
e-pos: judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 421
Die natuur kom die mensdom nou leer.
Woensdag 3 September 2008 23:55
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Woedend is dit donderweer wat daar knal.
Alsembitter is die dood se gal.
Soos kaartehuise wat in mekaar val.
Verander stad, dorp en bos in `n dodedal.
Wind en weer wat in onbeteuelde woede loei.
Alle infrastruktuur was die hele tyd op niks geskoei.
Waaraan gaan duisende drenkelinge hul vir redding boei.
Tevergeefs gaan heel gemeenskappe teen die dood nou stoei.
Die storm trek verby en orals steek daar net dakke uit.
Gulsig stap die dood weer weg met `n enorme buit.
Bring maar nader die volgende tevergeefse reddingskuit.
Nuwe winde is dit wat klaar weer woedend om die mensdom fluit.
Terwyl menigtes nog droewig hul neuse oor hul dooies snuit,
val daar nuwe reën soos riviere vanuit die hemel op die mense uit.
Om nog en nog, deur kataklismes vir die dood te buit.
In hierdie chaos begin die massas baldadig muit.
Daar is geen gereg wat hul in hul waansin gaan kan stuit.
Ja, bliksemstraal en donderweer wat deur die hemel skeur.
Winde wat gebou en bos tot niks omkeer.
Wie is daar wat hierdie storms van die aarde weg kan keer.
Die natuur is dit wat die mensdom nou `n dure les kom leer.
Openbaring 422
Die hopeloosheid en smerigheid van politiek.
Donderdag 4 September 2008 00:15
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Tussen geboorte en die dood is die lewe eenmaal nou `n noodsaaklike moet.
Die einde van alles hiervan is meeste van die tyd bitter soet.
Halfmas hang `n donker vlag en lank is die begrafnis stoet.
In `n regerings persoon gaan `n baie belangrike mens nou groet.
Meer as dikwels moet die hoë lui ook met hul lewe boet.
Deur eiewin raak die politiek net al hoe meer deurmekaar.
Om die heeltyd bokant die opposisie te bly raak net al hoe swaar.
Is die vyand van `n ander land,
of is hulle aan mekaar verband.
In Amerika speel die een hand teen die ander hand.
Oor en weer smee vriend en vyand met mekaar `n smerige band.
Versigtig voel almal mekaar aan die tand.
Terwyl hul skynheilig in valse vriendskap, skud mekaar se hand.
Die laagste skuim hou hul in die politiek as die hoogste stand.
In alles is hul teen mekaar, maar eenparig staan hul teen God gekant.
Menig regeerder se hart word deur die Opperwese tot klip verhard.
Die situasie op aarde raak net alhoemeer benard.
Al die volkere en nasies raak nou heeltemal verward.
In oorlog kom daar baie smart.
Die een koning is dit wat `n ander koning uitlokkend tart.
Kleiner lande dink in bondgenootskap lę daar dalk vir hul `n bietjie hoop.
Soos klein hondjies spring hul nou op die grotes se skoot.
Maar in 'n groot regeringsman se dood, verdwyn baie lande se laaste hoop.
Openbaring 423
Goeie werke of voorspraak beteken niks.
Donderdag 4 September 2008 10:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Nog voor die groot sondeval is `n nederige Boom as reserwe
vir die onsterflike lewe in die oneindigheid gesit.
Ja, die nederigste Engelesiel is eenkant vir hierdie enorme taak gesit.
Teenoor die glansrykheid van Lucifer, die draer van die lig,
is Hy as `n flou afskynsel van die Skepper eenkant vir `n noodgeval gesit.
In eenvoud is Hy as mensekind, as die Soewereine Waarheid
op hierdie kleine aarde gesit, om as oorwinningsbrug
die mens weer na God toe terug te kan bring.
Ja, as die kleinste hemelwagter en nederigste kind, is die Seun van God,
as die Eersteling op hierdie aarde gesit,
om alle sonde, ewig op hul plek te kan sit.
