e-pos  judithdebeer@webmail.co.za


             openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 371
Die onaangename kentering teenoor die lokkende vryheid.

Sondag 6 Julie 2007 07:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Elke volwasse regdenkende mens is die stuurman van sy eie lewens skippie.
Waar dit vir sommiges voel asof die ellende waarin hulle hulself bevind
toegeskryf kan word deur hulle omstandighede, of die invloed of beheer,
wat ander oor hulle lewe uitoefen, is dit egter bykans altyd a.g.v die
feit dat dit deur die betrokke mense, se eie, meestal, willose
besluitneming is. Kentering of vryheid is die twee verskillende pole
waarop elke mens se lotsbestemming op hierdie aarde berus en alle
negatiewe gevolge word bykans altyd deur `n onverantwoordelike
wilsbesluit voorafgegaan.
Gedane sake het geen keer nie. Die mens is geneig om negatiewe
gebeure en traumas, voor die deur van die sogenaamde, onafwendbare
lewenslot te lê. Dikwels wil die mens in sy bitterheid, vir My
tot verantwoording roep vir dit wat hulle in verkeerde besluitneming,
oor hulself gebring het. Die meeste oorsake van alle ellendes op hierdie
aarde, berus op die maklikste uitweg of oplossing van dit wat die oomblik
bied. In die oënskynlike maklike oplossing lê dikwels op die langeduur,
bykans altyd `n fatale besluit, waar dit altyd moeilik is om nou die regte
antwoord vir die oplossing van die probleem te vind.
In alle onopgeloste mislukkings kom lê die onaangename kentering,
omdat die mens nou in sy probleem situasie, in sy wese en siel,
tot ongelukkigheid gebind is. Maar as teenvoeter hiervan, het Ek vir die
mens as `n teenpool vir die kentering, die lokkende vryheid daar gestel,
wat op sy beurt weer die lewensvreugde huisves, wat in staat is om die siel
te bevry, van alles, wat hom tot die eie verdoemenis kwel. Die volkome
vryheid lê nie daarin om selfgeskepte probleme, traak-my-nie-agtig, sonder
enige verantwoordelikheid oorboord te gooi nie, maar dit lê juis daarin om
met `n blymoedige en verantwoordelike gemoed, korte mette, van
onaangename situasies en lewenswyses te maak. Daar is egter `n baie
wyse spreekwoord onder julle mense, wat as volg lui:
“voorkoming is by verre baie beter as genesing”.
Maak dit daarom in julle toekoms julle “motto” om alle besluite meer
noukeurig en met die nodige wysheid en minder impulsiwiteit te neem.
Sodoende sal julle, vir julself baie minder probleme op die hals haal.
Met `n bietjie gesonde nabetragting, sal die mens nou vind dat alle
bestaande probleme, op watter vlak van die lewe ookal, of dit nou individueel
of op `n breër vlak van die samelewing waar dit gemeenskappe, volkere of die
hele wêreld insluit, die mens bykans altyd self verantwoordelik is vir alle
bestaande probleme wat daar op hierdie wêreld teenwoordig is.
Selfs die onvoorsienbare gebeure, wat in die vorm van rampe of kataklismisse
oor die aarde kom en wat niks anders as die oordeels gevolge van dit is,
wat die mensdom met onverantwoordelike besluitneming en handelswyses,
tot versteurde goddelike ordes teweeg gebring het nie.

 

Openbaring 372
Waar is alles nou vir ewig heen?

