
e-pos: judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 391 `n Tweeduisendjarige legkaart
word voltooi.
Dinsdag 29 Julie 2008 19:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die laaste brokstukke word gegooi
`n tweeduisendjarige legkaart word voltooi.
Harig soos `n sak raak die maan
die son raak bloedrooi.
`n Stem wat roep hoe lank, hoe lank?
`n Engel antwoord: Dit is nader as `n klipgooi.
Van oor die hele węreld kom onrein voete
om die heiligdom in die aarde te stamp.
Die gruwel hardloop soos `n hondsdol hond,
wild en wyd, deur die hele land.
Nege uit tien van die suiwer volk het na die węreld gedraai.
Die regverdige word deur hulle vir geld verraai.
Maar vir elke druppel edel bloed wat nou gaan val,
bring die engel van die dood, tien duisende
van die węreld na die dodedal.
Die aarde kreun en steun om finaal oop te kraak.
Die oseaan wil homself oor die aarde kom uitbraak.
In vrees word die lippe stukkend gekou
In elke mond kom `n wrange bloedsmaak.
Maar nog steeds koggel en terg die slang
en steek met God die draak.
Toornig roep die aartsengele nou om wraak.
Een vir een laat elke oordeelengel sy skaal nou val.
Waansinnig raak die hele węreld nou in hierdie oordeel mal.
Maar verseël en beskut in die hand van God,
is daar honderd-vier-en-veertigduisend,
wat nie saam met die węreld in die ewige put en afgrond gaan val.
Openbaring 392
Die vryheid van jou siel en gees.
Woensdag 30 Julie 2008 21:45
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Volkome vry waai die wolke
waar hul hulself met die kleure strale van die son kan bind.
Baldadig in hul vryheidspel
is daar geen kleurskema wat hul kan begrens of bind.
Vrolik wapper die lint in die hare van `n kind
wat in volkome vryheid rondomtalie in die wind.
My hand het Ek geopen sodat jy vry soos `n skoenlapper
jou weg na die lewe kon vind.
Waarom laat jy jou deur die węreld met sy sonde bind My kind?
Net so vry soos die wind
wat homself aan geen uithoek van die aarde laat vasbind,
moet ook jy in jou vryheid, jou afkeer of jou liefde vir My vind.
My grootste geskenk aan jou
is die vryheid van jou siel en gees My kind.
Hierin sal jy die weg van die liefde
terug na My Vaderhart toe vind.
Openbaring 393
God se pad met Sy uitverkore volk.
Donderdag 31 Julie 2008 01:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Tussen die Alfa van Genesis tot en met die Omega van die Openbaringe
lę die onuitspreeklike oneindige weergawe van die groot 'EK IS'.
In Eksodus lę weer die in sowel as die uittog, van `n uitverkore volk.
Vanuit die paradys tot in die hel van die Egiptiese slawehuis en vandaar
weer terug tot in die beloofde land.
Vanaf ballingskap tot en met kruistog, van koningskap tot slaaf,
vanaf die een uithoek van die aarde tot en met sy verste wand.
Die einde van alles hiervan, begin weer met `n Genesis,
ja, `n nuwe tydvak kom weer tot stand.
In Aáron en Levi lę Levitikus en priesterskap, die geestelike seën,
sowel as die materiële vloek.
In die getalle van Numeri word `n Koperslang verhoog sodat sondige
sterwendes die oë daarop kan rig en bly lewe.
Deuteronomium kom om wet en orde na die uitverkore volk te bring.
So volg deur die heilige geskrifte, die rigters en die profete, ook vroue
troues sowel as ontroues.
In Konings kom `n sterke volk tot stand,
om weer net so vinnig te verbrokkel en te val.
In Psalms word God besing en in Klaaglied weer beskimp.
Deur Spreuke spreek die Wysheid en geduldig preek die Prediker.
In die Kronieke lę die goue draad van die begin tot die einde van
die Goddelike D.N.A. In letter en woord het God alle kennis
vir die mens deur die heilige skrif gegee. Ja tot redding van die mens
het die Woord Homself met die vlees kom klee, om hierdie aarde
te kon betree en sodoende die mens met God se eie mond die
waarheid te kon leer.
Soos Moses se koperslang word die Seun van die mens aan `n
vloekhout omhoog gebring, sodat die wat die oog op Hom gerig hou,
die lewe vir ewig kan behou.
Openbaring 394
Wee hom wat die oeroue D.N.A versteur.
