
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Openbaring 291
Om altyd die belangrikste te wil wees..
Maandag 7 April 2008 09:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Tweeduisend jaar gelede het Ek fisies tussen My
leerlinge geleef,
hul geleer en met tye, ook oor julle,
die laaste geslag van hierdie tydvak geprofeteer.
"Sonder dat Ek fisies in hul midde sal wees", so het Ek gespreek,
sal hulle My nogtans met hulle hele hart bemin en eer.
Met alles in hul wese sal hulle in ondenkbare versoekings,
na My hul Verlosser streef.
In stilte het menigeen van My dissipels in jaloesie daaraan gedink,
dat hierdie veraf geslag nie op hulle gereserveerde plekke na aan My sou kom
sit.
In naywer het hulle ook na mekaar gekyk en in tweedrag en twis wou hulle
besluit,
wie is die naaste aan My sy en selfs kinders deur hul ouers nader gebring
aan My,
die wou hulle jaloers wegstoot van My sy.
Kinders wat in liefde stoei, sodat almal nader aan My hul Vader kan staan,
dit maak My hart baie bly. Maar kinders wat in naywer stamp en stoot
om die hele tyd reg voor saam met My te kan kom staan,
daaroor voel Ek glad nie bly.
So was dit dikwels die geval met die dissipels van My.
Ten aansien van hulle eie persoon, wou elkeen graag die ereplek
dig teenaan My vir homself reserveer en in hoogmoed het die een,
die ander glad nie gerespekteer.
Om hulle tot orde te stig moes Ek hulle dikwels oor die vingers tik en in
liefde
het Ek hulle oor hulle "eie ek" betig.
Vindingryk het een van My geliefdes vinnig geleer, elke keer wat hy hom
met `n swakke sondaar na My keer, staan ook hy, baie naby aan My
en saam met die nuwe kleintjie word ook hy, in My liefde toegevou.
Oor My eindtyd werktuie is Ek baie bly, hulle is die instrumente wat die
verlore
węreldkinders moet bring tot dig teenaan My sy. Daarom vra Ek julle
tog so baie mooi, om hierdie belangrike taak van die eindtyd te kan voltooi,
waak daarteen om altyd heelvoor dig teenaan My sy te wil staan.
Net soos met Judas van ouds sal in naywer, Satan tussen ons kom staan
en na die nederige kleed van liefde sal julle nie meer streef,
maar die kroon van hoogmoed sal nou aan julle hoofde kom kleef.
Openbaring 292
Opmerksaam is die einde van die tyd.
Dinsdag 8 April 2008 15:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Wat is tog die sin, dit is waaroor menigeen in hierdie dae besin.
Opmerksaam het die einde van die tyd oral oor begin.
Nog steeds is die wat dit heeltemal besef maar baie, baie min.
Die eerste winterwind raak skraal en baie dun.
Die tyd van volle smart gaan binnekort begin.
Hier en daar is een wat die hande moedeloos oopsprei,
watter loon gaan ons tog vir ons moeitevolle arbeid kry?
Die skrif is aan die muur, inflasie gaan ons almal onderkry.
Nodeloos is dit om teen `n hele węreldmag te probeer stry.
Met die merk van die dier,
gaan Satan beheer oor die hele węreld populasie kry.
Baie min gaan die wees, wat vir die Woord van God gaan stry.
Wat teen die antichris gaan staan en ten koste van hul eie lewe
vir die Waarheid gaan baklei.
Open julle harte ons Verlosser kom, dit is die blye tyding
wat hulle blymoedig in `n donker tyd gaan versprei.
Ja, open die hart, die Skepper van hemel en aarde,
die gaan die oorwinnaars as beloning kry.
Dit is die lied wat hulle in `n tyd van droefnis,
oor `n verlore węreld vir oulaas gaan uitbrei.
In ondenkbare gevare sal My martelare,
bose magte die volgende woorde vrolik toesing.
"Vir korrupte węreldpolitiek, vir wet en orde, wat is tog so siek,
ook vir jou Mammon, wat het gekry die ewige kroep en piep,
ja, niks hiervan kan ooit tot ons val geskied".
Terwyl My verteenwoordigers in `n węreld wat vergaan, sal sing hulle
lied,
sal `n heilige fakkel `n weg van Lig,
deur die duisternis wat die aarde omhul, oopbaan.
Die węreld sal hierdie vreemde natuurverskynsel glad nie verstaan.
Maar elke kind van My sal in vreugde regop staan.
