e-pos  judithdebeer@webmail.co.za


             openbaringe@yahoo.com  

 

Openbaring 441
Ons het al vergeet van ware liefde.

Woensdag 24 September 2008 10:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Daar is huidiglik so bitter min mense op hierdie aarde wat `n ware begrip
omtrent die woord liefde het en alles wentel vir hulle om die
selfgesentreerde liefdevolle passie van die eie belang. Enige vorm van
selfsugtige eieliefde, is `n psigopatiese karaktertrek gebore vanuit die
onderste hel, wat tot geen ware liefde instaat is nie, maar bloot gefokus
en gesentreerd is, op die eie belang. Nog minder is die liefde `n hormoon
aangeblaasde uitlaatklep van die menslike liggaam. Ook wat betref die
uitlewing van die goddelike liefde, is dit nie `n voortdurende euforiese
ekstase van `n nie werksamige saligheid nie. Maar inteendeel is dit meeste
van die tyd, `n moeisame en opofferende diensbaarheid, wat in
onbaatsugtigheid, tot voordeel van die geliefdes en die naastes geskied.
Die liefde gee en neem selde in ontvangs. Ja, opregte liefde is wanneer jy
ten koste van jouself, die beste van jouself, op `n tydstip wanneer jy die
minste daarop voorberei of selfs in die minste daarvoor lus het, aan
ander, dit wat hul benodig, na die beste van jou vermoë gee. Die beloning
en salige genot van die liefde lê in die onbaatsugtige naastediens en nie
in die voortdurende neem en nogmaals neem nie. Ja, die liefde kan slegs
vreugdevol in ontvangs neem, wanneer dit in `n werksamige orde, die gewer
daarvan tot vreugdevolle blydskap kan stem.
Die opregte liefde wil nie oorwin nie, maar wil deur die liefde oorwin word.
Die liefde wil nie besit nie, maar wil deur die liefde in besit geneem word.
Die liefde wil nie die heeltyd oor homself roem nie,
maar wil in die warm opregte liefde roem.
Ja, die liefde is nie `n begrip nie, maar `n daadwerklike daad
en `n oop hand van voortdurende omgee.
Opregte liefde is wanneer `n vuis homself soos `n blom ontvou,
om op die palm daarvan, die aangebode eie hart te ontbloot,
wat as `n opregte aanbieding en offer, vir vriend sowel as vyand,
ja, vir elke geliefde en naaste daar lê. Indien almal teenoor mekaar in opregte
opofferende liefde sou staan, sou hierdie aarde, asook die hele oneindigheid,
tot elkeen se voordeel, as `n goddelike volmaakte, hemelse paradys,
gefunksioneer het.

 

Openbaring 442
Wanneer is illusie `n realiteit.

Donderdag 25 September 2008 11:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Wanneer is realiteit bloot net `n illusie en wanneer is illusie `n realiteit.
Wat is daar na die dood van die menslike liggaam, wat die mens
daarvan kan verseker, dat daar `n onsterflike lewenskrag of `n siel is,
wat ewig gaan voortbestaan, omdat daar niemand is wat `n klinkklare
bewys het, van die sigbare bestaan van die siel en gees nie.
Alles wat sigbaar is of dit nou `n oeroue son of planeet met `n onberekenbare
lang lewenspan is, en of dit bloot `n eendagvliegie met `n vlietende lewensduur is,
ja, beide is onderworpe aan die materiële wet van ontstaan en geboorte,
waarna dit deur middel van die groeikrag ontwikkel tot wasdom,
om sodoende `n materiële hoogtepunt te kan bereik, waarna dit maar net weer
in trurat, in stelselmatige verweer agteruit beweeg, om ten slotte maar net weer
in `n nie-bestaan, tot niks te disintegreer en te vergaan.
Die mens wat geskape is na die beeld, van die ewige skeppende Breinkrag,
van alle sigbare en onsigbare, ja, van alle materiële en
geestelike skeppinge, word op hierdie aarde, as `n ewige onsterflike lewenskrag,
in die sterflike illusie van die materie geplaas, sodat die
materiële dood, in `n sigbare bestaansvorm, teenoor die onsterflike
lewe, wat `n nie sigbare vorm vir die materie is, in konflik teenoor
mekaar, te staan kan kom.
Met ander woorde, sodat dood en lewe, ja, lig en duisternis, in een vorm,
tot konfrontasie teenoor mekaar, geakkommodeer kan word.
Volgens die oorwegende faktor van die mens se liefde, sal hierdie twee pole,
dit wat aan hul behoort, na hul toe aantrek. Die materieel gesinde mens,
sal tot `n volmaakte wêreldburger ontpop, wat in sy relatiewe kort bestaan,
alles wat die verganklike materie bied, in `n onversadigbare lus
na hom toe sal aantrek. Daarteenoor sal die meer geestelik- georiënteerde mens,
vinnig verby die aanlokkende aantrekkingskrag van die materie beweeg,
om homself by die groot oneindige Bron,
van die onvernietigbare Lewenskrag, te kan voeg.
Die vraag oor die bewys van die bestaan van die lewende siel en gees
bly die heeltyd by jou op die voorgrond en Ek antwoord jou
dat die lewenskrag in die materie, te vergelyk is met `n hedendaagse gloeilamp,
wanneer die onsienlike krag van `n elektriese stroom daardeur vloei,
om sigbare lig na vore te bring, sodat die duisternis van `n donker vertrek,
oombliklik verlig kan word.
Net so is die siel en gees van die mens `n lewende lig en krag, wat veronderstel is,
om die ewige duisternis binne die mens tot ewige lig en lewe te bring.



