e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  


Openbaring 51

Is Elia dan belangriker?

16 Julie 2007 09:00

http://www.openbaringe.co.za/

 

Judith de Beer

Omdat jy self, asook andere wat jou gereeld hieroor pols, meer wil weet

oor die verskyning van Elia in hierdie eindtye, sal Ek ʼn bietjie meer lig oor

hierdie onderwerp gooi. Siende dat sommiges onder julle meer opgewonde

is oor die verskyning van hierdie profeet, as My wederkoms self, sê Ek die
volgende:


Hoeveel maal moet ek nog die belangrikheid van die Goddelike ordes wat

in alles en almal is, beklemtoon? Soos wat die liggaam in al sy dele

noodsaaklik is vir die voortbestaan van ʼn volgende liggaamsdeel, om ten

slotte as een lewende liggaam te kan funksioneer, net so is My hele skepping,
in al sy onderdele van mekaar afhanklik.

 

Huidiglik is elkeen van julle hier op aarde teenwoordig, om sy stukkie "legkaart",
in My groot ewigheidsplan te kan vind; om hierna sy regte plek in te neem en so werksaam in sy of haar orde te kan raak.

Om terug te keer na een van My aartsengele, wat onder die naam Elia, as ʼn

beliggaamde mens, ʼn spesifieke taak vir ʼn sekere tydvak kom verrig het,

sê Ek: Ja, hy sal in samewerking met meeste van die Ou Testamentiese sieners
en profete, as ondersteuning behulpsaam wees by die moderne "martelare" van hierdie grootste onderdrukkings- en verdrukkingstydperk.

 

Daarom sê Ek aan die wat ʼn vermoede in hulleself huisves, dat hulle as die een
of ander groot gees vir my werksaam in hierdie tye gaan wees: Raak eers kleiner
as die nederigste kind, sodat julle vir My bruikbaar kan raak.

 


Openbaring 52

'n Versteurde ou orde.

17 Julie 6:00

http://www.openbaringe.co.za/

 

Judith de Beer

Daar is ʼn gesegde wat lui, dat alle riviere na die see loop. En net so doen al die giftige afval en die groot reservoir van die aarde is besig om in ʼn afval- stortingsterrein te verander. Die oeroue ondergrondse bronne word ook nie gespaar nie en om rekordoeste te verseker, word daar van massas gifstowwe gebruik gemaak, om die verskillende gewasse teen peste te beskerm. Hierdie gifstowwe dreineer weer deur besproeiing en reën terug in die onderaardse waters in.

 

ʼn Suiwer kabbelende stroompie het ʼn rariteit geword, en dit omdat die mens ʼn onversadigbare vraatsug na rykdom het, wat sy uiting grootliks in mynbou het.
Hierdie myne raak onverskillig ontslae van afval, deur dit in riviere in te pomp.

 

Nog minder word die lugruim deur mynbou-afval gespaar, wat op sy beurt

die natuurlike suiweringsproses, deur middel van distillasie onbruikbaar maak,
omdat ʼn besoedelde atmosfeer die skoon waterdamp absorbeer en giftige reënbuie stort op die aarde neer.

 

Die gevolge van kernafval in die water het so ʼn geweldige nadelige omvang, dat dit onmoontlik is vir julle om te begryp en daarom laat Ek dit vir eers daar. Ook die
poolys, wat deur My wysheid as suiwer water- reservoir, vir die aarde gespaar is,
smelt teen ʼn geweldige tempo, omdat aardverwarming by die dag toeneem.
Weereens as gevolg van die versteurde natuurlike verkoelingsorde, wat deur die waters van die aarde, tot nou toe in stand gehou was. Weereens bewys dit, wanneer daar iets in My ordes versteur raak, dit ʼn onherstelbare kettingreaksie tot gevolg het.

Om hiermee af te sluit, nooi Ek nou graag al die baie wyses van die aarde, met hulle briljante wetenskaplikes nader, wat tog so graag met eselore na die slim influisteringe van Satan luister. Ja, Ek nooi hulle nader om hierdie enorme onoorkomelike probleem te kom oplos en Ek vra julle, hoeveel maal gaan julle nog die vrot rioolwater, met die mees giftige chemikaliese stowwe suiwer, om dit weer aan die stomme mensdom te gee om te drink.

