
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 511
Steeds sien die mens nog niks.
Vrydag 5 Desember 2008 13:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Om die verseëlde boek se sewe seëls te breek
is dit die Lam wat nou nader staan.
Sewe kandelare kom eerbiedig voor hul Skepper staan.
Sewe engele kom tot reiniging nou wydsbeen oor hul domeine staan.
Dit is die gebede van die heiliges
wat soos reukwerk na God se troon opgaan.
Lank genoeg is die mensdom oor en oor nutteloos vermaan.
Sewe basuine gaan die oordeelsweg tot ondergang oopbaan.
Sewe donderslae, weerlig en groot aardbewing
gaan daar oor die aarde gaan.
Deur hael en vuur gaan `n derde van die groen natuur vergaan.
Nog steeds kan die wêreldling hierdie dinge nie verstaan.
So sal `n engel van die dood oor die sewe oseane gaan.
`n Derde van alle lewe en ook die skeepvaart sal vergaan.
Nog steeds laat die mens hom deur niks of niemand
oor die komende oordeel vermaan.
Is dit vuilis wat soos `n fakkel brand,
gaan dit oor die groot riviere van die aarde gaan?
Die son, maan en sterre sal in `n reguit lyn van sewe kom staan.
Met `n duisternis gaan hul die mens wanhopig kom vermaan.
Maar die mens sal glo alles is in sinsbedrog
net die een of ander illusiewaan.
Stadig maar seker verdroog die vloei vanuit die genadekraan.
Verdrietig val daar oor `n engelwang die heel laaste traan.
In genade het die goddelike getal van sewe
nog altyd oor die mens gestaan.
Maar in sewe gaan die oordeel nou oor die hele wêreld gaan.
Openbaring 512
Politiek gaan sy tol begin eis.
Vrydag 5 Desember 2008 19:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In staatsie staan daar in oneer in die nabye toekoms
`n baie belangrike persoon se kis.
Oor die afsterwe van `n grote politikus,
hang daar `n geheimsinnige raaisel in `n brutale deinserige mis.
Wat die werklike oorsaak van die skielike dood is,
daaroor kan die stamme en volkere maar net gis.
Iemand word gevang in `n baie fyn beplande lis.
In die politieke waters swem `n gevaarlike vreemde vis.
Vinnig hierna volg nog en nog `n lyk in `n kis.
Openbaring 513
Die Boervolk se geskiedenis en hul taal.
Sondag 7 Desember 2008 08:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Op `n tyd het Abraham met sy vrou Sarah na Egipte vertrek.
Angstig het die Farao hom met sy eie dogter as geskenk laat weg trek.
Vir sewe jaar en nog sewe jaar het Jakob vir Lea en Ragel gewerk.
Daar het `n tyd gekom dat hy van sy skoonpa Laban
se grond moes vertrek.
Na `n worsteling met God is hy met die naam van Israel
tot seën vir die volkere gemerk.
Die tyd het gekom dat Jakob met sy huishouding
na die landstreek van Gosen moes vertrek.
Vir jare en nogmaals jare het Israel as slawe en vreemdelinge
vir ander gewerk.
Maar vanuit hierdie verdrukking het God
hul na die beloofde land toe laat vertrek.
Maar in hul sondige aard had hulle aan die Waarheid `n groot gebrek.
Tot reiniging moes hulle vir veertig jaar in die woestyn rondtrek.
Na baie eeue en vele geslagte moes tien van die twaalf stamme
uit die beloofde land wegtrek.
As wilde nomades het hul roetes oor die hele Europa gestrek.
Hierdie lande het hul met hul erfenis van seën
tot fyn beskawings opgewerk.
Om net weer na duisend jare onder die hand van hul verdrukkers
as Protestante weg te trek.
So het van hul kinders oor die roetes van die see
na die onderpunt van Afrika getrek.
Hul het die land anderkant die riviere van Kus
met goddelike seën en voorspoed kom bewerk.
Hulle verskillende tale was in een houer gegooi
een taal was weer vir God se kinders daaruit getrek.
Oor die nuwe aarde sal hierdie taal wees die toekoms se nuwe gesprek.
In haat en nyd het Esau die eersgebore seën oor Jakob weer opgemerk.
In vervolging en verdrukking het Engeland gekom om die Boervolk se seën
met geweld na hom toe te trek.
Met min besittings maar hope seën het hierdie volkie
`n wilde nuwe woesteny weer betrek.
Seën op seën het gereën oor hul en hul nuwe plek
en raai, nog `n keer raak die duiwel toe heeltemal beserk
en besluit die tyd het weer gekom vir die uitverkorenes
om vir hom soos slawe te werk.
Maar daarmee saam het die tyd gekom
en God het sy kinders se trane opgemerk.
Binnekort sal baie van hul na tydelike veilige vestings
in hul eie landstreek vertrek.
Van oor die hele wêreld sal hul heilige broers
na hul vir veiligheid toe trek.
In hierdie tyd sal as teken die rook opgaan van elke valse sataniese kerk.
Soos die Israeliete van ouds sal elkeen val,
wat staan onder Baäl se leuenagtige merk.
