
e-pos: judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 431
Wat wag nog in hierdie donker toekoms.
Maandag 15 September 2008 09:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Wat is daar nog vir die mens in hierdie donker toekoms oor.
Vir die sogenaamde vryheidstryd het hy sy alles teenoor die Satan verloor.
Van eeue oue volksidentiteite is daar niks meer vir die nuwe geslagte
oor.
Ja, in `n eenwêreldsisteem het die individu sy uniekheid
en sy siel vir ewig verloor.
Met menseregte en wêreldvryheid as `n slagspreuk,
het die wêreldorde die massas met breinspoeling getoor.
Die identiteit van volkere en nasies,
is vir die grondstowwe van die wêreld vermoor.
Van nasietrots en ware godsdiensvryheid
is daar niks meer vir die mens van oor.
Sy siel het die mens vir onnodige luukses
aan die sisteem met sy drogleer verloor.
Hul het vergeet hul God het ewig genoeg van alles
vir hul en hul kinders gestoor.
Desperaat het die Gees aan die mens gefluister
om nie hierdie laaste stryd te verloor.
Maar die wêreldslawe en zombies
wou glad nie meer die stem van God in hul harte hoor.
Eenmalig klink nou die lied van `n eenwêreldsisteem in `n selfvernietigende
koor.
Soos een man sal ons vir Mammon in die dieptes van die aarde na rykdomme
boor.
In brassery en dronkenskap, ja, in wêreldvreugde en jolyt,
het die mens die goeie stryd teen Satan kom verloor.
Hulle plaas hulle hande oor hul ore om nie God se stem te kan hoor.
In woede kyk hul rond om die knegte en ligdraers van God te vermoor.
Alles wat na Lig en Waarheid lyk dit wil hulle nou met geweld dood smoor.
Maar in ongekende blydskap, saggies neurie die hemel in `n engelekoor.
Terwyl hulle met vreugde kyk na die uitverkorenes
wat het vir ewig die waarheid in hul harte gestoor.
Terwyl mynmasjinerie in die dieptes van die aarde agter rykdomme aanboor.
Word die geboortekreet van die Melgisedek kind op hierdie aarde
deur die hele oneindigheid aangehoor.
Ja, heilig, heilig klink die hemelkoor.
God se lig en Waarheid word ewig in `n paar menseharte,
vir `n suiwer nuwe toekoms gestoor.
Openbaring 432
Rykaards gaan bakhand staan vir meel.
Maandag 15 September 2008 15:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die wêreldpopulasie word na die pokertafel genooi,
ja elkeen word gul genooi om saam te kom speel.
Die kaarte word wild geskommel om vir die wêreldling uit te kan deel.
Dit is die duiwel wat nou kat en muis met sy eie volgelinge gaan speel.
Menigeen se finansies stort in duie totaal en al geheel.
Oral gaan rykaards bakhand staan vir `n bietjie meel.
Hartverskeurend kom daar `n noodroep oor die aarde uit menig bedelaarskeel.
In die grootste wanhoop gaan almal nou van almal vir oorlewing steel.
Heeltemal te laat wil baie hulself nou onder die beskerming van God verseël.
Ja, in die fynste besonderhede gaan die wêreldling van nou af weet.
Sy persoonlike oordeel word vir hom tot op die laaste stippel aan hom
uitgemeet.
Hul oordeel gaan hulle tot op die laaste kriesel en krummel
sonder enige keuse moet eet.
Wie die God van hemel en aarde is gaan hul nou met sekerheid weet.
Ja, bankrot hardloop die hele wêreldbevolking rond vir iets om te eet.
Menigtes sit met die pes of een of ander dodelike skeet.
Ja, in menig kataklismes is die oordeel reeds aan die aarde uitgedeel.
Maar in die fynste besonderhede
word die enkeling se oordeel nou aan elkeen uitgedeel.
Openbaring 433
Die regeringsmens se hoogmoed en grootheidswaan..
Maandag 15 September 2008 20:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Skuif nou nader die boekrol, die griffel, pen en
die veer.
Daar is iets van die waarheid
wat die grotes van die wêreld nou oor hulself moet leer.
Ongelukkig is daar niks wat die regeringsmens
in sy hoogmoed en grootheidswaan tot voordeel vir homself kan leer.
Op wêreldmag en nogmaals ongekende mag, wil hul die hele tyd net teer.
