e-pos:     judithdebeer@webmail.co.za 


                openbaringe@yahoo.com

Openbaring 361
’n Groot oordeel staan nou gereed.

Woensdag 18 Junie 2008  17:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Vir dekades lank het die leuse gelui:
Dit betaal om te adverteer.
Die mens is tydig en ontydig genooi om te koop,
net al hoe meer en meer.
Vergeet van kontant en Rand,
vir krediet kan die mens sy huis verpand.
Hoe meer hy wissel en deel,
hoe meer krediet kom na sy kant.
Sonder kontant in die hand
kan die mens van die oggend tot die aand
net koop en nogmaals koop.
Al wat industrie is,
die is nou op volle produksie loop,
maar in alle vraatsug lê daar,
kort voor lank, ’n nare knoop.
Van te veel en nogmaals te veel,
raak die wêreld van sy energiebronne gestroop.
Met ’n "genoeg dis nou genoeg",
dis waarmee die aarde nou reageer.
“Nog altyd het ek al my bewoners gevoed,
maar genoeg het ek nou van vraatsugtige parasiete
wat onversadigbaar op my teer,
onvrugbaar sal ek my rug nou op hulle almal keer
en selfs die heel rykes
sal hulle self nie teen die armoede
en hongersnood kan verweer.”
Geen moondheid of regering
kan hierdie oordeel van die mensdom wegkeer.
Soos ’n vaartuig sonder stuurman op ’n rowwe see,
onstuimig stort die valuta
en die effektebeurs binnekort nou neer.
In plaas van koop en koop,
is dit nou spaar en spaar,
so wil dieselfde slimmes
’n bankrot gemeenskap nou vermaan.
Hoe bring ’n mens die kloutjie nou by die oor?
Vir meeste verbruikers is alles nou oor.
Ja, hoe kan die mensdom dit alles ooit verstaan,
vir meeste van hulle is alles na die maan.
’n Groot oordeel staan nou gereed,
nog ’n engel gaan met sy hand
oor die oppervlakte van die aarde vee.
Onstuimig raak die finansiële see,
vinnig sal regerings nou moet dink.
Die pensioenfonds-skippie
gaan binnekort in menig land nou sink.


Openbaring 361(b)
Elke oog die gaan Ek open.

Donderdag 19 Junie 2008 07:30
 http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
In pyn en genot, met temperature wat klim en val,
op sy sintuig en gevoel, reageer die mens maar min.
Terwyl die homosapiens oral om hom kyk, sien hy niks.
Oral is daar klank, maar hy hoor dit nie.
Reuke en geure is daar volop, maar hy ruik dit nie.
Ja, heeltemal oorbluf en dom,
kyk oënskynlike intelligente mense na wêreldwye versteurings,
gebeure en verval.
En een en almal staan stilswyend en stom.
En die Boek van Openbaring staan in sy volle blom.
En eensaam klink die klank van die Gees wat lok en roep.
In die nanag van die nagwaak, van veraf kom die roep.
"Die Meester kom, die Meester kom!"
En met olie in hul lampies, klein in hul getal,
gaan getrou die heilige maagde, hul Bruidegom met blydskap tegemoet.
In ‘n doofstom, wye wêreld,
is daar niemand anders wat hoor die klank van heilige huweliksklokkies,
ook nie een wat ruik, die volmaakte, soete reuk, van hemel blomme.
‘n Enkele wêreldling, wat kan voel
die teenwoordigheid van ‘n sagte, koel, goddelike bries.
Maar elke oog die gaan Ek open,
en hartverskeurend gaan wees die ewige verlies
wanneer elke enkeling die wederkoms van die Seun van God gaan sien.
 

Openbaring 362 (a)
Die bloudruk van alle tyd.

