e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 271   
..en Ek jul God het julle verveel.

Donderdag  13 Maart 2008 07:00

http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Beter is dit vir die een wat een van my swakke kinders laat val,
om homself met `n meulsteen om die nek, in die diepste put te werp,
vir diesulkes is die ewige vuur van die verderf voorberei.
Wee ook die vreesagtiges wat enige iets in die stryd sal werp,
vir die behoud van hulle liggaamlike lewe,
omdat hulle die lewe wat hul so op hierdie aarde bekoor,
ewig sal verloor.
Salig is die wat bereid is om hul lewe in liefdesdiens terwille van die swakkes
in My naam te verloor, vir hulle is daar die ewig volmaakte lewe by My berei.
In dronkenskap en brassery,
ja, om menig braaivleis offervuur,
het My naam hoeveel maal skade gely.
In hoerhuis en bordeel,
daarin het baie van My uitverkore volk gedeel.
In bloedskande en sodomie het baie in hierdie volk,
Sodom en Gomorra mak laat lyk.
Ja, baie van julle het gefuif en gespeel
Ek jul God het julle verveel.
In hoerery is `n volk verwek
en in aborsie kon menig heilig Adamkind nooit die lewe smaak,
om op hierdie aarde ook te kon kraai van die lag.
Maar skielik is daar menigeen wat in suiwer en heilig lig
teenoor sy gevalle naaste wil staan.
Vir `n volksmoord is baie nou baie bang en waar dit veilig is,
wil hulle vir die behoud van `n sterflike liggaam rondhang.
Salig is die wat vir die voortbestaan van My heilige naam,
voorsiening vir hulle swakker broeders maak.


 

Openbaring 272
Swart sal hang die vlag van smart.

Vrydag 14 Maart 2008 11:00
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer
Laag en swart sal hang die vlag van smart,
lank genoeg het die węreld God op elke gebied uitgetart.
Op bykans elke gebied gaan energiebron aan sy einde kom.
Geldbehep was elke kamma slimkop tog so dom.
Terwyl daar verwoestende vuur oor die węreld gaan kom,
gaan in die winter wat oor Afrika gaan kom, menigtes `n kombers kortkom.
Nat gaan wees die koue wat tot vele mense se einde, in hul longe gaan kom.
Ja in die roggelhoes,
daar skuil dodelike kieme woes.
Wie is daar wat van hierdie gruweldood weg kan koes.
Waarskuwende fluisteringe was daar in menige profesieë
en die spotters het gespot, kom ons kyk nou wat is hul lewenslot.
As `n werklikheid gaan die boek van openbaring,
nou oor hierdies en die węreld kom.
God was net `n bangmaak fabel, om die Christendom gespan,
deur die węreldraad van kerke met `n leuenagtige kabel.
Verbrou! verbrou! het die Katoliek in elke Protestant se oor geskrou.
Dit gegee aan jul as erfenis, toon daaroor teenoor Satan en sy węreldmag berou.
In vrees het die Christendom
voor die opkomende antichris as lafaard dubbeld gevou.
Te laat vir enige berou.
Op hul grote God, die het hulle nie vertrou.
In angs gaan menigtes desperaat nou tevergeefs aan hul Bybels klou.
In My het hulle nie in goeie tye, die liefde en die geloof behou.
Vreesagtig wil hulle My nou vind om so hul goedkoop lewe te behou.
In pyn en wanhoop sal die aarde,
terwyl sy haar met moeite in haar baan voortbeur, oopskeur.
Ja, in skreeuende klank en frekwensie,
sal haar klaaglied deur die ewighede skeur.
Rooi sal sy met haar lawa, die hemelruim met haar eie bloed inkleur.

 

 

Openbaring 273
Bittere kelk van chaos, pyn en dood...

Sondagaand 16 Maart 2008. 22:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In die ritmiese klank van dromme,
nog minder in die onheilspellende rookseine op die verre horisonne.
Maar in die moderne selfoon daar lę die dodelike inligtings bronne.
Meedoënloos en koud sal wees die aanvalsnag
waarin taxibande skreeuend oor teerstrate sal weerklink.
Die bitter kelk van chaos, pyn en dood sal menigeen
in hierdie tyd van lyding leeg moet drink.
In `n enkel nag sal die dood meer as `n honderduisend nader wink.
Hartverskeurend sal `n jonge kind met sy laaste lewenskrag na veiligheid,
van bebloede kapmesse weg probeer hink.
Waarheen sal die stedelinge in hierdie tye probeer vlug.
Tussen niks en nęrens sal hulle hulself bevind.
Na die plase daarheen sal almal probeer vlug soos verskrikte hase.
Swart gebrand sal wees die geskroeide aarde, van kleinhoef en plasies.
In die radius om dorpe en stede se spasies.
Verwond sal staan die kleine volk van die Goddelike verbond.
`n Sekel word in `n gevalle nasie geslaan.
Sonder God, wou hul hoogmoedig hul eie lewensweg oopbaan.
In selfverwyt is daar in menig Adam oog `n bitter traan,
terwyl hulle in die kring van die dood se arms staan.
In opdrag vanuit God se mond,
sal daar skielik hulp vanuit die hemel vir `n paartjies kom.
Niemand sal daar van die vyand wees,
wat een van God se uitverkorenes sal wond.
n Haar getel, is `n haar getel.
Elke haar op `n kind van God se hoof is vir ewig getel.
Wie is daar wat enige iets vir die Almagtige God van hemel en aarde kan vertel.

