e-pos:     judithdebeer@webmail.co.za 


                openbaringe@yahoo.com

Openbaringe 411
Die mens het heeltemal te veel gewaag.

Sondag 24 Augustus 2008
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Water en nogmaals water, berg en mynhoop wat daar val,
in modderstortings lê gemeenskappies in ʼn dodedal.
El Nina en El Nino, verspoeling en droogtes vat mekaar se hand,
woestynlandskap en reënwoud, smee met mekaar ʼn rare geheime band.
Vreesaanjaend gaan die wind
in ondenkbare sterk konveksiestroom sy woede uit huil.
Waar gaan die mens in hierdie ergste storms,
tolwind en sikloon denkbaar skuil.
In aardbewing en vloedgolf
skuil die nabye toekoms se laksman en teregstellingsbeul.
Die mens word tot stof en niks gemaal in die dood se eie meul.
Erger as die runderpes, slyp ʼn erge siekte vir die mensdom sy mes.
Oneindig duur gaan wees hierdie geopenbaarde les.
Deur proefneming het die mens heeltemal te veel gewaag.
Deur versteurde ordes kom daar plaag op plaag.
Geen owerheid en regerings is daar wat God se goedkeuring nog wegdra
en Hom in die minste ook behaag.
Daarom slaan die engel van die dood
met sy sekel vir homself ʼn enorme oes, sekuur en baie laag.
 

 

Openbaring 412
Vader skenk aan ons, U onuitspreeklike genade!

Dinsdag 27 Augustus 2008 21:40
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
O Vader in hierdie erge tyd waar die einde vinnig nader,
vra ons U, skenk aan ons, U onuitspreeklike genade.
Stikdonker kom die duisternis al hoe nader,
O Vader wees in hierdie krisistyd ons leidsman en berader.
In ʼn tyd wat ons nie meer wis,
wie ons vriend of wie ons vyand is.
Treurig en wanhopig dit is al wat hierdie moeilike tye nou nog is.
Meer as dikwels staan ons deesdae,
langs die een of ander bekende se kis.
Al hoe meer is dit U nabyheid O God, wat ons nou mis.
Bitter min is die wat nog werklik wis, of dit die einde is,
of bloot ʼn ander manier is van ʼn nuwe begin.
Van wat is dit, wat die mens homself moet bekeer en besin.
Is dit die prins van die duisternis,
wat nou saam met al wat helgees op hierdie aarde uitgewerp is.
Op al wat leef en beweeg slaan hul toe met die grootste bose lis.
Die leuens van alle leuens word huidiglik as die soetste waarheid
aan die hele wêreldpopulasie opgedis.
Bitter min is die wat nog weet wat die volle waarheid werklik is.
Vir die einde van hierdie tydvak,
staan eindeloos in hul getal, die kinders van die duisternis.
Maar ver agter die verste riviere van Kus,
staan ʼn kleine, reine groepie, wat nog God se kinders is.
Die tyd vir die wêreldling om homself nog te besin,
die raak nou baie bitter min.
Die tyd van tande kners het klaar vir die hele wêreld begin.
Maar vir God se kinders
verskyn daar op die horison, ʼn goddelike nuwe begin.
Die nuwe stad Jerusalem gaan hul as woning ewig vir hulself nou win.

 

Openbaring 413
In die tyd van ongekende nood..

