e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 491
Wees ons Leidsman en ook ons Berader.

Maandag 17 November 2008 13:45
 http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Hoe goed ken menig heilige kind nie die magtelose gevoel
van die geestelike wipplank reis van op en af.
Ja, die salige 'hoog' van blye verwagting en goddelike afwagting.
Ook die volgende oomblik se tuimel
na benede van kennislose teleurstelling.
Die een oomblik se heerlike gevoel ons is op hierdie aarde
met `n ongekende goddelike missie en `n heilige doel.
Soms in oomblikke van helder weerligstrale,
huiwer daar die kennis van die aardse lewensdoel.
Net om in die duisternis wat op daardie oomblik volg te vra,
wat is geleer uit hierdie helder oomblik
van die ewigheids erkenningsgevoel.
Kermend kreun die siel;
agter hierdie ondeurdringbare dowwe nis,
skuil die diensbaarheid van my goddelike werkersorde wat ek so mis.
Hierdie wesens roep na hul Skepper in hierdie donker aardse nag.
O God wat ookal op ons in die toekoms mag wag,
in hierdie tyd waar die nag al hoe nouer om die mens nou nader.
Vra ons U desperaat O Vader,
wees in ons taak ons Leidsman en ook ons Berader.
Deur Sy Wysheid is dit Sy stem wat na hul harte kom.
Hierdie tyd is aan die heiliges gegee
om hulself in volle vryheid op te kan som.
Van jul ewigheids geheue is jul tydelik beroof,
sodat julle onafhanklik en uit vrye keuse My kan loof.
Om met die swaard van skeiding deur jul digte lewensbos,
die pad van die ewige lewe na My oop te kloof.
As `n teenpool staan die Satan daar,
vir `n grote sondeval maak hy homself weer klaar.
Maar in hierdie tyd het die aarde `n paar heilige engele
vir God se altaar gebaar.
Binnekort word elk van hulle van hulle heilige identiteit gewaar.
Maar tot op die regte oomblik
word hul veilig van Satan se gruweloë gespaar.
 

 

Openbaring 492
Ja, elke skepsel hoe flambojant of plein.

Dinsdag 18 November 2008 07:00
 http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Elke son of planeet hoe groot of klein.
Ja, elke skepsel hoe flambojant of plein.
Elke sonnestelsel in die groot heelal se nimmereindige tuin.
Elke geboorte van `n skepping ook die wat lankal lę daar in hul puin.
Elke son wat sy lewenslig uitstraal as sy lewenssein.
Ja, elke planeet wat hierdie lig weerkaats al is hul ook hoe plein.
Soos die aardse see wat nimmereindigend oor sy oppervlakte dein.
Oral roep die skepping in ons Skeppershand:
"beweeg ons op die hoogste kruin."
As `n ruimtelandmerk lę die Suiderkruis oor die hemelruim in `n reguit sein.
Die wonderwerk hiervan lę ewig ondeurgrondelik in die diepste hemelgrein.
Kosbaar beweeg daar ook die kleine aarde vrugbaar, groen en bruin.
Saggies tot my siel fluister die Talef ook die Tav:
op die oomblik van jou geestelike kruin,
sal Ek jou van A tot Z deur die oneindigheid neem
op `n geestelike toer in die heelal se eie trein'.
 

 

Openbaring 493
Deur gierigheid huur jy 'n laksman.

Woensdag 19 November 2008 11:45
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Alles is deesdae tog so onbekombaar duur.
Deur gierigheid het die mens vir homself `n laksman gehuur.
Op hul nerwe moet menigeen nou deur hul begroting skuur.
Elke happie kos smaak nou skoon hiervan suur.
Onoorkombaar hoog het geraak die finansiële muur.
Verterend sprei inflasie oor die węreld soos `n vernietigende vuur.
Hongersnood is die noodroep wat Afrika węreldwyd uitstuur.
"Span die belt" antwoord die Weste dit is die enigste kuur.
Na die hemel wil menigeen nou hul smeekrede heen stuur.
Maar hael, bloed, oorlog en ook `n grote pes
word daar vir die węreld gestuur.
Die kontinent van Afrika raak heel eerste oor die muur.
Die grond raak deur ontelbaar baie lyke giftig en suur.
Daar is niemand wat hul vir die gruweltaak laat wil verhuur.
Om die bodem met stootskrapers te kom skoon skuur.
Met edelbloed is lank gelede van hierdie lande
vir suiwer nageslagte gehuur.
Daarom sal ek reinigings engele na hierdie besmette grond toe stuur.
Om My heiliges bou Ek `n sterk ondeurdringbare veilige muur.
Terwyl Ek vuur oor die oppervlakte van die aarde gaan stuur.
Gaan My kinders opgewek in hul harte na My wederkoms in die wolke tuur.

