e-pos:     judithdebeer@webmail.co.za 


                openbaringe@yahoo.com

Openbaring 351
Die uitverkore geslag en die eindtyd.

Dinsdag 3 Junie 2008 9:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In hierdie kritieke tye kan daar nie genoeg klem gelê word
op elk van die uitverkorenes se onafhanklike geestelike groei
en ontwikkeling nie. Sodat hulle as volmaakte goddelike kinders,
die goddelike vlak en orde kan bereik, waar hulle direk onder
my Koningskap en nie net vir die komende duisendjarige
vredesryk nie, maar ook die totale ewigheid, sowel as die
oneindigheid, as heilige Melgisedek priesters werksaam sal raak.
Met My vorige koms na hierdie aarde het Ek meer as eenmaal,
direk, na julle die uitverkore geslag van hierdie aarde,
asook die eindtyd verwys. Weer sê Ek vir julle, van voor
die grondlegging van hierdie aarde, ja, voordat die tyd sy eerste
sekonde in die ewigheid begin aftik het, is julle sorgvuldig deur
Myself gekies en verseël, om in hierdie tye, tot volle wasdom,
vir die taak waarvoor julle oeroorspronklik geskape is, te kan
ontwikkel en ontwaak. Vir julle as `n Eersteling voorbeeld,
het Ek self tweeduisend jaar gelede, na hierdie aarde gekom.
Dikwels het Ek melding gemaak van die skape van My kudde
en dat hulle oor die vermoë sou beskik, om die klank van My stem,
hulle goeie Herder in hul harte te kan herken. Onder die van julle
wat nou hier lees, is daar reeds van die lammers, wat uitbundig
opspring by die herken, van die klank van My stem.
Daarom sê Ek nou aan julle, dat die meeste kerklike instansies,
godsdienstige leerstellings en raamwerke wat daarop ingestel is
om maklike beheer deur menslike eenvormigheid te bereik,
daar is vir die skape wat aan die kudde van hierdie wêreld behoort.
Daarom wil ek met My wederkoms nou in sig, My lewende heilige
tempels heeltemal gereinig hê van alle onsuiwerhede wat van
hierdie wêreld is. Sodat Ek met die volheid van My Gees, in lewende
liefdes vlamme, in hul harte tot die volmaakte volheid van hul gees,
kan neerdaal en hulle daardeur tot die volle werksaamheid
in My heilige naam kan kom. Heilig is hierdies, omdat die dood
geen mag meer oor hulle sal hê nie. Ja, salig en heilig is almal,
wat hulle siel van die verottingsvrug van hierdie wêreld bevry.
 

 

Openbaring 352
Selfverheffing is een van die grootste sondes.

Woensdag 4 Junie 2008 14:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In die verre verlede het die grootste ligdraer wat daar is,
ewig geval tot die duisternis.
Huidig in die hede wat nou is,
in die verste punt van die land van Kus,
is daar `n ontwaking van sekere geeste,
waarvan weinig in hierdie wêreld
iets van wis.
In selfverheffing het Lucifer geval
en van al die sondes wat daar is,
is die selfverheffing
seker een van die grootstes wat daar is.
In die laaste dae van alle tye wat nou is,
word alles geskei tussen goed en kwaad.
Van die grootste geeste wat daar is,
is om tot hul volmaakte orde te kan ontwikkel,
hulle as kleine swakke mense op hierdie aarde gesit.
Om tot hulle volle potensiaal te kan kom,
is alle moontlike sondes
vir hul as teenpool tot versoeking gesit.
Met die hulp en leiding van die Gees,
is meeste van hierdie sondes reeds op hul plek gesit.
Die grootste teenvoeter wat nou nog vir hulle oor is,
is die selfverheffing wat tydig en ontydig
voor elke moontlike deur van hul lewe is.
Meer as tweeduisend jaar gelede was gebore
as `n kleine, swakke mensekind, die groot EK IS.
In hierdie tyd is dit Migael
wat kleiner as die kleinste kindjie is.
In selfverheffing span Satan vir uitsonderlike geeste
nou `n bose lis.
Maar in eenvoud is die antwoord
lank gelede reeds aan hul gegee
om in hierdie tye in alles, maar alles,
altyd die kleinste teenoor die naaste te is.