In hierdie tyd is grote engele ook op hierdie aarde gesit,
om dieselfde as die Boom van die lewe te probeer verrig.
Hoe groot en goed hulle pogings ookal is,
moet elk van hulle in hul diepste wese wis,
dat daar nie een enkele kind by God,
deur hul goeie werke of hul voorspraak is.
Omdat daar slegs een Verlossingspad terug na God toe is,
kan hul as `n goeie gids, die blindes van die węreld,
oor die goeie Brug na God toe sit,
sodat daar menigtes nie op hierdie grote voorreg uit kan mis.
Saam met die Eersteling, wie die enigste Goeie Herder is,
sal hul nou wis,
dat hul ewig saam met hul oudste Broer,
nou werktuie van die ewige Lig en Skepper is.
Openbaring 424
Eindtydgeeste se pligte as werktuie op aarde.
Donderdag 4 September 2008 13:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Elkeen van die uitverkorenes het sy regmatige plek voor die aangesig van
God en die een is nie meer belangrik as die ander nie. Die Vader in sy
almag en wysheid weet, presies vir wie het hy met wat, deur Sy grote wil
in hierdie tye toegerus. Moet daarom nie in nyd mekaar se taak begeer.
Wie is daar wat begeer om `n leier in hierdie tye te kan wees, terwyl hy nie
daarvoor toegerus is, of, in die minste daarin belang stel, om `n enkele
mens, laat staan nog `n hele volk se probleme, elke dag van elke jaar, uit
te sorteer. Al die eindtydgeeste is as werktuie op die aarde in hierdie
tye gesit en party het die vermoë om te vertroos. Ander weer om die
krankes te verpleeg en te genees. Ander is weer daar om die gewonde siel
van hul naastes te heel. Daar is party wat moet voed, terwyl ander weer
met liefde moet versorg. Ander is weer daar om met die geduld van die
onderwysgees te lei en te onderrig. Daar is die wat vir My dapper tot die
dood moet staan en ander wat weer deemoedig vir die lewe hier op aarde
moet bly sit. Almal is egter so besig om op die hoogste sitplek te wil
sit, dat die een nie wis, watter ongelooflike skat daar in sy broer of
suster sit.
Ja, daar is een wat sonder keuse vir My sal profeteer,
maar die een wat deur sy eie keuse ander vals wil leer,
word vinnig deur die waarheid tot die leuen onteer.
Die een wat valse genesings deur God besing,
word vinnig op sy beurt deur eie siektes tot `n val gebring.
Die een wat homself as `n valse gesalfde koning na vore wil bring,
sal saam met sy domme navolgers in die verderf en hel inspring.
Wil die mond sy spraak nou aan die oog kom leer?
Of wil die maag die long kom leer hoe om die kos te verteer?
Maar die ergste van alles is, wie is daar wat God wil leer,
hoe om sy eie instrumente op hierdie aarde te beheer.
Laat elkeen homself daarom na sy binnekamer keer,
sodat God vir hom sy taak hier op aarde kan kom leer.
Ja, alles in hierdie tye onder God se kinders moet wees,
om mekaar en so hul God tot waardigheid te stig.
Hierin sal hul as `n onbreekbare eenheidsband,
vir die węreld tot `n voorbeeld staan,
in God se ewige Waarheid en Sy Lig.
Openbaring 425
Gebruik jy dalk God se naam ydelik?
