e-pos:     judithdebeer@webmail.co.za 

                 openbaringe@yahoo.com

 
Openbaring 571
'n Beskrywing van die aartsengele en onderhoudingsengele.

Saterdag 31 Januarie 2009 09:00
http://www.openbaringe.co.za/ 


Judith de Beer
Iemand wil van jou weet of die getal van die aartsengele vier of meer is,
en of hul diensbaarheid beperk tot spesifieke goddelike opdragte is.
Ek antwoord jou dat die woorde op jul planeet nie genoeg is, om al die
aarts- en onderhoudings engele, van al die oneindige heelalle met al hul
ondenkbaar, ontelbare sonnestelsels en planete, op te kan noem nie.
Hoe nader `n volmaakte gees aan God staan, hoe groter raak die grense
van sy geestelike orde en sfeer, wat sy totale onbeperkte arbeidsveld insluit
en wat `n planeet of sonnestelsel en selfs ook heelalle kan omsluit.
Terselfdertyd raak so `n gees verhoudingsgewys teenoor die
oneindige-ewigheid van die Skepper, net al hoe kleiner in die sentrum van
homself en so bly die werksamige ordes en verlengstukke van die goeie
Elohim Skepper, altyd in volmaakte harmoniese balans met Homself.
Die aartsengel Gabriël kan hiervoor as een van die voorbeelde nader
gebring word. Sy opdragte aangaande hierdie aarde is besig om in volmaakte
diensbare gehoorsaamheid tot voltooiing te kom, wat hom in al hoe nouer,
salige kringe, om God se liefdes sentrum laat kring. Daarom word hy en ook
ander in sy orde onder hom, net soos hul God en Meester eens, as kleine
mensekinders, na hierdie aarde in nietigheid gebring, om so hul volmaakte
sirkel, as goddelike kinders te kan volbring.


 

Openbaring 572
Donker tye vir die vermaakbedryf.

Saterdag 31 Januarie 2009 13:00
http://www.openbaringe.co.za/


Judith de Beer
In `n gesig sien ek skielik iemand wat net soos die afgestorwe popster
John Lennon lyk en hy wys met sy wysvinger na iemand, ek kyk en sien die
sanger Michael Jackson wie se gesig skielik in `n kopbeen verander en
iemand sê: "Die donker en baie moeilike tye het ook nou vir die vermaak-
bedryf gekom". Direk na hierdie gesig ondervind ek `n geweldige negatiewe
aanslag vanuit die onderwêreld en dit verskrik my só dat ek vir `n oomblik
huiwer om hierdie gesig neer te skryf.


Openbaring 573
Satan se eenwêreld lied.

Sondag 1 Februarie 2009 06:30
 
Judith de Beer
Deur die misbruik van God se Woord word die wêreld tog so maklik beheer.
Die rade en sinodes stamp die koppe oor hoe om die bokke in een kraal te kan keer. Oor die wet en profete, ja, oor die Woord word daar baie gespekuleer.
Hul kom ooreen om die Waarheid slim na die leuen om te keer.

In massa-manipulasie word die mensdom deur die kerke vir Satan aangekeer.
Die mens word gebreinspoel en geleer om gruwels onder naasteliefde te akkommodeer. In ʼn satans-euforie laat hulle hul selfs leer deur die wat ander sodomiseer.

Die Wet en Woord van God leer; die baster moet jy van God se vergadering wegkeer. Maar deur die wêreldraad van kerke word die gemeentes deur die Bileams-basterleer beheer. In ʼn valse naasteliefdesleer wil Satan in ʼn een-gemengde ras oor die aarde regeer.

In bose akkoorde het Satan ʼn eenwêreldlied tot ewige ondergang vasgevang.
Gevaarlik neurie hy saggies en so klink sy lied se bose sang:
Predikant, pastore en predikers kom maak die mensdom sag en bang.
Ons neem hul siel en steel hul gees en laat dit deur geld vervang.
Ons leer hul; draai onder naasteliefde vir elke gruwelsonde die ander wang.
Verloor jul selfrespek en gee jul oor aan elke sondedrang.