 

Openbaring 353
Met genoeg geld in hongersnood..

Saterdag 7 Junie 2008 08:15
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Energiebron en olie daarmee saam
raak kos nou vinnig orals baie skaars.
Orals waar Mammon met winsbejag oë om hom kyk
is dit net verlies wat hy om hom begin gewaar.
In groot getalle kom die grotes nou by mekaar
om hul teen die gemeenskaplike vyand “honger” te kan skaar.
Swyend bly hul leuse; eendragtig trek ons teen God ’n laer,
deur Hom kry die wêreld tog net onnodig baie swaar.
In een beurs stort hulle nou groot fondse bymekaar.
Met baie geld tot hul beskikking,
sit hulle nou die koppe bymekaar.
In Mammon lê die oplossing nou vir hulle kant en klaar.
Met genoeg geld,
trek ons die wa deur die drif al is dit ook hoe swaar.
Energiebron en olie raak nou vinnig klaar,
ywerig probeer die wêreldleiers
om met groot bedrae baie kos op te gaar.
In arm lande raak alle lewensmiddele orals baie skaars.
Dekades lank is die massas deur die mag van geld beheer,
in die tyd van hongersnood
wil die moondhede geheel die wêreld nou met kos beheer.
Maar ook vir hulle raak alles nou baie swaar.
In elke poging staan My vergeldingsengel
met sy oordeelswaard,
met oordeel en pes speel hy met al hul oeste kant en klaar.
O Mammon op jou gemoed
lê al jou goud en geld nou baie, baie swaar.
In hongersnood speel die dood nou maklik met jou klaar.

 

Openbaring 354
Nie vir álle volkere en nasies bedoel.

Maandag 9 Junie 2008 01:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Voortdurend en met goeie reg word daar gehamer op die feit
dat alle uitlatings aan die meetsnoer van die Skrif gemeet moet
word, maar bitter min van die vele sogenaamde baie
“wyse” skrifstudente is self bereid om die volle uitgespelde
waarheid van die Heilige Skrif hulle eie te maak en die volle
waarheid vir dit wat dit is te aanvaar.
Om hulle eenwêreldgodsdiens, waar Ek as ’n liefdevolle,
soetsappige God uitgebeeld word, wat kwansuis al wat ’n geloof
en afgod onder een geloofsdak wil akkommodeer, ja, om hierdie
leer as waarheid aan die wêreld te verkoop, sal hierdies
tot vervelens toe verwys na waar daar geskryf staan dat die Woord
aan alle volkere en nasies verkondig moet word. Min wetend dat
juis in hierdie wyd verkondigde, maar versmade Woord die oordeel
en nie die redding vir die wêreld lê nie.
Onder die mensdom is daar maar weinig in hierdie dae wat oor die
vermoë beskik om die volle waarheid in die Waarheid te kan erken
en die getalle van die wat in hierdie eindtyd gered gaan word,
is skrikwekkend min.
Die wat hierdie Woord weereens beterweterig wil betwyfel,
kan hulle gerus maar weer tot die Skrif wend en hulle
sal vind dat die getalle van die verseëldes, ja die getroue Israeliete,
wat uit groot gevare gered gaan word, met maklik berekenbare
getalle uit ’n wêreldbevolking van biljoene angswekkend min is.
In die dae van My lewe op hierdie aarde het een van My studente
My genader vir ’n meer spesifieke uitleg oor die gelykenis van
die Saaier waar daar indirek, sowel as direk, verwys word na die
vermorste verkondiging, asook die absorberende onvermoë van
die Woord, aan ’n wêreld wat nie bereid is om op ’n gevestigde
lang termyn die waarheid sy eie te maak nie. Min is die saad
en skaars die gees van goeie vrugbare grond vir die opbrengs
van die oes, van ’n handvol edelsaad, wat op die regte tyd in ’n
vredestydperk deur die Goeie Saaier tot ’n ondenkbare groot
vrugbare oes gesaai sal word.
Daarom het Ek in gelykenisse gespreek, sodat die wat nie
moet verstaan nie, dalk sou verstaan en dit wat nie op ’n
spesifieke tydstip moet wees nie, vir redding sou nader staan.
Daarom raai Ek die menigte van beterweterige skrifgeleerdes aan
om eerder noukeurig na hulle eie sieleheil om te sien,
voordat hulle in onkunde links en regs saad wil uitskiet waar dit
gaan lê en verdor, deur die voëls opgepik word of deur die dorings
van die lewe verswelg gaan word
en sodoende tot ewige vermorsing kan gaan.