Oor alles en almal wil hulle met hul korrupte kennis as `n god regeer.
Deur die wetenskap het hul die wêreld tot sy ondergang geleer.
Hul regstelsel, ja, hul wet en orde
is tot die ergste boewery denkbaar omgekeer.
Deur vrees en bewing word die wêreldmassas nou beheer.
Ja die regeringsmense se leuens en bedrog
word deur `n dun lagie waarheid toegesmeer.
Die swak en arme maak hul die heeltyd onder valse goedhartigheid net seer.
In afhanklikheid werp hulle biljoene slagoffers
gewetenloos voor hul op die aarde neer.
Deur hul eie hulpbronne word die armes as slawe in hul eie lande beheer.
Deur die kerke word die kamma grotes voorgehou as verlossers
en selfs hul liewe heer.
Die tyd het nou gekom om hierdie monsters
in hul gruwelwerke en bloedspoor te keer.
Dit wat bo was, word nou flink deur God se oordeelsengele na onder omgekeer.
Die blink regeringsmenere word deur hul eie gemors geteer en veer.
Waar is tog nou al hul grootheidswaan en hul twyfelagtige verwronge eer.
Wie gaan die massas in hul bloedlus nou van hierdies wegkeer.
Deur hul eie wrede wetgewing word hul nou self as die veroordeeldes
getrakteer.
Ewig verby is vir hulle die pad van berou en omkeer.
Soos redelose trekdiere moet hul, in hul eie geskepte helleweg voortbeur.
Droewig is hul klaaglied wat troosteloos, tevergeefs, deur die ewighede
skeur.
Ja, deur hul eie hartelose sug na mag en beheer,
het hul die pad na salige Verlossing vir ewig verbeur.
Openbaring 434
Dertig silwerstukke was oneindig swaar.
Dinsdag 16 September 2008 10:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Dertig silwerstukke was oneindig swaar
en `n gemoed was rou, stukkend en seer.
Met sy smadelike loon wou `n man eens met berou die tyd omkeer.
Te laat was sy berou, ja, ewig te laat was dit vir hom, om hom om te keer.
Vir Mammon en beheer het hy verraai sy Meester, ja, sy God en Heer.
Die lewe het hy verloën daarom moes hy homself maar na die dood toe keer.
Die bloedpad van Judas
word nou deur miljoene in hierdie uitverkore kronieke betree.
Trane van berou gaan hulle binnekort oor hulle waardelose geld afvee.
Met `n leë hart en `n leë hand gaan hulle nou die weg van Verlossing wil
betree.
Maar te laat gaan hul droefnis en hul berou nou wees.
Die lydensweg na Golgota wou hulle nie saam met hul Verlosser betree.
Met Mammon aan die hand het hul spottend `n kus oor God se wang gevee.
Vir geld het hul, hul siel ewig aan Satan en die hel gegee.
Met `n koord van smart gaan hul nou van die lewe na die dood oor tree.
Maar eenkant word op `n esel `n maagd met `n nuwe wonderkind gepak.
Aan `n droë dooie wêreldwingerd is daar nog `n klein groen lewende tak.
Versigtig word dit gepluk om op God se hemelrak weg te pak.
Die son van genade is besig om oor hierdie wêreld weg te sak.
`n Engel met sy oordeel staan alweer nader met sy bak.
Hoeveel word daar hierdie keer vir die verderf nader gehak.
Die dood is dit wat klaar weer wellustig met sy lippe smak.
Terwyl die wêreldling wanhopig en vreesbevange na uitkoms snak.
Die hele wêreld verbrokkel stadig maar seker tot `n nuttelose wrak.
Dertig silwerstukke word nou smartvol uit menig wêreldbeurs gepak.
En die nuttelose leë sak word vir die verderf nou met doodsbeendere
volgepak.
Openbaring 435
Gebed vir die uiterste nood wat voorlê.
Woensdag 17 September 2008 23:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vinnig wyk die dag en spoedig is dit oor die hele aarde nag.
O Vader wees in hierdie erge tyd wat op die wêreld wag,
U kudde tog net barmhartig en genadig.
O Ewig God van ons heil,
verlos ons van dit wat nou voortdurend in die donker teen die lig nou skuil.
Versamel U verseëldes en red ons van die valse engel van onsuiwer lig,
met sy bende duister blindes.
