e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 221
Wat is hemel of saligheid werklik.
 Donderdag 16 Januarie 2008 10:15
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In `n skynhemel waar daar ongekende gevisualiseerde salighede
met gepaardgaande euforië plaasvind.
Daar gaan geen sterfling My in so`n hiernamaals vind nie.
Dit wat julle onder die hemel of die saligheid verstaan,
is niks anders as die verskillende geestelike vlakke of dimensies,
van aktiewe goddelike liefdeswerksaamhede,
van verskillende meer volmaakte geeste, wat daarop toegespits is,
om alles in My oneindige skepping, tot meer volmaaktheid
en sodoende My heerlikheid, aan te spoor nie.

Al hierdie geestelike aktiwiteite is deurentyd daarop toegespits,
om tot die voordeel en ontwikkeling van minder ontwikkelde,
sowel as hoogs ontwikkelde geeste te dien.
Deur hierdie dienende liefdes aksies, word alles
en almal in My hele skepping, deurentyd onder mekaar aangemoedig,
tot eie, sowel as almal se verbetering en geestelike vordering.
Die hoogste en enigste saligheid wat daar in die oneindigheid bestaan,
lę in My Goddelike wese self.

Hoe nader `n dienende gees My met aktiewe liefdeswerksaamhede nader,
hoe meer ontbrand hy in sy liefde tot My en daardeur sal daar ongekende
salighede op salighede, hom meester van hierdie kind van My maak.
Daarom lę die geheim van die saligheid in die onderlinge aansporing
tot aktiewe werksaamhede.
As voorbeeld, het Ek, die Skepper van die hele oneindigheid,
self na hierdie klein planeet gekom, om die liefdevolle werksaamheid,
in die praktyk, as `n voorbeeld onder julle uit te leef.

 

 

Openbaring 222
Unieke identiteit en karaktertrekke van ware Israel.

Vrydag 17 Januarie 2008 10:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Net soos in die dae van die twaalf stamme van Israel,
waar elk van hierdie groepe oor sy eie unieke identiteit,
wat oor sterk sowel as swak karakter eienskappe beskik het,
sodat hulle juis as broers mekaar in alles kon ondersteun.
So het ook elk van My apostels oor sy eie unieke karakter
en persoonlikheid beskik.
Juis het Ek hulle so gekies, dat die een die ander,
met sy unieke identiteit, talente asook geestelike gawes,
kon ondersteun en aanvul.
My uitverkorenes wat in hierdie dae van die eindtye
op hierdie aarde teenwoordig is, bevat elkeen iets,
van elke unieke karakter van die bogenoemdes.
Waar hulle `n kombinasie van al die fasette, van hulle
voorouers, binne hulle self dra. Hierdies is besig om hulself
tot hulle volle potensiaal te ontwikkel en voor te berei,
om sodoende diensbaar vir My, in hierdie eindtye te kan raak.
 
Kom ons neem as voorbeeld drie van my bekendste leerlinge,
terwyl julle dit in gedagte hou, dat julle nie net die draers
van hierdie drie se wese is nie, maar ook die ander nege,
sowel as die totale wese van die uitverkore volk.
Ja, dit is wat julle binne julle self dra.
Johannes wat die sagmoedigste van almal was
en juis deur My bemin was as gevolg van hierdie eienskap,
was juis weer deur hierdie einste karaktertrek, deur ander
as`n swakkeling beskou.
Petrus wat op sy beurt weer vurig van aard was,
was ook kort van draad. Hy het My met alles in sy wese bemin
tog het hy My verloën.
Judas was verstandelik en wiskundig die beste van almal toegerus,
maar die blink van die lewe het hom van My weggewink,
hy het My verraai.
Al hierdie baie kontraste in die vele karaktertrekke van die hele huis
van Israel, is in hierdie tyd in `n mindere of meerdere mate in elke
individuele uitverkorene van My teenwoordig.
Daarom moet julle in hierdie kritieke tye, ononderbroke
aan julleself arbei, om dit wat binne julle is, in My naam,
tot `n unieke skat te ontwikkel, sodat julle as waardige werktuie,
onder alle omstandighede, met onbeperkte veelsydigheid,
diensbaar en tot voordeel van vele kan wees.

 

 

Openbaring 223
Die ou siener.

Sondag 20 Januarie 2008
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die ou siener vanuit julle ou tyd se gesigte gaan nou met kort tussenposes
vinnig in vervulling gaan. Ja, die donker tye oor hierdie kontinent het
naby gekom en daarmee saam nader `n ou uitgediende tydvak,
nou vinnig sy einde.
Cholera, Maagkoors en Malaria gaan binnekort `n epidemie
van ongekende aard veroorsaak. Terwyl onbeteuelde woede,
in die vorm van onluste en terreur, oral sy kop in Afrika
en ook die węreld gaan uitsteek.
Wee elkeen oor wie die toorn van die Almagtige,
in hierdie tye sal ontbrand.

