e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 261  
Die hoogmoed en selfverheffing van Lucifer

Maandag 3 Maart 2008 09:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In My eerste skeppingsdag,
het Ek die eerste engel van die lig,
reg langs My laat staan, in sy volle glans en prag.
Maar om bo My Goddelike mag en krag te kan staan, daarna het hy gesmag.
In hoogmoed en selfverheffing, daar het Lucifer gedink lê al sy mag en krag.
Ja, bo My Goddelike Almag
wou hy homself verhef, in sy lig en krag.
Al wat hy hierdeur vermag,
was om tot in ewigheid, in sy eie stikdonker nag te val.

In My Alwetenheid het Ek as teenvoeter vir die nag,
`n nederige Boom van Liefde geplant,
sodat elke lewende vrug,
van hierdie Boom se Liefdeslig,
die hele skepping vir ewig kon verlig.
As `n kweekskool het Ek hierdie Aarde daargestel,
om saadjies van liefde, van die lewende Boom in te kan plant.

Die grootste geeste wat daar in My oneindigheid is,
kan My nou nederig op hierdie aarde nader,
om soos die kleinste kind,
hul deur My Vaderliefde, hul weer aan My vas te bind.
Maar ook in hierdie tyd op hierdie aarde,
is die prins van duisternis weer aan bewind,
sodat elkeen deur sy vrye wil en keuse,
hom aan die nag of dag kan bind.
Moet julself daarom nie deur die valse lig van Lucifer laat verblind,
om julself op enige gebied, deur hoogmoed of selfverheffing,
bo jul naaste te laat bring.

 

Openbaring 262
Die valse profete raak al hoe meer.

Maandag 3 Maart 2008 17:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Wee die een wat sê Ek spreek wanneer Ek nie gespreek het nie.
Ja, wie is daar wat My in `n blik wil druk.
Deur vals te profeteer wil leuenaars en swendelaars,
die mens kwansuis alles van My leer.
By alles wat heilig is wil hulle van die oggend tot die aand sweer.
Hier `n duiwel daar `n demoon, in alles sien hulle net `n bose gees.
Die heilige geskrifte wil hulle met `n saamgeflanste oorleg lees.
In `n strale krans, wil hulle nou `n heilige engel voor die mense wees.
As `n soete hemelkind moet al wat leef en beef hulle nou respekteer,
terwyl hulle op die armes se offergawes teer.
Op `n wankelrige verhoog raak die valse profete al hoe meer.
Binnekort stort dit op hulle onderdane neer.
Wie is daar wat die ongeluk van hulle af gaan weer.
In `n tyd wat My kinders baie kwesbaar is,
tree hierdies nader met skynheilige lis.
Om god te speel, dit is waarop hulle uit is.
Ja, in hierdie tyd waar baie na My, met alles in hul harte smag,
laat hierdies toe dat die wêreld My ware kinders uitlag.
Laat die wat daarom leuens in My wingerd saai,
al die onheil wat hul verkondig maai.
Al wat bose gees is wat hul van die oggend tot die aand,
vir ander as `n verskrikking oproep,
die sal nou as hul eie metgeselle om hul draai.
Elke valse salwing wat hul op `n ander, as `n genesing aflaai,
deur verrotting sal hul eie dade hul verraai.

 

Openbaring 263  
In alle verbastering verswak die suiwer geen
.
Dinsdag 4 Maart 2008 14:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Toegerus met die Goddelike vrye wil, kan elkeen na sy eie keuse
handel en wandel na sy eie persoonlike smaak.
Dit was nog altyd die leuse van die vrye wil gewees.
Die maatstaf waaraan elke individu sy eie identiteit behoort te meet,
is alles wat hy van sy herkoms af weet.
Dit moet hy teen die beste vanuit sy hede meet.
Daarvolgens moet die maatstaf wees,
waaraan hy vir sy kinders se kinders,
vir hulle `n toekoms uit moet meet.

Saam is daar vir die perd en die donkie geen toekoms
in die voortbestaan van die muil.
In alle verbastering verswak die suiwer geen
ewig tot `n onbruikbare bousteen.
In hierdie natuurwet is dit altyd selfuitwissing wat
op die langeduur hierin skuil.
Moet daarom nooit `n Godgegewe suiwer geen,
aan enige iets anders as die eie soort uitleen.

