
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 521
Die wet is verander na alternatiewe smet.
Sondagoggend 14 Desember 2008 0:700
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Gerieflik leef die mensdom in die raamwerk van die wet.
Met sy tiende vrywaar hy homself van alle sondesmet.
In die stilte van hul Sabbatsrus is daar baie wat hul gewete sus.
Een uit sewe dae word met mag en mening onderdruk die sondelus.
Jy mag nie begeer nie word die mens streng geleer.
Maar onder die naam van besigheid en handel hoef jy jouself glad nie te
beheer.
Geen valse getuienis mag jy oor enige iemand uitspreek.
Maar daar is baie ander maniere waarop jy jou op jou vyande kan wreek.
Vermy die leuen en hou suiwer en rein elke gesprek.
Maar spysig en keurig hou ons elke gesprek en almal skiet met spek.
Voor My aangesig mag jy vir jouself bring geen ander gode.
Maar eerbiedig buig die gemeentelede hulself voor hul sinode.
Weer word daar vermaan om geen gesnede beelde te maak.
Maar van alles het die mens vir homself `n afgod gemaak.
Eerbiedig buig hy hom voor die slang en draak.
Die naam van jou enige God mag jy nie ydelik gebruik.
Maar om die eie standpunt te bewys word Sy naam vir alles misbruik.
Om die vader en ook die moeder te eer.
Is daar deur baie eeue en geslagte vir die mens geleer.
Maar deesdae is dit die ouers wat hul bose sondige telge moet eer.
Deur die wet word die mens van moord verbied.
Maar onder die vaandel van politiek,
mag dit in hierdie land veral teenoor blankes maar geskied.
So onder die gerieflikheid van die heilige sowel as die staat se wet.
Bedrieg die mensdom hulself deurentyd met die alternatiewe smet.
Openbaring 522
Die maatkom raak nou vinnig vol.
Sondag 14 Desember 2008 23:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vir die eindtyd oordeel hou die węreld hom so blind soos `n mol.
Terwyl die pyl van oordeel nou sekuur trek na sy kol.
Die tyd van die maatkom raak nou vinnig vol.
Stadig maar seker begin die bal nou te rol.
Wie is daar wat hierdie aksie kan laat stol.
Oral begin die Satan se goed gesmede planne nou te lol.
Waarheen gaan regerings in noodtoestande nou heen kan hol.
Die engele blaas die basuine en oor die węreld klink dit: die eindtyd kom!
Vanuit elke windrigting word die edel-oes versamel ja die totale som.
Dom staan die węreldling oor al hierdie gebeure heeltemal verstom.
Oor en weer dreig regerings mekaar met `n baie gevaarlike bom.
In hierdie tyd is daar vir geen enkele graf meer `n traan of `n blom.
In selfverbittering roep `n verlore mensdom nou hoopvol na Hom.
Maar op hul Here! Here! is dit nou hul eie eggo wat hol na hul toe terugkom.
Hul wis die verleier was `n verskeurende wolf as `n skaap vermom.
Oor hul eie onkunde staan hulle nou heeltemal verstom.
Hul liefde was aan die dooie materie van Mammon vasgegom.
Ja die tyd van die meetkom raak nou vinnig vol.
Klein is die klippie wat dodelik van die berg begin afrol.
Hy nader Sy teiken om dit sekuur te kan tref in die kol.
Wie gaan daar oorbly om te kan bereken wat was die dood se tol.
Openbaring 523
'n Opsommende toekomsblik.
Dinsdag 16 Desember 2008 08:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In `n helder oomblik van `n toekomsblik kyk ek verbaas om
my heen.
Ek sien mense wees gelaat, verslae geskok tot in hul diepste murg en been.
Oor `n gebroke verpletterde węreld kyk die laaste mense droewig om hul heen.
Waar vind hul genoeg vog vir al die trane om oor soveel ellende te kan ween.
Al die dorpe ook die stede,
ja die beskawing is verwoes en afgebreek tot op die heel laaste steen.
Deur die toedoen van Satan is vir hierdie tydvak verwoes
al die aarde se ryklike seën.
Nęrens kan die aarde tot vertroosting `n bietjie genade
vir haarself iewers heen van leen.
Verwoestend in die laaste stormwinde is dit haar klaaglied
wat droewig oor haar oppervlakte teem.
Waar, O waar is al my biljoene kinders in hul ellende en hul dood nou heen.
