e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 541
Die valse vredes woord "shalom".

Sondag 4 Januarie 2009 20:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Vrede valse vrede roep die antichris oor die hele wêreld is ek aan die kom.
Shalom shalom vir die honger grond, die hoer van Babilon kom om.
Vir die val van die uitverkore saadlyn het sy vir die valse Jodedom gekom.
Die blou ster van Dawid gaan nou op menig grafte oor die wêreld kom.
Aan die einde van hierdie tydvak val die ou Jerusalem in die stof nou om.
Rook en nogmaals rook wat uit die loop van kanonlope kom.
Dit is die draakgod Dagon wat met haar kinders oor die velde kom.
`n Profeet raak moeg en draai op die linkersy nou om.
Die oordeelsengele sê: Die eerste helfte is oor `n maand drie of vier van nou af om.
Wat daar nou oor die tweede helfte kom dit laat die hele wêreld stom.
Nog net `n tyd en `n halwe tyd
wat die Satan hom as `n valse engel van die lig gaan vermom.
Wie was op regeringsvlak so baie slim maar tog so uitermatig dom.
Daar is geen poging wat die ekonomie oor die lang termyn weer gaan laat blom.
Maar dit is onlus, oorlog, hongersnood, aardbewing en die pes
wat oor die wêreld kom.
Shalom, shalom in valse vrede is dit op die akkoord van mars musiek
wat die eerste veldslag van Amageddon nou kom.
In woede staan die nasies teen oor mekaar in bloedlus nou moorddadig stom.
Gedoop in bloed is dit die son wat nou oor die hele wêreld op gaan kom.
En in doodsroggel kom die heel laaste valse shalom
en op sy knieë vra `n gebroke wêreld, O God waarom.
En so nader die wêreld nou die einde van sy totale gruwel som.
Wie slaan daar in Hades so eentonig op `n drom
en vanuit die doderyk kom ewig die valse vredes woord shalom.

 

Openbaring 542
Raka was toe heeltyd jou regte naam.

Maandag 5 Januarie 2009 10:30
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Vanuit die see se eilande kom daar een plus een
en as twee staan dit as `n eenheid saam.
Madiba, vader van die donker see en land,
jy trek die Afrika en Amerika kontinente saam.

Balak of is dit Barak maar Raka is jou ware naam.
Gekamoefleer met die horings van `n lam
kom jy as `n draak nou tussen die mense staan.
Die teenstander van God spruit uit `n vergete
maar `n baie ou familienaam.

Uit die vuurbek van `n vuurspuwende berg is jou gees gebraak,
en van die grondlegging van die aarde was jou taal
die Satan se eie spraak.
In die antichris het alle euwel vergestalt
om die hele hel op die aarde uit te kan braak.
Jou val, ja, jou ewige val bring jy nou as vergelding uit in al jou wraak.

Jy laat die aarde skrik en in `n aardbewing
gaan sy haarself tot in haar diepste wese oopkraak.
In oorlog gaan die wêreld brand,
die groen gras en die bome gaan verdrietig nou wegtaan.
In hongersnood verdwyn al die wêreld se kosbare graan.

Jy O draak wat was en dink jy is,
was die heeltyd maar net `n verbeeldingsvlug van jou eie waan.
Teenoor jou tot jou ondergang kom die Ruiter op die witperd nou te staan.
Met jou mag en al jou geld wou jy die merk van 666 op elke mens laat staan.
Hoogmoedig wou jy My heiliges in jou teregwysing weg van My laat staan.

Gebind in kettings, ja, jou eie kettings,
op wie gaan jy hierdie keer plaas al die verwyt en blaam.
Vir `n duisend jaar gaan jy in jou gevangenis nou staan
en jy sal uitkyk op jou werke waar dit in die ewige afgrond om jou
tot jou eie oordeel sal staan.
Balak of is dit Barak maar Raka was toe die heeltyd jou regte naam.


 

Openbaring 543
Die gees van Skeba se skale.

Dinsdag 6 Januarie 2009 11:00
http://www.openbaringe.co.za/
 

Judith de Beer
Bloeddorstig terwyl hul muit hardloop skares soos barbare.
Ja, in die land van Skeba in die strate van Harare,
verniel en brand die mense alles wat voorkom veral die karre.
Woedend skreeu hul; ons was lank genoeg nou Afrika se selfaangestelde martelare.
Oral klink die klank van droefgeestige verhale,
Hul wys aan die hele wêreld onregverdige loesings se bloedige hale.
Hierdie nuus trek oor die hele aarde in al die tale.
Maar deesdae trek die wêreld sy skouers op oor hierdie tipe van verhale.
Vlugtelinge vertrap en moor mekaar
oor die inhoud van die hulpfondse se skamele bale.
Die pes hardloop nou in volle gedaante in al sy kwale.
Maar die gees van Skeba raak nou kwaad en gooi oor die res van Afrika haar skale.
Bloeddorstig terwyl hul muit hardloop oor Afrika nou die skares soos barbare.
Menig mense wat as lyke val soos `n boom voor sy winterslaap se dooie blare.