Openbaring 443
Sekeres ontsien selfs nie die heilige geskrifte.

Maandag 29 September 2008 14:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Deur baie duisende jare heen, was daar in verskillende tye, deur
verskillende geslagte heen, gereelde hekse jagtogte, op verskillende
geloofsgroepe uitgevoer, waardeur daar gepoog was om fisies heeltemal
ontslae te raak van groepe, wat deur middel van hul geloof, `n bedreiging
vir die outoriteitsordes van daardie tydvakke was. Veral was daar gepoog
om ontslae te raak van enige geskrewe oorblyfsel van hierdie meestal
vrydenkende mense. Baie van hierdie ou boekrolle en geskrifte was daarom
so goed versteek, dat sommiges van dit, tot en met nou, sporadies nog
hulle verskyning, selfs tot in hierdie moderne tydvak maak.
Huidiglik sit jy met `n kwelvraagstuk omtrent die vernietiging van sekere
geestelike geskrifte onder julle waar ondermeer, spesifiek, die Lorber geskrifte
en vertalings van voorkom en wat onder die hand van die meer radikale
gelowiges onder julle, tot as verbrand is.
Ek antwoord jou dat die mens slegs deur middel van herkenning,
iets begrypliks vanuit enigiets, hetsy dit nou `n materiële voorwerp,
`n begrip of `n leerstelling is, tevoorskyn kan bring, indien die inhoud daarvan
reeds aanwesig, in die soeker of ontleder se wese is.
Dus is dit maar net weer `n bewys dat diegene, wat nie net namens hulle self nie,
maar ook ander besluit het, dat hierdie wonderlike inligting,
kwansuis deur middel van 'bose influisterings en geeste' sou geskied.
Ja, hierdies het nie die nodige onderskeidingsgees binne hulself
gehuisves, om dit wat hulle aanvanklik met soveel oorgawe geglo het, op `n
meer permanente basis, in hulself te kon stoor, vir latere naslaan werk,
deur middel van hulle gees nie.
Helaas was dit maar weer die betreurenswaardige saadjies,
wat met soveel blydskap, tevergeefs op die rotse geval het, waar dit tevergeefs
vir die dood ontkiem het.
Ja, op onvrugbare rots het dit geval, om maar net weer onder die harde son,
van materiële 'realiteit' sonder die goeie ondergrond van die Gees,
tot niks te verdor en te vergaan.
Ook is dit opmerklik dat dit meeste van die tyd mense is, wat nie net hierdie
geskrifte nie, maar ook sommige ou boekrolle, aanvanklik met groot geesdrif
aangegryp het, terwyl hulle terselfdertyd net so geesdriftig agter enige ander
valse geskrif en valse profete aan hardloop, om wanneer hul tot hul skaamte,
hulle foute agterkom, summier die skuld op dit wat hulle nooit werklik kon verstaan
het nie, as die sondebok te kan afskuif, om sodoende hulself, oor hul eie dom foute,
voor die mense te kan verontskuldig.
In alle geskrifte en dit sluit die Bybel in, is daar waardevolle inligting sowel
as onsuiwerhede en onwaarhede.
Moet sommiges onder die mense, daarom die Bybel namens almal
gaan verbrand, of sou dit miskien nie meer wys wees, indien elkeen in
opregte gebed, om die leidingsgees van onderskeid vra nie, sodat elkeen
volgens sy eie persoonlikheid en aard, die regte leiding deur die Gees kon
ontvang nie.
Die hele probleem van ons volk lê in die feit dat daar onder die laaste
opregte kinders van God `n geweldige magsstryd heers, veral
onder die manlikes van hierdie volk, wat tog so bang is, dat sy naaste
dalk oor hom gaan koning kraai, en hierdie heerssug en naywer geskied in
`n krisis uur, terwyl hierdie volkie besig is om die laaste doodsnikke,
van sy lieflike volksidentiteit te gee.
Daarom is die sogenaamde manlike leiers onder hierdie Volk niks beter
as `n klomp breinlose reunhonde, wat rondhardloop om op enigiets,
wat na `n moontlike domein kan lyk, met druppeltjies nuttelose urine,
`n gebied, vir hulself te kan afbaken.
Daar is nie een in hierdie volk waarna daar opgekyk kan word, as `n moontlike
sterk leier nie, omdat `n opregte leier nie die heeltyd bekommerd is oor die een
of ander leierstatus nie, maar werklik bekommerd is oor die welsyn
rakende sy hele volk.
`n Ware leier is gefokus op die behoefte van elkeen van sy volksgenote,
ryk of arm, wetsgehoorsaam of nie, ja, elkeen word in `n volk ingebore
en nie ingekeur, deur sommige, sogenaamde, "weet dit alles mense" nie.
Met My lewe op hierdie aarde het Ek nie versuim om besoek aan die sondaar
en die tollenaar te bring nie en selfs die mees betreurenswaardige hoer is nie deur My
oor die hoof gesien nie. Deur middel van My onderrig het Ek dit baie pertinent
op die hart van die mens gedruk, dat Ek `n persoonlike besoek aan elk van julle
sal bring in die vorm van die wat honger of dors het, ja, ook in die wat naak,
of in die gevangenis sit.
Nooit het Ek laat blyk dat daar aan die een in die gevangenis gevra moet word,
waarom hy daar sit nie.
Soos wat sake huidiglik in `n haglik geestelike toestand onder julle blyk te wees,
is dit vir julle baie beter om tot die slotsom te kom, om liewer julle oë en hoop, op My,
julle enigste Verlosser en Leidsman, in hierdie verskriklike
komende tye te hou, in plaas daarvan om tot sulke uiterste drastiese
stappe te gaan, wat selfs nie die heilige geskrifte ontsien nie.

