e-pos:     judithdebeer@webmail.co.za 


                openbaringe@yahoo.com


Openbaring 551
Die mentaliteit van die Węreldmoondhede.

Dinsdag 13 Januarie 2009 12:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
`n Baie-baie ou krokodil van die Nyl en `n draak wat homself verbeel hy is koning leeu toon mekaar nou hul gevaarlike klou.
Die trofee van die Leviatan, wil beide nou as die wenner omhoog kan hou.
Jood en Moslem trek terug hul bolip
om die slagtande dreigend na mekaar uit te kan hou.
`n Lou Christendom probeer om die lyf so skraal as moontlik te hou.
Agter `n kruis van bedrog
probeer die Weste om homself alweer onskuldig te hou.
Tot op die laaste probeer hy soetsappig
die brood met botter aan beide kante gesmeer te hou.
Maar in hul vraatsug het hul die keer heeltemal te veel afgebyt om te kan kou.
Hoe kranklik is tog die hele węreld en dit is baie erger as bloot net `n verkoue.
Tot selfvernietiging staan `n węreld gebind in onbreekbare politieke toue.
Op soveel maniere begin die volkere
mekaar wreed op meer as een manier af te knou.
In `n baie ou taktiek hou Rusland oor ander volkere die swaard van koue.
In węreld-strukture waar alles ineen tuimel en vou.
Kan niemand meer op die woord van `n ander vertrou.
Die vinger van blaam word oor en weer na mekaar uitgehou.
Verskillende volkere en gelowe is besig om mekaar nou hatig uit te jou.
Boosaardig word daar nou heen en weer geskrou,
al ons graan en proteiene gaan ons vir ons self nou hou.
Die antwoord kom; ons olie en ons energiebronne
gaan ons ook nou net vir ons self uithou.
Soos kinders wat baklei is niemand bereid om te toon enige vorm van berou.
En vir `n 'heilige' oorlog
begin die verskillende martelare hulself nou gereed te hou.
Die ekonomie is besig om onder hierdie toestande tot niks te vou.
Binnekort gaan daar baie meer vou
as net tweeling torings in die stede se geboue.
In chemiese oorlogvoering gaan die mens nou op groot skaal verbrou.
Terwyl die massas aan Satan gaan sweer hul trou.
Is dit in volle geloof en vertroue wat die heiliges hul toekoms kalm
in die hand van Hul Verlosser, ja, aan My gaan toevertrou.
 

 

Openbaring 552
Die horende dowes en die siende blindes.

Donderdag 15 Januarie 2009 06:00
http://www.openbaringe.co.za/ 
 

Judith de Beer

Meer as dikwels duik die volgende vraag by jou op en mense wil van jou
weet of die tyd van die einde nou uit eindelik op hande is en op jou beurt
projekteer jy dit weer na My en Ek antwoord jou: dat daar niemand so blind
is soos die een wat met `n helder blik om hom rondkyk maar niks kan of wil
waarneem of raaksien nie.
Oral en op elke gebied is elke denkbare orde deur die mens en die mens alleen
se toedoen wreed versteur. En op `n bykans ritmiese wyse speel daar oral
onstuimige gebeure op `n gereelde basis af, wat weer opgevolg word
deur onheilspellende stiltes, wat op hul beurt, weer geen kalmte in hul dra nie.
Hoe nader hierdie tydvak nou sy einde nader, hoe meer intenser en hewiger
raak die węreldgebeure waar dit hulle afspeel en vir geen mens is dit moontlik
om vir homself `n voorstelling te kan maak, oor die omvang van die verwoesting,
van `n einde aangebring deur ongekende kataklismes, wat in die nabye toekoms
tot reiniging van hierdie aarde gaan plaasvind nie.
In My Wysheid het Ek dit so voorsien dat die mens tydens sy aardse lewe,
nie die spesifieke dag of uur van sy dood vooruit kan bepaal nie en so het Ek
ookal by herhaling gemaan dat geen mens oor die vermoë sal beskik, om die
presiese uur of dag van die einde van hierdie tydvak vooruit te kan sien nie.
Laat daarom die vyeboom wat huidiglik in sy volle bot staan
vir julle tot teken genoeg wees, om te weet
dat die koms van die Seun van die mens, reg voor die deur staan.
Verskerp daarom die geestelike gehoor, omdat julle Verlosser dalk reeds
besig is om aan die deur van jul harte te klop en julle hom dalk nie hoor nie,
omdat julle te besig en toegespits is dat niks julle moet ontgaan van die sensasie
van elke klein 'detail' van die slotverhaal, van hierdie aarde,
soos wat sy huidiglik in haar hoogs ontwikkelde stadium daar uitsien nie.
Wie `n oor het laat hom daarom hoor en wie `n oog het laat hom sien
en vul julle lampe van geloof met die hoop van jul liefde,
omdat die gemurmel van die twee strooijonkers,
die Bruidegom en Sy gevolg reeds vooruitkom.
Ja, waak sodat die bruilofstoet, julle nie dalk in julle dooie węreldse slaap,
verby kan gaan nie.