 

Openbaring 274
Niemand gaan My manipuleer nie.

Dinsdag 18 Maart 2008 10:30   

http://www.openbaringe.co.za/
 
Judith de Beer

Nie deur enige vorm van vormgodsdiens en rituele, ook nie deur die offer
of enige vorm van offergawes en nog minder deur die onthouding
van voedsel aan die liggaam nie.
Ook nie deur enige fees of rusdae, die stand van die maan en nog minder met lofliedere en dreunsang, gaan die mens My manipuleer om na sy pype te dans nie.
In al hierdie dinge is die heiden met sy afgodediens die Christendom ver vooruit.
Koesterend lę die hele oneindige skepping, knus soos `n kosbare klein saadjie,
in die holte van My Skeppershand.
Hoe kan enige iets of iemand wat deel hiervan uitmaak, My enige iets wil bied
en dink om daardeur tot aansien van homself en ten aanskoue van sy naaste,
tot My Goddelike status verhoog te word.
Vanuit My eie onmeetlikheid, het Ek My eie skepping, in die vorm van `n nederige mens binne getree, om juis die mens van die kettings van allerhande onnodige bindinge, waarvan die vormgodsdiens die grootste is te kom verlos.
Daardeur het Ek dit vir die mens maklik gemaak, om My sodoende d.m.v die ware kommunikasie, te kan bereik.
Hierdie kommunikasie kanale is onder andere, die waarheid, standvastigheid, die geloof, hoop en die liefde.
Waarvan laasgenoemde die kragtigste en die grootste is.
In hierdie eindtyd, is dit in hierdie onbevange bevryde harte, waar Ek sonder enige groot vertoon, met My gees gaan neerdaal.
Vanuit hierdie lewende goddelike tempels, sal die ware lewende
Liefdeslig van God, as hoop in `n węreld van wanhoop,
vir baie ander in `n donker tyd skyn.
 

 


Openbaring 275
Met `n rooi lyntjie tot verseëling gebind.

Woensdag 19 Maart 2008 10:15
 http://www.openbaringe.co.za/


Judith de Beer
In menig broer en tweeling word dikwels geskei die goeie van die kwade.
Net soos in die eerste dae van Adam, sal Ek ook in hierdie dae,
die ware vrug van die edelstam afpluk.
Die kaf geskei van die koring,
sal Ek in die vuur uitskud.
Weer sal daar twee met die offer van hul harte voor My kom staan
en om die regte redes bekend aan My,
sal Ek die twee van mekaar afskei.
Die een sal Ek aanneem en die ander verlaat.
In Abel se doen en late,
daarin het gelę die goddelike bate.
Maar as bose smade het die vrug van Lucifer, as vloek vir die aarde gelę.
In die wese van Kain, as die ewige kwade.
Met `n rooi lyntjie is `n kindjie eenmaal tot verseëling gebind.
Baie het al gesoek, maar kon nog nooit die ware geheim hiervan uitvind.
In rooi verdoesel het Satan slinks sy weg as eersgeborene
uit die baarmoeder gevind. Maar vindingryk het Jakob, Esau met
sy eie middele vasgebind.
So is die eersgeboortereg vir ewig om Sion se regterhand vasgebind.
So probeer ook nou die valse Jood, vir oulaas nog eenmaal,
om die ware leeu van Juda, van sy Godgegewe troon te stoot.
Daarom werp hulle in hierdie tyd, alles in die stryd, om die ewig lewende
brandende offer, in die hart van `n kleine uitverkore volkie dood te smoor.
Maar `n Goddelik vonk, het Ek vir ewig in die hart van Sion gestoor.
In hierdie tye sal Ek die gebed van `n enkeling uit hul geledere,
as `n oordeel teen die hele węreld hou.
Wee! elke een wat My uitverkorene minag.
Ja, wee! elke lewende siel wat die bruid van God verag.



 

Openbaring 276                                
Twee nagte van verskrikking in die Suidpunt.

