
e-pos: judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 341
Die goeie vasgestelde Goddelike Orde is versteur.
Sondag 25 Mei 2008 20:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Alles maar alles is in hierdie dae deurmekaar,
wat reg was die is nou verkeerd
en verkeerd die is nou weer heeltemal reg.
Jota en titel was dit volgens die wet
nou is dit strafbaar, krimineel en teen die wet.
Swart was swart en wit was wit.
Maar swart het nou wit geword en wit weer swart.
Met wit en swart nou alles deurmekaar,
is alles nou vaal en grys.
Neerslagtig is daar niks en nogmaals niks
wat die mens deur al sy tevergeefse pogings kan bewys.
Nog altyd was die stilte voor die storm,
van nou af sal die storm voor die stilte wees.
In versteurde ordes beweeg dit wat moet op, af en dit
wat moet af, weer op.
Aardbewings draf die rigterskaal se grafieke nou heeltemal kaf.
Wat eers naskokke was sal nou voorskokke raak.
Wie sal nog weet wanneer dit `n naskok
of alweer `n voorskok is.
Ja, so gaan alles die heeltyd op en af.
Geld se waarde wat die heeltyd val
en oliepryse slaan weer die hoogste nok.
Orals, ja, orals op hierdie aarde kom groot en wilde amok.
Terwyl die armes die rykes terg en spot,
steek hulle lustig die hoërklas met hulle eie stok.
Die rykes gaan nou keer en weer met "naaste liefde" hulp,
probeer hul die oordeel van hulself afweer.
In dronkenskap en roes,
brutaal word die heel armstes in een nag ryk.
Armer as die heel armste, gestroop van al hul rykdom
is dit die rykaards wat verslae daar sit.
Die mens het hom mos verbeel hy is `n god.
In hoogmoed wou hy God onder sy outoriteit gebied.
So het die moderne sondeval
tot versteuring van alle ordes geskied.
In `n patetiese węreld,
tussen `n mengelmoes van goed en kwaad,
ja, tussen iets en niks,
nog swart, nog wit,
is daar in hierdie eindtyd niks meer oor
behalwe `n kleurlose massa van vaal en grys.
Openbaring 342
Beterweterigheid en hoogmoed.
Maandag 26 Mei 2008 8:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die eienaar kyk na sy hond en dink, jou stomme dier
indien ek iets sou oorkom wat sal van jou, sonder my,
jou versorger word. Swyend kyk die hond op sy beurt
weer na sy baas toe op en dink, jou stomme mens
wat weet jy van dit waaruit `n hond se węreld bestaan,
van klanke wat ek met my uitstekende gehoor
kilometers ver kan hoor, van reuke en geure,
wat vir jou O mens glad nie bestaan.
Oor sy wederstrewige tiener dink die mens,
van goed en kwaad weet jy net mooi niks
en streng maar regverdig
sal ek die ware weg vir jou bedink.
Wysneusig kyk die adolessent na sy ouer terug
by homself is dit wat hy nou dink.
Jou stomme oumens wat is daar tog
in jou verkrampte ou gemoed,
wat jy van al die nuwe ontwikkelinge kan verstaan,
ja, van jonkwees en jolyt, om viriel te wees en ook verlief
en `n blink toekoms wat daar wink.
Ja, beterweterig dink die kind,
sy ouer is so dom, oor die onbenulligste iets
kan hy nie eers met hom daaroor stry.
So staan menig volk en nasie met verskillende kultuur
mekaar ook beterweterig en aangluur.
Met hul goeie reg, wil bitter min van hulle
met mekaar die skouer skuur.
In dieselfde kultuurgroep weer,
is dit verskillende klasse
waar elke party oortuig daarvan is
dat hy in alle opsigte beter as sy naaste is.
So sal die węreldling met hoogmoed neerkyk
op dit wat Myne is.
By homself sal hy dink hoe dom en eenvoudig
die kind van God tog is.
Van alles wat die węreld bied,
weet die arme stommerik net mooi niks.
In meegevoel kyk die kind van God na hierdies terug
en terwyl hy saggies sug,
is dit die volgende waaraan hy treurig dink.
Al wat jy tot jou beskikking het, is die illusie blink
van die węreld wat jou nader wink.
