
e-pos: judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 581
God se wonderlike legkaart van liefde.
Dinsdag 10 Februarie 2009 14:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Geduldig stuk vir stuk
maak menigeen dikwels `n legkaart oor `n lang tydperk klaar.
Met die laaste stukkie wat in sy plek inpas sug die mens en sê; kyk net
daar.
Hy laat dit raam om vir ure daarna te kan staar.
Hy hoop dat sy kinders dit vir komende geslagte sal bewaar.
So word ook elke mensekind sel vir sel gebou
totdat sy moeder hom op die regte tyd moet baar.
Hul leer eers kruip en regop staan
voordat hul met kleuter-spoortjies oor die wêreld vaar.
Haastig draf hul nou om vader tyd se klok om net die hele tyd te kan
verjaar.
So kom en gaan ook elke legkaartstukkie vir hulle jaar na jaar.
Verlore as `n tiener is dit met `n kop vol drome wat hul in die wolke staar.
So kom die regte legkaartstukke ook weer bymekaar.
In hul voortplanting is dit die mens
wat vir voortbestaan weer `n nuwe kind moet baar.
Dikwels dink die mens in die doodskis staan sy laaste legkaartstukkie daar.
Van God wil hul ook dikwels weet van hier gaan ons na waar?
Vriendelik antwoord die Skepper: Ook Ek is nog nie met My legkaart klaar.
Oneindig staan My legkaart oor My hele skepping vir julle daar.
Ondenkbaar eons werk Ek aanmekaar
om dit as erfenis vir my kinders te kan bewaar.
Maar staan maar nader sodat Ek My liefdeswerk solank aan jul kan openbaar.
Sien die kontoere vir die oneindigheid is klaar reeds daar.
Kyk die lug en see, ja, elke stukkie van die goddelike hemel sal jul ook kan
gewaar.
Daar in die middel van My legkaart
staan die nuwe stad Jerusalem voltooid al lankal klaar.
My Kind het Ek eens van jul planeet met die wolke weg laat vaar.
Maar binnekort stuur Ek Hom weer tot redding na julle daar.
Om die laaste kosbare stukke van My legkaart
ewig veilig in hul plekke te kan bewaar.
Oor die hele ewigheid sal staan My grote legkaart
ook uiteindelik ewig kant en klaar.
Openbaring 582
Die engel van vuur en ys.
Woensdag 12 Februarie 2009 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Dit is die vyfde engel wat die ander vier oor sy situasie
nou konsulteer.
Hy vra aan hul; moet ek met nog meer vuur die aarde kom verteer.
Miskien moet ek dalk `n bietjie meer koue op die wêreld om kom keer.
Aldag weet ek nie so mooi hoe om my grote opdrag van hael en vuur,
ja, ys en sneeu te hanteer.
Die ander wil nou van hom weet: waarom wil jy jou deur ons laat leer.
Met ys en vuur hoef jy jouself in hierdie tye glad nie te beheer.
Deur kataklisme kan jy die mens so veel jy wil maar `n les kom leer.
Sou dit jou behaag mag jy maar met hul die gek ook skeer.
Die engel dink nou diep en sê; deur al my werke wil ek God net eer.
Met vuur en ys wil ek die grootste gruwelplekke nou verteer.
Daarom sal ek my blitsig nou om die aarde keer.
Wee die land wat ek volgende `n les gaan leer.
Openbaring 583
Te laat gaan jy jouself blameer.
Donderdag 12 Februarie 2009 09:10
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
So keurig moontlik vir julle om te kan verstaan.
Probeer ek van vroeg tot laat jul met woorde te vermaan.
Sodat jul die laaste houvas op die sondes kan verslaan.
Hemelwesens in rou is besig om oor menig verlore siele te stort `n bitter
traan.
In die selfverwyt gaan daar niemand wees behalwe jouself om te kan blaam.
