e-pos:     judithdebeer@webmail.co.za 

                 openbaringe@yahoo.com

Openbaring 561
Wat kan `n Vaderhart ooit meer begeer.

Woensdag 22 Januarie 2009 23:45
http://www.openbaringe.co.za/ 


Judith de Beer
O My liewe kinders voel in hierdie tye baie broos en wees.
Hul roep en roep na My hul Vader hulself met tye hees.
My teenwoordigheid wil hul so graag nou in of om hul iewers net raak kan lees.
Ongeduldig laat hul nou weet 'lank genoeg het ons onsself nou beheer'.
U ons Leidsman en ons Koning moet oor ons in ons midde nou kom heers.
Genoeg het ons van `n verrotte bose wêreld nou vir eers.
U ons God en Vader moet ons nou self van U Wysheid en U liefde kom leer.
Ons wag en wag en vra kom daal nou in ons harte met U volheid neer.
Lank genoeg het ons na die wolke nou gestaar ons oë is al daarvan seer.
Ons verlang na U teenwoordigheid by ons net al hoe meer en meer.
Hul pleit en kla en hardkoppig sê hul ons sal aanhou vra net weer en weer.
Hierdie pleidooi van My kinders maak My hart oneindig baie teer.
Binnekort gaan Ek My met blydskap na hierdie kleintjies van My toe keer.
O Wat is daar wat `n Vaderhart ooit meer kan vra of begeer.
As kinders wat ongeduldig wag op hul Vader
om Homself in liefde na hul te keer.



Openbaring 562
Visioen aangaande die ekonomie

Donderdag 22 Januarie 2009 23:30
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer

Ek vra na die ekonomie se stand en in `n gesig sien ek `n houer op `n baie
hoë plek staan. Dit kantel en daar val ondenkbaar baie note uit, dit
dwarrel na benede terwyl dit in die wind weg fladder.

 

Openbaring 563
Waar daar geskrywe staan: DEUR GOD VERSEËL..

Vrydag 23 Januarie 2009 02:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Die hele wêreld is van alle geregtigheid totaal en al gedreineer.
Al wat beskawing is word by die dag net al hoe meer verrinneweer.
In skynvrede gaan die valse vredevors nou oor die hele wêreld regeer.
Alle mag oor die lewe en dood van elke siel dit is wat hy nou begeer.
Swart gerubs op bokpote wat hul eerbiedig na hul duistervors nou keer.
Die wêreldbevolking word nou in een piramiedevorm ingegroepeer.
Walglik loop die boosheid oor dit alles soos pikswart teer.
Vanuit een bose-oog kyk Satan van die punt daarvan oor die hele wêreld neer.
Hy weet hy het die hele wêreld nou onder sy volle beheer.
Sy kamma valse vrede laat hy oor die hele wêreld nou proklameer.
So kry hy ook ten einde laaste oor alle banke en finansies die volle beheer.
Deur die merk van die dier,
gaan alle handel binnekort net deur hom kan funksioneer.
Maar hieraan gaan die heiliges hul glad nie steur.
Woedend gaan die Satan hierdie aksie van God se kinders nou bespeur.
Weereens laat hy oor die hele wêreld proklameer,
dat hierdies alle regte op lewensmiddele nou moet verbeur.
Tierend kwaad sien hy dat hul hieroor ook nie in die minste treur.
Die heeltyd word hul deur die liefde van hul goeie Vader opgebeur.
Woedend is daar nog iets wat die antichris tot sy nadeel nou bespeur.
Minagtend is dit God se sakgekledes wat hul nou na hom toe keer.
Hul kom om Satan en sy bose wêreld op elke gebied te teer en veer.
Elke oordeel uit hul mond maak die wêreld op baie plekke seer.
Wraakgierig wil die bose hom nou na die uitverkore kinders van God toe keer.
Hierdeur maak hy die grootste fout waaruit hy tot sy eie ondergang gaan leer.
Waar daar geskrywe staan; DEUR GOD VERSEËL,
daar lê niemand sy bose hand op neer.

 

Openbaring 564
Die vrou in die goddelike saamgestelde orde.