Uit die lewenskelk van God,
wil jy met jou aardse lewe nie eenmaal daarvan drink.
Vinnig kom die tyd
wat die dood en verderf jou ewig nader gaan wink
en in menig engel oog, gaan daar oor nog `n verlore sondaar,
`n hartseer traan nou blink.
Openbaring 343
Die mens se onversadigbare vraatsug.
Woensdag 28 Mei 2008 8:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Met rykdom en vertoon probeer węreld leiers hul mag die heeltyd vergroot,
deur hul lande heelbo aan die węreldlys te kry.
Van nóg en nóg en nooit genoeg,
daaroor is dit wat die węreld nou te warm kry.
Fabriek op fabriek, ja, myn op myn,
wat die aarde nou in aardverwarming heeltemal gaan onder kry.
Waansinnig en onversadigbaar, kan die węreld,
van materie net nooit genoeg van kry.
Alles het sy perke
en in vraatsug disintegreer en los die materie baie vinnig op.
Soos `n bedorwe kind wat vir sy sin lę en skreeu en skop,
is dit die moondhede wat oor ander lande se hulpbronne nou `n kabaal opskop.
Spandabelrig het hul die sakke tot op die heel laaste sente omgedop.
Oorlog is nou al wat oorbly om met hul bankrot gedrogsisteem te kan klop.
Maar nooit sal die węreld daaraan dink dat die antwoord daarin lę
om met sy onversadigbare vraatsug te moet stop.
In wrywing moet alles die hele tyd teen mekaar nou skuur,
sodat energiebronne as ondersteuning met mekaar kan balanseer en klop.
Die land, see en lugvaart is alles in volle vaart
besig om na sy eindbestemming en die dood te galop.
Meganika, meganika alles vanaf die myn
tot en met die landbou het meganies geword.
Om al die baie produksie te kan absorbeer
het die mensdom net `n nuttelose poliep geword.
Soos `n maer brandsiek koei, sonder ophou,
uitputtend word die aarde leeg gemelk.
Maar tot op haar laaste druppel energie,
die suig die industrie nog van haar lewenskelk.
Siek en koorsig is sy besig om sterwend tot niks te verwelk.
So verstandeloos soos `n bosluis, ja, `n parasiet,
laat die mens sy gasvrou tot in die dood
deur nimmereindigende vraatsug verwelk.
Stuiptrekkend in haar laaste sterwens uur,
is daar vir die aarde geen aarde,
waarheen sy haarself vir hulp kan keer.
In woede werp sy haar met wraak
nou op haar slegte kinders neer.
Openbaring 344
`n Ware stukkie van Myself.
Woensdag 28 Mei 2008 13:40
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Elke ouer wat met liefde omgee, sal weet, in die oë van jou kind,
is dit waar jy iets van jouself terugvind.
In die ewigheid met sy oneindig baie oë,
daaroor raak Ek, die Skepper tog so baie bewoë.
Van My eie kreatiwiteit, is dit wat Ek telkemale iets terug van kry.
In ondenkbaar baie eons, is dit ontelbaar baie oë,
wat hoopvol die hele tyd, na My hul skepper kyk.
Aan elke skepsel groot of klein, aan hulle moet Ek die hele tyd bely.
Aan elk van julle kan Ek gee, net so veel as wat hul beny,
maar eerder help Ek hulle,
om die duiwel met sy bose lus te kan bestry.
Spaarsamig sal ons tot die siel se voordeel,
oorvloed van hul weg sny.
Aan enige iets te veel,
daaraan gaan hul siel net skade ly.
`n Skat die moet ons liewer,
vir hul siel nou in die hemel kry.
Daarom moet hul liewer van My Waarheid `n oorvloed van inkry.
My genade sal Ek onbegrens, oor die mens uitbrei.
Van My Wysheid sal hy nou `n oorvloed van inkry.
Na God se liefde die sal die mens nou skattig vry.
In elke kinderoog waarin Ek van nou af kyk,
daaroor raak Ek, die Skepper, uitbundig oor nou bly.
In elke wedergebore oog,
gaan Ek `n ware stukkie van Myself terug nou kry.
Openbaring 345
`n Finale getuigskrif.
