e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  


Openbaring 41

Daarom is julle vandag slawe.

6 Julie 2007 9:00

 http://www.openbaringe.co.za/

 

Judith de Beer

In antwoord op jou gebed wat jy sopas aan my gerig het waar jy pleit vir jou

volk wat in die diepste modderpoele van dwelms, homoseksualiteit en vele

ander sondes verkeer en jy My beskuldigend aankyk asof Ek die oorsaak van julle ellende is, wil Ek net vir jou die volgende sę:


Ek het reg gedoen om hierdie ellende oor julle toe te laat, sodat julle daardeur die oë kan open en julle bewus van julle verkeerde weë kan word en julle sodoende daarvan sal bekeer.

 

Ja, die afgelope dekades het julle volk onder die leiding van julle regeerders, predikante, regters en dies meer, (en met julle skriftelike
goedkeuring by die stembusse) nie meer die wet wat deur My aan julle gegee was, onderhou nie.

 

My groot goedheid en die vrugbare land wat Ek julle gegee het, is met

minagting onder heidense nasies onderverpand en jul jong maagde is as

goedkoop uitruilgoedere aan die heidendom geskenk vir die vuilste verbastering. Daarom is julle en julle kinders vandag slawe in die land wat Ek met liefde aan julle voorvaders gegee het.

 

Maar nog altyd in My wysheid het Ek trou ʼn oorblyfsel bewaar. Onder julle volk het ʼn geringe groepie ʼn nuwe skriftelike ooreenkoms met My aangegaan en in hierdie
nuwe skriftelike kontrak lę die hoop en opstaan van julle volk.


Openbaring 42

Die mens oortree op onmoontlike gebiede.

7 Julie 2007 17:00

 http://www.openbaringe.co.za/

 

Judith de Beer

In die nabye toekoms gaan ʼn soortgelyke tragedie homself afspeel, soos die een wat by Tsjernobyl plaasgevind het. Die mens waag homself op terreine waarvoor hy nog nie in die minste bevoeg voor is nie en wat verreikende nadelige gevolge vir die hele aarde en sy bewoners gaan inhou. Alle natuurlike ordes is huidiglik besig om heeltemal versteurd te raak.

 

Vanuit Suid-Afrika met sy verhoogde lewering van steenkool, word daar veral in die omgewing van Witbank, massas giftige onsuiwer rookwolke, saans wanneer dit nie
so opsigtelik is nie, in die atmosfeer ingepomp, wat ʼn geweldige nadelige invloed op weerpatrone węreldwyd het. Die sogenaamde beheerliggame en bewakers van
hierdie tipe besoedeling is om "winsbejag redes", heeltemal blind hiervoor.

 

Ondenkbaar baie mikroskopiese afval beland in die atmosfeer en aktiveer in ʼn kettingreaksie die delikate prosesse van atome se protone en neutrone wat
geweldige weerkataklismes tot gevolg gaan hę. Daar is uitstekende alternatiewe energie-opwekkende uitvindsels, wat plaasvervangend vir natuurlike energiebronne soos steenkool en olie is. Maar dit word summier onder die mat gevee, omdat dit weereens nie in die węreldorde se raamwerk van wins en węreldmag pas nie.

 

Huidiglik word die lippe węreldwyd met smaak afgelek oor dit wat onder die

bodem van Suid-Afrika lę. Maar deur middel van natuurrampe wat Ek gaan

toelaat, gaan Ek die verdere vergryp en verkragting van hierdie reeds vernielde stukkie Eden stuit.


Openbaring 43

Die gees van Afrika het opgestaan.

8 Julie 2007 20:00

http://www.openbaringe.co.za/

 

Judith de Beer

Die swart koningin van die Suide, ja die gees van Afrika, het opgestaan, luid en met
ʼn beskuldigende vinger wys sy reguit na die troon van die wit koningin van Engeland en haar bondgenote, die Verenigde Nasies, wat met ʼn geslepe strategie, oor ʼn jarelange tydperk, die ondergang van Zimbabwe bewerkstellig het en nou klaar met
ʼn Mammon verbond gereedstaan om met die hulp van haar ondergeskikte
Suid-Afrika dit uit te voer, wat sy beoog.

