e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 241
Valse profete met `n valse soetsappige vrug.

Sondag 10 Februarie 2008
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In euforieë van goddelike gloed.
Dit is waar die meeste mense na My soek.
Maar die een wat sy honger naaste voed,
vir hom is dit wat Ek ewig gaan behoed.

Wie is daar wat `n ware van `n valse profeet kan onderskei?
Eenmalig was Moses van ouds.
Vele is daar nou wat hom in hierdie tye wil oorskry.
Na die hoogste bergtop wil hulle nou hul vlerke van fantasie nou sprei.
Van aangesig tot aangesig wil hulle My nou daar op die hoogste berge kry,
om vir hulle naaste `n valse weg na `n skynhemel te kan voorberei.

Hemelse lig sal hul namens My, oor die wat gehoorsaam na hul luister, nou oopsprei.
Die wat in hul twyfel, vir hulle word die val na die ewige hel voorberei.
Wee, O wee, jou aarde, die valse profete staan op jou berge se hoogste rug,
om na die mensdom te bring `n valse soetsappige vrug.
Oorkoepelend is hulself nou die verlossende brug,
as die enigste weg vanuit hierdie wêreld na die hemele terug.

Op hoogmoedsberge daar gaan julle My glad nie vind,
maar in die leë oë van `n blinde daar sal julle My lig vind.
Sonder bene het Ek by die tempeldeur van jou hart opgedaag,
maar meedoënloos het jy My daar weggejaag.
Naak het Ek voor jou kom staan,
maar in jou oë was daar geen medelye traan.
In die tronk het ek droewig en alleen gesit
en daar was niemand wat `n arm van troos om My kom sit.
Maar die een wat sy honger naaste in hierdie tye met die waarheid voed,
vir hom sal Ek tot in alle ewighede behoed.

 


Openbaring 242  
In die eindtydrondte
Maandag 11 Februarie 2008 18:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Seshonderd-Ses-en-Sestig.
Pronkerig stap Satan in die eindtyd arena rond,
terwyl hy self skaterend die klok tussen die rondtes rondswaai.
Ja, in die eindtydrondte gaan die duiwel laggend
oor `n gevalle mensdom koning kraai.
Bose angels vanuit die hel
gaan onophoudelik die onverseëldes met ongekende pyne steek.
Terwyl bose swere vol van etter op die mense se liggame oop gaan breek.
In hierdie tye van diep berou gaan die mense mekaar met groot verwyt toesnou:
"Die waarheid die het julle die hele tyd gehad, maar dit het julle vir julself gehou".
Maar in lewensgevaar het My getroues hul dikwels gewaarsku en toegespreek,
om met Satan se handel te breek en ook van sy merk weg te beweeg.

Maar in spot en smaad het hul, hul broers in groot verraad,
sonder enige lewensmiddele in die steek gelaat.
Nog steeds in hierdie ongekende pyn,
wil die verlorenes hulself op my kinders wreek.
Daarom word daar nog meer vanuit die hel op hulle losgelaat,
maar nog steeds is daar nie een van hulle,
wat hul op My, hul God wil verlaat.
Eerder wil hulle die dood by hul inlaat,
om so van hulle verrotte liggame ontslae te kan raak.
Maar deur aardbewing en die pes het die doderyk oorversadig geraak.
Homself daarom op welverdiende rus verlaat.
So sal die maande kom en gaan,
totdat `n nuwe engel met nog skaal na die aarde sal kom.

 


Openbaring 243
Om in hierdie tye groot te praat.

Dinsdag 12 Februarie 2008 18:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Daar is baie wat in hierdie tye groot wil praat,
maar min is die getalle van die wat werklik in hul siel is, paraat.
Skielik is almal nou My grootste maat,
maar vir baie is dit ongelukkig heeltemal te laat.
In tye van voorspoed en jolyt,
was `n ware vriend van My, wat graag My naam in
geselskap wou bely, vinnig as vervelig uitgekryt
en vanuit die wêreldse geselskap uitgesmyt.

Met geligte wenkbroue wil die wêreldlinge op `n rooi tapyt,
nou skielik nader staan.
My ware kinders die moet nou vinnig vir hul opsy staan,
sodat hulle in die ereplek langs My kan kom staan.