Wat ons wil laat val met behulp van sy huigel en leuenagtige
kerkinstellings.
Die hoer van Babilon en haar politieke drogleerstellings. Die wat daarop uit
is om ons te beroof van ons regmatige erfenis. Ja, ons vryheid en ons
verblyf hier op aarde, sowel as in die geestelike ryk, ewighede gelede
deur U verseël. Soos deur U self beloof aan ons oereerste patriarge,
deur vele geslagte en duisende jare heen.
Tot en met nou waar ons nou in hierdie laaste tyd van die tye,
klein en in ootmoed voor U ween.
Bring in hierdie erge tyd O Skepper en ons Verlosser
op ons hoofde neer u ryklike seën.
Terwyl die hele wêreld voor Satan in aanbidding val, help ons dat
ons dapper vir U ons God sal staan, al is dit tot in die dood se dal.
So baie bitter klein is ons getal,
help ons dat daar nie nog een van ons die bose ten prooi sal val.
Ja, bewaar ons teen die donker magte,
wat in waansin gaan wees bloeddorstig en mal.
Help ons teen ons eie klein- en ongeloof,
ja, help ons dat ons moedig sal opkyk na U troon,
U ons ewige Verlosser en ons enigste Hoof.
Terwyl magtige storms woedend om ons gaan loei,
en die son die wêreld om ons stukkend gaan skroei.
Ja, terwyl bliksemstrale die aarde gaan oopkloof,
leer ons in hierdie tyd, om U ons Vader en ons God
met blydskap jubelend te kan loof.
Openbaring 436
Wêreldmense se sinnelose gejaag na die mode.
Vrydag 19 September 2008 10:45
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die wêreldmode van die dag lê op die mode-aap se siel beslag.
Daar is nie een onder hierdies wat opreg op die koms van God nog wag.
Vir die wêreldburger lui die leuse sonder enige keuse.
Elke dag is daar iets nuuts kom open nou haastig julle beurse.
Vandag se ergste modeflater was gister nog ''hipercool''.
Ja, maak vinnig, kom wees `n modeaap, ja, `n wêreldsisteem "fool".
Soos narre hardloop die wêreldpopulasie na elke nuwe aapstreek en
modeskok.
Met sinnelose giere en modes maak hul van hulself `n belaglike eenwêreldbok.
Hoe hard hierdies ookal met hul massa standpunt probeer.
Nie een van hulle kan onafhanklik, individueel, kreatief funksioneer.
Soos poppe aan `n tou laat hul, hul deur hul wêreldmeesters beheer.
Terwyl hulle met die onafhanklike denker die gek probeer skeer.
Ja, die wêreldmens is niks anders as `n siellose outomaat.
Vir elk van hul optredes maak hul soos massa-klone op die wêreldsisteem
staat.
Hul leë poliepebestaan op hierdie aarde is diep te betreur.
Daar is nie een onder hulle wat Ek as `n uitsonderlike pêrel gaan goedkeur.
Hul vryheid van keuse het hulle onder wêreldbeheer vir ewig verbeur.
Uit die boek van die lewe word hierdie siellose miswolke vir ewig geskeur.
Soos gister se modes sonder enige sprankel of geur.
Is daar niemand in die hemel wat oor hierdie totale leë miswolke gaan treur.
Openbaring 437
My duidelike opdrag aan My kinders..
Saterdag 20 September 2008 10:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Met `n trompetgeskal en hul banier omhoog, onder vlag en vaandel wil al
wat leef en beef, ja, goed en kwaad nou na vore tree, om hulself in heers
en hoogmoed oor die aarde uit te kan gee. Maar aan My kinders is dit wat
Ek weereens baie duidelik die opdrag gee, om julle self op elke gebied van
dit wat die wêreld bied, daarvan moet julle, julself van distansieer. Hoe
eerbaar die gesindheid ookal is, waar die geveg gaan om materiële gewin
is dit Satan wat op die einde van die dag, elke wêreldvegter se siel vir
homself gaan win. Tussen Lig en duisternis is die geveg in volle gang in
die lug. In die geestelike realm moet jul nou as dapper vegters vir die
Lig na vore tree en die onvernietigbare wapens van geloof, dit sal Ek aan
My kinders tot die ewige val van Mammon en sy materiële wêreld gee.
