
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 501
Net `n valse alias..
Dinsdag 25 November 2008 09:15
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In die vorm van `n ligengel staan verleidend die eindtyd-draak.
Oor die wêreld kom misleidend sy bose spraak.
Soetvloeiend spruit teen God sy bose wraak.
Alles wat heilig is word tot terrorisme afgekraak.
Teen alles wat suiwer is bring hy uit sy bitter braak.
Die suiwer Woord word nou tot niks afgekraak.
Valse verlosser, valse vredevors, valse messias.
Onder elke voortreflike valse naam, bly hy net `n valse alias.
Deur Mammon en met geld praat hy nou na elk se smaak.
Listig lispel hy; ek kom oor die wêreld se geld nou waak.
Groot wonderwerke gaan ek nou doen vir die finansiële saak.
Legioene van demone wat nou uit sy mond soos paddas kwaak.
Sy eindtyd troepe begin hy nou oor die wêreld bymekaar te maak.
As `n Babelse bende kom staan menigtes vir die Satan se saak.
Valse verlosser, valse vredevors, valse messias.
Onder elke voortreflike valse naam, bly hy net `n valse alias.
Met die merk van die dier laat hy God se kinders naak.
Spottend is daar geen hof wat gaan luister na hul saak.
Om hul te vernietig is die duiwel se eindtyd prioriteit saak.
Maar vas in hul geloof moet My kinders op My koms nou waak.
In alle ewigheid sal Ek nie een van hul ooit versaak.
Van voor die grondlegging is hul gekies om te kom staan
teen die bose se saak.
Valse verlosser, valse vredevors, valse messias.
Onder elke voortreflike valse naam, bly hy net `n valse alias.
Heilige engele het Ek gestuur om oor My kinders te waak.
Migael is hier om neer te werp die eindtyd draak.
Geen bose hand gaan in vernietiging aan `n verseëlde raak.
Vir ewig stuit Ek Satan in sy gruwel spraak.
So vinnig soos weerlig kom hy tot `n einde in sy bose wraak.
Die poel van vuur word vir `n gruwel wêreldorde
en sy antichris gereed gemaak.
Valse verlosser, valse vredevors, valse messias.
Onder elke valse voortreflike naam bly hy net `n valse alias.
Openbaring 502
Wees nie bang vir okkultverwante invloede nie .
Dinsdag 25 November 2008 20:55
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vraag: Wat is die invloed van hekse(ry) op die
'missiedraers’ van God en
die kinders van die Lig.
Antwoord: Selfs nie die Seun van die mens was gevrywaar of gespaar
van die verlokkings-influistering van die bose nie. En net soos wat dit
die geval is met enige mens wat op hierdie aarde gebore is
en wat met `n volkome vryheidswil toegerus is, waardeur hulle
willekeurige keuses kan maak en daarom blootgestel is aan goeie
sowel as kwade influisteringe of prikkels.
Net so geld dieselfde vryheidswet vir die van bo-gebore geeste
en ook die missiedraers.
Geen persoon wat die okkulte of enige vorm van heksery beoefen,
het egter die outoriteit of mag, om enige verseëlde of missiedraer
se lewe of omstandighede, op die een of ander manier te beïnvloed
of te benadeel nie.
Daarteenoor het veral die missiedraers die volle outoriteit om enige
negatiewe krag in My naam te bestraf en daardeur heeltemal onskadelik
vir alle aardse doeleindes te stel.
Waar die toets van versoeking oor die lewenspad van een van bogenoemdes
kom, moet hulle hulself in volle vertroue na My wend en ek sal hulle met
dieselfde krag, waarmee Ek die Satan in die woestyn teengestaan het toerus.
Openbaring 503
In die raaisel is die Waarheid.
Donderdag 27 November 2008 12:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In `n brokstuk van die ewigheid se oneindige tyd.
Is `n koerantberig se nuuswaardigheid kortstondig ewig verby.
Maar `n enkele Woord afkomstig van My
se tyd gaan ewig nooit verby.
Oor elke heilige Woord wat kom van MY.
Daaroor kan elke reine gees hul in saligheid oor verbly.
