e-pos  judithdebeer@webmail.co.za


             openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 321  
Die ware droogte

Woensdag 14 Mei 2008 24:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Droog was meeste hart,
nadat Ek my liefdes reën na hierdie aarde toe wou stuur.
My opregtes met My liefdes boodskap was mos aangegluur.
Om die mense nader vir My huweliksfees te nooi,
was hulle deur Myself gestuur.
Maar hatig het die mense hulle mos spottend weggestuur.
In die droogte wat Ek nou oor haar stuur sal Ek die aarde teister,
in alle opsigte sal Ek haar pla en van die oggend tot die aand,
sal sy druppend soos `n kraan, ja soos net `n ou vrou kan,
sal sy oor groot tekorte mor en kla.
Onder droogte verstaan die mens dat Ek sal ophou
om reën vanuit die hemel oor hierdie aarde te stuur.
Maar oral sal daar droogte wees, ja in sneeu en hael, in vloed en vuur.
In elke ramp sal Ek in alles droogte oor hierdie aarde stuur.
In droogte is kos en medisyne skaars
en droog sal wees elke spens en skuur
en niemand sal homself meer aan iemand uitverhuur.
Die węreldbank en alle geld raak heeltemal in hierdie droogte oor die muur.
Sport en spele, kerk en kultuur,
alles die droog nou vinnig op en waarmee ly die grotes
nou die mense mee om die bos.
Droog die krag, ja droog die petrolkan, droog die wyn en ook die oliekan.
Droog gehuil raak ook die oog van elke traan.
My getuies sal Ek oor die aarde stuur en DROOGTE! DROOGTE!
sal hulle roep net soveel as wat hul kan.
In onlus en oorlog slaan die węreld aan die brand
en in die wrede droogte wat daar is,
is daar niks meer oor in die valse vredeskan,
wat iets kan doen, aan hierdie baie nare droogtes brand.

 

Openbaring 322
Wie wil in moet nou vinnig in

Donderdag 15 Mei 2008 08:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Wie wil in die moet nou vinnig in
die wat wil uit die moet nou ook vinnig uit.
Stadig skuif die deure toe,
binnekort word die ark van lewe vir baie toegesluit.
Hewig soos `n storm
sak die eindtyd in sy pyn nou oor die aarde uit.
In oorlewingsdrang gaan selfs geliefdes
van mekaar die laaste kossies buit.
Histeries gaan daar massas
nou teen hul onverantwoordelike owerhede muit.
In plaas van traangas
gaan sekere regerings oproeriges met senuweegas bespuit.
Menigeen is daar wat nog steeds in hierdie tye groot wil praat.
Maar laggend is dit die eindtyd wat steek die draak,
nou met die draak.
Waak daarom, voortdurend moet die mens
nou teen `n bose węreldmag nou staan.
Wakker moet My kinders wees van vroeg tot laat,
ja van die oggend tot die aand.
Tot versterking kom Ek om elkeen van hul persoonlik aan te raak.
By God staan sterk elkeen van hul se saak.
Ja in hierdie tyd is dit Ek self wat al My kinders bymekaar kom maak.
Elke haar op hul hoof, is sorgvuldig deur My engele getel.
Sonder My wil sal niemand ooit aan een van hierdies raak.

 

Openbaring 323
Oor `n geldlose stelsel aan die kom.

Donderdag 15 Mei 2008 10:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Oor `n geldlose stelsel aan die kom,
daaroor wil menigeen in hierdie tye brom.
Maar gaan sit en maak net `n eenvoudige som.
Jy sal sien die geldlose stelsel
het `n geruime tyd in die kleine reeds gekom.
Neem as voorbeeld maar net gou die boer,
om kunsmis en saad aan te koop
het hy net vlugtig gou in sy bankrekening geloer.
Vinnig is die bedrag rondgeskuif,
sonder enige gesukkel of `n gesloer.
Sy produk die sit hy sonder om kontant
te verwissel van die hand.
Vinnig bring die fabrikant ook nou sy kant,
na die verspreider word die produk geskuif,
sonder die aanraak van `n Rand.
En so beland alles sonder kontant
weer in die kleinhandelaar se hand.
Ook die verbruiker staan nou vinnig nader
`n kredietkaart in die hand.
So vanaf die land tot in die hand,
van hier weer tot by die tand,
het die saadjies vanaf begin tot en met die einde,
nie eenmaal gesien kop of stert van enige Rand.
So het die voorloper van die geldlose stelsel
lankal klaar begin.
En dit voordat die domme węreldling
nog enigsins homself hieroor kon besin.
Op papier en rekenaar word geld orals rond gestuur.
Profyt op profyt, dit is die banke wat die meeste hiervan win.
So gaan die rekenaarskyf nou tot binne in die mens inklim
en so gaan `n eenwęreldorde,
hordes willose slawe vir homself kom win.
Die ys waarop hierdie węreldkluis wil klim,
die is egter baie, baie dun.
Vinnig stort dit ineen,
voordat dit nog behoorlik kon begin.

