e-pos  judithdebeer@webmail.co.za


             openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 301  
Volksmoord oor `n langtermyn

Woensdag 23 April 2008 09:00
 http://www.openbaringe.co.za/


Judith de Beer
`n Paar weke terug is `n vrou `n paar huise van jou af op die wreedste denkbare
manier verkrag en vermoor en skaars het julle ontspan met die skuldiges
kwansuis veilig agter tralies of hy en `n trawant het met die grootste gemak
en dit terwyl die polisie rustig gelę en slaap het ontsnap om nog twee
weerlose bejaardes, op die wreedste denkbare manier om die lewe te bring.
Met hulle steeds op vrye voet moet die inwoners van julle dorpie en omgewing
maar geduldig wag op verdere gebeure.
Jy wil van My weet waarom daar soveel onskuldiges is wat moet sterf,
terwyl blinkvet regeringsamptenare, soos bosluise op `n gasheer,
meestal op `n oneerlike manier, hulself in veilige omstandighede volsuig
aan die heel beste wat julle land kan bied.
Terwyl korrupsie en bedrog aan die orde van die dag is en die getalle
van julle klein ras daagliks deur brutale moorde drasties verminder word
en dit op sy beurt daartoe bydra dat nog groter getalle onder julle volk,
aangedrewe deur vrees, na die buiteland immigreer. Dit terwyl daar nie
een land of regering in die wye węreld is wat julle belange op die hart dra nie.
Inteendeel is dit met genoegdoening wat sommiges van hulle,
die ondergang en ellende van julle nasie gadeslaan.
In vorige openbaringe het Ek jou attent daarop gemaak dat niemand
behalwe julle self en julle eens gewetenlose leiers, wat julle so vurig met julle
stemreg, alle outoriteit en besluite oor julle lewe en toekoms gegee het,
te blameer is nie.
Moord op moord vind daagliks plaas en blind staar `n węreld, julself inkluis,
hulle teen die feit dat `n volksmoord oor `n langtermyn besig is om plaas te vind
en daar is niks wat julle daaromtrent kan doen, om dit te keer nie.
Omdat `n verwronge wet homself draai en pas om soos `n 'engel van die lig'
dit ongestoord sy gang te laat gaan.
Al wat daar vir julle oorgebly het is om in deemoed op julle knieë voor My,
julle ewige Verlosser, te kom staan, sodat 'ons' saam aan julle heil
kan begin werk.
Maar helaas is dit nie net die vertroue en geloof wat ontbreek nie,
maar ook die feit dat in `n tyd van globale vergaan, die meeste van julle
nog op dit wat die węreld bied vertrou.
Daarom sę Ek aan julle dat hierdie misdaadsyfer met skrikwekkende
gevolge tot ongekende hoogtes gaan bly klim
en die onreg waarvoor `n węreld sy oë toeknyp, gaan ook hulle lot word.
Met die honger wat węreldwyd ophande is, gaan regerings
beheer oor die minder gegoede massas verloor en sakesentrums
en infrastruktuur gaan in bloedige onluste in rook opgaan.
Heilig is die onskuldige bloed wat na My troon om regverdigheid roep
en wee `n gruwelwęreld waaroor die toorn van die enige God gaan ontvlam.
Al die plae wat was, is en sal wees, sal in hierdie tye wat kom,
op die węreld tot sy ewige ondergang uitgegiet word.
Maar daar is sekeres onder julle, aan wie se deurkosyn, die Bloed van die Lam,
tot julle ewige beskerming gesmeer is.
 


Openbaring 302
Globale oorlog is verseker aan die kom.

