e-pos  judithdebeer@webmail.co.za


             openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 331
In `n 'rat race'

Maandag 19 Mei 2008  9:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In die spele van alle speles
is die heel grootste resies van alle tye nou aan die gang.
Wat is die mensdom nou alweer besig om daar aan te vang?
In `n 'rat race' en ook `n ''chicken run''
hardloop baie verbete in `n onuitvlugbare drukgang.
Verbouereerd is dit die węreldling se vlug
wat hom na nęrens heen gaan bring.
Vreesagtig hardloop hulle heen en weer,
daar is geen God waarheen hul hulself kan keer.
Soos hoenders hardloop hul waansinnig nou op en neer,
maar daar is niks om die vlymskerp byl van hul kele af te keer.
Aan die anderkant wat sien ons daar,
is dit van My kinders wat vir `n 'rotresies' nou opdaag?
Groot is hul gemoed, dit is baie wat hulle nou gaan waag.
Verbete is dit wat hul nou jaag,
ten koste van hul broers wil hulle heel eerste by My opdaag.
Graag wil Ek dat My kinders
met die grootste liefde na My moet spoed.
Maar sonder om in die proses hulle nederigheid in te boet.
Die wat eerste hoogmoedig by My gaan opdaag,
die gaan my engele na agter vir nederigheid toe jaag.
Die kleinste nederige kind,
die gaan sy plek heerlik in My Goddelike arms nou vind.

 

Openbaring 332
Ek is so bly, so baie bly

Maandag 19 Mei 2008 16:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Wees bly! wees bly! Ons Meester is op die eindtyd wolke aan die kom.
In vreugde is dit wat selfs die kleinste atoompies daaroor oopblom.
Vir Rafael en Migael is ek so baie bly,
ook vir Gabriël wat staan die heeltyd dig teenaan die Skepper se sy.
Vir elke engel groot en klein,
wat hulself in die liefde van die Meester nou verbly.
Ook vir elk van hulle is ek so baie bly.
Ook vir `n maagd so skoon,
as U moeder het sy oor alle vroue uitgetroon.
Vir patriarge en profete, ook apostels wat staan dig teenaan U sy.
Vir U vriende en U kinders, altyd so naby aan U sy.
Ek is so bly, ja ek is so baie bly, in U oneindigheid
gaan elkeen wat na U verlang `n stukkie van U kry.
Vir myself is ek net so baie bly,
as `n sondaar het U my op hierdie aarde laat bly.
Vergifnis het ek ruimskoots gratis van U gekry.
As U kind gaan ook ek ewig nou by U bly.

 

Openbaring 333
Geloof hoop en liefde vorm die ondergrond

Dinsdag 20Mei 2008 10:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die volle wapenuitrusting
daarmee moet die ware eindtyd gelowiges hulself nou klee.
Elke kind van My
moet in hierdie tye sterk staan in die liefde en geloof vir My.
Jul geloof hoop en liefde vorm die ondergrond,
ja die aarde wat grote engele vir die stryd teen Satan kom betree.
Migael en al sy heilige vegters kom vanuit die oneindigheid,
om in die grootste oorlog ooit,
Satan en sy bose magte uit die weg te vee.
Die duiwel en sy duister magte word finaal op die aarde neergewerp
ook hulle ondergrond is alles wat boos is en ook sleg.
Maar heilig kom My grootste engele
om ewig `n streep deur al hul boosheid te kom trek.
Woedend wil Satan hom na God se uitverkorenes nou keer.
Hul geloof en liefde wil hy tot sy oorwinning
met mag nou van hul skeur.
Magteloos staan sy bose ryk,
teen `n handvol mense wat vertrouend na hul God opkyk.
Tevergeefs sy bose les, wat hy die heiliges wou kom leer,
om sodoende met sy boosheid as `n aanklag
na die hemele te kon terugkeer.
Ja, heilig is die grote engele en ook die kinders
wat in hierdie eindtyd met alle oordeels mag,
oor als wat sleg is van die duiwel, gaan regeer

 

Openbaring 334
Boos is weer die stem van wellus.

