e-pos  judithdebeer@webmail.co.za


             openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 401
Al hul smartvol moeite en hul pyn.

Maandag 11 Augustus 2008
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Gestroop van al die nuttelose skyn, van wêreldse prag, mag en krag.
Ja, in die donkernag van angs en vrees,
wat daar nou op die hele wêreld wag,
moet die mens sonder enige skroom, in hierdie tyd,
hul geloof, hoop en liefde, aan My, hul Skepper en Verlosser toevertrou.
Ja, in die wanhoopsnag, wat daar nou op `n hele wêreldbevolking wag,
moet elke kind van My, in opregte geduld, nederigheid en deemoed,
na My, hul God en Skepper, in hul harte smag.
Spoedig sal My son van liefde, in My nuwe skepping oor hul skyn,
en ewig weg sal wees, al hul smartvol moeite en hul pyn.
Onmeetlik is die saligheid, ook die hemelprag,
wat daar op hierdie inwoners van die nuwe wêreld wag.
Verwelkomend is die lewende hemelblomme,
wat vrolik die nuwe inwoners toe gaan lag.
Teer om sondaar skouers, sal wees die arms van God so sag,
wat oneindig baie lank, op Sy verlore kinders wag.
Ewig sal die tyd verby gaan, van `n stikdonker benouende nag,
wat daar in hierdie komende tye, op `n hele wêreld wag.
 


Openbaring 402
Ordelik sal Jakob voor My kom staan.

Dinsdag 12 Augustus 2008 08:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Spoedig in die nabye toekoms, gaan Ek vanuit My nuwe stad Jerusalem,
na My kinders hier op aarde tree.
Vanaf die vroegste tye tot en met nou, sal My kinders,
oneindig in hul getal, soos die grote see, voor My kom staan.
Al hul trane, van droefenis, ellende en vermoeienis, sal Ek self,
van hul oë kom vee en nooit weer sal daar een van hulle wees,
wat droewig oor die lewe sal kan ween.
Ook die vodde van hul aardse sonde,
sal Ek persoonlik van hul weg kom skeur en heerlik sal Ek hul nou,
met die reinheid van My bloed kom klee en ewig heerlik,
sal Ek, in hul midde wees.
In twaalf groepe sal Jakob, ordelik voor My kom staan.
om die Koningskap, aan My, die Wortel van die goue saadlyn,
ja, die Boom van die Lewe, wat oorkoepelend oor Dawid staan,
ja, aan die blink More Ster, terug te kan gee.
As `n Goddelike seën, sal My naam,
oor elkeen van hul se voorhoofde staan. Die sleutel van die priesterskap,
sal Levi ook aan My terug gee en as Koning Melgisedek,
sal Ek ewig hierdie orde, aan My volmaakte engelkinders gee.
Om heel die oneindigheid, van My Waarheid en Liefde te kan leer.
Almal wat leef sal weet,
Ek is die Alef en ook die Tav, die begin sowel as die einde, van alles wat daar is.
Ja, vir ewig, die eerste, sowel as die laaste en geseënd is die,
wat saam met My, in My nuwe stad, Jerusalem gaan bly.


Openbaring 403
Die uitnemendheid van die eindtyd geeste.