Dinsdag 27 Augustus 2008 23:45
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Daar is reeds menig tekens in die uitspansel om te aanskou.
Maar deur wêreldbeheer word die meeste daarvan van die mens weerhou.
Op ʼn toekoms van aardse rykdom en voorspoed
moet die kind van God nie meer hoop en uitbou.
Met dit waarmee die wêreld hom wil nader lok,
daarvan moet hy homself met mag en mening van weerhou.
Sy behoeftes en lewensonderhoud,
sal hy met behulp van sy Skepper maklik vir homself in stand kan hou.
Op sy hemeltoekoms moet hy in diepe erns van nou af konsentreer en uitbou.
Soos in die dae van My aardse sending geprofeteer,
moet in die tyd van ongekende nood, My kinders hulself na die berge toe keer.
In jul agterhoede sal My heilige engele die kwaad van hul wegkeer.
As My uitverkore Sionskind sal Ek self My skape as een kudde na mekaar toe keer.
Valse profete en ʼn valse christus sal daar orals en volop wees,
maar Ek sal slegs in die hart van My opregte kinders wees.
Moet daarom nie op wonderwerke en tekens, iets tot julle redding lees.
Slegs aan My stem in julle harte, moet julle gehoorsaam wees.
In hierdie tyd is die skrif aan die muur.
My gees gaan Ek van die wêreldling wegstuur.
Tussen baie bloedverwante ontstaan daar ʼn ondeurdringbare muur.
Met haat sal ʼn seun sy eens geliefde vader aangluur
en ʼn moeder sal die vyand na haar dogter toe stuur.
In ʼn tyd wat die opregte liefde vir My baie gaan verflou,
moet My kinders die vaandel van geloof in My baie hoog orent hou.
Ja, die wat in hierdie erge tye op My, hul God vertrou,
sal dit tot in alle ewighede nooit berou.
Al voel hierdie erge tyd vir julle nie baie gou,
maak Ek hierdie dae tog vir My kinders baie kort,
sodat nie een van My geliefdes oor die ewige afgrond kan stort.
In hierdie dae sal Ek My Vaderarms stewig om My kinders hou,
dig teenaan My hart, gaan Ek elk, van My geliefdes stewig vashou.
 


Openbaring 414
Die vloek van Bileam volgens Numeri 22

Woensdag 28 Augustus 2008 02:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Bileam se dienste is na ʼn vyand koning gebring,
om ʼn vloek oor God se suiwer volk te bring.
Maar soos ʼn voël wat net sy eie spesie se lied kan sing,
het hy seën in plaas van vloek oor hierdie uitverkore volk gebring.
So is in hierdie tyd die wêreldraad van kerke,
na die beheerders van die wêreld gebring.
Sodat al hul navolgers die lied van ʼn eenwêreldorde
tot hul eie ondergang kon sing.
Maar tot die opregte kinders van God
kon hul met hul leuens nie deurdring.
Maar met die verbasteringsleer van Bileam,
het hulle die heilige nasies, tot onsuiwerheid binnegedring.
Die afgodediens is dit wat nou al hoe wyer oor hierdie hele wêreld uitkring.
Deur inteling probeer Satan weer vir hom ʼn weg na die troon van God toe bring.
Maar soos ewig van weleer,
werp die ganse hemel hierdie poging ook in mislukking op die aarde neer.
Ewig nooit kan Lucifer enige orde van God ooit beheer.
In waansin is dit deur die kruisteling,
wat in uitwissing homself, nou na homself toe keer.
Geen hand van God gaan hierdie oordeel van die wêreld wegkeer.
Vanuit verborge hemel dimensies het Migael met dapper hemelhelde
na hierdie kleine aarde gekom.
God se heilige engele is dit, wat die oorwinningslied gaan sing.
God se oordeel gaan as reiniging oor hierdie wêreld nou geskied.
As aanklaer wou Satan die mens deur onsuiwerheid
weer van die verlossingspad af bring.
Maar alles wat vuil en onrein is, word nou oor die ewige afgrond gebring.
Vir ʼn duisend jaar, word Satan tot vrede vir die nasies nou gebind.

 

Openbaring 415
O Sion jy is My bruid.

Woensdag 27 Augustus 2008 21:50
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
O Sion jy is My bruid, jy is My vrou.
Ewig, ewig sal ons wees aan mekaar getrou.
In die moederskoot van die tyd
het Ek jou met noukeurigheid geweef,
sodat jy vir My jou God op hierdie aarde kon leef.
ʼn Brokkie lig het Ek van die son ontleen,
en daarmee het Ek jou oë geseën.
In ʼn weerligstraal het Ek jou siel na hierdie aarde gestuur,
sodat Ek in die gestalte van ʼn kleine mens die dienste van ʼn engel kon huur.
Uit ʼn enkel polsslag van die ewigheidstyd,
het Ek vir jou ʼn hartklop geneem om vir My te leef en staan
tot aan die einde van die stryd.
Elke haar op jou hoof word noukeurig deur engele getel,
die bloudruk van die ewigheid word
bewaar in jou, ja, in elke kleine sel.
Van die grondlegging van die aarde is jy vir hierdie tyd bewaar,
om jou staan verwonderd My grote engleskaar.
Soos ʼn kristalhelder stroompie wat klokhelder oor klippies kabbel,
so kan jy My kleintjie vir ewig vrolik om My babbel.
O Sion jy is My bruid, ja, jy is My vrou.
Ewig, ewig sal ons wees aan mekaar getrou.
 