Dinsdag 20 Mei 2008 11:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Boos die vrug, in wellus het die Satan, Eva na die sonde laat begeer
en sonde is dit wat in klimaks in hierdie tye oor `n bose węreld regeer.
Regerings, kerke ook die wetenskap,
wat die teendeel hiervan die hele tyd probeer beweer.
In seks en verderf, goud en glans,
ja, ook in sport en vermaak,
oorvloedig na elkeen se smaak,
lę gekamoefleer in neonkleure,
uitlokkend die slangedraak.
Ja in elke sondeval van die mens,
daarin lę die Satan se wraak.
In Eva se sonde is dit
wat die mens ondenkbaar baie male val.
In Adam se berou
wat hul weer skaam nader aan hul God wil staan.
Om te kan eet van die Boom van lewe
en so te kan strewe na die ewige lewe.
Uit die paradys verban het God lank gelede
die mens vir sy eie voordeel getug.
Bitter was hul smart,
die stem van God was weg vanuit hul hart.
In haar skoot het Eva gesamentlik gedra
die lewe en ook die dood se vrug.
Maar vanuit die dood na die lewe terug,
is vir die mens op Golgota gebou
die oorlewings en vergewings brug.
Smartvol het die mens gekyk
hoe vaar God, na `n kort periode,
vanaf hierdie aarde na die hemel op die wolke terug.
Maar tweeduisend jaar het die Vader
die mens nie weer wees gelaat.
Sy Gees het Hy as troos
vir die mens in hul harte agtergelaat.
In die eindtyd wat nou oor die węreld kom,
boos is weer die stem van wellus,
wat die mens na al wat sonde is weer laat val.
In oordeel is dit wat die Seun van die mens
Hom hierdie keer na die aarde keer.
Om elke deeltjie van die bose slang,
vanuit die węreld weg te kom skeur.
Smartvol is dit menigtes wat hierdie keer
oor hulle ewige val nou treur.
Die stem van God het hulle hardvogtig
uit hulle harte uit geskeur.
In woede gaan die aarde in menig kataklisme
haarself wreed uitmekaar nou skeur.
Verlate in haar dood,
gaan sy oor menig gestorwe kinders treur.
Maar die Skepper sal weer nader staan,
soos `n jongvrou sal Hy haar weer
met maagdelikheid kom inkleur.
Volmaak gereinig sal die uitverkorenes
nou weer `n nuwe aarde kom betree.
Vir `n duisend jaar sal die stem van verlokking
hierdie reine domein, glad nie weer kan betree.

 

Openbaring 335  
Mense glo net in hul eie krag.

Woensdag 21 Mei 2008 16:00
 http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer
Hoe seer Ek ookal die mens met plae en kataklisme slaan,
hoe meer glo die mens in sy eie krag net al hoe meer en meer.
Winde wat alles uit hul pad uit vee,
met aardbewing slaan dele van die beskawing in die stof nou neer.
Wie is daar wat hulle in berou na God toe keer.
Bakhand staan hulle voor die grotes,
sodat die hul hulp na hul kan keer.
Keer op keer gaan Ek nou ook al die grotes teer en veer.
Wie op aarde is daar wat My gaan keer?
Binnekort sal hul wanhopig roep: O Heer, my Heer,
maar doof sal Ek hierdie valses nou die rug toekeer
Hoeveel maal het Ek tevergeefs Myself na die węreldling in liefde gekeer?
Maar minagtend het hulle My telkemale die rug toegekeer.
En so sal elkeen leer
om nooit met God die gek te probeer skeer.
Ramp op ramp, plaag op plaag bring Ek nou op die mensdom neer.
Watter moondheid of regering gaan probeer om My te keer?
Ek het gewaarsku en geraas.
Hoeveel maal het Ek mooi gepraat,
ja, alles het Ek probeer om die mens van die hel weg te keer.
Die tyd het gekom en die tyd het gegaan,
met My oordeel is dit wat Ek My nou na die aarde keer.

 

Openbaring 336
Dwase ydelheid ter voorbereiding vir die wurm.