Dinsdag 08 Julie 2008 07:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Waar is al die trots en hoogmoed van alle generasies heen.
Tot wurmkos en die doderyk is alles daarvan daarmee heen.
Waar is `n duisend geslagte oor die eeue heen.
Oor menig verlore bloedlyne is dit wat engele skares ween.
Waar is al die magtige koninkryke van die aarde heen.
Op die einde van die dag was nie een van hul deur God geseën.
Waar gaan al die vrugbare oeste van hierdie tye heen.
As verwoesting sal vloedwaters en vuur as skade
oor die landbougrond van die aarde reën.
Ja, waar is al die kos van die wêreld skielik heen.
Plaag, pes en droogte sal eentonig daaroor teem.
O Waar is al die rykdomme van die grotes ook nou heen.
Die hart van menig gierigaard het Satan sonder uitsondering versteen.
Daarom is al die goeie seën,
vanuit die hemele oor die aarde daarmee heen.
Waar is al die gesondheid van die mens en dier nou heen.
Deur bose navorsing is alle balans, verrot, versteur tot in die been.
O waar is al die voorspoed en die vettigheid nou heen.
Weggeteer en maer raak menig volk nou tot op die skeen.
Waar, o waar is al die voeding en behuising vir oorbevolking skielik heen.
Tot die bedelaarstaf verdoem.
Waar gaan arm lande vir biljoene honger monde kos nou leen.
Waar trek al wat stryd- en oorlogswa is nou heen.
In verwarring staan bondgenoot en vriend mekaar nou as die vyand teen.
O waar is al die produksie van die wêreld heen.
In droë olieboor is alles daarmee heen.
Waar gaan al die nywerheidstate ook nou heen.
Hul hart en siel as bose werktuie aan die Satan uitgeleen.
In `n toekomsblik is dit op hul wat die kernbomme neer gaan reën.
Sonder uitsondering is elk van hul tot ewige verdoemenis geseën.
Soos `n ou-ou klaaglied wat sy bitter wysie oor baie verlore eeue uitween,
is dit net oor verlore sondaars ewig daarmee heen,
wat engeleskares droefgeestig voor die troon van God nou ween.

 

Openbaring 373.
Aan elkeen slegs sy eie mate uitgemeet..

Vrydag 11Julie 2008 09:10
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Troosteloos in onafwendbare globale verval,
probeer steeds die wêreldling pateties na vooruitgang streef.
Maar in wanhoop en vrees,
dit is waar menigeen op die rand van die ewige afgrond leef.
In die oordeelstyd van alle tyd, sal daar geen seën nie,
maar net vervloeking gaan daar oor die aarde heers.
Op regeringsvlak, ja, in wet en orde
sal daar oral net vrees en chaos heers.
In die gruwel en verwoesting
wat daar oor die hele wêreld gaan wees,
gaan daar niks suksesvol vir die nasies tot genesing wees.
In die tekens van die eindtyd,
aan die begin van die einde van hierdie verskriklike tyd,
net onlus, oorlog en verwoesting,
is al waarvan die mens gaan lees.
Sonder hul God raak die mensdom,
nou heeltemal weerloos en wees.
Eeue lank het die mens God op elke gebied beproef.
Die Gees deur heb- en vraatsug diep bedroef.
Deur mag en heerssug het die mens,
sy eie grootste vyand geraak.
Deur God verlaat lê biljoene siele naak,
broos, weerloos en braak.
Wie of wat is daar wat hulle tot genesing nou aan kan raak.
Tot die bitter einde het die uitverkorenes
vir die wederkoms van God gewaak.
Met goeie voorsorg, hul lampies met genoeg heilige olie,
vir `n baie donker nag volgemaak.
Oorstelp van vreugde gaan hul Sy koms na hierdie wêreld
tot hul volkome saligheid nou smaak.
Van alles wat die mens besit, daarvan kan hy soveel hy wil,
tot hulp en redding vir sy naaste uitdeel.
Maar uit die kan van die vrye wil,
kan elkeen toegerus met slegs sy eie deel,
dit nie tot genesings met onverstandige mense deel.
Vir elkeen het God slegs sy eie mate uitgemeet.
Moet daarom nie in genadetyd,
met die barmhartigheid van God probeer speel.


 


Openbaring 374
Waarna streef die mens op hierdie aarde.