Heilig sal hulle My Gees ontvang
en in elke Geestelike geopende oog sal daar wees `n ewig vreugdevolle traan.
Openbaring 293
My vreugde My alles, is SION.
Woensdag 9 Maart 2008 16:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Wat is daar in die onmeetlikheid, onder die son
of die maan
wat die Skepper daarvan se hart kan verbly.
Glansryk is elke grote son deur My daargestel.
Deur My eie hande is die ontelbaar baie sterre
elk in sy eie wentelbaan opgestel.
Eteries is die fynste orgideë deur My kunstenaarshand saamgestel.
Vaartbelyn het Ek die dolfyn in die see
en die jagluiperd op land, se vaart vasgestel.
Weerligstrale wat manjifiek teen `n donker naghemel afspeel,
kranse en klowe wat majestueus die ruimtes in beur.
Sneeuvlokkies wat ruwe streke met reinheid inkleur
of `n eensame dadelboom,
wat lewe aan `n dooie uitgestrekte woestynlandskap gee.
Swaeltjies en vlinders, saam met bloeisels en blomme,
wat die begin van die lente inkleur,
die liefde tussen `n maagd en haar bruidegom,
sal dit My dalk vreugde gee?
Of dalk `n ou Vader wat sit op die stoep van sy huis,
`n stofwolkie wat aankondig, `n langverwagte kind kom uiteindelik tuis.
Sion wat nader staan soos `n kind met `n blom, haar hart in haar hand,
haar liefde haar alles, vir My haar Skepper en God.
Dit is die groot vreugde waarvoor Ek nog ewighede wag.
Haar sal Ek opraap, eons van ewighede staan vir hierdie oomblik paraat.
My hele skepping sal juig,
in `n ewige Sabbat kom alles tot stilstand in hulle tuig.
Skares op skares van heilige engele, wat die Bruidegom en Sy Bruid,
met `n ewigheidsloflied toejuig,
Ja, hier is dit Ek Self, die ewige EK IS wat getuig,
My vreugde My alles, is SION My langverwagte bruid.
Openbaring 294
Tevergeefse waarskuwings deur die tye.
Vrydag 11April 2008 11:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Rooi soos bloed gaan die son in die Weste sak.
Die węreld gaan sit in sak en as en leeg gaan wees elke winkelrak.
Vir `n tyd van nood is daar bitter min opgegaar.
Verveeld het die węreldmens, met My lokstem geraak.
Ja, My stem wat roep en vlei,
menig male ook raas en baklei.
Eentonig het die deuntjie geraak, waar dit tevergeefs in die onderbewussyn
van vele mense ronddraai.
Daar is menig skrifstudente wat die Bybel dikwels nader trek,
in verwondering hulle gesigte op `n ongelowige plooi trek.
dit oor mense van vergange se dae.
Deur profete is hulle tot vervelens, maar vroegtydig oor hul lewenslot
gepla.
Maar om hulle tot die enige God te bekeer, daarvoor was alle geslagte
op hierdie aarde nog altyd baie lou en traag.
My waarskuwings deur Noag met die bou van die ark, was skaterend bespot,
ook Sodom en Gomorra wou liewer `n Engel onteer,
as om hulle eie ewige val te keer.
Met waarskuwings en pes, daarmee het Ek ook Egipte baie gepla.
Tot sy bittere spyt was ook die Farao baie traag.
Deur die mens se berou is Nineve vir `n paar jaar gespaar.
Jerusalem, Jerusalem jou het Ek self gewaarsku,
deur die ewig lewende koning van Salem,
geval, geval, het jy menigmaal,
vir die węreld as `n voorbeeld, oor ongehoorsaamheid geval.
Vir slegs dit wat onrein is, is jy weer telkemale herbou,
deur Myself is jou allerheiligste vir ewig gebreek.
Nooit was daar weer `n tong wat deur jou valse profete,
tot my ewige troon kon spreek.
Ook geen menslike oog wat My heilige verbondsark in jou kon aanskou.
Vir Myself het Ek `n nuwe heilige stad, Jerusalem, in die hemele gebou.
Met alles is sy toegerus om My Bruid vir ewig te kan onderhou.
Weer het die tyd gekom wat My lokstem roep en vlei, menigmale raas Ek en
baklei,
waar julle val daar staan Ek nader om met julle daaroor te stry.
Vir oulaas is daar nog `n paar wat Ek so graag van die ewige verderf wil
bevry.
Maar een of ander tyd kom daar `n einde aan elke stryd.