Maandag 4 Augustus 2008 00:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vanuit stof is die mens gemaak en tot stof sal hy weer terugkeer.
Ja, uit die elemente van die aarde, grond, water, vuur, lug en lig,
het God die mens gestig.
Reeds vanaf sy vroegste begin, lank voor sy sterwensdag,
rus die menslike liggaam, klaar in die stof van die aarde.
Soos die fossielspore van oeroue vergane varings,
of soos herfsblare wat neerfladder na die aarde,
lę geberg in die aarde die lank vergete gestorwenes
se onvernietigbare D.N.A, in hul eerste baba hare.
Wie het die unieke wonderlike patrone op elke mens se vinger aangebring
en wie het die volmaakte lewens simfonie in elke unieke D.N.A laat uitkring.
Ja, die geheimenis van alle uniekheid lę in die simmetriese patrone
van die D.N.A. Volmaak is die triljoene spirale van water, lig en klank,
om as `n eenheid `n goddelike lied aan die Meester, van alle lewe
te kan bied.
Wee! die hand wat in verandering, aan die boustene van God wil tas.
Op so `n węreld kom `n onuitspreeklike las.
Die spiraal sal homself ontknoop.
Verwronge sal hy hom vleg en knoop en in kankergewas en plaag
sal ellende oor hierdie hele węreld opdaag.
Die wat wil beheer en manipuleer,
ja die wat wil God speel,
sal tot hul ewige afgryse, tot niks wegteer
ook die aarde sal hul koud die rug toekeer.
Hul eie verwronge D.N.A sal tot ewige onvrugbare dooie klip omkeer.
Ewig! ewig! sal hul nooit weer deur middel van die lewe,
een van God se heilige bousteentjies kan beheer.
Openbaring 395
Bly binne die orde van geslagsgemeenskap.
Dinsdag 5 Augustus 2008 11:15
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Iemand het aan jou `n vraag gestel omtrent die toelaatbaarheid aangaande
die seksuele omgang in en buite die huwelik en of die daad beperk behoort
te word tot bloot die verwekking van `n kind en ook oor die toelaatbaarheid
daarvan, vir die mens, om sy toegeneentheid en liefde op so `n wyse teenoor
ander te kan uitdruk en uitleef. Verder het die vraag gelui, wanneer maak
die mens homself skuldig aan hoerery.
Ek antwoord jou dat die volle betekenis van die woord 'owerspelig' reeds
baie van die bogenoemde vraag beantwoord.
Omrede die losbandige owerspeligheid, wat op `n sporadiese en
gereelde basis, onder die Israel volk plaasgevind het, is daar deur die
wette aan Moses, aan die volk, die nodige maatstaf sowel as voorskrif
aangaande hierdie onderwerp gegee. Nog altyd wanneer die volk, in watter
tydvak ookal, hulle hierby gehou het, het dit met daardie betrokke geslag,
in meer as een opsig goed en voorspoedig gegaan. Maar die oomblik
wanneer `n volk in seksuele losbandigheid verval het, was die totale
ondergang van daardie volk reeds in sig. Waarvan julle volkie `n
uitstekende
voorbeeld, na die skraap van julle sedewette is, waar onder andere
pornografie en ander gruwels, onder die sogenaamde "volwasse vermaak"
geakkommodeer is. Die mens het Ek as man en vrou, ja, as `n paar het Ek
hulle geskape, sodat ook die voortplanting van die materiële mens, op `n
suiwer en liefdevolle wyse deur hulle kon geskied. Wie daarom binne
hierdie orde bly, doen daarom nie verkeerd wanneer hulle mekaar in die
grootste respek en liefde liggaamlik nader nie. Maar waar dierlike wellus,
of dit nou binne, of buite die huweliksverband voorkom, was, en sal dit
altyd `n gruwel in die oë van God bly. Oor hierdie onderwerp staan daar
in die heilige skrif geskryf, wie trou doen goed, maar wie nie trou nie
doen beter. Dit is om hierdie eenvoudige rede, dat `n mens wat nie op
die vlees gefokus is nie, baie meer op die ontwikkeling van sy
onverganklike siel en gees ingestel is. Daarom hang dit weereens, van
elke mens se vrye wil af, waar sy grootste prioriteit, jeens die tydelike
verganklike liggaam of sy ewige onverganklike lewe lę.
Openbaring 396
Menslike selfsug vernietig die aarde ongesiens.
Dinsdag 5 Augustus 2008 18:15
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Terwyl hierdie planeet in aardverwarming oor sy eie einde ween.