Vrydag 25 April 2008 12:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Twee honde baklei om `n been
en `n derde hardloop ongeskonde daarmee heen.
In menig land wil daar burgeroorlog ontbrand.
As `n valse vredevors, slaan menig dominante land,
hulself selfversekerd op die bors,
om daardeur aan hulle mededingers te kan bewys,
wat outoriteit betref staan hulle heelbo aan die lys.
Soos hondereune wat nou met mekaar wil baklei,
is dit die nekhare wat hulle nou vir mekaar rys.
Met stywe bene trap hulle versigtig baie wyd,
terwyl hulle die lip optrek om die slagtande vir mekaar te kan wys.
Onheilspellend raak die grom.
Globale oorlog is verseker aan die kom.
Terwyl almal vrede! vrede! skree waar daar geen vrede is, 
is dit die groot honger en die pes,
ook die koue wat as die oorwinnaars uit die stryd gaan tree.
Uitermatig slu en slim
het die Weste lank gelede klaar hul planne gesmee
Die derde węreld het hulle met onverhaalbare skuld geklee
en vir hulle 'belange' is dit wat hulle nou 'beskermend' na vore tree
om elke moontlike opponent uit hul pad te kan vee.
Die V.N. is dit wat wag om na alle kante toe te byt,
terwyl Rusland ongeduldig wag buitekant die kryt.
Waar jy kyk daar staan die Ooste gereed met vuur en kruit.
Almal begeer die skatte wat lę en wag in Afrika Suid.
Vrede! vrede! roep die węreld moondhede met valse monde luid,
onderlangs moedig hulle die armes aan
om vir hul menseregte oproerig te muit.
Węreldorde troepe stuur hulle hierna
om die mag van die bestaande regerings te kan buit.
Woord vir woord word alles vir julle tot op die punt uitgespel.
Maar traak-my-nie-agtig, is hoe die węreldling sy skouers daaroor optel.
Vinnig word die laaste dae deur My oordeelsengele afgetel

 

 

Openbaring 303 
Eenkant staan `n kleine kudde teer.

Saterdag 27 April 2008 24:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In haar ingewande begin `n dodelike siekte tot haar ondergang te smeul.
Die eerste rook begin vanuit haar verrotte ingewande na buite peul.
In bloed en skarlaken is dit wat sy haarself vir oulaas klee.
Met goedkoop grimering en parfuum, daarmee
is dit wat sy haarself met groot vertoon besmeer.
Koketterig probeer sy met haar ineengestorte handelsbates
voor haar minnaars poseer.
Maar met minagting is dit wat ou bewonderaars haar nou die rug toekeer.
Min het die geraak wat haar in haar vervalle skoonheid nog begeer.
Desperaat probeer `n ou hoer oor `n vinnig verbrokkelde węreld te regeer.
Van haar hoerery wil sy haarself in alle ewighede nie bekeer.
Op haar sterfbed werp Ek haar vir ewig neer.
In die groot verdrukking almal saam met haar wat hulle nie wou bekeer.
Wie is daar wat die ewige val van die hoer Babilon nou kan keer.
Wie is daar onder die gevalle mensdom
wat My heilige woord na `n vervloekte aarde kan bring.
Met die eindtyd wat in chaos nou gevaarlik om die mens al hoe nader kring,
is daar menigtes wat die lof van God skynheilig tot hul voordeel luidrugtig toesing.
Groot bedrae is dit wat hulle nou as offergawes vir die armes na vore bring
en oneindig is die vrees wat in menig węreldling se hart ontspring.
Is dit die biskop of dalk die pous,
miskien die predikant van elke protestant,
vir die kamma-gelowiges word węreldwyd `n ou afgeleefde lied gesing.
Valse vrede wat hulle na `n oorlogsugtige węreld bring.
Terwyl die verdelgings ruiter van die dood,
ja, in die saalsak van die Vaalperd is pes, hongersnood en die dood.
Met sekel en die swaard,
dit is waarmee hy magtige węreldvestings tot hul ondergang indring.
Eenkant staan `n kleine kudde teer.
Ondenkbaar eons terug is hulle van die bokke afgekeer.
Deur die ewig apartgestelde Gees van God is hul `n nuwe lied geleer,
om saam die Seun van Liefde as priesters oor die hele oneindigheid te regeer.
In `n węreld wat treurig in vlam en vuur wegteer,
gaan hierdies een vir een na vore tree, om die ware woord van God
in `n tyd van waansin aan die wat daarom vra te gee.
Elke een gereinig in die bloed van die Lam,
vir hulle word die sonde en die dood vir ewig van hul weggevee.
Vir hierdie reines daal die nuwe Jerusalem vanuit die hemele op die aarde neer
en niks wat onrein is sal ooit hierdie heilige stad kan betree.
Weet daarom Sion jy wat nou in afwagting oor jou Verloofde treur,
uit alles in die oneindigheid is jy vir hierdie eindtyd gekeur.
Vir jou tot hulp sal die aarde haarself oopskeur.
Heilige engele sal kom om jou tot vreugde
oor die koms van jou Bruidegom op te beur.
Die suiwer Lig van God sal die ruimtes om hierdie aarde
met `n ondenkbare heilige Lig inkleur.
Hou daarom op om in wanhoop oor My afwesigheid te treur.
Die tyd het gekom om jouself vir My in al jou skoonheid op te tooi.
Bruilofsgaste is in ondenkbaar baie getalle vir ons huweliksfees genooi.
Nooit weer sal jy val, `n gewetenlose hoer ten prooi.
Al wat van Babilon gaan oorbly,
is die smeulende as van nuttelose uitgebrande strooi.