 

Openbaring 494
Die tyd van ’n kleine rekenaarsplaat.

Donderdag 20 November 2008 12:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
O hoe kom die hele węreld nou vir antwoorde bymekaar.
Tevergeefs gooi hul hul leë koppe bymekaar.
Vir elke plan staan die duiwel skelmlistig daar.
Eenparig probeer die węreld hom nou teen My oordele skaar.
Hul leë beloftes hou hul vir die mensdom voor as waar.
Aan die einde van elke verskoning kom daar weer `n nuwe 'maar'.
Al die verskonings aan die węreldbevolking raak nou op en klaar.
Oral in die ekonomie is die gort nou behoorlik gaar.
Met `n uitklophou staan die Satan vir die laaste rondte klaar.
Die een dier wis die ander een se mag uit kant en klaar.
As `n eenkopdier gaan hy nou `n eenwęreldkind vir die węreld baar.
`n Eengeldstelsel dit is wat die węreld in die gesig nou staar.
Met `n beeld wat węreldwyd so listig soos `n slang kan praat.
Breinspoel hul die mens
om die hand en hoof te hou vir `n kleine rekenaarsplaat.
Maar vir elke plan van die duiwel staan My oordeels engele klaar paraat.
Die Satan dink verniet hy is God se maat.
Probeer hy hier, tref Ek hom met `n oordeel in `n ander staat.
In droogte, oorstroming en hongersnood
gaan Ek groot dele van die węreld laat.
Elke ou Egiptiese plaag word die węreld se nuwe maat.
Waar is die regeringshoof wat My hierin teen gaan staan.
So, laat die antichris sy wondertekens op die aarde maar loslaat.
So kort is sy tyd, skaars het hy klaar gepraat of ewig is dit vir hom te laat.
Elke siel wat hom na sy afgrond volg word vir ewig deur God verlaat.

 

Openbaring 495
Wees altyd nederig voor God.

Vrydag 21 November 2008 10:10
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Na die ryk en węreldberoemdes het Ek nie gegaan.
Maar nederige vissers het vir My as apostels kom staan.
Waarom wil My uitverkorenes in hierdie tyd hulself as onvoldoende waan.
Hulself daardeur daarvan weerhou om in hul roeping te kom staan.
Ja, tussen nederige vissers het Ek eenmaal kom staan.
Ek het hul geleer en oor baie dinge kom vermaan.
Ek het hul gevra: "Kom stap My pad nou met My saam."
Hul bote ook hul nette en hul familie het hulle net so laat staan.
As vissers van ondenkbaar baie mense
het hul tot vandag teenaan My sy kom staan.
Ja, hul lewenspad het hul saam met My oor die aarde gegaan.
So wandel hul nog steeds saam met My oor My grote hemellaan.
Oor die mure van My Nuwe Jerusalem
gaan hul name vir ewig geskrywe staan.
In hierdie tyd kom Ek nou om My werktuie dringend te vermaan.
By jul hart se deur kom Ek nou baie ernstig staan.
Volg My! roep Ek julle, kom nou met My saam.
As vissers moet julle deur die groot verdrukking vir My nou gaan.
Maar moet as die voorste en belangrikste apostel nie voor My kom staan.
Maar dienend moet jy met `n voetwaskom voor jou broer gaan staan.
Stort oor dit wat jul moet agterlaat nie `n enkele traan.
In jou wedergeboorte stap ek en jy die pad nou vir ewig saam.
As `n Melgisedek visser
gaan jul met nette van liefde deur al My skeppings gaan.

 

Openbaring 496
O wee, `n engel van die dood!

Vrydag middag 21 November 2008
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Wie gaan rekenskap van die toestande in die tronke gee.
Wee O Wee; `n engel van die dood
het die gevangenisse van die węreld binnegetree.
Groot onlus en rumoer
klink daar van agter tralies oor die węreld op wyd en suid.
In menig tronke gaan gevangenisse nou bloedig muit.
Alles gaan die veroordeeldes tot hul voordeel uitbuit.
Donker rook trek vanuit gevangenisse die lug in op en uit.
`n Oordeelsengel in mensegedaante het hul mos opgesluit.
Wee O wee siektetoestande gaan menig bandiet
met die dood se kleed kom klee.
Die pes is dit wat nou ook in die tronke tree.
Bloedig gaan menig selmaats mekaar uit die pad uitvee.
Ja, wee O wee `n engel van die dood
het die tronke van die aarde binne getree.

 

Openbaring 497
Moet jul nie inmeng met hierdie onheilskruis.