My Woord was, is en sal ewig in volle waarheid oor al My skeppings staan.
In die raaisel sal die Waarheid voor elke gees kom staan.
Wonderbaarlik in die gelykenis is dit net God se kinders
wat dit werklik kan verstaan.
Hierdie hemel en ook hierdie aarde sal op hul tyd verby moet gaan.
Maar ewig sal My Woord oor alle eons as die enigste wenner bly staan.
`n Bose woord was en is nog altyd net `n illusie waan.
In die poel van vuur gaan dit ewig in vergetelheid vergaan.
Openbaring 504
Rip van Winkel en God se kinders.
Donderdag 27 November 2008 16:45
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Menig mens het as kind die verhaal geken van `n sekere Rip van Winkel.
In sy geheue het daar plaasgevind die een of ander nare kinkel.
Eendag in `n veld vol vinkel
het iemand hom met iets baie snaaks besprinkel.
Vir menig jaar het van die toneel verdwyn hierdie ou skermunkel.
Na dekades het `n vreemdeling in dieselfde land verskyn
in sy hand had hy `n oeroue droë bossie vinkel.
Van deur tot deur het hy geloop na elke liewe drumpel.
Wie hy was kon niemand nie eers hyself na soveel jare uit bewimpel.
Desperaat wou hy weet;
bly ek sonder identiteit, huis en haard nou vir ewig simpel.
Dit was die heeltyd niemand anders as dieselfde ou Rip van Winkel.
Voor die einde van `n lang millennium
was daar baie kinders vir die uitverkore volk gebore.
Voor hul eerste kreet was hul deur omstandighede,
ja, deur hul ouers klaar verlore.
`n Behoorlike opvoeding in God se naam was hul ewig nooit beskore.
In die geheue van hul gees was hul kronieke nooit gestoor na behore.
Maar by die wêreldsisteem se verhoë
moes hul sonder keuse heelvoor sit in die gehore.
Hul goddelike geheue en identiteit
het hul verloor in die land van die Moore.
Binnekort tree hul nou na dekades, desperaat en moedeloos na vore.
Hul soek en vra; ons kom van die land van die Moore,
maar heeltemal anders as hulle
is ons as vreemdelinge in hul midde gebore.
So sonder ons kronieke en ons herkoms
voel ons nou ewig so verlate en ook verlore.
Openbaring 505
Die gewyde stilte in die hemel neergedaal.
Vrydagoggend 28 November 2008
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Terwyl die Satan spottend teenoor my kinders smaal.
Neerhalend vra, wanneer kom jul Verlosser jul nou haal.
Vir tweeduisend jaar wag die volkere vir Hom om uit die wolke neer te daal.
Tartend wil die duiwel weet; het jul God jul dalk nie gefaal.
Kyk die hele wêreld aanbid die goue 'Baäl'.
Vir elke wêreldkind voorsien hy elke dag van `n lekker sondemaal.
Terwyl die bose tog so lekker spot en smaal.
Trek die gruwels al hoe swaarder op die oordeelskaal.
Die boek van Openbaring is stadig besig om die wêreld fyn te maal.
Die perd van afgryse verskyn nou dikwels op die horison, grys en vaal.
Die dood sit in `n menslike geraamte grynsend in die saal.
Hy galop van die een land na die ander om baie vir die dood te haal.
Die spotter se spot gaan binnekort oor homself nou smaal.
Klaar het die gewyde stilte in die hemel neergedaal.
Binnekort val daar oor die wêreld `n gevaarlike grote oordeelskaal.
Openbaring 506
"Dit is die tyd van die insameling"
Sondag 30 November 2008
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Oor die heelal kom die klank van heilige engele wat roep
“dit is die tyd van die insameling”.
In `n boodskap van oordeel maar ook `n boodskap van hoop
kom die eindtyd tyding.
Maar tussen hierdie twee uiterste pole
lê daar so baie noodsaaklike wrywing.
Soos `n veldbrand hardloop hierdie boodskap oor die aarde
in elke moontlike verspreiding.
In menig familie bloedband kom daar nou verdrietige skeiding.