Saterdag 24 Januarie 2009 08:50
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Iemand het jou met die volgende vraag genader oor wat verstaan
behoort te word oor die onderdanigheid van die vrou in die huwelik.

Ek antwoord jou dat die woord onderdanig inderdaad dikwels in konteks
gebring word met die woord minderwaardig.
Die mens (man sowel as vrou) het ek na My beeld geskape en nêrens
in My goddelike samestelling is daar iets minderwaardig aan verbonde
of teenwoordig nie. Die menslik paar het Ek geskape om oor die
aarde te heers en nie om onderdanig daarteenoor te staan nie.
In My wysheid het Ek die vrou reeds uit die rib van Adam tot `n volmaakte
aanvulling aan sy sy geskape, om hom as `n maat en metgesel in sy taak
te kan bystaan. Ek het die vroulike wese in haar bestaan meer 'skoner'
en delikater as die man geskape om hom daardeur te motiveer om in sy
manlike krag, sy taak op aarde na die beste van sy vermoë te kan verrig.
Ek het nie die vrou geskape sodat die man in bombasme oor haar moet heers
om sodoende sy manlikheid te kan bewys nie, maar as sy fisiese swakkere,
moet hy hom oor haar ontferm en haar ook beskerm.
Indien Ek die vrou as `n minderwaardige, altyd aan die man onderdanige
wese wou skape, sou Ek haar as `n gelykenis, van `n minderwaardige
en minder intelligente wese, uit een van Adam se voetbeentjies geskape het,
sodat sy vir ewig aan haar onderdanige en minderwaardige oorsprong
herinner kon word.
Ook het Ek nie die vrou uit die kopbeen van die man geskape nie,
sodat sy daaraan herinner kan word dat sy nie die hoof is en daarom die man nie
op haar beurt, met die fyn en soms 'bose lis' wat sy as talent en in haar aard
van die slang ontvang het, te moet manipuleer om sodoende op haar beurt
oor hom te kan heers nie.
Maar juis het Ek die Eva uit die middelpunt van die manlike sentrum, vanuit `n rib
geskape, sodat sy knus in die holte van sy manlike beskerming kan nestel.
Daarom is dit goed wanneer die man homself so handhaaf dat die vrou in liefde
en respek na haar maat kan opsien en so is dit ook goed wanneer die man
in respekvolle liefde, sy lewensmaat as sy gelyke teen sy hart koester
en beide vanuit hierdie oogpunt deurentyd daaraan werk,
om sodoende die goddelike orde te kan handhaaf
en mekaar altyd so waardig te kan wees.

 

 

Openbaring 565     
Luister na die dringendheid binne julself.

Maandag 26 Januarie 2008 0:900
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer
`n Gedeelte van `n gedagte uit `n brief aan jou lui as volg: "Ek wonder
gaan ons slegs as deelnemende toeskouers die tyd beleef of gaan,
kan en mag ons, `n werkende diensbare deelname in die groot plan
van God hê". Ek wil hiermee nie inmeng in die grote plan van God nie,
ek praat van die gewone mens, werkersvlak en met spesifieke verwysing
na elkeen se talente of gawes wat God vir ons gegee het,
of moet ons net alles aan God oorlaat?