Daarom is dit vir My slegs moontlik om deur ʼn totale verwoesting, 'n versteurde ou orde weer nuut te maak.

 

 

Openbaring 53

Bereken die Honderd-Vier-en-Veertig-Duisend.

18 Julie 2007 16:00

http://www.openbaringe.co.za/

 

Judith de Beer

Daar is miljoene mense op hierdie aarde wat dink dat die eindtyd profesieë

slegs leë fabels is wat gebruik word om die mensdom die skrik op die lyf

mee te jaag en dat dit nie werklik gaan plaasvind nie. Ek verseker julle egter, dat so seker as wat julle op hierdie aarde gebore is, so seker gaan julle ook sterf.

 

Net so seker was daar ʼn begin van hierdie verlossingsperiode en so gaan dit ook tot
ʼn einde kom. Soos wat die eerste aartsvaders die geboorte van hierdie
verlossingstyd waargeneem het, so gaan julle geslag dit sien sterf.

 

Met die aanhoor van hierdie vermaninge, stop nege-en-negentig uit ʼn honderd
mense hulleself die ore toe, uit die een persent wat bereid is om met ʼn halwe oor hierna te luister, gaan daar slegs weer een uit ʼn honderd van hulle gered word.
ʼn Slim wiskundige sal nou begin saamstem dat ons al nader aan die getal van Honderd-Vier-en-Veertig-Duisend uit ʼn wêreldbevolking van biljoene kom.

 

Vanuit hierdie oorbevolkte aarde kom daar daagliks slegs ʼn paar halfhartige gebede en daarmee moet Ek tevrede wees, terwyl daar elke dag, honderdduisende grumoorde, selfmoorde, aborsies, verkragtings, verminkings, diefstal en roof plaasvind, ja, daar is te veel om op te noem. Die regerings se bydrae om hierdie misdaad hok te slaan, is om met omkopery en korrupsie vinnig ʼn paar Rand daaruit
te maak, en dit deur middel van ʼn walglike regstelsel.

 

Wat die Christendom met hulle kerke en leraars betref, word hierdie sondes, paaiend onder die mat gevee met die volgende gewilde en gerusstellende woorde; "God het
vir al julle sondes en gruwels op die kruis gesterf", en hiermee word sonder enige verdere woorde, die groen lig aan hulle gegee om maar voort te sondig, en My grootste Liefdesdaad ooit, word tot ʼn goedkoop gesegde gemaak, om elke gruwel te kan regverdig.

My liefdevolle vermaninge word laggend in die wind gegooi en my Liefde word spottend vertrap. Daarom is dit nie Ek nie, maar die wêreld homself wat hierdie laaste oordeel oor hom bring.

Die eerste skaal staan gereed om te val.

 


Openbaring 54

Wie is elke een van ons werklik?

19 Julie 2007 19:00

http://www.openbaringe.co.za/

 

Judith de Beer

Alles in my oneindigheid swyg in stille verwondering oor die lewende energie wat
deur ewige ruimtes in alle ewighede invloei en wat afkomstig is uit die blydskap van my Vaderhart, oor die geboorte van ʼn hemelse kind

op hierdie klein aarde.

 

Eens op ʼn tyd in die hemele, ten aanskoue van oneindige hemelskares,

is daar vergadering gehou en daar was sekere uitverkore geeste teenwoordig wat
met My ʼn kontrak aangegaan het. Hierdie engele het onderneem, om net soos wat
Ek as mens oor die aarde gegaan het, dieselfde te doen. Nie een het homself ontsien nie en het ʼn moeilike menslike kruis wat baie versoekings insluit, vir hulself gekies.

 

Hierdie hemelwesens het al hul Godgegewe mag asook hul selfkennis

vrywillig neergelê en is as swak onbeholpe mensekinders op hierdie aarde

gebore en ʼn baie moeilike weg het hulle oor hierdie aarde gegaan en niks is hulle gespaar nie. Die wêreld het met lis gelok en wesens van groot naam het hard geval, maar telkemaal het Ek hulle self met die hand opgehelp.

