
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 461
Satan se plan vir Amerika.
Sondag 19 Oktober 2008 23:50
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In Amerika staan aan weerskante van `n tou.
Om teen mekaar kragte te kan meet `n bonthaan en `n pou.
Die een slaan na die ander met `n kamma lae hou.
Die ander antwoord met `n kwinkslag vanuit sy mou.
Die een vergadering op die ander word vir die ondersteuners gehou.
Sodat elke burger sy stemreg trots omhoog kan hou.
Maar beide kandidate het aan Satan beloof hul lojaliteit en hul ewige trou.
In illusie word `n stemdag vir `n reeds verlore volk gehou.
Terwyl die duiwel verveeld staan om aan sy onderlip te kou.
Wag hy op die totale węreld-ekonomie om heeltemal te vou.
Deur die antichris wil hy met sy wonderwerke,
voor die hele węreld met homself kom skou.
`n Nuwe stelsel wil hy as kitsoplossing voor almal se neuse kom hou.
Wee elkeen wat nie aan hierdie aangebiede wortel van hom wil kou.
In hul massas staan die mensdom nader
om hul hand en hoof vir hierdie oplossing uit te hou.
Die Gees besluit om Hom vir ewig van hierdies
te distansieer en te onthou.
Geseënd is daar węreldwyd honderd-vier-en-veertigduisend
wat verbete aan hul geloof en God nou klou.
Kragtig kom die Gees van God om hierdie getroue Israeliete vou.
Ja, in Amerika is dit waar twee bondgenote
in kamma kompetisie teen mekaar trek die sportiewe tou.
Tot in die ewige afgrond het hul aan Satan beloof hul ewige lojaliteit en
trou.
Openbaring 462
Twee gevegshane en hul navolgers.
Maandag 20 Oktober 2008 00:10
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In Suid-Afrika staan aan weerskante van nog `n tou.
Twee swart hane wat die spore dreigend na mekaar toe uithou.
Die een slaan na die ander met `n harde jeugdige vuishou.
Die ander antwoord met die oues,
wat met moordwapens agter hom aantou.
`n Nasie sorgvuldig deur die węreldorde
tot een veelkleurige reënboog opgebou.
Gaan in sy oorspronklike kleure
tot splintergroepe oor die hele land uitdou.
In nood en angs gaan `n volk skielik onthou.
Ęrens in hul verlede het hul, hul God tot hul skand
in vergetelheid toegevou.
Om hul sondige lewe nou as `n kosbaarheid te kan behou.
Smekend is dit wat hul die hande nou na Hom toe uithou.
Groot werke het hul in Sy naam gedoen wil hul Hom nou laat onthou.
Maar die Stem van God is stil teenoor `n nasie
wat teenoor Hom was so lou en ontrou.
Pikdonker raak die nag se duisternis wat om hierdie land gaan vou.
Maar die kleine kudde wat was die hele tyd aan God getrou.
Word van die wrede kwaad weggeraap
en beskermend in sy Goddelike hande toegevou.
Ja, in Suid-Afrika staan twee gevegshane
aan weerskante van `n toutrek tou.
Agter hulle staan hulle navolgers tot die dood toe getrou.
Openbaring 463
Soos 'n Daniël van ouds.
Dinsdag 21 Oktober 2008 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Versier met goud en edelgesteentes staan die koning van
die duisternis
met sy buik gevul met gruwelsondes baie dik.
Met die dobbelsteen van die dood
is dit na veral die armlande waarna hy nou mik.
Dronk in sy bloedlus
is dit tussen Afrika en die Ooste waarna hy besluiteloos mik.
Ja, meer as duisend jare is daar `n sekere bloedlyn
wat as heersers die hele węreld wil besit.
Oor elke siel wil hul as konings oor die mag van lewe en dood beskik.
`n Selektiewe groep wil die węreldorde as hul dienaars en hul slawe
met behulp van die tegnologie aan hul onderskik.
Die groot surplus van die mensdom
moet hulle aan die komende massa uitwissing onderskik.
In `n wedloop probeer die węreldpopulasie
hulself as die beste sisteemslawe op die bors nou tik.
Die vryheid van `n eie keuse deur God self aan hul beskik.
Dit smyt hul eenkant om hul in vrees
aan hierdie monstermoondhede te kan onderskik.
Om hul soos willose poppe in die slawerny raamwerke
van hierdie sataniese poppemeesters te kan druk.
Met hul hoof na die materie gebuig is dit
wat hul gedienstig in aanbidding voor hul duister god nou buk.
Met hierdie gruwelorde is hierdie beskawingstydvak
besig om baie vinnig na sy einde toe te tik.
Maar soos `n Daniël van ouds is daar `n groep
wat nie gedienstig voor hierdie gruwelgod gaan buk.
Die leeukuil en die vuuroond van die węreldorde laat hulle glad nie
skrik.