Deur die grootste leuen leer hul die mens; God het vir elke 'gruwelsonde '
aan ʼn kruis kom hang. Die sondaar hoef vir redding maar net aan die lippe
van die valse leraars te hang. So is ook die uitverkore volk vir alles- tot hul
eie skaduwee nou bang. Vir elke hou van Satan draai hul maar gedweë die
ander wang.

Maar die mooiste lied is deur God se engele ook vir die aarde gekomponeer.
In die mooiste akkoorde kom hierdie lied vanuit die hemel op die aarde neer.
Dit vertel van helde wat as rebelle hul deur die Satan nie gaan laat leer.
Van Goddelike krygers wat dapper die boses na Hades gaan aankeer.
Dit vertel van ʼn Waarheid wat ewig regverdig in liefde en vrede
oor ʼn nuwe aarde gaan regeer.

Ja, dit vertel ʼn verhaal van ʼn slang wat tevergeefs probeer,
maar in alle ewigheid nooit oor God se kinders sal kan regeer.


Openbaring 574
Sonder die Skepper se variasie en verskeidenheid.

Maandag 2 Februarie 2009 23:50
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In die variasie en verskeidenheid
kan die mens die veelsydigheid van die goeie Skepper raak lees.
In die unieke eie reg is daar niks of niemand
wat minderwaardig teenoor iets of iemand anders hoef te wees.
Hoe vervelig sou dit tog nie op die aarde wees,
as daar van elke soort net een sou wees.
Een boom, een plant en elke bergreeks sou net soos die ander wees.
In een blom hoe volmaak ookal sou daar net verveling wees.
Ja, hoe sou die een die ander sonder verskeidenheid ooit kon waardeer.
Hoe sou mense mekaar kon vertel kyk hoe verander die wolke en die weer.
Verskillende kleure en geure sou daar ook nie meer wees
Vaal sou elke dag die mens se voorland wees.
Net een verhaal sou daar wees om vir die mensdom uit voor te kon lees.
Oor en oor sou die mense elke keer moes vier dieselfde fees.
Net een nasie sou daar wees en kort voor lank sou elke mens net `n robot wees.
Elke kind sou presies maar net soos die buurkind wees.
Nêrens sou daar meer die liefde vir die eie wees.
Voëls en skoenlappers sou in verskeidenheid nie meer oor die velde heers.
Kleure sou van mekaar nie meer geskei kon wees,
deurmekaar sou dit vaal op die Skepper se palet nou wees.
Nou van wie sou die nuwe denkrigting deesdae wees,
dat elke volk en taal gestroop van hul uniekheid,
liberaal in een mandjie nou saam moet wees,
om vaal as een bastergeslag, as robotslaaf,
onder Satan se eendenkende heerskappy te kan wees.
 

Openbaring 575
Die liefde vir die goedversorgde lekker vlees.

Dinsdag 3 Februarie 2009 06:00
http://www.openbaringe.co.za/   

Judith de beer
In die liggaam en die vlees is dit die dood wat oor die lewe heers.
In olies en massering, ook pamperlang en grimering,
orals is dit die vlees wat heers.
Ja, dit is die vlees, ja, die lekker vlees,
die toppunt van die mense se aardse genot en fees.
Met hul goedversorgde vlees wil die mens altyd heelvoor in die kalklig wees.
Op menig voorblad moet daar altyd wees die vrou se naakte vlees.
Mans kommunikeer met mekaar suggestieus en hees,
met handgebaar vertel hul mekaar
'O my god daar moet nie `n haartjie aan my lyf uit sy plek uit wees'.
Hul verlei mekaar oor en weer met hul goedversorgde geparfumeerde vlees.
In die mode wil elke gek met sy 'goedgeklede' vlees nou wees.
Vir die genot van die vlees word verstoot en afgeskeep God se heilige gees.
Sonder die gees met bloot die verrotte vlees,
waarmee gaan die siel homself na die dood genees.
Gaan die vlees, ja, die lekker vlees
die beskermer van die lewe in bitter moeilike tye wees?
Gaan die roompies en die poeiers, die grimering en die kwassies,
`n teenvoeter vir die vrees nou wees.
Gaan die goedversorgde handjies die byle en die kapmesse weg kan keer?
Gaan die sagte vlees dalk `n harde pantser teen die koeëls kan wees.
Gaan die goed uitgewerkte dieetplan `n antwoord
op die grote hongersnood nou wees.
Gaan die lyftaal die antwoord op selfbeskerming teen die vyand wees.
Uit alles wat `n mens hierbo kan lees,
is dit in die liefde vir die vlees,
waar die dood op die einde oor die lewe gaan heers.