Terwyl die hoer van Babilon se rook oor die hele wêreld sal trek.
Sal in `n wolkkolom die huis van Israel hul genade en Seën weer opmerk.
Vir oulaas maar ewig sal die heilige volk ophou om te trek.
Ja, My heilige volk sal vir ewig by My in My nuwe Jerusalem intrek.
Openbaring 514
Die manier om kinders op te voed.
Maandag 8 Desember 2008 09:15
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Met `n ryk verbeelding moet kinders op die wolke kan sweef.
Speel-speel moet `n kind homself kreatief uit kan leef.
Om `n volmaakte kind van God te wees,
moet hul ouers hul leer om deurentyd na te streef.
Goddelike integriteit moet mens vroeg-vroeg in die kind se karakter inweef.
Na standvastige eerlikheid moet elke jonge kind na streef.
Aan die Woord van God moet elke jongeling homself met liefde kleef.
Voor die standvastige ouerlike gesag
moet elke liewe kind met die nodige respek kan beef.
Om sy weg in vryheid na God te vind
moet die kind weet dit is waarvoor hy op die aarde leef.
Ja, met `n ryk gesonde verbeelding moet kinders op die wolke kan sweef.
Speel-speel moet `n kind homself kreatief
as `n volwaardige kind van God op hierdie aarde uit kan leef.
Openbaring 515
Opregte nederigheid is mees waardig.
Dinsdag 9 Desember 2008 10:00
( Sien Openb. 36)
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In die groeipyne van die eindtyd geeste.
Sukkel hulle met die stand van hul ordes die heel meeste.
Hul poog na die goddelike eienskap wat is die mees merkwaardigste.
Hul wis nie dat dit die een is wat is die mees verdraagsaamste.
In hul soeke na die mees opwindende goddelike uiterstes,
vind hulle in valse lig dikwels die mees kwaadaardigste.
Hul soeke swerf nou oor die hele wêreld op soek na die heel magtigste.
Hul vind in die skynbare magtigheid dikwels die heel boosaardigste.
Op moedverlore se vlakte bevind hul hulself
in die nederigheid van die heel kleinste.
Hulle vind dat in die toppunt van goddelikheid,
skuil in die opregte nederigheid altyd die mees waardigste.
Openbaring 516
Die tweespalt en die bitter blaam.
Woensdag 10 Desember 2008 00:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die tyd het gekom vir die volk van gelofte om nader aan mekaar te staan.
Die tyd het gekom om van hul weg te werp die tweespalt en die bitter blaam.
Ja, die tyd het gekom vir die edelbloed om weer sy man te kan staan.
Vanuit die gruwelmodder sal `n handjievol mense
weer tot My uitverkore volk opstaan.
Nimmereindigend het Ek gepraat, ook geraas
en telkemale het Ek kom vermaan.
Die tyd het gekom en met `n Gideonsbende
sal Ek die sonde ewig kom verslaan.
In oordeel op oordeel sal die hele wêreld
My wel die een of ander tyd moet verstaan.
Verwilderd in elke windrigting draai op `n stukkende as,
elke Baältoring die mensgemaakte weerhaan.
Harig soos `n goïngrige sak
raak toe werklik die vol sowel as die sekelmaan.
Hoe lank hink julle op twee gedagtes, sal Elia weer die volk kom vermaan.
Is dit agter Baäl of die God van hemel en aarde wat jul gaan staan.
Een vir God teen vierhonderd en vyftig
sal die gemeentelede vir die Satan kom staan.
Wyd is die verdoemenisweg wat na Satan en die hel heen gaan.
In Hades gaan ewig val menig tevergeefse berouvolle traan.
Nou is die poort en so smal is die weg van die lieflike hemel laan.
Aan die einde daarvan so pragtig die glans van die Verlosser
wat verwelkomend daar staan.
Sy Majesteit en Goddelike krag wat strek oor die hele hemelspaan.
Oneindig die hemelskares wat jubelend voor hul God nou staan.
Hosanna, hosanna vir elkeen wat as oorwinnaar na Hom stap
oor die goue hemelbaan.
Engele wat in verrukking stort `n vreugdevolle traan.
Die tyd het gekom vir die volk van gelofte
om nader aan mekaar te kom staan.
Ja, die tyd is hier om van hul weg te werp die tweespalt en die bitter
blaam.
Openbaring 517
Twis, tweedrag, beterweterigheid en bitter blaam.
Donderdag 11 Desember 2008 09:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Jy worstel met `n vraagstuk oor die bitter
blaam.
Jy wil weet of almal as `n eenheid nou saam moet staan.
Maar Ek antwoord jou: Vir die wêreld en sy kind is alles na die maan.
`n Oordeel het hul vir hulself geskep en dit is waaronder hulle nou gaan
staan.
Te laat het Judas besef
as `n verraaier staan hy heeltemal alleen onder sy eie blaam.
So soog `n monster- wêreldmoondheid die kind wat het sy vir haarself
gekraam.
Maar onder die heiliges moet hul verwyder die heel laaste bitter blaam.