 

Openbaring 444
Wee julle kerke in julle selfverheffing.

Dinsdag 30 September 2008 09:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die mense kan mekaar geestelik aanmoedig, maar hulle mag mekaar nooit
dwing nie. Die Seun van die mens het na hierdie aarde gekom, om die
gebinde siel van die mens, van allerhande drogleerstellings te kom bevry,
sodat hulle in volle vryheid en liefde, hulle weg, terug,
na hul Vaderhuis kan vind.
Ja, Hy het gekom om die mens, van die bindende tempelmure, van
foutiewe leerstellings en daardeur die ewige dood, te kom bevry.
Hy kom in hierdie tye weer, om elke valse drogtempelmuur,
tot op die heel laaste bousteen, vir ewig te kom verwoes.
Daar is niemand, behalwe die Seun van God, wat Geestelik so volmaak
ontwikkel is, sodat hulle deur hulself, andere, die weg na die ewige lewe
kan aantoon nie.
Die deure na die Wysheid, word vir die mens, slegs deur die aanwysing
en leiding van die Heilige gees van die Verlosser, geopen, sodat die werklik,
Geesgevulde mense, weer andere daardeur kan aanspoor en prikkel,
om op hul eie beurt, hierdie opwindende ontdekkingsreis, na die ewige,
mees wonderlike, Geestelike skat in die hele oneindigheid, op tou te kan sit.
Daar is niks wat seker soveel waardeer kan word, soos `n skat wat met vele
moeite gesoek is, om ten einde laaste met groot vreugde, gevind te kan word nie.
Die Vader het in sy groot Liefde en Wysheid elke mens die vryheidsvoorreg
geskenk, om na sy eie goeddunke, deur alle moontlike inligting te kan sif,
om daardeur vir homself te kan besluit, wat geskik is, vir sy geestelike
selfontwikkeling, al dan nie.
Wee, daarom die een wat homself, in selfverheffing, bo sy naaste,
as `n pasaangeër wil aanstel, asof hy die alleenbesitter, van alle Wysheid
en kennis is.
Ja, wee ook die valse kerkleerstellings en raamwerke, wat hul lidmate
soos bindende voëltjies, met geknipte vlerke, in sierlike kerklike kerkers
en koutjies wil aanhou, om hul daardeur te beroof, van die volkome
heerlike voorreg, van die ondersoekende vryheidsdenke.
Ja, wee elkeen wat `n ander deur menslike leerstellings en bindinge,
van die voorreg wil beroof, van hul volkome geestelike vryheidsvlug,
na hul ewige salige bestemming.


