e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  


Openbaring 531
Die ware verdrukker en die verdrukte.

Saterdag 27 Desember 2008 09:30
http://www.openbaringe.co.za/
 

Judith de Beer
Die hele węreld wag in spanning vir die nare duiwel
om die geloofsverdrukking tussen die mensdom te kom gooi.
Terwyl Satan die drogleuen as die volle waarheid oor die węreld uit kom gooi.
kom staan hy as `n glansengel met sy wit leuen in hul midde tog so mooi.
`n Bietjie onsuiwerheid hier en `n verdraaiing daar
word as `n geurmiddel oor die Waarheid gegooi.
Die pikswart leuen word as die spierwit waarheid oor die węreld gestrooi.
Oral word die gemeentes deur die węreldraad van kerke
na hierdie onvrugbare feesmale genooi.
In groot getalle kom mense saam om hovaardig saam te smul
aan hierdie dooie strooi.
Deur eiemagtige politieke regstellings in die Woord van God
is die Waarheid lankal verkrag tot `n nuttelose hoop hooi.
Die paar draers van die suiwer Waarheid word hatig deur die kerke
met klippe van oordeel gegooi.
Hierdie vervolgers as getroue kerkgangers
vou in hul miljoene hierna die handjies selfregverdigend tog so mooi.
Die tannies en die omies in die kerke trek hul lippies sedig in `n heilige plooi.
Die eindtydverdrukkers begin om hulself in rolverdelings
as die verdrukte martelare te tooi.
Hul wag vir die Kommunisme of die een of ander gogga
om hul kamma 'waarheids-bybels' weg te kom gooi.
In woede raak menigeen wat hier lees in die gesig nou boosaardig bloedrooi.
Hul skreeu: Waar is die klippe om hierdie mal valse profeet dood te kan gooi.
In haat kyk hul nou na almal wat hulself met die kleed van Waarheid tooi.
In ontbranding begin die leuen homself in sy ware gedaante orals te ontplooi.
Węreldwyd is dit hierdies wat brutaal in die grootste geloofsverdrukking ooit,
poog om die laaste bietjie waarheid d.m.v hul goedbedekte leuen
onder bloedige oordeelklippe toe te gooi.


 

Openbaring 532
In 'n komende nuwe aardse dag.

Sondag 28 Desember 2008 07:00
http://www.openbaringe.co.za/ 


Judith de Beer
In `n komende nuwe aardse dag,
is daar blymoedig wedergebore goddelike kinders wat op hierdie aarde wag.
Vanuit heilige hemelwolke daal hul Verlosser in Gees in hul harte neer so sag.
Verruklik in hul hemelse skoonheid
sal menigtes van hemelwesens in hierdie oomblik sing met engele prag.
Hierdie goddelike glansrykheid van `n onvernietigbare ewige dag,
kom om vir die vredestydperk te verdring die bose se ondeursigtige nag.
Vinnig nader nou die oomblik en oor die węreld
sal verstil die Satan se onheilspellende lag.
Ja, oor die hele węreld word verbreek die sataniese węreld se invloed en mag.
Vir die komende vredestydperk
staan gereinigde aardbewoners toegerus met goddelike krag.
Ewig verby is die tyd waar mens sowel as dier mekaar vir voedsel sal jag.
`n Kleuter sal homself met `n eens giftige adder vermaak terwyl hy vrolik sal lag.
`n Maanhaarleeu sal soos `n geduldige lieftallige troetelkat
by die mens se voete wag.
In boomryke woude sal die Gees van God
weer soos `n koel briesie oor die aarde trek so sag.
Vanuit die geestelike realm sal die eerste mensepaar
tevrede oor die nuwe aardse paradys nou trag.
Om hulself te verlustig in die herstelde goddelike harmonie, die vrede,
ja, die ongelooflike prag.
Vir `n duisend jaar sal hierdie lieflike vrede
op elke inwoner van die nuwe aarde wag.
 

 

Openbaring 533
In die hemelruim van ons harte.