 

Die tyd het nou ryp geword en daar is onder hulle sommiges wat iets begin

vermoed, wat die oeroue liefde vir My onwillekeurig laat ontvlam en met vurigheid getrou aan hul aard, wil hulle weer lojaal werksaam in hul ordes raak vir My en uit engele kom daar vir My nou liefdevolle kinders uit hierdie wêreld voort en sal vir My
in slegte tye, getroue Israeliete in ontsaglike gevare help bewaar.

 

En so word daar uit hierdie eerstelinge vir My ʼn priesterkind gebaar en my

Melgisédek koningskind, sal vir ewig saam met My oor My hele skepping waak.



Openbaring 55
Om terug te keer na ons Vader.

21 Julie 2007 10:00

http://www.openbaringe.co.za/ 

 

Judith de Beer

"Aan my het U nooit enige slagding gegee, sodat ek saam met my vriende kon
feesvier en vrolik wees nie". So het die seergemaakte verwyt van die oudste seun
aan sy vader in die gelykenis van die verlore seun geklink.

 

Met hierdie tikkie jaloesie aanskou my getroue diensknegte die vreugdevolle
tuiskoms en ontvangs, waarmee Ek die eens gevallene mee terug verwelkom.
Onder die rebellie van Lucifer, het ʼn derde van die hemelse skares teen My
gerebelleer, terwyl die res getrou en werksaam in hulle ordes onder My heerskappy gebly het.

 

By hierdie dienare het ook die groot begeerte ontstaan om as geliefde kinders aan
My Vaderbors getroetel te word. Sodat ook hulle hierdie hoogste saligheid kan ontvang, staan Ek hierdie versoek aan hulle toe, om ook die aardse versoekingspad
in die vlees te kom bewandel. Om sodoende ook die verlossende genade van My kruisdood te kan ontvang en daardeur nie meer as dienende geeste nie, maar as dierbare kinders, vreugdevol dig teen My Vaderbors ontvang te kan word.

 

Weet daarom dat dit die hoogste saligheid is, om ʼn kind van My, die hemelse Vader, genoem te kan word.



Openbaring 56

Ons ondergang.

22 Julie 2007 06:00

http://www.openbaringe.co.za/ 

 

Judith de Beer

Twis, tweedrag en jaloesie, was nog altyd die mees pertinente eienskappe van julle baie kwesbare klein volkie en die daarmee gepaardgaande hoogmoed was die spykers op julle volk se doodskis. Neem nou al die bogenoemde eienskappe, voeg nou die manlike ego daarby, verbind nou hierdie eindresultaat in die eg, met een van sy vroulike soortgenote, van wie die ydelheidsvlag baie hoog wapper en siedaar met
ʼn verwronge opvoedingsmetode word telgies vanuit die onderste hel gebore.

 

Omdat My Gees altyd nog by hierdie wêreldse ouerpare ontbreek het, word daar 'n valse godsbegrip by hulle opvoedingsmetodes ingekweek, waar die "godheid" as ʼn verbruikers artikel voorgestel word, om na willekeur in die mens se emosionele behoeftes te voorsien. Ongelukkig word die "leiers van more", altyd uit hierdie sogenaamde hoër samelewingsvlak gekies en vanuit helgesante kom daar wette en besluite voort, wat die res van die bevolking, altyd baie sleg beïnvloed wat ook die oorsaak van julle huidige baie kritieke dilemma is.

 

Hieraan is die oorgroot meerderheid van julle Boerevolk, self skuldig.

Vanuit julle eie hoogmoed stel julle vir julself dom en onbevoegde leiers aan en by
nou weet julle, wat die eindresultaat hiervan is. Weet daarom dat Ek self die outoriteit gaan neem, om die toekomende leiers onder julle te salf. Hulle sal My nederiges van hart wees.

 


Openbaring 57

Goddelike vreugde en droefnis.

22 Julie 20:00

http://www.openbaringe.co.za/ 

 

Judith de Beer

Omdat elke mens ʼn onbeperkte wese met karaktertrekke uniek aan hom of haarself
is, sal elkeen hierdie boodskappe wat deur jou ontvang word, volgens sy eie persoonlikheid interpreteer. Daar is nie twee onder julle wat liggaamlik, sowel as geestelik, identies is nie. Die rede hiervoor is dat julle die Goddelike eienskap van indiwidualisme, binne julleself huisves.