Openbaring 445
Mammon het verloor, ja, Mammon het verloor.

Woensdag 1 Oktober 2008 16:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Vrolik is dit `n engelekoor wat blymoedig sing vir `n hemelgehoor.
Mammon het verloor, Mammon het verloor.
Dit is die lied wat hul uit een mond laat hoor.
So klink die versies van hul koor.
Eindeloos is die mens se koop en verkoop.
Terwyl die rykaards hulself van alles wat heilig is stroop.
Vir goud en silwer is dit wat hul vir ewig hul siel aan Mammon verkoop.
Daar is niks meer wat hulle na die goeie toe kan noop.
Satan word tot verantwoordelikheid geroep oor `n biljoene sielemoord.
Met `n klapgeluid breek die styfgespande finansiële koord.
Maar nog steeds probeer `n gevalle Mammon
die mens met valse hoop en leuens bekoor.
Al die beleggers van die wêreld word tot waansinnigheid getoor.
Verbete wil hul glo dat geld is tot aan die hemeldak vir hulle gestoor.
Vir die aandelemark sal hulle alles voor die voet uitmoor.
In die laaste doodsnikke van die tyd
wil hul nog steeds agter rykdomme in die dieptes van die aarde boor.
Die verottingstank van die wêreldbank raak nou baie-baie goor.
Vrolik is dit `n engelekoor wat blymoedig sing vir `n hemelgehoor.
Mammon het verloor, ja, Mammon het verloor.


 

Openbaring 446
Die aarde se volgende tydvak.

Donderdag 2 Oktober 2008 01:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Vanuit die oneindigheid van miljoene eons ontsnap daar `n sagte sug.
Kortstondig was dit maar net `n duisendjarige aardse verbeeldingsvlug.
Ootmoedig is dit oordeelsengele wat voor God se troon om aandag kug.
Die tyd het gekom om die aarde tot reiniging vir sy volgende tydvak te tug.
Soldate van Lig en duisternis nader mekaar vir `n enorme oorlog in die lug.
Oorkoepelend span God vir sy uitverkorenes
vanuit die materie na die Gees `n ontsnappingsbrug.
Dit terwyl die Satan die laaste bietjie lig en lewe
vanuit sy navolgelinge wurg.
In sterwens maar ook in barensnood,
is dit die aarde wat haarself oopskeur tot in haar diepste skoot.
Vanuit die hemel kom daar nou vir God se kinders `n genade reddingsboot.
Vanuit die nuwe Jerusalem
word vir die gereddes gebreek die ewige lewende Brood.
Maar om die kinders van Satan
vou die duisternis toe soos die digste ondeurdringbare lood.
Skaterend lag die prins van duisternis in die gestalte van `n misleidende Jood.
In sy hand hou hy vir biljoene `n ewige gewisse dood.


Openbaring 447
Swaar lê die pes en die dood.

Saterdag 4 Oktober 2008
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die plunder gaan verby en almal probeer die dood vermy.
Vir oorlewing probeer almal vinnig iets bymekaar nou kry.
Vir `n handvol meel sal vriende mekaar se keel afsny.
Brommers wat in donker wolke, gonsend om lewelose massas drom.
Dit is die dood wat in vele gesigte nou na die mens toe kom.
Verlate waai in vele stad en dorpe rommel rond.
Aan sy eienaar se lyk kou `n eens goedversorgde honger hond.
Van mens tot mens dartel die pes van mond tot mond.
Die dood slaan met `n ongekende pes `n diepe wond.
Vir hulp smee vriend en vyand haastig met mekaar `n bond.
Oor die hele aarde lê net lyke rond.
Die hele wêreld staan verstom
baie van God se kinders bly gesond.

 


Openbaring 448
Alles is net leë wind van illusie.

