e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 281 
Wie staan aan My kant .

Dinsdag 25 Maart 2008 16:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Wie staan aan My kant.
Wie is teen die grote hand van God gekant.
In `n doodsdal dit is waar die banke val.
Elke ekonoom word swak en mal.
Maar nog steeds sê Satan; ek kan en sal.
Staan sal ek tot in die laaste oorlogsdal.

In storm en wind
In vlam en vuur
Daar sal die vyande van God Hom vind.
In hierdie oordeel word die industrie en handel van die wêreld
tot `n ewige val gebind.
Die skure van die hemel sal in woede gee,
ja, alles wat in haar is, sal sy in oorvloed oor die aarde vee.
Dit wat vuil is sal die winde en die waters van die aarde vee.

In pantser en metaal wil die vyand van God homself nou klee.
Uit sy ingewande skiet hy staal
om die mensdom met die dood uit sy pad te slaan.
Teen homself is dit wat hy soos `n stommerik tot sy eie vernietiging optree.
Die aarde kreun en steun en in miskraam, is dit wat sy haarself oopskeur.
In waansin sal die massas skree.
Maar daar is niemand wat aan hulle eise sal toegee.
Kragtig sal die antichris na vore tree,
om die hele wêreldbevolking te kan beheer.
Hom alleen sal ons aanbid,
so sal hy vir die hele wêreld skree.
Steunend sal hy op sy swakke enkels staan.
Dit is hier waar God se Heilige klippie hom tot sy ewige val gaan slaan.
Vir die laaste maal is dit Ek wat vra,
wie staan aan My kant en wie is dit wat teen die grote hand van God wil staan.

 


Openbaring 282  
Moenie deur misleidende geeste mislei word nie.

Woensdag 26 Maart 2008 09:45
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Moet julle self nie deur die misleidende geeste laat mislei nie.
Hieroor word daar spesifiek in My woord gespesifiseer, dat die een blinde
nie die ander blinde moet lei nie, omdat beide op die einde van die dag,
in die ewige sloot van die verderf sal beland.
Wanneer die mens nog self tekort skiet aan die nederige volwasse
goddelike opvoeding, hoe kan hy/sy namens God
hierdie opvoeding aan ander wil voorskryf.
Die onmondige kind moet daarom nie op die voorgrond tree,
om die meer volwasse mondiges na God en die waarheid te probeer lei nie.
Maar hulle moet in volle deemoed, as `n nietige kind, nader aan die Gees
van Mondigheid kom staan, om in suiwer eenvoud en nederigheid,
in die volwasse koninkryk van die een volmaakte Leermeester van alle tyd
en ewigheid ingelei te kan word.
Op hierdie reis van analitiese en kritiese selfondersoek,
waarin die mens die hele tyd iets van die 'eie ek' sal afsterf,
om terselfdertyd iets van die goddelike mondigheid,
tot die wedergeboorte te kan win.
Ja, op hierdie innerlike pelgrimsreis, sal die mens meer medereisende siele,
vir die hemele win, as in die selfverheffende "weet dit alles", hoedanigheid.

 


Openbaring 283 
Die lewende opstanding het naby gekom.

Woensdag 26 Maart 2008 12:45
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die tyd van die lewende opstanding het naby gekom.
Of dit nou tot hulle val of opstanding is, My werktuie word nou
van hulleself gestroop en gereinig en die seep waarmee hulle soms,
op `n pynlike wyse gereinig word, is gekook vanuit elke faset,
van hulle eie karakters, identiteit en persoonlikhede.
Wie daarom werklik gereinig wil word, sal skoner as `n pasgebore baba,
omhul met die bloed van sy Verlosser, as heilige werktuie,
vir My, in hierdie tye werksaam raak.
Geseënd is die instrument, wat in die hand van God lê.
Volmaak is die werk van die groot Meester, wat vloei
deur die gewillige instrumente, om sodoende volmaakte
eindresultate na vore te kan bring.
Treurig is dit vir die dooie instrument, wat eiewys selfverheffend,
die groot Vakman wil voorskryf, oor hoe om hom te hanteer.
Omdat die instrument opsigself dood is,
en dit slegs die hand van die Vakman is, wat hom tot die lewe kan bring.

 


Openbaring 284
Dit wat Ek sê, dit doen Ek.