Donderdagoggend 20 Maart 2008 11:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Twee nagte van verskrikking sal daar in die Suidpunt van Afrika wees.
In `n tyd soos hierdie is daar baie wat van mekaar wil weet.
Waar kry ons die voorlopers?
Aan iets wil ons, ons maatstaf meet.
`n Ander sal weer laat weet,
ek het `n ongeneeslike skeet.
Hiervan behoort die olyfbome iets te weet.
Waar hierdies ookal roep en soek,
is dit net hulle eie leë innerlike wat hulle gaan troef.

Kleiner as die kleinste kind,
is die grootste engel gestroop van al sy glans, mag en krag.
Op hierdie aarde is hy geplaas
om homself ywerig na `n mede swakke naaste te kan haas.
Moet jouself daarom nie teveel verbaas.
Jy en hy is met dieselfde missie op hierdie aarde geplaas.
As `n hoeder het Ek jou in hierdie donker tyd
oor jou swakke naaste en broeder geplaas.
In `n tyd van nood en wanhoop,
moet jy jou met jou swakke naaste van die vyande weghaas.

Net soos met die manne van Bet-horon,
sal daar in `n donker nag wat oor Afrika wag,
die gees van vrees en verwarring die oorlogsugtiges uitlag.
Węreldwyd sal oor elke nuusuitsending,
die geskreeu en geraas weerklink.
Van daardie verskriklike nag.
Onder die gees van verskrikking en verwarring,
gaan stamme mekaar doodslaan en vertrap.
So sal die hand van God
die vyande van sy uitverkorenes wegklap.
 

(Bet-Horon Joshua 10:10)
 


Openbaring 277  
Goed en kwaad word finaal afgeskei.

Vrydagoggend 21 Maart 2008 10:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Onmeetlik en heerlik is die glansryke suiwer hemelryk,
wat is vir My nuutgebore kinders toeberei.
Die bok en die skaap, krui en distel, die kaf van die koring,
ja, die goed en kwaad word finaal nou van mekaar afgeskei.
Gereinig van alle kwaad word ook die verlore seun na sy nuwe woning gelei.
Ondenkbaar tyd gelede, is dit klaar vir hom voorberei.
`n Feesmaal word daar nou deur die engele voorberei,
wat alle feeste nog ooit, heeltemal gaan oorskry.
`n Bruidskleed word daar handig ook vir Sion voorberei.
Aan die hand van haar Losser en haar Man gaan sy nou voor elke siel verskyn.
Gereinig in die bloed van die Lam, sal haar tabberd goddelik vir ewig nou skyn.
Vlytig word die uitnodigings deur My werkers hier op aarde uitgestuur.
As bruilofswerkers, word nog `n paar in hierdie laaste uur, vir oulaas gehuur.
Vir `n Kind wat huistoe kom, dit is waarvoor die Vader van die huis
nou hoopvol in die verte tuur.
Verniet is vele uitnodigings na spesiale gaste uitgestuur.
Met dit wat die węreld bied, daarmee wil hulle liewer skouer skuur.
Vir oulaas sal Ek nog eenmaal, My bodes oor die węreld stuur
en vanuit die wat arm is van Gees, die sal Ek nou inbring, in My hemelskuur.

 


Openbaring 278  
`n Stikdonker nag, gestroop van alle lig...

Saterdagmiddag 22 Maart 2008 15:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In `n stikdonker nag, gestroop van alle lig en krag,
sal My volk in diep ellende versmag.
Na die Boom van die lewe sal `n klein oorblyfsel strewe.
Met stemme wat van aandoening sal bewe,
sal hulle na hul Verlosser roep.
'O Vader bewaar ons van die ewige dood',
by U wil ons vir ewig lewe.

Lank voor die laaste Avondmaal, is daar vir hierdies,
twaalf mandjies met oortollige brood gespaar.
Aan die eindtyd apostels is dit uitgemeet,
om dit aan die laaste martelare uit te deel.
Geseënd is diegene op wie hierdie eindtyd
heilige sakramente neer gaan daal.
In `n węreld troosteloos en vaal,
sal hulle die laaste uitverkorenes van God,
voor alle kwaad wegraap.
Ja vanuit die ooste tot in die weste.
Kragtig soos `n weerligstraal op sy heel beste.
Sal daar in die hart van elke gereinigde kind,
`n goddelike vonk van die ewig skynende Son ontstaan,
wat afkomstig is van die troon van die ewig lewende Bron.

Terwyl `n oeroue beskawing, op sy toppunt gaan vergaan
en die vlammende Swaard, Satan en sy gebroedsels
vir `n baie lang tyd gaan verslaan.
Sal daar in `n nuwe suiwer goddelike skeppingslig,
skoner as die eerste paradys,
`n nuwe węreld, vir nuwe goddelike kinders ontstaan.
Geseënd is die wat deur die eindtyd hul lewe behou.
`n Nuwe verbond sal Ek hul kinders
vir `n duisend jaar mee vertrou.

