e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 481
Die duisternis sal wyk voor die Lig.

Vrydag 07 November 2008 03:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Waar die daglig kom om die duisternis met `n môregloed te tint.
Daar verdwyn die nag om `n nuwe skuilplek in sy eie skaduwee te kan vind.
Ewig nooit sal die duisternis die lig binne hom kan verslind.
Maar die lig het die vermoë om die duisternis tot niks te bind.
Die kinders van die duisternis gaan mekaar in een gruwelnag nou vind.
Maar soos `n opkomende son gaan straal elke liewe goddelike kind.
Waar gaan die duister donkernag homself nou kan bevind.
Waar `n paar sonne saamgebind teenoor hom kom staan
om hom tot ewigheid te verblind.
Terwyl miljoene hulle onder die mag van Satan nou laat bind.
Is die verseëldes besig om mekaar voel-voel met God se hulp te vind.
In heiligheid word elk van hul se siel met God se Gees tot heiligheid getint.
Jubelend omhoog hou hul nou die wapperende oorwinningslint.
Ja ewig nooit sal jy O nag, die lig in jou bose mag kan bind.
O Duisternag omring deur engele van lig,
jy sal nooit weer jou plek van glans in die hemele terug kan vind.
 


Openbaring 482
Ja, vir ewig is dit klaar gespeel...

Vrydag 07 November 2008 09:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die heilige engele sing;
daar is `n liedjie wat ons so baie, ja, tog so baie kan verveel,
ja verveel.
En dit is die duiwel wat hom so pronksugtig,
stompsinnig kan verbeel,
ja, verbeel.
As `n grote koning, ja, `n koning
wil hy die heeltyd oor die aarde loop en speel,
ja, net speel.
Kwaadlustige duiweltjies wil hy van vroeg tot laat net teel,
ja, net teel.
In sy selfsugtige spel voel hy vir niks en niemand veel,
ja, vir niemand voel hy veel.
`n Ander se behoeftes en verlanges kan hom nie eers `n bietjie skeel,
ja, nie in die minste skeel.
Word die kamma koning teengestaan, sit hy op `n grote keel,
ja, `n enorme keel.
Hy skop en slaan en laat niks op sy bloedspoor heel, ja, niks bly heel.
In die grootste nood en hongersnood gryp hy die laaste bietjie meel,
ja, die heel laaste meel.
Boosaardig skreeu hy vir die węreld ek sal niks hiervan met julle deel,
ja, met julle deel.
Julle laaste wyn en olie, ja, ook jul goud gaan ek van julle steel,
ja, van julle steel.
En die węreldpopulasie maak ek koorsig siek en geel,
ja, sommer baie geel.
En die heilige engele sug hierdie liedjie is besig om hul erg te verveel,
ja, te verveel.
Die tyd het gekom om met die waansinnige duiwel klaar te speel,
ja, klaar te speel.
Van sy bose werke bly daar nie meer veel,
ja, niks hiervan bly ooit weer heel.
En eentonig raak sy liedjie rampspoedig nou sy eie deel,
ja, sy eie deel.
Waaroor gaan die duiwel hom nou kan verbeel,
ja, verbeel.
Sy bose spel het hy op hierdie aarde klaar gespeel,
ja, vir ewig is dit klaar gespeel.

 

Openbaring 483
Die horlosie stap na sy einde.

Sondag 9 November 2008 18:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die horlosie stap stadig maar seker na sy einde se kant.
Oral is die politiek in haat nou aan die brand.
Wanordelik verloor die massas nou hul heel laaste verstand.
In hul waansin dink hul, hul is teen die krag van God bestand.
Boos en boos vat in bondgenootskap nou mekaar se hand.
Teen die heiliges smee hul `n laaste hegte helse band.
Vir die laaste stryd is hul gewapen tot teenaan die tand.
Ondenkbaar groot is hul getalle net soos die see se sand.
Op see en land gaan Ek oeroue handelsroetes nou laat strand.
Die duiwel dink hy hou sy laaste troefkaart triomferend in sy hand.
Sy handelsmerk wil hy nou op elke mens deur sy tegnologie laat inbrand.
Maar elke verseëlde kind bied hierteen die heftigste teenstand.
Die heilige engele breek deur die eteriese fyn geestelike wand.
Om in `n materiële drogwęreld te kom staan aan die heiliges se kant.
So laat die duiwel maar voortspoed op sy bose trant.
Ondenkbaar lank hou die Goddelike orde vir hom en sy trawante
`n ewige gevangenis in stand.

 

Openbaring 484
Aan die einde van Afrika.

