e-pos:     judithdebeer@webmail.co.za 

                 openbaringe@yahoo.com

Openbaring 601
Wee die Baälpriesters en hul Baäl-heer.
(Hoséa 2:16)
Vrydag 6 Maart 2009 17:00
http://www.openbaringe.co.za/


Judith de Beer
Lank genoeg het `n bose wêreld weer, vir Baäl onder die aliasnaam "Heer" vereer.
Ja, lank genoeg het Baälpriesters onder die grootste denkbare leuen beweer,
dat dit die alleen grote God is wat hul nog altyd eer.
Terwyl hul geslagte lank `n drog-witleuen aan die massas afsmeer. 
Hoe lank wil hierdie boses nog op hul onderdrukte volgelinge teer.
Ja, die weduwees beroof, terwyl hulle laggend met hulle die gek net skeer.
Lucifer hul materiële god het hulle met hul alles vereer.
Hul het geroep, Baäl O Baäl en dit vervang met Heer O Heer.
Daar is jul Baäl-Heer god, het hul die kinders van die wêreld
vanuit hul kerklike afgodstempels geleer.
Baie lank gelede het `n ou-testamentiese profeet so hieroor geprofeteer.
In die laaste dae noem nie een van my ware kinders
My ooit weer Baäl O Baäl, ja, Heer O Heer. 
Maar tot hul ondergang kan `n reeds verlore wêreld
dit gerus maar nog `n keer probeer. 
Met bankrotskap, plaag en pes, ja, met elke oordeelskatalisme
maak Ek hierdie wêreld van nou af regtig baie seer.
Wie is daar wat My in My grote voornemens gaan kan keer.
Elia stuur Ek as oordeel vir elke Baälpriester weer. 
Vuur, vuur en nogmaals vuur bring Ek deur die profeet
op hul drekhoofde en hul gruwelofferandes neer.
Om sodoende elke drog- gruwel van hulle ewig te kan verteer.
Die profeet Elia sit op die geestelike Sionsberg in `n verseëlde sfeer.
In woestynlandskap is Johannes die Doper besig
om sy Verlosser te leer ken om Hom hierin te leer eer.
Ja, `n grote engel is besig om as die kleinste kind Elohim as sy Vader te eer.
Met `n drie in een gaan hierdie wese nou met God se krag Satan afweer.
Lank genoeg het die gevalle engel van lig die wêreld deur sy regerings en kerke
onder die misbruik van God se naam beheer.
Die eindtyd-draak se snoet word van nou af in sy eie drek gesmeer.
Ja, wee elkeen wat onder die outoriteit van moderne Baälpriesters
nog eenmaal na My sal roep, as heer O heer.

 


Openbaring 602
Waarom vertrou mense alewig op die kerk.

Saterdag 7 Maart 2009 08:30
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Eva het eens haar ore vir Satan se influisteringe uitgehou.
In lus vir die vlees het sy aan die aangebode verbode vrug gaan kou.
Vir Adam tot val het sy met haar vroulike bates uitlokkend voor hom gaan skou.
Groot was die eerste geestelike mensepaar se spyt en hul bitter berou.
Onversoenbaar het hul in hul sondes-voortplanting voor die Skepper verbrou.
Die goddelike kommunikasiekanaal was nou tussen God en mens
in `n geslote dimensie toegevou.
Abel as `n goddelike geseënde spreekbuis word deur Satansmoord
van die mensdom weggehou.
Maar Kain, die ongeseënde Satansvrug word sonder die goddelike gees
as vloek in die wêreld gewerp vir hul om te behou.
In die verlies van die dood sou almal nou treurig oor mekaar in lanfer moes rou.
Deur die wet aan Moses kry die mens weer `n geleentheid
om teenoor God te staan- getrou.
Om deur gehoorsaamheid weer `n brug terug na Elohim te kon bou.
Maar die mens het begin om die Leviet en priester as hul brug na God te beskou.
Die tempel op sy beurt het al hoe meer wette vir die mense voor begin hou.
Onder soveel onnodige dwang het die volk in hul liefde vir God begin verflou.
Gestroop van hul vrye wil
raak die mensdom toe gevangenes in `n goue tempelkou.
In plaas van aan God sweer hul aan `n wêreldse priesterorde hul ewige trou.
Die tempel leer die mens om deur goud en geld
vir hul `n weg na `n kammahemel te bou.
As `n bate vir die doderyk omsluit Satan vir die hel
ondenkbaar baie siele met `n stewige Hades-klou.
Die hemele het droefgeestig hierdie verskriklike verlore toestand
van die mensdom aanskou.
Terwille van die goddelike volk het hul smekend die hande na Elohim uitgehou.
In hul smeekrede het hulle die volgende vir die Skepper voorgehou:
Die mens het deur Adam se sonde en skuld so verskriklik verbrou.
Moet daarom asseblief nie ewig die oordeel van die ontoeganklike Lig
oor hul hoofde hou.
Elohim het weer die mens in sy verlore toestand met deernis aanskou.
Hy het besluit om in die gestalte van `n mens
hul- van aangesig tot aangesig - met liefde en vergifnis te aanskou.
Om sodoende die toegevoude goddelike kommunikasiekanaal weer te kon ontvou.
Vir die verlede sowel as die hede het die Seun van die mens, drie dae in Hades
`n valse tempelleer tot niks gebreek.
In Homself weer vir die volk `n brug na die hemel terug gebou.
`n Heilige tempel het God self ewig in die harte van sy goddelike kinders kom bou.
Melgisedek staan Self as die Hoëpriester, ja, die Middelaar
tussen God en mens vir ewig getrou.
Nou waarom is dit dat die mens nou weer op menslike kerklike instellings vertrou.
Daarom kom Ek nou weer,
om in ewige verseëling met My skamele eiendom te kan trou.
Die wat op mense en prinse in plaas van My vertrou.
Die gaan dit nou in `n hel-binding tot hul ewige spyt nou bitter berou.