Vrydag 28 Maart 2008 13:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Ek is die ewige waarheid en wit is wit en swart is swart,
My ja is My ja en My nee is My nee. Dit wat Ek sê, dit doen Ek.
Daarom sal Ek nie die eendag 'sus' en die anderdag 'so' sê nie.
Water, voedsel, geluk en gesondheid van dit sal daar wees,
net mooi geen vorm van enige goddelike seën.
Terwyl `n grote wêreld wanhopig in pyn en honger sal rou en ween,
verwyt en klaaglied sal sny deur murg en been,
niemand in jammerte `n paar broodkrummels aan `n honger naaste sal uitleen,
sal Ek in Sion se hand kom lê, die goddelike seën.
`n Paar van My uitverkorenes sal oor die aarde gaan.
Waar een van hulle se hand sal raak,
sal `n kranke onmiddellik vanuit sy siekbed opstaan,
en almal sal weet daar het sopas een van God se ware werktuie hier verby gegaan.
Waar Ek een van hulle na My honger kinders stuur,
daar sal vrugbaarheid in `n oomblik geskied in die natuur.
In die laer wat hul met hul skoenpunt om My weerloses sal trek,
daar sal wees `n ondeurdringbare veiligheidsmuur.

Ja deur dik en dun sal Ek by My heilige werktuie staan.
Skares van engele sal vir hul die weg deur ondenkbare gevare oopbaan.
Die wêreldorde met sy antichris sal magteloos teen hierdies in woede rondstaan.
Elke plan noukeurig deur hul beraam,
word deur My getuies tot niks en stof geslaan.
Ja, met Goddelike sorg sal hulle my martelare nader.
Die aarde sal blymoedig vir My kinders seën in `n tyd van vervloeking vergader.
Die antichris sal alles doen om hulle te bestry,
maar die getuies sal lag, terwyl hulle die wêreldplanne in die wiele ry.
Daar waar hulle oordeel gaan val, daar gaan die aarde kreun en steun.
`n Bitter verlore klaaglied gaan deur murg en been sny.



 

Openbaring 285
Hou deurentyd aan met  kritiese selfondersoek!    
   
Sondag 30 Maart 2008 12:00  
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Wat sal ons dit noem, `n kleine kibboets, `n tere kolonie, die saamtrek
van die heiliges of dalk die oorlewingskuddetjie van die eindtye?
Hoe dit ookal sy, in die laaste doodsnikke van die huidige beskawing,
sal daar wyd verspreid oor hierdie aarde spontaan sulke klein gemeenskappies
van My uitverkorenes ontstaan, waarvan die grootste konsentrasie
hier aan die Suidpunt van Afrika sal wees.
Dit is hier waar Satan se boosheid sy klimaks sal bereik en so sag
soos `n valse duif sal hy sy verskyning in julle midde maak en listig soos wat
net die slang kan, sal hy onskuldige klein eiertjies van kwaad in die harte
van oënskynlike gelowige staatmakers kom lê en dit sal in die koesterende
warm liefde van hierdie heilige gemeenskappies in die vorm van eie gewin
die jaloesie en die eie ek uitbroei.
So sal Satan vir oulaas sy finale slag onder die heiliges kom slaan.
Bloedverwante sal mekaar gewetenloos aan die bose owerhede uitlewer.
Waar die mens daarom hierdie bose kwaliteit in homself of sy gemeenskap
gaan toelaat, ja, hier sal aanvanklike model gelowiges ontaard
tot die ergste onverbeterlike duiwels van die eindtyd en terwyl hierdies sal
saamsmul aan die heilige maaltye afkomstig vanuit die hemele, sal hulle
soos Judas vanouds die planne beraam om julle aan die bose
owerhede uit te lewer. Waak daarom die hele tyd
teen hierdie indringing van die Satan omdat min daarteen bestand is.
Daarom is dit dat Ek julle weer `n keer attent maak op die kritiese selfondersoek,
omdat Satan sy verskyning in die kleinste onbenullige prik
van naywer en jaloesie sal maak.
As almal daarom deurentyd besig is om van die balke in hulle
eie oë ontslae te raak, gaan daar baie min splinters in hierdie
gemeenskappies van die heiliges te vinde wees.

 

Openbaring 286   
Hoe blind is die mense nie tog.