 

Onkundig soos onmondige kinders was die bewoners van hierdie landstreek nie opgewasse teen hierdie listige en bose aanslag van die parasitiese groot
moondhede nie, wat nou ook stelselmatig besig is om die grootste gedeelte van
Afrika vir sy persoonlike skatkis in te katrol. Ja, in hierdie tye is dit die ontwaakte
gees van die koningin van die Suide wat haar oordeel kom fel.



Openbaring 44

Die lewe op aarde is 'n illusie.

10 Julie 05:00

http://www.openbaringe.co.za/

 

Judith de Beer

Julle mense eer mekaar oor die een of ander onsinnige prestasie, posisie

of bloot die hoeveelheid geld wat ʼn persoon tot sy beskikking het. Sekere mense
word so deur die media en samelewing oor iets onsinnig vereer en tot halfgode
verhef, dat die mensdom die ligsinnige lewenstyle van hierdie idole, soos papegaaie naboots.

 

Ja selfs die kosbaarheid van die mens se bestaan, word aan etikette gemeet wat op verganklike klere verskyn. Onvervangbare, kosbare tyd, gaan vir ewig deur hierdie soort van ydelheid verlore. Daar is slegs ʼn baie kort aardse lewe aan julle toegestaan, om die keuse te kan maak, wat die res van julle geestelike bestaan gaan bepaal.

 

Vir my kinders het Ek in my onmeetlike hemelse woning, ondenkbaar baie

salige ordes en skeppinge voorberei, waar hulle as Goddelike erfgename

en instandhouers, werksaam gaan wees. Omdat alle lewe uit My onsterflik is, sal
ook die onsuksesvolle lewe wat hier op aarde eindig, vir ewig bly voortbestaan en passief sal dit in ʼn ewige, nie-werksame orde tot stilstand kom.

Maar met volle bewussyn sal hierdie siele bly voortbestaan om in sinsbedrog en ʼn illusie, die lewe as ʼn hallusinasie ewiglik en tevergeefs na te jaag, wat niks anders as die ewige dood op sigself sal wees nie.

 

As oneindige geeste, is julle in nietige liggame op hierdie aarde gebore,

om as onbegrensde geeste, julle toets in ʼn begrensde liggaam te kom aflę.

Omdat dit vir die mens onmoontlik geraak het om hierdie kloutjie by die oor uit te bring, het Ek, met my menswording op aarde, julle te hulp gesnel, om nie net ʼn voorbeeld nie, maar ook ʼn suiwer leerstelling te bring, sodat dit vir julle weer
moontlik kon wees, om julle pad terug na die Vaderhuis te vind.

 

Maar helaas het hierdie leer so verdraaid geraak, dat die wegwyser die pad

nie meer noukeurig kon aanwys nie. Maar in My wysheid het Ek weereens vir die
mens ʼn alternatiewe kortpad na die volmaakte ewigheid voorberei en dit is deur middel van die Liefde. Indien elke mens op hierdie aarde sy hand na slegs een sondaar sou uitsteek, om hom in liefde op te help, om sodoende ook sy weg suksesvol te kan volbring, sou hierdie aarde reeds ʼn volmaakte hemel op sigself gewees het.



Openbaring 45

Visioen oor die uitskot op die see.

11 Julie 2007 3:00

http://www.openbaringe.co.za/

 

Judith de Beer

Ek het in die vroeë oggendure wakker geskrik en die volgende helder gesig gehad.
In die verte was die see sigbaar en daar het iets op die oppervlakte gedryf. By nadere ondersoek het dit geblyk om massas menslike ontlasting te wees. In die middel van hierdie besoedeling, het daar ʼn gekompakteerde berg van hierdie menslike uitskot gedryf.

 

ʼn Span mense het verbete geveg om hiervan ontslae te raak en het ook uiteindelik daarin geslaag om dit op die strand uit te bring, wat weer ʼn nuwe probleem
opgelewer het, omdat die mense nie geweet het hoe om nou daarvan ontslae te raak nie. Mense met wit jasse aan het met hulle hande in hulle hare rondgestaan, terwyl
dit net al hoe meer gestink het.


Openbaring 46
Vanuit My eie hand.

11 Julie 2007 09:00

http://www.openbaringe.co.za/

 

Judith de Beer

Wie kan ooit My raadsman wees, ja wie sal My ooit met raad kan bedien.