Woensdag 14 Augustus 2008 18:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Goed of kwaad, bok of skaap, ja, van elke soort waaruit die mensdom
bestaan, is daar menigeen van, in hierdie tyd, op hierdie planeet gesit,
wat tot die bitter einde, as stryders vir die waarheid of die leuen, gaan
staan. Gebore vanuit die hel, is daar menig duiwels en demone, wat as
menslike helpers vir die Satan gaan tel. Net so is daar ook vele werktuie,
direk vanuit die hemele gebore, as gewone mensekinders, tot hulp vir God
se uitverkorenes in hierdie erge tyd. In alles geld die vrye wil, daarom
is hul sonder hul oergeheue op hierdie aarde gesit. Elke eindtyd
missiedraer wat huidiglik op hierdie aarde is, het reeds van vroeg uit hul
prille jeug, diep vanuit hul onderbewussyn `n vae vermoede, dat hul om `n
ander rede, as die wêreldling op hierdie aarde is. Die aanvaarbare
'standaard' van die dag, soos deur die sisteem aan die mens voorgeskryf,
hetsy dit opvoedkundig, geestelik of van watter aard ookal is, het meer as
dikwels `n opstandige rebellie by hierdies ontlok. Reeds vanaf `n vroeë
ouderdom is hul deurentyd, bewus of onbewustelik, besig om alles en almal
om hulle op `n kliniese wyse, d.m.v hul gees en nie hul aardse verstand
nie, te evalueer en te ontleed, om bykans altyd tot `n eie onafhanklike
gevolgtrekking te kan kom. Meeste van die tyd het dit tot die gevolg,
dat diegene wat die naaste aan hul is, dikwels tot die slotsom kom, dat
hierdie mense sosiaal wanaangepas is. Meeste van hulle bevraagteken reeds
as jongmense die opvoedkundige sowel as die sosiale en godsdienstige
raamwerke, waarin hul hulself bevind. Vurige konflik bly ook nie agterweë
nie en hierdie mense onttrek vinnig, om op `n individuele geestelike reis,
hulle antwoorde rakende die doel van die lewe en hul Godheid te kan vind.
Nooit het een van hierdies op hul geestelike pelgrimsreis deur hulle eie
lewe, tot die slotsom gekom, dat hulle tot op so `n geestelike vlak
gevorder het, dat hulle alle antwoorde en Wysheid gevind het nie. Dit is
met vreugde dat Ek telkemale by hul waarneem, hoedat hulle gedetermineerd
verby die noodsaaklike, maar later vir hulle nie meer voldoende, algemene
geskiedkundige skrifkennis, verby beweeg, om aangedryf deur hul liefde vir
My, by hul Skepper, uit te kan kom. Met 'n wipplank reis van die een dag
bo en die volgende dag onder, het hierdie hemelknegte van My, dit nie
aldag maklik nie. Daar is tye wat hul jubel oor My teenwoordigheid in hul
harte, net om die volgende dag weer heeltemal Godverlate te voel. En so
was dit ook met Johannes die doper die geval, daar waar hy tydens sy
aardse missie, in gevangenskap, begin twyfel het, oor die
geloofwaardigheid van My identiteit, as Godheid in die mens. Na al sy
moeitevolle arbeid, het dit vir hom gevoel asof Ek hom in sy
gevangenskap en nood versaak het. Net so gaan die huidige aardsgebore
boodskappers, dikwels deur dieselfde toets van vertwyfeling. Omdat hierdie
groot profeet en engel in hierdie opsig gefaal het, het hy in hierdie
moderne tyd, weer die geleentheid gekry om gebore, as `n eenvoudige mens,
weer saam met sy oergeesgenote, oor hierdie aarde as `n hulp vir die
uitverkorenes te kan gaan en terselfdertyd ook weer sy toets te kan kom
deurstaan. Die geestelike eise wat van nou af aan hierdie missiedraers
gestel gaan word, is meer as wat menslike vlees, bloed en gees kan verdra.
`n Tyd soos hierdie was en sal nooit weer wees nie. Waak daarom en bid,
omdat die las van die kruis, waaronder julle gaan inskuif, nie vir julle
self bedoel is nie, maar vir die vele kinders wat Ek aan julle sorg gaan
toevertrou. Wie My in die gevangenskap van die vlees, in sy hart,
met al sy liefde toelaat, hoef nooit te twyfel, of Ek werklik die Een is nie.

 

Openbaring 404
Die lewende dooies jaag harder na wind.

