e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 231
Die aardbewoners sug in diepe nood.

Dinsdag 29 Januarie 2008
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Heen en weer hardloop die Węreldorde,
soos ’n bontbok op en neer,
om hier te keer en daar te weer.
Niks is fout dit sę hul oor en weer,
die węreld-ekonomie probeer
hul, vir oulaas, met al hul mag te manipuleer.
Wie is dit nou wat vir wie `n dure les gaan leer.

Węreldbanke staan verbouereerd na alle kant,
moet hul gaan vir die Dollar of `n Rand.
Met hulle hare staan hul nou in die hand,
die węreldoorlog gaan begin in watter land,
ja, die węreld-ekonomie is besig om uit te brand.

Op vleuels van voël en vliegtuigvlerke kom die dood,
die aardbewoners sug in diepe nood.
Nęrens is daar `n entstof teen die pes te koop,
hulpeloos gaan die mens vir hulp na nęrens loop,
in goeie tye het hul mos hul siel verkoop.

Skielik begin die aarde te bewe en vibreer,
van nęrens verskyn daar `n enorme skeur.
Grote golwe is dit wat daar oor die droë land nou beur,
nooit het die mens geglo dat dit werklik gaan gebeur.

Bedaar! bedaar! gaan die antichris uitroep,
genoeg het ek vir almal opgegaar.
In groepe moet jul bymekaar nou skaar,
so organiseer ek jul in chaos vir oulaas bymekaar.
Gemerk is almal gou-gou klaar,
Kom ons speel gou met God se kinders klaar.

Maar helaas het Ek klaar
My kinders as `n oordeel engeleskaar,
gekies vir God se eindtyd hemel seminaar.


 

Openbaring 232
Almal is van kultuur en identiteit beroof.

Woensdag 30 Januarie 2008 13:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Soos Nimrod van ouds, het `n eenwęreldorde heeltemal verbrou. Om menslike
onderdrukking en slawerny so onopsigtelik as moontlik in `n eenwęreld
beskawing tot stand te bring, was daar noukeurig gefokus op die
onversadigbare menslike begeerte, na altyd meer en nog meer.
Hierdeur het die węreldorde `n ideale droomtoestand van `n kwansuis volmaakte
materiële węreld geskep en so maklik was dit vir hulle om onder die
aanvoering van Satan die totale węreldbevolking, se verskillende
bevolkings groepe, van hulle eie unieke kultuur en identiteit te beroof.
Deurdat hulle die verskillende volkere en stamme se behoeftes verwater het
tot `n eendenkende rigting. So min soos `n paar dekades gelede, was
pragtig die skouspel van maklik uitkenbare tradisionele volksdrag, speles,
kuns en vermaak, jagmetodes en geliefkoosde disse, ja, daar is te veel om
op te noem. Maar deur breinspoeling is die mens in sieldodende obsessies
vasgevang soos; “Liewer dood, as uit een van die vele voorgeskrewe reëls en
węreldmodes".

My aarde van verskeidenheid waarin Ek `n vreugde en behae gehad het,
is deur hierdie gewetenloses tot `n vaal eendenkende massa vernietig.
Om die donkie aan die beweeg te hou,
moes die vars wortel deurentyd vervang word.
Deur hierdie nimmereindige vraatsug
is die aarde se oppervlakte onherstelbaar geknou.
Daardeur het die tyd gekom, en te laat is dit vir hierdies se berou.
Uit Mammon het hulle vir die węreld `n god gebou,
onvergeefbaar het hulle ewig verbrou.
 

Openbaring 233
Armageddon! Armageddon!

Donderdag 31 Januarie 2008 16:00
http://www.openbaringe.co.za/


Judith de Beer
Armageddon! Armageddon!
Onheilspellend klink die klank van Satan se saamtrekdrom.
Alles wat onrein is moet vir oulaas bymekaar uitkom.
Venynig kom daar op die mensdom neer, die swaard van skeiding.
Niemand is daar, wat vir die węreldling gaan kom, met `n blye tyding.

Uit `n liefdevolle huwelikspaar word een geneem, `n ander verlaat.
Aan beide kant van goed en kwaad,
staan baie sonder hulle liefdesmaat.
Kant en klaar het elk vir oulaas hul keuse op hierdie aarde gemaak.
Ouer en kind, man en vrou,
mekaar gaan hulle uitwis en dit sonder enige berou.

Armageddon! Armageddon! So klink die klank van die diep gebrom,
wat uit die dieptes van die hel uitkom,
alles wat onrein is moet vir oulaas bymekaar uitkom.
Die god van duisternis het vir oulaas na hierdie węreld gekom.
Oor land en see staan God se Engel wyd, in elke hand `n oordeel afweegkom.
Vir die laaste oorlog moet die nasies bymekaar nou kom.

Armageddon fluit die bomme luid,
al wat goed is vlug nou Suid.
In `n beskermde kring trek engele om God se kleintjies saam.
Gereinig van die eindtyd oordeel blaam,
kyk hierdies nou na hul Verlosser in hul midde skaam.
Alles wat boos is het God nou vir ewig verslaan.