Maandag 31 Maart 2008 10:15
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die mens wat nog nie daarvan bewus is dat die eindtye in volle gang is nie,
die wil dit nie weet nie. Hoe groter die druk in die eindtydverdrukking,
in menig verskillende vorm, op die mens uitgeoefen word,
hoe groter raak `n algemene wêreldwye gevoel van depressie en neerslagtigheid.
Die wêreldmens probeer desperaat om dit te ignoreer,
deur homself met oorgawe in dit wat die wêreld bied te werp.
Terwyl hy geld uitgee, rinkink en speel,
probeer hy homself verbeel,
globaal verloop alles nog volgens die wet en reël.
Die aarde wat om hom verbrokkel en vergaan,
daar steur hy hom glad nie aan.
Konflik hier en oorloë daar.
Daaroor voel hy nie in die minste bewoë.
Binnekort wanneer hulle een van My waarskuwingsbodes gaan gewaar,
sal hul spottend met die vinger wys na hul kop.
"Oeps ons is nou in die sop"
so is dit wat hulle met die knegte van God sal spot.
Maar weer en weer sal Ek My eindtyd waarskuwings oor die wêreld stuur.
Kort voor lank word die wêreldmense met hul geïrriteerd
en van My getuies werp hul op die aarde neer.
Maar nog `n keer stuur Ek nog bodes meer,
om elke moontlike kind wat Ek kan red te help.
Ja, daarvan sal niemand My kan keer.
Ook onder die wat aan My behoort,
is daar ook siele wat in wanhoop roep, "ag hoe groot is tog ons nood"
Vir hierdie verdrukking wat daar oor die wêreld kom,
daarvoor is ons baie bang.
Na ons Vaderhuis is dit waarna ons verlang.
Maar dapper moet My kinders in hierdie tye op My wag,
na hulle kom Ek self met Gees en Krag.
Waar gaan die spotters wees wat het vir hierdie uitverkorenes van my gelag.
Ook hierdie tyd van verskrikking sal verbygaan.
Daar kom `n nuwe dag en terwyl die verlore siele in spyt ewig sal versmag,
staan My kinders in die Lig van Goddelike prag

 

 

Openbaring 287
Die lug- gevul met letters en woord.

Dinsdag 1 April 2008 16:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Elke gespreekte woord, goed of kwaad, is die geboorte van `n gedagte.
Van die een klankgolf tot die volgende, sal dit in ewige frekwensie
voortbestaan en ewig bly dit die eiendom van die gewer hiervan.
`n Woord van seën sal op sy ewigheidsweg orals ook ewige seën uitdra
en `n onvernietigbare skat, sal dit in die hemel vir die gewer hiervan wees.
So sal elke vloek oor dorre en onherbergsame streke die ewigheid ingaan
en as vervloeking sal dit die duisternis, net nog meer verdonker.
Die spreker daarvan sal vind, hyself trek aan die korste end hiervan.
Oordink en kies daarom elke woord sorgvuldig, omdat dit tot groot blydskap
en vrede, of dalk tot jou bittere spyt en afgryse, ewig jou eiendom gaan wees.

So is die lug gevul met letters en woord,
maar die meeste hiervan is bestem vir die ewige dood.
Soek daarom binne jouself na die lewegewende Woord.
Geseënd is dit, die ewige lewende Brood.
Neem daarom die Godgegewe woord
na elke siel wat daarna smag in diepe nood.
Weer sal jy vind, `n ewige skat het jy vir jouself in die hemel gestoor.
Ja, op vleuels van seën, sal die Lewende Woord,
ook indring in die onwillige gehoor,
waar dit gestoor sal word vir `n tyd van nood.
Weereens kan dit wees tot seën, aan die een, aan wie dit nou behoort.


 

Openbaring 288  
Die boeie is gebreek

Donderdag 3 April 2008 09:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die boeie is gebreek
en Satan met alles wat boos is, is los in elke gebied en streek.
Nie die reinste blom of die mees onskuldigste kleine kind,
ja, niks maak sy bose hart in die minste week.
Dit wat skoon en rein is wil hy stukkend breek.
Ja deur die mens wil hy hom so op die Skepper wreek.
In wanhoop sal menig verlore siele die duiwel om `n tikkie genade smeek,
maar as antwoord sal hul kry, "hoe dom was jy tog jou stomme leek".
In verwoesting sal hy oor die aarde gaan.
`n Pad van chaos is hy besig om na die hel toe oop te baan.
Demoon en duiwel in hul menigtes,
wat menig Christen se voete onder hulle uitslaan.
Min is dit wat teen Satan en sy aanslag kan bly staan.
Waar bly God? dit kan die mens nou glad nie verstaan.
Hoeveel maal is hul genooi, maar aan My Sy wou hulle, mos nooit nie staan.
Op hulself rus nou hulle eie sware blaam.
Tevergeefs is daar in menig oog `n bitter berouvolle traan.
Hoeveel maal moet Ek nog My hand smekend na My kinders uitsteek,
om hul te verseël en so van Satan in sy vryheidswoede te kan versteek.
Aan `n folterpaal het Ek My hande vir julle laat deursteek.
Selfs tot in die hel, daar het ek vir die verlorenes gepreek.
In smart is dit wat My Vaderhart vir verlore sondaars breek.
Telkemale laat My kinders My in My liefde in die steek.
Maar nog eenmaal is dit Ek wat My hande in liefde na die sondaar uitsteek,
om die bande van die bose van julle af te breek.