Maandag 29 Desember 2008 10:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Nuuskierig wil die mens voortdurend weet
is ons in die heelal hand van God die enigste denkende lewe.
Is daar nog iewers in die oneindigheid iemand
wat filosofies na die dieper betekenis van alles kan strewe.
Die menslike oog deurpriem die ruimtes in sy soeke na ander lewe.
Vry soos `n arend is dit die siel wat in `n helder sterrenag
in die oneindigheid rondswewe.
Waaghalsig is daar niks wat hom in sy vryheidsvlug kan laat bewe.
In die grootsheid van sy eie gees voel hy oor dit wat die aarde bied
nou so effens verhewe.
In sy ruimtevlug flikflooi hy en hy roep, hy fluister en hy soek,
na enige vorm van ander lewe.
Frustrerend verskyn daar dikwels `n wolkemis
en onderbreek die blik waar dit in die ruimtes rondswewe.
Teleurgesteld is dit die mens wat homself sonder antwoord
na die binnemure van sy huis begewe.
Verdrietig fluister die awendwolkies;
tevergeefs is ons geroep om ons te kom toon as `n eiesoortige lewe.
Saggies troos die aandwind;
ook ons het verniet as gees saggies om die mens kom swewe.
Hoogmoedig wil die mens altyd na die hoogste pieke
van die onmoontlike kennis strewe.
Maar in en om homself kan hy nie erken die hoogste vorm van alle lewe.
Maar spoedig in die aarde se toekoms sal daar mense wees,
wat op die vlerke van die nimmereindige gees sal ontdek
verborge vir die mens was daar orals in die heelal oneindig baie lewe.

 

Openbaring 534
O Vader wees ons tog genadig!

Dinsdag 30 Desember 2008 08:30
http://www.openbaringe.co.za/


Judith de Beer
Daar is `n deuntjie wat al hoe vinniger om sy eie note gly.
Die note se refrein is; die tyd is verby, ja, die tyd is verby.
In die akkoorde kom die woorde die mensdom gaan nou uitermatig baie ly.
Hoe hard die mensdom die feite ookal probeer vermy.
Die tyd is hier en spoedig is dit ook verby.
More is klaar reeds nou en vandag is besig om in gister weg te gly.
So min is die tyd om oor iets te huil of dalk `n bietjie te verbly.
Die sekuriteit van die węreld se rykdomme is besig om uit die hande te gly.
Oor lewensmiddele gaan die mensdom spoedig bloedig stry.
In plaas van oor metaal en mineraal
gaan die lande oor mekaar se kos nou vry.
Die węreld het genoeg van sy eie oorproduksie
in onnodige industrieë verkry.
Onder werkloosheid gaan `n oorbevolking
in die grootste armoede nou ly.
Die mensdom se gemoedere gaan nou vinnig by kookpunt verby.
Vrede, valse vrede gaan die antichris oor die węreld nou soetsappig bely.
In gemeenskaplike węreldnood moet almal as broers bymekaar nou bly.
In hul hordes is daar biljoene wat saam met hierdie gedagte wil stry.
Maar in honger is dit die roofdier wat in die mens se gemoed nou dy.
Oproerig begin die massas te muit
en in onlus begin almal nou vir hul iets van alles te kry.
Hul raak moeg vir die vetgevoerde verdedigings eenhede
wat vir die veiligheid van regerings stry.
Soos `n golf kom die agterstes oor die voorstes se lyke gegly.
Soldate met masjiengewere kan met hul koeëls nie voorbly.
Met bloedige kaal hande is dit die honger oorlewendes
wat hul uiteindelik beetkry.
Dit is chaos op chaos wat in al hoe groter kringe oor die węreld uitdy.
Aan `n maspaal in Engeland hang `n vrou se lyk
iemand skreeu; dit is die koningin, ja, dit is sy.
Alhoemeer regeringshoofde begin om in die slag te bly.
Maar Satan wil deur die regerings die mens van sy mag nie bevry.
Hy laat val die eerste atoombom om orde op die aarde te probeer kry.
Maar die verdedigings meganisme
het klaar in onbevoegde hande agter gebly.
In antwoord begin almal nou die saamgeperste kernkragte te bevry.
Oor duisende jare van nou sal ander inwoners van die aarde
in weemoed kyk na foto’s van gruwel ontploffings,
van die laaste veldslag op aarde, op `n lank vergete satteliet gekry.


 

Openbaring 535
Die lied van die uitverkorenes.

