e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

 

Openbaring 251
Alleen swem ʼn enkel edelvis.

Dinsdag 19 Februarie 2008 08:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Voor in die koor wil die valse profete die eindtydlied aan die gang hou.
Uit ʼn bitter fontein wil hulle bedrog as die waarheid voor hou.
Uitgekryt en toegesnou,
word die ware profete van die wêreld weg gehou.
In troppe staan die valse pou,
aan die eie ek – dit is waaraan hulle vasklou.

Die ware profeet- die word toegesnou.
Alleen swem ʼn enkel edelvis, ja ʼn kabeljou.
Sy woord word deur die valses as hul eie werk beskou.
Terwyl die mensdom aan hierdie onsin en vervalsings moet kou,
tree valse profete op die voorgrond
met harte wat jeens My is, maar baie lou.

Ja, as ʼn valse pou op die hoogste verhoog, wil hul nou met hulleself skou.
Voor in die koor wil hul die eindtydlied aan die gang hou.
Ook oor hulle is daar deur die eeue heen geprofeteer.
Ja, in die eindtyd raak die valse profete al hoe meer.
Op God se waarheid sien hul hoogmoedig neer.

Hul eie ek, die staan op die hoogste plek, so word geadverteer.
Die leuen as waarheid word die hele tyd, aan al wat leef en beef geleer.
In hierdie eindtyd wil hulle as die skynverlosser,
oor God se uitverkorenes regeer.


Openbaring 252
Kyk hier en kyk ook daar.

Woensdag 20 Februarie 2008 08:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Harig soos `n sak word die maan, `n fakkel wat val.
Saam betree gif en Satan die aarde se oppervlak en land.
Om materie en siel tot die dood en verrotting te kom brand.

Kyk hier en kyk ook daar.
Is dit Elia of Johannes die Doper wat ons in elke tweede mens gewaar.
So word die mensdom met valse kennis en die leuen beswaar.
Voordat enigeen hom self nog van hierdie valsheid kan bewaar,
soek die mensdom klaar na iets meer sensasioneel en raar.

Binnekort is dit in elke tweede swendelaar,
waar hul die christus en hul valse verlossing gaan gewaar.
Van oral sal daar `n roep opklink, kyk hier en kyk ook daar.
In die woestyn en ook waar die oseane bymekaar uitkom
daar op die strand, ook daar sal julle nog `n valse christus gewaar.

My opregtes wil Ek graag van hierdie leuens en onheil bewaar.
Daarom trek ek hul nou in `n geestelike waarheidslaer vir onderskraging bymekaar.



Openbaring 253  
Die effektebeurs se einde.

Vrydag 22 Februarie 2008 16:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die effektebeurs gaan binnekort finaal omdop,
Al hoe stywer span Satan om die hele wêreld-ekonomie sy strop.
Kyk, O kyk! al hoe dieper raak al wat geldmag is nou in die sop.
Die aandelemark gaan moeilik sy beleggers tot vergane glorie weer lok.
Menige ekonoom probeer nou om vir die Valuta as `n verlosser te ontpop.

Agter `n meesterplan, sit `n baie bose kop.
Wat die pot van goud onder baie regerings uit gaan skop.
Terwyl hy lok en dan weer los, is hy besig om oor en oor,
op dieselfde seer plek te skop.

Wie is daar wat so raas en stry?
Is dit Satan en sy wêreldleier wat daar baklei.
Kom aan Mammon, staan nou vinnig opsy,
`n baie groter mag as jy kom nou verby.

Terwyl daar nou massas in die verderf ingly.
Staan Satan met onder andere sy "smart card" knipogend nader,
om baie nou kamma te bevry.
Wie is daar wat nou oor hulle siele as kosbaarste besitting gaan stry.

Die een egter wat My in hierdie tye gaan bely,
vir hom is dit wat Ek van die wêreld en slawerny gaan bevry.
In My verlossing gaan My kinders hulself nou ewig verbly.