 

Openbaring 355
“span die belt en raak bietjie tough”

Dinsdag 10 Junie 2008
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die finansiële mark ry wipplank op en af
en die oliepryse draf die wêreld-ekonomie nou heeltemal kaf.
Die mensdom staan verstom,
voedselpryse raak nou heeltemal laf.
Desperaat word regerings deur die armes gepla.
Mooi word daar aan hulle gevra:
“die armoede wat ons huidig dra,
dit word nou baie swaar.”
In menig land word desperaat gekla:
“sien ons las en raak ’n bietjie saf.”
Maar as antwoord kry hulle:
“span die belt en raak ’n bietjie tough”
Baie plekke is daar nou oral wat verspoel
haweloos wonder baie wat is nog die doel.
Terwyl die aarde op verskillende plekke
onder aardbewing dreun,
verpletter is die menigtes
wat in wanhoop hul nood uitsteun.
Uitgeput raak die wêreldhulpfonds,
heeltemal te veel gaan binnekort op hierdie kierie steun.
Noukeurig hou baie hierdie vreemde situasie dop,
vir wanneer hulle wêreldplanne nie meer so goed wil klop.
Daarvoor hou hulle My as nooduitgang in die agterkop.
Met ’n wik en dan weer ’n weeg,
’n miskien of miskien nie,
afhangend oor hoe sake gaan verloop,
na daardie kant sal hul, vir hul sieleheil, toe loop.
Met hierdie gesindheid is dit waarmee meeste mense
vir hulle self ’n ewigheidsplan voorsien.
Vinnig is die tyd nou besig om finaal leeg te loop
en binnekort staan almal,
van dit wat die wêreld bied, leeggestroop.
Haastig is daar nou baie wat met My
’n vertrouensgesprek wil aanknoop
maar met ’n kortstondige wik en weeg
is dit nou Ek wat ewig van hierdies af gaan wegloop.

 

Openbaring 356
Op die aarde gesit tot vervolmaking.

Woensdag 11 Junie 2008 04:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
As `n ongelyke oppervlakte is alles brutaal en skurf
op hierdie aarde gesit,
om deur wrywing en verweer alles te omvorm
tot `n volmaakte sagte goddelike kurf.
Soos sneeuvlokkies wat op die aarde neersif,
is water deur middel van distillasie en afkoeling
tot herhaalde suiwering op hierdie aarde gesit.
So is die mens as die kroon van die skepping
op die aarde gesit,
om deur smart en ellende
die vuilheid van die suiwere te skif.
Ja, in storm en drang
is die mensekind op die aarde gesit
en as teenvoeter hiervan
is vir hom gegee die Heilige Skrif.
In sonde en jeugdige drif,
is sondaars op hierdie aarde gesit.
Om te oorwin is aan hul gegee
die moedige goddelike durf.

 


Openbaring 357
'n Visioen.

Donderdag 12 Junie 2008 04:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Ek sien ’n groot groep mense op ’n swart rots staan.
Daar kom ’n groot, swart skêr en sny die mense se dik,
gesonde hare kort af. Die mense bied geen weerstand
met die sny van hulle hare nie en laat dit vrywillig toe.
Dan kom daar ’n skraal vrou aan, wat voorheen mollig
en welgesteld was, sy is gespanne en soek naarstiglik
na ’n groot bedrag geld om vir haar staanplek te betaal.
Ek het skielik twee pragtige groot diamant oorkrabbertjies
wat ek vir haar kan gee. Nadat ek dit aan haar gegee het,
neem ons dit na ’n juwelier vir ’n waardebepaling.
Die agent by die juwelier se oë rek toe hy die krabbertjies sien.
Hy wys vir ons die etiket wat steeds aan die krabbertjies is
en meld dat dit in die Twin Towers in Amerika gekoop is.
Alhoewel die krabbertjies miljoene Rande werd is,
bied hy net R16000 aan.
Ons wil weet wat die rede vir die lae bedrag is,
hy sê ons moet kyk, die glans van die diamante
het heeltemal verdof.

