e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 471
Voete gebou van yster en klei.

Woensdag 29 Oktober 2008 02:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Uit die suiwerste edelgoud was jou hoof geskep O Babel.
As `n god het jy in vyandskap teen My getrek, jou koninklike sabel.
Jou magtige beeld van koninkryke is instand gehou
deur `n duisendjarige goue kabel.
Dreigend en onheilspellend
was jy baie meer as Nebukadneser se droomgesig en fabel.
Geset in witgoud en silwer was jou romp, ja, jou arms en jou bors.
Na mag en węreldoorheersing het jy eindeloos net gedors.
`n Strewe na `n ware vredesryk,
daarin het jy nooit iets van jouself gemors.
Geslagte lank het jy jouself verryk,
agter goud en silwer oopgebreek die aarde se kors.
Jou buik en lendene was gepoets tot die rykste glans van koper.
Eindeloos lank was jou handelskaravane
en op elke węreldmark was jy die heel sterkste verkoper.
Tot en met vandag was jy in effektebeurs en valuta altyd die heel voorste koper.
Tot jou ewige val kom staan teen jou Johannes, ja, die doper.
Van die gebruik van edelmetale het jy soos `n kranksinnige dier weggewei.
Jou verstand het jy verloor en vir jouself voete gebou van yster en klei.
`n Koningskleed van purper sal jy nooit weer met suiwer wol vir jouself kan brei.
Jou naam as `n grote koning gaan jy ook nooit weer oor die węreld kan versprei.
`n Klip raak los en tref jou swakke voete van yster en klei.
Jou magtige beeld stort in duie en al wat van jou oorbly is nuttelose stof
en deur die winde van die aarde word dit tot niks versprei.
Maar die klippie kom Homself tot `n stewige rots oor die aarde uitbrei.
Soos `n bruid haar tabberd, kom die nuwe stad Jerusalem
haarself ewig oor hierdie stewige fondasie oopsprei.


Openbaring 472
Laat staan nou die onmin.

Donderdag 30 Oktober 2008 13:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Elke liewe dag wil die mens met alles om hom net die heeltyd oorlog maak.
Waarom kan die mens sy naaste in liefdevolle vrede net nie laat,
sodat elkeen kan optree na sy keuse en sy eie smaak.
Indien elkeen tog net oor sy eie bose spraak en tong kon waak.
Om jou naaste met die tong te verskeur,
maak van jou op die einde van die dag net `n bose draak.
Om iemand met harde woorde te kwes, is verseker lelik en ook baie laak.
Dit stel die skut daarvan, as `n hellekind die heeltyd net aan die kaak.
Wat gaan al die toorn en die naywer die mens tog baat.
In die hiernamaals word elkeen ewig net gekonfronteer met sy eie haat.
Waarom kan die mens vir eenkeer sy gramskap en jaloesie net nie agter laat.
Om in Goddelike liefde die heeltyd vir homself net vriende te kan maak.
Ja, elke dag kry hy vir homself `n splinternuwe hemelmaat.
Indien die mens ontslae kon raak van al die oordeel en die wraak.
Sou soveel mense kon optree so reg na God se smaak.
Indien elkeen met sagte woorde rou wonde tog net heel wou maak.
Sou die duiwel sy bose taak hier op aarde summier moes staak.
Wat gaan dit die mens tog baat,
om `n ander met wrede woorde verdag te maak.
Gaan dit hom as `n kind van God laat uitstaan in sy goedkoop wraak?
In die verdoemenis lę jaloesie en naywer se werke baie braak.
Vanuit hier kom menig bitter selfverwyt,
waarom het ons nie teen die nare gif van ons eie tong gewaak.
Aan skinder en laster moet ons nou ewig kou met `n baie bitter smaak.

 

Openbaring 473
Die mensdom het hul talente roekeloos versmaai.