 

Openbaring 544
Was jy uitermatig baie lou?

Woensdag 7 Januarie 2009 01:00

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer

Terwyl volkere hul vir `n moontlike oorlog gereed hou.
Loop daar `n engel met `n stempel wat hy in elke hand vashou.
Op die linker seël staan; jy was teenoor My uitermatig baie lou.
Op die regter een staan; jy was aan God getrou.
Die boodskapper strompel droewig voort
en mompel oor en oor: Omtrent almal het verbrou.
Met watter stene word die nuwe ryk van God nou mee gebou.
En op baie-baie mense stempel hy die woord ontrou.
Onrustig raak in hierdie tyd nou menig baie man en vrou.
Hul wil so graag hul hand om redding nou na God uithou.
Maar nog steeds is dit aan hul aardse rykdom wat hul desperaat vasklou.
In alles wat nou vou, word groot winskope tot die laaste verleiding na die mense uitgehou. Die draers van die eindtydboodskap word hatig deur die kooplui uitgejou.
Maar onverstoord loop die engel voort met die stempels wat hy vashou.
Hy mompel oor en oor: In jul weeklaag en jul rou,
gaan jul in baie groot berou jul lippe ewig stukkend kou.
Maar hier en daar gee hy sy goedkeuring en sê;
hier is nou `n steen waarmee ons die nuwe ryk kan bou.
Oor hierdies se voorhoofde word die goue stempel met Elohim se Naam
vir ewig nou gehou.

Oor die uitspansel weerklink daar oor elk van hierdies: ewig aan God getrou.
Oor hulle is dit wat Satan se oë nou in haat vernou.
Hy weet; vir ewig het sy greep op hierdies tot niks verflou.
Woedend draai hy hom om, om met die heiliges oorlog te kan hou.
Ontelbaar is die Satan se troepe, op elk van hul se voorhoof
staan daar geskryf: aan God ontrou.
Maar ewig het hul te veel afgebyt om te kan kou.
God self kom na die aarde om Sy hande liefdevol om sy uitverkorenes uit te hou
en in beskerming gaan Hy Sy arms om sy kleine kudde vou.



Openbaring 545
Visioen oor ’n Oosterse monnik.

Woensdagmiddag 7 Januarie 2009 12:15
http://www.openbaringe.co.za/ 
 

Judith de Beer
In `n onverwagse gesig sien ek `n Oosterse monnik. Behalwe vir `n dik
swart poniestert bo-op sy kop is die res van sy hoof kaalgeskeer. Hy dra
net `n lendedoek. Sy gestalte en grootte grens aan die van `n reus en sy
skouers is massief.
Hy kyk oor die see na `n eiland. Skielik bars `n berg in `n reuse vulkaan uit
en die lug word rooi en die see stoot op.


Openbaring 546
Hoe staan jy voor jou eie weegskaal?