 


Openbaring 234  
In die Suidland is `n kleine volk.

Donderdag 31 Januarie 2008 13:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Vanuit die Ooste tot in die Weste
daar woeker Satan op sy beste.
Op `n ryk familie kroon
is daar drie keer R R R in platina en goud beslaan.
Vandaar voer die antichris, vanaf sy wieg tot nou in sy middeljare,
sy dodelike bestaan.
Oor baie jare heen is daar fyn op alle politieke winde heen,
die węreldbank tot hulle eie voordeel gemaneuvreer.

Vanuit Israel tot in Pakistan,
word God se lig deur hulle, uit hierdie węreld verban.
In Gaza het dit weer begin.
Daar is niemand wat daaroor gaan besin.

Vanuit Windsor kom die kleim,
in Dawid se stamboom lę ons hele geheim.
Maar ęrens is daar iets wat glad nie rym,
in die Suidland is `n kleine volk, wat is ewig Myn.

In goud en glans beheer die baster Jood,
nou die hele węreld se brood.
Hy dink in sy hand, lę alle lewe en ook die dood.
Maar in My olyfbome se hart,
staan daar in groot letters geskryf. "Wis uit die valse Jood",
wat my ware Juda, nog altyd uit hul pad uit stoot.

`n Goue been met diamante getooi,
dit gaan Ek nou in `n węreld hondehok ingooi.
Terwyl die bloed en hare oor eienaarskap gaan waai,
gaan Sion in glorie, in My, hul Vader, se lig nou baai.

 

Openbaring 235
Tweegesig, toon die węreld jou ware kant.

Sondag 3 Februarie 2008 10:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die een dag vaal en die anderdag flambojant,
tweegesig wanneer toon jy die węreld jou ware kant.
Sedig staan hy by liefdadigheid en rooikruis banket,
terwyl hy die węreld tot oorlog opsweep en alle denkes besmet.
Die media, sy medium waardeur hy soetsappig en lieftallig koer:
"Kyk my veiligheidstroepe stuur ek vir vrede, na Darfur".
Na Kadaffi daar gaan hy vinnig met sy bose draffie,
na Kenia haas hy hom vinnig met sy tweespalt stappie.
Listig soos net Satan kan,
sluip Lucifer in as `n bose slang.
Gekamoefleer soos net `n verkleurmannetjie kan.
Waar daar iets is van węreld belang,
daar staan die antichris slang.
Deur elke regering en land,
word hy ontvang as net die man.
Die eendag vaal, die ander dag flambojant,
tweegesig wanneer wys jy die węreld jou regte kant.
My regterhandman wat ewig staan, aan My regterkant,
die gaan die antichrisman, heeltemal onkant kom vang.
Sonder om `n oordeel uit te spreek,
het hy `n vorige keer terug getree.
Nou kom hy om die stryd teen Satan,
as God se oorwinnaar in die eindtyd te betree.

 


Openbaring 236
`n Hele węreld bly maar baie lou.

Maandag 4 Februarie 2008
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Tevergeefs het Noag as `n waarskuwing `n ark op droë grond gebou.
Ook in hierdie tye bly `n hele węreld maar baie lou.
Waar ookal Ek My ware knegte stuur,
daar word hul uitgelag en toegesnou.
Vanaf die Verenigde nasies tot en met die Vatikaan,
word My profete bespot en uitgejou.
Waar die antichris nonchalant in sy gemaksone rus,
is hy deeglik van elke profeet van my bewus.
Spottend hou hy elke beweging van hulle baie fyn dop.
Selfversekerd weet hy, hy is die brein in elke węreldleier se kop.
`n Węreld wat as gevolg van hom in chaos gaan vergaan,
daaroor vee hy spottend af, `n kamma traan.
Skouerophalend laat hy nog `n sluipmoord beplan,
om aan een profeet te wys hy kan.
Dit is bloot vir die pret daarvan.
Huidig voel hy baie goed, hoog is sy moed in sy bose gemoed
Daarom laat Ek die tyd nou vinnig na sy einde spoed,
Dit verstaan elkeen in elke taal op hierdie węreld nou goed.
Spoedig gaan die Bruidegom kom en hartseer gaan die weeklaag wees
van elke maagd wat was, so baie dom.



Openbaring 237
Oorvloedig na die begeerte...