Vrydag 31 Oktober 2008 12:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Soveel talente het Ek gratis aan die mense weg gegee.
Maar wat maak die roekelose mensdom tog daarmee.
Kan dit hulle met mag en geld of groot rykdomme nie beklee,
word elke goddelike talent groot of klein onder die mat ingevee.
Met nege, tien of soms selfs `n bietjie meer,
is soveel mense met baie talente ryklik toegeklee.
Maar al wat meeste talent-draers doen
is om hul gawes onder maatemmers weg te steek.
Sodat hul nooit weer hul hoof
oor moontlike moeite hieraan verbonde, hoef te breek
Maar vir die kleur van geld
is hulle vinnig bereid om iets hiervan weg te gee.
Selfs met geestelike gawes
word daar net in diens van Mammon opgetree.
Talente is goddelike stukkies wat Ek van myself weg gee.
Die draers hiervan moet dit op hul beurt
mildelik aan hul naastes gee.
Maar in hierdie tyd is daar soveel wat bakhand
vir geestelike gawes nou wil nader tree.
Sonder enige verdienste wil hul ontvang
om ten aansien van hulself vir die węreld weg te kan gee.
Op die voorgrond wil hul met bonatuurlike talente nader tree.
Om hulself hoogmoedig voor die mensdom
met die mag van God te kan klee.
Maar hul talente lank voor hul geboorte deur God aan hul gegee.
Dit het die luiaards mos vroeg in hul lewe onder maatemmers ingevee.
Nodeloos is dit vir hierdies
om vir die uitstorting van die Gees nader te tree.
Dit as eiendom aan hul gegee maar so sorgvuldig goed deur hul versteek.
Vir ewig sal hul nou tevergeefs om hierdie versmaaide talente smeek.
Hierdie versteekte pakette word nou deur die engele oopgebreek.
As `n bonus word dit nou in die sakke van die vlytiges gesteek.
 

 

Openbaring 474
In 'n onmeetlike oeroue ewige knal...

Saterdag 1 November 2008 11:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In `n onmeetlike oeroue ewige knal.
Het materie ontstaan uit Lucifer die ligdraer se val.
In die geestelike realm sentrum van die heelal.
Staan die kleine aarde vasgevang in hierdie sondeval.
Ewig geplant in hierdie troostelose dodedal.
Staan die mens se Verlossing die bitter kruis van gal.
In die oerbegin is `n boom as teenpool geplant vir die sondeval.
Aan `n kruis `n Man wat hang ontbloot en kaal.
Om menig siel te kan red uit die dood se vaal.
Aan die linkerkant `n man wat Hom hoon en smaal.
Aan die ander kant een wat roep, sal U my uit die dood kom haal.
As antwoord kom die grootste verlossingsboodskap
op die aarde neerdaal.
O dood waar is tog nou jou angel en ook jou vaal.
Vir ewig word jy in die vuuroond tot as en niks gemaal.
In die doodslandskap wat daar nou op die węreld neerdaal.
Is Ek weer die middelpunt.
Die kruis word tussen goed en kwaad die groot weegskaal.
O waar O węreldling is tog nou al jou spot en ook jou smaal.
Vir ewig kom Ek om berouvolle sondaars
as My kinders van hierdie aarde haal.

 

Openbaring 475
Te lank was die mensdom  onverskillig.

Sondag 2 November 2008
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In sak en as, ja, in lanfer staan `n hele węreldpopulasie in rou.
Te lank het die mensdom teen God gestaan onverskillig en lou.
Oral gaan daar opklink `n weeklaag van pyn in globale rou.
Op vele maniere is die węreld besig
om deur sy eie toedoen in ondergang te vou.
`n Magtige kataklisme is besig om tot `n groot uitbarsting op te bou.
Stadig maar seker ontvou oor Amerika
en vandaar oor die hele węreld die draak se klou.
In proklamasie roep hy die groot verdrukking kom
en haar naam is Isebel my vrou.
Angsbevange probeer `n paar węreldlinge met hul kaal hande
om vir hul gate te grou.
Maar in vrees is dit vinnig wat hul onderdanig voor die nuwe sisteem vou.
Hartverskeurend is dit hul siel wat hul as offer vir die Satan uithou.
Die regerings van die węreld sweer aan die antichris
en sy monstermoondheid hul ewige trou.
Die węreld sing; vir ewig is ons verlore
laat ons daarom `n helleparty in jolyt hou.
Met die bloed van die heiliges sal ons `n heildronk hou,
terwyl ons aan Satan beloof ons lojaliteit en trou.
Droewig is dit engeletrane wat oor verlorenes oor hierdie aarde uitdou.
In hierdie tyd kom die Gees Hom saggies om sy verseëldes vou.
In die grootste gruweltyd kom Hy om `n handvol mense veilig te hou.
Teen Sy Vaderbors gaan hy hul teer en liefdevol vashou.
Laat die Draak daarom sy lied van verskrikking oor die węreld maar hou.
Die ewige afgrond is vanaf die oerbegin
vir hom en sy gevolg in gereedheid gehou.
 