 

 

Openbaring 553
Uit hierdie onderdrukte, willose geslag
..
Vrydag 16 Januarie 2009 12:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
In onnatuurlike dwang vasgevang begin die mens nou oral op te let.
In alles wat die węreld bied verdwyn die sprankel en die pret.
Menig węreldvoete raak nou al hoe traer in hul tred.
Maar hul kan hul nie teen die węreldsisteem verset.
Hul kom en gaan, ja, hul hele lewe is in `n voorgeskrewe raamwerk vasgeset.
Die mens het `n willose slaaf geraak van wet op wet.
Nie eers ten koste van sy siel kan hy homself hierteen verset.
Terwyl die Satan uit sy hulpbron die mens net skep en nogmaals skep.
Span hy om die totale węreldbevolking net al hoe nouer sy hellenet.
`n Gruwel eenwęreldorde voer homself soos `n parasiet op willose mense vet.
In menige mense ontstaan daar deesdae `n onverklaarbare drang,
daar is iets waarop hulle nie die vinger kan lę waarna hul verlang.
In volkome vryheid is daar mense wat nou wil gaan hul eie koers en gang.
Die węreldbevolking is moeg daarvoor om onderdanig te staan,
die heeltyd vir alles om hom bang.
Hul het genoeg van die leuens en bedrog,
ja, van die geloofsdruk se bedrieglike sang.
Daar is baie wat deesdae weier om
langer aan die lippe van węreldorde predikers te hang.
Genoeg het hul gehad van węreldmanipulasie wat predik:
draai sagmoedig die heeltyd jul ander wang.
Die mens het moeg geraak
om soos `n willose trekdier gestuur te word deur die sisteem se stang.
Die heiliges gaan weier
om langer te staan onder die onderdrukkers-heerskappy van die oeroue slang.
Watter mensgemaakte wet gaan `n kind van God kan plaas onder ewige dwang,
om langer te swig onder die begeerte van `n sataniese węreldse drang.
Die węreld kan kom met sy onregverdige wetgewings, sy wapens
en ook die skrik van gevangenisse, ja, met elke vorm van dwang.
Maar hy sal nie meer langer die swaard van oordeel
oor die koppe van My kinders kan laat hang.
O wee die 'bose' wanneer Ek sy oog oor een van My kinders kan vang.
Ek stuur My verlossingsengel
om duisende met die weemoedlied van die dood te kom vang.
In pes op pes, ja, in Malaria en Cholera, ook in Vigs en elke tropiese smet,
sal die dood se stank oor die hele aarde kom hang.
In oorlog en aardbewing, in storm en vloed, in getygolwe met `n see wat raas
en ook onmenslike temperature, sal die dood massas vir hom kom vang.
Jy O Satan, sal Ek heel laaste tot jou ewige oordeel
met jou eie nette van die wet kom vang.


 

Openbaring 554
 In `n land waar die mense se hare baie kroes.

Vrydag 16 Januarie 2009 15:10
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de beer
In `n bloedsmaak proe baie mense se monde binnekort na roes.
Die een mens gaan van die ander een in vrees wegkoes.
In `n land waar die mense se hare baie kroes.
Trek `n longsiekte binnekort oor `n kontinent nou woes.