WEE daarom ook die wetenskap met sy versnitting en sy kloon.
Dit wat nie oorspronklik vanuit My orde is nie,
wil hulle nou op die aarde laat woon.
In die verdedigingsmeganisme van die suiwer witbloedsel,
word vir elke nuwe siekte, `n ander weerstand entstof voor opgestel.
Sy vyand kan hy glad nie meer herken.
So sal elke klein witbloedsel jou nou vertel.
Terwyl die vyandkiem deur selverbastering nou muteer,
is daar niks wat miljoene sterftes op hierdie aarde gaan keer.
In plaas van `n entstof wat gaan werk,
gaan regerings nou vuur na baie gemeenskappe stuur,
om so globale siekte kataklismes te kan keer.


 

Openbaring 264
`n Orde versteur, is `n orde versteur.

Woensdag 05 Maart 2008 12:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In `n klein spelonk
waar twee vreemdelinge mekaar sal vashou met hul laaste lewensvonk,
sal een van hulle wees, die kerke se grootste ‘monk’.
Die ander een `n 'tramp' wat uit die 'gutters' kom.
Saam sal hul smekend tot die hemel bid.
Net om die volgende oomblik te laster in hul grote skrik.
Hul siel sal hul nou wil bied om met God te skik,
maar daar gaan niemand van die hemel of die aarde wees,
wat hulle aan hierdie verlorenes gaan steur.
`n Orde versteur, is `n orde versteur.
Met geweld het die mens elke orde versteur.
Hoe die mens nou ookal wik en weeg,
wat moet gebeur, dit gaan gebeur en die einde van die saak is
dat die aarde haarself in woede gaan oopskeur.
Hoe ookal die mensdom in hierdie tye voor God in spyt gaan treur,
hulself gaan kasty, ja, hul lewenslot in smart betreur.
Dit wat moet gebeur, dit gaan gebeur.
In hierdie tye gaan regerings vir hulp die heeltyd opmekaar nou teer.
Uit aardverwarming het hulle heeltemal te laat hul les geleer.
Die aarde sal hulle van nou af beter beheer,
dit wil hulle nou by die hoogste hemel sweer.
Maar dit wat moet gebeur, dit gaan gebeur.
Hierdie keer is dit die aarde wat by alles wat heilig is, nou sweer.

 


Openbaring 265
Valse profeet en geloofsgeneesheer.

Donderdag 06 Maart 2008 04:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In hierdie onseker dae, waar geloof die eendag ophelder,
net om die volgende dag weer weg te taan,
is daar al hoe minder mense wat op Sondae vroeg opstaan
om `n onseker geloofspad te vind, na waar die klokke beier
en kerktorings desperaat die lug in steier.
Ja, net om na die wêreldraad van kerke, se leë holrug geryde,
voorgeskrewe woord te kan luister.
Desperaat soek die mens nou na `n alternatief,
want baie gemeentes behandel hulle lede in hierdie tye maar stief.
In wanhoop soek hulle nou op enige plek, na `n god,
wat het hulle in hierdie tye tog net lief.
Daarom skep vele bedrieërs,
vir die mens allerhande spektakels.
In massa histerie word nou vinnig die illusie
van valse christusse gevind in swendelaar tabernakels.
Hoe groter die verhoog, hoe groter is die gehoor,
wat die geld in hulle beursie aan hierdies gaan verloor.

In stadions waar massas bymekaar kom om histeries hulle sportgod
of popster te aanbid, daar kom nou ook die valse profete met hul predikers
aan die woord, om menigtes tot `n nuwe histerie aan te hits.
Om op die voorgrond te kan tree,
sal vele baie geld aan hierdie projekte bestee.
In vibrerende klank, soos net `n heiden kan,
word gebede in rituele na die hemel gestuur.
In goedkoop vermaak,
sien mens net verband, nekstut of rolstoel, elkeen na sy eie smaak,
van die "krankes" wegwaai. Met `n heilige lig om die kop,
huppel nou vrolik `n eens lamme en ook sing daar nou ‘n "stomme"
en die valse profeet en geloofsgeneesheer tel net geld en maak somme.
Met goue tande wat in spreiligte flits, `n halleluja hier en `n gewyde amen daar,
word die skare van die "gesalfdes" met hope valse seën weggestuur.

Die een wat sy geloof op tekens en valse genesings wil bou,
gaan vir homself vir sy ewigheid, `n valse christus voorhou.
Moet daarom nie op enige mens vertrou.
Jou Verlosser kan jy slegs in die warm liefde van jou eie hart vashou.


 


Openbaring 266
Hoor jy My stem.