Vrydag 20 Junie 2008 09:10
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Met ’n naelstring aan die moeder vas,
met ’n magnetiese band, klou die maan aan die aarde vas.
Om mekaar, tuimel hul voortdurend om die son.
Vanuit hierdie beweging kom voortdurend die aardse tyd se bron.
In hierdie tuimelaars se meetkrag van hul tyd,
staan dikwels, in ’n reguit lyn,
in mekaar se skaduwee en duisternis, vir ’n oomblik tot hul spyt,
In een uit ’n miljoen sonsverduisterings,
stil vir ’n oomblik, die dimensionele tyd.
Van die kleinste tot die grootste maan,
of dit een of meer is, wat om hul moeder staan.
Ook die planete wat weer in hulle ordes om hul sonne gaan.
Sonnestelsels wat weer op hul beurt om groter middelsonne gaan.
Elk van hulle het sy eie tyd
en is op hul beurt ’n ratjie in die funksie van die groot ratwerk van alle tyd.
’n Duisend aardse jaar is bloot ’n enkel dag in die Skepper se kalenderjaar.
’n Dag, ’n duisend jaar in die ewige geestelike dimensionele jaar.
Elke kind wat op hierdie aarde tot sy Goddelike wedergeboorte verjaar,
as ’n ewige ligdraer, word daar in hulle sentrum gestoor,
ja, die bloudruk van alle tyd, word deur die Skepper self,
vir ewig in hulle bestaan bewaar.
 

Openbaring 362 (b)
Waar gaan ’n mens die Vader vind?

Vrydag 20 Junie 2008  11:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Waar gaan ’n mens die Vader vind?
Jy kan loop waar jy wil, jy kan maak en jy kan breek.
Jy kan doen wat jy wil, God het Homself
met die sondeval vir die mens versteek.
Indien die slimme mens vir homself ’n skippie kon bou,
om die oneindigheid van hoek tot kant te kon deurkruis en beskou.
Ewig sal hy op hierdie ewigheidsvaart kan gaan,
maar nêrens gaan hy die plek bereik, waar hy sal kan sê,
hier het ek die Skepper van alles gevind.
So kon die slimme mens nog altyd intensief
in al wat ’n ou geskrif of geloofsraamwerk gaan
en nog nooit het iemand die Godheid konkreet
hieruit vir die mens tevoorskyn gebring.
So goed en diep as moontlik het menig wysgeer homself
in die diepste filosofie gebring,
maar nog nooit kon hulle die Seun van die mens
lewend daaruit tevoorskyn bring.
Menig kerk met sy geloof,
het die hoop op ’n ewigheidslewe van baie siele geroof.
In die sigbare dood
word alle tekens van die lewe
vir die toeskouer, ewig gestroop.
So klein is die mens in vergelyking met God,
en so min as wat hy die einde van die oneindigheid
ooit sal kan naspeur,
so min sal hy die bestaan van die Godheid
in die materiële ruimte kan naspeur.
Eenvoudig het God dit daarom vir die mens gemaak,
om die Godheid te kan vind.
Kan die mens die Skepper van die Lewe
in die eie bestaan vind.
In ’n mens se liggaam, sag en broos,
het God hierdie aarde betree
om Homself aan elke mens te kan gee.
Daarom het Hy Homself
met die opregte harte van Sy kinders kom klee.
In hierdie tyd sal elkeen wat wil,
die Beeld van sy Skepper,
in die oë van ’n werklik wedergebore kind vind.

 

Openbaring 363
Die edelboom se onrein takke ewig geskeur.