 

Openbaring 555
Vertrou My ten volle.

Saterdag 17 Januarie 2009 09:30

http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer
Die mens wat My volkome met heel sy lewe vertrou.
So `n mens sal dit tot in alle ewigheid nooit berou.
In die Wysheid van My liefde wil Ek elke kind van My veilig toevou.
Van die kwaad en duisternis wil Ek hul ewig weg van hou.
`n Nuwe gelofte bring Ek met hul instand wat tot in alle ewigheid gaan hou.
Lojaal en in liefde bied Ek en die uitverkorenes mekaar vir ewig ons trou.
As bewakers gaan My hemelwagters nou hul oog oor My skeppinge vir My hou.
Oneindig die salighede wat hul tot in alle ewigheid gaan aanskou.
Ja, elke mens wat My met heel sy al vertrou.
Weet dat Ek sy belange altyd as eerste prioriteit beskou.
So `n mens sal dit tot in alle ewigheid nooit berou.


 

Openbaring 556
Antwoorde op vrae.

Saterdag 17 Januarie 2009
http://www.openbaringe.co.za/   
Judith de Beer

Vraag 1: Die identiteit en funksie van die voorloper?

Die woord van die voorloper is: Die tyd is hier en die Verlosser kom, open
daarom die hart (die gees) om Hom te kan ontvang, sodat die geestelike
kommunikasie kanaal tussen God en mens herstel kan word.
Die voorloper as persoon is weinig van belang, en is slegs `n
dienende bode wat `n opdrag kom uitvoer en self hier op aarde is om vir
kindskap in aanmerking te kan kom. Dit is baie-baie belangriker om
goddelike kindskap met die lewe op aarde te bereik, as om `n profeet te
kan wees. Ons Meester en Verlosser Jashua (Jesus) is al wat van belang is,
dit is deur Hom wat ons tot goddelike kinders opgewek gaan word.


Vraag 2: Wat kan die mens in sy eenvoud aan God bied?


Wat die skaal betref, sit jou hele hart vir Hom daarop, dit is al
wat Hy van jou verlang. Die res sal spontaan kom.

 

Openbaring 557
Satan se drogleer word finaal beëindig.

Sondag 18 Januarie 2009 07:00
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer

Die mense dien God met `n skuldgevoel
geskep deur `n eendenkende eenwęreld monstertempel by hul ingekweek.
Maar die Messias-Verlosser het na die węreld gekom
om hierdie bindingslas oor die mensdom te kom verbreek.
In die tyd van die Seun van die mens
het die volgende profesie getrek oor die hele Israelstreek.
Vandaar het dit oor die millenniums gekom
om dit telkemale op Satan se drogleerstellings te kan kom wreek.
Die Woord het gelui: Die goddelose tempel sal Ek in drie dae kom afbreek,
ja die mag van die sonde sal Ek deur die oorwinning van die graf kom verbreek.
Die priesters asook skrifgeleerdes
het spottend met God hieroor die draak gesteek.
Oor hul eie sotlike kwinkslae
het hul hulself laggend dubbel gevou en hul gebreek.
Hul het hul volgelinge aangemoedig
om die Waarheid onder klippe van verdagmaking te steek.
Satan self het nog altyd deur tempeldienaars
`n drogleer ten koste van die Waarheid oor die węreld gepreek.
Maar ongestoord het die Messias vir drie jaar, maar ook ewig,
aan die mensdom gebring sy ware liefdes leer.
Ja, die Verlosser het gekom om te verlos en sy kinders te leer
om hul in Waarheid en Gees weg van valse tempellere te keer.
Hy het hul kom leer om hul nie soos slawe
deur valse strukture te laat beheer.
Deur Sy leeringe en bergpredikasie kry alle valse strukture
tot hede en vandag op die een of ander tyd en manier altyd baie seer.
Aan oorspronklikheid het dit Satan en sy werktuie net nog altyd ontbreek,
en deur vervalsings het hul altyd die Woord van Waarheid
na die leuen probeer omkeer.
Kry hul nou deur die woord van die opregtes so `n bietjie seer,
kan hul as gevolg van hul gebrek aan oorspronklikheid
net uit hul eie valse bybels kwoteer.
So probeer hul die mensdom oor en oor
uit hierdie valse geloofsgevangenisse te beheer.
Satan se dienare word in kweekskole gekweek
om met togas die mensdom vir hul konings en regerings te beheer.
Soos `n dolhond sal Satan se priesters tot die uiterste gaan
om die mense se oë met Satan se ontlasting vir die Waarheid toe te smeer.
Maar die tyd het gekom en die Verlosser-Messias
is weer aan die kom om die sonde weg te kan weer.
Om `n eenwęreldorde met sy valse politieke kerke
vir ewig tot op die laaste steen om te kan keer.


