
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 451
Die voorvadergees en sy kinders.
Woensdag 8 Oktober 2008 14:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In Afrika word `n baie bont bok aan die voorvadergees as `n offer geslag.
Op `n antwoord moet die ringkoppe nou geduldig wag.
In `n baie donker Afrika nag,
laat die maan onheilspellend, op sy misleidende lig nou wag.
Die beeste bulk en die krale ruk.
`n Sangoma buk, om die as van `n uitgebrande vuur,
oor die Suid-Afrikaanse politiek uit te skud.
`n Spiespunt word in bloed gedoop
iemand word tevergeefs haastig uitverkoop.
`n Toordokter stap met sy bene wyd,
sy ma en pa se bloedstroom lę baie wyd.
Die dolosbeendere en die leiervere lę wyd oop gesprei.
Die kinders van die Suide van Afrika, gaan eerste aan die pen moet ry
`n enorme bloedbad is glad nie te vermy.
Die liberaalgesindes wat het saam met die kinders van Afrika
die voorvadergees bely.
Gaan ewig saam met hul bondgenote in die donkernag van Afrika
en die doderyk ingly.
Daarom moet die kinders van die lig hulle in hierdie tye opreg verbly.
In die dimensie van Lig, gaan hul vir ewig bly.
Openbaring 452
Nou sleep Mammon die węreld saam.
Donderdag 9 Oktober 2008 08:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vir jare lank was dit oral oor net geld se vrolike klank.
Niemand wis dit was die heeltyd net die dood se stank.
Mammon was toe menigeen se god in die węreldbank.
Maar skielik loop die hele węreld mank.
Vir wie moet die mensdom hieroor nou bedank.
Ja, die węreld het geruk en rol.
In vooruitgang het almal saam gerock,
niemand kon hul stuit in hul weelderige amok.
Nog en nog was nooit genoeg.
Al hoe meer en meer het die węreld in vooruitgang ingeploeg.
Met die surplus is ook Afrika grootdoenerig gevoed.
So het die kooplui, in goud en silwer, hoog gehou, hul dure moed.
Nie een van hulle het God nodig gehad om hulle te behoed.
Vir geld het menigeen van die węreld met sy siel geboet.
Nie een van hulle wis hul hardloop in `n begrafnisstoet.
Mammon het alleen oor die węreld as `n hoogmoedige heerser gewoed.
Maar alles het sy eie tyd
so gaan ook die ruk en rol se geldmaaktyd verby.
Daar is niemand wat die nadors van hierdie partytjie kan vermy.
In die oorskietreste van die fees,
het daar niks vir die toekoms van die oorvloed oorgebly.
Afrika het nooit geleer om regop te kan staan,
om self met sy kop bo water te kan bly.
Nou gaan die grote węreldhonger hul eerste onderkry.
Maar spoedig gaan Europa en die hele węreld
saam met hul swaar- en hongerly.
Die duiwel lag terwyl hy ruk en rol,
vrolik was die ekonomie vir hom net `n goedkoop partytjie en `n grote 'jol'.
Dit is die węreld-ekonomie wat daar vou
vanuit die mensdom kom eis dit `n enorme tol.
Openbaring 453
Hoevele male het ek julle al besoek.
Vrydag 10 Oktober 2008 17:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Elke liewe dag kry Ek vanaf die aarde,
vanuit duisende harte, oor en oor dieselfde versoek.
O my Meester wanneer kom U my tog besoek.
Op hierdie versoek laat weet Ek klokslag,
vandag kom Ek jou, My kind besoek.
Ja, vandag gaan Ek `n goddelike besoek aan jou woning laat geskied,
wat het jy My kind, om My as gas te kan bied.
Met blase op My voete kom Ek as `n pelgrim van ver en Ek is baie moeg,
gaan jy My verwelkomend en met blydskap groet,
of gaan jy verbitterd om My ore wroeg en sę jy self is baie moeg.
As `n pasiënt kom staan Ek voor jou deur,
Ek kla en vra jou; help My asseblief weer op die been.
Gaan jy My met jou liefde wil genees of liewer oor jou eie pyn en lyding
kla,
terwyl jy kamma koorsig kreun en steun. Gaan jy probeer om My te genees,
of My liewer beskuldig, deur my eie sonde is Ek glad nie te genees.
As die vyand kom Ek nou na jou deur,
gaan jy my doodslaan of in nooi met `n hartlike, 'kom maar binne monseur'.