Sondag 9 November 2008 21:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Tevergeefs wend die Satan hom na die uitverkorenes
met sy vangtou en sy bose lus.
Aan die einde van Afrika ver anderkant die riviere van Kus.
Daarheen gaan Ek van My verseëldes bring
met die hulp van `n grote lugbus.
Daar sal węreldwye heilige vlugtelinge in `n gruweltyd vind hul rus.
My inwonende heilige kinders sal hierdies verwelkomend
as hul broeders kus.
Ja, troostend sal vleesgebore engele
hierdie beangste maar suiwer kronieke tot kalmte sus.
Daarom maak Ek my kinders anderkant die riviere van Kus,
stadig maar seker van hul rol as gashere in die eindtye bewus.

 


Openbaring 485
God benodig geen magtige menslike voorlopers nie.

Maandag 10 November 2008 11:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
As `n grote held toegerus met bonatuurlike krag
is daar menigeen wat My in hierdie dae wil dien.
Maar indien Ek in `n oogwink van probleme ontslae
wou raak, sou Ek die mees kleinste engelgees in My koninkryk
vir hierdie taak laat kom om My te dien.
Ja, sonder om `n oog te knip kan Ek `n magtige son laat ontstaan,
of `n ondenkbare groot planeet soos mis voor die son laat vergaan.
Waarom sal Ek daarom `n mens met soveel bonatuurlike krag toerus,
om met sy onvolmaakte verstand węreldprobleme met die swaai
van `n towerstaf uit te wis?
Waarom sou die God van die grote heelal,
in die gestalte van `n kleine mensekind neerdaal
na hierdie kleine planete-bal?
Net om sonder enige goddelike krag, kragteloos aan `n folterpaal te hang
as teenvoeter vir die grote sondeval.
Van Goddelike krag was Ek heeltemal verlaat,
verguis en met trane van bloed het Ek kom staan
vir elke swakke sondaar se saak.
Soveel is daar wat in hierdie tyd
as die voorloper met bonatuurlike krag nader wil staan vir God se saak.
Maar so bitter min is die wat regtig weet,
klein en nederig het Ek aan die kruis
as die ware Voorloper, vir elkeen as `n voorbeeld kom staan.
In die einde van hierdie tydvak
lę die arbeidsveld van die selfverloëning baie braak,
en in die opregte nederigheid lę die grootste oorwinning vir God se saak.
`n Ware voorloper sal so nietig soos `n kleine kind
in kinderlike eenvoud laat val die grote eindtyd draak.
So waar lę die motto nou van hierdie hele saak,
is dit om die duiwel tot `n val te bring met `n Goddelike bonatuurlike maat.
Of is dit om hom in die eenvoudspel van `n kleine goddelike kind
vir ewig te sit in skaak.

 

Openbaring 486.
"Heeltemal ouerloos en wees."

Dinsdag 11 November 2008 18:15
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Vir duisende jare is die heilige geskrifte
deur vele geslagte van die mensdom gelees.
Die koms van die Seun van die mens
was altyd op die voorgrond van `n klein groep se gedagtes gewees.
In daadwerklike gebeure is dit in die tekens van die tye
wat die hedendaagse mens nou van hul einde lees.
Waarskuwing op waarskuwing was daar van geslag tot geslag
vir die totale mensdom gewees.
Gepredik en geleer het menig geroepene
oor eeue lank gespreek hulself heeltemal hees.
Maar in alle geslagte wou meeste van die mense
liewer deel van `n verlore węreld wees.
Hul het gereken hul het na die węreld gekom
vir een lewenslange genotvolle fees.
Tot die heel uiterste het hul gegaan om te behaag hulle sondige vlees.
Met minagting en geweld het hul van hul weg gewerp
die kosbare Heilige Gees.
Maar aan die einde van hul lewe
het hul benoud geroep O God waarom laat U ons nou wees.
Ook in hierdie tye roep die węreld wild en wyd
kom staan nader vir `n enorme fees.
Kyk, vir Mammon slag ons die laaste bedrieglike vette bees.
Ja, kom vier saam fees die Woord van God het ewig klaar oor ons geheers.
Slegs `n paar verseëldes bly oor
wat die heilige woord van God nog lees.
Maar in ellende op ellende gaan die węreldmens
nou sy eie droewige einde lees.
Net soos van ouds roep `n gevalle mensdom
voor geslote arkdeure hulself heeltemal hees.
Hul roep en smeek en vra;
"O God waarom laat U ons nou heeltemal ouerloos en wees."