 

Openbaring 576
Na Sion se opregte klaaglied en berou.

Dinsdag 4 Februarie 2009 23:50
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer
In `n klaaglied hef Sion haar hoop en liefde nou na My toe op.
Sy sing: Kyk ek het geval, maar met die hulp van my God staan ek weer op.
Ja, Sion treur en ween, sy sing en sê: ek was ontrou, ek het verbrou
O help my God en hef my skuld teenoor U nou op.
In haar klaaglied toon sy haar berou en sy hef haar hoop na My troon toe op.
Ja, sy sing en sê ek het hoereer en ook gespeel
maar met die hulp van my Losser staan ek uit my sondes op.
Sy smag en vra; O my God tel my uit my ellendes tog net op,
neem my saam na U heilige berg se top.
Ek antwoord haar: Na jou O skaaptoring sal Ek kom
by jou O berg van Sion sal Ek stop.
Deur die wêreld was jy verlei en die Satan wou jou leer om My te fop,
ja, hy wou jou verblind en vang met sy bose strop.
Maar My skape sal jy wees, ja My kudde, My ewige heilige trop.
Jou Koning sal Ek wees saam as een liggaam sal ons funksioneer,
Ek as die Koning, ja, die heilige Kop.
O Sion Ek self sal jou reinig, met My bloed sal Ek jou was,
van elke sonde sal Ek jou skoon kom skrop.
My bruid sal Ek self kom klee, met `n sluier witter as sneeu,
om haar koninklike goddelike kop.
Op `n wittebrood sal Ek Sion op My witperd neem,
die ewigheid in op `n stywe galop.
Staan op, staan op, O dogter van Sion sodat jy vir My die oes kan dors.
Daar is ewig onder die nasies niemand meer wat ooit met jou sal kan mors.
Van jou skande maak Ek jou skoon
en om jou hals hang Ek `n koninklike ketting om jou bors.
Oor die volkere sal jy wees `n wetgewer, ja, `n koninklike vors.
En Sion se klaaglied word haar jubel lied
en sy sing al het ek geval staan ek weer op.
Al was ek in die duisternis, hef my Koning en my God,
ja, my Bruidegom my vir ewig altyd op.

 

 

Openbaring 577
Die man van staal en Jan Alleman.

Woensdag 4 Februarie 2009 16:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Jan Taks loop spekvet rond en skreeu 'kyk ek is kaal'
maar ek is die man van staal
en vir my naaktheid moet die man op straat maar net betaal.
Met belasting op belasting
kom hy vir die bodemlose staatskis net haal en nogmaals haal.
Die regeringsmenere bars uit hul spekvet naat en heeltemal oorvoed
lyk hul almal soos `n volgestopte baal.
Gewetenloos maak hul die werkersklas hul slaaf,
om vir al hul oorvloed en hul rykdomme te kan betaal.
Op stemdag laat hul almal soetsappig vir hul kruisies haal,
oor en oor lieg hul vir die kiesers grof banaal.
Agteraf word daar spottend oor die gepeupel gesmaal
en nooit word een van die arme kiesers met hul weelderige funksies onthaal.
Maar vir hierdie onthale moet die arme belastingbetaler ook maar net weer betaal.
Vir `n infrastruktuur wat die hele bevolking faal,
daarvoor moet die werkersklas maar net deur hul nekke voor betaal.
Nog uit die hospitale en ook nie uit die skole
is daar vir hul enige voordeel uit te haal.
Die belastingbetaler moet behalwe vir sy belasting ook vir elke diens betaal.
Vir grondbelasting moet hul ook deur die tande betaal,
maar om hul eiendom te beskerm het die staat hul ook lankal reeds gefaal.
Met belasting op belasting
word die belastingbetaler net al hoe meer fyn gemaal.
Maar die dag het gekom en dit is God se belasting engel
wat as oordeel op die aarde neer gaan daal.
Rekenskap vir bloedgeld kom hy van die wêreldregerings nou haal.
Die regeringsmenere is nou die gepeupel waaroor hy gaan smaal.
Die wêreldbeurs raak bankrot, dood en vaal
en met waardelose geld waaruit gaan hul nou hul belasting geld verhaal.
Waarmee gaan hul, hul verdedigingsmeganisme betaal.
Hatig gaan die sekuriteitsmagte nou die regeringsmanne
vir verantwoording voor die massas haal.
Die kiesers moet hul maar vir die ergste agter hul gekose regerings skaar,
die eindtyd oordele is besig om hul almal in te haal.
Maar elkeen wat op My in plaas van regerings vertrou het,
gaan Ek self na veilige hawens kom haal.