Skugter gaan Ek aan jou deur kom klop,
naak gaan Ek wees van My tone tot My kop.
Gaan jy geďrriteerd weg kyk, of vriendelik vir My `n kleed in die hand
instop.
Stukkend na siel en gees gaan Ek voor jou deur kom staan,
Gaan jy my help of sę jammer vir jou is alles ook na die maan.
As `n dronkaard gaan Ek voor jou deur kom staan,
gaan jy My help of my woedend oor My foute net vermaan.
Met My honger kinders kom Ek voor jou kombuis nou staan,
gaan jy ons voed of wegstuur sonder eers `n groet.
Of gaan jy My voed en sę hou goeie moed,
daar is genoeg om ons almal na siel en liggaam te kan voed.
Vandag kom Ek na jou hart se deur,
gaan jy wis die stank wat om die bedelaar hang, is God se eie geur.
Met jou uitnodiging kom staan Ek hoeveel male voor jou deur,
met die ink van jou liefde het jyself die kaartjie ingekleur.
Waarom is dit My kind,
dat jy die heeltyd oor My afwesigheid in jou lewe treur.
Telkemale neem jy jou uitnodiging vanuit My hand,
om dit self net weer, stukkend op te skeur.
Openbaring 454
Nou wag droogte, pes en verdriet!
Saterdag 11 Oktober 2008
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Op menig plekke word die aarde deur stormwater oopgeskeur.
Op ander plekke is dit tere grassprietjies wat oor `n bietjie vog nou treur.
Ja, boom en plant, wat sonder druppels oor hul eie einde treur.
`n Wilger wat tussen nat en droog, homself, in twee moet skeur.
Fleurig wou die blomme hulself nog eenmaal met die lewe inkleur.
Maar deur die argeloosheid van die mens,
het hul hierdie voorreg nou ook verbeur.
In vlam en wind word die laaste groen op menig plek tot swart gekleur.
Op baie plekke gaan mens en dier in droogte of oorstroming,
oor die verlies van kos nou treur.
In menig lande word die water nou met bloed gekleur
min regerings gaan hulle aan die pes, in die drinkwater steur.
Daar is so baie wat die mense in hierdie tye gaan verbeur.
Oor leë wiegies, gaan baie moeders droewig treur.
Openbaring 455
Toets jouself- wil jy dalk Elia wees?
Sondag 12 Oktober 2008
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Wie is daar onder die heilige volk wat op die troon van `n
koning wil spring,
homself soos `n gevalle Saul, as `n vloek, oor sy nasie wil bring?
Wie is daar wat hulself as `n Elia na vore wil bring?.
Laat hom daarom vuur vanuit die hemel, as teken,
voor die hele volk na vore bring.
Ja, wie is daar wat `n profetestaf op eie outoriteit,
omhoog oor God se heilige volk wil bring.
Terwyl hul hoër as die Godheid, datums gekap uit klip, na vore wil bring.
Wie is daar wat die harige kleed van sak oor sy eie hoof wil bring?
Om oor sy eie hoof, die salf van olie, van `n koning te kan laat bring.
Wie is daar wat hand oor die bors, oor `n dooie vlag sy eie lof wil besing?
Hul wat nie eers die geringste redding oor hulself teweeg kan bring,
wil die oordeel van `n Elia, oor die nasies en volkere, van die węreld
bring.
My volk sal Ekself van oor die hele węreld bymekaar uitbring.
My Vaderarms sal Ek self om My klein, hulpelose, kuddetjie bring.
Myself sal Ek as hul koning in hul midde bring.
Hosanna sal die heilige engele sing,
terwyl hul beskermend `n laer, om die kleintjies van God sal bring.
Weet daarom dat enigeen
wat homself as die voorloper op die voorgrond wil dring,
homself in skaamte, buite die kring van die heiliges sal moet wring.
In die heel voorste gevegslinie, staan kleiner as die kleinste kind,
die voorloper, as die mees miskende, heel agterste kind.
Openbaring 456
`n Eenwęreld geldstelsel kom tevoorskyn.
Maandag 13 Oktober 2008 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Oor Europa hang `n eens edel dooie swaan,
die Weste gooi mekaar met die ergste blaam.
Tot sy ondergang is Amerika se sterre besig om te verskiet.
Sy beeld van Vryheid verdwyn vir ewig in die niet.
Biddend is dit hul siel wat die massas nou aan die antichris wil bied.