 

Openbaring 304 
Som op som, reken-reken.

Maandag 28 April 2008 09:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Reken-reken alles wil die mens bereken.
Som op som oor alles maak hy koelkop somme.
Getalle-getalle orals stel hy vir homself dodelike strikke en valle.
Rentekoers op rentekoers wat klim en val.
Te pletter val die hele węreld homself in `n resessiedal.
Verbouereerd wil die mens in sy angs nou nader aan My staan.
Met som op som reken hy om God te oorrompel met groot getalle.
In dreunsang wil die mens My vlei en eer.
Daardeur probeer hulle om My te manipuleer.
Boodskappies stuur hul węreldwyd oor en weer,
met duisend gebede om die eindtyd weg te keer.
Maar met som op som, reken-reken,
ontelbaar is die getalle,
van hul eie duiwel en demoon,
wat honend met hul die gek nou skeer.


 


 

Openbaring 305 
Kwansuise naasteliefde van Mammon.

Woensdag 30 April 2008 13:00
 http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Vir `n oomblik was jy opgewonde nadat jy in `n nuusberig verneem het
van die meelewende betrokkenheid van vooraanstaande instansies
en handelaars se vriendelike simpatieke versoek, gerig aan die owerhede,
om die voedselprodusente d.w.s. die boere, in `n tyd waar die insetkostes
die inkomste begin oorskry het, met meer verbruikers-vriendelikheid
en hulp tegemoet te kom en hulle te akkommodeer om dit vir hulle sodoende
makliker en moontlik te maak, om voedselproduksie in `n komende krisistyd
te kan handhaaf en lewer.
Ongelukkig moet Ek jou teleurstel deur jou die oë te open.
Hierdie kwansuis bekommerde, goed gemaneuvreerde aksie, is niks anders
as om hul eie belange en winste in `n komende tyd van hongersnood
te verseker nie.
Terwyl hulle terselfdetyd van die geleentheid gebruik maak, deur die bekommerde
barmhartige Samaritaan te speel, wat beide die produsent, sowel as die verbruiker,
se belang op die hart dra.
Enige moontlike vorm van besorgdheid deur hierdie tentakels van Mammon,
hetsy dit die verbruiker, verskaffer, sy eie personeel, die gemeenskap
of die omgewing insluit, is altyd daarop ingestel om deur die sogenaamde
naastediens, hulself terselfdetyd, deur goedkoop publisiteit op die
voorgrond te plaas. Ja, in alles is hulle slegs op winsbejag ingestel
en vir dekades lank het Mammon ontelbaar maal, koud en koelbloedig,
sonder enige gewetensbesware, bloed uit `n klip getap en nog altyd
was hulle die voormaaiers, daar waar hulle nooit gesaai het nie
en uitermatig ryk was die oes, in hulle nimmereindige, onversadigbare,
kasregisters. Hulle liefdadigheid het daar gelę waar mot en roes,
in die vorm van muf en kalander, verby die verbruikersvervaldatum
gestrek het, ja, daar het hulle in kwansuise naasteliefde, die hand geopen,
sodat die armes aan die afval kon saamsmul.
Ook het hulle dit bloot gedoen, omdat die vernietiging van voedsel, met armes
in die omtrek, weereens vir hulle slegte publisiteit kon beteken.
Selfs daar waar hulle die hand in die sak steek, om met beurse of as borge,
ook met liefdadigheidsdonasie nader te staan, daar sal dit altyd in die kalklig
van flitsende kameras wees.
Weet daarom O Mammon die een hand mag nie weet wat die ander hand gee nie,
daarom is jou loon klaar aan jou in die vorm van jou winste aan jou gegee.
Jou mooi broodjies kan jy maar bak. Jou botter kan jy na alle kante smeer.
Jou dag het gekom en soos oorskiet krummels sal Ek jou van die tafel afvee.