Terwyl die aarde so eensaam en verdrietig oor haar eie lyding ween.
Kom toon die uitverkore oorlewendes hulself aan haar, elkeen een vir een.
Die goeie Skepper stuur oor haar oppervlakte troostend helend nuwe reën.
Blymoedig raak sy werksaam en omskep al die verwoesting en rommel
weer in nuwe vrugbare leem.
Oor die aarde se hemelliggaam
ontspruit ondenkbaar baie nuwe vrug van seën.
Kinders word gebore en op die nuwe aarde
vir `n heerlike goddelike toekoms gespeen.
O Hoe vrolik is die hergebore aarde nou in haar nuwe heerlike seën.
In die helder oomblik van my toekomsblik
is dit ek wat in vreugde nou saam met haar ween.
Openbaring 524
'n Antwoord op 'n vraag.
Woensdag 17 Desember 2008
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Het die honderd-drie-en-vyftig visse van Johannes 21 `n
letterlike of `n
figuurlike betekenis?
Nimmereindigend sal elke aksie wat om die Verlosser afgespeel het tydens
sy lewe op aarde vir ewig in ondenkbaar baie fasette tot die verlossing
van die totaliteit tot in alle ewigheid uitkring.
Daarom het die vraag oor die vangs van die 153 edelvisse wat in
Johannes 21 vers 11 afspeel, letterlik sowel as figuurlik betrekking daarop,
asook `n oneindige belangrike rol om te speel.
Openbaring 525
die Waarheid en die kerkmense.
Donderdag 18 Desember 2008 07:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Bekommerd is daar mense wat in hierdie tyd
hul hoof oor baie onsekerhede breek.
In wroeging is daar mense wat die heeltyd die waarheid nou wil weet.
Waaraan moet ons, ons heil, geloof en siele maatstaf deesdae meet?
Hoe heftiger die predikers in hierdie tyd desperaat vir ons wil preek.
Hoe meer wil ons hul woorde aan ons eie maatstaf en die Waarheid meet.
In ons soeke laat die kerke ons met hul holrug geryde woorde in die steek.
Ons vind in ons harte
is U in die Waarheid in die kern van ons allerheiligste versteek.
Maar die Węreldraad van kerke
poog daarna om elke mens te onderdruk tot `n stomme leek.
In verveling hou hul aan om die selfde rympies oor en oor te preek.
Soetsappig hou hul die 'gelowiges' met hul onsin swak en week.
Maar in `n krisistyd laat hul hul afhanklikes vinnig in die steek.
Maar in rebellie is daar `n paar
wat besig is om die waarheid met liefdesgeweld oop te breek.
Die brood van Lig en Wysheid kry hul nou stewig tot hul redding beet.
Vreesloos laat hul binnekort al die kerkleerstellings dringend weet.
Die brood van Waarheid
word nou kosteloos vir almal wat honger is gebreek.
Onder jul oordeelklippe kan jul ons gerus maar steek.
Die hout vir brandstapels kan jul by die hope ook maar breek.
Ons is hier om as God se soldate ons op jul leuens te wreek.
Hoekom lyk die Satan tog so skielik bleek?
Waarom laat die krag van sy groot getalle hom ook skielik in die steek.
Babilon se oordeel kom nou vinnig
die groot gemeentes raak nou vinnig swak en week.
Die kerkleerstellings se bindende kettings
word vir duisende mense nou stukkend gebreek.
Die lig van die Waarheid is besig om soos `n skone oggend
in baie se harte tot hul ewige genesing oop te breek.
Openbaring 526
Wie kies jy, My of jou kerk.
Vrydag 19 Desember 2008 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Indien `n mens die goedversorgde maskers van gesigte kon
aftrek,
sou menigeen tot sy verbasing en skok die volgende gruwels opmerk.
Die hele hel is in al sy fasette op die aarde en in die mens neergewerp.
Elke bose eienskap word deur die politiek
vir `n hel hier op aarde in alles ingeskerp.
Willoos en swak word die mensdom voorberei
om hul in hierdie drek in af te trek.
Daarvoor word gebruik die kamma kerk van lig
om die hardste hieraan te werk.
Om sodoende hul eenheidsboodskap
soetsappig oor die hele węreld te laat trek.
Elke godsdiens, kleur en geur is welkom
om onder die dak van Christenskap in te kom trek.
Hoe dom is die mens wat sy liefdeslojaliteit, in plaas van om God,
om sy węreldgesinde kerk te loop trek.