Lieftallig wil hul kwansuis nou koer: "op liefdadigheids banket
het ons in koningsklere, vir fondsinsameling, vir die arme rond gepronk".
Met goud en diamante het ons, ons self behang,
om die wêreld se oë, op ons uitspattighede te kan vang.
Daarom wil ons U ook nou met ons 'baie belangrike persoonlikhede' eer, O Heer.


Maar as antwoord sal hierdie wêreldlinge van My die volgende kry,
"staan vinnig weg van My" vir jou het Ek nooit geken.
Maar aan die een wat My nog altyd met liefde en trots wou bely,
vir hom is dit wat Ek nou nooi, "kom staan jy hier dig teenaan My sy".

 

 


Openbaring 244
Tolwind, orkaan en sikloon, alles deurmekaar...

Woensdag 13 Februarie 2008 17:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Alle ordes is wreed versteur.
Ook die natuur gaan hom nie meer aan sy eie wette steur.
Drukking en konveksiestroom,
in die atmosfeer beweeg natuurkragte wild op eie stoom.
Woedende storms word vinnig vanuit onskuldige warrelwinde gebore,
wat speel-speel om mekaar rondomtalie.
Tergend vou tolwinde hulself soos goedkoop tjalies,
op plekke en stede, in veral Amerika.
Papiertjies wat in strate rond dartel,
met blare wat soos skoenlappers in die wind rondfladder.

Sirenes wat skielik oorverdowend luier,
terwyl kerkklokke waarskuwend beier.
Mense wat angstig met kinders na bunkers steier,
terwyl tolwind, orkaan en sikloon, alles deurmekaar,
mekaar vir die eerste maal, op dieselfde tyd en plekke vind.
Dit waarin die mense hulle nou gaan bevind,
dit is in geen geskiedkundige geskrif te vind.

 


Openbaring 245
Raka die mensaap.

Donderdag 14 Februarie 2008 17:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
O Vasteland van Afrika van almal was jy die meeste onstabiel,
in die Leviatan en Raka daar lê jou bose siel.
Listig en lokkend is jy ewig in jou wese die slang se siel.
Dit wat groei vanuit die sweet van Adam, dit wou jy nog altyd net verniel.
Vanuit jou vervloekte aarde daar roep Abel se vermoorde siel.

Gekom en gegaan so het die wiel oor duisende jare,
tot jou laaste val gedraai.
In Nimrod as god, wou jy jou toring tot in My ewighede inbou,
maar jou het Ek gebreek om deur taal en kultuur,
jou van My af weg te stuur.
Nederig moes jy jou voor My aangesig hou,
maar op die influistering van die Weste, daarop het jy vertrou.
Weereens was jy O Kain, aan My ontrou.
My grote gerig, die gaan Ek nou oor jou hou.

My martelare se bloed, roep vanaf die aarde,
na My hul God wat is ewig getrou.
Swart sal Ek brand dit wat was blank en ontrou.
Ewig sal wees `n goddelike verraaier se groot berou.
Droogte en vloed, Vuur en koue,
aardbewing en oorlog,
hongersnood en pes,
ja, die Leviatan en Raka, het vir hulself `n ewige graf gegrou.


 

Openbaring 246  
My lewende Migdol.

Vrydag 15 Februarie 2008
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In mensgemaakte torings, daar gaan niemand My in alle ewighede vind.
Maar in die hart van `n opregte kind,
daar sal julle My lewende lig vind.
Met oneindig baie torings as bakens, daarmee wil die wêreld
met sy duister kennis, My skape na onkunde en die verderf bring.
Ja, met Babilon-klokke wat oorverdowend beier,
daarheen moet My kudde onder geestelike dwang steier.
Torings opgerig vir My verstrooide skape,
is kerkers van valse hoop en duistere lig.
Dit wil die valse engel van lig nog altyd vir My skape
as `n droewige vesting oprig.
My ware plek van samekoms, My lewende Migdol,
dit is jul geestelike toring van liefde, geloof, hoop en insig. 
In die sal julle My as jul Verlosser, in julle eie harte vind.
Die roep van die goeie Herder, sal deur die stem van My lewende Migdol,
vanuit My gewekte kinders se harte oor die hele aarde weerklink
My verstrooide kudde van oor die hele wêreld, sal `n veilige plek in Jakob nou vind.

 




Openbaring 247
Slegs `n handvol edelsaad gaan Ek uithou.