 


Openbaring 578
Sterflik of onsterflik.

Donderdag 5 Februarie 2009 11:00
http://www.openbaringe.co.za/   

Judith de Beer
In `n uittreksel in `n brief aan jou wil iemand die volgende weet: Tydens
ons huisgodsdiens lees ons in Mattheus 16 v 28 waar die Meester aan sy
dissipels sê, dat daar sommiges is wat die dood nie sal smaak, totdat Hy
en Sy koninkryk weer sal kom nie. Dit is nogal `n moeilike begrip om te
verstaan, omdat ek die woord van die Vader letterlik opneem, beteken dit
vir my menslike begrip dat daar diegene is, wat al vir meer as tweeduisend jaar
die aarde bewandel....

Vir die mens om beter te kan verstaan,
wil Ek hul graag liefdevol met die volgende woorde vermaan.
Waarom kwel die mens hom oor die lengtespan van sy verganklike liggaam.
Klerasie het vir die mens deur die jare gekom en gaan.
Wie steur hom nog aan klere uit sy jeug reeds lank vergaan.
Waarom kan die mens dit nie verstaan,
sy vlees is slegs die kleding van die siel terwyl dit oor die aarde gaan.
Onverganklik in hul skoonheid is dit die siel en gees
wat volmaak voor die Skepper gaan staan.
Ewig nooit gaan die mens
oor vergane verganklikheid stort `n hartseer traan.
Onsterflik het elke gees van die oerbegin as `n wese volledig daar gestaan.
Ewig, ewig gaan hul in onverganklikheid bly voortbestaan.
In die verganklikheid van die vlees
word die mens bloot opnuut aan sy nietigheid teenoor die Skepper vermaan.
Dikwels kom `n gees in opdrag een of meer keer
op die aarde in `n liggaam staan.
So het daar uit die profete
een of meer in die oertyd al in `n liggaam hier kom staan.
Met My lewe hier op aarde het van hul weer langs My Sy kom staan.
Vir My wederkoms is hul klaar weer hier
om nog `n maal vir My oor die aarde te kan gaan.
Of `n begrip nou 'sterflik of onsterflik is, die feit bly staan,
almal wat lewe sal vir 'goed of kwaad' ewig bly voortbestaan.

 


Openbaring 579
Die groot verdrukking kom in bankrotskap.