Sondag 7 September 2008 22:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vanaf die heel vroegste tye is die allerhoogste Skepper van hemel en aarde
aan die mensdom as die ewige groot 'EK IS' voorgestel. Deur baie eeue heen
is hierdie heilige aanspreekvorm deur verskeie instellings en geskrifte
met die titel 'heer' vervang, wat tot en met vandag, deur die meeste
kerklike instansies, sowel as raamwerke, as die aanvaarbare aanspreekvorm
van die Godheid aanvaar word. In die wet aan Moses deur die Godheid aan
die mens gegee, word daar pertinent deur `n sekere wet, die volgende
opdrag aan die heilige volk gegee. Jy mag die naam van jou enige Skepper
en God nie ydelik gebruik nie, omdat die een wat dit doen, nie ongestraf
sal bly nie. Om die een of ander rede het die mens die pad heeltemal
byster geraak, aangaande die heilige naam, asook die regte toepassing van
hierdie wet en die woord ydel, is in direkte verband met die woord laster
gebring. Op verskillende plekke in die skrif word daar wel ook melding
omtrent die laster, asook lasterlike aantygings gemaak en wat in `n
heeltemal ander konteks, as die woord ydelheid en ydelik verstaan behoort
te word, soos waarna daar bv. in die algemene brief van Judas, in vers 8
en 10 verwys na word. Om iemand dus iets lasterlik toe te voeg, is om so
`n persoon in die ergste graad, voor ander te na te kom, deur die betrokke
persoon, op `n onwelvoeglike en onaanvaarbare wyse te beledig en te
beskimp en daardeur sy naam en persoon skade te berokken. Ook om `n
persoon te vloek of te vervloek, kom op laster neer. Wanneer die mens
homself egter aan die ydelheid skuldig maak, is dit wanneer hy ten aansien
van homself, homself altyd op die een of ander manier deur ydelheid op die
voorgrond wil plaas. Die ydel mens beskou homself in `n verhewe opsig altyd
as mooi, goed, beter, slim, gewild, ja, daar is teveel eienskappe aan
hierdie woord ydel gekoppel, om dit op te kan noem. Om enige iets op `n
ydele wyse uit te druk, of aan te wend, is altyd daarop gemik, om die eie ek
se aansien, ten koste van die naaste, te verhoog. Indien die mens dus op
enige ydele, ligsinnige wyse, of dit nou op `n direkte of indirekte wyse,
aan die Allerhoogste se naam of sy hoedanigheid as die Godheid gekoppel
word deur misbruik daarvan te maak. Om hom of haarself se eie
aansien, bo die van die medemens te verhoog, maak hy homself skuldig aan
die bogenoemde wet en plaas homself daardeur, onder die gepaardgaande
oordeel. Die prins van die duisternis en die leuen se mees pertinente
eienskap, was en is ook die van die ydelheid, pronksug en hoogmoed.
In die oerbegin wou hy dan ook sy ydelheidstroon, ten koste van die heel
Heiligste naam, bo die van die ewige Skepper stel, vanwaar hy dan ook tot
sy ewige oordeel, vir ewig neergewerp was. Wee daarom die mens wat
homself ydel wil verhoog, om vir homself valse salwings onder die naam van
God toe te eien. Wee ook die wat hulself vanaf die priesterlike amp tot
en met die pous, in ydelheid onder die grote naam van God, bo sy medemense
wil aanstel en verhoog. Ja, wee elkeen wat homself ydelik, bo die troon
van die Skepper, deur die ydelike misbruik van God se naam wil verhef.
Openbaring 426
Sielloos is die wind van die węreldkind.
Dinsdag 9 September 2008 09:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Doelloos is die nimmereindigende gejaag na die dooie materiële illusie en
sielloos is die wind van die węreldkind. Gekamoefleer onder die mooi woord
ontwikkeling, sluip die onversadigbare rykaards van die aarde rond,
om die aarde gewetenloos tot sy ondergang te wond.
Ja, soos parasitiese poliepe wil hul om die minerale rykdomme van die aarde
en die daarmee gepaardgaande ontwikkelings vaskleef.
Nimmereindigend is die absorberende vermoë,
van die onversadigbare vraatsug waarna hul voortdurend streef.
Ootmoedig kniel hul voor hul god Mammon neer.
As offergawe lę hulle, hul siel, sowel as die van hul kinders onderdanig
neer,
voor hul gruwelgod en węreldheer.