 

Regstelling: Openbaring 476 hieronder moes oorspronklik
Openbaring
435 Dinsdag 16 September 2008 gewees het.
Ons vra  om verskoning vir enige ongerief daardeur veroorsaak.


Openbaring 476
Waarskuwing op waarskuwing maar niemand luister nie.

Dinsdag 16 September 2008 11:10
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Sekuur en listig span die duiwel vir die mens sy laaste bose lus.
Daar is nie een van die wat aan hom behoort wat sy vangtou gaan mis.
Saggies neurie die dood sy laaste, valse, gerusstellende lied.
Vrede, valse vrede, dit is wat Satan die mens in hierdie gruwel tyd nou bied.
Met `n valse vredeswiegelied, word die mensdom aan die slaap gesus.
Die tyd het gekom maar die węreldbevolking is besig om houtgerus te rus.
Waarskuwing op waarskuwing aan die mens deur God aan hom gerig,
daarvoor is niemand lus.
Met wantroue word elke eindtyd profesie
vinnig en sekuur deur die węreld tot niks geblus.
Maar vinnig gaan hierdie mense tot hul spyt nou wis.
Die oordeel van die eindtyd kom nou daagliks, verseker en gewis.
Wat kan die węreldmoondhede as teenvoeter hierteen bied?
Daar is niks, maar niks wat hul kan doen
wanneer God se grote wil gaan geskied.
In komende benouende tye dink die mens
hy gaan hom vir veiligheid na sy kerk toe bring.
Maar juis hier gaan die dood die laaste bietjie lewe uit hul wring.
Vir hul selfbehoud wil hul as offers die verseëldes nou vir Satan bring.
Tot in hul sterwensoomblik probeer hul pronkerig staan
in Satan se spotterskring.
Terwyl Satan in hierdie tyd die een gruwel na die ander oor die aarde baar,
is kragtige engele besig om hul om God se kinders te skaar.
Om dit wat heilig is trek hulle `n veilige en ondeurdringbare laer.
Met groot oë gaan My kinders na ontsaglike gevare staar.
Maar nie een van hulle word deur hierdie plae in die minste gepla.
MY beskerming gaan hulle nou orals onder mekaar gewaar.
Moorddadig is dit Satan en sy grotes
wat ook hierdie wonderwerke onder die verseëldes gewaar.
Die ergste verdrukking en vervolging denkbaar
wil hul nou oor hierdies stuur.
Maar kragtige hemelhelde is as beskermers oor hierdies gestuur.
Aardbewings, storms en vloedwaters, word op hul beurt
as vernietiging en verdrukking oor die verdrukkers gestuur.
Ja, vinnig nader nou die einde met sy laaste jare, ja, sy laaste uur.


 

Openbaring 477
'n Kans gewaag in Satan se dobbelspel.