Openbaring 254
Wee elke valse tong of pen.

Saterdag 23 Februarie 2008 18:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In Sion gaan Ek `n vuur aansteek.
Die wilde loot gaan ek van die edel stam afbreek.
Die een wat in selfverheffing voor My aangesig wil staan,
vir hom of haar sal Ek deur die arm van sy vyand tot nederigheid slaan.

Wie ken My weë ja, wie was My raadsman gewees.
Sodat julle die leviete namens My aan ander kan voorlees.
In hierdie tye wat kom is daar nie een wat vir `n ander gaan voorskryf.
Elkeen sal met sy vrye wil, op My roepstem in sy eie hart reageer
en homself daardeur laat voortdryf.

Die verlore "wees" wat in sy onmag na My, sy Vader smag.
Aan hom sal Ek verskyn in Goddelike prag.
Wee die geestelike hoogmoediges wat een van hierdies verag.
Baie is daar wat in hierdie tye namens My wil spreek.
Maar O wee! daar kom `n tyd wat die noodlot hierdies,
deur hulle eie tonge, op gaan wreek.
Almal wil nou heel voor staan,
dig teen God wil hul nou wys hulle is net die vrou of man.
Alle sondaars moet nou in groot berou nader aan hierdies
vir verlossing kom staan.

Op My skoot daar gaan geen spesiale uitverkorenes
van die oggend tot die aand kom sit,
sodat ons mekaar in valse euforië en eie liefde kan aanbid.
In My wingerd daar gaan My ware arbeiders vlytig spit,
terwyl hul in hul harte,tot My, hul Verlosser gaan bid.
In Sion gaan Ek `n reinigende vuur aansteek.
Wee elke valse tong of pen wat namens My wil spreek.


Openbaring 255  
Vir `n duisend tweehonderd en sestig dae.

Sondag 24 Februarie 2008 12:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Reeds het My olyfbome hulle opdrag ontvang.
Vir `n duisend tweehonderd en sestig dae
sal hulle profesieë oor die land en wêreld gaan.
Klaar is daar van hul profesieë wat in vervulling gaan,
In die dae van hulle laaste profesieë sal daar geen reën
meer op die lande val.
Ek self sal in die hart van die verspieders werk.
Getrou sal hulle hul owerhede elke waarskuwing van My bring.
Net soos in die dae van Farao, sal hulle goed weet wat daar
op die spyskaart van oordeel, wat hulle oor hul self gebring het, wag.
Almal sal weet, Ek is God.
Wie liefde saai, laat hom liefde maai en laat die wêreld wat verderf saai,
tot in alle ewighede verrotting maai.
Reeds het My engel sy oordeelskaal op die waters van die aarde laat val.
Rooi soos bloed is die afval en riool wat tot in die dieptes
van die waterbronne van die aarde indring.
Wie is daar wat vars water na hierdie wêreld gaan bring.
Wee die wat soos kinders om My olyfbome sal pla, spot en lag.
Die klou van `n beer sal die wat koggel en terg, in die stof van die aarde neervel.

 

 

Openbaring 256
Die gruwel genaamd "matriks" (kweekplek)

Maandag 25 Februarie 2008 08:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Jy dring by My aan om jou die gruwel te toon.
Ek antwoord jou dat wanneer die mens in `n digte bos staan,
dit baie maal nie vir hom moontlik is
om die bome van die bos te kan onderskei nie.
Net so is dit die geval met die gruwel.
Die mens leef huidiglik in die hart van die bose gruwel
en dit waarvan hy omring is,
dit kan nie gestalte voor sy aangesig kry nie.

Daarom het julle kunsmatige bestaan in `n kunsmatige wêreld,
vir julle `n werklikheid geword.
Dit alles word in een woord saamgevat naamlik "matriks".
In hierdie dae is die mag van die heilige volk heeltemal verbreek.
Die beeld van die Adam
word deur die wêreldreklame as die" laughing stock" van die dag,
tot die hele wêreld se vermaak, uitgebeeld.