Jaag bus, trein en vliegtuig sinneloos oor die hele węreld heen.
Terwyl die aarde wankelmoedig om sy eie as rondskuif.
Is `n węreldbevolking besig om vrolik te bras en fuif.
Terwyl sedelose vroue vir groot bedrae by die rykaards pruil.
Is daar sterwende honger kinders wat in wanhoop huil.
Terwyl die mens vrolik kapperjol op elke goue strand.
Is sy węreld besig om hom tot as te brand.
Terwyl die industrieë op volle produksie galop.
Raak die laaste skone lug en gesonde suurstof op.
Terwyl die mens al sy vuilheid in die riviere en die see in pomp.
Raak alles wat leef en groei, grys en afgestomp.
Terwyl die mens wellustig hoer en speel.
Lę sy spesie op die Hadeshoop geaborteer, dor en geel.
Terwyl die mens homself as `n god oor hierdie węreld verbeel.
Word sy erfdeel in die ewigheid deur die Satan van hom weg gesteel.
Terwyl die mens in hierdie tyd eindeloos net koop en koop,
word sy aarde ongesiens tot niks gesloop.
Openbaring 397
Wie deel het aan die węreld..
Donderdag 7 Augustus 2008 11:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Wie deel het aan die węreld is sonder enige vryheid en daarom gebind en so
`n węreldling het geen deel aan My nie. Volkome vryheid is om jouself in
liefde teenoor die Skepper, jouself, sowel as die naaste met
verantwoordelike selfdissipline, volgens die Goddelike orde te kan
handhaaf, sonder om enige węreldse riglyn of raamwerk, slaafs na te volg.
Die mens is geneig om die woord "bindinge" met die okkulte te vereenselwig.
Menigmaal het vele mense tot die uiterste gegaan om hulle omgewing en
woongebied te reinig van alles wat volgens hulle oordeel, van okkultiese
oorsprong is, hetsy dit nou kuns met `n antieke, `n kultuur, of `n
godsdienstige agtergrond is en of dit hedendaagse musiek met `n
sinistere ondertoon is. Al hierdie gewoel en gewerskaf het selde of ooit
`n positiewe verbreking van enigiets te weeg gebring en te midde van al
hierdie gespook en spartel, het die gebinde węreldse mens, geen moeite
aangegaan, om homself te bevry, van dit wat `n węreldse sisteem, hom tot
`n willose slaaf laat bind het nie. Sy god aanbid hy op voorskrif in `n
węreldse raamwerk. Terwyl hy homself slaafs na elke modegier klee. Ook sy
hare laat hy volgens die nuutste voorskrif kap. Hy bou en meubileer soos
aan hom deur die sisteem geleer. Sy kind voed hy op, om `n willose slaaf,
vir die węreldorde te kan wees. Ja, in alles laat hy homself soos `n
willose dier beheer. Vanaf sy opstaan tot en met sy slaap hardloop die
gebinde slaaf, om Lucifer sy god te kan behaag. Daarom sę Ek weer, wie
deel aan hierdie węreld het, die het geen deel aan My.
Openbaring 398
Die laaste Avondmaal van die eindtyd.
Saterdag 9 Augustus 2008
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Staan nou nader kinders van genade,
`n klaar bereide feesmaal staan gereed.
Ja, die laaste Avondmaal van die eindtyd,
staan kant en klaar gereed.
Nog eenmaal kan die sondaar,
sy hulde aan sy Verlosser bring.
In ontelbaar baie stukke,
is die Brood deur die Woord gebreek,
om as versoening aan `n kruis op Golgota,
aan die mens in liefde te gee.
Hoe kosbaar tog die hemelse wyn,
ja, gereinig deur die bloed van die Lam,
kan die mens nou van die Goddelike kronieke afstam.
Geheilig as `n goddelike tempel,
kan elke kind van God nou nader staan,
om as die laaste gehuurdes,
in die wingerd van die Skepper te kan kom staan.
Om as gewekte wesens, hul loon en krag,
van die Seun van die mens, te kan ontvang.
Ja, staan nou vinnig nader, kinders van genade,
die laaste Avondmaal, van die eindtyd,
staan kant en klaar gereed.
Openbaring 399
So het die menslike blik dof geraak.
Sondag 10 Augustus 2008 02:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Stil, stil, het die blye lewensvonk verlore gegaan.
Langsamerhand het die lig en glans tot niks weggetaan.