 

In My oneindige skeppingsruimtes is daar ondenkbaar baie dooie, sowel as

lewende, planete en geestelike gebiede, waar gees en materie, gekombineerd of afsonderlik van mekaar ontwikkel. Vanaf die kleinste atoom of organisme, dwarsdeur die plante en diereryk tot en met die heel grootste planetêre son, opereer alles binne hulle vasgestelde ordes.

 

Die mens gebore op hierdie aarde, het egter die voorreg om met ʼn vrye wil,

binne sy of haar indiwiduele orde te kan beweeg en self te ontwikkel. Hierdie ontwikkeling word egter baie fyn vanuit die geestelike wêrelde gemonitor en die eindresultaat is bepalend vir die mens se ewigheidsbestaan.

 

Ek is ʼn enige God en daar is niemand soos Ek nie, daarom het elkeen wat

na My beeld op hierdie aarde as ʼn potensiële Goddelike kind gebore is,

hierdie eienskap van My binne homself en daar was, is of sal nooit weer een soortgelyk en uniek soos elkeen van julle wees nie.

 

Verstaan daarom My onuitspreeklike vreugde oor die lewensoorwinning,

wat een van julle met die hulp van My genade bereik het, om sodoende as

ʼn Goddelike kind deel te kan wees van My ewige Goddelike huishouding.

Weet ook daarom die onuitspreeklike droefnis van ʼn Vaderhart wanneer een van
Sy onvervangbare Godgeskape kinders vir ewig verlore gaan.


Openbaring 58
My Gideonsbende
.

24 Julie 2007 06:00

http://www.openbaringe.co.za/ 

 

Judith de Beer

Met lis het Satan oor ʼn kort periode van minder as twintig jaar, julle van alles, wat julle uit My hand ontvang het, beroof. Ja, dit sluit nie net julle land en rykdomme in nie, maar ook julle geloof, standvastigheid en integriteit, het in die slag gebly.

 

Waar die duiwel sy hande nou ingenome staan en saam vryf en hom gereedmaak vir
ʼn enorme industriële inval in die Suidpunt van Afrika, vir die oes van julle ryk minerale bronne, daar slyp hy ook sy tande- vir die misbruik van die oorblyfsels van My suiwer klein ras.

 

Ja, hy is terdeë bewus van die vermoëns, vindingrykheid en talente waarmee Ek My kinders met oormaat toegerus het. Ja, hy begeer die oppermag oor julle, om as die "poppemeester", die stringe te kan trek, sodat My uitverkorenes na sy pype kan dans en selfverloënend dit wat Ek as erfdeel aan hulle gegee het, vir ’n hongerloon, voor sy voete te gaan neerlê.


Ook wil hy julle goeie gene deur middel van verbastering vir homself roof,

wat verseker die uitwissing van julle klein volkie sal beteken, indien Ek self, nie sal ingryp en julle red nie. Ja, die skrif is aan die muur en die meerderheid onder julle is geweeg en te lig bevind.

 

Maar ʼn oorblyfsel het Ek bewaar en net soos die paar manne wat by die drinkplek van Harod, met die waaksaamheid van 'n goed geteelde, opgeleide hond, sy dors geles het, net so sal ʼn verrotte wêreld, weereens My Almag aanskou en dit deur middel van
ʼn klein, maar Godgekose Gideonsbende. Waak en bid, want die tyd het naby gekom.


Openbaring 59

Die rede waarom alle rasse verskil.

25 Julie 2007 07:00

http://www.openbaringe.co.za/ 

 

Judith de Beer

Ongeag wat die godsdiens of die gelowe van die wêreld is, Ek bly die

versorgende Skepper van alles en almal en My son skyn oor alle lewe,

hetsy dit goed of kwaad is.