 

 


Openbaring 306  
Verswak die mag, verdeel so die krag.
 
Vrydag 2 Mei 2008 11:55
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Terwyl hulle die aandag met `n vragskip wegtrek,
is dit met `n goed geoliede oorlogsmasjien waarmee Satan optrek.
Eendrag maak mag
en in alle krag verswak verdeelde mag.
In hoogmoed en heerssug is julle volkie verdeel
en tot vervelens toe weer onderverdeel.
Tussen kerk en politiek is jul eenheid uitmekaar geskeur.
Jul unieke identiteit deur die eie hand van God,
tot die reinste suiwerheid gekeur,
maar na jul eie keuse ewig tot onsuiwerheid gekleur.
Suksesvol staan die duiwel terug,
hoogs tevrede met die eindproduk van sy verrotte vrug.
Met genoegdoening gee hy `n selfvoldane sug.
In sy sug na węreld oorheersing,
gaan hy met dieselfde tegniek al sy probleme oorbrug.
Verswak die mag, verdeel die krag.
Sluit met gedeelde leierskap in een land
en hulle verskillende aanhang `n verdrag.
Die een wil sus, die ander wil so.
In elkeen se oë staan hy heelbo.
Die een groep word deur die węreld voorsien van brood.
Die ander groep word weer mildelik bedien met lood.
Terwyl die illuminerende faktor rustig eenkant
op die bate van `n hele kontinent wag,
is dit broers wat oorlogsugtig na mekaar se lewensbloed nou smag.
In burgeroorlog is dit wat Satan
nou bulderend oor `n komende eenheerskappy lag.
In Suid-Afrika is daar reeds twee leiers wat mekaar met haat betrag.
Ook in die land van Skeba word die laaste eenheidsmag tot niks verkrag.
Kenia word in twee geskeur, terwyl die land van Etiopië
oor menig gestorwe kinders treur.
In bloed word menig vlag van Afrika in twee geskeur,
om dit daarna met bloed te kleur.
Terwyl verskillende spesies van aasvoëls al hoe nader staan.
Vir homself het Satan `n breë oorlogsweg gebaan.
Die hiëna is dit wat nou skaterend
nader aan `n kreupel Rooi leeu se maaltyd staan.
Is dit die Ooste en die Weste wat mekaar `n bloedmond
oor versteekte oliebronne in Angola wil slaan.
In Botswana is dit waar Edom verskrik nou agteruit wil staan.
Sy eie goedgesmede planne is dit wat nou in sy gesig opgaan.
Na sy stad kan hy nooit nie weer terug heen gaan.
Londen se rook is dit wat oor die horisonne van die Weste gaan.
Na versmade broeder bloed,
wil Esau nou vir hulp in die Suide van Afrika gaan.
Daar is niemand in die węreld, wat vir haar tot hulp wil nader staan.
Wanhopig is dit wat sy haar kernbomme na alle kante toe probeer maneuvreer.
Verswak die mag, verdeel die krag.
Satan se eie leuse is dit wat hom in die gesig uitlag.
 

 

Openbaring 307  
Ons is bloot die klei.