Maandagaand 18 Augustus 2008
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Tevergeefs is die medelye traan,
ja, tevergeefs die Woord, om die verlore wêreldling te probeer vermaan.
Leeg en strak, gestroop van siel en gees,
is dit biljoene dowwe oë, wat doelloos oor hierdie wêreld staar.
Afgestomp het die lewende dooies,
geen benul van wat werklik om hul aangaan.
Om te eet en te drink en voort te plant, sodat robotkinders,
op hul beurt weer as slawe,
hul plek in `n sataniese wêreld, vol kan staan,
ja, dit is al wat hierdie siellose wolke kan verstaan.
Op `n reuse, meganiese miershoop, is `n industriële wêreld besig,
om in sy eie produksieriool tot niks te vergaan.
In hierdie wêreld, word die mens verwek,
om as `n slaaf op hierdie aarde te werk.
Om sonder eens die luukse van `n eenvoudige graf,
in oomblikke tot as te vergaan.
Selde word daar ooit oor een van hierdies, gestort, `n hartseer traan.
Wie is daar in hierdie wêreld oor,
wat gaan huil oor `n uitgediende droë kraan.
In die illusie en waan wat nou oor die aarde gaan,
is dit net produksie en nogmaals produksie, wat oor hierdie wêreld staan.
Onbeduidend min is die,
wat hul deur die waarskuwings van God nog laat vermaan.
Die boodskap deur vuur, water en wind aan die wêreld gebring,
die kan hul nog minder verstaan.
Daarom gaan Ek deur nog erger kataklismes,
ja, deur aardbewing en vulkaan,
gaan Ek die goddelose wêreld van nou af nog harder slaan.
 

 

Openbaring 405
Ons kán na ons lieflike Skepper terugkeer.

Dinsdag 19 Augustus 2008 03:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Terwyl die aarde eentonig om sy eie as roteer,
word die sonde op hierdie planeet, net al hoe meer.
Hoeveel is daar onder die mensdom wat regtig probeer,
om hierdie troostelose toestand van die wêreld weg te probeer keer.
Terwyl elke brander groot of klein, hulself ewig tevergeefs,
op elke rots of goue strand, na die binneland uitkeer.
Om elke keer onverrigte sake na die oseaan toe terug te keer.
So word elke gruwelsonde,
op hierdie aarde se oppervlak, net alhoemeer en meer.
Om ewig tevergeefs, na hul oeroorsprong,
die hel en verdoemenis terug te keer.
Soos die swaeltjies wat minagtend hul rug op elke winter keer,
om maar net weer vrolik, met die geboorte van elke somer,
op dieselfde horisonne te arriveer.
So is daar menigeen wat dikwels probeer,
om hul rug op die sonde toe te keer.
Om telkemale maar net weer,
na die vrolike lokstem van die wêreld terug te keer.
Ja, soos wat elke siklus,
homself telkemale na die oeroorsprong van sy kringloop terugkeer.
Sal om hierdie troostelose toestand, ewig van die wêreld weg te keer,
die Seun van die mens, ja, die Verlosser,
spoedig op die wolke van genade, na die aarde terugkeer.
Sodat die mens gereinig van sy sonde,
as `n goddelike kind na `n sondelose toestand kan terugkeer.
Daarom moet elkeen van goeie wil,
uit hierdie kleine siklus-lessie leer,
dat elke sondaar wat regtig wil,
na sy volmaakte sondelose toestand en oeroorsprong,
na sy Skepper terug kan keer.
 

 

Openbaring 406
God se kinders staan verstom.

Dinsdag 04:30 19 Augustus 2008
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In misnoeë begin die nasies oor treurige toestande te brom.
Die groot moondhede wys hul slagtande en grom.
God se kinders staan verstom,
omdat hul weet bloed en nogmaals bloed is aan die kom.
Oneindig gaan die getal wees, van die totale som.
Van die wat in die dood gaan omkom.
Bitter min is die, wat hierdie nare situasie gaan ontkom.
In Afrika slaan onophoudelik die begrafnisdrom.
Ja die doodsengel met menig van sy helpers,
gaan na hierdie kontinent toe kom.
Menig regeerders gaan op die einde van die dag tot die slotsom kom,
in al hul besluitnemings was hul die hele tyd maar baie dom.
In Europa en Asië val daar binnekort menig bom,
ja, oorlogrook gaan oor die hele wêreld kom.
In angs raak menigtes van vlugtelinge, in hul nood nou stom.
In hul vlug na niks en nêrens,
gaan hul nooit by enige ware veiligheid uitkom.
Kragtig maar klein in hul getal,
gaan God se kinders in hierdie erge tye in hul geloof nou blom.
As hoeders sal die heilige engele beskermend om hierdies kom.
Verstom gaan elkeen staan, wat God in goeie tye versaak het.
Ook hul sal weet,
hul was, baie-baie, dom.
 