Soos mis voor die son, verdwyn alle konings, regerings en nasies voor My heilige aangesig. Met baie fyn beplanning word Ek gesystap en deur My te ignoreer, maak hulle asof Ek nie bestaan nie. Deur die spot met My te dryf, probeer hulle daarmee
om die vrees wat in hulle skuilhou, te verdryf.

 

As ʼn gruwel van alle groot gruwels, wat voor My heilige aangesig verwoes

moet word, dit is al wat die grotes van die węreld is. Elke Mammonbeeld sal deur My eie voete tot niks vertrap word en in die stof van die aarde sal dit ewig bly lę.

 

Rig jou daarom op O' Sion en sing jou nuwe lied. Die tyd het gekom en vanuit My
Nuwe Jerusalem, kom die bruidegom, om Sy bruid te ontbied.

Ja, vanuit My eie hand het jy, O' Israel voortgekom, daarom sal jy vir ewig

My lof, deur al My groot skeppings, besing.



Openbaring 47

Die laaste vuurproef.

12 Julie 2007

http://www.openbaringe.co.za/

 

Judith de Beer

Net soos wat My leerlinge My 2000 jaar gelede as die Verheerlikte Godheid,

sien terugkeer het van My aardse genade-sending na My geestelike

Wysheids- en Liefdeshemele, net so sal julle, My uitverkore diensknegte,

My Geestelike wederkoms as eerstelinge in die gees ervaar en elkeen sal van My die gawes ontvang, waarvoor julle onwetend oor ʼn lang tydperk voorberei was en nou bekwaam voor is.

 

Maar met die blaas van die laaste ramshoring hier op aarde, sal Ek ʼn enkele fisiese verskyning kom maak, wat elke oog sal sien en dit sal as ʼn skrikwekkende oordeel
vir almal wat nie Myne is nie, wees.

 

Huidiglik is daar baie onder Myne wat voel asof hulle voor ʼn geestelike afgrond staan en baie eensaam en verlate voel. In baie gevalle voel dit vir julle asof Ek ewighede van julle verwyder is en julle My nęrens kan vind nie en in benoudheid vra julle dieselfde vraag, as die een wat Ek op Golgota gevra het. "My God, waarom het U my verlaat".

Ja, hierdie vraag was ook My laaste vuurproef en daarom kan Ek julle ook uit eie ondervinding bemoedig, deur te sę; "Wanneer die nag op sy donkerste is, is die deurbreek van die son baie naby". Ek wil julle verseker dat Ek die heel tyd, dig by
julle is.

 

Ek ken elkeen van julle, My geliefdes, persoonlik by die naam en elkeen van julle,
met sy eie unieke karakter, is vir My die hoogste kosbaarheid. Ek sę vir julle dat ondenkbaar baie hemelse skares bewus is van elke geestelike oorwinning wat julle, hulle beliggaamde broers en susters, op hierdie aarde bereik.

 

Nou weet julle ook dat My ware diensknegte wat nou op aarde is, wesens is, wat van bo gebore is en hulle het Ek met My eie hand gekies. Die stryd en oorwinnings wat hierdie mense op aarde behaal, het ʼn geestelike invloed op ongekende ewigheidsgebiede, wat vir die aardse begrip onmoontlik is om te begryp.

 

Weet daarom dat Ek self in hierdie dae, in My Gees, by hierdie kinders neerdaal en beskermend kom Ek persoonlik, om hulle met My bemoedigende Vaderliefde, te omhels.

 


Openbaring 48

Met valse gewete gees is julle mislei.

13 Julie 2007 06:00

 http://www.openbaringe.co.za/

 

Judith de Beer

Slim en listig het Satan as ʼn engel van die lig in julle kerke en leerstellings

ingesluip en met ʼn valse gewete gees, het hy julle mislei. Met minagting

het Esau sy geboortereg vir ʼn pot lensiesop verruil, om saam met die grotes van die aarde, soos ʼn ou brakkie te kan draf, het julle die bloedgekoopte nalatenskap van
julle vadere, verniet weggegee.