 


Openbaring 224
Om standpunt vir My in te neem.

Maandag 21 Januarie 2008 18:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die tyd het gekom om jou standpunt vir My teen die węreld in te neem.
Oor węreldgoedere en verlore liefdes sal jy nooit weer hoef te ween.
Bose magte sal alles in die stryd werp om jou lojaliteit van My weg te neem.
Beskerming sal daar oral om jou wees,
My liefdesengele vir jou tot `n grote seën.
Die tyd het vir jou gekom om standpunt vir My teen die Satan in te neem.
Fier sal jy vir My, jou Skepper staan,
jou blik vreesloos gerig op menig goddeloses om jou heen.
Soet lispelend sal Satan alles in die stryd werp,
om jou, van My te probeer weg neem.
Maar oor węreldgoedere en verlore liefdes
sal jy nooit nie weer hoef te ween.
Waar jy ookal gaan, daar sal My Goddelike blik
elke voetstap van jou, ryklik seën.
 

 

Openbaring 225
Die Vader se lieflike barmhartigheid

Dinsdag 22 Januarie 2008 10:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Soos `n besorgde Vader wat nie die tugroede sal spaar,
om `n kind van Hom vir sy eie beswil,
tot voorbereiding vir die lewe op te voed nie.
Net so het Ek nog nooit My geliefde uitverkore volk,
van dit gespaar wat hulle in ongehoorsaamheid
oor hulle self gebring het nie.
Net soos `n liefdevolle vader nooit `n kleintjie, wat vir troos
huilend nader staan, opsy sal stoot nie. Net so het Ek ook altyd
My uitverkore volk, met liefde in My arms opgeraap,
die oomblik wat hulle in volle berou, beteuterd voor My kom staan,
om in ootmoed, nederig om verskoning te vra.
Weereens het My kleine volk deeglik verbrou,
maar Ek hul Vader bly die heeltyd aan hierdie ontroues getrou.
Deur hul diep berou, gaan Ek hul hand seëvierend in oorwinning
oor die Satan hou.
Kom nou Sion toon My jou berou, sodat Ek, jou Vader,
jou weer liefdevol, in My Goddelike arms vas kan hou.

 


Openbaring 226
Depressie en resessie

Woensdag 23 Januarie 2008 08:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Depressie en resessie, ja, met mot en roes
lyk die węreldekonomie maar woes.
Waarheen sal die rykaards in hierdie tye van wanhoop koes.
Valuta en effektebeurs,
nutteloos raak elke gierigaard se sware beurs.
Nóg en nóg was nooit genoeg,
terwyl die armes vir `n hongerloon moes swoeg.
Skat op skat dit het die rykaard vir homself in die bank geoes.
Maar met depressie en resessie, ja met mot en roes,
lyk die węreldekonomie maar woes.
Gekom! Gekom! roep `n grote Engel luid,
God se tyd het nou oor hierdie węreld gekom.
`n Skat, `n grote skat, die het die rykaards hier op aarde
vir hulself vergaar en maer is die liefdesaar
van elk hul lewensjaar.
Kom saam! Kom saam! roep nog `n engel luid,
jou maat moet ek eers vir jou afweeg.
Jou skaal die het jy vir jouself gestel.
Daarmee word vir elke een gemeet
hoeveel het hy deur sy liefdegawes vir sy hemelskat vergaar.
 
Naskrif
Valse opkikkerings van hoop in die węreld-ekonomie
gaan tevergeefs wees, omdat alles maar net weer plat gaan val.

 

 

Openbaring 227
Definisie van die geloof

Donderdag 24 Januarie 2008 09:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Jy vra My na ‘n definisie van die geloof en Ek antwoord jou
dat geloof ‘n kragtige kombinasie van ‘n onwrikbare wil,
sonder enige twyfel is.
En sou julle die geloof gelykstaande aan die grootte van ‘n klein
mosterdsaad binne julleself dra, sou julle daarmee berge kon versit.

Een van die hoofredes hoekom julle na hierdie węreld gestuur is,
is juis om julle self in die geloof na behore te kom skool.
Vra My daarom om julle te versterk om van die twyfel wat binne julle is
ontslae te raak, sodat julle in volle geloof, die heeltyd, aan my kan vashou.
Geen mens kan tog enige resultate verwag deur aan My in ongeloof vas te
wil hou nie. Daarom het Ek met My sending na hierdie aarde dikwels die
volgende vraag aan die krankes na liggaam en gees gevra, “. . glo jy
dat Ek jou kan genees”, en wanneer die betrokkenes opreg geantwoord het,
“Ja, ek glo”, was die resultate ook dadelik sigbaar.