Maandag 23 Junie 2008  09:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Liberaal het menigeen homself
vir die Goddelike orde vererg.
In skaamte sy gesig oor sy eersgeboortereg
voor die hele wêreld verberg.
Sy kinders verkleur om God te terg.
Sy siel, die het hy in twee geskeur
en so die genade Gees vir ewig verbeur.
Van die edelboom
word die onrein takke vir ewig geskeur.
Gruwel en verwoesting het hul oor hulself gebring.
In selfbespotting sal hul, as willose slawe,
hul verrottingslied aan die hele wêreld bring.
Oor ’n sot gaan niemand ’n simpatieke traan na sy oog toe bring.
Gruwelooslik is hierdie lied,
wat die draak as vermaak nou aan die wêreld bied.
Onmenslike wette word oor geregtigheid gebring.
In plaas van seën sal Ek ’n vloek oor bloedgrond bring.
As goedkoop bemesting sal die Vergeldingsengel
menig lyke in die aarde bring.
Eentonig sal die dood
sy lied in onlus, oorlog en epidemie sing.
In vloed en aardbewing, ja, in plaag en hongerdood
sal ’n vraatsugtige wêreld sy antwoord vind.
Die vrye wil van Heiliges wil hulle onder dwangwette bring.
Soos aasvoëls na ’n hiëna maal,
wil die Oosterling, ook oor dit wat heilig is, smaal.
Gretig wil hulle in oorvloed maai
daar waar hulle nooit nie het gesaai.
Ja oor Afrika wil die Oosterling kom koning kraai.
Hy dink die kind van Skeba is dom,
met wapens en beloftes wil hy nou na hom toe kom.
Na heilige bloedgrond wil China vry,
in woede gaan die dood hul in menig kataklismes onderkry.
Maar triomferend sal Ek My uitverkorenes
van dit wat onrein is weghou,
My Goddelike Hand sal Ek beskermend om Sion vou.

 

Openbaring 364
'n Uitbreiding oor die menslike materiële brein.

Dinsdag 25 Junie 2008 10:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Alle lewende organismes wat tot op so ’n vlak ontwikkel is dat die voortbestaan daarvan afhanklik is van ’n eie ontwikkelde brein, is ondergeskik aan die menslike brein wat die  mees ontwikkelde vorm van alle materie is wat in ’n vrye toestand in die totale     oneindigheid voortkom.

Die menslike brein is egter niks anders as ’n netwerk van organiese weefsel en vloeistof   wat ’n natuurlike lewende “hardeskyf” vorm wat oor die uitstekende vermoë beskik om      die oneindig baie verskillende lewend elektries gelaaide impulse van vibrerende en wrywende klank, sowel as liggolwe, deur middel van die sensitiewe senuweedrade wat        in die sintuie voorkom, te kan absorbeer en verwerk, om dit dan te vergelyk met    soortgelyke data wat vanaf die eerste selvorming van hierdie orgaan se bestaan in sy triljoenvoudige liasseersisteem geberg is.

As die meestermaterie oor al hierdie vir hom waarneembare ondergeskikte materie, beskik die menslike brein verder oor die skeppende vermoë om deur middel van sy liggaam, dit   wat hy waarneem deur die graad van sy intellek te omvorm en aan te pas om dit sodoende tot sy voordeel aan homself te kan onderwerp.


Die medium, waardeur al hierdie funksies tot werking kom, bestaan nie net uit die    atmosfeer van hierdie aarde nie, maar die hele oneindigheid van die totale
skeppingsruimte wat in der waarheid niks anders as ’n aaneenlopende lewende
substansie is nie, en wat hoofsaaklik bestaan uit verskillende gasse en stowwe,
asook klank- en liggolwe wat deur hulle voortdurende beweging en wrywing
’n lewende elektriese lading veroorsaak wat in ’n nimmereindigende kettingreaksie
alles met alles in verbinding bring en waarvan die mens op sy nog betreklike primitiewe   vlak nog bitter min van weet en verstaan.

Die menslike brein is dus basies niks anders as ’n sender wat radiogolwe ontvang
en uitstuur en deur middel van lig beelde kan vaslê en projekteer nie.
Alle waarneembare materie is deurentyd in verskillende grade van ontwikkeling
of disintegrasie, ja, alles is deurentyd besig om opgebou of afgebreek te word met die tydelike instandhouding wat tussen hierdie twee pole werksamig is, en onderworpe aan    die verganklikheidswet van die materie is die breinweefsel, wat as ’n briljante  liasseerkabinet vir die mens dien, tot vernietiging gedoem.