Woensdag 28 Mei 2008 16:10
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Alles is herwinbaar, in My oneindigheid word daar niks
van enige iets ooit vermors. Neem as voorbeeld die lente,
wat die beste vanuit `n uitgeruste aarde in haarself opneem.
Oor dooie wintertakke,
laat sy `n oorvloed van kleurige en geurige blomme neer reën.
Na die somer dra sy oor, haar volle vrugbare seën.
Oorvloedig die somerblare en swaar die vrugtedrag.
Vrugbaar is die somer, die hele węreld om haar heen.
Aan die einde van haar siklus, gee die somer weer alles
as organiese kompos, vir verwerking aan die winter terug
en alles in die skepping, word tot herwinning nooit vermors.
In `n herwinbare siklus, eis die natuur
haarself elke keer met volle lewe terug.
So word elke siel, van elke mens,
met `n liggaam vanuit hierdie aarde geklee.
Van ontkieming, bloeisel tot die vrug,
gaan elkeen die aarde met sy teenwoordigheid
tot voorspoed ryklik seën.
Of dalk tot agteruitgang net oral tug.
Aan die einde van elk se lewenspad,
eis die aarde soos die noukeurigste rentmeester,
elke bousteen van haar terug.
Elke siel wat finaal van hier vertrek,
neem `n getuigskrif van hierdie aarde saam met haar terug.
Hierin word beslis, hoe goed of kwaad
was elkeen op hierdie aarde se lewensvrug.
Openbaring 346
'n Geskenk van God.
Donderdag 29 Mei 2008 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Met die maat waarmee jy meet, daarmee sal weer vir jou gemeet word.
Moet daarom nie vir jouself `n maatstaf stel, volgens dit wat die węreld,
hetsy dit nou in die vorm van `n geloofsgroep, kerke, regerings, familie,
vriende, die samelewing, wie en wat ookal, volgens hulle norme
of maatstawwe, van jou verwag nie.
In die hele oneindigheid was of kan daar nooit weer iemand so uniek
soos jyself wees nie. Alle kwaliteite om te kan ontwikkel tot `n
volwaardige kind van God, is deur die goeie Skepper,
as jou eksklusiewe eiendom, binne jou unieke wese tot jou beskikking
gestel, om sodoende na jou eie goeddunke gebruik daarvan te kan maak.
Om sodoende jou eie volmaakte eindresultaat te kan bereik.
Of dit nou die goeie in jou is wat jou so in staat stel om die regte keuses,
volgens jou eie unieke persoonlikheid te maak en of dit nou die minder goeie
eienskappe is, om sodoende `n volwaardige teenpool te kan skep
en jou daardeur in staat stel, om jouself sodoende te kan oefen,
om onafhanklik te kan ontwikkel en met die hulp en leiding van die Heilige
Gees,
tot die regte slotsom en eindresultaat te kan kom, weet daarom altyd,
dat die volle vryheid van gees jou as persoonlike eiendom,
ja, 'n geskenk van God, te beurt geval het.
Die maatstaf wat jy daarom vir jouself moet stel, moet uitsluitlik op jou
persoonlike, geestelike, ontwikkeling gemik wees en nie op dit wat `n
węreld, met sy norm en sisteem van jou verwag nie.
Met My verlossingskoms na hierdie aarde, het Ek die mens kom bevry
van alles wat hom verkneg en daardeur van My vervreem het.
Die volle wet en profete het Ek daarom in twee eenvoudige wette,
wat niks anders as twee liefdes begrippe is nie, kom vervul.
Dit is; jy moet jou enige God liefhę, met jou hele wese wat jou volle
verstand, siel en hart insluit en gepaardgaande hiermee, moet jy
jou naaste liefhę soos jouself.
Indien die totale mensdom, homself aan hierdie twee liefdeswette
sou hou, sou al die baie sogenaamde węreld-strukture, met hulle vele
mensgemaakte wette, heeltemal oorbodig wees.
Ja, indien die liefde as volkome maatstaf vir die mens sou dien, sou die
begrip onreg op hierdie aarde nie bestaan het nie.
Openbaring 347
Alleenlik God en geen mens, sal besluit..