Van nou af maak Ek die dae baie kort,
voordat van My heiliges, saam met die verlorenes oor die ewige afgrond
stort.
Daarom vra Ek die wat Myne is, staan in hierdie tyd vas in julle tuig.
Moet nooit die knieg voor die antichris en die węreldmag buig.
Soos `n honger bosluis het hy hom klaar in julle midde, hier in Afrika kom
vassuig.
As julle krag sal Ek self in julle midde kom staan.
Oor heerskappy, daaroor verkeer Satan in die grootste waan.
Elke oorwinning deur julle behaal, daaroor sal al My hemele juig.
Openbaring 295
Wie wil nog as leier nader staan.
Saterdag 12 April 2008 10:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Net soos met die Israeliete van ouds, wat
gekerm en gekla het
en op die einde van die dag, Saul as straf vir `n koning ontvang het,
net so glo baie onder julle volkie dat julle probleme en omstandighede,
onder die regte leierskap, iets van die verlede sal wees.
In menigeen se verbeelding tree `n man na vore en as `n charismatiese
en `n dinamiese persoon, voorsien van die korrekte vlag en vaandel,
staan hy fier en regop, vuis op die bors,voor `n herrese trotse Boerevolk,
terwyl die kranse en klowe weer antwoord op `n ougevalle volkslied gee.
Die gepaardgaande voordele wat węreldleiers nog altyd te beurt geval het,
sal ook nie agterweë vir hierdie flambojante leier bly nie. Hier is dit
egter
waar ons die seepborrel so `n bietjie gaan prik, omdat die realiteit
heeltemal
anders gaan verloop. In die globale oorlog, kataklismes en chaos
wat op die węreld wag, gaan daar op hierdie leier van 'formaat',
geen grondgebied met ryk goudneerlae, verskuilde oliebronne,
diamante en platina wag nie. Nog minder `n kabinet wat hom in groot
beleggers besluit gaan ondersteun nie.
Geen wapens, geen weermag en ook geen hoop op hulp van die buiteland af nie.
Nog minder ondergeskiktes wat fluks nader vir die groot leier staan,
met `n goue skinkbord in die hand, oorlaai met keurige spyse, gebraaide eend
afgerond met wyn vanuit die beste kelders, gereserveer vir slegs die konings
en grotes van die węreld nie. Ja, geen straler vir `n vinnige
heen-en-weertjie nie
en nog minder `n trotse perd, om sy ewe flambojante ruiter te kan dra nie.
Indien gelukkig sal hy moet skik vir `n fiets. Kom ons kyk wie is daar nog
oor
wat as leier wil nader staan, vir die oorblywende uitverkore volk van God.
In plaas van heers, sal hy dien en tussen bloed en etter,ja, tussen vuil
babadoeke,
tussen siek verwaarloosde oumense, verwarde enkelinge, heeltemal ontwortel,
in hul menswees verlaat, as enigste oorlewendes, getraumatiseerd deur
gebeure
wat hulle glad nie kan verstaan nie. Boonop versteurde weerpatrone
met verkluimde hongeriges, gewond bloeiend en sterwend.
Ja, magteloos sal die 'groot leier' van die volk, om `n smorende vuurtjie
by `n leë pappot staan. As heerserstaf, sal hy `n windbuksgeweertjie in sy
hand dra
en deemoedig en nederig sal hy God om hulp vra. Van hierdie leiers
sal daar `n paar as rigters staan,van meet af, ja van voor die grondlegging
van die aarde is hulle vir hierdie taak deur Myself daargestel.
`n Gekneusde volk sal onder My hand en leiding tot genesing weer opstaan.
Terwyl Satan en sy węreldmag waansinnig in `n verbrokkelde węreld
om leierskap stoei, sal My klein heilige volkie tot volle wasdom,
as goddelike kinders vir `n nuwe węreld opstaan.
Openbaring 296
Wanhopig probeer `n Eenwęreldorde om te lap.
Maandag 14 April 2008 15:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Nasies, volkere en verskillende kulture het gekom en gegaan en in bloedige
oorloë het groot beskawings meer as eenmaal in die stof van die aarde gebyt.
Woorde om hierdie ellende en smart, van verskillende hartverskeurende tye
te beskryf, bestaan nęrens nie. Waar sal die mens nou die woorde vandaan
vind, om die komende ellende en smarte van alle tye te kan beskryf.