 

Openbaring 558
Trippe, trappe, trone

Maandag 19 Januarie 2009 07:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

 
Judith de Beer
In die onskuld van `n kleuter ritrympie kom plant die antichris sy wonderbone.
`n Wonderplant ontspring en herrys bokant die wolke in wonderpatrone.
Satan neurie `n liedjie;
ek bring vir julle die gans met goue eiers jul klomp morone.
So klink die woorde van sy lied se verleidings tone.
Trippe trappe trone
kyk die dier se baie koppe en sy krone.
Trippe trappe trone
kyk hoe trippel baie voete nou na die bose węreldtrone.
Trippe trappe trone
op die trappe buite die heiligdom staan biljoene dooie klone.
Trippe trappe trone
trippel ses staan op die węreldbevolking se voorhoof as handelskrone.
Ja trippe trappe trone die węreld funksioneer nou op sy wellus en sonde hormone.
As Lucifer se bruid kom staan `n verslete hoer van Babilon as `n kamma skone.
Maar die wonderplant stort skielik neer
sy samestelling was gebou uit illusie protone.
Gretig hou die massas hul hande uit en walglik is hul papvrot lone.
Trippe trappe trone
kyk hoe trippel en trappel miljoene voete om die antichris te sien op sy węreldtrone.
Ja hul stoot en stamp en staan om beter te kan sien op die punte van hul tone.

 

Openbaring 559
Dit is middernag, die haan kraai.

Dinsdagoggend 20 Januarie 2009 05:00
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer
Dit is middernag en skrikwekkend kraai oor `n verlore węreld vir oulaas die haan.
Hoe lank is die mens deur die skrifte, oorlewing en profete nie vermaan.
Oor `n dag wat sou kom waar die hele węreld
vir `n kort heerskappy onder Satan sal vergaan.
Oor baie eeue en jare het die tyd gekom en ook gegaan.
Die swaard van skeiding word nou brutaal tussen die węreldpopulasie ingeslaan.
Met `n slag val die hamer en die verdrukkingsbod word nou toegestaan.
Op `n paar mense na is dit die groot meerderheid wat nou agter die Satan aangaan.
Die duiwel vertoon so sag soos `n lam
terwyl hy sy gevaarlike slagtande in die hele węreld kom slaan.
Die mense buig in die stof en hef `n loflied vir hul bose mensgod aan.
Terwyl hul in die ewige afgrond en die poel van vuur agter hom aangaan.
Heilige engele bedek hul hoof en vra; O God hoe kan ons dit ooit verstaan.
Ja, die wyser van die tyd het op die donkerste uur van die mensdom kom staan.
Godverlate kom `n bose węreld teen die kwaad in homself te staan.
Bedroef is dit die Gees van God wat uit die massas onttrek
om hul nooit weer te vermaan.
Maar in hierdie godverlate węreld kom God as die ewige oorwinnaar
in die harte van Sy handvol uitverkorenes nou staan.
So kom uiteindelik die dag waar die Oordeel Sy sekel kom slaan,
en die kaf word nou ewig geskei van die goddelike graan.
 


Openbaring 560
`n Vraag en `n openbaring.