Maar die onsienlike inhoud, wat ’n lewende, onvernietigbare energie is en die kennis
van positief en negatief, ja, goed en kwaad bevat, en wat op hierdie stadium met ’n
selfbewuste identiteit omvou is wat die mens nou ’n lewende siel noem, het tot op ’n
geestelike onvernietigbare vlak gekom waar dit of voordelig of nadelig vir die hele
oneindige materiële sowel as geestelike skepping kan wees en waar daar nou op
hoër geestelike vlak besluit word wat daar met die verdere ontwikkeling of moontlike
kentering van hierdie onsterflike selfbewussyne moet word.

Op ’n latere stadium sal Ek meer oor die verskillende materiële en geestelike ordes uitbrei.


Openbaring 365
Herken hom -hy is lank en soel.

Vrydag 27 Junie 2008 08:00
 http://www.openbaringe.co.za/
 
Judith de Beer
In ‘n gruweltyd wat die voorloper van die groot verdrukking is,
is daar klaar menigeen wat in die diepte van sy nood radeloos,
wanhopig, sy pyn uitsug.
In die klimaks van hierdie sware tyd, gaan daar, net soos met Job,
menigeen wees, wat diep beklae en ook beskimp,
sy geboorte, lewenslot, ja, sy hele bestaan in hierdie erge tyd.
Maar in hierdie groot verdrukkingstyd kom ook die mees verwonderings-
verrassingstyd, en waar die mens in oorvloed gaan verwag,
by daardie bron gaan hy niks ontvang.
Maar soos in ‘n snerpende koue winternag, by ‘n kleine vuurtjie
wat weldadig met sy hitte op ‘n verkluimde pelgrim wag,
so sal die Reddingsgees van God in die mees onaantreklikste
verpakkings, as verrassings op menigeen in hierdie tye wag.
In oorvloed het die mens sy liefde en sy tiende aan sy kerk gegee
en in sy nood gaan hy vir hulp nou nader aan hierdie organisasies tree.
In valse spyt gaan die kerke nou kamma trane uit hul oë uitvee.
“Ons hand en hart is leeg,
die valse lig en leuen het ons klaar oorvloedig aan die mens gegee
en daar is niks, maar niks meer oor, om in hierdie tye
aan jul swape uit te deel.”
Radeloos soos verlate diere sonder hul beskermingskraal
gaan menig kudde in verwarring en vrees rondmaal,
mekaar se vrees die gaan hul ruik
en nêrens gaan daar vir hul ‘n geestelike plekkie wees
waar hul veilig weg sal kan kruip.
Maar in die hart van een of twee,
of dalk ‘n bietjie meer,
wat hul liefde opreg na My wou keer,
ja, vir hierdies sal Ek self die blik
na My warm Liefdesvuurtjie in hul koue winternag toe keer.
Na ware beskutting
sal Ek hulle in ‘n brutale tyd heen lei, sag en teer.
Daar waar die massas in benoudheid maal en woel
sal in hul midde skielik staan die valse profeet saam met die Antichris,
lank en soel.


Openbaring 366
Ewig te laat vir enige berou.

Dinsdag 28 Junie 2008 07:00

 
Judith de Beer
Vir hulself toeberei lê in hul hande die feesmaal van die dood. Losbandig deur die vrye
liefde, ongeneeslik lê verderf en verrotting tot hul ondergang in hul eie skoot. Meer as tweeduisend jaar gelede is daar teen hierdie miswolke geprofeteer, wat in hoogmoed
hulself deur niemand oor iets van die Wysheid wou laat leer.