Donderdag 22 Mei 2008 8:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Na die liggaam wil die mens heeltyd keurig lyk en baie mooi,
van die oggend tot die aand
sy voorkoms met belaglikhede op laat tooi.
Sy goeie waardes het hy alles vir kaf in die wind laat strooi.
Met dure olies en die snykunde
probeer hul om die ouderdom met jeugdigheid weg te looi.
Hul laat hul tattoeëer om hulself vir die hel op te tooi,
ja, vir die wurm van die dood dit is waarvoor hul hulself optooi.
Om vir die węreld mooi te wees
het hulle hul God eenkant toe gegooi.
In plaas van geurige briesies wat met goed versorgde lokkies speel,
gaan verwoestende winde
keurige kapsels onder vallende bourommel plat kom vee.
Haartjies tog so mooi gekrul en kam,
in pessiektes is dit natgeswete hare
wat oor koorsige voorhoofde gaan hang.
Naels op hul heel beste gemanikuur,
teen boomstamme, berge en kranse word alles in verskillende vloede
en tsunamies tot in die lewe afgeskuur.
Kleertjies wat tog so mooi vir elke okasie om hangers hang,
in die kas en aan die bas word alles deur wrede vure tot as verbrand.
Velle op strande tot pragtige heuninggoud getint,
boosaardig is die son wat gesonde selle
deur nuwe kwaadaardige kankerselle kom ontbind.
Ure en jare het die mens in gimnasiums spandeer,
om sy soepel liggaam tot die uiterste te kon waardeer.
Binne enkele ure, `n vormlose opgeblaasde ontbinde lyk.
Wreed is dit die dood wat skoonheid `n onaangename les kom leer.
Handjies goed versorg en teer,
probeer woedend om hierdie nare woorde van hul oortjies weg te keer.
Juwele goud en diamante wat skitterend oral om welriekende liggame hang.
Niks daarvan gaan in die groot honger, brood kan kom vervang.
Hoe desperaat die mens homself ookal poets en poleer.
Daar is niks wat die wurm van die dood van sy lyf kan wegkeer.

 

Openbaring 337
`n Nare plan met Trojaanse perde oraloor.

Donderdag 22 Mei 2008 8:00
 http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer
Soos `n poppemeester in beheer,
is dit die groot moondhede wat met regerings speel.
Soos `n engel van die lig hef hul die een dag massas op,
om hul die ander dag moedswillig weer te laat val.
Na hul pype moet die hele węreld dans.
Wee die land wat op eie inisiatief wil neem die kleinste kans.
Met twis en tweedrag daarmee is dit
wat hul bloedige oorloë opstook.
Net om as die mens se redder
met hul hulpfonds die massas om te koop,
iewers is daar iets wat glad nie met mekaar wil strook.
`n Strategie met `n nare plan.
Wat is die węreldmoondhede besig om daar op te kook.
`n Plan gemaak en baie gewaag,
`n eeue oue strategie het weer goed geslaag.
`n Trojaanse perd die bring hul in jul hawe in
en dit skeel niks of niemand min.
Die poppemeesters wat die toutjies trek,
die marionette wat onkundig vir hul werk.
Op die węreldkaart is jul landjie sorgvuldig afgemerk.
In die bergland en die woestyn, oseaan en ook die lug,
orals is Trojaanse perde, elkeen sorgvuldig op sy plek.
Vir die grootste węreldoorlog ooit, is jul kleine landjie,
as `n bloedneus vir węreldmoondhede se vyande afgemerk.

 

Openbaring 338
Bitter min sal Elia herken.