 

Openbaring 603
Maar die skrif aan die muur sê...

Saterdag 8 Maart 2009 19:15
http://www.openbaringe.co.za/ 


Judith de beer
Israel ween en sê:
Waarom is ons 'lewensbrood' sonder enige voedingsware tog so droog.
Die Gees antwoord en sê:
`n Uitverkore volk het hulself mos aan `n wêreldvarksog vir 'melkkos' gaan soog.
`n Verlore volk vra:
Waarom is God en die hemel so onbereikbaar ver en hoog.
`n Stem antwoord en sê:
Die duiwel het jul te lank vir sy hel uitgeloog.
`n Eens gekose volk vra:
Waarom span God teen ons nou sy oordeelsboog.
Heilige engele antwoord en sê:
Deur jul gruwelsondes het jul onaanvaarbaar geraak voor sy Goddelike oog.
`n Eens heilige volk sê:
Ons is die geslag van Abraham, Isak en Jakob
en op die heel hoogste wêreldverhoog,
gaan ons oor hierdie verlaging en nederlaag betoog.
Maar die skrif aan die muur sê:
Julle is geweeg en te lig bevind, ewig tevergeefs is dit waarna julle nou gaan poog.
Hartseer sê `n droewige aarde nou met `n traan in haar oog:
Oor elk van my dooie kinders sal ek `n hopie aarde span
met `n kleine hopie grond in die vorm van `n boog.
Maar die stem van die Heilige Gees sê:
Ewig teer sal Ek Sion teen My bors vashou om haar in My Wysheid te soog.

 

Openbaring 604
Nié ter wille van 'n bastergeslag nie!