Syfers- die wil hul spottend omkeer, om met God die gek te kan skeer.
Van beide kante sal ons ("four, 4") vir die meester van die duisternis biddend regop staan
en verwonderd sal daar menigtes agter hierdie opposisie van God nou gaan. ʼn Dubbel,
plus nog een van dieselfde soort, laggend lei ʼn gruwelwêreldorde menigtes weg van God
se hemelpoort.

In die matriks van die wêreld vasgevang, kom die lied van die bose, gekamoefleer, in pragtig valse engel gesang. Nader al hoe nader kring die dood, om menigtes in sy nette te kan vang.

Maar vreesloos stap die kinders, agter die fluitspeler van Suid-Afrika se Rotterdam. Na die voet van die heilige berg het hul gekom, om God te belaster en te terg. Oordeelsengele wat hul in hul woede, oor hierdie arrogansie vir die hele wêreld nou vererg. In die oordeel wat daar oor hierdies kom, gaan die uitverkorenes hul gesig uit respek vir God verberg.

Treurig gaan daar menigtes van engele, in klaaglied ween, oor verlore kinders, vir ewig daarmee heen. In die oordeel wat hul in hul eie hande hou, ja, aan dit wat die wêreld bied, wou hul desperaat mos klou. Ewig te laat is dit vir hulle nou vir enige vorm van berou.
As ʼn Valse Jerusalem wil London met haarself,
voor al die stede van die wêreld skou. Wie aan haar beloof hul lojaliteit en trou,
die is ywerig besig om hul eie graf saam met haar te grou.

In Ierland bring Ek ʼn geloofvesting teen haar tot stand en hierdeur gaan al haar planne
in die toekoms, tot as verbrand. Die skrif is tot Engeland se ondergang aan die muur,
uit hul ekonomiese hand is dit 666 wat tot verwoesting na die hele wêreld gluur.


Openbaring 367
Die Christendom staan willoos, stom en dom.

Sondag 29 Junie 2008  02:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
O' God hoe lank nog voordat U ons verspilde bloed kom wreek,
op hierdie aarde is ons wreed gedood, menigtes van ons.
Oor ons liefde en geloof, vir U, tot in die dieptes van ons hart deurboor.
In heb en vraatsug onder God se naam, is in menig kruistog
onskuldig bloed tot oorlopens, oor baie eeue heen vergiet.
Brutaal is menig ras en volk, onder die sware hand van ridderskap,
gedwing tot bloedige Christenskap.
Heeltemal gestroop van hul identiteit en godsdiensvryheid,
het menig martelaar deur hul protes, vir hulself op brandstapels,
`n wrede dood gekoop. Deur sending op hul afgedwing,
is Afrika slim deur die Weste op sy knieë gedwing.
Wie het enige iemand die reg gegee, om God op hierdie manier
aan vrye wesens op te dwing.
Vrymesselaars en Ridderskap, die Basterjood en Engelsman,
deur al die eeue heen, was hul saam `n gedugte span.
Oor baie jare heen was slu briljant, net altyd nog hul bose plan.
Die Woord en ook die gewete van die mens, dit het hul tot niks verkrag.
Deur die leuen van alle leuens, word daar deur die Vatikaan,
ja, deur die hoer van Babilon, `n valse Christus,
aan `n blinde doofstom wêreld, deur bloed en goud verkoop.
`n Grote Christendom, staan lafhartig tot hul ondergang verdoem.
Sonder vryheid van hul denke, staan hulle heeltemal willoos, stom en dom.
Redeloos soos stomme diere, staan hul gehoorsaam in `n raamwerk
vir hulle saamgetrek, deur die wêreldraad van kerke.
Vir die vryheid van die mens se gees
het God self die tempelorde in Jerusalem in drie dae tot niks gebreek.
Manhaftig en beskermend tree die mens vir sy valse vors na vore,
maar sy God die laat hy in die steek. Op die fondasie van menig
heilig bloed, het `n sataniese wêreldorde sy bose troon gebou.
Biljoene is daar wat aan hierdie drogleuen as die waarheid vasklou.
Die getal raak vol en die tyd het gekom,
die martelare se klere is klaar gewas.
In die bloed van die Lam het hul dit wit gemaak.
`n Weeklaag gaan daar nou oor die hele wêreld gaan, die engel van
die dood gaan sy sekel sekuur en diep in hierdie aarde slaan.
O Engeland, die dag het vir jou en jou bondgenote gekom.
Niemand gaan daar in jou oor wees wat gaan sing "God save the Queen".
Laag en swart gaan jou vlag oor jou velde hang,
jou koningin die word nou baie bang.
Vir haar is daar geen God,
wat met Sy beskermende hand haar gaan vang.