Woensdag 31 Desember 2008 10:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Vier en twintig in hul getal staan nou nader die ouderling.
Gerubhande wat die Sionskind die heiligdom in bring.
Die eindtydgeeste word nou bymekaar gebring.
`n Loflied wil hul tot die eer van God nou sing.
Sewe geeste wat in `n nouer band om die Skepper kring.
Die wedergeborenes word as `n pasgebore baba huistoe gebring.
Sion as maagdelike meisie hierdie keer die eersteling.
Hemelwagters in goddelike lig wat die duisternis
weg van hierdies kom verdring.
Koning Melgisedek wat Hom as die Bruidegom nou nader laat bring.
Alles wat onrein is word uit die heilige voorhof nou verdring.
Gabriël en Rafael ook Uriël en Migael,
vier aartsengele wat hul voor die troon van God laat bring.
Gereinigde kontinente wat hul as offers aan hul Skepper bring.
Die koms van `n nuwe aartsengel
wat die laaste kontinent huistoe gaan bring.
Die lof van die uitverkorenes, ja, die Sionslied
wat hul nou vir God saambring.
Suiwer kom die nuwe lied wat die maagdelikes
vir hul hemel Vader tot Sy eer nou sing.

 

 

Openbaring 536
Tyd is `n gevangenis.
Donderdag 1 Januarie 2009 12:00

http://www.openbaringe.co.za/


Judith de Beer
In elke gebeurtenis en vir alles wil die mens in die tyd sy siel verpand.
Maar in die onmeetlikheid van die materiële sterre stand,
hardloop onverpoos die hemelliggame van die een na die ander kant.
Ja, om en om storm elkeen voortdurend om sy eie rand.
In die wentelbaan spin elke hemelliggaam op sy eie spoed en trant.
Eentonig in sy unieke reis
doen elke wentelbaan hom aan sy eie orde gestand.
Staan die een dag daarom bo die ander uit in sy glorie stand.
Wie is daar wat weet hoe en wanneer
het die aarde op sy wentelbaan om die son beland?
Wanneer het die maan op sy beurt
in sy siklus om die aarde vas gestrand?
Daar is niemand wat kan bepaal
hoe oud staan die ewigheid reeds in die tyd se tand.
Waarom hou die bygeloof met sekere dae tog so `n sterk verband?
Voortdurend op sy omwentelingsbaan
verskil die tyd op aarde tog van land tot land.
In die uurglas van die illusie se tyd hardloop van die een tot die anderkant,
eentonig altyd oor en oor tog net altyd een en dieselfde sand.
Gister en vandag stap voortdurend met mekaar hand aan hand.
Hoe dwaas die mens en wetenskap
wat God se tyd wil meet met die verstand.
Die totale beweging van die ewigheid se onmeetlike sterrestand,
was ondenkbaar ewig altyd in die Skepper Elohim se hand.
Daarom hou `n duisend jaar met `n enkel dag in die ewigheid
een en die selfde verband.
Tyd is `n gevangenis geskep deur die menslike verstand.
Hierdeur word aan die einde van die liggaamlike tydperk
die siel aan die nie-bestaan van die dood verpand.
Maar in die eindeloosheid van die ewigheid
staan `n agtste ewige Sabbatdag in Sy ewige onvernietigbare stand.
Hier het die tydelike ontstaan of die dood,
ewig nooit `n begin of `n einde se kant.
Laat jou daarom deur die warm Liefdes Gees
bring na hierdie eindelose toestand.
In hierdie tydlose ewigheid sal die mens as `n goddelike kind
soos `n son vir God ontbrand.
 

 

Openbaring 537
Nederige deemoed van opregte liefde.

Vrydag 2 Januarie 2009 22:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In `n węreld wat besig is om te verrot en te vergaan,
is daar miskien een uit `n duisend wat nog effens probeer
om iets van die Waarheid te probeer verstaan.
Hier en daar is daar een of twee wat bereid is
om oor foute deur hulself begaan,
krities in selfondersoek hulself dringend te vermaan.
Die res is besig om met `n tong van oordeel
die siel van hul naastes stukkend te slaan.
Satan self het met sy gruwel hordes in haat en nyd
tussen `n gevalle mensdom kom staan.
Brutaal en hatig kom volksgenote om mekaar te verloën,
te verraai en oor niks dood te slaan.
Selfs die kinders van God trap die een op die ander,
om in selfverheerliking heelbo te kan staan.
Hul mislukkings kom lę hul voor die deur van hul broer of suster as die se blaam.
Niemand sien meer die pyn of die wanhoop van sy naaste se verdrietige traan.
Die węreld se kinders is oor hul boosheid lankal reeds klaar vermaan.
Die oordeel wat op hul wag kan die meeste van hulle immers duidelik verstaan.
Maar oor die soekers van die Waarheid
wat naywerig in die weg van hul naastes se soeke staan,
oor hul laat sak die hemelwesens hul hoof
en stort oor verlore broers `n smartvolle traan.
In elke tydvak waar die laaste Waarheid besig is om weg te taan,
in so `n węreld is alles besig om tot sy ondergang te verrot en te vergaan.
Daarom vra Ek aan die paar heiliges wat tot die einde vir die Waarheid gaan staan,
kom in die nederige deemoed van opregte liefde
voor My heilige troon as gelykes nou saam.