 

Openbaringe 487
"Keer jul na my Vaderarms terug"

Woensdag 12 November 2008 13:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die aarde se hele atmosfeer en wese voel afgemat en bedruk.
Onverklaarbaar is daar iets wat op menigeen se gemoedere druk.
Soveel is daar wat węreldwyd in swartgalligheid sug.
Nęrens is daar iemand by wie hul, hul vrese kan lug.
Donker is die depressie wat die laaste blymoedigheid uit hul wurg.
Iets vreeslik is aan die kom dit weet hulle tot in hulle diepste murg.
By menig berader maak hulle `n draai waar hul verskonend kug.
Ons wil net weet of God ons dalk nie oor al die węreldsondes
gaan kom tug.
Maar professioneel word hul vinnig in sielkundige
en geloofsraamwerke terug gedruk.
Kwaai word aan hul gevra;
glo julle nog soos kinders aan die duiwel met sy vurk.
Die mens stap weg met net `n groter swartgalligheid en `n dieper sug.
Hy verlang na iets en weet nie dit is om sy vrese teenoor God te kan lug.
Hul voel nog meer bedruk
omdat hul niks het om te kan bied as `n geestelike arbeidsvrug.
Deur die dood wil hul nou desperaat na `n ewige nie-bestaan toe vlug.
Maar vir elkeen van hul staan Ek daar
en wink hul hoopvol na die lewe terug.
In sielerus kan elk van hulle by My voete sit
en van alles ontslae raak met `n verlossings sug.
Nie een wat sy toevlug na My toe neem wil Ek met `n oordeel tug.
Tot in die laaste uur van hierdie tyd
roep Ek hoopvol na verlore sondaars 'keer jul na My Vaderarms terug'.


 

Openbaring 488
Die laaste politieke kruis.

Donderdag 13 November 2008 09:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
So min was die wat hul skoon vir My gehou het, ja, rein en kuis.
Die mens het sy rug gekeer op My verlossingskruis.
Met hul stemreg het hul vir die węreld getrek hul eie verdoemenis kruis.
Menigtes gaan hierdeur verloor hulle eiendom,
ja, hulle hele haard en huis.
Vir ewig bly `n kruiper altyd `n swakke verloorder en `n kleine muis.
Wie deel het aan hierdie węreld het geen deel aan My Koningshuis.
Die roepstem van My Gees
het verdrietig tevergeefs by hul ore verby gesuis.
Maar wawyd wakker was hul om te luister
na die lokstem van die politieke spreekbuis.
Oor die węreld rys omhoog die duister mag se verdrukkings bitter vuis.
Niemand gaan daar wees wat sal kan sę;
hier is ons grense, ja, hier is ons tuis.
In `n gisting gaan die węreldling in `n eenwęreldbrousel tot verrotting bruis.
Maar My verseëldes dra trots oor hul skouers my oorwinningskruis.
Hul sal hul hand weerhou om te trek hulle laaste politieke kruis.
In gereedheid word vir hul gebring
`n grote verwelkomingsfees in hul eie Vaderhuis.
 

 

Openbaring 489
Vader, is ek régtig U ware kind?

Saterdag 15 November 2008
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die goddelike familieband
is besig om al hoe nader om die uitverkorenes te bind.
Maar menigeen is daar onder die heiliges wat nog altyd dink.
Hul is heeltemal te onwaardig om hulself te noem My kind.
Waarom is die mens in sy liefde tog so blind?
Waarom kan hul My, hul Vader, nie in die liefde van hul harte vind?
Wat sal elke aardse ouer van homself nou dink.
Elke keer wanneer hy sy kind in liefde nader wink,
dié elke keer in twyfel vra; is ek regtig u ware kind?
Ja, hoe sal `n ouer sy volle vreugde in so `n kind kan vind,
wat sę: ek is nie goed genoeg om myself te kan noem u eie bloedkind.
Daarom vra Ek aan elke kleine liewe goddelike kind.
Wanneer Ek jou in My Vaderliefde na My hart toe wink.
Kom na My met oë wat in liefde vir My jou Vader blink.
Om nooit hierna weer in onwaardige twyfelmoedigheid weg te sink.
Hierdeur gebreklik-minderwaardig
van jou status as `n goddelike kind verdrietig weg te hink.
 

 

Openbaring 490
Pasop vir verbastering

Sondagoggend 16 November 2008 08:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Oor die hele węreldwyd is die kroniek-volk wyd en suid verstrooi.
So het ook die bose sy saadlyn oor die hele aarde se oppervlak ontplooi.
Die bose se aanbieding lyk vir die węreldburger oral tog so mooi.
So min is die wat rein, oor gruwelsondes nog kan bloos bloedrooi.
Sedeloos word almal aangemoedig om te spring in die verbasteringskooi.
Skaamteloos word elke kleur en geur,
ja, al wat leef en beef word gul genooi.
Om in die grootste orgie ooit te kom spring in die węreld se eenman-kooi.
Die hoer van Babilon se nakomelinge
word vir die laaste oorlog met die basterkleed getooi.
Oor die węreld staan `n oordeelsengel
in sy hand omhoog `n brandende sooi.
Vir die kiem van gruwels word `n nuwe maat op die aarde uitgegooi.
Miljoene lyke word hierdeur in die aarde toegegooi.