Edelheid kom tot volmaakte suiwerheid,
herhaaldelik deur die smeltkroes van reinigings lyding.
In die materiële lokstem lê vir die wêreldgesinde die ewige verleiding.
Maar vir die volgeling van die Waarheid en Lig
lê ewig die weg van bevryding.
In `n nuwe verbond lê die teken van die geestelike besnyding.
Ewig sal hierdies staan in Sy heilige Melgisedek priesterverordening.
Draers sal hul wees van die heilige ark van alle goddelike insettinge.
So bring oor die wêreld die langverwagte blye tyding.
Nie ver van nou maak God op `n gereinigde aarde Sy heilige verskyning.
Openbaring 507
’n Koningskap wat slegs die Vader toekom.
Maandag 1 Desember 2008 20:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In haat en nyd wil die mense die heeltyd oor die waarheid stry.
So min is die wat hul oor My nog opreg verbly.
In `n tyd wat die bose al wat leef en beef gaan onderkry.
Ja, in `n tyd wat die engele die heiliges bymekaar moet kry.
In hierdie tyd is dit wat broers in haat en twis die heeltyd met mekaar wil
stry.
Omdat elkeen homself, selfs in hierdie erge tyd heelbo aan die ranglys wil
kry.
`n Mensekoning wou die heilige volk met mag en mening vir hul self verkry.
Baie swaar het die uitverkore volk nog altyd onder hierdie juk gely.
Deur duisend geslagte het soveel hierdie koningspos vir hulself beny.
Deur hierdie selfde strewe het Lucifer homself ook tot die grootste val
gekry.
Maar in hierdie tyd is dit weer hy
wat om die koningskap ten koste van `n hele wêreld baklei.
Maar binnekort sal elke mond op hierdie aarde bely.
Die Koning van alle konings het gekom om Sy kinders ewig bymekaar te kry.
Openbaring 508
(sien ook Openb. 362 (a) Vrydag 20 Junie 2008)
'n Skouspel van die hemelliggame.
Maandag 1 Desember 2008 21:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die maan en sterre sal in `n reguit lyn kom staan.
So het Ek maande gelede in `n openbaring kom vermaan.
Eenkeer in `n miljoen jaar sal daar open `n dimensionele laan.
Oor die aarde sal engele met hul skale kom staan.
Duisende jare gelede is daar deur die heilige skrifte vermaan.
In die tyd van die einde sal daar oor die hemelspan.
In die sterre vir die mens baie wondertekens kom staan.
Daarom is dit in die vorm van `n skaalbak
wat die maan tussen twee stergewigte kom staan.
Kyk na die eenkant toe het gekantel die aarde se enigste maan.
In hierdie skouspel van hemelliggame se distansie waan.
Gaan menigtes in die toekoms stort `n baie bitter berouvolle traan.
Openbaring 509 Geskiedenis
en uitleg van die oergeeste.
Dinsdag 2 Desember 2008 15:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vraag: Wat is die verskil tussen `n van bo- geborene en
ander geeste
asook `n missiedraer en hoe ken `n mens die verskil.
Het almal nie skuld aan die oersonde gehad nie?
Antwoord: Van voor die grondlegging van die aarde het Ek jou
by die naam geken en dit geld vir elke lewende siel, wat beteken
dat voor die ontstaan van enige sonne sowel as planete
of enige ander hemelliggaam, was alle geeste reeds volledig in hul wese,
sowel as hulle getalle, deur My geskape.
Wat die sondeval met dit wat daaruit voortgespruit het betref,
kan dit onder twee groepe, gegroepeer word.
Eerstens was daar die sondeval van Lucifer die oorspronklike ligdraer
(die verdorwenheid van die gees deur die opstand)
waarby `n derde van die oergeeste betrokke by was.