Donderdag 8 Januarie 2009 11:00
http://www.openbaringe.co.za/
 

Judith de Beer
Pligsgetrou maar ook plesierig het ʼn mens met sy lewe
eens oor die aarde gegaan.
Vrolik en ook soms verdrietig het sy dae die een na die ander
gekom en ook gegaan.
So het die dood ook kort voor lank voor die deur van sy lewe kom staan.
Langs sy graf het menig vriende en familie kom groet met ʼn verdrietige traan.
In die doderyk aangekom het hierdie mens gevind dat hy met leë hande
en naak voor sy eie weegskaal kom staan.
Die gesondheid en skoonheid van sy liggaam kon hy nie laat nader staan,
reeds was dit besig om tot stof en niks in die aarde te vergaan.
Ook sy aardse skatte het deur die dood se mot en roes
vir hom klaar in die geestesryk vergaan.
Kennis op kennis het hy op die aarde tot oorlopens toe opgegaar.
Maar in die dimensie van die geestesryk word dit alles tot illusiewaan verklaar.
En droewig besef die siel sy eie leë inhoud
is al wat hom ewig in die gesig nou staar.
Desperaat begin hy in sy leë inhoud krap om te kyk
of het hy dalk iets geesteliks bewaar.
Hy soek en kyk en wil homself net verbly want hy sien sy tiende daar.
Maar wee O wee, hy het gegee om op sy belasting te kan bespaar.
En hy kyk weer rond en nou is dit sy liefdadigheidsdonasies wat hy daar gewaar.
Maar weereens is dit wee O wee op die liefdadigheidsbal
was as loon hy deur almal daar gewaar.
Droefgeestig is dit wat hy nou verlore in sy eie leë inhoud staar.
In die duisternis van sy eie niks is daar ʼn effense ligskynsel wat hy nou gewaar.
Hoopvol haas hy hom ywerig nou na daar en na ʼn kleuter in opregte kindergebed,
daarna is dit wat hy treurig nou na homself toe staar.
Hy vra homself, O God, waarom het ek myself
nie in die gebedsgesprek met U bewaar.
Waardeur ek so in die opregte liefde my medemense om my kon gewaar.
In die behoeftes van my naastes sou ek kon sien U self staan daar.
Met my lewe op aarde sou ek vir myself hemel skatte kon vergaar.
O' kon ek net terug na die aardse ryk vir ʼn kort rukkie nou gaan.
My familie en my vriende sou ek so graag met my nuwe kennis wou vermaan.
Maar as antwoord is dit net sy eie leë geesteswêreld wat droefgeestig nou
swyend om hom staan.


Openbaring 547
Rusland gaan standpunt inneem.

Vrydag 9 Januarie 2009 07:00
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer

Kyk hoe sit die wêreldmoondhede die koppe nou weer bymekaar.
Kyk hoe praat hul in valse vredes spraak nou orals weer met mekaar.
Groter moeilikheid is hul nou besig om op die lang termyn uit te braak.
Maar vanuit die verlede roep om wraak die gees van ʼn baie ou Tsaar.
ʼn Dodelike wond is besig om in Rusland tot tydelike genesing op te klaar.
Met sy oorlogskepe gaan hy in die nabye toekoms na ou bondgenote vaar.
By ou vriende in die Ooste, Afrika en spesifiek Iran gaan hy hom skaar.
Terwyl oorlogswolke oënskynlik hier en daar gaan opklaar,
bars dit opnuut weer uit oral waar die mens heen staar.


Openbaring 548
Ninevé het bekeer..

Saterdag 10 Januarie 2009 06:30
http://www.openbaringe.co.za/  
 

Judith de Beer
Eenmaal was daar `n onwillige profeet en van afkoms was hy `n Hebreër.
Na drie dae in die ingewande van `n vis was sy kennis skielik baie breër.
En Jona het in die strate van Ninev
é  gaan roep:
Nog veertig dae en jul stad word omgekeer.
Die mense van die stad het geskrik en hul baie vinnig deur hom laat leer.
Om God se oordeel en ook Sy toorn van hul weg te kan weer,
moes hul hulself baie vinnig van hul verkeerde weë bekeer.
Plegtig het hul beloof om hul van hul dwalinge en sondes te bekeer.
Op onregmatig fondse sou die stadsvaders nie meer langer teer,
en deur onregverdige wetgewings sou hulle ander nie meer langer manipuleer.
Van onwelvoeglike gruwels sou die inwoners die gesig nou weg van keer.
In ʼn vasdag het koning, mens en dier jammerlik
voor die aangesig van God getreur.
In sak en as was hul harte oor hul sondes regtig baie seer.
Hul het geroep en gevra:
Wil U nie berou en U self in U oordeel van ons omkeer.
Die Skepper se hart het versag en die oordeel is van Nineve afgeweer.
In die gruweldag van nou se laaste uur is daar menig ongesalfde valse profete
wat die wêreld wil kom leer.
Ja, vir ʼn Mammonsloon
terwyl hulself in die ingewande van elke gruwel-genot verkeer,
wil hul oor sondaars uitroep die tyd is hier om julself nou vinnig te bekeer.
In sak en as moet jul, julself nou vinnig na ons geloofsrame keer.
Bring nou nader jul beurse tot op die laaste oomblik wil ons daarop teer.
Die leraars maak seker dat hul volgelinge
die opregte waarskuwings van God ignoreer.
In sak en as is dit hul beurse wat hulle vir die valse profete omkeer.
Hul verkeer onder die waan dat hul kerk of valse profeet
die oordeel van hul gaan afweer.
Oor die aarde raak net al hoe boser die oorkoepelende sondesweer.
Daar is geen salf meer tot genesing aan hierdie septiese wond te smeer.
Buite die grote wêreldstad van verval roep kermend `n olyfboom:
moet in die oordeel ook nie U son van my hoof wegkeer.
Sodat my siel in die aanskouing van die oordeel ewig daaruit kan leer.
Dat geen wese ooit die rug op God se groot genade moet keer.
Sidderend val die profeet op ʼn bewende aarde neer.
Bedek die hoof met kaal hande terwyl verwoesting oor die aarde skeur.
Tevergeefs is nou die mensdom se droewige weeklaag en hul smartlike treur.
Die eerste oordeelweë gaan binnekort oor die aarde skeur,
daar is niks in dit wat hierna kom wat die wêreld op gaan kan beur.
Die aarde gaan Ek deur oorlog en kataklisme stukkend kom skeur.
Vir ʼn breuk van ʼn sekonde,
sal die oorlewendes hul in hul harte na My vir redding wil keer.
Om net die volgende oomblik met ʼn hosanna in gelid agter die antichris,
ja, My teenstander vir die laaste veldslag te kan tree.