Saterdag 22 November 2008 07:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In die Suide van Afrika in `n groot baster leeuhok.
Jaag `n jong leeu vir sy koning nader `n vette bok.
Dit is die amp van opvolgkoning wat hom nader lok.
Maar listig sien die koning hierdie pogings van sy bobaas kok.
Die ander leeus raak bang en laat hul wegry in `n grote trok.
Hul weet daar kom in hierdie leeuhok groot amok.
Vir hulself maak hul skerp menig baie stok.
Elk van hierdie leeus soek `n stuk van daardie vette bok.
Ja, daar is `n jong leeu met die naam van Julius.
Hy dink sy trop is sterk maar sy mag is swak en prosieus.
Iewers is daar iets wat onheilspellend op die agtergrond druis.
Dit is `n opstand wat onder hul eie geledere begin indruis.
Iemand gaan met iemand bloedig swaarde kruis.
Oral word omhoog gehou die swartmag se bangmaak vuis.
Menigeen word in hierdie proses tot `n pappery vergruis.
Aan die skaars witleeu gee Ek my raad; bly liewer tuis.
My lammers waarsku Ek: Hou jul eenkant skoon, ja, rein en kuis.
Nęrens moet jul jul inmeng met hierdie leeus se onheilskruis.

 

Openbaring 498
Hoe fyn en ingewikkeld is die onderskeidingslyn!

Saterdag 22 November 2008 14:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Op die oomblik wat die spermsel die ovum met die lewenslig deurskyn.
Is dit die lewe en die dood wat saam in een vorm verskyn.
In die verwekkings oomblik van die vlees lę klaar die dood en gryns.
In die dood van die vlees is dit die ewige lewe wat weer verskyn.
Hoe fyn en ingewikkeld is hier tog die onderskeidingslyn.
Gaan die siel in die duisternis van die dood verdwyn.
Of gaan sy ewig in die lewenslig van God soos `n son nou skyn.
Terwyl ook hierdie tydvak in homself wegkwyn.
Om in sy sterwenspyn vir ewig in die niet te verdwyn.
Is dit in die eerste geboortepyn,
waar `n nuwe toekoms op die aarde se horison verskyn.


 

Openbaring 499
Mense sal enigiets glo behalwe die Waarheid!

Sondag 23 November 2008 12:05

 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Eenmaal het Ek ernstig tot die uitverkore volk gespreek.
Die woord van verlossings-redding het Ek vir hul kom preek.
Maar die leuen wou hul behaag en op die waarheid het hul hulself gewreek.
My waarheid het hul nou hatig onder oordeels klippe gesteek.
Vir My het hul baie kwaad die rug ewig toegekeer.
Maar in My grote liefde was Ek teen sondaars nog altyd sag en week.
My apostels het Ek geleer om die brood van Waarheid
oor My kudde oop te breek.
Die skrif het Ek lankal aan die mens gegee,
en hul beveel: "Skryf My woord vir altyd neer."
Maar soos die slang in die paradys het Satan hom listig
na die woord gekeer.
Die leuen het hy met heuning om die waarheid kom smeer.
Vinnig het die mens hul met gemak na `n valse waarheid toe gekeer.

In hierdie tyd word die volle waarheid weer oor die aarde oopgebreek.
In bespotting word dit hoogmoedig
deur menig 'kamma' skrifstudent bespreek.
In alles word die waarheid met hul oerdomme leuens weerspreek.
In hierdie tye word My hart vir onverbeterlike duiwels nooit weer week.
Geslagtelange leuens word as oordeel oor hierdie laaste bose geslag
se hoofde oopgebreek.
Dit is die vader van die leuen
wat hom skaterend op sy eie kinders wreek.
Uit die poel van vuur kom daar binnekort `n aaklige gesmeek.
Stuur ons `n eenvoudige Lasarus om krummels van die waarheid
vir ons te kom breek.
Maar vir ewig droewig word die verwerpte waarheid
vir hierdies nou versteek.



 

Openbaring 500
Geen Rooikruis of witjas gaan kan keer.

Maandag 24 November 2008 06:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Oor die węreld raak die sterftes net al hoe meer en meer.
Maar die węreldorganisasies dink hulle het alles onder beheer.
Hul dink in `n krisis kan hul inbeweeg om alles net te keer.
Ja, hulle dink hul is instaat om alles met hul kennis af te weer.
Maar die kiempopulasie is besig om met die spoed van lig te muteer.
Met ongekende mikroskopiese wapens
kom hul om die mens `n dure les te leer.
Hul verkenners is klaar besig om die menslike liggaam te infiltreer.
Vir `n groot feesmaal berei hul die mens voor as hul laaste gasheer.
Op hul bloed gaan hul soos klein vampiertjies teer.
Die virus en ook die kiem gaan alles in hul pad verteer.
Geen Rooikruis of witjas gaan hul op hul oorlogspad kan keer.
Onsienlike wesentjies kom om die mens en ook die diereryk te teer en veer.
Ja, oral oor die węreld raak die sterftes net al hoe meer en meer.
Uit hoeveel openbarings
het Ek hierdie les nie al oor en oor vir jul kom leer.