 

Openbaring 289  
Die wonderlike voorbeeld van die arme kat.

Vrydag 4 April 2008 23:30
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Dit is laatnag en onverwags beantwoord Ek jou onnadenkende vraag
wat jy vroeg vanoggend in `n oomblik van ergernis,
teenoor My die Skepper gerig het. Ja die maer rondloper wyfiekat,
wat jy van tyd tot tyd, met `n oorskiet eetdingetjie voorsien, wat sopas weer
`n werpsel katjies gespeen en op hulle eerste jagtog van insekte
gevat het en na nie eens `n enkele dag van herstel, weer deur `n stuk van
vyf uitgegroeide vetgevrete mannetjies katte omring word.
Dit alles sodat sy net weer die hele moeisame proses van bevrugting,
daarna die dragtydperk, om net weer die werpsel met moeite te soog
en dit alles geskied met haar uitgemergelde tenger liggaam.
Jy het in afkeer daaraan gedink dat nie eers een mannetjies kat
homself die moeite sal veroorloof om vir haar net eenmaal,
vir hom `n so maklik bekombare "minnaarsrot" te bring nie.
Ja, jy het `n afkeer in dit in My skepping gehad, dat een uitgemergelde
diertjie, teenoor vyf sterk pragdiere, alleen die verantwoordelikheid,
van die voortbestaan, van haar spesie moet dra.
Hierop antwoord Ek jou, dat daar engele is wat in stille bewondering swyg,
oor die ongelooflike moederliefde en verantwoordelikheid wat Ek
in die onaansienlike wyfiekat geplaas het, wat haar beskutting
in jou agterplaas gevind het.
Sonder om haar bestaan of lot te bevraagteken, of om vir enige erkenning
of dank in aanmerking te kom, ja vir geen loon voldoen sy aan die opdrag,
wat Ek haar Skepper, in haar natuur geplaas het en sy steur haar min
aan haar vele minnaars, behalwe om die kragtigste geen
tot voordeel van haar nasate te ontvang.
Daarom sê Ek aan jou, dat Ek haar meer toegerus het,
as die vyf sterk mannetjies katte saam, wat vindingrykheid, waagmoed,
deursettingsvermoë en nog talle ander eienskappe, wat sy nodig het,
vir haar sowel as dit wat uit haar voortkom, se voortbestaan.
Daarom stel Ek voor, dat jy die wyfiekat vir jouself as voorbeeld,
vir die moeilike tye wat voorlê, sal voorhou en dat julle in deemoed,
nederigheid en liefde, die opdragte wat aan elkeen van julle toevertrou is
sal aanpak en deurvoer en terselfder tyd weet,
dat Ek julle nie met iets sal toevertrou,
waarvoor Ek julle nie behoorlik toegerus het nie.
Daar waar die bose wêreld dit die minste gaan verwag,
daar gaan Ek hulle die seerste slaan.

 

Openbaring 290  
Die Messias se stryd aan die kruis.

Saterdag 5 April 2008 17:00
 http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
My God, My God hoe swaar is die duisternis wat nou nader kring.
Verguis is Ek om dit wat verlore is huis toe te bring.
Nog `n maal word My Goddelike liefde volbring.
Terwyl daar skares van heilige engele om My kring.
Om die Heilige God van hemel en aarde op Sy bloedige kruis toe te sing.
Word as `n swakke mens, God vir alle sondaars om die lewe gebring.
My God, My God waarom het U My verlaat!
As `n mens is dit wat Ek Myself in ondenkbare pyn versaak.
Die arbeidsveld van sondaars lê oor die wye wêreld braak.
Tot aan die eindtyd maak Ek dit My Goddelike taak.
Om nie een sondaar wat huis toe wil keer in sy stryd te versaak.
O Abba hoe verlore voel Ek sonder My eie krag.
Na soewereine sfere van Goddelike Lig, dit is waarna My siel nou smag.
Maar tot op die einde van die heel laaste dag,
sal ek breek oor die sondaar die kettings van Hades se mag.
Ewig sal swyg die prins van duisternis se honende lag.
My lippe gebars, in doodsangs, My tong wat om lafenis smag.
O hoe donker die nag wat op My siel nou wag.
So sal dit ook wees vir die wat in die eindtyd op My wag.
Maar oor Sion sal Ek breek My liefdeslig, op die donkerste van hulle nag.
Sal skyn My Goddelike Lig in onuitspreeklike prag.
Van goed en kwaad, die wat hier om My folterpaal op My dood nou wag.
Verseker sal hulle weer wees van die heel laaste geslag.