En Ek antwoord jou:
Wanneer julle die onrein gruwel sien staan, waar dit nie hoort nie
en hierdie dinge 'n aanvang neem wanneer die prins van duisternis,
die Adam van sy heerskappy oor die aarde, met die hulp van die
bose mensdom beroof het, ja, op hierdie dag het die groot verdrukking,
hom reeds geruisloos, soos `n reuse luislang, om `n verlore wêreldbevolking
kom kronkel en die wat op hul dakke staan moet nie afkom nie en die besig
op hulle lande moet hul nie omdraai na dit wat agter is nie.
Ja, die geseënde oes, moet hulle nie tot hulle ewige ondergang, aan `n bose
stelsel probeer verhandel nie. Maar elkeen van die heiliges, moet sy skuiling
in die onoorwinbare 'Rots en Bergvesting" van die Allerhoogste vind.
My geliefde kinders sal tot ontwaking in hul verskillende
ordes, gawes en talente kom, tot voordeel van hulself, sowel as die ander
heiliges, wat Ek oor hulle pad sal bring. In die verskeidenheid van die
verskillende goddelike gawes, sal hierdies, as `n eenliggaam kragtig in My
naam, op verskillende plekke werksamig raak.
Daarom maan Ek julle om in hierdie tye gehoorsaam te wees,
aan dit wat julle as `n dringendheid binne julself ervaar en vul julle lampe
met die nodige olie, sodat julle nie sonder die nodige lig betrap sal word,
wanneer die Bruidegom verby gaan kom nie. Handhaaf deurentyd
`n fyn balans, tussen die geestelike en fisiese behoeftes,
en hou ook die wonderwerk van die vermeerdering van die brode
en vissies, vir jul as voorbeeld en weet daarom, daar waar `n kind van My,
die nodige inisiatief geneem het, om in opregte geloof voorsorg te tref,
daar sal Ek ook dit tot hul beskikking, so vermeerder, dat dit in alle
behoeftes sal voorsien. Maar dit deur die wêreld in sy silo's opgegaar,
dit sal Ek net soos in die dae van Josef, waar die Egiptenare in hul eie
huishoudings, tot hul eie voordeel, koring opgegaar het, en Ek dit deur
goggas tot niet laat gaan het, ja, net so sal Ek die noodvoorraad van `n
bose eenwêreldorde, tot vernietiging bring.

 


Openbaring 566
Wie sy lewe liefhet sal dit verloor.

Dinsdag 27 Januarie 2009 10:00

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de beer
Sodat dit nie vir julle tot `n onverwagse skok sal kom
en julle knieë hulle taak sal weier en daarom onder julle sal ingee nie,
gee Ek julle almal die volgende gesig in woorde weer.
In die groot verdrukking wat daar oor die aarde kom,
gaan daar `n bloedige vervolging intree en die verdrukkers
gaan slagoffers as gevangenisse neem en in hierdie tydperk
gaan die sogenaamde beskawingspeil van die mens,
in totale onbeheerste barbarisme ontaard en hulle sal die weerloses
na die moderne amfiteaters(stadions) bring en net soos in die antieke tye
sal hul tot die vermaak van die boosaardige skares,
gemartel, vermink en gedood word.
Die brandstapels van weleer sal vervang word met brandende motorbande
en menslike liggame sal as brandende fakkels dien
om die pikdonkernag te kan verlig.
Aan jou My kneg wat nou te bang raak om verder te wil skryf,
sê Ek nou, dat die getal van die martelare wat onder My tafel roep,
reeds volledig sal wees en hierdie slagoffers daarom nie deel
van hulle sal uitmaak nie.
Wee daarom die vreesagtiges wat vir die behoud van hul lewens,
hul vir beskerming na My teenstander en die wêreld wend,
omdat die wolf in hierdie dae haar eie kleintjies gaan verskeur.
Die een wat sy lewe liefhet sal dit verloor,
maar die een wat bereid is om sy lewe terwille van My en die naaste af te lê,
sal die lewe vir ewig sy eie maak.


 

Openbaring 567
Die Boemelaar tussen die nalopers.

Woensdag 28 Januarie 08:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
So stap die eindtydgeeste in hul onderskeie groepe saam.
Flink heelvoor loop die voorlopers en hul gee die pas nou aan.
Onophoudelik is hul besig om hul mede reisigers oor alles te vermaan.
Voor hul Meester wil almal met hul goed voltooide opdragte
nou gaan staan.
Elkeen begeer om by hul eindbestemming
heelvoor by die Meester te kan staan.
In hul flinke reis nooi hul gul die wat hul op hul pad verbygaan saam.
Oor die wat agterbly stort hul heimlik hartseer tog `n traan.
Hier en daar in hul pelgrimsreis sluit `n naloper as nagedagte
in hul agterhoede saam.
So slenter hierdies onopsigtelik maar tog hoopvol agter die ander aan.
So stap die voorlopers eendag verby `n boemelaar
wat langs die pad daar staan.
Die nalopers in hul slakkepas wat ook nou verby hom moet gaan,
kyk in deernis na sy eensame figuur
en uit eie ondervinding is dit hul wat hom verstaan.
Gul nooi hul hom kom nou met ons op ons reis nou saam.
Daar is iets, ja, iets wat jy nou baie mooi moet verstaan,
dit is die Meester, ja, die grote Meester waarheen ons nou gaan.
Hul vertel hom van hul lewe en hul verlore stryd met hul sondes saam.
Vrolik babbel die nalopers op hul weg
met die vreemdeling nou hartlik saam.
Hy deel hul droefnis, ja, hul traan en hy lag ook met hul grappies saam.
Heelvoor loop die voorlopers kwaai met hul groep nog aan.
So kom die tyd
en die hele prosessie kom by die nuwe Jerusalem se poorte aan.
Die afwesigheid van die Meester daar kan die voorlopers
nou glad nie verstaan.
Hul draai hul om om die luidrugtiges tot stilte te vermaan.
Verbaas bly hul verstom nou staan; omgeef met hemellig
is dit die agterlopers wat dig teen die Meester van alle heelalle staan.