Saterdag 3 Mei 2008 16:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In die tyd van alle tyd is U ewig die Pottebakker
en ek die klei.
Maar willoos was ek nooit deur U
tot `n onwillige vaste beeld berei.
Met `n vrye wil en denke
het U my vir alle ewighede toeberei.
Gevorm deur myself
kan ek nooit oor die eindresultaat met U baklei.
Deur die 'eie ek' het die meeste aan die einde van hul tyd
verloor in hul aardse stryd.
Menig geleentheid is ligsinnig verspeel,
groot die verlies en ewig is hul spyt.
Desperaat is dit nou die klei,
wat die Skepper vir sy foute wil verwyt.
U is die Pottebakker en ek is bloot die klei.
U Vlerke van beskerming moet U
in my benoudheid oor my oopsprei.
Op U groen weivelde
wil ek saam met U lammers wei.
Maar eensaam is dit slegs die klei,
wat wanhopig met homself in spyt baklei.
In sy tyd van vorming,
deur die goeie Skepper vir hom toeberei,
het hy nie die hart en hand
in liefde vir sy Maker oopgesprei.
Nie eenmaal het hy gevra wees my Meester,
wat my na volmaaktheid heen begelei.
Ja, U is die Pottebakker en ek is die klei.
U vorm en maak na U wil met my die klei.
Ewig is my woning, nou by U,
my Skepper toeberei.


Openbaring 308  
Onregverdige grondonteiening en die gevolge daarvan.

Sondag 4 Mei 2008 20:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Mag God die mens behoed, om dit as erfdeel deur die vader aan hom gegee,
weer aan `n gruwelkoning of regering onder dwang af te gee.
Oor onregverdige grondonteiening
het die geskiedenis ons lank gelede reeds geleer.
Oor `n slegte koning wat het eens
`n regverdige man se grond begeer.
In onreg het `n landbouer onder `n hoerehand gesterf.
Skelm het `n onbekwame koning sy grond geërf.
Voortydig was eens `n regverdige hardwerkende man se begrafnis stoet,
oor `n goedversorgde wingerd moes Nabot met sy lewe boet.
As straf moes ook Isebel vinnig met haar lewe boet.
In haar gruwelbloed
het die hele buurt se honde gestaan met hulle vuile snoet.
In hierdie moderne tyd in die land van Afrika Suid,
word deur die skelm breinkrag van die hoer Babilon,
menig regverdige landbouer se grond gebuit.
So is daar ook menig een wat onnodig sterf,
sodat oneerlikheid hulle besitting kan erf.
Ja, aan die hand van onreg is daar menig martelaar wat onnodig sterf,
daarom gaan Ek die hele graanoes van die węreld bederf.
In vloed en droogte, ja, in roes en swam,
daar lę die oordeel van vergeldingsengele plan.
Menig belowende graanoes gaan in die toekoms in verrotting vergaan.
Binnekort gaan geen land sy kosbare graan vir die suiwerste goud verpand.
Groot gaan wees die hongerweeklaag wat gaan skeur deur menig land.
Alles deur die węreldorde tog so fyn beplan.
Ja, `n gruwelboog het hulle teen die uitverkorenes van God gespan.
Daarom bring die boodskap, ja, die doodstyding aan die hoer.
Na jou gruwelbloed dit is waarna al jou vyande dorstig loer.
Met elke denkbare plaag gaan Ek jou, tot jou ewige ondergang besoek.

 