Sodat hulle as die eersgeborenes kragtig saam kan staan.
Nie onder `n wet nie maar deur die liefde moet hul,
in hul goddelike bloedlyn as broers bymekaar kan staan.
Jul moet ophou om mekaar die hele tyd beterweterig te wil vermaan.
In twis en tweedrag het My apostels mekaar met harde woorde geslaan.
Stil het Ek met die nederige waskom van diensbaarheid
tussen hulle as voorbeeld gaan staan.
In jul geskiedenis was tot jul voortbestaan, in `n veldslag,
die vyand deur `n handvol mense verslaan.
Aan jul kant het Ek as jul God die hele tyd gestaan.
Hierdie kleine kudde van My het in liefde vir mekaar soos een man saam
gestaan.
Daarom is dit wat Ek julle in hierdie krisistyd dringend kom vermaan.
Indien jul in jul volksvadere se gelofte voor My heilige troon wil kom
staan.
Moet jul in eensgesinde liefde soos `n enkel man voor My aangesig kom staan.
In hierdie verstandhouding gaan Ek en julle mekaar baie beter verstaan.
Openbaring 518
Visioen van 'n enorme storm
Vrydag 12 Desember 2008
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Ek het op drie verskillende geleenthede `n gesig gehad van `n enorme storm,
wat ooreengestem het met `n verwoestende sikloon of orkaan.
Die landstreke het ooreengestem met die van Afrika, onderkant die ewenaar
en dit het baie gelyk soos Mosambiek en van sy buurlande.
Openbaring 519
Sion, sing jou langverwagte nuwe lied.
Vrydag 12 Desember 2008 14:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vanuit Sion ontspring daar `n oorwinnings jubel lied.
Ons Koning kom en Sy wil gaan nou oor die oneindigheid geskied.
Sy verlossing kom Hy aan elkeen van sy kinders bied.
Kom sing O Sion jou lang verwagte nuwe minnelied.
In `n ontploffing van kleurespel gaan daar sterre verskiet.
Die tempel ook die altaar word nou uitgemeet met `n riet.
Na `n kort tydperk verdwyn alles wat onrein is ewig in die niet.
Vanuit die edel koring korrels word verwyder al die onsuiwer miet.
Honderd-vier-en-veertigduisend sing voor die troon hul nuwe lied.
Hul hart en siel hul hele wese is wat hul aan hul God nou bied.
Daar is geen Satan wat hul ooit weer kan verbied.
Om hul vryheids liefdeslied, oor alle ewighede en heelalle te laat geskied.
Ewig, ewig, is die ewige afgrond tog so diep.
Droewig klink van hier die gevallenes se verlore lied.
Verskriklik het die oordeel ewig oor hul geskied.
Die weg na saligheid word hul hier vir ewig verbied.
Maar vanuit Sion ontspring daar `n oorwinnings jubel lied.
Ons Koning kom en Sy wil gaan nou oor die nuwe aarde geskied.
Kom sing O Sion sing jou langverwagte nuwe lied.
Vertel aan die hele oneindigheid wat het God om hul te bied.
Openbaring 520
Elke arbeider het sy taak.
Saterdag 13 Desember 2008 09:45
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Deur hul vrye wil laat profete hulself vir die goeie saak
uitverhuur.
As beloning ontvang hul My liefde wat Ek in oormaat na hulle stuur.
Boodskappe van oordeel maar ook van hoop bring hul as genesingskuur.
Hul is nie gestuur om dood te kom slaan elke klein opstandige vuur.
Maar hul het gekom om aan te blaas die oordeel van die reinigingsvuur.
Hul is gestuur om te kom breek die valse bindende tempelmuur.
Predikers het Ek in hierdie tye as leraars na die aarde gestuur.
Hulself het hul vrywillig as apostels aan My uitverhuur.
Om die stampe en stote terwille van die goeie saak
met blydskap te kom verduur.
Met die Blye Boodskap moet hul die duiwel se saak kom versuur.
Om die heilige kudde moet hul in veiligheid trek
die ondeurdringbare liefdesmuur.
So het Ek in hierdie tye ook organiseerders na die aarde gestuur.
Dienend sal hul as leiers kom arbei in hierdie krisistyd
tydens hul lewensduur.
So het Ek ook troosters en genesers tot heil vir die uitverkore kinders
in hierdie dae gestuur.
Waaksaam en hulpvaardig sal hul in die verte na elke horison toe tuur.
Vinnig sal hul die nodige hulp na elke uitverkorene van My toe stuur.
So word daar in My wingerd op verskillende tye
verskillende werkers gehuur.
Daar is party wat moet snoei en ander word met die mandjie
vir die oes uitgestuur.
Daar is die wat die dooie takke moet versamel vir die vuur.
Om die parskuip te trap word ander werkers weer voor gehuur.
Aan die einde van die dag word dieselfde loon vir almal uitgestuur.
Die profeet word verbied
om homself oor die loon van die laaste arbeider te versuur.
So moet elke arbeider nie in naywer met die ander werkers
in wrywing sy skouer kom skuur.
![]() |