Menig jaar het ek die geslag van Noag stiptelik oor hul einde vermaan.
Met elke spyker, elke plank in die ark het die oordeel al hoe nader aan hul
gestaan.
My werkers het van vroeg tot laat geroep om hulle te vermaan.
Maar laggend het daardie geslag hul gespot en met harde woorde terug
geslaan.
So word hierdie geslag met goed gekose woorde die hele tyd deur My vermaan.
So roep die Woord en sê kom weg daar
waar jul op die rand van die ewige afgrond staan.
Maar woedend roep die mense en sê;
ons sal ons nie deur hierdie woorde laat vermaan.
In die oordele oor die wêreld
probeer Ek nou desperaat om die volkere te laat verstaan.
Maar daar is niks maar niks wat hul tot hul redding wil verstaan.
In die laaste vyf van eenhonderd en twintig jaar
het Ek die geslag van Noag intensief vermaan.
Maar te laat het die menigtes voor die ark se geslote deure gaan staan.
Die tyd is hier en vinnig is `n tydvak besig om in sy laaste fase te
vergaan.
Die meeste van jul waarskuwingstyd is ookal na die maan.
Maar wêreldwyd is daar baie min wat dit wil verstaan.
Selfs in die uitverkorenes se midde
is hul besig om mekaar jaloers met tweespalt te verslaan.
Wie is daar wat in hierdie tye vir My onwrikbaar saam gaan staan.
Nie eers die genooide gaste kan die erns van hierdie laaste tyd verstaan.
Tot hul skande
kan hulle hul nie eers oor die smeekrede van hul grote Vader skaam.
Openbaring 584
Die verskriklike omvang van die onrein gruwel.
Donderdag 12 Februarie 2009 21:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
`n Uittreksel vanuit `n brief aan jou lui as volg:
In openbaring 565 staan van die onrein gruwel, kan jy dalk meer inligting
gee wat dit behels.
Antwoord:
Wee die vroue wat in daardie dae swanger sal wees en soog, maar geseënd
is die onvrugbares omdat hul in komende tye hul vrug sal dra.
Maar geseënd is sy wat die goddelike vrug dra, op die vlerke van `n arend
sal sy na veiligheid gedra word.
Die onrein gruwel sou in hierdie dae so `n verskriklike efek op alles
en almal uitoefen dat indien daar nie `n heilige verseëling sou plaasvind
nie,
geen vlees dit op hierdie aarde sal kan oorleef nie.
Satan self kom in hierdie dae tot sy volle bose wasdom en sal manifesteer
in elke denkbare faset waar die Gees van God nie teenwoordig is nie.
Die realiteit omtrent hierdie gruwelheerskappy gaan so geweldig wees,
dat dit nie moontlik is om `n voorstelling daarvan te maak nie.
Die groot gruwel is te vergelyk met `n man wat homself in `n digte woud
bevind maar nie die vermoë het om die bome van die bos te kan onderskei nie.
Net so het hierdie wêreld in een enorme gruwel ontaard.
Die mens kan nie meer tussen goed en kwaad onderskei nie.
Oorwonne as `n willose slaaf, staan die mens vasgevang onder die ergste
denkbare magspel van die bose. Sodoende het die mens sy grootste geskenk,
naamlik die Godgegewe vryheid vir ewig verbeur.
Tot en met hede het alles, hoe verdorwe ookal nog, op die een of ander
manier,
willekeurig of onwillekeurig, onder die werksamige organisasieorde
van die goeie Skepper gefunksioneer.
Maar met die manifestasie van die groot gruwel, te midde van dit wat
veronderstel
was om heilig te wees, onttrek die Heilige Gees Homself van hierdie wêreld.
'n Godverlatenheid wat niemand homself kan voorstel nie, kom in die
vorm van die grootste verskrikking ooit oor die hele wêreld.