Saterdag 7 Februarie 2009 07:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Daar is baie wat dink die groot verdrukking
gaan in die vorm van geloofsverdrukking na die wêreld kom.
Maar die geloofsverdrukking het lankal reeds deur geloofsmanipulasie
na die mensdom gekom.
Deur die verskillende beheerrade van die geloofsgroepe
was die leuen as die waarheid lank gelede reeds baie goed vermom.
Menig skrifstudent het gedink hul is so slim
om `n verdraaide woord so goed op te kan som.
`n Eens edel suiwer leer is omvorm na `n bose eenwêreld norm
en die mensdom se bestaan draai nou tevergeefs daarom.
Met `n geloof op dryfsand gebou
staan die wêreld voor onvoorsienbare krisisse nou verstom.
Deur onoorkombare ekonomiese probleme
is dit werkloosheid wat nou as die verdrukker na die mensdom toe kom.
Die ellende is besig om soos paddastoele oor die hele wêreld oop te blom.
Die wêreld vestig hul hoop op `n industriële en finansiële messias,
wat tot hul redding nou moet kom.
Hul valse verlosser sit klaar in `n eenwêreld-regeringstoel tot hul ondergang,
ja, vir hul om ewig om te kan kom.
Maar aanbiddend kyk almal na hom op en hul sê vir mekaar kom ons volg hom.
Wondertekens gaan hy nou vir ons doen
wat die hele wêreld stil gaan laat staan heeltemal verstom.
Satan grinnik in sy mou
as `n engel van die lig is hy gekamoefleer, ja, as die antichris vermom.
Redeloos soos diere bly die massas in hul troppe ewig dom.
So is dit die groot verdrukking
wat in bankrotskap in `n volgende fase na die wêreld kom.
`n Engel roep: O honger-honger waarom is jy so traag in jou stryd
om die mensdom so swaar en tydsaam om te laat kom.
Waarom moet jy die mens van sy waardigheid stroop.
Waarom eens-trotses om leë asblikke saam laat drom.
Ja, hy roep en sê: O groot verdrukking
waarom moet jy mense van hul behuising stroop om hul in koue om te laat kom.
Hy roep na sy maat en sê: O engel van die dood
waarom laat jy massas voor nuttelose hospitale in die strate van `n pes omkom.
Waarom skud jy die aardplate
sodat deur aardbewings vulkane op baie plekke kan oopblom.
Koud antwoord die engel van die dood:
Baie het ek om te doen; moet nie as `n struikelblok in my taak oor my pad nou kom.

 


Openbaring 580
Die Rabbi, die skrifstudente en die gelykenis.

Maandag 9 Februarie 2009 16:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Eendag het daar oproerig `n klomp skrifstudente
mekaar oor die leuen en waarheid probeer vermaan.
Elkeen wou die ander laat weet dat dit slegs hy is
wat die waarheid kan verstaan.
Ten einde laaste het hul na `n baie-baie wyse Rabbi gegaan.
Hul wou van Hom weet hoe is die waarheid nou eintlik te verstaan.
Hy neem as voorbeeld `n lemoen
en laat dit tussen drie persone op `n tafel staan.
Vriendelik wil Hy van hul weet wat hul daar voor hul sien staan.
Die eerste persoon wat `n voorstander van korrekte feite is sê:
ek is `n man van woord en daad, my ja is my ja en my nee is my nee,
wit is wit en swart is swart en voor my sien ek een goudgeel lemoen nou staan.
Hierop staan die tweede nader en sê:
ek is `n filosoof wat in alles die oneindige raak kan sien en voor my sien ek die
potensiaal van oneindig baie lemoene staan;
indien `n mens die pitte sou plant en weer sou plant vir baie bome
en daardeur oneindig baie lemoene se voortbestaan.
Die derde persoon sê kortaf ek is `n gebruiker ek vra nie veel
nog minder verantwoord ek myself en nog veel minder as dit
probeer ek om iets van al jul onsin te verstaan.
Hierop neem hy die lemoen en eet dit op en sê:
ek sien niks, maar in my ingewande werk dit fluks.
Hierna roep die goeie Rabbi nou weer al die studente goedig saam.
Hy vra hul kon hul iets van elk se waarheid uit hierdie lesse nou probeer verstaan.
Vriendelik nooi Hy hul om nou voor die regte Waarheid te kan kom staan.
Hy vertel aan hul die praktiese waarheid is die lemoen wat nou as voeding
deur die derde persoon se liggaam gaan.
Hy seën hul en Hy sê, geseënd is die een wat sonder wik of weeg
die Woord opneem en met vreugde eet, sodat die voeding daarvan,
sy siel kan help om dit ewig te kan verstaan.