Sondag 8 Maart 2009 12:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Daar is sommige wêreldgeleerdes wat wil beweer;
In die laaste fase van die eindtyd word alle rasse onder Jakob geakkommodeer.
Elke verskillende geloof word in basterbroeder naasteliefde
met die Christendom geassosieer.
Ja, elke kleur en geur
word nou onder een sogenaamde 'heilige' sambreel geakkommodeer.
Teenoor hierdie 'geniales' wat tot Satans voordeel
`n hele wêreld selfvoldaan wil leer.
Terwyl hul God in sy grote werke die heeltyd wil korrigeer.
Van hulle wil Ek weet hoekom het Ek Abel se offer aangeneem
maar Kain s'n geïgnoreer.
Ook wil Ek van hul weet waarom het Ek juis in Jakob
My verbondsvolk gespesifiseer.
Miskien kan hierdie wêreldleraars ook vir God kom leer,
hoekom het Hy nie in Sy Wysheid, Ismael en Isak
onder een sambreel geakkommodeer.
Miskien sal hulle ook meer kan weet waarom het Ek die tweeling Esau en Jakob,
van mekaar in verskillende denkrigtings geskeur.
Hulle wat so graag in `n eenwêreldstruktuur die hele aarde wil beheer,
van hulle wil Ek weet waarom het God `n eenwêreld Babeltoring (poging)
deur goddelike ingryping afgekeur.
Ja, waarom het die liewe Skepper `n eenwêreld taal tot verwarring geaktiveer.
Om hierna aan elke groep hul eie kultuur en taal te leer.
Waarom het Hy deur grense
elke volk aanvanklik in hul eie streek geakkommodeer.
Ja, waarom het die goeie Skepper in Sy wysheid - in onderskeid -
die mense se vlees wit of swart gekleur.
Waarom snak so baie mense na hul asem wanneer Ek hierdie feite aksentueer.
Moet Ek deur `n Sataniese wêreldsiening
dalk in skaamte oor heilige skeppingsbesluite My hoof laat hang en rooi verkleur.
Moet Ek verskoning vra en terugstaan sodat `n bose eenwêreldorde
met sy geloofs drogleerstellings My skepping kan beheer.
Moet Ek stilswyend langer toekyk
terwyl hul My opregtes en die Waarheid teer en veer.
Met My koms na die aarde het Ek My na My verbondsvolk gekeer.
Ek het hul van `n bose tempelleer bevry en hul Self die waarheid kom leer.
Ja, Ek het My dissipels geleer om vanuit al die volkere
die verstrooide skape van Israel huiswaarts te laat keer.
Ek het hul kom leer, deur die uitverkorenes vanuit Israel, ja, deur Sion
sal God as Melgisedek volmaak regverdig oor almal kom regeer.
In die boek van Openbaring het Ek so oor die eindtyd kom leer.
Dit wat heilig is kom in skeiding twee-en-veertig maande
onder onrein voete neer.
Nêrens word daar hier geleer,
die twee getuies kom om hierdie onrein heidene te bekeer.
Maar vir `n duisend-twee-honderd-en-sestig dae
kom hul die ondergang van alles wat onrein is te profeteer.
Maar nog steeds is daar die wat wil beweer, God daal binnekort
tot verheerliking van `n wanordelike-mengelmoes bastergeslag,
op hierdie aarde neer.

 

Openbaring 605
Alles is nou baie verkeerd.

Sondag 8 Maart 2009 15:00
http://www.openbaringe.co.za/ 


Judith de Beer
Walvisse wat hulself in selfmoord op die strande uitkeer.
Vertel iets is in die dieptes van die aarde
en ook op die bodem van die see verkeerd.
Ook die seemeeue krys;
die windstrome is heeltemal uit hul ordes omgekeer.
Terwyl `n vlytige oordeelsengel werk neurie hy;
alles is verkeerd, ja, alles is verkeerd.
Die wêreld wou hulself mos nie bekeer, ja, nie bekeer.
Daarom word duisende nou gedood of baie ernstig beseer.
Die see die raas terwyl hy homself woedend op die strande uitkeer.
Wilde wêreldbrande laat hul deur geen brandafweersisteem beheer.
Vreeslike vure is hier om alles in hul pad te kom verteer.
Die natuur laat hom nie deur die sondige mense beheer.
Inteendeel is dit deur die natuur wat God se hand die mens `n les kom leer.
Sondig wou die wêreld God mos nie meer eer.
Daarom kry hul in hul loesings van nou af baie seer.
Ja, terwyl `n oordeelsengel vlytig werk, neurie hy;
alles is nou baie verkeerd.
Groot vloedgolwe kom om die kuslyne om te dolwe en om te keer.
Wolkekrabbers lê verstrooid plat in die strate se teer.
Skaars is alles oor of die volgende kataklisme tref alweer.


 

Openbaring 606
Om te wees of nie te wees.