Ja, daar is niks onder die son of die maan, van wat was, is, of ooit weer
sal
wees nie, waarmee dit vergelyk sal kan word nie. Vanaf die begin van die tye
is daar oor die eindtye geprofeteer en nou staan die einde van hierdie
tydvak
regvoor julle deur en daar is niks in die hemel of op hierdie aarde, wat
die snelle verloop hiervan meer kan keer nie.
Wanhopig probeer `n Eenwęreldorde om te las en te lap, aan hulle
goedbeplande,
maar mislukte eenwęreldplan. Reeds is die krake hiervan duidelik sigbaar en
die
lewensaar wat Mammon se hartklop aan die gang moet hou, is besig om
met rukke en stote, die eerste stuiptrekkings van sy gewisse dood te gee.
Biljoene mense is as onafkoopbare slawe, vasgevang in die kettings van
die "krediet" en die woord skuldvry, het `n kosbare begrip geword, wat ewig
buite baie se bereik sal bly. In plaas daarvan dat die mens op My vertrou
het,
het hy verkies om sy heil op die sogenaamde sekuriteits strukture te bou. Vir
die voorreg van luukse wonings, spoggerige voertuie, eksotiese vakansies,
om hulle self soos poue te kon uitdos, terwyl hulle hulself met welriekende
olies
en reukwaters vertroetel het, ja, vir soveel ydel ditjies en datjies,
daarvoor het
die mens sy kosbare siel verpand. Satan het vir homself in Mammon `n beeld
gebou en alles wat leef en bestaan, die wou hy omvorm om dit in ooreenkoms
met sy gruwel gestalte te bring en net soos in die dae van Nimrod, wou hy
nog `n maal probeer om `n eenwęreldheerskappy, bokant My troon te vestig.
Wanhopig kyk die mens nou verbouereerd na enige vorm van hulp, omdat die
sekuriteit wat sy veronderstelde stewige ondergrond was, besig is om vinnig
en gevaarlik onder hom te verbrokkel. Met die ondertoon van naderende
armoede, hongersnood, oorloë, kataklisme op kataklisme, ja, ellende op
ellende,
het hy niks meer om aan vas te hou nie. In `n tyd van voorspoed het hy op `n
rots nie vir homself gebou nie en saam met die eindtyd vloedwaters, sal hy
saam
met al die opdrifsels, sy laaste rusplek op die uitskothoop van Lucifer
vind.
Openbaring 297
Die eindtyd skale staan gereed.
Donderdag 17 April 2008 5:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Eers fluisterend en onderlangs nou openlik en bulderend ontevrede
begin miljoene oor onheil en honger brom.
Onrusbarend is dit die dieptes van die aarde wat in misnoeë
haar ontevredenheid en waarskuwing uitgrom.
Tevergeefs die pogings van regerings wat vir oplossings
oral op die węreld bymekaar uitkom.
Vir die oordele wat daar nou oor die węreld kom,
is dit die vergeldingsengele wat vir oulaas die eindproduk
van węreldsondes en misbruik op kom som.
Die eindtyd skale staan gereed.
Al wat gruwel is het hul bymekaar gevee
om die mens se eie vuilis op hul hoofde om te keer.
Hul oordele sal hulle een vir een oor `n gevalle węreld uitmeet.
In `n aflosresies staan koue, vuur, hongersnood, aardbewing en die pes
in hul afspringblokke elk met sy eie oordeel gereed.
Vir `n massiewe feesmaal
maak brommers en die maaiers hulself nou voor gereed.
Die veelgeroemde intelligensie en die vindingrykheid van die mens
laat hom nou heeltemal in die steek.
Vir goud en silwer gaan die mens sy aptyt heeltemal verloor.
Olieboor versus brood.
Bloedig raak die stryd, alles gaan van nou af om die lewe en die dood.
In die grootste skaakspel van alle tyd
wag die węreldmoondhede op mekaar vir die eerste skuif.
Die biskop met sy kerke gaan hul eerste in die stof laat byt.
Ankerloos gaan vele "gelowiges"die naels tot in die lewe byt.
Waarheen die mens hom ookal in hierdie vreeslike tyd heen keer,
daar word vir hom gesluit elke denkbare deur.
Openbaring 298
Die geslepe Jood misbruik die menslike ellende.
Saterdag 19 April 2008 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Wee die mensdom wat in ellende in hierdie
eindtyd gaan versmag,
omdat die grotes van die aarde, waaronder veral die geslepe Jood tel,
deurentyd in die grootste menslike ellende,
die een of ander potensiaal gaan bespeur.