Die Gees gaan slegs te vinde wees in die harte van die verseëlde
uitverkorenes,
ja, tydens hierdie tydperk tree daar `n tyd in wat ongeëwenaar in sy soort
was,
of ooit weer sal wees.
Engelgeeste sal ononderbroke aktief in opdrag van Elohim beskermend
om die heiliges, ja die verseëldes, wat hulself nog in die vlees bevind,
wees.
Sonder hierdie voorkomingsmaatreël sou niemand hierdie laaste verskriklike
fase
kon oorleef nie. Om hierdie gruwel, wortel en tak, van hierdie aarde uit te
roei,
gaan die aarde deur `n reinigingsproses gaan, wat geen lewende wese
of organisme onaangeraak gaan laat nie.
Maar soos in die dae van Noag gaan `n sekere aantal mense
deur die genade van God, onder veiligheid gebring word, vanwaar hulle weer
op die regte tyd oor die aarde versprei sal word, om as aartsvaders en
moeders,
in `n nuwe vredestydperk, hul rol te kan vervul.
Dit wat onvrugbaar was, sal vrugbaar wees en vrug in oorvloed dra en die dae
van hul lewe sal so wees, dat hulle hul kinders se kinders,
geslagte lank sal kan sien opgroei, in die weë van die Allerhoogste Skepper,
in `n duisendjarige vredesryk.
Openbaring 585
Satan se oplossing vir wêreldmense, teen God.
Maandag 16 Februarie 2009 10:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In `n eendenkende rigting het Satan homself listig as `n
eenwêreld god verklaar.
In wêreldeenheid leer hy die massas sal ons elke probleem op kan klaar.
In een taal waar in ons mekaar tog so maklik kan verstaan.
Bou ons `n eenheidsryk oor die aarde vir alle tye ongeëwenaar.
Om alles te vergemalik plaas ek binnekort vir die mensdom `n eengeldstelsel
daar.
Om so elke probleem vinnig in `n kits op te kan klaar.
Elke oordeel van God sal ons nou vreesloos in die gesig kan staar.
Die toring van Babel bou ons in eenheid ook nou vir eens en altyd kant en
klaar.
Kyk alles wat God jul bied gee ek, Satan, jul ook oorvloedig daar.
As plaasvervanger vir die Heilige Gees staan `n kerk om elke hoekie vir
julle daar.
Maak die vrees vir jul godverlate toestand julle moeg en klaar,
kan julle in valse hoop en euforie
na my selfaangestelde predikante daar gaan staar.
So staan daar nou in `n reuse poppekas die bose gruwelraamwerk kant en
klaar.
Willoos hang daar biljoene poppe aan hul toutjies vir Satan daar.
Sielloos en dood is hul oë wat vir hul opdragte na hul bose poppemeester
staar.
Openbaring 586
Ons was tot vervelens toe dringend vermaan.
Dinsdag 17 Februarie 2009 08:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Verward en eensaam is daar menigtes wat nou droewig om hul
staar.
Hul roep en vra; O waar kan ons net iets van ons God gewaar.
Alles wat die wêreld bied stem ons tog so uiters diep beswaard.
Oral oor die wye wêreld heen word daar net smart en pyn gewaar.
Nêrens is daar wet en orde waar ons vir gemoedsrus en veiligheid ons kan
skaar.
Waar ons ookal kyk is dit net satansgruwel wat ons om ons gewaar.
In ons goeie tye het ons die liefdesband met ons God nie bewaar.
Maar lojaal het ons, ons by alles wat die wêreld bied geskaar.
Terwyl die menigtes nou magteloos om hul heen vir redding staar.
Is daar in die verte ‘n ark van redding of is dit nou ‘n kleine menselaer
wat hulle daar gewaar.
Opgewonde wil hul nou haastig daarheen gaan om hul by hierdies te kan skaar.
Maar as struikelblok kom staan daar in hul weg ‘n oordeelsengele skaar.
Aan hul word vertel
die heiliges het hul lojaal deur wêreldspot en nyd vir God bewaar.