 

Openbaring 416
'n Vervloekte eksodus.

Vrydag 29 Augustus 2008 09:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In ʼn vervloekte eksodus wat oor die hele wêreld spat.
Is dit die uitverkore volk wat besig is om hul spore oor die hele aarde te trap.
Satan is dit wat nou opgewonde en uitbundig met sy vingers klap.
Die heiligdom word nou deur al wat onrein is tot stof vertrap.
So staan die wêreld op die einde van sy eerste trap.
Die groot moondhede gaan begin om mekaar se koppe af te kap.
Die gruwelbloed word tot op die laaste druppel sonde afgetap.
Al die profesieë word tot op die laaste klafter,
ja, meter vir meter afgestap.
Die parskuip word tot op die bodem deurgetrap.
Bloed is dit wat oor die hele wêreld gaan spat.
In die antichris pluk die wêreld vir homself ʼn wrede lat.
Almal sug opgewonde daaroor en sê traak-my-nie-agtig: 'ag wat'
Die Goeie Herder kom ook binnekort oor die hele wêreld nader gestap.
By die erkenning van Sy stem,
kom Sy hele kudde na die suidpunt van Afrika aangestap.
Terwyl die hele wêreld gaan in gevangenskap,
is dit die uitverkore volk,
ja, Sion wat oorgaan in die grootste vreugde en Goddelike blydskap.
In die nuwe Jerusalem gaan ewig wees,
nou hul ewige hemelburgerskap.
 

 

Openbaringe 417
Stom en stil sal die spotter raak.

Vrydagaand 29 Augustus 2008
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die hedendaagse mens hou hom in sy ligsinnigheid wys.
Waarskuwings en profesieë word laggend weggewys.
Hul beweer die nuwe Testament is van al hierdie ou onsin gespeen
en tot volwassenheid gespys.
Maar in die boek van Openbaring, word daar met sekerheid verwys,
dat daar in hierdie laaste tyd,
daar vir ʼn duisend twee honderd en sestig dae, met sak bekleed,
die twee getuies sal profeteer.
Ja, met profesieë en openbaringe sal hul die mens kom leer,
om hulself te bekeer en vinnig na hul God in hierdie tye toe te keer,
om Hom te bemin en met al hul liefde te eer.
Maar die mens verkies om te spot en te lag
en om God se knegte te teer en veer.
Soos in en met die dae van Noag,
ook weer met Sodom en Gomorra in hul gruweltyd,
waar hul gestaan het vir Satan in sy stryd.
Net so het die moderne mens smerig in woord en daad,
voor die aangesig van God geraak,
Die mens het sy rug gedraai op God se heilige spraak.
Ja, op waarskuwing en nogmaals waarskuwing,
het die mens net soos sy domme voorouers geraak,
en die woord van God, het hul diep versmaai.
Toornig roep die natuur en elemente nou om vergelding en wraak.
Die gespreekte oordeel, ligsinnig deur die mens versmaad,
gaan in die ergste kataklismisse, homself in stormwoede
oor die aarde uitbraak.
En vinnig kom die dag dat die aarde haarself
in ongekende aardbewing oop gaan kraak.
Onheilspellend gaan die see grom en druis,
en die winde gaan in ongekende spoed, oor die aarde suis.
Stadig maar seker gaan die mens agterkom alles is nie meer pluis.
Die wêreld is besig om homself op elke denkbare manier tot niks te vergruis.
Stom en stil raak die spotter se lag.
Vreesbevange gaan eens hoogmoedige oë tevergeefs na God om hulp, toe trag.
Uitbundig en spottend is dit die dood wat waansinnig nou lag.
Terwyl die hel gretig op sy nuwe biljoene inwoners nou wag.

 

 

Openbaring 418
Die laaste tydvak is voor die deur.