 

Openbaring 549
Om hoogaangestel of belangrik te wees..

Sondag 11 Januarie 2009 13:00

http://www.openbaringe.co.za/
 

Judith de Beer
Die tyd het gekom om uit te deel die gawes van die gees.
En almal druk en stoot om nou heelvoor te kan wees.
Kieskeurig skreeu daar baie - dit of dat - wil ek nou wees.
`n Regter, ja, `n regter wil ek nou oor ander siele wees.
Regverdig sal ek die oordele oor al die sondaars uit kom spreek.
Oor die sondes, ja, die baie sondes sal die oordeel homself kom wreek.
Die antwoord kom: staan maar nader `n regter mag jy maar wees.
Menigtes van veroordeeldes staan reeds klaar
sodat jy die vonnis oor hulle uit kan lees.
Elk van hierdie sondaar hier teenwoordig
is met `n verskillende sonde in sy wese deurweef.
Toepaslik moet die straf wees
van die sondes wat so mildelik aan hulle kleef.
Trek aan die geestelike toga en streng regverdig
moet jy oor elke gruwel sonde heers.
Die regter neem nou sy hamer en kyk kwaai oor die sondaarsfees.
Waardig druk hy sy bril tot teen sy oë van die punt van sy neus.
Op sy regterverhogie voel hy hom nou so waardig soos `n reus.
In sy oordeel voel hy hom so magtig soos die afgod Zeus.
Hy kyk nou oor die skaar van sondaars om hom heen.
Hy skrik en dink sy sig laat hom nou heeltemal in die steek.
Elke gesig wat na hom terug staar kan nou net die van sy eie wees.
Ja, in geweldige vrees
is dit in elkeen van die sondaars wat hy sy eie gesig raak lees.
Eenmaal wou hy nou `n regter wees
en regverdig moet hy sy oordeel
oor elke sonde faset van homself uitlees.
Staan nou nader, ja staan nou nader die tyd is hier
om uit te deel die gawes van die gees.
Wie stamp en stoot daar so om
volgende heelvoor met sy versoek te kan wees.

 

 

Openbaring 550
Nou lê voor: Die grootste wêreldverskrikking.

Maandag 12 Januarie 2009 23:55
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In `n bloedige heildronk is die maghebbers nou besig om hul glase te klink.
Die bloed van die wêreldbevolking word nou hiervoor ingeskink.
In hul magspel begin hul oë al hoe meer waansinnig te blink.
Regte lande met lewende manskappe
word nou vir hierdie skaakspel nader gewink.
Ja, bloed en nogmaals bloed gaan hulle op hierdie magsparty van hul nou drink.
Vergete is nou die kameraadskap, die leë beloftes en ook die skikkings.
Vriende is nou opponente wat vergruis moet lê in oorlogsverminkings.
In onrus het Satan sy onlus gestook en in sy boosheid het hy oral gekarring.
Wêreldwyd heers daar binnekort oor die hele wêreld die grootste verwarring.
Ontredderd in hul angs tree by die nasies en volkere
nou in die grootste verskrikking.
Alle pogings op wêreldvrede stuur nou af op die grootste mislukking.
Die spelers om die skaakbord begin om windmakerig
hul swaar artillerie nou na vore te bring.
Die biskoppe moedig die volkere aan om lojaal hul volksliedere patrioties te sing.
Oral is die gepeupel besig om mekaar nou
met plakkate en slagspreuke op wêreldstrate te verdring.
In die deurmekaarspul en die chaos is `n wêreldverskrikking,
besig om vinnig al hoe wyer oor die hele aarde uit te kring.