Saterdag oggend 8 Maart 2008 01:15
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Hoor jy My stem en sien jy My beeld?
In die mees volmaakte beeldhouwerk van alle tyd,
het Ek Adam vanuit die grondstowwe van die aarde geformeer.
Om net soos Ek, sy Skepper te kan lyk.
In Adam het Ek My asem van die lewe geblaas.
In sy borskas sy eerste ritmiese hartklop laat ontstaan,
sodat die ewige warm Goddelike liefde in hom kon ontbrand.
Sy oë het Ek geopen om in die oerewige lig,
My, sy Vader te kon aanskou.
Op sy tong het Ek My woord geplaas,
sodat hy dit saggies in liefde,
ewig oor my hele skepping kon uitblaas.
Daarna het Ek hom op sy voete geplaas,
sodat hy as heerser oor hierdie aarde kon staan.

Hoor jy My stem en sien jy My Lig.
Moet nie dat twyfel `n wig
tussen My en jou tot jou ewige leed stig.
Die lewende brood het Ek nog altyd aan hierdie wêreld
in die vorm van My lewende woord gegee.
Gaan daarom slegs akkoord,
wanneer jy diep in jou hart weet,
dat dit My stem is wat jy in jou hart hoor.
Moet daarom nie in hierdie tye moed verloor.
Aan elk het Ek deur die onderskeidingsgees,
die goddelike gehoor gegee.
Ook sal My beeld vinnig vanuit jou naaste na vore tree,
wanneer jy fokus op sy goeie
en die kwade in ander tot jou eie stigting sal ignoreer.
So sal My kinders mekaar alhoemeer,
met die ware lewende Woord begin motiveer.
Dit is hier waar Ek My weer,
na My ewebeeld op hierdie aarde gaan keer.
My lewende asem en gees sal, Ek weer `n keer,
aan My goddelike kinders kom gee.

 


Openbaring 267
`n Uitgesoekte Daniël groepie.

Sondag oggend   9 Maart 2008   9 uur
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In Abraham, Isak en Jakob daar lê die goddelike belofte en die suiwer goue geen.
Ewig sal hul wees die draers van die heilige ark van goddelike seën.
Maar telkemale het hierdie bloedlyn, trots hul hoof gelig
en moes Ek hul daarom telkemale betig.
Onder die voete van hul vyande, het Ek hul dikwels gestel.
Die het altyd die room van hierdie volkie, tot hul eie voordeel afgeskep,
om so hul eie koninkryke tot seën en glorie te kon omskep.
As nomade het hulle nog altyd rond getrek.
Ook in Egipte waar hul was as slawe.
Ook daar gedwonge, was hul blyplek.
Die land se infrastrukttur het hulle in daardie tyd,
as die beste in die hele wêreld opgetrek.
Daarom wou die Farao hierdie grote skat,
onder die ergste omstandighede, nie laat wegtrek.
So het ook Nebukadnésar, die slimme Daniël en sy vriende
tot sy koninkryk se voordeel nader getrek.
In sy hofhouding het hy hulle bederf,
om so hul godgegewe talente en kennis tot sy eie voordeel te werf.
In Europa het My volk later as barbaar en heiden verskyn.
In kleine bendes het hulle spontaan weer onder twaalf vaandels verskyn.
Weer het Ek dit gered wat aan My behoort,
naamlik die goddelike geen en die suiwer bloedlyn.
Dikwels het Ek hul uitgedun, maar nooit van My goddelike tafel laat verdwyn.
Ook het Ek in My wysheid `n uitgesoekte Daniël groepie,
aan die Suidpunt van Afrika laat verskyn.
Eeue later het hul weer trots hul hoof, teen My hul Skepper gelig.
Daarom moes Ek hul weer onder die voet van hul vyande betig.
In hierdie laaste tye, wat daar oor hierdie wêreld kom,
gaan Ek hul getalle weer drasties uitdun, Slegs die wat net soos Daniël van ouds,
weier om die knieg voor die god van hierdie wêreld te buig.
Dit is slegs hulle wat Ek in hierdie tye, in My Goddelke tuig,
tot voordeel van My verstrooide skape, wêreldwyd gaan gebruik.

 



Openbaring 268
Vasgevang in `n bose sisteem...