In hierdie tyd waar energie tekorte en hongersnood,
`n totale węreldbevolking in die gesig staar, ja, daar waar hulle merk
dat die lewensmiddele skaars begin raak, daar spring hulle, met hulle
eeue oue handelsvernuf in en gierig en willekeurig hou hulle terug,
vir wanneer die nood op se ergste gaan raak, om dit dan
vir die beste bod, wat meestal die armlande se grootste bate is, te verpand.
Emosieloos beskou koue reptieloë spartelende slagoffers
en met sy gesplete en geslepe tong, hits Satan burgeroorloë in hierdie
verarmende lande aan.
As elk van die verskillende partye se valse hoeder,
voorsien hy hulle van wapens, om mekaar so, tot sy voordeel uit te wis.
Op die einde van die dag sal hy as die alleen grondbesitter
van hierdie landjies na vore tree.
Met regerings wat beheer oor verskillende bevolkingsgroepe
gaan verloor, gaan die geslagtelange gevestigde rykes van die aarde,
wat die koningshuise en die ou bankiers van die węreld insluit,
as die werklike heersers van die aarde nou na vore tree. `n Elite korps
gaan hulle om hulself trek. Die mees sterkes onder die sterkstes
en die slimmes onder die mees vindingrykes, gaan hulle vergader
en die eindtyd dier gaan in sy volle glorie, as `n selfaangestelde god,
oor hierdie węreld verrys. Sy gruwelpous sal aan hom `n heerserstaf,
gedoop in die bloed van duisende heiliges oorhandig en terwyl
ten hemel skreiende gruwelrook, vanuit sy neusgate sal trek,
sal sy honende waansinnige gelag,
tot in die verste uithoeke van die aarde weergalm.
In hierdie dae sal daar `n broederstryd op aarde heers, soos wat daar nog
nooit voorheen was nie.
Die een sal die son nie oor die ander se hoof sien skyn nie.
Terwyl die grootste ellende op aarde sal heers, sal in misplaaste hoogmoed,
die een homself steeds oor die ander in hoogmoed wil verhef.
Selfs met die uiters karige lewensmiddele tot hulle beskikking,
ja daarmee sal hulle mekaar tot die uiterste mee probeer manipuleer,
om sodoende nog oor mekaar te kan heers.
Wee! O Wee! hierdie verskriklike waansinnige tyd, omdat die mens homself
heeltemal gaan verloor, ja, selfs onder die wat nou hier lees,
gaan daar die wees, wat hul mees geliefdes vir eie gewin gaan verloën.
Openbaring 299 Rantsoene, rantsoene.
Sondag 20 April 2007 15:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Rantsoene, rantsoene die węreld is tot hongersnood verdoem.
Daar is niemand wat iets hier omtrent kan doen.
Baie min is die wat hierdie woorde kan verstaan.
In die mond van Edom kom daar binnekort `n bitter smaak.
In die edel kronieke is `n suiwer saadlyn vir die wederkoms van God bewaar.
`n Kleine volk word deur die wye węreld diep versmaad.
Listig het Satan hulle van die kosbare bande van hul erfenis los gemaak.
Bespotlik word `n suiwer nasie deur die węreld as veragtelik afgekraak.
In `n basterras word liberaal `n bedreigde edelklas tot niet gemaak.
Die sware las van onderdrukking het Ek as suiwering oor Sion toegelaat.
Ales onsuiwer binne haar, die het haar vinnig in haar pyn verlaat.
Hoe maklik was dit nie om dit wat heilig was, vir dit wat die węreld bied te
verlaat.
Met die swaard van verdeling gaan Ek `n ewige skeidingskloof
in die goddelike bloedlyn slaan.
Donker, donker is die nag.
Vir hulle wat het die Waarheid van God verag.
Vir die goedkeuring van die duisternis,
het hulle kruipend die eie siel vir die guns van die węreld verkrag.
Met veragting- dit is waarmee hulle oorheersers hulle nou uitlag.
Ja, dit wat geval het in Sion word met minagting deur die hele oneindigheid
betrag.
Hoe ookal die węreldling in sy selfgeskepte ellende gaan versmag,
My opregtes se harte sal Ek in regverdigheid verhard.
Deernis vir węreld gevalle broers,
daarvoor sal Ek hul harte nooit nie weer versag.
Terwyl hulle met honger in die oë na beide kante toe sal trag,
gaan hulle tevergeefs om `n hand van medelye wag.
In die tyd van voorspoed het hulle die Gees van Genade diep verag.