In Londen is dit `n Jood wat Euro's willekeurig na vore skiet.
`n Eenwęreld geldstelsel wil hul nou aan die hele węreld bied.
Maar eentonig kom die oordeelslied;
daar is niks wat die węreld tot sy finansiële redding kan bied.
Spoedig kom die tyd.
Die handelsmerk van 666 staan oor die hele węreld wyd.
Biljoene gaan vir oulaas hul siel ewig aan die duiwel bied.
Maar uit die opregte getroues se mond kom die oorwinningslied.
Die Nuwe Jerusalem word op hierdie aarde aan die uitverkorenes gebied.
Openbaring 457
Sluimer en slaap, ewig tot hul verderf.
Maandag 13 Oktober 2008 13:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Nog `n bietjie sluimer nog `n bietjie slaap.
Van `n ruggraatlose wurm tot `n toegewikkelde węreldpaap.
Die węreldkind is besig om verveeld oor sy geestelike toekoms te gaap.
In `n tyd wat hul węreld om hul verbrokkel en vergaan,
is hul steeds besig om die materiële om hul, bymekaar te skraap.
Nog `n bietjie sluimer en nog `n bietjie slaap.
So min is die opregtes wat op die koms van God nog waak.
Terwyl die aarde in sy eie hitte loom en slaap,
gaan hy binnekort tot in sy diepste naat oopkraak.
Waarmee gaan die rykes hulself in hierdie kataklisme voed,
met hul dure smaak.
Nog `n bietjie sluimer en nog `n bietjie slaap.
Eenkant lę en wag op die węreldkind, die eindtyd draak.
Alles uit die mensdom wil hy vir die ewige afgrond bymekaar kom maak.
Maar vir die uitverkorenes is klaar die sluimer en klaar is ook die slaap.
Uit hul oë vee God se kinders nou die węreldse vaak.
In hul siel is dit wat hul vir ewig nou gaan ontwaak.
Vir God se oorlog is hul besig om hul teen die duiwel klaar te maak.
Terwyl die węreld sluimer en slaap, kom die heilige engele
om die uitverkorenes, van die węreldse kwaad, weg te kom kaap.
Al wat vir die duiwel oorbly, is om homself te sit in skaak.
Woedend wil die Satan nou sy hel op God se kinders kom uitbraak.
Maar die aarde open haar mond
en sit met water die duiwel nog `n keer in skaak.
Woedend moet die eindtyd draak omdraai
om teen homself oorlog te kan maak.
Nog `n bietjie sluimer en nog `n bietjie slaap,
ewig tot hul verderf, is die węreldling ook besig om te ontwaak.
Openbaring 458
Die nagevolge van HAARP en ander eksperimente.
Dinsdag 14 Oktober 2008 13:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Klein onderhoudings natuurgesies staan nader om skoorvoetend
by die Skepper oor die versteurings van hul ordes te treur.
Alle ordes op die aarde en in die atmosfeer
word huidiglik deur hoë frekwensies versteur.
Hierdie toestand word deur versteurde,
eens gelykmatige D.N.A diep betreur.
Hul baie delikate ordes word nie meer
tot die hoogste goddelikheid goedgekeur.
Daardeur moet hul, hul ontwikkeling
tot op hul volgende dimensionele vlak verbeur.
Soos ongeneeslike kanker
neem die bose vibrasie van alles op en om die aarde, besit.
Deur bose radiogolwe word alles wat gesond is,
in `n siektetoestand omgesit.
Soos `n erge koors is dit die aarde se eie atmosfeer,
wat tot sy ondergang in `n te hoë hitte om hom sit.
Soos `n ongekende swaartekrag is die duiwel besig
om alles wat rein en suiwer is, uit mens, plant en dier te druk.
In wanhoop is die hoop besig om orals te verflou.
Aan die fraiings van die laaste geloof,
probeer `n paar enkeles desperaat nog klou.
Maar die hele aarde is besig om in sterwens-stuiptrekkings,
stadig maar seker tot `n troostelose niks te verflou.
Met die wapen van versteurde frekwensie
is dit Satan wat in oorwinning, sy vuis omhoog hou.
Dit is die klein natuurgesies wat hul versteurde traantjies
na die Skepper uithou.
Treurig sę hulle; ons taak aan U wou ons nooit nie verbrou.
Maar vir Satan se planne
het God lank voor die tyd `n teenvoeter gereed gehou.