 

Openbaring 407
Die Jood se ys raak baie dun.

Dinsdag 19 Augustus 2008 06:50
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Soos `n speeltol wat die hele tyd val en klim,
so is die wêreldekonomie besig om die heeltyd op en af te spin.
Die wat die effektebeurs beheer, dink hulle is baie slim.
Maar hul voortvarendheid word binnekort tot op die been getrim.
Wanneer energie en voedsel pryse,
weer in die toekoms die hoogte in gaan klim.
Die Jood is dit wat alles van die wêreld,
vir sy eie gewin in wil win.
Aan die noodkreet van die armes steur hul, hul baie min.
Maar vinnig is hul daar,
wanneer hulle onmenslike winste vir hul self kan win.
Die ys waarop hul beweeg raak baie-baie dun.
In die Toekoms is dit God, wat hulle niks gaan gun.
Die belt in hul eie geskepte resessies plan,
span nou om hul eie middel baie dun.
Tot hul ondergang is dit God self,
wat die klimtol nou op en af laat spin.
 

 

Openbaring 408
En so gaan ons nou ten gronde.

Woensdag 20 Augustus 2008 07:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
`n Ongesalfde koning het die afgodedienaars nader genooi.
Vir 'Baäl' hul god het hul die noodlot se dobbelsteen gegooi.
Met `n kruis van hoop en ook `n kruis van die dood,
daarmee kon elkeen na die stembus toe loop.
In guns van Babilon en Mammon het `n geestelike eksodus in wanhoop,
vir `n eens heilige volk begin.
Hul heilige erfenis het hul vir drek verlaat,
ewig te laat is dit om nou te besin.
Ja, te laat! te laat! is die weeklaag.
Wenend het `n heilige volk sy geestelike paradys verlaat.
Tevrede het Satan weereens sy vrug van die leuen tevoorskyn gehaal,
om dit wat heilig is tot varkkos fyn te kan maal.
Vraatsugtig en onversadigbaar kom die drekgod Baäl,
deur sy duister priesters sy daaglikse bloedoffers vanuit hierdie volkie haal.
In waansin het die rede hierdie nasie nou heeltemal verlaat,
hul staan teen hulself en vra aan Baäl,
om die goue kalf en `n blou bul vir hul te gaan haal.
Die skrif van hul ondergang is lankal teen die muur.
Vrolik hou hul jolyt en terwyl hul, hul Goddelike toekoms verloor,
dans hulle om hul braaivleisvuur.
Met die kinders van God wil hulle glad nie die skouer skuur.
Na die vleispotte van Mammon is al waarna hul in wellus gluur.
Tevergeefs die nuwe boodskap van hoop wat Ek in hul midde stuur.
Daarom word die engel van die dood binnekort vir hul gehuur.
Ja te laat! te laat! is die weeklaag,
`n heilige volk het sy geestelike paradys verlaat.
Die heilige land van belofte gaan hul nie haal,
want vir ewig is dit vir hul te laat.

 

Openbaring 409
Die geestelike mens het `n ligter las.