Donderdag 29 Mei 2008 14:50
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
`n Verlossingsperiode se einde is in sig en onwillekeurig is die mens
besig om die oordeel wat nou oor die węreld kom, te vergelyk,
met węreld oordele wat lank gelede was.
Die bekendste geskiedkundige oordeel of kataklisme aan die mens bekend,
is die geweldige vloed ten tye van Noag se lewe op hierdie aarde
en daarmee saam, kom vele verhale en oorleweringe van voorafgaande
waarskuwings, sowel as die bou van die ark, met die gepaardgaande
oorlewings voorbereidinge, wat in daardie tye plaas gevind het nou na vore.
Met die naderende onheil wat in hierdie tyd deur verskillende bronne,
voortdurend aan die mens, as waarskuwings, oor die komende eindtye
gerig word, sowel as die onheilspellende gevoel, wat baie nie net
in hulself nie, maar ook in natuurverskynsels om hulle waarneem,
word alhoemeer mense daarom opnuut bewus van die feit, dat die tyd
vinnig nader, waar die genadedeure van God, binnekort gesluit kan word.
Met eenders denkende mense wat besig is om hulself węreldwyd,
in klein of groter groepies, van gelyksoortiges te groepeer,
kom dikwels nou die onderwerp, van die sluit van die ark se deur
na vore.
Met `n sekere dringendheid, probeer sommige gelowiges,
om mede gelowiges tot besluitneming te dwing, deur juis gebruik te maak
van die feit, dat indien hulle nie sou opskud nie, die deur van genade
ewig vir hulle gesluit kan word.
Dit is prysenswaardig om mekaar te motiveer en aan te spoor, maar
terselfdertyd wil Ek julle graag net daarop attent maak, dat met die sluit
van die ark se deure ten tye van Noag, die volle wilsbesluit, die
outoriteit daaromtrent, sowel as die handeling daarvan, volkome en
alleenlik God se besluit en taak was. Net so sal dit weer in die komende
tye van ellende op hierdie aarde wees.
Alleenlik God en geen mens sal besluit wanneer, waar en vir wie
die genade tydperk verby is en daarom sal dit prysenswaardig wees,
indien julle die deure van julle hart, deurentyd en tot op die heel laaste
sal oophou, vir sondaars, wat Ek moontlik oor julle pad kan bring.
Openbaring 348
Die eindtyd lied.
Vrydag 30 Mei 2008 8:58 (Die
einde van die eerste tyd)
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vir die musiekleier op die deuntjie van verlossing.
Hosanna, hosanna, sing sag `n enkele volmaakte tenoor,
as inleiding tot die mooiste lied in die oneindigheid nog aangehoor.
Van mond tot mond, oor tot oor,
van Oos na Wes, Suid tot Noord,
op die melodie van Goddelike heilige klank, word gehoor
die volmaakte koor.
Op die wysie van wedergebore harte,
sing sag die hemelkoor en vanuit geheel die oneindigheid,
staan vinnig nou nader, die heelal gehoor.
In klaaglied was die eerste vers,
oor die sondeval, in smart aangehoor.
Weemoedig maar oorwinnend, word die kruisigingsvers,
in ontelbaar harte vir ewig gestoor.
In jubel gesang, die opstanding, hemelse leërskares, wat staande
die oorwinnaar van die dood, met oorverdowende applous,
die ewigheid deur laat hoor. In `n hoop serenade, afwagtend,
die deuntjie wat uit menig harte, vir hul Verlosser se koms nou draai.
In klimaks van hemelklank, in trompetgeskal, harp en simbaal,
ja, op wolke van engelesang, kom God,
om Sy uitverkore kinders vir Sy ewige koninkryk te kom haal.
Vir die musiekleier op die deuntjie van oorwinning.
Hosanna, hosanna, in Goddelike melodie en klank,
sing sag die bruid, haar Bruidegom,
voor die hele oneindigheid, vreugdevol nou toe.
Openbaring 349
O Berge val op ons.