Sy godgegewe maat, word as die eiersel fabrieke,
aan al wat onrein is vir die hoogste bod aangebied.
Terwyl Adam in sy, deur die slang aangebringde hipnotiese slaap,
in onkunde sluimer,
laat Eva haar nog `n maal deur die slang verlei,
wat sy weg deur die Goddelike geen,
terug na die hemele wil vind.

Daar is twee horlosies teen die muur.
Die een is die wêreld se tyd en die ander God se dimensie uur.
`n Uur en `n uur en nog `n halwe uur.
Niemand weet watter een is God se uur.
Maar die tyd het gekom vir elke een wat met Satan skouer skuur
om saam met elke verbasteraar,
sy weg te vind na die hel se onuitblusbare vuur.



Openbaring 257
Kom Vader, kom gou!

Dinsdag 27 Februarie 2008 23:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Kom Vader, kom gou!
Dit is die lied waarmee opregte harte na My in hierdie tye trag.
Met wanhoop in hul harte, is daar kinders wat in diep ellende na My,
hul Meester, met ongekende smarte smag.

In die lang gewag na My,
met die laaste dae wat finaal in die duisternis van Satan weggly,
wil menig een wat My nie wou ken, My skielik wanhopig bely.
Nou is dit Ek wat, in die groot stilte, van die mens af wegbly.

Elke dag in elke mens se lewe, is `n bladsy geliasseer in elk se eie leêr,
wat boekhou van elke gedagte, daad en gebaar.
In hierdie tyd waar niemand My gewaar,
is dit na hul eie boek van die lewe, waarheen hulle vir naslaanwerk terug heen gaan.

Op elke bladsy wat die mens nou trek,
daar wil hy nou so graag iets van My opmerk,
maar tot sy verbasing sal hy vind,
dat daar niks is van My is om te vind.
Tot sy ontsteltenis sal hy ook vind,
dat die duisternis waarin hy homself bevind,
net hyself is, wat was so blind.

In hierdie tyd gaan daar menig stem opklink:
O God, waar gaan ons U nou vir ons ewigheid nou vind.
Daarom sal Ek in My groot genade kinders wek,
in `n tyd van oorvloed het hulle My in hul harte geberg.

In `n stikdonkernag sal vanuit Sion, die eerste stem, oorwinnend opklink.
Staan op! Staan op! julle wat in die duisternis versmag.
Die Bruidegom van Lig is op Sy verlossingspad.
Open daarom die poorte van jul hart,
God is hier om weg te neem al jul smart.
Ons Koning kom, ons Koning kom.
Ja, ons Koning Melgisedek gaan nou na die aarde kom.

Nog eenmaal hou Ek My hand van verlossing na hierdie wêreld uit,
maak daarom vinnig van hierdie aanbod gebruik.



Openbaring 258
Hael gemeng met vuur.

Donderdag 28 Februarie 2008 08:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Hael gemeng met vuur.
Ja, bloed sal Ek vanuit die hemel stuur.
Lugmolekules wat in wrywing woedend teen mekaar nou skuur,
weerligstrale tref die aarde met ongekende vuur.
Vanuit die dieptes van die aarde se mees interne deel,
tot buite die ruimtes van die aarde se atmosfeer.
Op nie een plek is die aarde van enige onheil afgeseël.
Vir elke land hoe goed of sleg,
word daar menig aardbewings nou voor gereël.

Terwyl kinders tussen die rommel en die dood sal speel,
word reeds die volgende kataklisme wat die mensdom gaan tref gereël.
Terwyl die eindtyd as `n werklikheid om die mense afspeel,
sien hul dit bloot as `n konsert, waar hulle vir hulself `n rol uitkies
om ook as `n akteur daarin te kan speel en dit terwyl die aarde
se hele oppervlakte in wanhoop beef.

