
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 311
Hoe nietig is 'n mens tog nie!
Donderdag 8 Mei 2008 09:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vlytig is dit miere wat daaronder speel.
In `n hopie grond is dit wat hulle `n grote koninkryk vir hulself verbeel.
In `n tere bui reëntjie wat daar val.
Verpletter lê hul hele koninkryk in `n modderdal.
`n Straaltjie water wat daar vreedsaam val.
Ondenkbaar is hul drenkelinge in die dodetal.
`n Kind wat verby hul nessie hardloop in sy spel.
`n Reus wat hul in hul honderde doodtrap,
dit het niemand ooit vir hul voorspel.
`n Vuurtjie wat as veldbrand oor hul nessie dwel.
`n Grote miernes roep sy voortbestaan ewig toe vaarwel.
So is elke groot of kleine stad net `n miernes in sy spel.
Op hierdie aarde gaan dit met nie een van hulle baie wel.
`n Engel wat met sy kleintoon teen die aarde stamp.
Stede, brûe, damwal, spoorlyn en paaie wat daar val in `n groot stofdamp.
`n Traan van pyn wat uit sy oog oor die aarde skiet.
Menig siel wat as drenkeling tot in die verste doderyk verskiet.
Net soos miere wat daaronder vlytig speel.
Nietig is die groot beskawing wat die mens oor homself verbeel.
Wreed die noodlot wat alles van die mens in hierdie eindtyd wegsteel.
Openbaring 312
Die boosheid van verraad teen jou volksgenoot
Saterdag 10 Mei 2008
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Wie het wie verloën, vanuit die hel is dit Satan wat die verraaier hoon.
Ewig die Gees wat Hom van die siel onttrek as beloning vir die Judasloon.
In Sy Almagwoede sal God nie een van hulle in alle ewigheid ooit verskoon.
Ja, elke een wie het sy eie bloed vir geld verloën.
As`n vuile gruwel word hul kinders tot in die verste nageslag as drek
vertoon.
In die beloofde land van God,
ja, in die nuwe Jerusalem sal nie een van hulle ooit nie woon.
Ewig! Ewig! word hulle van die aangesig van God verskoon.
Satan self is dit wat die verraaier met sy missie hoon.
Wee! daarom ewig ook die hand wat uithou die Judasloon.
In selfbedrog het hul hulself, as koning en `n god gewaan.
Nou is dit eenmaal so, in die ewige land van nie bestaan,
is daar niemand wat oor hulle gaan stort `n enkele traan.
Na niks en nêrens sal hul ewig vir hul `n weg moet baan.
Op hierdie aarde het hul nooit nie iets van naasteliefde verstaan.
Die gevangenis en dood die het hulle vir `n broer beraam.
In hierdie tyd laat Ek vinnig `n gruweldood oor elk van hulle gaan.
Oor verspilde broederbloed sal elke verraaier nou met sekerheid weet,
om in alle ewighede nooit met God, kragte te probeer meet.
So laat hierdie kennis elkeen se insig, tot sy eie voordeel verbreed.
So sal hy homself spaar van oneindige droefheid en leed.
`n Sonde teen die Gees is dit,
om die lot van jou broer, aan die vyand uit te meet.
Openbaring 313
Leeg van hand maar vol van hart
Sondag 11 Mei 2008 21:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Terwyl menig engele oor biljoene verlore siele saggies treur.
Word `n skamele getal uit die wêreld populasie
as God se uitverkorenes gekeur.
In hierdie tyd is daar soveel mense
wat as konings oor hierdie kleine aarde wil regeer.
Mag en nogmaals mag,
dit is al wat elk van hulle met `n bose hart begeer.
In haat en nyd word alles wat bestaan in twee geskeur.
Ja, alles word in hierdie tyd in twee kampe in gedeel.
En so word elke een
se lot vir ewig onder goed of kwaad verseël.
Swart die nag en groot die getal van die kinders van die duisternis.
Ewig gaan hulle die salig lewende Lig van God nou mis.
Leeg van hand maar vol van hart,
ewig word `n klein getal verseël teen `n grote wêreldmag se bose lis.
Ewig heilig in heel die oneindigheid is hul God se verteenwoordigers.