Na die Melgisedek troon van God, dit is waarna hulle in vryheid mik.
Sy genade en veiligheid sal God oor elke van hierdies
se hoofde laat beskik.
Soos `n Alexander die grote wou die duiwel nog altyd
na węreldoorheersing mik.
Maar die ewige vuuroond het hy vir homself
en sy sataniese trawante tot hul ewige ondergang beskik.
Openbaring 464
'n Tyd om te bou.
Woensdag 22 Oktober 2008 18:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Daar is `n tyd om te bou en ook `n tyd om te breek,
so het gespreek die prediker van ouds.
Daar is niks wat die mens van sy moeitevolle arbeid
vir homself tot in sy graf kan behou.
Soos `n Nimrod van ouds wou menig nasies
vir hul torings en stede tot by die voetbank van God opbou.
Beskawings wat het tot hul toppunt in glorie gebloei,
gaan soos mis voor die son tot niks verflou.
Uit die as van `n oorlog het Duitsland homself as `n reus
in sy ontwikkeling opgebou.
As `n wenner het hy vinnig weer sy vuis
oor al die ontwikkelde lande gehou.
Ja, met bloedsweet trane en verdriet,
het soveel nasies oor geslagte heen aan hul infrastruktuur gebou.
As die eerstewęreld, is ons beskawingspeil die heel beste
het die Weste trots hul banier omhoog gehou.
Met produksie op produksie het dele van Asië desperaat probeer
om by hierdie pronkperd se stywe pas vol te kan hou.
Hulpbehoewend het Afrika beteuterd
die heeltyd aan die kortste end agterna getou.
Infrastrukture is deur die Westerling vir hierdie kontinent daargestel
om net instand te kan hou.
Maar al hierdie pogings is deur hierdie nasies
met die grootste minagting en wantroue beskou.
Vernielsugtig het die gees van Afrika
sy beskawingspeil laag en primitief gehou.
Maar hoe dit ookal sy, hoe hoog ookal die beskawingspeil,
of hoe diep die graf van `n infrastruktuur in rou.
Die tyd het nou naby gekom vir alles om in armoede, hongersnood,
oorlog en kataklismes weer tot niks te vou.
Al wat die aarde suinig vir haar volgende tydvak gaan uithou.
Is `n Goddelike uitverkore groep,
om `n nuwe nasie vir `n duisendjarige vredesryk te kan bou.
Openbaring 465
'n Illusie wat verbygaan en vergaan...
Donderdag 23 Oktober 2008 10:10
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die mens is bloot die oorblyfsel van sy gister se bestaan.
Sy more is miskien net `n moeitevolle, of dalk `n vreugdevolle traan.
Soos die aarde soos `n wiel, om en om spin om sy eie baan.
Is die tyd op hierdie aarde besig om voortdurend te kom en ook te gaan.
So het duisende geslagte oor hierdie planeet eeue lank gekom en gaan.
So strompel die węreld onverpoos voort, in sy illusie van `n waanbestaan.
`n Oomblik gelede, sowel as gister is vir ewig na die maan.
Elke volgende oomblik is reeds besig om in die niet van die ewigheid weg te
taan.
Wie is daar wat iets van `n more se toekoms,
op hierdie aarde werklik kan verstaan.
`n Begin met `n einde met `n ontstaan wat net weer moet vergaan.
Wat daar tussen is, is die aardse lewe en tyd
wat die mens probeer om te verstaan.
Maar in die tyd van die Gees,
is `n breuk van `n sekonde, `n hele ewigheid wat daar ontstaan.
Die illusie van `n materiële bestaan,
word `n ewige lewe wat voor sy Skepper kom staan.
Waarom stort die mens oor die verlies van `n illusie-lewe `n verdrietige
traan.
Terwyl die werklike lewe in `n tydlose ewigheid voortbestaan.
Daarom nooi Ek elkeen om in die verganklikheid van hul aardse tyd,
reeds in die ewige tyd van die Gees, nader aan My lewende troon te kom
staan.
Openbaring 466
Visioen
Donderdag 23 Oktober 2008 11:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In `n onverwagte visioen sien ek skielik `n groot
Volkswagen embleem
wat tussen `n klomp rommel lę en roes.
Openbaring 467
Vir drie en `n half-jaar lank...
Saterdag 25 Oktober 2008 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Terwyl winde van vernietiging oor hierdie hele aardse oppervlakte waai.
Die duiwel soos `n verwoestende tolwind om die aarde draai.
Om homself onheilspellend as `n aasdier ten toon te stel
in die gedaante van `n pikswart kraai.
Om alles om hom te kan verskeur soos `n roofsugtige bloeddorstige haai.
Soos `n hond is die duiwel besig om hom na sy eie uitbraaksel om te draai.
Maar ook in hierdie tyd kom soos `n koel briesie wat saggies oor die aarde
waai.