Maandag middag 10 Maart 2008 4:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Vasgevang in `n bose sisteem is daar nou baie
wat na die kosbare vryheid van hulle liggaam en siel verlang.
Nêrens op hierdie aarde is iemand meer veilig.
In hul harte word die mensdom nou baie bang.
In vrees en paniek sal menigtes hulle
van die een land na die ander vir veiligheid probeer haas.
Heeltemal ontredder sal hul verbaas rondstaan.
Na net groter gevaar daarheen het hulle hulself gehaas.
In die groot verdrukking wat daar oor die wêreld kom,
is daar niemand wat die vervolging
deur vlug na ander land gaan ontkom.
Vanaf geboorte tot en met op datum,
is elkeen vanaf sy bloedgroep tot en met sy vingerafdruk,
in die wêreldbank van D.N.A vasgevang.
Vanuit die ruimte word elke stukkie grondgebied
van hierdie aarde deur Lucifer se satteliete bespied.
In die meesterbrein van alle rekenaars,
word elke een se doen en late, die hele tyd gewaar.
Daar is niemand, behalwe die verseëldes
wat hierdie 'matriks' van gaan spaar.
Vanuit die onmeetlikheid van die hemele
en ook die dieptes van die aarde,
vandaar sal Ek My hulp na vele eindtyd martelare
stuur in groot genade.
As `n onbreekbare verseëling sal My heilige naam,
oor die wat myne is geskrywe staan.
Met verbasing in hul oë sal hul menig gruweldaad aanskou,
maar in die grootste gevaar, sal hulle, die lewe behou.
As ewige getuies, gaan hulle die vernietiging
van `n bose wêreld aanskou.
Wie is daar in die oneindigheid,
wat die geregverdige oordeel van homself kan weghou.



Openbaring 269
Soos net `n boelie kan.

Dinsdag oggend 11Maart 2008 6:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Geneties gemanipuleerd, die minderwaardige,
sowel as kwaadaardige surplus in die wêreldorde se graanskuur,
word met groot vertoon na die arm lande in Afrika gestuur.
Die joviale vrygewige wêreldorde sinterklaas,
probeer onderlangs wêreldwyd wees almal se baas.
Kwistig met sy heuningkwas,
maak hy baie arm lande, sy slaaf en klaas.
Soos net `n boelie kan, maak hy almal vir almal kwaad,
ja, orals waar hy kom daar steek hy net sy bose kwaad.
Vir beskerming aan die swakke, sal hy as `n held nou nader staan.
Vir `n kosbaar ondergrondse prys
sal hy die vyand `n bloedhou op die mond nou slaan.
Die vredesmagte van die valse wêreld vredevors,
is niks anders as die handlangers, van `n slegte mafia man,
wat homself, selfvoldaan, alewig op die bors wil slaan.
In sy grote waan,
dink hy hy's besig om sy "grote krag"
ver bo God se outoriteit te laat staan.
Vele lafaards is daar wat hulle self nou by hierdie boelie skaar.
Baie groot gaan wees, hul spyt en berou,
wanneer My vaalperd hul gaan tref, met `n baie lae hou.
Terwyl die verenigde nasies nog na hul asem gaan snak,
gaan ongekende kataklismes
hulle knieë nog verder onder hulle laat knak.
In woede maak hulle mos almal in Afrika
vir My kleine kudde kwaad,
op Sion word afgelaai die vuilste smaad.
Ook Frankryk kom spoedig op My lys.
Wie werklik is, die grote God,
sal Ek hierdies tot hul bitter spyt nou wys.

 

Openbaring 270
Strukture en nogmaals strukture.

Woensdagmiddag 12 Maart 2008 15:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Strukture en nogmaals strukture.
In die hedendaagse samelewing en sisteem,
voel al wat moderne mens is,
geborge en veilig in menig daargestelde strukture.
Vanuit `n sintetiese gesinstruktuur,
stuur hy sy kinders
na `n voorgeskrewe wêreldorde opvoedingstruktuur.
Ook word daar ruim finansieël voorsiening gemaak
vir die sogenaamde gesondheidstruktuur.
In `n stewige pesioenfonds
daar vind hy gerusstelling en kalmte vir sy oudagstruktuur.
Vir sy bestemming na sy sterwensuur,
daarvoor sal voorsiening maak sy geloofstruktuur.
So het die mens homself knus soos `n papie verweef
in die sogenaamde beskawingstruktuur.


Verskrik en heeltemal blootgestel
gaan die mens nou in komende tye verbouereerd rondstaan.
Soos `n reuse kaartehuis wat in mekaar gaan tuimel,
gaan menig strukture,
waarvan die pensioenfondse die ergste gaan wees,
in die doodsdal van resessie,
wat niks anders is as depressie, val.
Ja, binnekort gaan die eerste krake sigbaar raak
in die kamma stewige sekuriteitsmure
van al die sogenaamde onontbeerlike oorlewingstrukture.
Salig is die wat in plaas van strukture
hul geloofvestings op My, die ewige, stewige rots gebou het.