`n Goddelike pen het daar meer as eenmaal
vanuit die hemel neergedaal.
Maar oor elke Godgegewe woord,
wou die kinders van die duisternis,
deur alle eeue heen nog net smaal.
Op die laaste dag, is dit die dood,
wat Satan se kinders vir hom kom haal.

 

 

Openbaring 279  
As gevolg van aardse goed.

Sondag 23 Maart 2008 17:15
http://www.openbaringe.co.za/


Judith de Beer 

Om elke gruwelsonde te spesifiseer
maak onnodig net die suiwer engelharte seer.
Maar op elke lae vuile vlak, daar het Satan die volle beheer.
In die eindtyd tafereel,
wat homself nou oor die oppervlakte van die aarde afspeel.
Word getap die laaste druppel bloed,
afkomstig vanuit die slawe, van die węreldsisteem.

Elke moontlike gruwel onder die son.
Die het die mens reeds klaar bedink.
Met die wyn van sonde, is elk gruwelbeker vol geskink.
Oral waar die liggies op hierdie aarde blink,
is dit verleidelik die hoerehand.
Wat die arme sondaar tot sy ondergang, in die hel in wink.

Terwyl die mens heeltemal verlore
van die een sonde tot die volgende speel,
word die laaste węreldoorlog deur die grotes gereël.
Soos willose papierpoppe in die wind,
word miljoene nou deur hul eie skuld vasgebind.
Deur hul aardse goedjies,
word hul kosbaar siele deur die hel verslind.
Geen toekoms, geen hoop is daar oor,
vir die verlore węreldkind.
Maar vir elke kind wat het My reeds veilig in sy eie hart gevind,
ewig verseël het My engele,
My heilige naam, op hul voorhoofde vasgebind.
Hoe begerig Satan se oë ookal hul weg na hierdies vind.
Vir ewig is hulle met goddelike liefde aan My vasgebind.

Terwyl die eerste wiele van 'n grote węreldoorlog masjien begin te draai,
om dit wat verlore is van die aarde af te maai.
Gaan ek dit wat was as edelsaad, op hierdie aarde gesaai,
as goddelike werktuie vir alle ewighede vir My koninkryk maai.
Daarom is dit dat Ek My goddelike kleintjies
in erge tye tot kalmte paai.
As jul getroue Vader sal Ek julle in benoude tye
vir ewig nooit die rug toedraai.

 

Openbaring 280  
O Abba wees my krag.

Maandagaand 24 Maart 2008 18:15
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
O Abba wees my krag.
In `n donker nag, is dit na U my Vader
waarna my siel nou smag.
In `n leë fantasiewęreld met skyn illusieprag.
Dit is waarna `n grote węreldbevolking in waansin smag.
Hier en daar nog `n enkeling,
wat oulaas tog so graag nog wil besin.
Ja in die land van duisternis,
daar vind jy seldsaam nog `n kind,
wat wanhopig oulaas nog die lewensweg na My,
sy Verlosser wil vind.

Voor My, haar Skepper,
dit is waar die aarde treur.
Oor haar verlore kinders,
is dit wat sy haar hart in pyn oopskeur.
Daar waar die hemelliggame
hul weg doelgerig in die kosmos oopbaan,
is dit die eens kleine trotse aarde,
wat nou droefgeestig rondslinger in haar wentelbaan.
Soos `n klein broeis hennetjie,
het sy kordaat en vrugbaar tussen die groot pluimvee rondgepronk.
Ontelbaar male het in haar vermenigvuldig die lewensvonk.
Gestroop nou van haar warm liefdesvonk,
het sy vir miljoene verlore siele geword,
net `n koue eensame tronk.

Oor `n verlore aarde is daar iets
wat oulaas nog die oordeel, `n sekonde laat wag.
Iewers vanuit haar donker nag,
is daar `n eensaam stem
wat My, die Skepper nog `n oomblik laat wag.
"O Abba wees my Krag.
In hierdie stikdonker nag,
is dit U my Verlosser waarna my siel wanhopig smag".

 


 24 Maart 2008
Visioen laat Maandagnag

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
In `n droomvisioen het `n aaklige ronde swart voorwerp, aan my bolip
onder my neus vasgeklou. Na `n groot gesukkel het ek dit afgetrek gekry
en gesien dat dit `n groot bontpoot bosluis was.
Ek het geweet daar kom `n siekte iewers oor die aarde en het gewonder
of die draer of land, ja, die oorspronklike gasheer van hierdie siekte,
onder kwarantyn geplaas gaan word.