Sondag 13 Julie 2008 23:45
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Wat en waarna is dit wat die mens die meeste na op hierdie aarde streef.
Wat is dit wat hom tot op sy laaste oomblik aanspoor en motiveer.
Gaan die mens homself deur goed of kwaad laat beheer.
Ja, waarna is dit wat elkeen die heel meeste begeer.
Is dit dalk om as die wenner altyd eerste oor die wenstreep te kan tree.
Of dalk om in hoogmoed oor ander te kan regeer.
Miskien om die hele wêreld met ongekende krag te kan beheer.
Vir baie is dit om in pret en plesier die aarde op sy dak om te keer.
Of dalk om ydel die ouderdom en dood
met mag en mening weg van die liggaam te probeer keer.
Deur goud en glans, ja, mag en geld,
as die grotes van die wêreld na vore te kan tree.
Miskien is daar `n paar wat van die liefde van God wil kom leer.
Besorg probeer om die bose van hul naastes weg te keer.
Ander wat poog om aan die einde van hul lewe na God terug te keer.
Hoe dit ookal sy, goed of kwaad, almal nooi Ek gul,
kom vly jul by My voete neer.
Laat My Wysheid julle in liefde oor julle aardse sending kom leer.
Kom open julle hart sodat die Seun van die mens
in die sentrum van jul hart na binne kan tree.
Sodat julle daaruit tot voordeel van jul naaste, sowel as julself
tot ewige saligheid kan funksioneer.
Baie vinnig sal julle vind dat julle die hele wêreld
nou met My liefde wil beheer.
Die kwaad sal julle nou vurig van die goeie wegkeer.
Sinnelose pret en plesier sal julle na Goddelike waardigheid omkeer.
Die koue lig van goud en glans, met jul warm liefdesvuur tot as verteer.
Selfliefde en die ydelheid sal jul omskep tot warm naasteliefde sag en teer.
Om hulself as `n wedergebore kind na My nuwe Jerusalem te kan keer,
dit is al wat die mensekind nou met oorgawe sal begeer.

 


Openbaring 375
Melgisedek, die volmaakte kind.

Maandag 14 Julie 2008 17:40
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Van die grootste aartsengele tot die kleinste gesie
wat daar in die oneindigheid is.
Vat liefdevol mekaar se hand, om uit volle bors
`n loflied aan hul Skepper te bring.
In die fynste lig eter wat daar is, kristal helder,
is dit die reinste geeste wat daar sing.
Heilig! Heilig! is die loflied wat hul na God toe bring.
Gerubs wat die hoogste Offer,
die Eersteling na die troon van Lig toe bring.
Vier en twintig ouderlinge
wat al hoe nader om die Skepper kring,
om die kroon van Koningskap aan God te bring.
Heilig! heilig! al hoe intenser is dit
wat die hemelwesens nou sing.
Die liefdespunt van God se hart, ja, Sion die uitverkorene
word binnekort in die allerheiligste ingebring.
Geseënd is elke kind,
deur engele na hierdie bruilofsfees gebring.
Heilig! heilig! oorweldigend is dit die engele toon
wat nou deur die oneindigheid weerklink.
Vir die hele skepping om te aanskou,
word Melgisedek as die volmaakte kind,
deur gerub hande omhoog gebring.
Deur die wolke van die hemele, getrou, waaragtig,
die Geregtigheid, ja, die Koning van alle konings,
wat tot die redding van sy uitverkore kudde
na hierdie aarde deurdring.
In basuingeskal en donderslag, die grootste oordeel ooit,
word oor hierdie aarde gebring.
Satan en sy werktuie word vir `n baie-baie lang tyd,
tot verlossing van die wêreld gebind.

 

 

Openbaring 376
Rondom materiële geboorte, lewe en dood.