Maandag 3 November 2008 13:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
`n Magtige piramiede het Satan gebou uit menig baie groep en sel.
Oorkoepelend het hy sy Babelse koninkryk oor die aarde opgestel.
Soveel van die mensdom het hulle as Satan se slawe laat tel.
Almal was welkom om te kom deel in hierdie dobbelspel.
Van die politiek tot en met die ekonomie-
almal het `n kans gewaag in die duiwel se Russiese-roulette.
Die noodlot was hul god en niemand het hul gesteur
aan God se gebod en Sy wet.
Soos akrobate in `n baie fyn dodelike spel.
Is die węreld besig om homself vir oulaas,
op die kant van `n baie gevaarlike afgrond op te stel.
Na benede wag die val wat afstort tot in die hel.
Laat almal wat wil daarom nou baie fyn oplet.
Die skrif is aan die muur en die eindresultaat van hul keuse
is al wat die mens nou het.
Met baie waagmoed het die mens gewik.
Nie die noodlot nie maar God gaan nou beskik.
Die einde van die dobbelspel gaan nou vinnig na sy einde toe tik.
In `n węreldwye oorkoepelende gevaarlike bose kartel.
Is die Satan besig om sy onbruikbare slawe en pionne
spottend toe te waai vaarwel.
Weet daarom, Russiese roulette is `n baie gevaarlike spel.
Godverlate roep die spelers hiervan maklik die lewe ewig toe vaarwel.

 

Openbaring 478
Die vyeboom het klaar gebot.

Dinsdag 4 November 2008 7:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Gaar is die gort en die eindtyd oordeel word op die węreld uitgestort.
Vanaf die hoogste bergtop
blaas `n engel sy eindtydlied op die blaasbalk van `n Skot.
Die grootste gedeelte van Europa
raak ook deel van die duiwel se komplot.
In die gedaante van `n mens
gaan Satan sy wondertekens nou oor die aarde uitstort.
Die vyeboom het met groen lote klaar oor die hele aarde gebot.
Die uitverkorenes ruik sterk iewers is daar `n dooie rot.
Al hoe deursigtiger raak die duiwel se bose planne en sy wrede plot.
Die kinders van God kom nou agter die dae raak baie kort.
Van My wil hulle weet wat gaan nou van hulle word.
Troostend is dit My Gees wat Ek oor hulle kom uitstort.
Ek antwoord;
nie een van julle getalle gaan daar vir My nuwe koninkryk kort.


 

Openbaring 479
`n Tong is aan die dier gegee.

Dinsdag 4 November 2008 8:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
`n Tong is daar nou aan die dier gegee.
Groot en Godslasterlike woorde gaan daar nou oor die węreld vee.
In alle handel hou hy nou God se kinders teë.
Maar sy handelskepe gaan Ek vernietig op die see.
Sy grote Babilon gaan Ek van die oppervlakte van die aarde vee.
Ja, sy handelstede gaan onder magtige aardbewings ingee.
Met `n son van verskroeiing hou Ek alles op hierdie planeet nou teë.
In hierdie oordeel hou die mensdom hul hoofde vas en skreeu- wee O wee.
Maar in die oordeel is daar nog baie meer wat Ek aan die węreld gaan gee.
Met oorlog en bloed gaan Ek Satan en sy trawante klee.
Geslagte lank is daar bose planne teen my koninkryk gesmee.
Alles so sorgvuldig deur hul opgebou gee nou skielik mee.
In `n baie kort tyd word alles hiervan ewig van die aarde afgevee.


 

Openbaring 480
Die Prins van duisternis is hier.

Woensdag 5 November 2008 00:05
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die laaste uur van hierdie tydsduur word nou met bloed gehuur.
Uit die mond van Henog is daar vanuit die oertyd
waarskuwings hieroor uitgestuur.
Gebore vanuit die land van vulkaan en vuur.
Ook Skeba het as deel die helfte van sy siel uit Afrika gestuur.
Sy laaste stukkie daglig
word nou na die donker ingewande van die aarde terug gestuur.
Die Prins van duisternis is hier.
Groot en klein wil nou met hom die skouer skuur.
Soos Kain is hy deur die slang na die reine bloedlyn toe gestuur.
Soos `n Bileam word hy as `n vloek vir die aarde
en teen God se uitverkorenes gehuur.
Maar soos `n Korag word daar na sy triomfuur,
vir hom en sy metgeselle `n verteringsvuur vanuit die hemel gestuur.
Ruk daarom vinnig wat heilig is vanuit hierdie verterende vuur.
Die węreld nader nou vinnig sy einde, ja, sy laaste uur.