Donderdag 21 Augustus 2008 02:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die wêreldmens het oor die algemeen, `n sware las
wat hy die heeltyd saam met hom dra,
omdat die wêreld tog so baie bied, wat hom die hele tyd kan pla.
Al die moeite en verdriet, om net `n bietjie te kan geniet,
van dit wat die wêreld in ongekende oorvloed bied.
Alles draai die heeltyd om die eie ek, dit skep soveel pyn en ellende,
die mens reageer alhoemeer soos die grootste gek.
Aan geld en aardse goed mag daar nooit van wees, enige gebrek,
anders raak die mens nou heeltemal beserk.
Sy visie word nou alhoemeer tot sy eie behoeftes beperk.
In `n bose kringloop is hy besig om homself onlosmakend
al hoe dieper die hel in te trek.
Uit sy moeitevolle bestaan wat nou net om die wêreld en materie spiraal,
kan hy niks meer geestelik en waardevol vir homself gaan haal,
wat die toestand van sy ewigheid gaan bepaal.
Ja, van die oggend tot die aand, is die wêreldmens ewig besig
om homself met ongekende moeite op te saal
en sodoende tot `n wêreldwrak op te maal.
Die geestelike mens op sy beurt, het oor die algemeen `n baie ligter las
om rond te dra. Omdat sy Skepper hom so baie bied,
wat hom die heeltyd deur al die aardse swaar en sloer kan dra.
Al die goeie en die liefde wat sy God hom mildelik bied,
laat hy weer op sy beurt met blydskap oor ander geskied.
Alles draai en wentel die heeltyd om sy God en naaste,
deur soveel vreugde, reageer die mens nou alhoemeer geestelik onbeperk.
Aan geld en aardse goed steur hy hom min,
al wat hy wil doen is om die Meester te bemin.
Sy geestelike visie word alhoemeer verbreed
en in `n liefdevolle kringloop kry hy homself nou vir die hemel gereed.
Uit sy volkome vrye wil en bestaan, wat nou net om sy God spiraal,
kan hy alles wat die ewige lewe bied
in ongekende hoeveelhede vir homself gaan haal.
Ja, van die oggend tot die aand is hy besig
om homself met ongekende blydskap op te saal
en met vreugde op vreugde hou hy hom besig,
om sy ewige hemelwoning by sy God te bepaal.

 

Openbaring 410
Laat staan die prag en praal.

Saterdag 23 Augustus 2008 09:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Net soos `n praalgraf van weleer,
wat iets oor sy vergane inhoud deur sy prag aan die toeskouer wil leer,
maar enige bose nagedagtenis deur sy praal van almal wil weg keer,
maar keer op keer is dit net verrotte doodsbeendere
waarop die dood tot sy eer wil teer.
Soos pragtige verpakkings op `n winkelrak,
stal die moderne mens homself deur die uiterlike voor tot sy eie eer.
Om die leë niks wat in die sentrum van sy kern is,
aan al wat leef en beef te leer.
Glansryk en kleurig staan almal teenoor mekaar,
om meedoënloos as die beste te kan kompeteer.
Dikwels word die glansryke verpakking afgeskeur,
om `n vaal en onwaardige produk na die oog toe te keer
en die gebruiker vind keer op keer,
hy is deur valse verpakking en illusie beheer.
Maar somtyds staan daar in eenvoud
`n verpakking op `n winkelrak eenkant en alleen.
Menigeen kyk sonder belangstelling daaroor heen.
As winskoop van die dag word dit later desperaat vir die oog uitgeleen,
om dit maar later as voedsel en seën aan die armes weg te gee.
Tot hul verbasing word die eenvoudige verpakking deur hulle afgeskeur.
Om te vind die rykes het die grootste skat
deur hul onkunde tot hul verlies verbeur.
Die inhoud van hierdie eenvoudige pakket
was die heeltyd met al die hemelkleure ingekleur,
om die heel armstes van liggaam siel en gees, tot die grootste saligheid,
op hierdie droefgeestige wêreld op te beur.
Soos wat die woord oor duisend jare aan die mens
oor witgepleisterde praalgrafte profeteer.
Moet die mens uit hierdie eenvoudige verhaaltjie leer,
om homself nie die heeltyd na die prag en praal van hierdie wêreld toe te keer.
Na die reine eenvoud van My Woord moet hul, hulself liewer keer.
Na die loon van die sonde, die dood, sal hul, hulself nooit nie hoef te keer.
Aan die einde van hul aardse dag,
word hul vaal en eenvoudige pak vir ewig van hul afgeskeur.
In briljante hemelkleure, ewig salig,
sal hul hulself nou vind in `n reine hemelsfeer.