 

In My Almag weet Ek om watter rede Ek grense daar gestel het. Ek weet ook hoekom daar verskillende volke, nasies en rasse is en ek weet presies hoekom daar verskille
in die voorkoms van die nasies is en ook hoekom daar verskillende tale en kulture is. Ek weet op watter geestelike vlak ʼn ieder en ʼn elk, voor sy beliggaming op aarde was, en waarom dit die rede is dat hy saam met sy gelyksoortiges op hierdie aarde geplaas is, om sodoende die maksimum geestelike ontwikkeling in sy leeftyd te kan bereik.

 

Om My ordes te kom versteur, poog Satan daarin, om deur middel van sy

eenwêreldorde, ook ʼn eenwêreldgeloof daar te stel. Dit probeer hy bewerkstellig deur alle gelowe in een mandjie te gooi, dit goed te skud en ʼn enkele geloof daaruit te haal, wat almal pas. Aan elke mens is daar ʼn vrye wil geskenk, waarmee hy na sy goeddunke, binne sy raamwerk en geloof kan aanbid.

 

Die boodskap uit die hedendaagse Bybel wat verkondig dat die Christengeloof in alle volkere, nasie en rasse se kele afgedruk moet word, stem nie met bogenoemde
ooreen nie. Die nuwe leer vanuit die hemele het betrekking slegs op Israel met sy verlore skape wat hulle wêreldwyd bevind. Slegs die wat hierdie leer kan bevat en dit opreg met liefde sy eie kan maak, behoort aan hierdie kudde.

 

Hiermee verhef Ek nie die een bevolkingsgroep bo die ander nie, maar maak hulle slegs attent daarop, dat verskillende mense op verskillende geestelike vlakke staan
en daarom behandel Ek elke wese met die nodige deernis, met die stand van hulle geestelike ontwikkeling.

 

Daarom praat Ek nou met die onder julle wie se gees reeds in so ʼn mate ontwaak het en presies verstaan wat Ek hier sê. Julle, My kinders, moet net soos Daniël van ouds, sterk in die geloof staan en die knieë voor geen ander god behalwe Myself buig nie.
Ek self sal julle bewaar en geen enkele haar sal van julle hoof verlore gaan nie.


Openbaring 60
Wie was die barmhartige Samaritaan eintlik?

26 Julie 06:00

http://www.openbaringe.co.za/ 

 

Judith de Beer

Met die maat waarmee julle meet, sal daar vir julle gemeet word en dit is vandag se boodskap vir die meer liberales onder julle, wat met ʼn hooghartige hart, op julle
minder bevoorregte volksgenote neersien en dit terwyl julle die bene breek om die verdrukkers van hierdie armsaliges te behaag.

 

Die eerste en groot gebod wat Ek aan Moses gegee het, wat as wet en riglyn vir
Israel moes dien, was om God met die hele wese lief te hê en die naaste soos jouself
te bemin. Gewoonlik is dit op hierdie punt wat Satan se handlangers vinnig nader staan, om te bewys, dat almal mekaar se naastes is.

 

Die gelykenis van die barmhartige Samaritaan word vinnig nader gesleep. Ironies genoeg sal dit bykans altyd die moderne Leviet of skrifgeleerde wees wat homself weinig aan enige naasteliefde of diens steur en dit is aan hulle wat Ek vandag die verborgenheid van hierdie gelykenis wil onthul.

 

Die beseerde man langs die pad, was ʼn Samaritaan homself en so was ook die barmhartige een wat hom te hulp gesnel het -en net vir die "rekord"; die Samaritane was eens deel van Israel. Hierdie groep is uit die samelewing en tempel verwerp en
dit omdat hulle op eie houtjie na God en Sy waarheid gaan soek het. Al die rolspelers in hierdie gelykenis was dus van dieselfde nasie.

 

Gaan dink nou noukeurig oor hierdie gelykenis na en weet waarom

Ek die oorgrote deel van die sogenaamde Christendom uit My mond

gaan spuug, na ʼn plek wat Ek spesiaal vir hulle voorberei het en waar

daar op die harde manier geleer gaan word, om die enige God van Israel gehoorsaam te wees.

 

Aan die wat aan My behoort sê Ek, indien daar ʼn gewonde na liggaam of gees op
julle pad kom, versorg hom, ongeag wie of wat hy is, omdat Ek hom self oor julle lewenspad gebring het.