In illusiemag en krag staan Satan met ontelbaar duister vegters oor die
hele
wêreld vir die laaste geveg paraat. Om `n handvol edelvegters uit die
mensdom vir God bymekaar te maak, daartoe is die beste engele nie toe
instaat. Maar in reiniging het My sifting oor en oor, oor die mensdom
gegaan en `n kleine Gideonsbende sal Ek weer tot die suiwerste suiwer,
uitsuiwer. Met die heel suiwerste van siel en gees, daarin sal `n grote
materieel gesinde wêreld sy ewige ondergang in lees. Daar is `n klompie
mense vanuit die wêreldbevolking wat vanuit die suiwer Lig van God navore
gaan tree. Om hierdie einde van die tydvak, as engele in die vlees, vir
die enigste God van hemel en aarde op te kan tree. So, wee die wêreld se
trompetgeskal, ja, wee, hul vaandel en hul vlag, ja, wee ook elke
slagspreuk en hul banier. As oorwinning oor die Satan, gaan die Lig uit
hierdie heilige houers, oor die hele wêreld seëvier.
Openbaring 438
Elke soort kom waar hy hoort.
Sondag 21September 2008 8:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die gordyn is afgeruk en die siel is ontbloot.
Alles wat die mens huidig in hom stoor,
goed of kwaad word nou na vore gestoot.
Openlik gaan elkeen nou verklaar of hy aan die duiwel of aan God behoort.
Ja, die sekel slaan om alles tot op die been oop te kloof,
sodat goed en kwaad elkeen na sy eie soort bymekaar kan behoort.
Die maskerade is klaar en die maskers word nou afgehaal.
Honend is dit die verderf wat deur sy helkinders vir die lig en lewe smaal.
Maar onoorwinbaar en suiwer
is dit die Lig wat tot lewe nou op die opregte kinders van God neerdaal.
Die koppe spat en op die politiek kom `n liederlike klad.
Met moord in die hart skud vriend en vyand skynheilig mekaar se hand.
Spoedig stap die hele wêreld op die valse vredevors se verdoemenis pad.
Dit is die tyd! dit is die tyd!
Die massas jil en hou jolyt.
Die laaste waarheid en die lig word vanuit die regstelsels uitgesmyt.
Tussen koud en warm
word die draadsitters ook vir ewig saam die vuil badwater uitgesmyt.
Dit wat lou is word uitgespuug om in die stof van die aarde te byt.
Bitter die berou en groot is die spyt en selfverwyt.
Terwyl hulle in droefenis na die opregte paar getroues van God nou kyk,
die genade van God het ewig van hulle weg gewyk.
Liefderik wil hul met die hand oor die dood as beste vriend nou stryk.
Maar moedswillig is dit hy wat in hul benouenis oomblikke nou van hul afwyk.
Hoe groot is nou hul begeerte
om in die liefdevolle genade oë van God te kan kyk.
Maar die toppunt van goed of kwaad, dit kon hulle nie in hul siel bereik.
Was hul maar koud of was hul maar warm,
maar omdat hulle lou is, moet hul as spuug ewig in die stof van die aarde
wyk.
Die tyd het gekom en die mens is van sy laaste lagie vernis ontbloot
en alles wat die mens in homself stoor,
goed of kwaad word na vore gestoot.
Elkeen sal volgens sy liefde by sy einddestinasie kom,
ja, daar waar elkeen by sy eie soort hoort.