Dinsdag 5 Februarie 2008 09:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In hierdie tyd van alle tye sal ek elkeen in sy laaste stryd,
oorvloedig na die begeerte van hul harte gee.
Aan die een wat wins najaag,
vir hom sal daar besigheid wees in groot aanvraag.
Sy geestelike bankrotskap sal vir hom in die hiernamaals wees,
tot `n grote plaag.
Vir ewig sal die danser in sy graf na sy asem snak,
skoene van ritme sal daar in die doderyk aan sy voete plak.
Terwyl hy smartvol vir die duiwel dans,
sal dié sy lippe vreugdevol opmekaar nou smak.
Dweep en dweep sal die dweepsieke in skyn en kamma liefde dweep,
in sak en as moet die mensdom hul nou voor hierdies klee.
So kom haal die duiwel, hierdies met hul eie sweep.
Onder die bloeddorstiges moet daar niemand wees wat is bang,
Vir hulle gaan die bloed loop tot by die perd se stang.
In hul selfgeskepte hel sal hul, aan hul voete hang,
om met hul hande hulle eie wrede bloed te kan opvang.
My opregtes wat met alles in hul harte
na My liefde en hulle goddelike kindskap streef.
Op vlerke van liefde sal hulle ewig
in My wysheidshemele rondsweef.
Aan My Goddelike tafel sal Ek self My kinders voed.
Hulle sal in My nuwe Jerusalem, ewig by My hul Vader leef.

 

Openbaring 238  
Ek het engele met swakke vlees toegerus.

Woensdag 7 Februarie 2008 14:00
http://www.openbaringe.co.za/       

Judith de Beer
Geen tyd is daar oor om soetsappig met liefdeswoordjies,
My stryders van die eindtyd mee op te piep.
In die binnekamers van hul hart,
sal hul oorgenoeg van my liefde en krag
tot voordeel van hul naaste opdiep.
In eenvoud staan My kleine dapper aardgebore engeleskaar,
om dit wat boos is weg te weer, van my uitverkore menseskaar.
Sonder om 'n oog te hoef knip,
kan Ek alles wat boos is vir ewig uitwis.
Die mens het Ek toegerus met 'n vrye wil
om selfstandig te kan ontkom van Satan en sy bose lis.
Daarom het Ek engele vir hierdie tyd met die swakke vlees toegerus.
Sonder dat hulle bewus is van wie hulle regtig is,
kan Satan hulle liefde en lojaliteit met geen węreld se lis uitwis.
Deur die uitstorting van My Gees,
sal ook hierdie dienende geeste tot hul ordes ontwaak.
Dit sal Ek laat geskied, sonder enige menslike perke.
Hulle liefdeswoorde gerig tot My, sal wees in hul praktiese werke.
So sal hulle hul medemense in hierdie tye steun
tot God se ware liefdeswerke
en ook Sy onbeperkte sterkte.

 

Openbaring 239
Met 'n tong van venyn.

Donderdag 8 Februarie 2008 07:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In hierdie tyd is die son vir een gemaak,
vir 'n ander moet hy staak.
Daar is een wat gaan eet terwyl hy kyk
hoe 'n ander van honger beswyk.
Met 'n tong van venyn
veroorsaak een vir 'n ander baie pyn.
"Kyk Vader hier staan ek heel voor in u lyn
agter staan my naaste die kleine swyn".
Kom staan nou nader o engel van venyn,
kom slaan in jou swaard van verdeling en pyn.
Die skeiding is kant en klaar,
laat elk hom nou by sy keuse skaar.
Die lig en duisternis het elk vir hul 'n kind gebaar,
om op skepe van hul keuse, na hul missie in die ewigheid te vaar
Groot is die twyfel,
terwyl myne soms vir 'n oomblik weifel.
Moet hulle vashou aan My hand,
of moet hulle dalk 'n band smee met die duister kant?
Aan hierdies wil Ek graag my versekering gee,
om die twyfel uit hul harte uit te vee.
Met die groot verdrukking wat nou oor die aarde kom.
Gaan menigeen homself verstom
met watter grote hulp, liefde en beskerming Ek na my getroues toe gaan kom.

 

Openbaring 240  
Waarom hou julle nie by julle belofte.

Vrydag 9 Februarie 2008 18:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Lampies gevul met olie van hoop, tweeduisend jaar lank
het baie geslagte op My hul Meester gewag,
om op wolke van Goddelike prag, na hierdie aarde te kom.
Menige een is daar wat die mantel van sak,
in hierdie tyd soos `n koningskleed om hul skouers wil dra.
Maar wie is daar wat die kleed van martelaarskap,
vir My hul God in tye soos die wil dra?
Diep is die sug van My kinders,
wat moedeloos na `n leë hemel staar,
met oë waarin die hoop stadig maar seker wegtaan.
Terwyl hulle siel dit uitkreet,
wanneer, o wanneer, gaan jy o stilswyende hemel,
ons Verlosser vanuit jou leë wolke baar.
Genoeg! Genoeg het ons aan ons aardse lot gedra.
Geen vonk meer van enige geloof is daar oor,
om te bou aan `n toekoms sonder enige hoop.
O Maagde van My ewige trou,
waarom kan julle nie by julle belofte hou.
Ewighede het Ek julle vir hierdie tyd in stand gehou,
sodat julle, My kinders, My werke vir alle ewighede kon uitbou.
Op Golgota was Ek tot die bitter einde aan julle getrou,
bly daarom ook aan My, julle God, in hierdie tye getrou.