Dinsdag 15 Julie 2008 08:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Alle bestaande materie in die totale oneindigheid, hetsy dit nou die
verskillende hemelliggame in hulle onderskeie ordes en bane is, of die
kleinste mikroskopiese organiese, of nie-organiese sel of atoompie is
en of dit nou die vrydenkende mens op hierdie aarde is, ja, alle bestaande
materie, word deur die sorgsame liefdeswil van die Skepper en daarom deur
die Goddelike verantwoordelikheid, instand gehou. In alle materiële
ontwikkeling lê daar die onstaan, groei en beperking. Op een of ander
tyd bereik alles `n klimaks, waarna dit stagneer, om daarna stelselmatig
of skielik agteruit te gaan om sodoende te kan sterf. By alles wat daar
is, verskil die ontwikkelingstydperk en lewensduur. Net soos wat daar
sonne met `n ondenkbare lang lewensduur in die oneindigheid is, net so is
daar ook eendagvliegies, wie se kort lewensduur op hul beurt oneindig
lank teenoor sommige enkelvoudige organismes of seldiertjies is, wie se
lewens span tot vlietende sekondes beperk is. Ja, alles en almal het
volgens hul eie unieke wese, hul regmatige tyd en plek in God se groot
skeppingsruimte. Vir alles kom daar ook `n tyd, waar die bloeitydperk
van die materiële, sowel as die geestelike groei en ontwikkeling verby-
gaan. In die gestagneerde dood en vergaan daarvan, onttrek die goddelike
instandhouding waarby ondenkbaar baie vir die menslike materiële oog
onsienlike engelgeeste by betrokke is, hulself, om hulle hierna opnuut, by
nuwe groeiende Goddelike projekte te kan voeg. Die dooie toestand waarin
die eens lewende objek homself nou bevind, word met goeie reg, deur julle
mense, as `n Godverlate toestand beskryf. So is daar ook `n begin en `n
einde aan elk van die verskillende ontwikkelings periodes, wat hulself
sporadies op hierdie klein planeet aarde afspeel. Spoedig het dit ook nou
die tyd geraak waar hierdie tydvak, sy onvermydelike einde nader en in die
klimaks van hierdie tyd, vind die groepering van die gelyksoortiges en
daaronder die skeiding tussen goed en kwaad plaas. Ook die onsienlike
positiewe of negatiewe kragte, is besig om hulself, by die ewige verval,
of die ewige geestelike groei te voeg. Elke mens is vanaf sy geboorte
toegerus met die sorgsame goddelike hulp van opbouende en beskermende
engelgeeste, maar terselfdertyd as `n teenpool vir die vrye wil, ook
blootgestel aan negatiewe geeste. Toegerus met die vrye wil, het die kroon
van die skepping, die mens, die vryheid van keuse, om homself na sy eie
goeddunke, by Goed of kwaad te voeg en daarvolgens sal die goeie engele,
asook die slegte geeste, hulself hergroepeer. Die wat het sal nog meer
ontvang en die wat nie het nie sal ook dit verloor wat hulle as eiendom
toegereken was. Die beskermingsengele van die verlorenes, sal hulle
self onttrek, om hulle in hierdie tyd as hulp, by die uitverkorenes van
God te voeg en by die verlorenes sal daar `n Godverlate toestand, tot hul
ewige ondergang intree.

 

Openbaring 377
Abidam-madibA! vader van lig of duisternis.

Dinsdag15 Julie 2008 20:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Vir die nag om die dag te probeer kopieër.
Met sintetiese lig
dit is waarmee die duisternis die gek nou skeer.
In `n raaisel in die einde van die eindtyd,
wat verband hou met die eerste tyd van die begin tyd.
In `n duister-engelhand is die kodesleutel van die ewige afgrond.
Ook kom daar `n oordeel vanuit `n grote Engelmond.
Abidam-madibA! vader van die lig of duisternis.
Wat wag daar op die wêreld `n fees of `n begrafnis.
In `n jaar waar menigtes smeek om valse vergifnis.
Wag daar op biljoene die grootste droefenis.
`n Engel gooi sy oordeelskaal met woede op die aarde neer.
Die aarde gaan haarself tot in haar ingewande oopskeur.
`n Mond word aan `n dier gegee.
Wie gaan al die doodsbeendere van die wêreld wegvee?