Vaal en grys, het `n digte gordyn voor die venster van die siel kom hang.
Die menslike blik, wat `n stukkie van die hemel kon opvang,
het dof en leweloos geraak.
Satan het biljoene, lewend, vir die hel en dood kom vang.
In `n geprogrammeerde węreld, waar alles oënskynlik, klopdisselboom,
in `n goed georganiseerde, eendenkende węreldrigting verloop.
In hierdie sogenaamde beskawingspeil,
het die mens meer as net sy vryheid verloor.
Sy unieke kreatiwiteit, sy trots en waagmoed, sy manlike integriteit
sowel as krag, ja, sy hele siel, het hy in hierdie goedkoop 'Matriks spel'
verloor.
Bedroef het die Goddelike Gees, die robotmens, aan sy eie lot oorgelaat.
Satan, is dit wat nou met die vingers klap en speel, om die węreld
roulettewiel
te laat spin en draai. En waar die bal val, daar bly dit lę, of dit nou die
węreld-
ekonomie is wat wipplank ry, en of dit `n grote hongersnood is wat die
mensdom laat ly. Of dit nou `n bloedige oorlog, of `n vrolike spele is.
Daar gehoorsaam die węreldmens, soos net `n outomaat kan.
Met `n 'ja' my eenwęreldmeester, ons sal. Hoe goddeloos en wispelturig
ookal,
elke gril en gier, van u, sal ons behaag. Om vir homself in vryheid te kan
dink,
daar raak die mensdom nou heeltemal willoos en traag.
Maar in hierdie troostelose tyd, sal Ek manne en vroue wek.
Die vonkel van My Gees, sal Ek self in hul oë opwek.
Onder vreemde omstandighede, sal Ek hulle na mekaar toe trek.
Die Goddelike kreatiwiteit, sal blink vanuit hul oë oor hierdie węreld
straal.
Versterk met My Goddelike krag, sal hul as heilige engele
voor die mense kom staan. Waar hul kyk, daar wyk die dood se vaal.
In hul midde sal die Seun van die Lewe kom staan.
Die eens magtige węreldorde, sal tot niks voor hul vergaan.
Soos mis voor die son, sal biljoene lewende dooies,
tot die illusie wat hul is, vir ewig vergaan.
Openbaring 400
Die olyfbome nou haastig op hul oordeelspad.
Sondag 10 Augustus 2008 05:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die meetsnoer word gebring,
helgeeste is dit wat nou oor die węreld uitkring.
Die grootste skaal word vanuit die skatkamer van God gehaal,
om menig regerings met sy oordele fyn te kom maal.
Maar kleiner as die kleinste kind, is harig sy mantel en verslete sy sak.
Op `n deemoedige esel word vele oordele vir die węreld gepak.
Stowwerig en vaal, ja, lank en droog,
maar terselfder tyd ook baie kort, is die verdoemenis pad.
Bitter min is die, wat die pad saam met `n oeroue profeet wil stap.
By koningshuis en ambassade, word die neus vies vir hom getrek.
Daar wag hongersnood, pes, oorlog, aardbewing en ellende vir die plek,
waar God se kneg met onverrigte sake, van vertrek.
Intelligensiedienste steek oor hom, by hul owerstes die draak en gek.
Maar soos bloedhonde jaag hul agter elke woord, van sy gesprek.
As mens is hy heeltemal kragteloos en vaal,
maar God se krag word vanuit sy siel en gees gehaal.
Erg menslik is hy bang, dat hyself nie die paal gaan haal,
daarom word vir sy ondersteuning, sy hemelmaat,
iewers vanuit die mensdom, vir hom gehaal.
Menigeen is daar wat alte graag hul skoene wil volstaan.
Maar elke eindtydgees, is geroep, om vir God sy eie weg
oor hierdie aarde te kan gaan.
Elke mens het sy beurt, om met sy lewe deur hierdie węreld te gaan.
Reďnkarnasie is nie aan die orde van die dag,
maar elke ou profeet, het ook gretig, op die einde van die tyd gewag.
Ja, ook hul siel en gees, het na hul ordes en werksaamhede,
in die Melgisedek orde gesmag.
Terwyl die hemelwesens heilig, heilig sing,
is dit die eindtyd geeste,
wat al hoe nader in hul begeerte, om God nou kring.
So bring die Olyfbome, nou haastig op hul oordeels pad,
sodat al die skale, uit volle bors, nou saam tot eer, van God kan sing.
![]() |