Op `n heilige hoogte sal My kinders staan,
ja, op `n geestelike Sinai
sal Sion knielend biddend voor haar Losser staan.
Onsuiwer is die laagte waar menigtes van Satan
vir hulself `n bloedige oorlogsweg oopbaan.
Menig wat daar val tot ewige verdoemenis
op die duiwel se laaste dodelaan.
Nog eenmaal het die blomme hulself so mooi getooi.
Vir `n tyd wat besig is om homself vir sy eie einde te voltooi.
Feestelik het die bome hulself vir oulaas groen gekleur.
Met brand gaan die hand van `n engel hulle nou pikswart inkleur.
Wie is daar wat oor die skone natuur van hierdie kleine aarde gaan treur.
Op see en land gaan alles `n derde aan die dood afgee.
In hierdie tyd is dit die kinders van God
wat in liefde nader aan mekaar nou tree.
Oor die koms van hul Meester
is dit wat hul vreugde trane uit hul oë nou vee.
Gereinig in Sy bloed is hulle maagdelik nou rein geklee.
Openbaring 314
Die gevolge van onbeteuelde vraatsug en heerssug
Maandag 12 Mei 2008 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Wellustig lag die doderyk.
Oor Afrika se bodem gaan daar lê menig baie lyk.
Wie is daar wat so aanhoudend hoes.
Daar is bykans niemand wat van hierdie nuwe siekte weg kan koes.
Die land van Kus raak leeg en woes.
Alle onreg word op hierdie kontinent verwoes.
Bloed op bloed,
menig stamme gaan nou met hul lewe boet.
Die lekker lewe gaan menig regeringsamptenare nou moet groet.
Nie een is daar van hulle vir wie die goeie Vader gaan behoed.
Grond op grond, die wou hul heeltyd van `n ander kry.
`n Standplaas in die begraafplaas die gaan hul nou gratis kry.
Myn op myn, gaan nou nie meer met al hul vraatsug rym.
Die doodsengel is dit wat op elke terrein sy oes gaan kleim.
Jou infrastruktuur gaan ek finaal uitmekaar kom skeur.
In jou hospitale gaan dodelike infeksies uitbreek.
Jou water die gaan Ek ondrinkbaar maak.
Jou krag die laat jou in die steek.
Boonop gaan al jou werkers moedswillig staak.
Boosaardig wou jy mos die heeltyd aan My kinders raak.
Jou bondgenote gaan Ek stukkend stamp.
Voor die aangesig van God sal hulle ewig weg verdamp.
Jou hand kwaadaardig na My kinders uitgesteek,
Vir ewig word alle mag van jou afgebreek.
Vir alle tyd word My hart vir jou nooit nie week.
Bloed op bloed in stof en bloed,
gaan menig Afrika land met sy lewe boet.
Ja, die goeie lewe gaan menig staatsamptenaar en die rykes
nou moet groet.
Daar is nie een van hulle wie die goeie Vader gaan behoed.
Grond op grond, die wou hul die heeltyd van `n ander kry.
Weer sê Ek `n standplaas in die begraafplaas gaan hul verniet nou kry.
`n Leek was jy,
maar as `n koning wou jy jou hand verby My troon opsteek.
Jou myne gaan Ek van binne af oor jou opbreek.
In pes en vuur gaan Ek jou besoek.
Ewig gaan jou vuilheid op in roet.
Jou koning gaan Ek gryp aan sy onrein snoet.
Met sy lewe gaan hy vir die onreg boet.
Openbaring 315
Al is ek 'n kindjie klein..
Maandag 12 Mei 2008 12:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Abba vader U is my Koning en my krag,
in U woon die hele oneindigheid en die een groot Almag.
Wie daarom in hierdie tye opreg na U in liefde smag,
van U sal hy ontvang die nodige leiding en die krag.
In medelye sal ons na `n vervalle wêreld om ons trag.
Nederig sal ons wag op U en U hemel prag.
Na U O God is dit wat my siel in hierdie tyd wanhopig smag.
Hand aan hand sal ons saam met U
in blydskap oor `n nuwe vrye wêreld lag.