Maandag 9 Maart 2009 00:30
http://www.openbaringe.co.za/

 
Judith de Beer
In die kennis oor die inhoud van die lewe bly die mens 'n leek.
Gaan ons na ons dood nog wees,
of gaan ons terug in die niet nooit meer wees, dit is wat almal graag wil weet.
Om te wees of nie te wees, in sy filosofie praat die mens hul in hul soeke hees.
Hul redeneer; die selfbewussyn moet 'n tipe van 'n energie nou wees.
Uit water kan daar deur wrywing, weerlig en vuur ontstaan.
Maar deur water is die vonk daarvan net so gou weer gedaan.
Nou waar, wil almal weet, kom die lewensvonk vandaan.
Wat die eerste hartklop van die mens laat ontstaan.
Waar dit na die dood heengaan,
dit kan niemand ook so mooi verstaan.
Hoe verduidelik 'n mens dat alles wat bestaan,
kom oorspronklik vanuit 'n moederbron vandaan.
In 'n siklus is dit wat herwinning oor en oor deur homself net gaan.
Die reëndruppel wat daar val het hoeveel maal
al deur die riviere en die oseaan in stoom weer op na die wolke gegaan.
Yster so diep vanuit die aarde gehaal
het deur roes maar net weer terug in die grond gegaan.
'n Majestueuse boom het vir eeue daar gestaan,
in verrottingskompos moet dit weer as voedsel vir nuwe plante gaan.
In die siklus van die bestaan is dit die lewe wat oor en oor deur homself net gaan.
Soveel moeite vir die mens om soveel kennis op te gaar,
om dit alles te probeer verstaan,
net om saam met die dood weer tot niks te vergaan.
Alles wat leef aanvaar hul ordesbestaan, sonder om dit te probeer verstaan.
Maar die mens geskape na sy Skepper se beeld
wil weet waarom elke faset van sy lewe gaan.
Hy flikflooi en hy vra, hy baklei en sê hy wil dit verstaan.
Ja hy sê kyk, as 'n mens kan ek lag maar soms ween ek ook met 'n bitter traan.
Vurig kan ek haat maar net so sterk kan ek in my liefde staan.
Ja die lewe wil ek verstaan.
Ek wil wees om ewig in die lewe by my Skepper te kan staan.
Die goeie Skepper sê: Deur jou soeke is jy besig om nou te verstaan.
Jy as lewensvonk het uit die onsterflike oergoddelike bron ontstaan.
In jou eie herwinning wil jy weer terug na jou God toe gaan.
Om te wees, is om ewig by jou Skepper te kan wees.
Om nie te wees, is om Godverlate ewig van Hom weg te wees.

 

 

Openbaring 607
Die bitter boekie nou die soetste heuning.

Dinsdag 10 Maart 2009 09:30
http://www.openbaringe.co.za/ 


Judith de Beer
`n Stem wat roep: moet nie meer `n enkele woord van die profesieë verseël.
Dit gesaai is dit gemaai laat oor elkeen nou kom sy volle deel.
Mammon is geslag.
Sy bloed en rykdomme bloei tot sy ondergang vanuit sy onversadigbare keel.
Bitter die gal maar nog steeds sê `n verlore wêreld; ons kan en sal.
Hul ploeter voort in `n verlore wêreld se dodedal.
Hul laat hul deur die Satan lei na die ewige afgrond se val.
In haar verdrukking roep Sion: Noem my ook nou Mara die bitter vrou van gal.
My Bruidegom het my verlaat- ek bevind my in die dood se dal.
Sy roep: O help my God ek gaan saam met die wêreld val.
Maar die strooijonker roep: O Sion ewig sal jou God jou nooit laat val.
Vir jou tot redding is Hy gebore op hierdie wêreld eens in `n stal.
Die hemele roep - Wee O Wee - Satan poog om God se bruid te laat val.
In opdrag lig `n engel sy vuis in `n woedende bal.
`n Klip vanuit die ruimte tref die aarde met `n harde knal.
`n Stem wat sê: Nou sal julle sien- die aarde is Mara, die bitter vrou van gal.
Brak haar fonteine met water so giftig soos bitter gal.
O Alsem jy tas die senuweestelsels van mens en dier nou aan
en maak in jou verskrikking almal mal.
Miljoene gaan hierin die dood nou ten prooi moet val.
Ja, die basuin van die sewende engel blaas.
Al die verborgenheid gaan in openbaring wees.
Die boekie lank gelede deur Johannes geëet,
was in sy maag baie bitter gewees.
Maar in die mond van hierdie tydvak se laaste profeet,
sal die oordeel teenoor `n bose wêreld
soeter as die soetste heuning nou wees.