In sy seëlbewaarders gaan die grote krag van God ontvou.
In die versteurde hoë frekwensies gaan `n kernmis om die aarde vou
en op die bose węreld kom binnekort neer `n giftige dou.
Oor alles wat die bose węreld gevoer het in hulle mou,
oor dit alles gaan hul ewig in die hel hul lippe stukkend kou.
Maar aan die wat was die hele tyd aan God getrou,
om hulle gaan die engele van God,
`n beskermende laag teen alle bestralings vou.
Openbaring 459
Tyd vir huigel sonder ontbloting is verby.
Woensdag 15 Oktober 2008 01:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die tyd van die volle waarheid het aangebreek,
daar is niks of niemand
wat sy ware inhoud meer kan verdoesel of versteek.
Die sluier oor die leuen word vir ewig afgeskeur.
Die duister is besig om met al sy onsuiwerheid na vore te tree.
Alle boosheid word nou tot op die been oopgebreek.
Die tyd is verby waar die wolf as die lam kan naderstaan.
Vir die slang om homself as `n engel van die lig te kan waan.
Ja, ewig verby raak die tyd
waar die oog in medelye kan stort `n kamma traan.
Ontbloot kom elke siel in die lig van die Waarheid staan.
Kerk en politiek kom in hul volle naaktheid in die openbaar nou staan.
Die vader van die leuen kom homself
as die grootste leuenoffer aan sy leuendienaars bied.
`n Leuen oplossing gaan hy deurentyd nou aan die węreld bied.
As valse waarheid gaan dit in leuenagtige vuurwerke
oor die hele aarde geskied.
Kwaad en nogmaals kwaad
gaan mekaar in valse bondgenootskap die hand nou bied.
Maar as `n enkel son gaan die Waarheid sy lig aan die opregtes kom bied.
Goed en kwaad gaan mekaar in vyandskap
ewig die hand van vriendskap nou verbied.
Weet daarom dat dit wat jy as inhoud het om te bied,
sonder jou keuse na sy gelyksoortigheid gaan geskied.
Openbaring 460
Loënaars kry vergiffenis maar verraaiers is verdoem.
Vrydag 17 Oktober 2008 10:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die lyn van edelsaad is in hierdie volk maar baie dun
gesaai.
Slegs die heel beste koringkorrels
word aan die einde van die oes uit hul gemaai.
Die gemanipuleerde saad
word deur hul eie geestelike onvrugbaarheid verraai.
In massaproduksie was hul deur `n bose węreldorde
vir `n eenwęreld sisteem gesaai.
Op die einde van die dag het die duiwel `n enorme oes
om vir homself te kan braai.
Hoeveel maal het die haan sy oordeel oor hierdie aarde nie uitgekraai.
Deur `n Petrus en `n Judas-gees
is Ek deur hierdie volk ontelbaar maal verloën en ook verraai.
Die loënaar het Ek vergewe al het hy My ook hoeveel keer versmaai.
Op die verraaiers gaan Ek vir ewig My rug op hulle draai.
Terwyl `n kamma heilige volk hul in die genot van węreldsondes baai,
en terselfdertyd `n heilige kring van Christenskap
die heeltyd om hul eie hoofde draai, gaan Ek winde van vernietiging
oor die węreldontwikkeling en sy smerige ekonomie laat waai.
In hierdie selfde tyd gaan Ek uit die laaste bloubloed van hierdie volk,
`n goddelike bloudruk kind vir `n nuwe węreld-toekoms aflaai.
Moorddadig in sy bloedlus soos `n haai,
gaan Satan om hierdie heilige groepie die heeltyd draai.
Maar uit die goddelike verseëldes gaan hy nie een van hierdies
vir sy verdoemde koninkryk kan maai.
In groot getalle het die 'Boere-volk' in hoogmoed hul rug op My gedraai.
Soos kinders het hul met dit wat die węreld bied gespeel, ja, geskoppelmaai.
In ootmoed en nederigheid wil hul hulself nie na My toe omdraai.
Maar hoogmoedig wil hul die heeltyd oormekaar net koning kraai.
Ja, met elke hanekraai word Ek steeds verloën en elke dag vir geld verraai.
Die lyn van edelsaad
is in hierdie sogenaamde heilige volkie maar baie dun gesaai.
Skraal is die edel-oes wat Ek uit hierdie eens heilige volkie
vir `n nuwe węreld toekoms gaan maai.
![]() |