Die liefde is in onbeperkte maat daar vir die mens om na sy goeddunke mee
te handel, so is ook die vrye wil. Maar aan die geloof, daaraan moet die mens deurentyd werk, omdat die graad van die mens se geestelike groei en ontwikkeling, juis in die krag van sy geloof lę.

Daarom sę Ek weer, vra My hulp sodat julle die twyfel in julle self kan oorwin,
sodat julle kragtig in julle geloof en daardeur in julle werke kan raak.


 

Openbaring 228
Die predikers staan op `n leuenverhoog.
Saterdag 26 Januarie 2008 11:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In hoogmoed wil menig mens soos Judas Iskariot van ouds,
langs My, sy God en Skepper staan,
homself wil hy langs My verhoog,
om vandaar hoogdawerend sy betoog,
oor siele wat in wanhoop na My, vir hul redding poog,
van alles wat waar is, uit hul harte te beroof,
en so hul siel heeltemal van die goeie uit te loog.
So staan die predikers op `n leunverhoog,
Kom nader! kom nader! word alle sondaars gul genooi,
ja, kom nader om julself in wanhoop,
voor dit wat vals is, neer te gooi.
Op hierdie menslike wanhoopsverhoog,
wil hierdies, hulself nou as die mens se redder,
en God se uitverkorenes, nog meer verhoog.
In twis en tweedrag daar lę Satan se mag en krag.
Wie kan daar enige liefde van My verwag.
In haat en nyd kan geen hart in deemoed
en liefde vir sy naaste versag.
In hierdie nyd en stryd,
word My wederkoms in leuen en Godslastering afgewag.
Wie is daar wat in hierdie tye nog opreg
na My wederkoms in hul harte smag,
terwyl meeste ydel en hoogmoedig na My Goddelike krag
tot selfverheffing in hul wese smag

 

 

Openbaring 229
Vissers van mense.

Sondag 27 Januarie 2008
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Hartseer was die klank van die visserslied,
oor die wateroppervlak het dit droewig geskied,
terwyl hul die nette vrugteloos oor die visserskuit se kante skiet.
Hulle hart en siel die wou hulle nou vir ewig aan hul Meester bied.
In hul hart het daar `n vae hoop ontvlam,
daar waar hul `n man gewaar het op die strand.
Niks te ete kon hul die vreemdeling bied.
Na die regterkant moet jul, jul nette skiet,
het Hy hul met outoriteit gebied.
Met al hul spierkrag moes hul nou aan die net beur.
Soveel vis was daar, dat die nette daarvan wou skeur.
Deur herkenning het nou hul liefde ontbrand,
daar waar hul My gewaar het op die strand.
In sy hart het Ek hom gebied
oorwinnend was sy jubellied.
Naak het Petrus homself oor die kant
na My in blydskap geskied.
Eensaam is die klank van my eindtyd se lied,
waar dit in hierdie eindtye geskied,
terwyl hulle vrugteloos die blye boodskap in alle rigtings skiet.
So graag wil hul My aan alle sondaars as verlossing bied.
Spoedig gaan hulle in hierdie tye ontbrand.
Na alle kante moet jul die nette skiet.
So gaan Ek hul met outoriteit gebied.
Met al hul geloofskrag gaan hul aan die nette beur.
Soveel sondaars gaan daar wees,
dat die liefdesnette daarvan sal wil skeur.
Oorwinnend sal nou wees hul verlossingslied.
God se grootste vangs het in die eindtyd geskied.

 


Openbaring 230
Die bloed is klaar gesmeer.

Maandag 28 Januarie 2008
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die lam is geslag. die bloed klaar gesmeer aan die deurkosyn.
In donker tye sal Ek saamtrek dit wat is Myn.
In die krisis wat jul land nou alreeds beleef,
is dit na jul land van melk en heuning,
waarna elke Afrika vlugteling nou streef.
Ek het gewaarsku vanuit die ruimte sal as voorloper julle eie rommel kom,
wat menige kataklisme vanuit die lug vooruit sal kom.
Ek het gepraat maar in antwoord was My volk mos stom,
soos kleintjies wou hul huppelend agter nabootsers en die leuen aankom.
Vanuit Mosambiek, ja, reg rondom julle Republiek,
styg al wat ellende is nou na sy hoogste piek.
In elke Adamiet sien elke drenkeling sy hoop opskiet.
Ek het gewaarsku en geraas en ook mooi gepraat.
Moed het Ek jul ingepraat
en aangejaag om My deel van jul hart te maak.
Maar `n ander se saak
die wou jul liewer najaag.
So het die tyd al nader gekom.
In My opregtes se harte
gaan My wederkoms oopblom.
Die lam is reeds geslag
en klaar is die Bloed aan My uitverkorenes se hart se deur gesmeer.