Nietig vra ek daarom as `n kindjie klein,
maak in hierdie tye my hartjie vir U as woning skoon en rein.
O Vader U is my koning, ja, U is my krag
na U is dit wat my siel, ewig altyd nog na smag.
Openbaring 316
Met kleingeskut en grofgeskut
Maandag 12 Mei 2008 15:15
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Met kleingeskut het Ek die mens deur waarskuwing dikwels gepla.
Oor tweeduisend jaar het Ek hul menigmale tog so mooi gevra,
om die waarheid en nooit die leuen in hul harte rond te dra.
Maar tevergeefs het menig profeet homself moeg gekla.
In die hemel aangekom-gesê sy kruis was heeltemal te swaar
om tussen dowe mense rond te dra.
Met My grofgeskut is dit
wat Ek die mens in hierdie tyd probeer wakker skud.
Maar onbekommerd is dit wat hul luilekker lomerig voort dut.
In hul gemaksone is dit
wat Ek die mat hardhandig onder hulle uit gaan ruk.
Vir oulaas probeer Ek om die mens
van die poorte van die hel weg te ruk.
Wat meer kan Ek doen
om die mens van sy ewige ondergang weg te pluk.
My groot kanonne sal Ek nou nader trek.
Elke goeie engel sal Ek nader roep vir hierdie werk.
Brutaal sal hulle menig aardplate van mekaar aftrek.
Rook en swael sal daar vanuit menig berge optrek.
Vanuit nuwe vulkane sal as en lawa die lug optrek.
Besig baie besig sal My engele ononderbroke met vele kataklismes werk.
Die dier staan reeds nader met sy bose merk,
om `n lyn te probeer trek deur God se werk.
In `n drukgang is hy nou besig om miljoene nou nader te trek.
Om hul as sy eiendom op die voorhoofde te kan merk.
Elke land en mens die wil hy manipuleer.
In sy waansin glo hy ook dat hy God kan beheer.
Terwyl sy wapentuig oor die aarde skeur.
Is dit Ek wat hom minagtend die rug toekeer.
Vredig is dit wat Ek My na opregte harte toe keer.
Om hulle van My onaantasbare ewige liefde te leer.
Ja saggies daal Ek in My uitverkorenes se harte neer.
Terwyl My heilige engele Satan se wêreldkinders laggend teer en veer.
Hul eie rykdom bring Ek op hul hoofde neer.
Wanhopig hardloop menig lande radeloos en tevergeefs heen en weer.
Terwyl slegs My wil oor hierdie aarde se oppervlakte sal geskied,
sal in `n plek van voorbereiding My uitverkorenes leer hul nuwe lied.
Met kleingeskut en grofgeskut,
daarmee is My waarskuwings na hierdie aarde klaar geskiet.
My groot kanonne is dit wat Ek vir oulaas nader trek.
My beste engele elkeen paraat op sy plek,
vir hierdie laaste baie belangrike werk.
Openbaring 317
Die sekel slaan, die Engel maai.
Maandag 12 Mei 2008 17:45
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die sekel slaan, die Engel maai.
Deur wind word kaf vir ewig weggewaai.
Eentonig soos `n kind wat skoppelmaai,
is dit die arm van `n Engel wat daar sonder ophou maai.
In bloed en bedrog is daar in oorvloed gesaai.
Duisendvoudig gaan die saaier hiervan maai.
Drie maal het die haan voor dagbreek klaar gekraai.
Soveel lyke wat die doodsengel in sy wa kom laai.
In boosheid wou die mens mos oor die aarde koning kraai.
Sy eie siel die het hy vir geld en roem verraai.
Wie is daar wat `n oorlewende kind in sy angs gaan paai.
Blindelings gaan menigeen vir hulself doelloos `n weg oop raai.
Vir die dobbelaar het die laaste steen geval,
die noodlot is dit wat nou ewig teen hom draai.
In ’n honger wêreld is dit die mens wat in sy eie sonde braai.
God se wind wat ewig die kaf van die koring weg gaan waai.
Ewig verby is vir menig siel die kans van omdraai.
Die sekel slaan, `n werker maai.
Eentonig is dit die arm van God se Engel wat daar maai.
Openbaring 318
'n Taal om te verstaan.