Vrydag 23 Mei 2008 9:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die onderwerp oor Elia as een van die twee getuies kom dikwels na vore.
Daarom sę Ek aan julle, dat dit wat was, altyd weer sal wees. Daar is
niks onder hierdie son van julle wat nuut is nie. Met My verblyf op
hierdie aarde is dieselfde onderwerp ook dikwels in My onmiddellike
geselsgroep na vore gebring. Op die regte tyd nadat die vraag weer
opgeduik het, oor die profesieë wat in vervulling moes gaan aangaande die
koms van die profeet Elia, wat as voorloper vir My koms op hierdie aarde
sou geskied, het ek My leerlinge as sulks die volgende bekende antwoord
gegee:" En Ek sę vir julle dat onder die wat uit `n vrou gebore was, daar
nie een profeet is wat groter as Johannes die doper is nie. Maar die
kleinste in die koninkryk van God, is groter as hy". Op `n volgende
geleentheid het Ek aan My apostels laat deurskemer dat hy wel reeds gekom
en sy goddelike sending as voorloper kom voltooi het. Alhoewel daar
sommige was wat vermoed het dat hy wel die profeet Elia was, is hy onthoof
voordat dit algemene kennis was. Myne het geweet dat Ek na Johannes die
doper verwys het. Soos die geskiedenis was, so sal ook weer die hede
wees en vir baie sal hierdie werktuig reeds weer vertrek het, voordat
hulle hom kon herken.

 

Openbaring 339
Oordeel van die eenwęreldorde

Vrydag 16:30 23 Mei 2008
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Saggies, saggies is daar iets wat druis.
Die sagte stem van `n kleine volkie diep verguis.
Vertrap en eensaam, heeltemal te swaar
teen die grote węreld was hul kruis.
Maar sag en teer is dit God se helende briesie
wat nou saggies oor hul suis.
Opgewonde die ontdekking van God se Gees
wat nou in hul harte bruis.
Van sonde skoon gewas.
Sion word vir haar bruidegom nou skoon en kuis.
Begelei deur engele kom die uitverkorenes
uiteindelik aan by God se huis.
Uitbundige menigtes van hemelgaste,
op hierdie feesmaal is daar nie plek
vir die grootte van `n muis.
`n Engelekoor wat in blydskap `n loflied
deur die ewighede laat suis.
Aan die arm van haar bruidegom
kom Sion uiteindelik nou tuis.

In donder kom daar nou
op die aarde neer `n enorme vuis.
`n Węreld volgesuip aan al wat gruwel is
soos `n afskuwelike luis.
My volk het hul vertrap,
op hulle gelaai `n onmenslike kruis.
Met alles wat heilig is,
daarmee het die węreld se norm mee ingedruis.
Die tyd het gekom vir alles wat boos is
om van hierdie węreld te verhuis.
As ontvangs sal die Vader nie vir een van hulle
daar wees met `n welkom tuis.
Ja, in donder kom op die aarde neer `n grote vuis.
In al wat plaag en kataklisme is
kom daar oor die węreld `n ondenkbare kruis.
Eenkant vergruis sal nou lę die
afskuwelike eenwęreldorde gespuis.

 

Openbaring 340
Die sug na vermaak se ontsettende einde.

Saterdag 25 Mei 2008 20:30
 http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer
Van die oggend tot die aand
wil die mens hom self die hele tyd laat vermaak.
Tv. skerms en die silwerdoek
wil hy tot vervelens toe aangaap.
Sy siel word op die dansvloer
ewig deur die polsende ritme gekaap.
Vermaak sterre word begeer as hul beste maats,
terwyl hulle die geselskap van God diep versmaad.
Vir die sportgod word hul laaste sente bymekaar geskraap.
Van die teater tot die hoerhuis, van hool tot hool.
Dit is waar die mens die hele tyd ronddool.
Hierdie węreld was veronderstel om die siel van die mens
vir iets beter te kon skool,
maar sleg het so sleg geraak,
dat daar geen goed meer bestaan as `n waardige teenpool.
Vir die mens as waarskuwing
is die aarde besig om te verbrokkel en te vergaan.
Die węreldpopulasie se einde is reeds in sig,
maar bitter min is die wat dit kan verstaan.
Dit wat Ek tot tugtiging, opvoedkundig vir die mens laat val,
vinnig is dit Mammon wat naderstaan,
om dit tot hul ewige val weer op te tel.
Ja, deur alles bied die Satan die węreld die hele tyd net vermaak.
En so word die mens se ewigheids saak,
deur die duiwel ondergeskik aan vermaak gemaak.
Ja, deur vermaak sit die duiwel laggend
die mens se siel ewig in skaak.
Met spyt gaan menigeen vind, vir dom vermaak
het hy `n eenmalige kans op ewige saligheid versaak.