Openbaring 439
Ja, elke bose sweer word nou oopgebreek
Maandag 22 September 2008 10:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In die jaloerse haat en nyd wat daar nou oor die hele wêreld heers, kom
alles en almal se ware kleure nou na vore en daar is niks bedek wat nie in
hierdie tye geopenbaar gaan word nie. Ja, elke bose sweer word nou
oopgebreek, sodat al die boosheid na die oppervlakte kan breek. In hierdie
tyd gaan die heilige engele van die hemele, hul hoofde in afgryse bedek,
by die aanskouing van die ontbloting, van dit wat met `n dun lagie van
kwansuise deernis en goedheid, vir die mensdom verberg was. Ja, die
ontbloting van wêreld raamwerke en strukture, vanaf die hoogste
wêreldvlak tot en met waar dit deurgevoer word, na die verskillende
wetgewingstrukture en die daarmee gepaardgaande orde. Ja, ook die
verdedigings en ontwikkelings sisteme, sowel as die gesondheids raamwerke
met hulle onderskeie wêreldhulpfondse, asook die verskillende geestelike
raamwerke, vanwaar dit weer vertak, tot en met die wêreldwye kerke en
selfs die kleiner geloofsgroepe. Op geen sosiale vlak in die wêreld is daar
meer enige vorm van opregte suiwerheid oor nie, ja, ook nie in die skone
kunste of die kultuur nie en nog minder op ontspanningsvlak, sport, of
enige speles nie. Daarom word daar nou `n engel vanuit die hemel, met `n
oordeelsnaald, na die huid van kwaad, tot genesing vir `n baie siek aarde
gestuur. Met wrewel sal hy die bose sweer steek, sodat die oënskynlike
gesonde maar dun en siek vel kan oopbars, om die walglike vrot pappery van
`n bose eenwêreldorde, onder die direkte aanvoering van Satan en sy bose
magte te kom ontbloot. As `n ongeneeslike vinnige kanker, sal die vuil
stroom van hul eie gruwel etter, ja, dit wat hulle in boosheid tot stand
gebring het, hul tot hulle eie vernietiging en ondergang, ewig, tot in die
hel oorstroom. So sal Ek die aarde vir die toekomende tydvak van alles
wat vuil en onrein is, vir `n duisendjarige vredestydperk kom reinig.
Openbaring 440
Weet wat jy in jouself bevat.
Dinsdag 23 September 2008 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Slegs die wat dit reeds in hulself huisves, sal die volgende woorde kan
verstaan. Soos wat `n enkele d.n.a. as bousteen, al die nodige informasie
van die totale liggaam bevat, net so is die Adam as `n enkelvoudige
bousteen, ja, `n kleine replika van sy Skepper, as `n onafhanklike wese op
hierdie aarde geplaas, om homself in volkome vryheid, na `n eie en unieke
persoonlikheid te kan ontwikkel, om homself daarna, na eie keuse, in `n
werksamige of nie werksamige geestelike orde te kan plaas. Die verganklike
vlees, wat as `n tydelike woning vir die siel en gees op hierdie aarde
dien, is bloot, opsigself, net `n tydelike illusie en staan daarom in sy
verganklike vorm, bloot as teenpool van die verganklikheid, teenoor die
onverganklike, ewige, onsterflike lewe. Die totale wese of sfeer van die
mens, bestaan dus alleenlik uit die siel en gees, wat aan sommige beter
bekend is as die onderbewussyn en hierdie geestelike omhulsel is op sy
beurt, die houer van alles, van dit, wat die wese in homself bevat en
huisves. Weet daarom dat dit wat jy in jouself bevat, die totaliteit van
dit is, wat jy is, en daarom is dit altyd jouself, goed of kwaad, wat jy
vir andere, vanuit jouself tevoorskyn bring. Daarom het Ek julle dikwels
vermaan, dat `n mens `n boom aan sy vrugte uitken en ook dat daar vanuit
een fontein, nie soet of brak water tevoorskyn kan kom nie. Dink daarom
daaraan dat wanneer julle My om geestelike leiding vra, om die volgende
woorde in gedagte vir julle self te hou. 'Verbreed my geestelike grense,
sodat ek meer van U Goddelike Gees, in my nog klein en onontwikkelde
menslike sfeer kan bevat. Ja, verbreed asb. my geestelike sfeer ook in so
`n mate, sodat ek nie net vir myself nie, maar ook vir ander as `n
geestelike herbergier, in U diens kan staan. Ja, sodat ek hulle tydelik,
met U Wysheid, in hul geestelike groei kan akkommodeer, totdat hierdies
weer op hul beurt, op dieselfde wyse diensbaar kan raak, aan die, wat U
in U wysheid, weer aan hulle toevertrou het. Sodat daardeur U heilige
Melgisedek Priesterorde, deur middel van `n kettingreaksie, alle bindende
materiële grense kan oorskry'. Daar is niemand wat God deur sy eie
toedoen, van onder na bo, vir ander kan uitlig nie, maar elkeen wat die
Allerhoogste, in nederige liefde en ootmoed, vanuit sy opregte wese aan
ander oordra en bely, so een het vir homself `n oneindige skat in die
geestelike hemelryk voorberei. Weet daarom dat jou totale wese, bloot dit
is, wat jy as eiendom binne jouself dra, en dit ook al is, wat jy vanuit
jouself, vir ander, te voorskyn kan bring.
![]() |