 

Openbaring 324 
Hierdies het geen deel aan My.

Donderdag 15 Mei 2008 12:10
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In die tye wat nou oor die aarde kom.
Met moeilikheid wat soos onkruid orals gaan oopblom.
Gaan menig vyand as vriend
nou skielik na hierdie land se Adam kom.
Vriendelik gaan hulle hierdies nooi,
om die volle gewig by hulle saak in te kom gooi.
Beloftes, grond en geld sal hul as lokaas voor hierdies strooi,
om die vuur weg te kan keer van hulle brandende hooi.
Met My kinders praat Ek nou baie mooi,
om hulle nie vir die węreld deur regerings nader te laat nooi.
Wie deel gaan hę in hierdie węreld in sy oordeel stryd,
die het geen deel aan My.
My kinders wil Ek bewaar van hierdie vuile stryd.
In `n tyd van voorspoed het die węreld
julle soos vuilgoed eenkant toe gesmyt.
Elkeen wat in hul stryd as hulp gaan staan teenaan hul sy,
die gaan Ek sonder enige gewetenswroeging
saam met hulle in die stof laat byt.

 

Openbaring 325 
Waansinnigheid eenkant en verlossing anderkant.

Vrydag 16 Mei 2008 06:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die ekonomie gee heeltemal nou bes.
Op al wat goudstaaf is
wil die hele węreld nou hul hande lę.
Gierig, gierig wil elkeen tot sy redding
alles wat hy het in goud en nogmaals goud belę.
In die oormaat goud wat vir die belegger
in berge goudstaaf opgestapel lę,
word vir oulaas weer die siel
vir die goue kalf eenkant toe laat lę.
Vreeslik die gewig van dooie goud
wat nou węreldwyd op die mens kom lę.
In hierdie tyd kom ook Ek om My Gees
tot ontwaking op die mens neerlę.
In uitdelging gaan die oordeelsgees
weer in die oog van Moses lę.
Dit is die lewende Lam van God,
wat die ware kind van God,
as verlossing in hierdie tyd wil hę.
Ewig vernietig sal `n dooie goue kalf
in die stof van hierdie aarde bly lę.

 

Openbaring 326  
Die ware kleur van die Jode

Vrydag 16 Mei 2008 12:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Jou eersgeboortereg 
die het jy duisende jare gelede reeds verbeur.
Maar as verkleurman
die het jy jouself baie goed gekamoefleer.
Jou taal en vel het jy na elke ras gekleur.
Ja jy het jouself gespys na elke volk en geur.
Goud en glans, die beste skat uit elke land
die het jy vir jouself gekeur.
Aan My Woord die het jy jouself nog nooit gesteur.
Maar as die uitverkore ras,
daarvoor wou jy jouself nog altyd net goedkeur.
Deur die Weste het jy jouself as suiwer blank gekleur.
As die uitverkore ras
daaroor het jy jouself die hele tyd opgebeur.
Vandaar het jy oor die ware leeu van Juda
net gevoer jou afskuwelike terreur.
Met My verhoor het jy mos onskuldige bloed
oor jou en jou kinders se hoofde omgekeer.
Jy weet goed as verlossing gaan My Wederkoms
vir My kinders op hierdie aarde nou gebeur.
`n Valse vredes verlosser wil jy met mag en mening
uit jou bose midde vir `n oorlogsugtige węreld nou skeur.
Oor die valse Jood wat ewig val,
oor hom gaan niemand in alle ewighede ooit nie treur.

 

Openbaring 327  
Wie is God nou weer?

Sondag 17 Mei 2008 20:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Ondenkbaar baie siele is klaar vir die doderyk geklee.
Desperaat probeer regerings tevergeefs redddingsplanne smee.
Wie is daar wat oor wie in medelye nog gaan treur.
Elke kans op redding dit het menigtes nou vir ewig verbeur.
In spyt en wanhoop wil menig hart oor God se afwesigheid nou treur.
Sy genade gaan die trotsaards tot hul ewige spyt nou moet verbeur.
Is dit die ontroue, dwase maagde wat haastig nou wil naderstaan.
Leeg die genade olie in elk van hulle se wanhoopslamp.
Ja, tevergeefs soek die węreldling nou na God met hul verstand.
Met `n sekel kom die slang om dit wat syne is te vang.
In menig land is dit `n 'goewermentsman'
wat die massas nou vir al die skuld wil hang.
In hul angs vlug hulle desperaat heen en weer.
Woeste bendes is dit wat wreed hulself na die heersers troon nou keer.
Waarheen vlug die węreldling,
liberaal het hy sy rug op dit wat syne is gekeer.
Wie is God nou weer?
Laggend het hul hulself van die Kind van lig gedistansieer.
In die chaos wat nou kom moet hul vir hulp,
hulself maar na hul kerk en valse godsdiens keer.
Onlus raak nou by die dag meer en meer.
Bewakers van die heelal is dit wat as beskermers
hulself oor God se kinders keer.
Opgewonde kom hul in hierdie tyd,
om die ware betekenis van die Grote Meester se tere liefde
vir sy kinders te kom leer.