Dinsdag 13 Mei 2008 08:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In hierdie dae sal Ek elke afgode dienaar en voorvader
aanbidder in `n
taal antwoord sodat ook hulle My volkome sal kan verstaan.
Ek sal oor hulle `n gerig bring en Ek sal hulle besoek
met die swaard, hongersnood en die pes.
Ja, met pangas, tering, leë pappotte en nog vele meer.
Hulle winde van verandering sal teen hulle self draai.
Vir die sprinkaan sal Ek die sprinkaan stuur
en vir hulle sal daar niks te ete wees in die gesteelde graanskuur.
In die onbekwame hand sal Ek vuur stuur.
So sal hulle die engel van die dood, oor hulle self huur.
Elkeen wat deel het aan hul wêreld, sal saam met hulle die pyn vir ewig
verduur.
Die tyd het gekom, waar die voorhof deur onrein voete vertrap word.
Maar die heilige en die Allerheiligste, sal in alle ewighede,
nooit vertrap kan word nie.
Ja, so spreek die een almagtige groot Gees van Abraham, Isak en Jakob,
wat die voorvaders, ja, die stamvaders van die huis van Israel is.
Nadat die stof oor `n vernietigde wêreld gaan lê het, sal Ek `n reën van
reiniging,
oor hierdie aarde stuur en daar sal nuwe varswater fonteine ontspring,
wat groen weiveld sal voortbring.
En die Lam van God sal vreedsaam, saam met die ware leeu van Juda,
as `n volmaakte eenheid, oor `n nuwe aarde wei.
Openbaring 319
Die vloek deur Kain
Woensdag 14 Mei 2008 08:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Jaloers het een maal `n broer na sy broer geloer.
Terwyl dié ernstig en biddend `n gesprek met God wou voer.
Sag soos `n tortelduif
wou die gewete ook saggies in die gemoed van Kain roer.
Ja eenmaal het God wel met hom `n gesprek probeer voer.
Maar die Goddelike gewete kon in sy gemoed
tot heden en vandag glad nie roer.
Onskuldig wou hy weet, is ek dalk die hoeder van my broer.
Gewetenloos het hy aan die aarde gevoer,
die heilige bloed van sy volmaakte broer.
In hierdie laaste tyd het God nog eenmaal weer,
die hand van Kain oor Abel gegee.
Gekyk of hy in deemoed regverdig
oor die kind van die lig kon regeer.
Maar verspilde bloed in vervloekte grond
is al wat die seun van die slang begeer.
Vir ewig bring Ek daarom `n skeiding
tussen twee bloedlyne teweeg.
Daarom maak Ek nou die wêreld van alle sonde leeg.
Sodat `n nuwe geslag tot eer van God oor hierdie aarde kan regeer.
Openbaring 320
Die seën deur Abel
Woensdag 14 Mei 2008 08:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
O Seun van Adam; Abel, jou het Ek geseën.
Oor jou vee en oes laat Ek seën in oorvloed reën.
Oor jou sterfte het die aarde altyd net met spyt geween.
In jou sweet het die engele nog altyd vlytig net hul hulp verleen.
Sonder teëspoed trek Ek jou offergawes na die hemel heen.
Jou wysheid en kennis het alle volkere altyd in oorvloed van geleen.
Deur al die eeue en beskawings heen,
was jy naas My die ewige hoeksteen, my ondersteunings steen.
Jou verspilde bloed wat roep, vasgevang vanuit die aarde se beste leem.
Deur Set verwek, spreek uitverkore kinders
vir jou oor die hele wêreld heen.
In Melgisedek gaan menig wesens oor jou in vreugde ween.
`n Bloedoffer die het jy in die begin met jou lewe voor betaal.
Deur die Meester is dit tot redding vir die kinders kom vervolmaak.
In hierdie tyd gaan nie een van die heilige werktuie staak.
Die oes van hierdie eindtyd lê wyd en braak.
Oor elke swakke kind die gaan hul vurig waak.
In die hand van God se werktuig,
roep die bloed van Abel om vergeldingswraak.
Ewig verdoem en magteloos, in die stof van die aarde
lê nou geval die eindtyd draak.
![]() |