Die engele verwyt en sê;
Die breë weg van gruwel wou jul met mag en mening die hele tyd net baan.
Agter elke hartstog het jul sonder wik of weeg hals oor kop heen gegaan.
Maar hul treur en sê; niemand sien ons ween, ja, ons spyt en ook ons bitter
traan.
Van vroeg tot laat word ons op elke oorlewings gebied meedoënloos net
geslaan.
Waar kom in hierdie dae ons redding en ons hulp vandaan.
Alle wêreldpogings word voor implementasie tot mislukking reeds geslaan.
Deur die woord van God was ons van vroeg tot laat,
ja, tot vervelens toe dringend vermaan.
Maar eiesinnig het ons by dit wat die wêreld bied lojaal gestaan.
Openbaring 587
Ek is U minnelied, en U hooglied.
Vrydag 20 Februarie 2009 15:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Nog ’n bietjie sluimer nog ’n bietjie slaap,
deur die leuen is die hele wêreld aan die slaap gesus.
Die skrif staan met neonletters teen die globale muur
maar die wêreldpopulasie voel houtgerus.
Satan jubel en hy juig terwyl hy selfvoldaan getuig;
“kyk my reuse buit self gevang deur my bose lis.”
In hierdie tyd sug daar wanhopig menig baie kind.
Hul fluister soveel duister wat die kosbare lig verdring.
So graag wil ons tot eer van God ons lied van die lewe oor die aarde sing.
Met ons hart in ons hand wil ons dit as liefdesoffer na Sy troon toe bring.
Uitbundig wil ons ons lied oor alle heelalle uit laat kring.
Oor ons sondetoestand het ons ewig klaar ons hande wanhopig saamgewring.
Ja, vrolik wil ons sing,
kyk sondaars staan as goddelike kinders nou om U in ’n kring.
Op die pieke van die aarde op ’n toppunt van ’n berg
daar waar die aarde en atmosfeer mekaar liefkosend kus.
Daar waar die liefdesgees in ’n koel bries oor die aarde trek as ’n ligte
mis.
Onseker staan verskuil Sion daar in ’n digte nis.
Sy prewel en sy pruil; “My bruidegom hoe lank moet ek U nog mis.
Ek is U minnelied, ek is U hooglied, en U is my groot Ek Is.”
Maar wat die kleine Sion nou eenmaal net nie kan wis,
is dat sy die hartklop van die grote Elohim is.
Lank genoeg het die Bruidegom sy bruid oor haar huweliksdatum laat gis.
En die aarde juig
terwyl die heelalle hulself binnekort voor die goddelike huwelikspaar gaan
buig.
Staan nou nader die wat ewig gaan saamtrek in Melgisedek se tuig.
Ja oorverdowend kom van Sionsberg die engeleskare se gejuig.
God en Sion wat in huweliksbelofte vir mekaar koketterig die knieg nou buig
om ewig van mekaar en die goddelike liefde te kan getuig.
Openbaring 588
Ja op die wysheidsvlerke van die arendsrug
Saterdag 21 Februarie 2009 9:15
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die weg van aardse vlees is deur die ewigheid berug.
Die werke daarvan is meeste van die tyd net ’n dooie vrug.
Die mens streef daarna om tussen goed en kwaad sy eie opinie te kan lug.
In die heerskappy van die vlees
is dit die begeerte wat die kennis uit die siel uit wurg.
Maar die kind van God is toegerus met moed en durf tot in hul diepste murg.
Deur hul sfeer word sondaars weer gebring na die Messias-brug.
Op die wysheidsvlerke van die arendsrug
bring ek Sion op haar nooiens vryheidsvlug.
Tussen Elohim en sondaar word die duister kloof deur die Lig oorbrug.
Vlees en gees sal in eenheid met hul siel nou salig sug.
O Sion ewig bring ek jou na die wysheidspieke van My berge terug.
