedig
om die hand in `n vuis altyd as die wenner omhoog te hou.
Maar soos altyd het die mens homself oorskat deur teveel op homself te
vertrou.
In sy hoogmoed het die węreld uitermatig teen elke goddelike orde verbrou.
Die tyd het gekom waar die mens nou God se oordeel oor sy werke gaan
aanskou.
Die beskermingshand van God word nie meer langer oor `n bose węreld gehou.
In die liefde vir die enige God was die węreld uitermatig baie lou.
Daarom het die tyd gekom en die mens gaan hom ewig
oor sy gruwelsondes berou.
Op sy eie handewerk kan `n węreld nie meer langer vertrou.
Sy infrastrukture is besig om een na die ander onder hom in te vou.
Sy bose amfiteaters en pawiljoene vir soveel toeskouers gebou,
gaan maar net weer in die binnekamers van die aarde tot stof invou.
Vir die eens magtige vrye bouers en messelaars
gaan daar niks van hul 'beskawings Jerusalem' oorbly om te kan aanskou.
Van die eerste stede wat ewig tot hul val in die stof van die aarde gaan
kou,
gaan dit die stad London wees wat weer soos in die sestiende eeu
sy eie einde in `n vlammesee gaan aanskou.
Openbaring 618
Ondersteunend is Hy vinnig daar.
Donderdag 19 Maart 2009 07:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Terwyl die węreld in haar skoonheid lok en wink.
Uitspattig lag en sę: Kyk alles wat ek bied is so mooi en blink.
Uitbundig nooi; kom vat my hand, in ydelheid gaan ons rinkink.
Na alles wat na die dood lei - maar wat die sonde so lekker kan laat klink.
Dit wat die sonde bied word nou tot oorlopens toe vir die węreld ingeskink.
Uit die beker van genot moet die mens met groot teue nou kom drink.
Kom geniet in oormaat dit wat die verleiding tog so guitig kan bedink.
Ja, terwyl die węreldling al hoe dieper in die stank van węreldsondes
insink.
Soos `n vark wat hom genotvol rondrol in gruwelmodder wat so stink.
Bly getrou die stem van God bekommerd in sondaar's ore klink.
Getrou is Sy Hand wat hul terug na die lewe deur sy Wysheid wink.
Terwyl Hy uitnodigings aan hul stuur, geskryf deur sy kosbare liefdes- ink.
Ondersteunend is Hy vinnig daar
waar beseerde sondaars terug na die Vaderhuis toe hink.
Op elk van hierdie liewe kinders word daar in die hemel `n heildronk
geskink.
Deur Sy kosbare bloed het God tot hul redding -
vir hul die lydingsbeker tot op die bodem leeg gedrink.
Openbaring 619
Visioen van die Jood.
Vrydag 20 Maart 2009 07:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In `n visioen sien ek `n frisgeboude welgeklede Jood
met die voorkoms van `n sigeuner.
Hy stap met lang en energieke tree van land tot land met `n
groot volgestopte sak oor sy skouer. Hy glimlag breed
en sy goue tande flits in die son. In `n kortstondige oomblik vervaag
die beeld om net weer helder te verskyn. Maar nou
is die sigeuner-Jood `n verwaarloosde uitgeteerde figuur en sy sak
hang slap en leeg oor sy skouer. Dit lyk asof hy baie moeilik
loop en stadig oor die weg kom. Die son skyn ook nie meer
nie en die omgewing vertoon baie donker. Hierdie uiters ellendige
figuur lig sy kop om te weeklaag en ek sien al sy goue tande het uitgeval.
Ek vra daarna en `n stem antwoord en sę: Die grootste gedeelte
van die węreld se rykdomme, grondstowwe en geld is in die Jood
se nimmereindige onversadigbare beurs leeg gemaak.
Enige iets wat oorversadig raak -maar nog steeds volgestop word,
moet die een of ander tyd oopbars en wat het `n dooie oopgebarste
liggaam nou aan dit, wat hy oor so `n lang tydperk
so sorgsaam vir homself opgegaar het.
Openbaring 620
Skouspelagtig sal valse skoonheid vergaan.
Saterdag 21 Maart 2009 08:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de beer
Die vernietiging vertoon in sy eie vergaan dikwels tog so mooi.
Hoe mooi en kostelik is `n kleine mens wat sy verskyning maak beplooid en
rooi.
Maar in die ouderdom vergaan die mooiste skoonheid ook in die diepste plooi.
Dit wat oksideer vertoon in sy vergaan dikwels in die mooiste roesrooi.
Hoe mooi die vlam teen die aand se wand wat gulsig verteer die boer se hooi.
In die laaste tekens van die eindtye sak die son asemrowend bloedrooi.
Skouspelagtig mooi val Alsem vanuit die hemel
en kleur die aarde se waters giftig rooi.
Hoe trots en mooi staan `n troepemag voordat hul hulself vir die dood
ontplooi.
`n Trotse man se ewige val begin dikwels in `n mooi versierde hoere-kooi.
Tot hul skaamte is `n uitverkore volk oor die hele węreld verstrooi.
Vir afgods-sondes so uitlokkend mooi het hul hulself skaamteloos weggegooi.
In haar verbastering het hierdie volk haar vermoë verloor
om voor haar Skepper te kan bloos bloedrooi.
Maar vir die sonde maak sy haar lippe rooi -
om haar skaamteloos soos `n hoer vir die węreld op te tooi.
Daarom sal Ek alles in liberale węreldse skoonheid,
nie na My nuwe vredesryk uitnooi.
Maar in die vernietigingsvlam van Hades wat ewig
in sy eie duisternis gloei bloedrooi,
sal Ek dit wat onrein is ewig as nuttelose afval uitgooi.
![]() |