`n Gevaarlike gees het in die gedaante van die valse engel van lig
in die sogenaamde "huis van God" ingetrek.
Daarom het die Heilige Gees homself van al hierdie smetlike gruwels onttrek.
Maar vrygekoop deur die bloed van die Lam
word nou in die hart van Sy opregtes gevestig Sy enigste blyplek.
As `n uitgediende rowersnes van onrein gruwels
word die kerk vir die duiwel nou `n onbruikbare plek.
Daar kom `n tyd en soos `n onbruikbare item
is dit die kerk wat by die agterdeur uittrek.
Ja, vir die węreldpolitiek word die węreldkerk
met `n vervaldatum nou van die geloofsrak onttrek.
Saam met elke ander geloof
word dit nou tot `n mensgemaakte eenwęreldgod beperk.
In hierdie tyd sal Satan in woede My Goddelike stempel
op die heilige voorhoofde van My uitverkore verseëldes opmerk.
Hy sal vind sy eie duisternis is besig
om hom benouend weer na sy onverganklike gevangenis af te trek.
Die tyd raak kort en Ek vra aan elk;
vir wie is dit wat jy kies, is dit vir My, of is dit dalk jou kerk.
Openbaring 527
Die Aarde, haar maan en Saturnus.
Sondag 21 Desember 2008 09:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In `n skuinsstappie hardloop die aarde vir ontelbaar baie jare
om die son in haar wentelbaan.
Vasgevang in haar eie kleine wentelbaan
hardloop die maan maar gewillig en geduldig om die aarde saam.
Maar in `n poolverskuiwing gaan die aarde iewers in haar toekoms
uiteindelik leer om parmantig regop te kan staan.
Baie wyer gaan die maan nou ook eendag in haar wentelbaan
weg van die aarde kan staan.
So gaan haar eie swaartekrag
nader en digter om haar eie oppervlakte kom staan.
In haar eie atmosfeer
gaan daar haar eerste eie traan van vog om haar ontstaan.
In die verre toekoms sal die maan vir die ontvangs van eerste lewe
nou nader aan haar Skepper staan.
So sal die liewe maan nou ook haar eerste ontwikkelingstydvak,
al is dit ook hoe primitief, kan binne gaan.
Ook Saturnus sal met die knip van `n naelstring `n paar van haar kinders
in vryheid as `n onafhanklike hemelliggaam op hul eie wentelbaan
om die son laat gaan.
Wie is daar wat die kragte van die hemelliggame in God se skepping
ooit werklik sal kan verstaan.
In jou eie onkunde wil jy nou van My weet
of hierdie aksies spontaan en rustig gaan ontstaan.
Maar skrikwekkend kom die antwoord voor jou staan.
In geweldige atmosferiese kataklismisse
gaan die geboortes van die nuwe wentelbane ontstaan.
Openbaring 528
Selfgesentreerde hoogmoed en eieliefde.
Dinsdag 23 Desember 2008 13:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In die selfgesentreerde hoogmoed van die mens
sal menigeen die volgende maklik kan opmerk.
Vir die ware Woord van God
toon bitter min mense deesdae enige waardering of respek.
So alwetend soos `n god spreek menigeen oor homself,
ja, so redeneer die opgeblase eie ek.
Maar hul vergaar hulself vinnig daar waar die Gees besig is
met Sy ware opregte gesprek.
Om sodoende die aandag van die ware soekers na hulself te kan trek.
Op menig preekstoel
staan die valse kamma- man van God as die mnr. perfek.
Ontlasting word deur baie gemeentes as pęrels opgelek.
Massas word getrek
na die valse profete se verhoog van toneelspel en valse drek.
Op die Internet poog elke tweede gek
om homself as die beste skrifkenner op te kan trek.
As `n hoogheilige wil hul tog so graag iewers laat;
hul eie identiteit se merk.
Met die eie ek is die mense besig om die goeie werke van God teë te werk,
omdat hul eieliefde die heeltyd besig is
om in `n sirkel na hulself toe terug te trek.
In die ware liefde is daar so min wat hul in nederigheid
tot die Goddelike deemoed wil beperk.
Maar deur middel van die Heilige Woord is daar baie wat hulself in hoogmoed
bokant die wet van die gemiddeldes wil optrek.
Al sou Ek in My Goddelike gedaante nou tussen die mense intrek.