 

Julle kosbare genetiese erfenis word deur verbastering uitgewis. Ja, julle het alles voor die voete van die pionne van die węreldorde gaan neerlę. Soos ʼn kruipende
hond wat op sy maag vir oorskiet nader seil, so is die walglike kruipery voor julle selfaangestelde oorheersers. Die bloed van julle kinders sal op julle eie hoofde neerkom.

 

Bid daarom vir een in julle midde, wat ondanks julle smaad getrou aan My gebly het
en met sy eie "handslag" teen hierdie gruwel geskryf het. Nie net vir homself nie,
maar ook vir sommige, sal hy die bloed aan julle deurkosyne wees, om die engel van die dood in julle midde te kan stuit.

Net soos van ouds, sal ek die bouers en hulle medewerkers van die goue kalf voor
My aangesig uitwis, sodat my heilige kronieke, weer suiwer kan word.

 

 

Openbaring 49

Die werklike misterie.

14 Julie 2007

http://www.openbaringe.co.za/

 

Judith de Beer

Om 'n meester oor iets te kan wees beteken om dit van binne na buite in al sy fasette
te ken. Om dus 'n meester oor die materie te kan wees, moet jy interne ondervinding daarvan hę en wat is beter as die praktiese ondervinding daarvan self. Julle verwonder julleself altyd oor die misterie van die geestelike węrelde.

 

Die werklike wonderbaarlike misterie, is die beliggaming van die gees

in 'n materiële liggaam, in 'n kort tussenpose van twee geestelike ewighede, wat 'n geweldige beslissende faktor is in die op- of afgradering van werkende geeste in verskillende ordes.

 

In sy proeftydperk hier op aarde neem die mens gewoonlik een van drie

gesindhede aan. Hy is positief, neutraal of negatief. In goeie outydse Bybelspraak noem ons dit koud of warm en enige Bybelstudent wat 'sy sout werd is', sal nou ook ewe fluks die sin vir ons kan voltooi deur te sę "maar omdat jy lou was, sal Ek jou uit my mond spuug".

 

Hiermee wil Ek dit baie duidelik aan julle maak, indien jy 'n volgeling van My, jou Verlosser wil wees, doen dit met 'n vurige liefdevolle hart, in volle oorgawe. Die een wat met 'n lou en 'n besluitlose- tussen die boom en die bas geloof- My om die bos probeer lei, sal die bittere gevolge moet dra, wanneer hy sy broers in die hoogste saligheid, hulle Goddelike ordes sien betree.



Openbaring 50

Selfs die mens word nie ontsien nie.

15 Julie 2007 17:00

http://www.openbaringe.co.za/

 

Judith de Beer

Vanuit homself is die mens nie in staat om die mees eenvoudigste,

enkelvoudige sel of atoom te kan skep nie. Huidiglik onder die aanvoering

van Satan, word My molekulęre boustene deur die wetenskaplikes,

met arrogante brutaliteit in hulle uiters delikate oeroue vasgestelde

ordes versteur en die daarvan vasgestelde intelligensies, word deur

genetiese manipulasie heeltemal omvergewerp.

 

Selfs die mens, die kroon van My skepping, word nie ontsien nie.

Menslike fetusse, word vir die oes van stamselle, onder die dekmantel

van "alternatiewe mediese medikasies" gekweek. Die feit dat elke embrio, die
oomblik met bevrugting, 'n lewende siel geword het, om ook as 'n volmaakte
menslike wese sy weg oor die aarde te kan gaan, skeel hulle min.

 

Alle ordes, of dit nou minerale, plante of die diereryk is, is huidiglik heeltemal
versteur, en skaterend weerklink die hoonlag van Satan, wat homself weer bokant

My heerskappy probeer verhef het. Hiermee saam lui die doodsklokke vir 'n verlossings- en beskawingsperiode en die gebeier van hierdie klokke weergalm oor die hele oppervlakte van die aarde en Ek self sal antwoord op die klaaglied van elke versteurde klein atoompie, wat vanuit My skepping opklink in My oor.

 

Met 'n vernietigende oordeel, sal Ek hierdie aarde van alles wat onrein is

skoonvee, om weer as 'n volmaakte gereinigde aarde, oor 'n lang vredes-

en verlossingstydperk, aan sy doel te kan beantwoord, om weer as 'n

gesuiwerde, rein opleidingsplaneet vir My toekomende kinders te kan dien.