Vanuit `n vreemde dimensie is daar iets wat om die son, al die planete
vanuit hul bane probeer druk.
Ook is dit die aarde se twee susters, Venus en Mars, ja, selfs die groter
planete wat nou daar skud.
So sal alles op die aarde vir `n rukkie nog skommel en skud.
Die waters sal later nie meer weet, na watter kant om te beweeg.
As klimaks sal daar wees, `n enorme aardbewing wat oor die hele aarde se
oppervlakte sal beweeg.



Openbaring 259
EK IS, die groot EK IS

Vrydag 29 Februarie 2008 10:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
EK IS, die groot EK IS, en alles wat daar in die oneindigheid is,
het sy ontstaan te danke aan die ewige, alleen, oorspronklike groot, EK IS.

Wat is die maatstaf waarteenoor die mens sy aardse bestaan kan meet,
teenoor `n begin, wat tot in alle ewighede gaan begin.
`n Einde sonder `n einde, wat nooit gaan eindig nie.
Vanwaar en wanneer het die eerste vogdruppel van hierdie aarde sy bestaan.
Waarheen sal die laaste druppel heen verdamp?
Wie het die eerste soutkristal geformuleer.
Waar in die ewigheid word die laaste smaakkliertjie geberg,
wat die laaste korreltjie hiervan gaan absorbeer?
Vanaf die kleinste atoompie wat daar is,
tot die mees majestueuse son, wat daar oor oneindige skeppinge skyn,
dit alles kom vanuit My, die groot EK IS, se Skeppingshand te voorskyn.
EK IS die eerste Woord, EK IS die skeppings LIG.
Daar is geen lig, wat ooit My LIG, sal kan verlig
en daar is geen woord, wat ooit die lewende Woord, sal kan toedig.



Openbaring 260  
Met die krag van vuur.

Saterdag 1 Maart 2008 14:30

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Water en vuur kan mekaar glad nie verduur.
Tog moet die een die ander vir ewig verduur.
Vanuit dieselfde hemelskuur,
word beide as `n eenheid vir die aarde se voortbestaan gestuur.
Vanuit waterdeeltjies wat voortdurend teen mekaar in die lug skuur,
word geaktiveer die bliksemslag met sy verterende vuur.
Vanuit die vuurdeeltjies wat teen mekaar in die atmosfeer skuur,
word weer geaktiveer die water wat neer reën op die aarde, as `n oorlewingskuur.
Verterend en verwoestend raak die vuur.
Vir menig een is hy die laksman in hul laaste lewensuur.
Om elke organisme te kan onderhou, word water na alle lewe gestuur.
Watter lewe is daar wat sonder die behoud van water kan voortduur.

Glansend verskyn elke somersdag
in die lewenskrag van elke sonskyndag.
Ja, vir gesonde lewensgroei, word die son se vuur na hierdie aarde gestuur.
By die pole daar waar die son se strale
nie liefkosend teen die aarde se oppervlakte kan skuur,
daar is die water `n klipharde ysige muur.

Waar die vuur weer uit sy nate bars, om alles in sy pad te verteer,
daar is dit slegs die koele waters, wat hom in sy verwoestingspad kan keer.
As twee verskillende pole is hul deur die
Skepper aan mekaar gegee,
om mekaar se ongekende kragte te kan beheer.

So het Ek My boodskappers met vuur geklee.
My ewebeeld het Ek met die waters van die aarde geklee.
Eenmaal het Ek die sondes van die aarde met water weggevee,
sodat die mens met `n nuwe begin weer daarop kon voortleef.
Met die krag van vuur,
sal Ek alles wat onrein is nou van die aarde wegstuur
Van uit My hemelskuur,
sal Ek lewende water en vuur
vir `n nuwe aarde stuur.