 

Openbaring 368
Die skadelike gevolge van dwase sendingwerk.

Sondag 29 Junie 2008 06:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Gekamoefleer onder die mooi woord 'sending' wat niks anders is as
oënskynlike beskaafde, maar nog steeds bloedige kruistogte,
wat weer op sy beurt niks anders, is en was, as geloofs manipulasie nie,
wat d.m.v gewetens en geloofs dwang, onderwerp is aan die
'holrug geryde' verdraaide woord van "gaan heen en verkondig die woord,
aan alle volkere en nasies, regoor die hele wêreld nie".
Ja, hierdie heilige woorde, is eeue lank deur koningshuise en regerings
d.m.v hul mondstuk, die kerk misbruik, om met bloedige gevolge,
hulself deur die Woord van God te kon regverdig, om sodoende
hulself te kon vergryp, aan dit wat deur die Goddelike goeddunke,
as eiendom, aan die verskillende volkere en nasie uitgedeel was.
Met `n altyd teenwoordige Bybel in die hand, het hulle beheer oor bykans
die hele wêreld se grondstowwe verkry. Ja, so het die vrome sendeling,
altyd eerste by die sogenaamde primitiewe volke opgedaag en
spoedig daarna het die ellende en oorlogsmasjiene gevolg, om die 'barbaar'
met die Christen geloof op sy plek te sit en terselfdertyd van sy onontginde
rykdomme te ’verlos'. Wat ironies is, is dat die selfaangestelde instrumente,
wat skeinheilig en kruipend, die gruweltaak, vir hul monstermoondhede verrig,
hulself altyd as die slagoffers en heilige martelare voorhou,
terwyl hulle die ware slagoffers van hierdie bose agendas,
as die minderwaardige en breinlose idiote voorhou, wat sonder
hulle sogenaamde geestes en gesondheidsorg, waaronder veral die
inenting van verskillende siektes, wat bloot tot gevolg gehad het, dat
die natuurlike weerstand van hierdie mense in die slag gebly het en dit
met katastrofiese gevolge. Ja, dat hulle sonder die bogenoemde hulp tot
kwansuise selfvernietiging, tot in die onderste hel verdoem sou wees.
Neem as voorbeeld Amerika, Australië en Afrika, waar die inboorlinge binne
hulle onderskeie ordes, in `n paradysagtige toestand, vir eeue en
nogmaals eeue, onder die beskermende hand van die Skepper gedy het.
Tot op `n dag wat gierige koninkryke besluit het, dat dit tyd is om almal onder
die vaandel van godsdiens, van die sterkste outoriteit van die dag, van
hulle grondgebied en rykdomme te beroof. Om hulle self in hierdie tyd
te verontskuldig, word die vinger deurentyd beskuldigend na `n klein
groepie mense, aan die Suidpunt van Afrika, met haat gewys en terwyl hulle
die aandag baie noukeurig op hierdies hou, manipuleer hulle weereens alles
en almal, om dit wat hulle maar net kan, in hulle gierige en vraatsugtige sak
te kan steek. Maar vir hierdie gruwelvyand van God en mens, het Ek op
My beurt, in hierdie tyd `n gevaarlike vyand gestuur. Die sappige been is
uitgegooi en wreedaardig sal hond, jakkals en hiëna mekaar daaroor verskeur.
Die groot Oliesjeik van die Ooste se hart sal Ek verder verhard en die leiers
van Afrika sal die Weste uittart en soos `n hond wat na sy eie braaksel
terugkeer, sal hul tevergeefs op gesteelde skatte probeer teer.
 