Deur fyn beplanning en bose lis word die wees en die weduwees,
ja, die wat arm is na liggaam en vlees,
word deur hierdie rykaards van hul eiendom en land gevee.
Om die armes te beroof, kom elke keer die rykaards
as `n hulpvaardige valse engel van die lig na vore getree.
Maar binnekort word elk van hulle
met die armoedige verrottingskleed van die hel geklee.
Deur goud en platina wou hulle mos die hele węreld beheer
en minagtend het hul die rug op God gekeer.
Maar huidiglik is dit die noodlot wat vir ewig die wiel teen hul gaan keer.
Deur ru olie dink hulle, dat hul die węreld om sy eie as laat spin,
maar in die verrotting van hul menswees en vlees
gaan hul die nimmereindige wurm van die dood nou win.
Skrikwekkend kom op die aarde neer God se oordeelsvuis.
Om hierdie węreld van al wat parasiet is te kom ontluis.
In vlerkgedruis kom oordeelsengele soos die wind wat suis,
om in die ergste storms denkbaar, fabrieke en myne te kom vergruis.
Terwyl die aarde in sy baan kantel en val,
kom daar biljoene tot stilstand in die dood se dal.
Ja, terwyl woedende storms tot vernietiging loei,
is dit die effektebeurs wat kruipend op sy knieë
tevergeefs deur chaos na bo probeer stoei.
Een te veel is een te veel.
Die węreldorde het van God se kinders probeer steel.
Die skale word deur God tot werksaamheid beveel
en die eindtyd oordele word nou hierdie węreld se deel.
Openbaring 427
Saggies laat die engele van hulle hoor.
Dinsdag 9 September 2008 12:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die hemelkoor sing terwyl `n engel sy skaal op die son uitgooi.
Met `n vuurstraal van die son,
word mens en dier tot magteloosheid gebrand.
Brand, brand, die aarde is aan die brand.
Op `n warmwind kom die oordeelskoor,
laat elkeen wat daarom wil, nou hoor.
Die kwaad is besig om teen homself te verloor.
Ja saggies laat die engele in mimiek nou van hulle hoor.
In sonontploffings kom die sonstrale nou tot teenaan die aarde se wand.
Hy skyn en skyn en laat alles op die aarde brand.
In sy eie wanhoop raak die sondaar nou gestrand.
Oor see en land,
oral is die lug nou aan die brand.
In woestynland, is dit die sand wat tot lawa brand.
Op plekke waar die sneeu sal val,
ook daar sal die mens stukkend brand.
Die boek van Openbaring doen homself gestand.
Brand, brand die hel is op die aarde aan die brand.
Wanhopig hou die węreldling om hulp, na God sy hand,
waar is nou al die węreldse wysheid en hul verstand.
Deur hul tong probeer hul om met laster,
God se naam tot oneer te brand.
Rivier en waterfontein word tot bloed gebrand.
Soos `n skaal hou die dood,
die dood in elke hand.
`n Hemelskaar sing terwyl `n engel sy skaal op die son uitgooi,
brand, brand, die hele węreld is aan die brand.
Openbaring 428
Waaroor is dit wat die węreld smaal?
Woensdag 10 September 2008 11:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Armoedig staan die węreldpopulasie vaal, bleek en kaal.
Hoe gaan die groot moondhede nou staal vanuit hierdie pype haal.
Treurig klink die lied van menig bankrot mense se tragiese verhaal.
Teen verwoede elemente gaan die mens homself nou die hele tyd moet staal.
Waarmee kan hy sy Skepper vir sy enorme foute betaal.
Ja, sy taak hier op aarde het die mens heeltemal gefaal.
Tot die geestelike vlak van Lucifer is dit wat die mens nou daal.
Oor die geloof in God is dit wat die węreld nou smaal.
In die atmosfeer gaan hang die reuk van bloed en swael.
Die aarde word getref deur enorme stene van hael.
In Afrika kom die dood baie deur die honger haal.
Ook in Europa raak die kos net alhoemeer skaars.