Ten tweede was daar die sondeval van die Adam
(die verdorwenheid van die vlees deur die versoeking.)
en wat die sondeval was wat tot gevolg gehad het, dat alle mense
op hierdie aarde, in oersonde gebore en ontvang is. In My alomvattende
liefde en regverdige genade wat nog altyd daarop gemik was
en soos wat dit uiteengesit is in die gelykenis van die verlore seun
en waar daar voorsiening gemaak word, vir die vrywillige rehabilitasie
en terugkeer van enige gevallene of sondaar na hul Vaderhuis,
word daar ook aan die einde van hierdie gelykenisverhaal, melding gemaak
van die reaksie van die sondelose oudste seun, nadat hy die blye weersiens
en die hartlike ontvangs waargeneem het, wat daar plaasvind elke keer
met die terugkeer van `n gevalle sondaar.
Behalwe vir die versekering dat alles wat aan My behoort,
ook hulle volwaardige eiendom is, het Ek dit ook aan hierdie volmaakte
geeste
toegestaan, om ook in volle vryheid, die weg van die vlees oor die aarde
te kan gaan, om sodoende die toets te kan deurstaan, om nie net as volmaakte
dienende geeste nie, maar ook as volwaardige goddelike kinders,
huiswaarts te kan keer.
Omdat hierdie suiwer geeste nie deel gehad het aan die eerste geestelike
groot sondeval nie, het die goddelike verseëling hul te beurt geval,
waardeur hulle deurentyd tydens hulle aardse bestaan, onwetend die volle
beskerming van die Heilige gees geniet en daarom is hulle name
voor die grondlegging van die aarde in die boek van die lewe neergeskryf.
In hierdie tyd is daar onder hierdie van bo-gebore geeste ook dienende
geeste
van `n baie hoë orde wat `n proeftydperk deur die materie voltooi, waardeur
hulle
terselfdertyd diensbaar vir My gaan wees, in hierdie laaste fase van die
einde
van hierdie tydvak.
Hulle is die missiedraers, waarvan sommige van hulle alreeds as ou profete,
leviete, apostels en diesmeer die weg van die vlees een of selfs meer kere
oor die aarde gegaan het.
Meeste van hulle dra `n sterk vermoede en ondervind `n sterk drang
na goddelike diensbaarheid binne hulle self.
Met die volle neerdaling van My Gees op die regte tyd in hul harte,
sal elk van hulle tot volle ontwaking en daardeur sy volle wasdom kom.
Openbaring 510
Abba Vader is nie die sportgod nie.
Donderdag 4 Desember 2008 07:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Wee die een wat beweer dat Ek My goedkeuring vir die mens
sal gee
om voor die sportgod te kan buig.
Oor menig jare kom van oor die hele wêreld
vanuit stadiums `n oordowende gejuig.
Voor sport en spele is dit wat die mens so baldadig tekere gaan en buig.
Grootdoenerig en blasé 'ek is `n god'; so is dit wat sport oor homself
getuig.
So is menig mens van sy geloof in My heeltemal leeg gesuig.
Voor sportstadiums, "sportbars", en ook sport TV
staan die ondersteuners van hierdie god getrou in hulle tuig.
Ook in hierdie volk word daar van vroeg tot laat,
jaar na jaar, voor hierdie god gebuig.
Terwyl die applous dreunend en magtig oor die sportvelde druis.
Het droewig die Heilige Gees saggies en tevergeefs
in die harte van sportliefhebbers gesuis.
Terwyl die adrenalien en opwinding baldadig
deur die wese van sportliefhebbers druis
en terwyl almal daarna smag om in vermaak
eufories te kan lig hul oorwinningsvuis.
Was daar so min in hierdie opwindende tyd
wat bereid was om in te skuif onder my lydingskruis.
Die een wat hom hieroor uitgespreek het
was in die oë van sportaanhangers net `n eenvoudige muis.
In `n tyd wat Ek in hierdie wêreld,
in woede die sonde voor My oë gaan vergruis.
Gaan die applous om sportvelde verander
in `n jammerlike droewige geruis.
Die mens gaan vind sy sportgod was ondergeskik aan Mammon
net `n bloedsuiende luis.
Menigtes van hierdie afgodedienaars gaan my soek
en vind Ek is nie vir hulle tuis.
Die bitter sportbeker gaan in die poel van vuur vir ewig wees
baie se onuithoudbare kruis.
![]() |