Openbaring 369
Een grote nare klug.

Woensdag 2 Julie 2008  11:45
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Verdrietig trek alles in die natuur hul in hul droefenis terug.
In klaaglied gaan plante en die diereryk, menige profesieë uitsug.
In die sterreruim, om die son en maan en ook ons eie lug,
kom daar tekens om die mens oor sy sondeval te tug.
As weerspieëling van alle kwaadwilligheid hier op aarde,
is daar tussen menig geeste goed of kwaad,
die hele tyd nou onlus in die lug.
In die dieptes van die aarde raak alles ook berug,
ook hier wil negatief en positief mekaar die hele tyd betug.
Die aardplate is dit wat kreun en steun
en swaarmoedig op mekaar nou rus.
Met `n verottingsasem is dit die dood
wat die lewe hier op aarde nou kom kus.
Terwyl alles in die natuur,
in die wete van die oordeel van hul ondergang,
van alles weg wil vlug.
Weerbarstig is dit die mens
wat homself met die leuen van Satan tot gemoedsrus wil sus.
In `n valse Sabbat is alles nou in `n kamma rus.
Maar spoedig, in die verwoesting wat daar oor die aarde kom,
word alle hoop tot niks geblus.
Leer daarom uit dit wat die natuur nou tot verdoemenis uitsug,
alle valse vrede in hierdie tye, is net een grote nare klug.
 

Openbaring 370
Visioen van Afrika en ander oergeeste.

Woensdag 2Julie 2008 22:10
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Onverwags het ek die volgende gesig gehad.
Ek het gesien hoedat daar `n vroulike gees uit `n graftombe,
wat in die vorm van `n piramiede is, na vore tree om haarself in
`n sittende houding, voor die goue standbeeld van `n leeu
neer te vly, sy het haar arms hoog bokant haar hoof opgetel, om
dit liefkosend en besitlik om die nek van die leeu te vou.
Hierdie vrou was beeldskoon en volmaak gevorm en ek het gesien
dat dit die gees van Cleopatra was. Die beeld het skielik in `n
drie dimensionele beeld, drie keer na mekaar vergroot.
(Dit het voorgekom asof die beeld drie maal vanuit homself,
elke keer in `n groter vorm na vore kom).
Hierna het die beeld as `n agtergrond vervaag en in die plek daarvan
het ek `n Afrika koning in volle tradisionele gewaad voor linies en
nogmaals linies van krygers sien staan. Bokant sy hoof het hy
`n masjiengeweer met beide sy hande vasgehou en hy het homself
na sy koningin, wat die gees van Skeba was, gedraai. Hierdie vroulike
gees was groot, omdat sy haarself met die meeste lande van Afrika
versterk het. Ook het ek gesien dat die gees van Cleopatra
in bondgenootskap met die gees van Skeba gaan. Hierna het daar
`n beeld van die gees van Isebel, die verleidster, verskyn wat haarself
vergestalt het in die vryheidsbeeld (statue of liberty) en op haar beurt
het sy haarself versterk met die hulp van haar suster, by name die hoer
van Babilon. Wat op haar beurt weer steun op haar owerspelige dogters,
wat hulleself wêreldwyd bevind. Op die agtergrond was daar nog `n paar
vroulike oorlogsugtige geeste, wat hulself voorlopig verberg het vir `n
spesifieke tyd, om hierna, navore te tree, wanneer die ander reeds
heeltemal verswak is.