Openbaring 608
Vader U is so oneindig baie groot

Woensdag 11 Maart 2009 03:30
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer
Op reis na die ewigheid in U genades liefdesboot.
O Abba Vader in U Wysheid is U so oneindig groot.
Waarom voel ek as U kind in hierdie wêreld so verstoot?
As `n goddelike kind is ook ek van U mos `n kleine loot.
Gebore vanuit U oneindigeidskepping se grote skoot.
Is dit slegs aan U wat ek ewig wil behoort.
In `n donker nag mik die bose na my met `n dodelike skoot.
Deur verleiding poog hy om my weg te keer van U hemelpoort.
Ja, deur wêreldsondes probeer hy om my van U weg te stoot.
Maar deur U genade beur ek moedig in my poging na U toe voort.
`n Hemelburger in die nuwe stad Jerusalem daar wil ek behoort.
Ewig wil ek in U hemele wees by my eie soort.
Soos `n kindjie klein wil ek ook sit op U kosbare Vaderskoot.
Blymoedig wil ek saam U engele sing op hul hemel-noot.
Myself wil ek laat vang deur U liefdeskoord.
Ewig wil ek saam met U wandel deur U hemel Eden-oord.
O Vader in U genade is U so oneindig baie groot.
Ewig wil ek in U wingerd groei as `n kleine edel hemel-loot.


Openbaring 609
ʼn Magtige Seder tot voordeel van almal.

Woensdag 11 Maart 2009 06:00
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer

Lank-lank gelede het `n volk eens as `n magtige Seder gestaan.
Ja, stewig geanker was sy wortels in die banke van die suiwer Jordaan.
In sy takke het gewoon al die voëls van die hemel oral vandaan.
In sy koelte het pelgrims van oor die hele aarde kom staan.
Sy kosbare vrugte het vir voedsel na menig koningshuis gegaan.
Ook die vrugbare saad het oor die hele wêreld gegaan.
In menig land was te vind hierdie boompies in `n klein maar heilige laan.
Ja, in heilige grond het hierdie Seder eens tot voordeel van almal gestaan.
Sy welige blare het in kompos tot groei vir ander plante gegaan.
Die son en die maan het verhelder in hul baan,
elke keer wanneer hulle oor hierdie boom sou gaan.
Maar God se liefde vir hierdie boom het die Satan glad nie aangestaan.
In die gedaante van `n bose houtkapper kom hy toe voor hierdie boom te staan.
Met goed uitgewerkte houe het hy sy byl diep in die stam geslaan.
Ontsaglik leeg was die plek waar het eens hierdie pragtige Seder gestaan.
In hul groei was al die ander plante ook nou heeltemal gedaan.
Die diere van die veld en die voëls van die hemel het nou haweloos rondgestaan.
Verbouereerd het hul gevra waar kom ons voedsel nou vandaan.
Oor die verlies van hul heerlike uitspanplek
het menig pelgrim ook gestort `n hartseer traan.
By die Skepper gaan kla
en gesê hul kan die onnodige vernielsug glad nie verstaan.
Troostend het die Skepper hul oor die stort van verdere trane vermaan.
God het gesê: tot seën het hierdie boom vir die begin van hierdie tydvak gestaan.
Kyk tot voorkoming het Ek deur die boom se saad
heelwat van sy kleintjies oor die aarde laat staan.
Aan die einde van hierdie tydperk sal Ek deur veredeling
`n hele boord hiervan aan die Suidpunt van Afrika laat staan.
My eie hand sal Ek nie verskoon,
elke onsuiwer tak sal Ek met die snoeiskêr verslaan.
Sodat net die heel sterkste boompies tot oorlewing sal staan.
`n Magtige Seder sal weer tot voordeel van almal
oor `n duisendjarige vredestydperk staan.



Openbaring 610
God se werk teen 'n prys?

Woensdag 11 Maart 2009 22:00

http://www.openbaringe.co.za/


Judith de Beer
Menig mens, kerk of organisasie is deesdae daar.
Om die liefdeswerk van God 'gratis' uit te straal.
Hul laat die wêreld vaar en skeer in deemoed nou hul koppe kaal.
Hul sê: tot heil van ander leef ons van nou af vaal en skraal.
Tot genesing van hul siel -
kan die siekes nou die Woord van God by ons af kom haal.
Vurig staan hul teen alles wat die wêreld bied
net so sterk soos die man van staal.
Maar tog te dikwels moet van hierdies hoor;
'Gehasi waar kom jy nou so ver vandaan'?
Wat het jy as loon vir jouself loop haal?.
Ja, wat versteek jy daar onder jou gewaad?
Het jy jouself dalk vir God se werk met silwer en kleding laat betaal.
Maar altyd is dit wat Gehasi sê:
Geld of silwer het ek vir myself nêrens loop haal.
Moet daarom nie in oordeel oor my onbaatsugtige optrede smaal.
Dikwels eindig, tragies ook hierdie verhaal.
Vir geld verruil - het hierdies vir hulself - net sondes op die hals loop haal.