 

Openbaring 378
Die oordeel tree stil nader.

Dinsdag 16 Julie 2008 16:45
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Kinders, kinders altyd kinders, waarvoor die wêreld kwansuis omgee.
Deur pes en kataklisme gee die rykes vir die armes `n jubelfees,
Nimrodfees, Christenfees, Mandelafees, is dit dalk die nuwe kersfees.
Agter hul nuwe god aan skreeu die wêreld hulself nou hees.
Die hele jaar deur, vrolik word gehou as inwyding die nuwe fees.
In rock en roll vier menigeen die nuwe liberale vryheidsgees.
Van die bande van `n Christuskind raak hulle nou genees.
Saam met die nuwe wêreldorde met sy nuwe god,
dit is al waar hulle nou wil wees.
Vrygewig met elke fees,
word geskenke en donasies as omkoop offers,
aan die siek en armes gegee.
Maar stil-stil is dit die olyfbome wat nou nader tree.
Om met God se oordeel die wêreld skoon te kom vee.
Vrygewig is dit ook die dood wat nou nader tree.
As geskenkhouer, in menig doodskis,
wil ook hy sy geskenke kom gee.

 

Openbaring 379
Dit hoor 'n mens in elke gesprek.

Woensdag 16 Julie 2008 10:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In rook en damp orals raak die wêreld aan die brand.
In menig land is dit die graan en woud wat in rook en as verdamp.
In konveksiestroom, vogdamp en baie stoom.
Moeg is dit die aarde wat in haar eie hitte loom.
Vinnig is die tempo waarteen die poolys smelt.
Al hoe warmer raak dit om die ewenaars belt.
Sneeu en hael, orals gaan ys homself laat geld,
sneeustorms word in die middel van die somer aangemeld.
Versteurde weerpatrone wat oral groot kommer wek.
Groot probleme aan die kom, dit hoor `n mens in elke gesprek.
Oorstromings hier en droogtes daar.
Wat wag op die mensdom die res van hierdie jaar.
Al die goeie raak nou vinnig klaar,
wat het die mens vir homself in goeie jare opgegaar.
Die aarde swenk en swaai,
om skielik op haar sy te draai.
Met die aarde wat nou kantel.
Sneeu vorm op `n ander plek `n nuwe poolys mantel.
Ja, alles raak versteur en deurmekaar,
maar steeds bitter min is die, wat hul by God wil skaar.

 

Openbaring 380
'n Wêreldsirkus vol van ape

Donderdag 17 Julie 2008 05:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In `n enorme wêreldsirkus wat daar is, is die politiek `n aaphok waar
verskillende spesies, meeding, om met aapstreke en kaperjolle,
die aandag van ewe dom toeskouers op hulself te sit.
Hoe dommer en lawwer die toertjies, hoe groter die bewondering
en ook die applous. As `n leier vir hulself, wil die mens die
grootste aap vir homself voorhou. So wie is die grootste aap,
die een binne of buite die aap se hok. Met die potensiaal
en intelligensie skokkend min, word herhaling van `n wenresep
tot sy uiterste gekopieer na almal se sin. In Amerika vanuit `n ou verslete
Kennedy hok, word deur `n aapwyfie met `n stringetjie pêrels, aan haar
aapmannetjie se sy, `n hele land tot ondergang gelok. In die hart van `n
uitgeskopte mannetjie aap, roep daar om wraak, die onverfynde,
ongerepte 'bos'. In sy wraak ontketen hy met ontblote slagtande,
`n bloedige oorlog in `n wêreld ape-hok. In snyerspakke kom die
ringkop-ape nou bymekaar. Oënskynlik intelligent, probeer hul om nou
ernstig te frons en vanuit hul beste aapstreke en domme renons,
is dit die hele wye wêreld, wat tot sy ewige ondergang in die mens
se eie onnoselheid neerplons.