Die Gees om Homself in die hart van Goddelike kinders te kan kom saai.
Soos `n skone-maagd wat haarself in kristalhelder reine water baai.
Word `n pasgebore Goddelike volkie
in heilige doeke vir die toekoms toegedraai.
Vele is daar vir wie hierdie woorde tevergeefs in die wind weg gaan waai.
Maar vir `n sekere tydperk
sal hierdie woorde in herhaling as `n bevestiging om die aarde draai.
Vir drie en `n half-jaar lank
is die haan besig om drie en `n half keer oor die aarde te kraai.
Die magte van Lig en duisternis
gaan elk hulle eie oes uit die mensdom kom maai.
Openbaring 468
Verstaan ons wie die hoogste Outoriteit is?
Sondag 26 Oktober 2008 14:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
`n Rilling gaan daar deur die hele liggaam van die aarde gaan.
In hierdie siddering gaan sy kantel in haar omwentelingsbaan.
Die sonsverduistering wat daar oor die aarde gaan,
kan dalk die ontydige skaduwee wees van die maan.
Miskien is dit die aarde wat haar,
oor haar skielike beweging voor die son nou skaam.
Of dalk kry die vreemde tekens aan die hemelruim
hieroor nou die bitter blaam.
Hoe dit ookal sy, hierna skreeu die węreld eenparig uit een mond saam.
As een man sal ons teen die oordeel van God nou staan.
Maar as antwoord kry hul dat die laaste voorspoed
ook nou van die aarde weg gaan taan.
In `n enorme hittegolf wat daar nou oor die aardse oppervlakte gaan.
Bid menigeen vir `n bietjie vog vir die stort van `n kosbare traan.
Met infrastrukture wat nou oral onbruikbaar staan.
Val daar droewig nie meer `n druppel water vanuit menig, meeste kraan.
Oral gaan die ergste siekte toestand oor die hele węreld ontstaan.
Ja, alles wat verkeerd kan gaan,
gaan in skokgolwe oor die hele planeet nou gaan.
Met die ergste tugroede gaan die oordeelsengele hierdie aarde slaan.
Wie die hoogste Outoriteit is,
dit gaan elke regering en individu nou baie mooi verstaan.
Openbaring 469
Geld se waarde gaan daarmee heen.
Dinsdag28 Oktober 2008 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Węreldwyd gaan geld waardeloos in die son rondlę om te vergeel.
Dartelend soos blare gaan die wind doelloos daarmee speel.
Geen dief op hierdie aarde
gaan belangstel om van hierdie geld te kan steel.
In menig kinderspel gaan kinders kaarte onder mekaar uitdeel.
Met eens kosbare geld
gaan hul hulself as die eens rykaards van die aarde verbeel.
In eindelose toue staan die mensdom vir kospakkies
wat regerings desperaat gaan probeer uitdeel.
Kommerwekkend is daar van die graansoorte
in die silo’s van die węreld nie meer veel.
Met `n kosbare diamant in `n goue ring
staan `n eens rykaard gretig nader vir `n handvol meel.
Ja, met hul siel as pandstuk
probeer menigeen`n oorlewingskontrak met die duiwel verseël.
Is dit `n engel of `n mens wat roep,
hou die laaste bietjie olie in die bottel heel?
Beskadig alles maar net nie die laaste bietjie meel.
Ja oral oor die węreld
gaan arm kinders met waardelose geld wat op straat rondlę speel.
Laggend gaan hul, hul as die eens ongekende rykaards
van die aarde verbeel.
Soos roofsugtige diere gaan menigeen probeer
om `n stukkie droë brood van sy naaste vriend te kan steel.
Openbaring 470
Ja iemand is besig om te verloor.
Dinsdag 28 Oktober 2008 23:45
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Oral oor die węreld word dieselfde liedjie aangehoor.
Iemand is besig om te verloor, ja, iemand is besig om te verloor.
Mammon kry die wind heeltemal van voor.
Soos `n eentonige refrein kom in een stem die grotes se koor.
Met sinsbedrog gaan ons met die węreldpopulasie se koppe toor.
Hul eie belastinggeld gaan ons by die tonne in die banke stoor.
Met rente op rente gaan hulle met inflasie teen hul eie kapitaal verloor.
Die domme mensdom dink
die moondhede is besig om besorg hul probleme dood te smoor.
Maar in `n bloeddorstige stryd is hul besig om al hul spaargeld te verloor.
Die wipplankspel van op en af raak vir baie nou ietwat goor.
Hul vermoed binnekort gaan hul pensioenfondse ook die stryd verloor.
Maar steeds word die mense in valse hoop
tot koop en nogmaals koop aangespoor.
Soos `n redelose trekdier
word die stomme mensdom tot die uiterste toe gemoor.
Ja Mammon kry die wind van voor.
Die mens is besig om sy swaarverdiende geld vir altyd te verloor
![]() |