 

Openbaring 328
Net weer `n nare konsentrasiekamp.

Sondag 18 Mei 2008 8:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Oorlewingskamp, vlugtelinge kamp,
op die einde van die dag is dit weereens
maar net nog `n konsentrasiekamp.
In ellende in die duisternis, die engel van die dood
wat rondwandel met `n dodelamp.
Wee daarom elke een wat vir hulp hom keer
na hierdie oordeelskamp.
Beheer, beheer
dit is al wat die grotes van die węreld begeer,
daarom probeer hulle die hele tyd
om die massas te konsentreer.
In kataklisme en ook die oorlog
wil hul die heeltyd as held en leier na vore tree.
`n Hand van hulp wil hul kwansuis aan almal gee.
Maar die mag oor lewe en die dood,
dit is al wat hul die hele tyd begeer.
Waar die mens in massas lę kreupel en beseer,
is dit met sy hulpfonds en rooikruis
wat die grotes kamma besorg nou nader tree.
Haastig neem hul uit menig regering
nou die besluite oor en daardeur ook die volle beheer.
In tye van ellende en nood sal Ek Myself
met hulp na My kinders keer.
Enige hulp van die węreld
moet julle vinnig die rug toekeer.
Oorlewingskamp, vlugtelingekamp,
op die einde van die dag is dit net weer
`n nare konsentrasiekamp.


 

Openbaring 329
Ewige volmaakte verlossing

Sondag 18 Mei 2008 10:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Op Golgota is ewig die Lewende Brood vir sondaars gebreek.
In ontelbaar deeltjies is Ek aan die ewigheid as verlossing uitgedeel.
`n Ewige maaltyd het die Godheid vir die mens toeberei,
om hom sodoende die ewige lewe te kan binne lei.
Met elke deeltjie van die Brood gebreek,
het Ek hardop elk van jul se naam in die oneindigheid uitgespreek.
In die heilige nagmaal word in elke brokstuk
Ek self volmaak vir elke kind van My berei.
Ewig sal die dood oor een van hierdies se volmaakte siele
nooit nie weer kan baklei.
Deur My bloed is volmaakte reinheid ewig oor hul afgeskei.
Ja Goddelike volmaaktheid het elke kind van My ewig oor hulself verkry.
As Feesmaal was Ek self tot redding vir die mens deur God self voorberei.
`n Brug vanuit die onvolmaakte materie, tot in die volmaakte oneindigheid,
die het die mens van My, vir homself verkry.
Verlos van skuld en las kan elke een sy volmaakte toestand
nou voor die hele oneindigheid bely.
Hul het gedrink van hul Meester en Verlosser se vergewings bloed.
Ewig moet die sonde van die mens nou groet.
Heilig wat daar in hul are vloei, is nou die Goddelike D.N.A,
ja, van die Meester se eie bloed.
Tierend is dit Satan wat daar woed.
Oorwin is hy vir ewig deur die Seun van God se bloed.
Vir die Verlossing van die ewigheid, word Melgisedek weer as `n kind,
teer teen als wat boos is vir die troon van God behoed.

 

Openbaring 330
Die kring van My liefdeslig.

Sondag 18 Mei 2008 20:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In die tekens van die tyd sal My liefdeslig al hoe wyer om My kinders kring.
Met `n Goddelike ring word die verseëling op Koningskinders aangebring.
Engeleskare is dit wat uitbundig in hul liefde om God nou nader kring.
Vreugdevol die engele koor,
tot in die verste uithoek van die oneindigheid word dit aangehoor.
Swakke mensekinders wat in hul pogings die Vader tog so diep bekoor.
Daar is nie een van Sy uitverkorenes, wat die stryd in die eindtyd gaan verloor.
Staan nou nader kinders van genade,
deur jul geskied Sy werke, ja, al God se grote dade.
Klein en gering is jul getal, maar daar is nie een van julle wat gaan val.
My getuies wat vir die einde nader staan.
Waar hulle met My oordeel gaan,
daar val vir die węreld net `n bitter traan.
In die tekens van die tyd, is daar vir die węreldling net selfverwyt.
Maar My liefdeslig sal om My kinders net al hoe wyer kring.