Openbaring 309
Babilon het 'n oordeel oor haarself gebring

Maandag 5 Mei 2008
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Oor die verlies van jou, sal Ek O Babilon nooit nie treur.
Vanuit My hart
het Ek jou van voor die grondlegging van die aarde uitgeskeur.
Hoe meer jy op dit wat Myne is trap,
hoe meer sal Ek jou, tot jou ewige ondergang vertrap.
Vanuit jou gruwelvat sal Ek jou laaste druppel bloed uit pars.
In `n bloedige heildronk,
sal jou eie kinders tot hul skande daarin rondplas.
Berouvol sal hul ewig vas.
As lafenis sal Ek vuur stuur vir hulle tot `n verdere las.
Ja, lawa sal Ek uit jou ingewande uit laat bars,
terwyl die aarde se bodem onder jou uitmekaar sal spat.
In jou ewige val sal Ek die grond onder jou oopskeur.
Waar is jou koopmanne ook jou makelaars,
om oor jou ewige ondergang te kan treur.
My winde sal jou soos vuilis van die aarde afvee,
tot verdoemenis het Ek jou ewig geklee.
Jy dink daaraan om My laaste kinders van My weg te ruk,
ewig word jy tot in die diepste hel uitgeskud.
Elke plaag word nou een vir een oor jou uitgepluk,
jou eersgeborenes sal Ek wreed van jou wegruk.
Dink jy O 'hoer' om dalk met My jou God te skik,
ewig in jou val bring Ek oor jou die grootste skrik.
Jy het getart, jy het gespeel.
Jouself het jy as `n 'god' oor hierdie węreld verbeel.
Met geduld het Ek ewighede op jou gewag,
maar vir My het jy in die gesig uitgelag.
Met die vuilste gruwels het jy in hoerery geteel.
Maar een fout te veel, is `n fout te veel.
My uitverkorenes is dit wat jy nou van my probeer wegsteel.
In jou val gaan jou verdriet My ewig nooit nie skeel.
Vir die laaste maal is dit wat Ek jou nou met My volle outoriteit beveel.
Hoe meer jy op dit wat Myne is trap,
hoe meer sal Ek jou tot jou ewige val,
ja, tot jou ondergang vertrap.

 

Openbaring 310
Babilon se vraatsug.

Woensdag 7 Mei 2008 09:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Stuur op! stuur op die menig binnekort, ondoeltreffende satteliet,
tot as gaan dit in die ruimte verskiet.
Die groot moondhede is dit wat mekaar met haat bespied.
Grynsend is dit die dood wat oorwinnend gaan sing sy verrottingslied.
In hierdie tyd is dit die regverdige oordeel wat oor almal gaan geskied.
Niks is daar wat enige iemand die Skepper as losprys vir sy siel kan bied.
Soos `n kat met `n muis so gaan Ek met jou speel.
Babilon jy is besig om My uitermatig baie te verveel.
Terwyl jy opruim, daar waar My winde,
tot jou ellende het met jou gespeel,
word die volgende kataklisme klaar weer
deur jou eie kaarte van verdoemenis oor jou uitgedeel.
Jou hulpfonds en jou Rooikruis gaan oortyd werk.
As die voorperd wou jy mos die hele tyd heelvoor trek.
"Onverwoesbaar' so het jy van jouself gedink.
Ek lag terwyl Ek jou onherkenbaar gaan vermink.
In jou graanskuur, `n mietplaag in jou meel.
Vir jou ondergang is dit deur My vergeldingsengele vir jou gereël.
Noodtoestand op noodtoestand, so het Ek jou maande gelede reeds gepla.
Maar nederig het jy My nie eenmaal om verskoning kom vra.
Hoogmoedig het jy gemaak
asof jy self die verantwoordelikheid vir jou vraatsug kon dra.
Soos `n parasiet het jy die aarde van haar energiebron leeg gesuig.
Leë holtes is dit wat die bodem van die aarde nou na onder suig.
Terwyl die atmosfeer ook onder hierdie grote las moet buig.
Getrou is sy tot op die heel laaste oomblik in haar tuig.
Versteurde ordes is dit wat nou dawerend
oor die mens se val en skrik nou juig.
In jou spyt is al jou tevergeefse pogings, `n verlore stryd, 
teen die wedloop van die eindtyd.
Ek lag terwyl jy met al jou nyd woedend na My kyk.
Is dit Amerika wat na Engeland kyk met `n wrewelrige verwyt.
Of is dit dalk die Jood wat na die Ooste kyk met bittere spyt.
Op die einde is daar niks wat iemand meer van iemand gaan kan buit.
In selfbejammering is dit wat die grote węreldorde sy neus gaan snuit.
In plaas van brood, stuur Ek `n nuttelose kluit.
Vanuit die ruimte sal Ek die aarde tot in haar ingewande tref.
En wie is God, sal elke węreldling tot sy bittere spyt besef.