Dinsdag 20 Januarie 2009 10:00

Judith de Beer
http://www.openbaringe.co.za/


Ek wil ’n vraag vra – en verskoon my, ek voel redelik “oningelig” hier.
Ek verstaan dit goed dat die identiteit van die “voorloper” van minder
belang is en dat hy/sy ook maar net op aarde is (in die vlees) om
Goddelike kindskap te bereik (mits dit nog nie bereik is nie). Vanuit
openbaring 556 verstaan ek dat die “voorloper” reeds hier is. Maar weet dié
persoon alreeds dat hy/sy spesifiek die geroepe een is vir daardie taak?
Ek weet nie presies wat die taak van die voorloper behels nie (ek is in
die donker hieroor). Ek weet dit is om “paaie gelyk te maak”, maar wat
behels dit alles in hierdie tydvak? Is die voorloper dan nie een en die-
selfde wese wat voorheen onderskeidelik in die vlees was as eers Elia en
later Johannes die doper nie? En is die voorloper weer in die manlike
liggaam? En as die voorloper dan inderdaad die einste Elia of Johannes is,
dan het hy sekerlik alreeds sy kindskap bereik nie waar nie? Ek klink en
is dalk té nuuskierig, maar weet jy wie die voorloper is? En is hierdie
persoon – wie hy/sy dan nou ookal tans in die vlees mag wees (sy/haar
hedendaagse identiteit) – inderdaad die einste Elia / Johannes?

Wie dit dan nou ookal mag wees, ek sou in elk geval graag wou weet wie dit
is, want dit is onbeskryflik wonderlik net om te kan weet dat die persoon
wat as voorloper dien reeds is. Die hele ding rondom die voorloper is vir
my sulke goeie nuus – so wonderlik.


Antwoord:

Al sou die twee voorlopers reeds goddelike kindskap bereik het, sal hulle
nog steeds tot aanmoediging van ander daarna streef. Daarom is hierdie
bodes waaronder een van hulle op `n tyd as Elia bekend gestaan het en
daarna as die Doper en in hierdie tyd weer gestuur word, om nederiger as
die kleinste goddelike kind in wording, oor die aarde die koms van die
Messias uit te kan roep. Daar is heelwat geeste wat in hierdie tyd graag
in die skoene van die twee voorlopers sal wil staan, maar wat `n
uitermatig dom begeerte is, omdat elke eindtydgees of missiedraer se
roeping uiters uniek is en elkeen van hulle op sy eie gebied `n voorloper
vir die Messias behoort te wees. In My regverdige liefde kan daar geen
voortrekkery by betrokke wees nie, inteendeel gaan die oënskynlike
bevoorregtes die mees ongemaklike opdragte kry. Ek is nie liewer vir
Johannes as bv. Daniël, of een van die ander nie, maar daar is van elkeen
net een en daarom het Ek elkeen lief juis vir wie en wat hy of sy is.
Die taak en einde van die voorlopers is in elk geval so onsmaaklik en
onvleiend, dat niemand hulle dit op die einde gaan beny nie. Daar behoort
met goeie reg groot opgewondenheid onder die verseëldes te heers, omdat
daar huidiglik soveel bekende name onder die hemelwesens is, wat nou op
die aarde as mense is, om as gaste en getuies teenwoordig te kan wees,
op die huweliksfees van die Bruidegom, met sy teerbeminde bruid Sion.
Net om deel te kan hę aan hierdie proses is ondenkbare genade
en wat doen `n węreld?
Hul daag vandag by hul miljoene op om Satan en die węreld te kan vereer.
Maar om terug te keer; om tot goddelike kindskap te kom, is die
hoogste orde van saligheid wat enige wese ooit kan bereik. Dit is `n
duisendmaal beter om die Koning se kind te kan wees, as bloot net `n
dienskneg of bode en daarom is die voorloper bereid, om die kleinste van
die goddelike kinders, van die eindtyd te wees. En net soos met die lewe en
sterwe van Johannes die doper sal die węreld eers wis wie dit was na sy
heengaan. Maar vir die verseëldes sal Ek dit in hul hart lę en kort voor
lank sal die eindtydgeeste hulself sowel as hul mede hemelbewoners herken.
Moet ook nie dat die manlike of vroulike geslag met betrekking op die
eindtyd geeste vir julle tot `n kopseer wees nie, maar laat dit vir julle
genoeg wees om te weet, dat `n volmaakte hemelwese in al sy aspekte
volledig is, en Ek hom daarom met `n missie of opdrag kan stuur,
in watter vorm Ek die ookal benodig.