 

Openbaring 538
Sondaarkind, verstoteling, My lieflingskind.

Saterdag 3 Januarie 2009 09:00
http://www.openbaringe.co.za/


Judith de Beer
O Sondaarkind, ja verstoteling, kom vat in jou eenvoud My Vaderhand.
In die deemoed van jou hart smee Ek met jou `n onbreekbare band.
In `n moderne klasse verskil was jy deur almal afgedruk tot die heel laagste stand.
Oor jouself moes jy jouself altyd nog net skaam met wange wat brand.
Daarom vertel Ek aan jou `n ou-ou verhaal van `n lang vergete hoogmoedstand.
Lank-lank gelede gebore uit die laagste eenvoudige menslike stand.
Vanuit Nasaret so is geprofeteer sou daar nooit iets kom vanuit die profete kant.
Vandaar het Ek gekom en eenvoudig tussen vissers kom staan op die strand.
Op die nederigste sondaars het Ek My Goddelike hande in genesing laat kom land.
Oor My nederige eenvoud het die hoogmoediges in haat vir My ontbrand.
As agterlik en nederig is Ek uitgekryt terwyl die spykers deur My hande sou brand.
Maar aan My sy hang jy aan My nederige kruis aan die regte kant.
Die een wat in hoogmoed oor jou hoon en spot gaan ontwaak in die Hades land.
Ja, eenvoudig het My kruis op Golgota vir die nederiges gestaan
teen die aand se bloedrooi wand.
O Sondaarkind verstoteling, My eenvoudskind,
met jou stap Ek deur My nuwe Jerusalem ewig hand aan hand.

 

Openbaring 539
In stikdonkernag oorhandig Satan sy prooi.

Sondag 4 Januarie 2009 08:45
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Hoe droewig vir die węreldling wanneer hy vertrek
van sy laaste aardse lewensdag.
In die middernag van sy eerste gewaarwording van wat ewig op hom wag.
Terwyl die siel op sy nuwe pelgrimsreis na nęrens verlore om hom trag.
Wanhopig tevergeefs op `n liggie vir `n wegwyser iewers om hom wag.
In die donker dimensie van die siel is in sy angs en erns
niemand wat nou om hom lag.
Ja, in die stilte van hierdie ondeurdringbare duisternag,
word daar met alles wat daar is nou na die stem van God gesmag.
Niks as eiendom selfs geen liggaam
waaruit hy iewers vandaan kan put `n bietjie krag.
Hy wonder wat huisves sy bewussyn in hierdie onmeetlike stikdonker nag.
O hoe hulpeloos voel die verlorene in die dood se koue eensame nag.
`n Siel sonder `n liggaam wat dra aan `n onmeetlike las en sware vrag.
Onoorkombaar omsluit die dood die siel met `n donker duister vloeiende grag.
Selfvoldaan oorhandig Satan sy prooi aan Hades na nog `n suksesvolle jag.
O Węreldling daar waar jy in jou lewensspel nou plesierig vir alles om jou lag.
Dink! O dink aan `n tyd wat jou siel ewig in jou eie duisternis kan versmag.
Berei vir jouself `n goddelike liefdes lewenslamp
wat lig sal bring in die tonnel van die dood se nag.
Met die afskeid van hierdie lewe op jou aardse sterwensdag,
sal jy op jou nuwe pelgrimsreis deur die ewigheid
om jou vind net ewige lewensprag.
Ook sal jy vind nog voor jy begin,
staan jy klaar in God se ewige glansryke dag.
 

 

Openbaring 540
Visioen van 'n kis met goue embleem

Sondag 4 Januarie 2009 11:10
http://www.openbaringe.co.za/ 


Judith de Beer
In `n skielike visioen sien ek skielik `n pikswart kis ek word bang en wil
nie die inhoud sien nie.
Die gesig verdwyn ek voel summier onwaardig oor my vrees.
Dit verskyn weer vlugtig en ek sien `n blou lap wat tussen die
deksel en die kis uitsteek, dit verander onmiddellik in water wat soos `n
rivier daar uitloop. Oor die onderkant van die kis is `n dieprooi fluweellap
met `n goue embleem daarop gedrapeer .