Sondag 5 Oktober 2008.
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In hierdie ergste tyd van alle tyd,
waar die mens wanhopig soos `n beseerde hond na alles om hom byt.
Waar die lewe in verval en afval om die mensdom bruis.
Is daar nêrens meer iets te vinde van die woorde rein en kuis.
Verslae en stom staan die mens tussen die chaos van los toue en tuie.
Sy eens goed georganiseerde wêreld stort om hom in duie.
Alleen en verlate word menig siel in die noodlotwiel tot niks vergruis.
Eentonig is die wysie van `n verlate klaaglied wat oor die wêreld suis.
In woede lig die mens teen die onreg lankal nie meer sy vuis.
Maar versigtig, deemoedig,
is daar `n paar wat hulself nou doelgerig inskuif onder hul kruis.
Die oë sekuur gerig op die baken van Goddelike lig, ja, hul Vaderhuis.
Met geloof, hoop en liefde, wat nou tintelend deur hulle are begin bruis.
Kom eens verlore sondaars nou as ligengele uiteindelik, ewig tuis.
Al wat nou vir die wêreld in sy chaos oorbly.
Is die eindtyd afval wat orals om die mens gedy.
In versnelde tyd en spoed,
gaan die wêreld nou vinnig sy einde tegemoet.
Ja, alles gaan nou vinnig verbrokkel en vergaan.
Die tyd het gekom en gegaan,
om die mens tot ommekeer te kon vermaan.
Ewig te laat raak dit vir die wêreldling om nader te staan,
met `n berouvolle traan.
Waansinnig gryp die wêreldkind
na alles om net te vind,
dit is alles net leë wind,
van illusie en waan.


 

Openbaring 449
Ja, ewig is ek U kind.

Dinsdag 7 Oktober 2008 10:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Knus as `n kleine embrio het ek eens in die liefde gedy.
Maar halsstarrig het ek my van die liefdesvoeding naelstring van U bevry.
Op die hoogste materiële branders van die aarde wou ek kom ry.
Onsigbare hemelwagters het U as beskermers oor my laat bly.
Maar ook teen hulle het ek weerbarstig gestry.
Daarom het U, in U liefde, U eie Gees, die heeltyd om my laat bly.
Met my eerste kreet op aarde, wou ek die ganse lewe verower.
Maar vinnig wis ek in die dood is al my pogings power.
Soos `n adelaar wou ek van die heel hoogste rots afgly.
Sodat ek as die beste tuimelaar oor die lugstrome kon gedy.
My vlerke wou ek oor U oneindige skeppinge oopsprei.
Kordaat vir myself `n vryheidsvlug deur u hemele voorberei.
Vry soos 'n arend het U my van alle bande bevry.
Sodat ek in my soeke my altyd in die vryheid van die liefde kon verbly.
In volle vlug het ek teen die wolke uitgeklim.
Ek het getuimel en gevind ek is net `n mossie in my val.
Steeds gaan haal U `n Goddelike goue stuiwer
vir `n klein gebreekte voëltjie, uit U groot heelal.
Gelouter kom saggies my fluistering,
soos `n herfsblaartjie wat krummel in die wind.
Hulpeloos soos `n kleine embrio, wil ek my ewig aan U Liefde bind.
U is my Vader, ja, ewig is ek U kind.

 

Openbaring 450
Die beeld in Daniël se tyd.

Woensdag 8 Oktober 2008 10:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Moeg gespook soos `n vis wat homself inbring.
Of soos `n selfmoordenaar wat die geweerloop na sy eie hoof toe bring.
Soos `n swart gat wat homself tot niks verslind.
Word die nasies deur hulself, tot hul eie ondergang verblind.
Aan die prins van duisternis het die Gog en Magog hulself ewig vasgebind.
Ja, meeste van die nasies is tot eenparigheid nou eensgesind.
Die son en maan is besig om hulself in oorlogskleure met bloed te tint.
In sak en as het die uitverkorenes hulself nou lank genoeg bevind.
Staan op, kom die opdrag nou aan die uitverkore kind.
In `n mensehand sal jul die oordeel van die nasies vind.
Aan Babel moet jy die etiket van die oordeel en die dood gaan bind.
Slegs aan die Ruiter van die witperd wapper die oorwinningslint.
God self gaan Hom in hierdie tye onder sy maagdelikes kom bevind.
As die kleinste klippie kom Hy
om die gruwelbeeld op sy swakke voete om te klink.
Oor die hele aarde gee die beeld van goud en silwer oordonderend mee.
Met alles in hul waarde skielik daarmee heen,
raak dit al hoe moeiliker vir die Satan om sy planne te kan smee.