Sondag 31 Augustus 2008 24:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Het die aarde eens sy baan om die son byster geraak,
of het ʼn komeet die aarde in sy orde laat staak?
Miskien het die aarde te diep oopgekraak,
om te veel lawa en stoom in die atmosfeer vry te laat.
Miskien het dit die weerpatrone hier op aarde deurmekaar gemaak.
Of miskien kom al hierdie punte saam, om een oplossing uit te kan maak.
Hoe dit ookal sy, in ʼn steriele stilte het die tyd, stil gaan staan.
In ʼn oeroue mis het die son se strale, tot dood van die aarde weggetaan.
Ja, aan die einde van ʼn tydvak het die wêreld eens in sy eie ys onder gegaan.
Hoe het die lewe weer na hierdie erge bevrore toestand op die aarde ontstaan?
Die Skepper het in sy Wysheid en liefde die kosbare lewe beskut,
om dit in ʼn nuwe tydvak weer te kon ontwikkel en laat voortbestaan.
In ʼn vloed het die lewe ook eens van hierdie aarde weggetaan,
maar met ʼn skip van genade het God weer vir die voortbestaan
van die mens, se oorlewing nader gestaan.
In rook en swael het ʼn gebied ook eens tot mineraal en sout vergaan.
Maar God het Lot met sy familie, vir hul voortbestaan na die berge laat gaan.
Gaan aan die einde van hierdie tydvak, die aarde ook deur sy eie natuurkrag,
of dalk die mens se breinkrag, in atoom en kernkrag tot stof vergaan?
Hoe dit ookal sy, deur die Goddelike verseëling, gaan die Verlosser,
Sy uitverkorenes, tot oorlewing van die nuwe aarde laat bly voortbestaan.

 

 

Openbaring 419
Geen mensekennis of mag staan enige kans.

Maandag 1September 2008 02:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Deur sy insig en kennis het die mens die mikro, sowel as die makro gepenetreer.
In die mikroskopiese wêreld van sel en atoom het die mens ingedring,
om natuurwet ek krag, aan hom te onderwerp en so te manipuleer.
Met die lugvaart het hy homself in die ruimte ingewerp.
Om die oneindigheid te kan oorwin,
dit is al waarna hy met alle erns nou begeer.
Kordaat het die mens homself paraat gestel,
teenoor alles wat God oor sy pad as les vir hom stuur.
Vanuit satelliet voorsien die mens elke storm, wat God na die aarde stuur.
Flink probeer hulle die massas weg vanuit hierdie gevaar stuur.
Met behulp van meetinstrumente kan hul die stand van die aardplate bepaal,
en hul weet wanneer ʼn vulkaan lawa vanuit sy dieptes tevoorskyn gaan haal.
Met bykans elke siekte wat daar nou onstaan, is hul vinnig daar,
om in laboratoriums ʼn vyandkiem te kweek en te produseer.
Ja, deur entstof loop hulle menig siektes, met voorkoming ver vooruit.
Breek daar vlam en vuur op die wêreld uit, is hul vinnig daar
om dit georganiseerd, vanuit die lug, met vliegtuie dood te spuit.
Met opgegaarde gemanipuleerde graan,
is hul vinnig daar om hongersnood as ʼn onnodige vrees te waan.
Ja, die mens verkeer onder die wanindruk,
hoe groot ʼn krisis ookal op hierdie aarde is,
dat hulle die heeltyd in beheer daarvan is.
Selfversekerd is hul besig,
om met God en die noodlot te speel en die gek te skeer.
Maar spoedig gaan hul leer,
wanneer God werklik wil,
is daar niks op hierdie aarde of die oneindigheid, wat Hom kan keer.
Met korter tussenposes kom Sy oordeelskale
nou al hoe vinniger op die aarde neer.
Net soos wat die mens ʼn sprinkaanplaag
deur gifstowwe, vinnig tot niks kan beheer,
kom die oordeel van God, om hele volkere en nasies tot niks weg te teer.
Ja, net so genadeloos soos wat die mens hierdie peste beheer,
gaan God Sy genade in hierdie oordeelstyd, van die mens afkeer.

 

 

Openbaringe 420
Wankelmoedig staan die liefde nou.

Dinsdag 2 September 2008 08:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Soos ʼn gruwelmonster hardloop haat en nyd oor die hele wêreld heen.
In alles staan die duiwel die liefde met alles tot sy beskikking teen.
Vanuit al wat rein en mooi is onttrek hy al die liefdevolle seën.
wankelmoedig staan die liefde nou op sy laaste been.
Hemelwagters is as broers aan die aarde in hierdie erge tye uitgeleen.
Teen die kwaad moet hul kom staan
as God se ondeurdringbare verdedigings steen.
As ʼn saamgesnoerde krag moet hul die goddelike hulp
aan die swakke mense kom uitleen.
Maar onder bose invloed staan hulle mekaar soms as die vyand teen.
Oor al die gruwels van die aarde kyk die hemeltoeskouers moedig heen.
Maar oor hemelbroers in konflik, dit is waaroor die grote hemelskares ween.