Wyd oor die oneindige ewigheid sweef nou hierdie blye gerug.
Aan die hand van sy broer is die verlore seun op pad na sy Vader terug.
Ja op die wysheidsvlerke van die arendsrug
bring Ek deur Sion al My eiendom na My toe terug.
Openbaring 589
Oor die aarde klap ’n sweep.
Sondag 22 Februarie 2009 7:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Oor die aarde klap ’n sweep wat alles oop kom klief.
’n Stem wat roep en vra: waarom behandel julle dit wat heilig is so stief?
In een stem antwoord ’n bose wêreld nou diep gegrief.
Uit die mond van die Skepper word ons minagtend mos gespuug,
daarom staan ons teenoor elke goddelike geliefde nou baie aggressief.
Toornig sarkasties sê hul; spaar ons daarom tog die melodrama asseblief.
Elke naam van die heiliges
word mos agter slot en grendel bewaar in die hemel-argief.
Terwyl ons in Hades ewig moet gaan staan in die grootste ongerief.
Maar ’n kodeskrif staan daar ook vir die bose kind
’n boodskap geskryf in hiëroglief.
En binnekort behandel ons alles wat heilig is ondenkbaar baie stief.
Onheilspellend is die donderweer wat met bliksemstrale
die aarde nou oop kom klief.
Terwyl ’n engel roep en sê: Wee o wee,
vir ’n bose wêreld kom daar ekonomies nou die grootste ongerief.
Openbaring 590
Vir jul verbastering is daar geen verskoning.
Maandag 24 Februarie 2009 22:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Groot die verskrikking wat wag op die wêreld en veral die stedeling.
Vasgevang en omring deur die oorweldigende stank van ontbinding.
Versteek in riool pype sit menig verskrikte man, vrou en kind as
verstekeling.
Kermend kom vanuit ruïnes van wat eens wolkekrabbers was
die hulproep van `n beseerde enkeling.
Al sirkelend kring voëls van die hemel
om stede van die dood vir voedsel tot vertering.
Globaal sak menigtes vreesbevange op die aarde neer in aanbidding.
Maar nêrens vind hul troos en hulp vir hul tot enige verligting.
Wenend in hul verskrikking smag hul nou na enige vorm van bekering.
In die ergste kataklismes aan die mens bekend
val menigtes ten prooi `n oorkoepelende verrotting.
Vir die aarde tot ewige herwinning deel alle materie die lot van die
ontbinding.
Maar die groot Tuinier het `n edeltakkie deur Sy eie hand in versnitting,
opsy gesit vir Sy ewige eksklusiewe besitting.
Geslagte lank is onopsigtelik `n suiwerloot ingeënt
op die wilde-wêreldbos vir hul veilige beskutting.
Die tyd het gekom om die nuttelose kaf te skei van die edel koring.
Ja, die tyd het gekom om `n suiwer bloedlyn te bring,
na die woning van hul ewige Koning.
Getrou aan haar suiwerheid staan die dogter van Jerusalem nader
vir haar ewige beloning.
Sy kyk na haar susters en sê: Vir jul verbastering is daar geen verskoning.
Onsuiwerheid kan dit self nooit weer tot suiwerheid bring.
Ja, nie eers deur die heel beste proses of kloning.
Vanuit `n wêreldbasterras neem die groot Tuinier
deur middel van die beste versnitting,
weer die delikate fyn edeltakkie
en ent dit weer op die boom van goddelike oorsprong,
tot voordeel van die oneindigheid se beskutting.
Op die bodem van die aarde ontstaan daar `n fisiese en geestelike skudding.
Oneindig wyd die saligheid van die leërskares se verrukking.
In die palm van die Skeppershand lê vir `n ondenkbare oes
die suiwerste korrel van die mees edelste koring.
Weer word `n nuwe goddelike kind gebore vir die Messias ewig tot `n woning.
![]() |