Sou daar baie wees wat bo-op My sou klim,
om sodoende die mense se belangstelling in hul eie persone te kon opwek.
My opregtes waarsku Ek
om hul deur die gees van onderskeiding van hierdies te onttrek.
As nuttelose wolke,
ja, skandvlekke wil hul altyd deel wees van die Goddelike gesprek.
Uit hul selfsug en hebsug sal hul poog
om die hele tyd voordeel uit julle te trek.
Maar soos die uitbraaksel van `n hond sal hul eie gespreekte woord,
hul na hul eie selfgeskepte hel aftrek.
Openbaring 529
Mammon en sy pikswart verrotte
roos.
Woensdag 24 Desember 2008 07:00 uur
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Satan lag en spottend hou Mammon vir die mensdom `n pikswart verrotte roos.
Al wat leef en beef raak węreldwyd nou werkloos.
In resessie kry die mensdom depressie en almal raak nou swak en moedeloos.
Troosteloos van oor die hele węreld kom die klank- ons is bankrot en
senteloos.
Oral is die ekonomie swak en die mensdom is raadop, breekbaar en baie voos.
Deur rente op rente is ons bankrot en raak ons nou huis- en haweloos.
Onstabiel raak ook die gesinstrukture nou swak en baie broos.
In ons wanhoop raak ons finansieel waaghalsig en ook baie roekeloos.
Maar Satan lag en spot en draai sy rug op Afrika se honger kroos.
Asië roep hy toe; ook vir jul stuur ek die hongerloon en dit is heeltemal
kosteloos.
Menig banke vou ek toe en bankrot skryf ek op elke doos.
Vanuit Israel raak die węreldmoondhede
vir die Arabiere oor die olie nou baie boos.
In die vredesonderhandelinge is daar min oor wat die opstekers nog kan
troos.
Die węreld-ekonomie raak in die eerste skynsel van `n węreldoorlog
alhoemeer net troosteloos.
Ja, Satan spot en lag en Mammon hou vir die węreld uit `n pikswart verrotte
roos.
Openbaring 530
Nood sal ons die Waarheid leer.
Donderdag 25 Desember 2008 12:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Orals brand daar liggies en almal beweeg vrolik in die kersfeesgees.
In die tekens van die tye is daar reeds vele
wat die eindtydoordele raak kan lees.
Maar in `n tydperk van naderende rou roep die węreld: "Ons vier fees"!
Vanaf kersfees tot en met nuwejaar wil vriende en familie bymekaar nou wees.
In hierdie feestydperk dink baie daaraan dit is dalk die laaste keer.
Desperaat probeer hul om geliefdes van hul opregte liefde te leer.
In hul pogings lę hul uit gewoonte geskenke onder boompies neer.
Op hul beurt ontvang hul in pakkies geskenkgawes van hul geliefdes weer.
So probeer almal mekaar nou deur hul geskenkpakkies leer.
Dit is liefde en nogmaals liefde wat ons van mekaar begeer.
Dit is kersfees! dit is kersfees! roep almal hulself nou hees.
Staan nou nader! staan nou nader!
sodat ons in węreldse liefde nou bymekaar kan wees.
In die tekens van die tye is daar groot onheil wat ons raak begin te lees.
Miskien is dit die laaste keer wat ons saam bymekaar kan wees.
Hul oortuig mekaar dit is die dag, ja, die geboortedag van die liewe
Heer.
Hul hoop op hierdie Mammonsdag sal God sy gesig in blydskap
na hul liggies en hul versierde bome keer.
In hierdie euforie is dit die Waarheid
wat hul tot hul verlossing van hul wegkeer.
Hul sing vir hulself liedjies van `n heilige babatjie sag en teer.
Deur heidense konserte probeer hul om hul kinders van die liefde van God te
leer.
In die feestyd maak hul die Heilige Gees se hart so baie seer.
In hul kersfeesgees gaan niemand hul oortuig om anders
as hul heidensfees te wees.
Maar in die tekens van die tye gaan die węreld binnekort die harde feite
lees.
In nood en lyding gaan die mense bid om as families nou saam te kan wees.
Droë korsies as die enigste voedsel
sal die liefdesgeskenkies nou in ware opregtheid wees.
In eenvoud sal families uit die Woord van God vir mekaar nou lees.
As `n pasgebore kind sal Ek in die harte van die opregtes wees.
Nie in kersfees nie, maar in die ergste tye denkbaar sal Ek in jul midde
wees.
![]() |