Sondag 1 Junie 2008 20:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vir die oorgroot meerderheid van die węreldpopulasie, het die Godheid
niks anders as die een of ander en soms nie eers `n fabelagtige,
sprokieskarakter, geword nie. Die getalle van die paar wat My wel opreg
en eerlik, as `n realiteit van Goddelike liefde en geregtigheid ervaar,
is maar baie dun en yl gesaai. Juis as gevolg van hierdie geloof, hoop
en liefde, wat hulle vir My, hulle Meester koester, word hulle deur die
węreld as veragtelik verwerp. Spottend en knipogend, ja, die tong in die
kies en met geligte wenkbroue, word My edele werktuie, dikwels spottend
op en af betrag en tevergeefs is ook hulle liefdevolle vermaninge en
gepaardgaande waarskuwings, rakende die leegloop van die uurglas,
van die eindtyd, wat ten koste van biljoene lewens besig is om na sy einde
te spoed. Ondanks die feit dat die oordele nou, die een na die
ander met afgryslike gevolge, in die vorm van vloed en vuur, pes en
aardbewing, onlus en oorlog, op `n bykans daaglikse basis besig is om in
vervulling te gaan, het dit nog steeds maar weinig impak op die mense van
hierdie aarde. Sommiges sal vir `n oomblik by die aanhoor van hierdie
katastrofiese nuus, tot stilstand kom, om die tong spytig te kan klap, om
maar net weer die volgende oomblik ongestoord, sy doellose gang na `n
toekoms wat nooit gaan realiseer nie, te kan gaan.
Daarom sal elkeen, wat deur sy eie toedoen, die beskermde sekuriteit,
van `n liefdevolle God ontbeer, die Godverlate, smartvolle Beker,
tot op die bodem moet ledig.
In versnelde tyd sal daar van nou af, in `n ononderbroke ketting van globale
teëspoed, voortdurende die vinnige verval, van alle bestaande strukture
wees. Ja, alle mensgemaakte strukture, hetsy dit nou op regeringsvlak, of
die infrastruktuur is, asook die verval van natuurlike strukture, wat nie
agterweë sal bly nie. Vanuit die ruimte tot en met die mees interne deel
van die aarde, sal die verval na die Goddelike goeddunke, onafgebroke sy
gang gaan. In ondenkbare vrees en bewing, sal menigtes nou naarstiglik
na die God soek, wat hulle nooit wou erken nie en daar sal niks wees, vir
die goddelose, om die hand vir hulp, na uit te steek nie. Ja, in
verwoestende globale verval, sal die volgende hartverskeurende smeekbedes,
hulpeloos, aan die aarde gerig word. "O Berge val op ons en heuwels bedek
ons, voor die aangesig van die enige God van alles wat daar is".
Openbaringe 350
Hoe swaar is jóú kruis?
Maandag 2 Junie 2008 08:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Om van te kus en te keur
is daar iewers in die hemel
ʼn houer met kruise van elke kleur en geur.
Elke siel wat vir sy ewigheidstoets
homself na hierdie aarde moet keer,
word eers na hierdie houer gebring
om na sy eie keuse te kan kies sy aardse kruis.
Noukeurig word daar rondgekrap,
met die ligste moontlike kruis,
wil menig siele nou oor hierdie aarde stap.
So lig as moontlik, daag menigeen vir hul aardse tog,
nou by hierdie aarde op.
Vrolik wip hul ligte kruise af en op.
Min is die wat benodig,
die ondersteuningshulp van God.
Maar soos dikwels die geval,
word die ligste gewig na `n sekere tydjie
`n onmoontlike las.
Wat so lig soos `n veertjie was,
pen die mens nou op die aarde vas.
Maar voor die houer met die kruise,
is daar altyd ook `n paar, wat diep ingedagte staan,
om die kop vir `n oplossing te kan krap.
Soos ons Meester wil ons ten alle tye wees
en aan die ligte kant, was Sy kruis op Gólgota
nie een oomblik vir Hom gewees.
Noukeurig word daar nou rond gekrap,
onder die swaarste kruis
wil hulle nou oor hierdie aarde kom stap.
Onder hierdie sware gewig is dit
wat hulle ook dikwels nou struikel en val.
Van iewers uit hul lewensveld,
kom daar telkemale tot hul redding,
`n onverskrokke Held.
Onder die sware las van hul kruis,
skuif Hy in om hulle te kom help.
Soos Simon van die veld,
is dit God self wat sy kinders
met hul sware kruis kom help.
![]() |