 

Openbaring 568
Dwaas en liberaal het ons gesê..

Donderdag 29 Januarie 2009 02:45
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Nog nooit in die menslike geskiedenis
het `n volk `n groter fout begaan as juis nou.
Ja, pronkerig wou `n uitverkore volk
met hulself voor die wêreld as wenners skou.
Hul geloof en liefde vir hul God
raak toe baie oppervlakkig en uitermatig lou.
Hul roep:
“Hef op die sanksies O Mammon en ons siel as beloning bied ons jou”.
Ja, dislojaal en ontrou het God se volk voor Hom verbrou.
Hul sit met `n toekoms wat geen vooruitsig vir hul inhou.
Liberale lugkastele het hul vir `n nageslag op los sand probeer bou.
In bondgenootskap het hul `n Godgegewe toekoms
in die hand van hul vyand toevertrou.
Hul goeie God het hul minagtend vir die gek probeer hou.
`n Paar getroues wat hul lojaal by hul verbond met hul God wou hou,
is hatig deur hierdies as dom en agterlik uitgejou.
Met `n meerderheidstem
word die getroues toe van enige besluitneming af weg gehou.
Spottend lag `n sataniese wêreld vir `n baie dom volk in hul mou.
Alles wat heilig was
word nou vermakerig van `n eens heilige volkie weg gehou.
Voor hul vyand moet hul flikflooi en kruip
om iets van hul eie identiteit te probeer behou.
Ook hul maagde word tot hul uitwissing vir verbastering na ander uitgehou.
Ja, liberaal het heel `n volk tot hul ondergang vir hulself `n graf gegrou.
Mammons-vooruitgang is beloof aan Satan hul lojaliteit en trou.
Deur hul eie toedoen word hierdie volk
deur die hele wêreld nou as `n swakkeling afgeknou.
Hul Mammonsloon
gaan Ek boonop as straf binnekort ook van hul weghou.
Vreesbevange gaan hul hul eie vernietiging en ondergang
deur hul selfaangestelde oorheersers aanskou.
Hul hande gaan hul in ellende nou smekend
na My hul enige God wil uithou.
Maar onvergeeflik was hierdies ewig aan My ontrou.
My gesig gaan ek ook nou ewig van hul skande weghou.
Maar aan Jakob sal ek my oerbelofte nie vergeet nie, ja, Ek sal dit onthou.
Getrou aan Myself sal Ek dit tot in alle ewigheid instand hou.
Daarom het Ek in verseëling `n handvol edelsaad van ewigheid af uitgehou.
Uit hierdie saadlyn
sal ek wel `n volk vir die nuwe aarde se toekoms uitbou.

 

Openbaring 569
Die vier aartsengele se konfrontasie en oordeel.