 

Openbaring 358
Geld wel, maar niks om te koop.

Donderdag 12 Junie 2008 05:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Rook en hittedamp,
krampagtig begin die mens se hart in vrees nou kramp.
Eentonig is die mynmasjinerie wat vraatsugtig
in die dieptes van die aarde voortstamp.
Onverklaarbaar begin die wêreld op baie plekke brand
en menig fabrieke raak gestrand.
Tekstiel en papier
raak nou skaars en duur
Handelaars begin nou mekaar
oor voorrade aan te gluur.
Plastiek raak ook skaars en op
en die verpakkingsbedryf raak nou in die sop.
Die wêreld industrie raak orals in die knyp,
maar hoogmoedig hou baie van hulle nog die nekke styf.
Raap en skraap, heeltemal te laat
probeer regerings vir ’n arm tyd op te gaar.
Geld is daar oorgenoeg van
in die Wêreldbank opgegaar,
Maar van lewensmiddele is daar
vir miljoene mense maar min gespaar.
Oral waar die mens hom vir hulp heen keer,
is dit oral net die armoede wat hul ’n les wil leer.
Mammon wil die wêreld soos ’n god beheer,
met hom is dit wat Ek nou die gek mee skeer.
Ja, die klok is aan die muur,
Armoede en agteruitgang wat onafskeidbaar
met mekaar die skouer skuur.



Openbaring 359
Onvergeefbaar om die heilige Gees te bedroef.

Saterdag 14 Junie 2008 16:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Uit die dorsland van hulle siel
die woestynlandskap van die gees,
uit die Godverlate landskap van hulle menswees.
Daar staan die wêreldling in woesteny en chaos
nou heeltemal alleen en wees.
Met trompetgeskal in duidelike klank,
tweeduisend jaar lank,
is woord en waarskuwing wyd en syd verkondig
aan alle geslagte oor ’n hele wêreld, hard en luid.
In die einde van die tyd,
droewig is die roep.
Vir die geestelike armoede van die siel
kom steeds 'n fluistering, sag en hees:
”Jy bly My kind, ’n Vader wil Ek vir jou wees”
terwyl die laaste hoop verbrokkel en breek.
Maar om die Stem van God se Gees
van sy eie siel weg te keer,
is dit die mens self wat sy vingers in sy ore steek.
Ewig word vermors
die heilige soeke na die lewensdoel.
Om te wees of nie te wees,
en droewig verlaat die Gees
die wêreldling se siel en vlees.
Uit die Boek van die Lewe
word vir ewig die verlorenes se name gevee.
Ondenkbaar is die Verlosser se genade.
Tot die uiterste het die mens
God op elke gebied beproef,
maar onvergeefbaar is die sonde
om die heilige Gees van God te bedroef

 

Openbaring 360
Die wonderlike oorvloed van onbaatsugtigheid.

Maandag 16 Junie 2008 08:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Wie is daar onder die geeste wat, as ’n belangrike eregas,
aan die hooftafel by die huweliksfees, saam met die bruid
en die bruidegom wil plaasneem? Om ten aansien van
homself, homself vol te stop met die beste wat daar is,
terwyl daar ’n menigte van arm kinders deur die vensters
na binne kyk. Om met honger oë, maar denkbeeldig
saam te smul aan dit wat op die bruidstafel is.
Ja, net so lyk die een wat, desondanks die geestelike
behoeftes van broers en susters, altyd heel voor in die koor,
as die heel belangrikste eindtydgeeste voor wil staan.
Maar die genooide eregas wat aan sy Gasheer sê:
“Vergewe my, maar hoe kan ek van U tafel geniet,
terwyl daar die is, arm aan die Gees, wat ook begeer
om van dit wat U tafel bied, te kan geniet.”
Met trane van vreugde
sal Ek so een aan My Goddelike bors vasdruk.
Ek self sal hom die versekering gee
dat hy vir ewig mag geniet
van dit wat die bruidstafel hom bied.
In soveel oorvloed sal dit vir hom geskied,
dat hy self aan die armes van Gees,
dit sal kan bied,
wat die tafel van die hemele
hom ewig oorvloedig aan sal bied.