Eentonig sal die vergeldingsengel oor `n verlore węreld sing.
Rantsoene, rantsoene, die hele węreld is tot honger verdoem.
Daar is niks wat iemand hieraan kan doen.
Openbaring 300 Wee die valse vromes.
Dinsdag 22 April 2008 08:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die hoogste hemel het letterlik op hierdie klein planeet gemanifesteer met
My
menswording op hierdie aarde en die Lewende Woord het in die vorm van die
menslike vlees, Homself aan die mens kom openbaar. Selfs die natuur het
haarself tot in haar heel kleinste atoompie,
aan die wil van die Woord onderwerp.
In gehoorsaamheid aan My stem het daar onbegryplike groot wonderwerke
plaasgevind. Wat daartoe bygedra het dat die mense van daardie tyd
se nuuskierigheid behoorlik geprikkel was en hulle het in groot getalle
daar waar Ek was, bymekaar gekom.
Baie met die hoop om die een of ander wonderwerk te kon aanskou,
ander weer om die Lewende Woord hulle eie te kon maak.
So het Ek My aardse sending amptelik op `n tanende bruilofsfees begin
waar die verversings en wyn einde se kant toe gestaan het. Ek het nuwe lewe
aan `n reeds sterwende fees gegee,
deur gewone water in kosbare wyn te verander.
Net so het Ek weer op `n ander geleentheid `n paar broodjies gebreek,
om nie net `n groot skare se natuurlike honger te stil nie, maar ook om
hulle
met die Brood van die ewige lewe te kon voed.
Tot heden en vandag is daar maar bitter min mense wat die volle betekenis
en wonder van hierdie twee afsonderlike wonderwerke kan begryp en waardeer.
In hierdie laaste dae sal die mens in sy koorsagtige soeke, na iets meer
as die finale afsluiting van sy liggaamlike lewe, in groot getalle
by sensasionele godsdiens optredes opdaag.
Omdat die meeste mense se geloof slegs beweeg kan word,
om die onmoontlike in vervulling te sien gaan, sal daar verskillende
swendelaars, tot die uiterste gaan, om hulle aanhang die een of ander
wonderwerk te kan bring.
Luid sal dit oral oor die węreld weerklink "kom hierheen! kom hierheen!" ons
het
die christus vir julle gevind. En met bedrog en oëverblindery sal hulle
hulself met
gepaardgaande selfhipnose, eufories opwerk en so sal valse profete
menigtes onder die dekmantel van My heilige naam verlei.
Om die mens in die eerste instansie om die bos te lei,
lui hulle slagspreuke sonder uitsondering as volg; Gratis! gratis!
ons bring die seën en heil, ja, ook die genesing van God,
heeltemal gratis na julle toe.
Hierdie woorde is skaars koud, of die bakhand word in die vorm van
donasiehouertjies met die volgende woorde rondgeswaai; die arme
'sogenaamde' knegte van God, moet ook mos leef en eet". Groot bedrae,
word deur die aanhangers van hierdie Godslasterlike skynvertonings, bygedra.
Hierna spat die skares uitmekaar, elkeen diep onder die indruk dat hy
vir die God van hemel en aarde, `n stewige bydrae gelewer het en dat Ek
op My beurt weer hulle gesondheid en bankrekenings ryklik sal seën.
In hierdie eindtye is die mensdom nou een maal op `n gruwelike dwaalspoor.
Dit wat Ek meer as tweeduisend jaar gelede geprofeteer het,
dat die valse profete in die eindtye aan die orde van die dag sal wees,
ja, dit is nou besig om in sy volheid in vervulling te gaan.
O Wee die valse vromes, ja die wolf wat so sag soos `n lam op die skape
toeslaan.
Maar uitermatig heilig en geseënd is die goddelike kind, wat die vermoë het
om die
stem van die ware Herder in sy eie hart te kan erken.
Weer sę Ek, waar daar twee of drie in My naam bymekaar kom, daar is Ek.
In My tyd op aarde was daar onder die groot skare wat My luid
met 'hosannas' toegejuig het, baie van hulle wat kort daarna,
bloeddorstig, "kruisig Hom", gebulder het.
Weet daarom My geliefdes dat julle My nęrens of by niemand hoef te soek nie.
Op die regte tyd wat nie meer baie ver is nie sal Ek self met My Gees en
Waarheid
in lewende vlamme van liefde,
tot julle volmaakte wedergeboorte, in julle harte neerdaal.
![]() |