Donderdag 29 Januarie 2009 13:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Oor die skoonheid van die dogters van die aarde
het hemelwesens hul eens met wellus verstom.
Op `n berg het die seuns van die hemel
in verraad teen God bymekaar gekom.
In rebellie het hul bymekaar gaan staan op die berg Hermon.
Die prins van Hades was ook as `n seun van God onder hul vermom.
Semfazas hul leier het hul in selfvervloeking tot `n ooreenkoms laat kom.
In geheimhouding hou hul hulself toe voor die Skepper stom.
Semfazas het deur versnitting en vermenging
met kloning vorendag gekom.
Hul het gehoereer en ge-eksperimenteer en gedrogte en reuse
het vir `n tydperk oor die aarde tot pyniging vir die mens gekom.
Hierdie besoedeling en verbastering
het vir baie die einde en ondergang oor die aarde gekom.
Onder Arakiba en Ramiël asook Kobial en Taniël
het die mensdom onder die grootste versoekings gekom.
Onder die aanvoerder Azazel het oorlogstuig
die wêreld met bloedvergieting verstom.
Tot vandag is dit deur hom,
dat ontelbaar baie deur oorlogvoering omkom.
Deur die glans van goud en silwer,
ja, deur neonkleure het hy die wêreld agter hom laat aankom.
Die wêreld het uitspattig begin dans op die ritme van die sonde-drom.
Verstom het die mensdom gesien hoe kom hul in groot getalle om.
Migael en Uriël ook Rafael en Gabriël
het oor die bloedvergieting vir die mensdom na vore gekom.
Hul is toegelaat om in konfrontasie en met oordeel
oor die gevalle seuns van God te kom.
Uriël het aan Noag die boodskap gebring,
die hele bose wêreld gaan in `n vloed omkom.
Maar `n saadlyn word in Noag bewaar vir geslagte wat nog moes kom.
Vir die engel Rafael het die opdrag gekom;
bind Azazel in die dieptes tot Ek op die wolkkolom van hemelwesens
na die aarde vir sy ewige oordeel sal kom.
Aan Gabriël is gesê:
teen elke verbasteraar sal jy tot hul ewige ondergang kom,
deur jou sal die aarde se oppervlak weer skoon kan kom.
Maar aan Migael het die opdrag van God gekom:
jy is die vors onder wie se swaard elke bose gees in die lug om sal kom.
Maar Gabriël sal suiwer elke ongeregtigheid en oortreding
wat oor die aarde gaan kom.
Vanuit die vier aartsengele is dit weer uit Uriël se mond
wat God se oordeel oor die aarde gaan kom.
So is elke profesie van die profete besig om tot `n bose wêreld
se ondergang in vervulling te kom.
Soos blits sal jy Migael met jou vorste as oorwinnaars
oor die bose gespuis in die lug nou kom.
Ja, die tyd het gekom en jy O Gabriël moet jou swaard van reiniging
oor die aarde se oppervlak laat kom.
In jou regverdige vergelding sal staan `n hele wêreld verstom.
Nie deur water nie maar deur vuur, ja, deur `n atoombom,
sal die aarde in hierdie tydvak tot sy ondergang maar ook reiniging kom.
As die seëlbewaarder van die ewige afgrond en poel van vuur
is jy Rafael die engel wat die sleutel hiervan ewig gaan toekom.

 

Openbaring 570
Vyf stemme van oordele.

Saterdag 31 Januarie 2009. 05:40

http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de beer.
Ek word wakker terwyl die volgende in `n gesig voor my afspeel,
ek sien `n lang pikswart tolwind wat vanaf die bodem van die aarde
verby die wolke tot in die ewigheid strek.
Dit beweeg tydsaam oor die oppervlakte van die aarde
terwyl dit gevul word met die gruwels van die wêreld.
`n Stem sê: “elke keer wanneer dit versadigingspunt gaan bereik,
gaan die inhoud daarvan met brute geweld op verskillende plekke
op die aarde agterbly”.
`n Ander stem antwoord en sê,
“Ja in die oplossings en nogmaals oplossings
van die 'grotes' gaan die wêreld sy grootste skades ly”.
`n Derde stem sê: “O kyk net wie sou ooit kon wis
daar is soveel voete van klei”
`n Vierde stem lag en antwoord,
“Ja, in al die koalisies en gedeelde regerings
is dit vir Afrika eerste verby”.
Al vier sê: “Bring die vyfde stem vir die eerste keer nou by”.
Hy antwoord:
“Onder hittegolwe sowel as sneeu sal ons die wêreld nou bitter laat ly”.