Die ryperd van die dood vertoon in siekte bleek en baie vaal.
Sonder tussenposes is dit oordeel en ellende wat op die węreld neerdaal.
Tussen positief en negatief lę `n natuurwet van ongekende staal.
Deur inset en uitset lę `n ondeurdringbare skeppende
en vernietigende verhaal.
Versteurde ordes is al wat die wetenskap vir homself
deur eksperimente op die hals gaan haal.
Oral, oral is dit die dood en ellende
wat in hierdie tydvak op die aarde neer gaan daal.
Openbaring 429
Nader gesluip kom die eindtyd draak.
Donderdag 11 September 2008 14:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Nog `n bietjie sluimer nog `n bietjie slaap.
Wie is daar wat nog getrou op die koms van die Meester bly waak.
Terwyl die ganse mensdom in breinspoeling rustig slaap.
Kom onheilspellend nader gesluip die eindtyd draak.
Om vir die bose alles wat daar is op te kom raap.
Vir die węreldling word genot in oorvloed gebied na elkeen se smaak.
Ten koste van hul siel maak menigeen van homself `n pronkerige węreldaap.
Satan wend alles aan om `n ieder en `n elk vir sy saak te kaap.
Nog `n bietjie sluimer, ja, nog `n bietjie slaap.
Hoeveel voorbereide maagde is daar oor wat op die koms van God nog waak.
Na die węreld van genot het menigeen gegaan soos `n gulsige paap.
Die Bruidegom is aan die kom
waar gaan hul nou geestelike olie bymekaar kan skraap.
In hierdie rampspoedige tyd is dit skielik ook die kerke wat staak.
Die duiwel hou homself stuitig soos `n onnutsige knaap.
Terwyl hy nog en nog, ja, alles vir die verderf bymekaar kom skraap.
Hy speel en lag en dink by homself hy sit God met sy oorwonne getalle in
skaak.
Prettig steek hy met alles wat rein en heilig is die draak.
Ook die eindtyd kind van God wil hy vir die verderf kom kaap.
Maar op hierdie aarde is nog `n paar getroue diensmaagde
wat lojaal vir hul God nog waak.
Soos dapper helde staan hul vir God se saak.
Die węreld spot en lag en steek met hierdie heiliges die draak.
Maar uit hul is dit wat God beskermings en oordeels engele gaan maak.
Ja nog `n bietjie sluimer en nog `n bietjie slaap.
Wie is dit wat nog regtig in hierdie tye op die koms van God nog waak.
Openbaring 430
God met sy swaard van skeiding.
Saterdag 13 September 20:50
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die eindtyd węreldbrousel raak in sy gistingsproses goor en suur.
`n Oordeel tugroede word nou na die aarde
vir die mensdom tot pyniging gestuur.
Die węreld staan nou met sy rug teen `n ondeurdringbare muur.
Vinnig nader nou vir die węreld sy laaste onkeerbare pynlike uur.
Satan is dit wat nou woedend na die uitverkorenes moorddadig gluur.
Vir `n duisend jaar gaan hy nou sy onaangename gevangenis moet verduur.
Ontelbaar baie oordele word oor die aarde as reinigingskuur gestuur.
Ja, die prys wat die aarde vir sy sonde gaan betaal is baie-baie duur.
Węreldwyd lui die eindtyd klokke met `n brutale doodstyding.
Tussen goed en kwaad orals kom daar nou vir ewig skeiding.
Daar is die wat in hierdie laaste tyd
desperaat bid vir bystand en die regte leiding.
Van die juk en las van sonde vra hulle nou om bevryding.
Na hul Verlosser roep hul luid:
kom bevry ons van ons verdrukking en ons lyding.
Stuur asb. aan die hele węreld die Verlossings, bevrydingstyding.
Ja God gaan na die aarde kom met sy swaard van skeiding.
Nader al hoe nader kom die laaste eindtyd voorbereidings.
Salig kom vir God se kinders ewig nou hul blye bevryding.
![]() |