Sondag 17 Februarie 2008 10:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer

Slegs `n handvol edelsaad gaan Ek vir My uithou.
Baie min is die wat tot op die bitter einde vir My gaan staan, hul God getrou.
My Goddelike hande sal Ek beskermend om hierdies vou.
Wee die wat is nie warm of koud, ja, wee die wat teenoor My staan as heeltemal lou.

Skitterend sal wees die antichris in al sy wêreldprag.
Vinnig word harde dapper helde voor sy subtiele aanslag sag.
Bewonderend kyk hul nou op na sy grote wêreldmag.
Vinnig staan hulle nou onder sy besitreg en eindomswette pag.
Baie kort is sy valse dag van kamma goddelike krag.
Vinnig word nou afgeskakel sy skynlig prag.

Honend hoor die wêreld Satan onheilspellend vanuit `n stikdonker nag nou lag.
Oop staan die poorte van die grote hel wat op biljoene nou wag.
Saggies kerm menig siele terwyl hulle in die grootste selfverwyt nou smag.
Nooit het ons geglo dat hierdie eindtyd dag,
op ons, in ons wildste drome sou wag.

 


Openbaring 248
`n Enkele suiwer ras...

Maandag 18 Februarie   2008 09:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
O Israel, jou God, jou broer en ook jou erfenis die het jy telkemale
kruipend voor jou vyande se voete versaak.
Geval, geval, O `n duisendmaal het jy van jou oeroorsprong geval,
nog elkemaal wat jy jou rug op My, jou God gedraai het.
Valse vredes- en handelsverdrae het jy al hoeveel maal gesluit met konings
wat jy aan jou kant wou kry.
Vir jou, O Israel, word daar vir die laaste maal `n valse weg voorberei,
klap daarom weg die valse hand van misleidende vriendskap
wat enigeeen in hierdie dae na jou gaan uithou.
Op My alleen jou God moet jy vertrou.
Daar is niemand op wie jy jou heil in hierdie dae kan bou.
As valse vredesoffer, sal hul ook jou gevangenes as omkoopgeskenk na jou uithou,
maar weer sê Ek: Vertrou op My, Ek self sal omsien na elke martelaar van My.
`n Enkele suiwer ras sal Ek tot My eer vanuit `n verspreide Israel,
as die ware leeu van Juda opbou.
Hul sal wees, vir almal wat leef, tot `n grote seën.
Ja, vir jou is daar vanaf Adam tot nou `n erfenis opgebou.
Daaroor hoef jy met niemand te kibbel of te kou.
Vertrou slegs op My, jou God en jou volle seën sal jy vanuit My jou ewige Koning
se hand ontvang, om ewig vir jouself te behou.



Openbaring 249 
Drukpot van die hel
 

 Maandag 18 Februarie   2008 09:00
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Drukpot van die hel.
In die dieptes van die aarde is daar `n eindelose lawa sel.
Met `n aardplaat wat in `n nuwe posisie sak,
stoot lawa verby `n miljoenjaar oue dak.
Na die aardkors se swakste plek,
dit is waarheen stoom en as, onder enorme druk optrek.
Op die seebodem en ook die vasteland,
dit is waar die aarde binnekort oop gaan bars.
`n Berg gaan ook sy eie top wegblaas.
Geen tyd gaan daar vir baie wees,
om hulself na veiligheid te haas.

 



Openbaring 250
Jou koning en daarom jou kneg.

Maandag 18 Februarie 2008 19:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
In voortplanting daar lê die dood en in alle vlees, daar bly die dier.
Met My gees, daarmee word `n profeet geklee.
Tot nou was die leuse van elk wat was groot; ek is die koning en jy is my kneg,
as my dienaar sal jy my voed en ook klee.
Nou het die dag gekom van; ek is jou koning en daarom jou kneg.
Daarom sal ek in hierdie tye jou voed en ook klee.

Vanuit My groot goddelike broodmandjie van die tyd,
daar haal Ek Wysheid en Kennis uit, dit alles op sy regte tyd.
My profete wat ek met hierdie Kennis na die aarde stuur,
word gestuur met `n missie van suiweringsvuur.

Daarom het elk van hulle op hierdie aarde sy eie sendings uur,
tussen hulle het Ek gebou `n geestelike skeidings dimensie uur.
Ou en nuwe wyn in een houer maak die wynsak suur.
Wat gaan Ek die mensdom op die ou end gee as `n suiwering kuur.